National Employer's General Insurance Company Ltd. v Galant (56/83) [1984] ZASCA 168 (10 December 1984)
The court found that Krotz, the driver of the Chevrolet, was negligent in failing to move further left when approaching the bend and after observing the oncoming Kombi partially over the centre line. His own evidence demonstrated that he did not take all reasonable steps to avoid the collision, remaining too close...
Source-derived case information.
- Citation
- [1984] ZASCA 168
- Parties
- Appellant: National Employer's General Insurance Company Limited; Respondent: Christina Galant
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 56/83
- Procedural Posture
- Civil Appeal / Final Appellate Judgment
- Outcome
- The appeal is dismissed with costs.
- Judges
- Jansen, Miller, Cillié
- Legal Topics
- Negligence, Apportionment of Fault, Third Party Insurance, Motor Vehicle Collision
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
National Employer's General Insurance Company Limited
Appellant
Christina Galant
Respondent
Procedural Posture
Civil Appeal / Final Appellate Judgment
Legal Issues
- 1 Was Krotz, the driver of the Chevrolet, negligent and causally responsible for the collision?
- 2 Was the apportionment of fault between Krotz and Le Roux correctly determined by the lower courts?
- 3 Was the costs order against the second respondent (Le Roux) appropriate?
Ratio Decidendi
The court found that Krotz, the driver of the Chevrolet, was negligent in failing to move further left when approaching the bend and after observing the oncoming Kombi partially over the centre line. His own evidence demonstrated that he did not take all reasonable steps to avoid the collision, remaining too close to the centre line despite being aware of the danger. The apportionment of fault by the lower court, assigning 40% to Krotz and 60% to Le Roux, was upheld as reasonable given the circumstances and the evidence presented. The costs order against Le Roux was also affirmed, as there was no sufficient reason to interfere with the lower court's discretion.
Court Disposition
The appeal is dismissed with costs.
Orders
- The appeal is dismissed with costs.
- The apportionment of fault between Krotz and Le Roux as determined by the lower court is upheld.
Full Case Text
Judgment text and source record
146 paragraphs
NATIONAL EMPLOYER'S GENERALINSURANCE COMPANY LIMITED.
- en -
CHRISTINA GALANT
JANSEN AR.Saak nr 56/83.M C
Saak nr 56/83M C
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID - AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
NATIONAL EMPLOYER'S GENERAL INSURANCECOMPANY LIMITED Appellant
CHRISTINA GALANT ................. Respondent
Coram: JANSEN, MILLER et CILLIé ARR
Verhoor: 27 AUGUSTUS 1984.
Gelewer: 10 DESEMBER 1984.
UITSPRAAK
JANSEN AR:-
2. Ongeveer 01hl5, 4 April 1981, het daar omtrent
23 km buite Barrydale op die pad na Ladismith 'n botsingtussen 'n Volkswagen Kombi en 'n 4,1 liter Chevrolet-motorplaasgevind. Die Chevrolet, bestuur deur ene Krotz,het vanaf Barrydale en die KOmbi, bestuur deur ene Le Roux,vanaf Ladismith gekom. Hulle het met mekaar gebots op 'npunt waar die Chevrolet na 'n lang reguit stuk pad beginhet om 'n draai na links in te gaan, terwyl die Kombibesig was om uit die draai te kom. 'n Insittende van die
Kombi, Christina Galant (hierna eiseres genoem) , is beseer.
Sy het later die statutê derdeparty versekeraar van die Chevrolet
(National Employer's General Insurance Co Ltd, hierna eerste
verweerder genoem) in die Landdroshof vir die Distrik
Swellendam om skadevergoeding aangespreek (die quantum
is / .............
3.
is later ingevolge ooreenkoms op Rl 500-00 gestel).Voor die verhoor is Le Roux op aansoek van die eersteverweerder as tweede verweerder gevoeg. Die saak is in die landdroshof gevoer op die grondslag dat beslis moesword of die botsing te wyte was aan die nalatigheid van 6fLe Roux òf Krotz òf albei, en indien lg die mate van skuld("nalatigheid") van elk." Die landdros het bevind dat beide
oorsaaklik nalatig was, met Krotz se skuld 60% en Le Roux
se skuld 40% en hy het die eiseres se eis met koste gehandhaaf
Op appèl deur die eerste verweerder na die Kaapse ProvinsialeAfdeling is die landdros se bevinding bekragtig rnaar dietoerekening van skuld is omgekeer en Krotz se skuld isop 40% gestel en dié van Le Roux op 60%. Die eersteverweerder kom in hoër beroep met verlof van hierdie
Hof / ............
4.
Hof. (Soos in die hof a quo het Le Roux ook nie voor
ons verskyn nie. Hy het dié hof a quo verwittig dat
hy vanweë gebrek aan fondse nie sou verskyn nie en die
aanvaar dat hy in die uitspraak van die
hof a quo sou berus
Die twee voertuie het mekaar regtervoorkant teenregtervoorkant getref, en by mekaar verby geskram. Le
Roux sê die Chevrolet was gedeeltelik aan die verkeerdekant van die pad; Krotz sê darenteen dat dit die Kombiwas wat gedeeltelik aan die verkeerde kant was. Dielanddros het dit nie moontlik gevind om die punt vanbotsing op die pad te bepaal nie en het voorts gesê:"By oorweging van al die getuienis kan die hof dan ook niebevind wie aan wie se kant was nie ". Later
bevind /
5.
bevind hy egter wel dat Le Roux "waarskynlik aan syverkeerde kant van die pad was" en aldus nalatig was,terwyl Krotz "wel geleentheid gehad het om die botsingte vermy maar dit nie gedoen het nie". Die hof a quohet wesenlik tot dieselfde gevolgtrekking geraak.Die grondslag van die hof a quo se bevinding is Krotz se eie getuienis. Volgens hom het hy op diereguit pad teen 100 km per uur gery. Toe hy die draainader, het hy sy spoed na 80 km per uur verminder.Voorts sê hy in sy hoofgetuienis:
"Toe ek die draai nader het ek die skerpstraal van die ligte gesien. Dit was nogagter die draai. Toe het ek die ligteself ook gesien. Ek het my ligte 'gedim'.Ek het ook misligte aangehad. Dit werk saammet die 'dim' ligte.
Toe ek die ligte self sien het ek besefdie voertuig was nie aan sy regte kant nie
maar /
6.
maar 2 voet aan my kant.
Ek het probeer links gaan maar kon niewant daar is 'n krans aan die linkerkant.Daar was nie veel tyd vir my nie. Toe ekprobeer links toe is die botsing.
Die Kombi het my reg by rny regter voorwielgetref en ons het bymekaar verby gekom."
Deurgaans bly hy daarby dat die Kombi se wiele 2vt oor
die wit middelstreep was - hy wys selfs die afstand uit -
en hy beaam tydens kruisondervraging dat die Kombi "die
afstand gehandhaaf [het] tot die botsing". Dit volgnatuurlik dat sy eie regterwiel dan op die oomblik vanbotsing nader as 2vt aan die middellyn moes gewees hetanders sou daar geen botsing plaasgevind het nie.Die teeroppervlakte van die pad is 6,248 meter (ongeveer20vt) breed en aan Krotz se kant was daar ook nog 'n
gruisstrook van minstens lvt (volgens sy eie erkenning).
Die /
7.
Die Hof a quo het tereg aangeneem dat die wydte
van die Chevrolet "slightly over 5 ft, though not as
wide as 6 ft" was en dat "the Chevrolet would have had
quite a few feet to spare between its right-hand side and
the centre of the road if it was on the extreme left of
the road". Anders gestel, die Chevrolet was ten tyde
van die botsing ongeveer 3vt van die linkerrand van die
teer. Weliswaar sê Krotz op een plek tydens kruisonder=
vraging dat sy "linkervoorwiel was al oor die gruis"
toe die botsing plaasvind, maar hierdie stelling is
hoegenaamd nie te rym met die hele strekking van sy eie
getuienis of die ander getuienis nie. Die hof a quo
het dan ook tereg hierdie besonderheid van Krotz se
getuienis as onjuis beskou en nie aanvaar nie. Oor die
afstand / .........
8.afstand tussen die voertuie toe Krotz bemerk het dat dieKombi 2vt oor die witstreep ry, sê hy eers "25vt".en dan "so 40 meter", maar hy wys 'n afstand van ongeveer30 meter uit. Hy sê hy het remme aangeslaan maar "dieremrae het nie gesleep nie". Dan vervolg die kruis=ondervraging :-
"V. Hoekom het jy hulle - die remme nie
hard aangeslaan nie ?
A. Ek het dit nie nodig gevind nie.V. Hoekom nie ?A. Omdat ek op my kant van dié.pad was en
alreeds na links geswaai het en gedink
het ons sal mekaar mis."
Tydens ondervraging van Krotz deur die verhoorhof,aan die einde van sy herverhoor, blyk die volgende:-
"V. Waarom het jy nie onmiddellik links
gedraai toe jy díe kombi aan die ver=
keerde kant siennie?
A. Ek /.....
9.
A. Ek het gedink hy sal my sien en dan
oorswaai na sy baan toe.V. Hy het dit toe nie gedoen nie ?A. Nee.V. As jy toe jy die kombi vir die eerste
keer gesien het links gedraai het, sou
daar 'n botsing gewees het ?A. Nie as ek ver genoeg links gedraai het
nie."Dit blyk baie duidelik dat nadat Krotz daarvan bewusgeword het dat die Kombi gedeeltelik oor die middellynry, daar 'n stadium was dat hy dit nie nodig geag hetom enige of verdere voorsorg te neern om die gevaar tevermy nie. In ieder geval, as hy inderdaad na linksgeswenk het, het dit hom, volgens die noodwendigeimplikasie van sy eie getuienis, nie meer as hoogstens2vt van die middellyn gebring nie. Krotz het die draai
geken / .
10.
geken, hy het geweet mense is geneig om die draai tesny, hy het besef 'n motor is aan die kom nog voor hydie direkte strale van die ligte op 'n afstand van30-40 meter gesien het en desondanks het hy so nabydie middellyn gebly. In die lig van die voorgaandekan kwalik bevind word dat die hof a quo fouteer hetdeur die saak soos volg in te sien :-
"I am driven to the inevitable conclusion,looking at the evidence as a whole, thatKrotz was correctly found to have beenguilty of negligence because, as I appraisethe situation, he failed to be aware ofa dangerous situation building up in frontof him as soon as he should have. Heprobably himself travelled far too closeto the centre line at a time when he shouldhave given way further to his left and hefurthermore failed to react as a reasonabledriver to a very dangerous situation thernoment he became aware of it. Even making
allowance /.........
11.
allowance for reaction time, I feel that hehad sufficient time to have attempted atleast a swerve to his left when he, on his.own evidence, appreciated the danger and thatif he had done this, he may well have avoidedthe collision or rendered the collision amore glancing one than it was and consequentlyprobably a less serious one.
I come to the conclusion, therefore,that the magistrate correctly found Krotzto be negligent."
Weliswaar word betoog dat "die hele strekking
van Krotz se getuienis was dat daar vir hom nie die
geleentheid of die tyd was om die ongeluk te vermy nie"
en dat nadat hy gesien het die Kombi is oor die middel
van die pad, hy slegs ongeveer 1 sekonde gehad het om
die botsing te vermy. Soos egter reeds aangetoon, dui
Krotz se getuienis wel aan dat op 'n stadium hy verkeerdelik
gemeen /
12.
gemeen het dat geen verdere stappe nodig is nie; en
wát die 1 sekonde betref, kan sekerlik nie gesê word
dat die verhoorhof verkeerd is nie. Bowendien behoort
Krotz redelikerwys reeds op 'n vroeë stadium toe hy die
draai genader het en die gloed van die aankomende ligte
in die draai gesien het, verder weg van die middellyn
beweeg het.
Die appèl teen die bevinding dat Krotz
oorsaaklik nalatig was, kan nie slaag nie.
Daar is nog die appèl teen die skuldverdeling
deur die hof a quo, nl Krotz 40% en Le Roux 60%.
Dit word betoog dat Krotz se skuld minimaal was en dat
die hof a quo dit te hoog aangeslaan het. Maar as o.a
in ag geneem word dat Krotz naby die middellyn gery het
toe /.........
13.
toe hy die draai genader het en dat hy daar gebly het
ondanks die feit dat hy bewus was van 'n aankomende
voertuig, is daar weinig rede om sy skuld vergeleke met
dié van Le roux laer aan te slaan as wat die hof a quo
gedoen het. Inteendeel, die vraag kan eerder ook
gestel word of dit nie miskien hoër moes gewees het nie,
veral as die aandag ook op meer as slegs Krotz se eie
getuienis gevestig sou word. Maar hierdie aspek hoef
egter nie ondersoek te word nie: daar is geen teenappèl
deur die tweede verweerder (Le Roux) nie.
Die kostebevel van die hof a quo teen die
tweede verweerder (Le Roux) word ook aangeveg. Aangesien
die eerste verweerder daarin geslaag het om die skuld=
verdeling vir hom verbeter te kry, het die hof a quo
koste /
14.
koste teen tweede verweerder (Le Roux) toegestaan indie volgende woorde :-
"a very, very minor part of the appeal1has been concerned with the apportionmentagainst the second respondent. In myestimation a fair award insofar as costsare concerned is to order that the secondrespondent (Le Roux) pay 5% of the appellant'scosts of appeal."
Dit word aangevoer dat die toekenning 50% moes gewees
het. Daar is egter geen genoegsame rede geopper om
in te gryp in die uitoefening van diskresie deur die
hof a quo nie.
Die appèl word afgewys met koste.
E.L. JANSEN AR.
MILLER AR.)
Stem saam.
CILLIé AR.)