Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

Ndluli v Wilken en Andere (378/89) [1990] ZASCA 107; 1991 (1) SA 297 (AD); [1991] 1 All SA 256 (A) (27 September 1990)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court held that the special plea under section 106(1)(h) of the Criminal Procedure Act is not applicable to the circumstances alleged by the appellant. The plea concerns the authority of the individual prosecutor appearing in court, not the entitlement of the State to prosecute based on prior undertakings. The appellant's grievance was against the State's decision to prosecute despite an alleged agreement, not against the locus standi of the prosecutor in court. The regional magistrate was obliged to hear and decide the special plea, but the plea itself was misconceived and could not succeed on the facts. The proper remedy, if any, would have been to seek an interdict against the Attorney-General in the High Court, not to raise a special plea in the regional court. The court a quo was correct in dismissing the application and refusing to refer the matter back to the regional magistrate.

Court disposition

The appeal is dismissed.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The order of the court a quo stands: the special plea is noted as dismissed and the prosecution may proceed.

02

Material facts

Parties

Welcome Ndluli

Appellant Counsel: Bosman; Dreyer; Naude

W.J.J. Wilken

Respondent

The Attorney-General, Transvaal

Respondent

The President of the Regional Division, Northern Transvaal

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal From Dismissal of Review Application by Court a Quo

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that an agreement was reached with the State, represented by the regional prosecutor, that he would not be prosecuted if he provided certain information. He claimed to have fulfilled his part of the agreement, yet prosecution was reinstated. The appellant contended that, in light of this undertaking, the Attorney-General was not entitled to prosecute, and raised a special plea under section 106(1)(h) of the Criminal Procedure Act. He maintained that the plea was directed at the State's entitlement to prosecute, not at the individual prosecutor.
Respondent
The respondents, through the prosecution, argued that the Attorney-General retains discretion to prosecute and that any undertaking by a regional prosecutor does not bind the Attorney-General. They contended that the regional magistrate lacked jurisdiction to review the Attorney-General's decision to prosecute, and that only the High Court could entertain such a review. The prosecution further argued that the special plea under section 106(1)(h) relates to the prosecutor's authority in the specific case, not to the State's entitlement to prosecute generally.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Criminal Procedure Act 51 of 1977, section 106(1)(h)

    A special plea under section 106(1)(h) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 is directed at the authority of the person prosecuting in court, not at the entitlement of the State to prosecute.

  2. 02

    Gardiner and Lansdown, South African Criminal Law and Procedure, Vol 1, p 365

    The regional court does not have jurisdiction to review the decision of the Attorney-General to prosecute; such review lies with the High Court.

  3. 03

    Ordonnansie 40 van 1828; R v Giuseppe 1943 TPD 139

    Undertakings by prosecutors do not bind the Attorney-General unless properly authorised; prosecutorial discretion remains with the Attorney-General.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court held that the special plea under section 106(1)(h) of the Criminal Procedure Act is not applicable to the circumstances alleged by the appellant. The plea concerns the authority of the individual prosecutor appearing in court, not the entitlement of the State to prosecute based on prior undertakings. The appellant's grievance was against the State's decision to prosecute despite an alleged agreement, not against the locus standi of the prosecutor in court. The regional magistrate was obliged to hear and decide the special plea, but the plea itself was misconceived and could not succeed on the facts. The proper remedy, if any, would have been to seek an interdict against the Attorney-General in the High Court, not to raise a special plea in the regional court. The court a quo was correct in dismissing the application and refusing to refer the matter back to the regional magistrate.

Obiter and limits

  • The conduct of the prosecution in this matter, if the appellant's allegations are true, reflects poorly on the integrity of the prosecutorial process and is not to be condoned.
  • If the appellant's allegations were untrue, the Attorney-General and prosecutor owed the court an explanation or denial, which was not provided.
  • The integrity of the Attorney-General and prosecutors must always be above suspicion in the exercise of their duties.

Court disposition

The appeal is dismissed.

  • The appeal is dismissed.
  • The order of the court a quo stands: the special plea is noted as dismissed and the prosecution may proceed.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1990] ZASCA 107

IN DIE HOOGGEREGSHOF VÁN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:WELCOME NDLULI AppellantENMNR. W.JJ WILKEN Eerste RespondentDIE PROKUREUR-GENERAAL, TRANSVAAL Tweede Respondent

DIE PRESIDENT VAN DIE STREEKAFDELING

NOORD-TRANSVAAL Derde RespondentCoram: HOEXTER, SMALBERGER, STEYN, EKSTEEN, ARR

et GOLDSTONE, Wn. ARVerhoor: 28 Augustus 1990

Gelewer: 27 September 1990

2

UITSPRAAK

EKSTEEN, AR :

Dit is 'n appèl teen die afwysing deur die Hof

a quo van 'n versoekskrif van die appellant waarin hy dievolgende regshulp gevorder het, nl.

"1. Die beslissing van die Eerste Respondent geneem op 14 Maart 1988, dat hy nie bevoeg is om die Applikant se Spesiale Pleit in terme van Arti-kel 106(1)(h) van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977 aangebied op 10 November 1986 in die saak van die Staat teen W. Ndluli, Saaknommer SH 663/86 in die Streekhof vir die Streek-afdeling van Noord-Transvaal gehou te Nelspruit, te bereg nie, hersien en ter syde gestel word; 2. Dat die saak na die Eerste Respondent terug verwys word om sy bevinding oor die gemelde spesiale pleit te gee;" Die omstandighede wat aanleiding tot hierdie

aansoek gegee het, soos uit die stukke voor ons af te

....... / 3

3

lei is, skyn die volgende te wees. Die appellant, wat 'n versekeringsagent van Kabokweni is, was gedurende 1983 in die streekhof te Nelspruit tesame met drie ander per-sone op 'n aanklag van diefstal, of in die alternatief van bedrog, aangekla. Toe die saak geroep was, was die Staat nie gereed om voort te gaan nie en was die saak teen die appellant teruggetrek. Intussen het die ondersoekbeampte, luitenant Erasmus, appellant se proku-reur, mnr. Bosman, genader en hom meegedeel dat die polisie van mening was dat die appellant se aandeel aan die hele aangeleentheid betreklik gering was en dat in-dien appellant bereid sou wees om die naam van die per-soon wat die vervalste tjeks vir betaling aangebied het aan die polisie te verskaf, sou hy toesien dat daar geen

.... /4

4

vervolging teen die appellant ingestel word nie, en dat

appellant ook nie as 'n staatsgetuie gebruik sou word nie.Die appellant het egter geweier om enige inligting aandie polisie te verskaf.

Gedurende 1984 was mnr. Bosman telkens weer

deur luitenant Erasmus genader, en uiteindelik ook deurdie streekhofaanklaer met dieselfde versoek. Die appel-

lant het steeds geweier om die gevraagde inligting teverstrek, eh hulle het hom weer aangekla. Toe hierdiesaak op 20 Junie 1986 geroep was, het luitenant Erasmus,

luitenant Myburgh en die streekhofaanklaer weereens virmnr. Bosman genader en hom uitdruklik verseker dat die

Staat nie teen appellant sou voortgaan nie, maar dathulle slegs die naam van die persoon wat die vervalste

...../5

5

tjeks aangebied het van hom verlang. Die aanbod is aanappellant gemaak dat indien hy hierdie naam aan hulleverstrek, en aan hulle verduidelik hoe die skema gewerkhet, en wat sy betrokkenheid daarby was, dan sou hullenie met die kriminele vervolging teen hom voortgaan nie.In die lig van hierdie uitdruklike versekering het dieappellant die aanbod aanvaar, en die naam van die be-trokke persoon aan hulle verstrek. Die saak is danook op dieselfde dag teen hom teruggetrek.

Dit blyk gemene saak tussen die partye te wees

dat so 'n ooreenkoms wel met die appellant aangegaan is.Trouens dit wil uit die oorkonde voorkom dat mnr. Wilken -vermoedelik die voorsittende streeklanddros - by die

terugtrekking van die saak teen die appellant die

...../ 6

6

voorwaardes van die ooreenkoms aan die appellant verdui-delik het en hom gewaarsku het dat indien hy nie die voor-waardes nakom nie "hy weer gevang sou word."

Die appellant beweer dat hy sy deel van die

ooreenkoms nagekom het, maar desondanks is hy weer op29 September 1986 voor die streekhof aangekla op 45aanklagtes van bedrog. Die aanklaer by die verhoor -wat nie dieselfde persoon was wat die ooreenkoms metappellant en sy prokureur aangegaan het nie - het diemening skynbaar gehuldig dat die appellant nie al dievoorwaardes van die ooreenkoms nagekom het nie. Ditwil voorkom of die aanklaer op hierdie beweerde nie-nakoming van die ooreenkoms die herinstelling van dievervolging wou regverdig. Die appellant voer egter

....../7

7

aan dat die senior staatsaanklaer te Nelspruit en die ondersoekbeampte besluit het dat appellant inderdaad die sleutelfiguur in die hele aangeleentheid was, en dat dit die rede vir die herinstelling van die vervolging was. In elk geval voer die appellant aan dat dit op 'n ver-breking van hul plegtige ooreenkoms neerkom om hom nou weer te vervolg.Toe die saak op 29 September 1986 begin het, was die appellant deur mnr. T.F. Dreyer, 'n prokureur van Nelspruit, verteenwoordig, en 'n pleit van onskuldig op al die aanklagtes is aangeteken. Die saak is daarna uit-gestel na 10 November 1986. By dié geleentheid het mnr. Bosman weer vir die appellant verskyn, en, benewens die pleit van onskuldig, 'n verdere pleit in terme van

....../8

8

artikel 106(1)(h) van die Strafproseswet (Wet 51 van1977) ("die Wet") ge-opper, nl. dat die aanklaer niebevoeg was om te vervolg nie. In sy toeligting vanhierdie pleit het mnr. Bosman dit duidelik gemaak datsy beswaar nie op die spesifieke aanklaer in die hofgeslaan het nie, maar wel op die Staat. Hy het aange-voer dat die prokureur-generaal, wat namens die Staatalle vervolgings instel, uit hoofde van die ooreenkomstussen die appellant en die streekhofaanklaer te Nel-spruit, nie bevoeg was om te vervolg nie omdat dit stry-dig met die bepalinge van die ooreenkoms sou wees.

Hierdie onverwagte en ietwat ongewone pleit

het heelwat bespreking in die hof uitgelok tussen mnr.Bosman, die aanklaer en die landdros. In 'n klaarblyklike

...../ 9

9

poging om die knoop van verwarring wat die pleit ontketenhet deur te haak, het mnr. Bosman, na die teeverdaging,voorgestel dat die saak uitgestel word ten einde hom instaat te stel om vertoë tot die prokureur-generaalself te rig om die vervolging te staak. Hierdie voor-stel is met merkbare verligting aangegryp, en die saakis na 5 Januarie 1987 uitgestel.

Mnr. Bosman het 'n lang brief gedateer 14

Oktober 1986 aan die prokureur-generaal geskryf waar-in hy die hele aanloop van die gébeurde uiteengesithet, soos ek dit hierbo gedoen het, en die meninggekonstateer het dat -

"hierdie tipe optrede nie in belang van regs-pleging is nie, en dat onder hierdie omstandig-hede daar nie voortgegaan moet word met vervolg-ing teen ons kliënt nie." .... / 10

10

In 'n brief gedateer 30 Desember 1986 antwoord

die hoofklerk van die prokureur-generaal kort en saakliksoos volg:

"Menere, DIE STAAT teen WELCOME ELPHY NDLULI LOUWS CREEK M.R. 164/1/83 U KA/kb/M8/83 van 1 Desember 1986 In opvolging tot my eersgenommerde diensbrief van 21 November 1986 is dit my deur die Prokureur-generaal opgedra om u mee te deel dat hy die saak nou onder- soek het en van mening is dat die vervolging teen u klient moet voortgaan. Die Prokureur-generaal het egter die Handelstak- aanklaer te Pretoria, mnr. J.J. de Jager, opdrag gegee om die vervolging waar te neem, asook die leiding van die ondersoekspan oor te neem. Die Prokureur-generaal vertrou dat die reëling verdere probleme sal uitskakel. Die uwe, A. Nel namens HOOFKLERK VAN DIE PROKUREUR-GENERAAL."

By die hervatting van die saak in die streekhof

op 22 April 1987, is die pleit teen die bevoegdheid van

...../11

11

die aanklaer ingevolge artikel 106(1)(h) van die Wet weer

eens ge-opper, en mnr. Naude, wat toe namens die appellantverskyn het, het te kenne gegee dat hy van voornemens wasom getuienis aan te bied om die pleit gestand te doen.Weer eens het 'n lang bespreking gevolg en uiteindelikhet die voorsittende landdros, mnr. le Roux, die stand-punt ingeneem dat hy nie bevoeg is om die spesiale pleitaan te hoor nie omdat die saak voor mnr. Wilken (dieeerste respondent), 'n kollega van hom begin het. Die

saak het gevolglik afgestaan totdat die eerste respon-dent dit kon verhoor.

By die hervatting van die saak voor eerste re-

spondent het mnr. Naude weêr eens verlof gevra om getuie-

nis aan te bied op die spesiale pleit. Die landdros

...../ 12

12

roep toe op die aanklaer om sy standpunt te verneem. Hydien hierop die lang brief wat mnr. Bosman aan die proku-reur-generaal geskryf het in as Bewysstuk A, asook dieprokureur-generaal se antwoord daarop as Bewysstuk B, enbetoog dat indien die eerste respondent die pleit aanhoor,nadat die prokureur-generaal in die uitoefening van sy dis-kresie besluit het om voort te gaan met die vervolging, ditdaarop sou neerkom dat eerste respondent die prokureur-generaal se besluit in hersiening neem. Dit, het hy aan-gevoer, was buite die eerste respondent se bevoegdheid.Slegs die Hooggeregshof het sulke hersieningsbevoegdheid,het hy betoog, Hierdie drogredenasie het die eersterespondent beïndruk, en geen betoog van mnr. Naude kon hómtot ander insigte bring nie. In sy daaropvolgende uit-

...../ 13

13

spraak bevind die eerste respondent dat die spesiale pleit ingevolge artikel 106(1)(h) van die Wet wel voor hom ge-opper kon word, maar dat, in die lig van die prokureur-generaal se besluit, hy "nie die bevoegdheid het om die be-

sluit van die prokureur-generaal in hersiening te neem nie." In die daaropvolgende bespreking het die eerste respondentdit dan ook aan mnr. Naude duidelik gemaak dat -

"u is geregtig om die pleit te opper maar dit moet in die Hooggeregshof geskied."

Die saak is hierop na 14 Mei 1988 verdaag.

Om een of ander rede vervat die saak weer op 14

Maart 1988. Mnr. le Roux was toe weer op die bank, en hetnie kennis gedra van al die gebeurde voor die eerste res-pondent nie. Na heelwat verduideliking en bespreking hetdie hof verdaag. Die saak het later voor die eerste

.... / 14 14

respondent vervat en is dit besluit dat die saak weer uit-gestel word ten einde die appellant die geleentheid te biedom die Hooggeregshof om hulp te nader. Die regshulp wathy in sy kennisgewing van mosie aangevra het, het ek aan diebegin van hierdie uitspraak uiteengesit. In sy ondersteun-ende beëdigde verklaring sit die appellant die agtergrondvan sy saak uiteen, en, soos deur Reël 53(1) vereis word,roep hy die eerste respondent op om

"die oorkonde van die verrigtinge waarvan die appli-kant hersiening verlang, sodanige redes as wat hy regtens moet verstrek of wat hy wil verstrek, aan die Griffier te stuur en die applikant in kennis te stel dat hy dit gedoen het."

Die eerste respondent het toe die oorkonde van al die ver-rigtinge voor die streekhof ingedien, maar geen verdereredes vir sy beslissing gegee nie. Geeneen van die

..... / 15

15

respondente het enige antwoordende verklarings ingedien nie, sodat die beweringe van die appellant onweerspreek staan.Die Hof a quo het die aansoek baie oorsigtelik behandel en tot die gevolgtrekking gekom dat, alhoewel dié eerste respondent geen bevel op die spesiale pleit ge-maak het nie, sy uitspraak in wese daarop neerkom dat hy die pleit van die hand gewys het. Die Hof het verderbevind dat -

"die streeklanddros gelyk gegee moet word dat die besluit van die prokureur-generaal inderdaad die handhawing van so 'n spesiale pleit onmoontlik maak. Dit mag so wees dat 'n dusdanige besluit deur die prokureur-generaal om een of ander rede aanveg-baar is. Dit sou dan vir die betrokkene aange-wese wees om by wyse van hersiening by die bevoeg-de hooggeregshof aansoek te doen om tersydestelling van die gewraakte besluit van die prokureur-generaal. So 'n bevoegdheid setel nie in die streekhof nie."

..../ 16

16

Die Hof a quo het gevolglik die aansoek om

hersiening van die hand gewys en opdrag gegee

"dat daar genotuleer word dat die spesiale pleit van die hand gewys word en dat die aanklaer aan-gesê word om met die vervolging voort te gaan."

Dit is teen hierdie bevel wat die appellant in hoërberoep kom.

Voordat ek met die regsaspekte van die saak

handel,wil ek net opmerk dat die verloop van sake sooshulle uit die stukke blyk vir my ontstellend voorkom.Soos ek reeds daarop gewys het,skyn dit gemene saak tewees dat die streekhofaanklaer wel 'n ooreenkoms metdie appellant aangegaan het dat hy hom nie sou vervolgindien hy sekere inligting aan die ondersoekbeampte

sou verstrek. Inligting is verstrek en daarna is 'n

....../ 17

17

vervolging teen die appellant ingestel. Die appel-lant sit die omstandighede van hierdie ooreenkoms breedvoerig en in besonderhede uiteen in sy prokuréur se brief aan die prokureur-generaal. Die prokureur-generaal op sy beurt handel geensins met enige van die appellant se beweringe in sy beantwoordende brief nie, en liasseer ook geen antwoordende verklaring by die hersieningsaansoek nie. Die appellant se beweringe staan dus onbetwis en onverduidelik. As hulle waar is, is dit 'n ontstellende kommentaar op die regspleging in hierdie saak, wat nie goed te keur is nie. Die integriteit van die prokureur-generaal en van sy aanklaers in die uitoefening van

.... /18

18

hulle pligte moet altyd bo verdenking staan. As die appellant se beweringe waar is dan het dit kwalik in hierdie geval gebeur. As hulle nie waar is nie dan was die prokureur-generaal en die aanklaer m.i. dit aan die Hof verskuldig om die beweringe te ont-ken of te verduidelik. Soos sake tans staan bly daar n ontstellende geur van oneerbare optrede in die lug hang.Die pleit rakende die onbevoegdheid van die aanklaer is een wat ingevolge artikel 106(1)(h) van Wet 51 van 1977 ("die Wet") deur 'n beskuldigde per-soon geneem kan word, en waar dit wel geneem word, soos in hierdie geval, moes die eerste respondent

...... / 19

19

dit aangehoor het en 'n bevinding daaroor uitgebring het. Die redenasie dat omdat die prokureur-generaal,na vertoë aan hom, besluit het om met die vervolgingaan te gaan, die aanhoor van die pleit op 'n hersieningvan die prokureur-generaal se besluit sou neerkom, is,soos ek reeds gesê het, 'n drogredenasie. Daar kangeen sprake daarvan wees dat dit op 'n hersiening neer-kom nie - net so min as wat sy besluit om voort te gaanna 'n pleit van autrefois acquit of autrefois convict endaaropvolgende vertoe aan hom, op hersiening van sy be-sluit neerkom. Dit is vir die verhoorhof om te besluitof dit 'n geldige pleit is of nie, en nie vir die proku-reur-generaal nie. Die eerste respondent was dusm.i. verkeerd om tot die gevolgtrekking te kom dat hy

...../ 20

20

nie bevoeg was om 'n bevinding op die pleit uit te bring nie, en dat in die omstandighede slegs die Hooggeregs-hof bevoeg was om so 'n pleit te bereg.Ek vind dit ook moeilik om te begryp hoe die Hof a quo tot die gevolgtrekking kon gekom het dat wat die eerste respondent inderdaad gedoen het, was om te bevind dat die spesiale pleit voor hom nie gehandhaaf kon word nie. Dit is miskien wat hy moes gedoen het, maar hy het inteendeel tot die gevolgtrekking gekom dat hy nie die bevoegdheid besit het om die pleit te bereg nie.

Die kernvraag in die appèl skyn vir my te wees

om in die eerste plek te bepaal wat die spesiale pleit

soos in artikel 106(1)(h) uiteengesit, behels.

Hierdie artikel het 'n lang aanloop in ons

....../ 21

21

strafprosesreg. Die Transvaalse Ordonnansie 1 van 1903 wat 'n strafkode vir dié kolonie daargestel het, het in artikel 158 bepaal dat, as 'n beskuldigde op 'n aanklag pleit, hy o.a. kon pleit"(7) that the prosecutor has no title to prosecute." Presies dieselfde woorde word oorgeneem in die Engelse weergawe van artikel 157(1)(g) van die Kriminele Procedure en Bewijsleveringswet (Wet 31 van 1917). Die Nederlandse weergawe daarvan lui

"(g) dat de aanklager niet bevoegd is om te vervolgen."

In die Strafproseswet 56 van 1955 word die Engelse weer-gawe van die pleit nl. "that the prosecutor has no title

to prosecute" in artikel 169(2)(g) vertaal as

"(g) dat die aanklaer nie geregtig is om te vervolg nie."

....../ 22

22

In die huidige Wet bly die Engelse uitdrukking nog steedsonveranderd maar hierdie keer neig die Afrikaanse weer-gawe terug na die 1917 Wet en bepaal:

"106(1) Wanneer 'n beskuldiigde op 'n aanklag pleit,kan hy pleit

(h) dat die aanklaer nie bevoeg is om te ver-volg nie."

Ek dink nie dat die verskil in die onderskeie Nederlandse en Afrikaanse bewoording die betekenis van die artikel enigsins ráak nie, veral in die lig daarvan dat die Engelse weergawe deur al die jare onveranderd gebly het.

Waar die uitdrukking sy oorsprong gehad het

is nie vir my duidelik nie. Ek kon geen soortgelyke

uitdrukking in die Engelse gemene- of statutereg

....../ 23

23

opspoor nie en geen sodanige verwysing is in betoog aanons voorgehou nie. Dit is miskien interessant omdaarop te let dat in Ordonnansie 40 van 1828 van dieKolonie van die Kaap die Goeie Hoop die volgende onderdie hoof "Of Prosecutors and their Title" verskyn, nl.

"6. The Attorney-General of the Cape of Good Hope is vested with the right, and entrusted with the duty, of prosecuting in the name and on behalf of the King, all the crimes and offences committed in this Colony.

7. This right of prosecution is exercised by the

Attorney-General in the Supreme Court, in person -in the Circuit and Districts Courts, through the medium of the Clerks of the Peace for the re-spective districts in which such Courts shall be held; and in the Police Court in Cape Town, through the medium of the Superintendent of Police, or his deputy, unless any other person shall have been specially appointed by the said Attorney-General to appear and act for him in any particular case, before any or either of the said superior or inferior Courts.

......./ 24

24

8. This right and power of prosecution in the Attorney-General, is absolutely under his own management and control."

Die daaropvolgende artikels handel voorts hoofsaaklikoor private vervolgings en bepaal wanneér en deur wiehulle ingestel kan word, wat die belange van so 'n pri-vate vervolger by die saak moet wees, en wat van hulleverwag word voordat hulle met die vervolging kan begin.Dit is insiggewend dat al die bepalinge onder die hoof

"Of Prosecutors and their Title" op die reg van ver-skillende persone om in die howe as vervolgers op tetree, slaan.

Ondanks die betreklike lang geskiedenis van

hierdie bepaling in ons strafprosesreg kon ek ook geengewysdes wat die strekking of betekenis van die bepaling

..... / 25

25

probeer uitlê, vind nie. Desnieteenstaande het skrywersvan handleidings hul heel onomwonde daaroor uitgelaat.

So bv. sê die belese skrywers van Gardiner and Lansdown..

"South African Criminal Law and Procedure" 6de UitgaweVol 1 op p 365 -

"That the person who appears to present the case to the Court on behalf of the Attorney-General or private prosecutor has no locus standi , or is not in the particular case properly authorized, is not a subject of this plea although it might form the ground of an allegation of irregularity in the proceedings. What is meant by the plea is that the Queen, or the private prosecutor in the matter, has no authority to claim the punishment of the alleged offender in respect of the particular offence charged."

Die belese skrywers van die huidige "South

African Criminal Law and Procedure" (Lansdown and Camp-bell) Vol V p 452 neem hierdie passasie feitlik woordeliks

.... / 26

26

oor. So ook sê die geleerde skrywers van "Swift's Law

of Criminal Procedure" 2de Uitgawe op p 286 -

"The substance of this plea is that the accused denies the ability of the prosecutor, i.e. the ' State or the private prosecutor, to claim a con-viction in respect of the offence with which the accused is charged."

Aan die ander kant beweer die geleerde skrywers van

"Strafprosesreg" deur J.L. Snyman en D.W. Morkel, 2deUitgawe op p 369 dat:

"Dit is egter nie duidelik wat met hierdie pleit presies bedoel word nie. Die mees ooglopende geval waar hierdie pleit ter sprake kan kom is by privaat vervolgings, waar die beskuldigde kan aanvoer dat die private aanklaer nie 'n persoon is wat hom kwalifiseer om as private aanklaer op te tree nie. Volgens Hiemstra (239) het hierdie pleit ook betrekking op 'n advokaat wat sonder die nodige delegasie verskyn om namens die prokureur-generaal te vervolg. Die aanwendbaarheid van hierdie pleit blyk ook gepas te wees waar die

....../27

27 aanklaer die beskuldigde vervolg op 'n aanklag van oortreding van artikel 54 van die Wet op Binnelandse Veiligheid 74 van 1982, sonder dat die prokureur-generaal ingevolge art 64 van gemelde Wet dit skrif-telik gemagtig het."

Geeneen van hierdie skrywers meld enige gesag vir hulle standpunte nie.

In sy werk "Suid-Afrikaanse Strafproses" 4de

Uitgawe p 247 sê die belese skrywer Hiemstra dat

"Dit het betrekking op die aanklaer se locus standi

om op te tree Die pleit kan ook aangewend word waar daar inge-volge 'n wet sekere voorvereistes is wat nagekom moet word voordat 'n vervolging kan plaasvind. 'n Voorbeeld is R. v. Giuseppe 1943 T.P.D. 139 ..."

In Giuseppe se saak is 12 Italiaanse krygs-

gevangenes in 'n landdroshof verhoor en gevonnis sonderdat daar, ooreenkomstig artikel 60 van die GeneefseKonvensie vooraf kennis gegee is aan die verteenwoordiger

...../ 28

28

van die beskermende moondheid. Die saak is in die Trans-vaalse Provinsiale Afdeling deur Malan R hersien. Hy het die skuldigbevindinge tersyde gestel weens die onreëlmatig-heid in die prosedure. Die destyds-geldende artikel 157(1) (g) van Wet 31 van 1917 was egter glad nie ter sprake nie, en die Hof het by hersiening geensins daarmee gehandel nie.In die afwesigheid van enige relevante gewysdes is hierdie Hof aangewese bloot op die bewoording van die betrokke artikel, en die inslag daarvan in nastrewing van die wetgewer se bedoeling, vas te stel.Die woord "aanklaer" word in die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) soos volg omskryf:

"Aanklaer - Beskuldiger: Die openbare aanklaer,

.... / 29

29

amptenaar by 'n geregshof wat sake teen beskuldigdes waarneem."

Die omskrywing van "public prosecutor" in die Shorter

Oxford English Dictionary het dieselfde strekking, nl.

"a law officer appointed to conduct criminal pro-secutionson behalf of the Crown or State or in the public interest."

Ons strafreg en die Wet ken beide 'n openbare aanklaer wat namens die Staat in die howe optree om die saak teen aangeklaagdes aan te voer, asook 'n private aanklaer wat by 'n private vervolging die saak teen die beskuldigde aanvoer. In albei gevalle word daar na 'n persoon verwys.

In die algemene spreektaal sowel as in die

uitsprake van ons howe word 'n verwysing na "die aanklaer"

......./ 30

30

of "the prosecutor" by strafsake gesien as 'n verwysing nadie persoon wat in die hof optree, en nie as 'n verwysingna die Staat nie. In die Wet vind ons in artikel 4 hverwysing na 'n "staatsaanklaer" wat in 'n laer hof deurdie prokureur-generaal aangestel kan word om as sy ver-teenwoordiger vervolgings ten behoewe van die Staat waarte neem, maar daarna vind ons feitlik deurgaansverwysingsslegs na "die aanklaer" (sien bv. artikels 54(1), 62,63(1), 75(2), 85(1) 112(1) en (3), 113, 119, 122(3), 128,130, 166(1) en (2) en nog talle ander.) Om nader bydie artikel onder bespreking te kom vind ons in artikel105 die bepaling dat:

"105. Voordat die verhoor van 'n beskuldigde 'n aan-vang neem, word die aanklag deur die aanklaer aan hom gestel en word hy ... deur die hof

......./ 31

31

aangesê om onverwyld ooreenkomstig artikel 106 daarop te pleit."

Die verwysing na "die aanklaer" in hierdie artikel isklaarblyklik na die persoon wat in die hof optree omdie saak teen die beskuldigde te voer. Onmiddellikdaarna volg artikel 106 wat bepaal dat:

"106(1) Wanneer 'n beskuldigde op 'n aanklag pleit, kan hy pleit -... (h) dat die aanklaer nie bevoeg is om te ver-volg nie."

Daar skyn vir my, onder hierdie omstandighede, geenrede om in artikel 106 'n ander betekenis aan die woord

"aanklaer" te heg as die betekenis wat dit in artikel

105 en in al die ander artikels in die Wet waarna ekverwys het, dra nie. (Principal Immigration Officer

..../ 32

32

v. Hawabu and Another 1936 A.D. 26 and Minister of the In-terior v. Machadodorp Investments (Pty.) Ltd., and Ano-ther 1957 (2) SA 395 (A) op 404 D-E.) Na my mening dusverwys die woord "die aanklaer" in artikel 106(1)(h) by'n vervolging van Staatsweë nie na die Staat nie, máarna die persoon wat in die hof as'.aanklaer optree. Diebeswaar wat so 'n pleit inhou is 'n beswaar teen die regof die bevoegdheid van daardie persoon om as aanklaerin die saak op te tree.

Private vervolgings word in artikels 7-17

van die Wet gereël. Artikel 7(1) maak voorsiening virh privaat persoon om in sekere voorgeskrewe gevalle

"hetsy persoonlik of deur 'n regsverteenwoordiger" hvervolging in te stel. So 'n persoon word daarna in

....../ 33

33

die Wet na verwys as 'n "private aanklaer". Dit volgdus dat die woord "aanklaer" in artikel 106(1)(h), na'n private aanklaer sal verwys, en nie na sy regsverteen-woordiger as hy een sou aanstel nie.

Alhoewel dit nie uit die verslae blyk dat

hierdie pleit as sulks in R. v. Altena 1929 T.P.A. 62,Hall v. Inspector-of Police, Durban 1930 N.P.A. 277, enRaaff v. Inspector of Police, Durban 1930 N.P.A. 291ge-opper is nie, is die beswaar dat die aanklaer niebevoeg was om te vervolg nie, in aldrie sake met suksesop appèl geneem. Die pleit ingevolge artikel 157(1)(g)van Wet 31 van 1917 kon m.i. in hierdie sake met wel-slae in die landdroshof ge-opper gewees het.

Dit volg dus dat die pleit ingevolge artikel

....../ 34

34

106(1)(h) wat die appellant in die onderhawige saak voordie eerste respondent ge-opper het, misplaas was. Sybeswaar, soos duidelik uit die stukke en uit sy proku-reur se uitlatings blyk, was nie teen die aanklaer indie streekhof gerig nie, maar teen die Staat. DieStaat, het hy aangevoer, was nie geregtig om hom te ver-volg nie weens die beweerde onderneming tussen die ap-pellant en die Staat aangegaan. As sy beswaar feitelikgegrond was, dan kon hy moontlik 'n interdik aangevra hetom die prokureur-generaal te verbied om met die vervolg-ing voort te gaan. Hieroor wil ek my nie uitlaat nie.Hy kon egter nie 'n verweer ingevolge artikel 106(1)(h)teen die bevoegdheid van die aanklaer met enige sukses

gepleit het nie.

...../ 35

35

Vir hierdie redes is ek dit met die Hof a quo

eens dat dit geen doel sal dien om die saak na die eerste

respondent terug te verwys nie. Die spesiale pleit kanop die aangevoerde feite nie slaag nie, en dit is geheelen al misplaas. Dit blyk uit die oorkonde dat mnr. Bos-man toegegee het dat sy brief aan die prokureur-generaaldie volledige feite waarop die appellant vir sy spesialepleit steun, uiteengesit het. Daar is dus geen sprakedaarvan dat daar ander feite ook aangevoer kan word nie.Op hierdie feite moes die eerste respondent, op 'n juistevertolking van die artikel, die pleit van die hand gewyshet. Die bevel van die Hof a. quo dat 'n bevinding dat

die spesiale pleit van die hand gewys word op die oor-

konde genotuleer moet word, en dat die saak na die

....../ 36

36

streekhof terug verwys word om afgehandel te word, was dus reg.

Die appel word van die hand gewys.

J.P.G. EKSTEEN, AR

HOEXTER, AR )

SMALBERGER, AR )stem saam STEYN, AR )

GOLDSTONE, Wn.AR )

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

R v Giuseppe 1943 TPD 139

Case cited

Principal Immigration Officer v Hawabu and Another 1936 AD 26

Case cited

Minister of the Interior v Machadodorp Investments (Pty.) Ltd. and Another 1957 (2) SA 395 (A)

Case cited

R v Altena 1929 TPA 62

Case cited

Hall v Inspector-of Police, Durban 1930 NPA 277

Case cited

Raaff v Inspector of Police, Durban 1930 NPA 291

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Ordonnansie 1 van 1903

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Kriminele Procedure en Bewijsleveringswet 31 van 1917

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Strafproseswet 56 van 1955

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Wet op Binnelandse Veiligheid 74 van 1982

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.