Ndlovu v S (CA & R 24/2010) [2010] ZANCHC 18 (28 May 2010)
- Citation
- [2010] ZANCHC 18
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Olivier R, Mjali WnR
- Case number
- CA&R 24/2010
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Olivier R, Mjali WnR
- Case number
- CA&R 24/2010
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Regional Magistrate lacked jurisdiction to impose sentences for rape as contemplated in Part I of Schedule 2 to the Criminal Law Amendment Act at the time the sentences were imposed. The sentences were therefore ultra vires and null and void. The correct procedure, following legislative amendments, is for the matter to be referred back to the Regional Court for sentencing and finalization, as the previous procedure of referral to the High Court has been repealed. This approach does not prejudice the appellant, as he will be subject to the same prescribed sentence as would have applied had the matter been properly referred at the time.
Court disposition
Appeal upheld; sentences set aside; matter remitted to Regional Court for sentencing.
Orders
- The sentences imposed on the appellant on 18 June 2001 are set aside.
- The matter is referred back to the Regional Court for sentencing and finalization.
02
Material facts
Parties
Zacharia Ndlovu
Appellant Counsel: P J CloeteThe State
Respondent Counsel: J MabasoAmounts and remedies
- Original Effective Sentence (years): 35
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the Regional Magistrate had jurisdiction to impose sentences for rape as contemplated in Part I of Schedule 2 to the Criminal Law Amendment Act.
- 02
Whether the sentences imposed were ultra vires and therefore null and void.
- 03
What is the correct procedure for sentencing in such cases after legislative amendments.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the seriousness of the crimes and the interests of the community were overemphasized at the expense of his personal circumstances, that the cumulative effect of the sentences was not properly considered, and that the sentences, especially their cumulative effect, were shockingly severe. It was also contended that there were substantial and compelling circumstances justifying lesser sentences.
- Respondent
- The respondent did not address these arguments but raised a single point: that the Regional Magistrate lacked jurisdiction to impose the sentences in question. This submission was conceded by the appellant's counsel during the hearing.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Criminal Law Amendment Act 105 of 1997, as amended by Act 62 of 2000
A Regional Magistrate, after the amendment of section 52(2) of the Criminal Law Amendment Act by the Judicial Matters Amendment Act 62 of 2000, was required to refer cases involving rape as contemplated in Part I of Schedule 2 for sentencing to the High Court.
- 02
S v Mayisela (unreported, CA&R 154/04, 15 October 2004); S v Gouws (unreported, CA&R 252/03, 21 October 2004)
Sentences imposed ultra vires by a court lacking jurisdiction are null and void.
- 03
Criminal Law Amendment Act 105 of 1997, as amended by Act 38 of 2007
After 31 December 2007, Regional Magistrates were empowered to sentence in such cases under section 53A(b) of the Criminal Law Amendment Act.
- 04
Section 53A(b) of the Criminal Law Amendment Act 105 of 1997
Where a magistrate did not refer an accused to the High Court for sentencing, the proceedings are to be regarded as not yet finalized and must be completed by the magistrate.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Regional Magistrate lacked jurisdiction to impose sentences for rape as contemplated in Part I of Schedule 2 to the Criminal Law Amendment Act at the time the sentences were imposed. The sentences were therefore ultra vires and null and void. The correct procedure, following legislative amendments, is for the matter to be referred back to the Regional Court for sentencing and finalization, as the previous procedure of referral to the High Court has been repealed. This approach does not prejudice the appellant, as he will be subject to the same prescribed sentence as would have applied had the matter been properly referred at the time.
Obiter and limits
- It would be artificial to order referral to the High Court for sentencing based on repealed procedures.
- The legislative amendments have fundamentally changed the sentencing procedure for such offences, and courts must apply the current law.
Court disposition
Appeal upheld; sentences set aside; matter remitted to Regional Court for sentencing.
- The sentences imposed on the appellant on 18 June 2001 are set aside.
- The matter is referred back to the Regional Court for sentencing and finalization.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley)
Saak No: CA&R 24/2010
Saak Aangehoor: 24/05/2010
Datum gelewer: 28/05/2010
In die saak tussen:
Zacharia Ndlovu Appellant
en
Die Staat Respondent
Coram:
Olivier R et Mjali WnR
UITSPRAAK
Olivier R:
Die appellant is in die Streekhof skuldig bevind op drie aanklagte van verkragting en een van menseroof. Hy is op die 3 aanklagte van verkragting gevonnis tot termyne van, onderskeidelik, 15 jaar, 10 jaar en 10 jaar gevangenisstraf, en op die aanklag van menseroof is hy gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf. Daar is gelas dat die vonnis van 5 jaar gevangenisstraf samelopend uitgedien word met die vonnis van 15 jaar gevangenisstraf. Die effektiewe termyn van gevangenisstraf wat opgelê is, is dus 35 jaar gevangenisstraf.
Die appellant kom nou met verlof van die Streeklanddros in hoër beroep teen sy vonnisse.
Mnr Cloete, die advokaat vir die appellant, het in sy betoogshoofde submissies gemaak tot die effek dat die erns van die misdade en die belange van die gemeenskap oorbeklemtoon is ten koste van die appellant se persoonlike omstandighede, dat verkeerdelik bevind is dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede was wat mindere vonnisse geregverdig het nie, dat die kumulatiewe effek van die vonnisse nie behoorlik oorweeg is nie en dat die vonnisse, en veral dan die kumulatiewe effek daarvan, skokkend en onvanpas swaar is.
Me Mabaso, die advokaat vir die respondent, het nie in haar betoogshoofde hierop gereageer nie en net een enkele punt geneem,
naamlik dat die streeklanddros nie in hierdie geval bevoeg was om die vonnisse op te lê nie. Ek meen dat me Mabaso se submissie korrek is, en dit is ook by die aanhoor van die appèl namens die appellant toegegee.
Die klaagster is die betrokke nag nie alleen twee keer deur die appellant verkrag nie, maar ook deur sy makker onmiddellik voor die appellant. Op beide dié grondslae was die verkragtings waaraan die appellant skuldig bevind is dus verkragtings soos bedoel in Deel I van Bylae 2 tot die Strafregwysigingswet1. Dit het beteken dat die appellant bloot gestaan het aan lewenslange gevangenisstraf.
Die effek van die wysiging van artikel 52 (2) van die gemelde Wet deur die Wysigingswet op Geregtelike Aangeleenthede, 62 van 2000, was dat ‘n streeklanddros in so ‘n geval nie ‘n diskresie gehad om die persoon ‘n ander vonnis (binne die Streekhof se destydse bevoegdhede) op te lê nie, maar was dit verpligtend om dan die beskuldigde in so ‘n geval na die Hoë Hof te verwys vir vonnis.
Dié wysiging het in werking getree op 23 Maart 2001, ongeveer drie maande voordat die appellant gevonnis is, en lank nadat die misdade op 25 Desember 1998 gepleeg is.
Dit is natuurlik eers heelwat later wat streeklanddroste, deur ‘n verdere wysiging van die Strafregwysigingswet2, toe wel die bevoegdheid ontvang het om self vonnis te oorweeg in sulke gevalle.
Dit blyk baie duidelik uit die vonnis-uitspraak, en ook uit die debat tussen die streeklanddros en die appellant se advokaat by die bring van die aansoek om verlof tot appèl, dat die streeklanddros verkeerdelik van oordeel was dat hy op die stadium toe die vonnisse in hierdie geval opgelê is, oor ‘n diskresie beskik het om ook vonnis op te lê in die geval van verkragting soos bedoel in Deel I van Bylae 2 tot die Strafregwysigingswet, solank die betrokke vonnis net nie op daardie stadium die geldende strafbevoegdheid van die Streekhof sou oorskry nie.
Nie alleen was dit ‘n mistasting aan die kant van die streeklanddros nie, maar die gevolg is ook dat die oplegging van die vonnisse in die onderhawige geval ultra vires die streeklanddros se bevoegdhede was, wat meebring dat al die vonnisse in die onderhawige geval nietig is 3. Dit is onnodig om die aangeleentheid na die Streeklanddros te verwys vir kommentaar op hierdie punt, aangesien dit gedebatteer is tydens die aansoek om verlof tot appèl en die Streeklanddros se houding duidelik daaruit blyk
Me Mabaso het in haar betoogshoofde aan die hand gedoen dat die aangeleentheid in terme van artikel 52(1) van die Strafregwysigingswet in die Hooggeregshof terrolle geplaas word vir vonnis.
Voor 31 Desember 2007, en op die stadium toe streeklanddroste dus nie die diskresie gehad het om vonnis vir misdade soos hierdie op te lê nie en ook nie self bevoeg was om die voorgeskrewe vonnis van lewenslange gevangenisstraf op te lê nie, sou vonnisse soos die onderhawige tersydegestel word en vervang word met die bevel wat ‘n streeklanddros op daardie stadium genoop sou gewees het om te maak, naamlik dat die verrigtinge gestaak word en dat die saak na die Hoë Hof verwys word vir vonnis.
Artikel 4 van Wet 38 van 2007 (wat op 31 Desember 2007 in werking getree het) het egter artikel 53 A in die Strafregwysigingswet gevoeg en ingevolge subartikel (b) daarvan moet ‘n streek-landdros, vanaf 31 Desember 2007 en waar ‘n beskuldigde nog nie na die Hoë Hof verwys is vonnis nie, self die aangeleentheid afhandel en vonnis oplê.
Die prosedure wat voorheen in terme van artikel 52 van die Strafregwysigingswet bestaan het, waar sake ná skuldigbevinding na die Hoë Hof verwys is en daardie Hof dan die vonnis-verrigtinge hanteer het, bestaan nie meer nie. In die omstandighede blyk daar geen ander uitweg nie as om die onderhawige saak na die Streekhof terug te verwys vir vonnis, ten spyte daarvan dat die streeklanddros destyds nog nie bevoeg sou gewees het om die oplegging van lewenslange gevangenisstraf te oorweeg nie4. Beide advokate het uiteindelik hiermee akkoord gegeaan.
Sodra die vonnisse tersydegestel is, sal hierdie aangeleentheid een wees waar die streeklanddros “nie ‘n beskuldigde verwys het na ‘n Hoë Hof vir vonnis” nie5. Dit sal beteken dat die verrigtinge in die Streekhof in effek beskou moet word asof dit nog nie afgehandel is nie, en dat die
streeklanddros dit nou moet “afhandel” soos in die gemelde bepaling bedoel.
So ‘n prosedure sou nie die appellant kon benadeel nie, want hy gaan dan nou in die Streekhof blootstaan aan dieselfde voorgeskrewe vonnis as wat die geval sou gewees het as die streeklanddros destyds die saak vir vonnis verwys het.
Dit sou na my oordeel totaal gekunsteld wees om, op die basis dat ‘n bevel gemaak word wat destyds gemaak moes gewees het, te gelas dat die saak na die Hoë Hof verwys word vir vonnis. Die bepalings wat daardie prosedure ten grondslag gelê het, is herroep en die prosedure bestaan glad nie meer nie.
Bygevolg word die volgende bevele hierin gemaak:
Die vonnisse wat die appellant op 18 Junie 2001 opgelê is, word tersydegestel.
Die saak word na die Streekhof terugverwys vir vonnisoplegging en afhandeling.
____
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
PROVINSIALE
AFDELING
Ek stem saam.
G
N Z
MJALI
WAARNEMENDE
REGTER
Nms Appellant: Adv P J CLoete
Namens: Kimberley Regshulp Sentrum, KIMBERLEY
Nms Respondent: Adv JMabaso
Namens: Direkteur van Openbare Vervolging, KIMBERLEY
1 105 van 1997
2 Wysigingswet op die Strafreg (Vonnisoplegging), 38 van 2007.
3 S v Mayisela, ongerapporteerde beslissing op appèl in die Noord-Kaapse Afdeling van die Hoë Hof onder saakno CA&R 154/04 op 15 Oktober 2004; S v Gouws, ‘n ongerapporteerde beslissing op appèl in die Noord-Kaapse Afdeling van die Hoë Hof onder saakno CA&R 252/03 op 21 Oktober 2004.
4 S v Mokalaka 2010 (1) SACR 88 (GNP)
5 Artikel 53A(b) van die Strafregwysigingswet, 105 van1997.
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.