Nel v Nel (937/2005) [2008] ZAGPHC 190 (12 May 2008)
- Citation
- [2008] ZAGPHC 190
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- High Courts - Gauteng
- Panel
- D A Basson
- Case number
- 937/2005
More details
- Court
- High Courts - Gauteng
- Panel
- D A Basson
- Case number
- 937/2005
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the probabilities overwhelmingly support the plaintiff's version that she lent R 500,000.00 to the defendant in 2001, evidenced by the cheque made out in the defendant's name and deposited into the business account. The defendant's explanations were found improbable and inconsistent with the documentary evidence and conduct of the parties. The loan was informal, intended to assist the defendant, and was repayable on demand. The plaintiff demanded repayment in August 2004, making the debt due and payable from that date. Interest at 12% is recoverable from the date of demand, as per the agreement. The plaintiff proved her claim on a balance of probabilities.
Court disposition
Judgment for the plaintiff.
Orders
- The defendant must pay the plaintiff the amount of R 500,000.00.
- Interest at 12% per annum is payable on the amount of R 500,000.00 from the date of demand until date of payment.
- The defendant must pay the costs of the action.
02
Material facts
Parties
Aletta Maria Nel
PlaintiffSusanna Johanna Nel
DefendantAmounts and remedies
- Principal Loan Amount: ZAR 500,000
03
Procedural history
Posture
Civil Trial / First Instance
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the defendant borrowed R 500,000.00 from the plaintiff.
- 02
Whether the loan was repayable on demand.
- 03
Whether interest is payable on the loan from the date of demand.
Party arguments
- Applicant
- The plaintiff alleges that she lent R 500,000.00 to the defendant at the defendant's specific request for use in her diesel business. The plaintiff claims the loan was made by cheque in the defendant's name, deposited into the business account, and was to be repaid on demand. The plaintiff asserts that she demanded repayment in August 2004 and that interest should accrue from that date. She further states that the defendant offered a house as security during settlement negotiations, supporting the existence of the loan.
- Respondent
- The defendant denies ever requesting or receiving a loan from the plaintiff. She claims she received the cheque from Deon Nel and was instructed to deposit it into the business account, with no knowledge of a loan agreement. The defendant argues that any funds received were for business purposes and not a personal loan, and disputes any obligation to repay the plaintiff.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Nel v Nel (937/2005) [2008] ZAGPHC 190
A loan agreement may be proved on a balance of probabilities through direct and circumstantial evidence, including conduct and documentary proof.
- 02
Nel v Nel (937/2005) [2008] ZAGPHC 190
Interest on a loan is only recoverable if agreed upon, and accrues from the date of demand if stipulated.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the probabilities overwhelmingly support the plaintiff's version that she lent R 500,000.00 to the defendant in 2001, evidenced by the cheque made out in the defendant's name and deposited into the business account. The defendant's explanations were found improbable and inconsistent with the documentary evidence and conduct of the parties. The loan was informal, intended to assist the defendant, and was repayable on demand. The plaintiff demanded repayment in August 2004, making the debt due and payable from that date. Interest at 12% is recoverable from the date of demand, as per the agreement. The plaintiff proved her claim on a balance of probabilities.
Obiter and limits
- The informal nature of family loans does not preclude enforceability if the essential terms are established.
- The absence of formal financial statements does not negate the existence of a loan where other evidence is compelling.
Court disposition
Judgment for the plaintiff.
- The defendant must pay the plaintiff the amount of R 500,000.00.
- Interest at 12% per annum is payable on the amount of R 500,000.00 from the date of demand until date of payment.
- The defendant must pay the costs of the action.
Source and reliance status
High Courts - Gauteng
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
High Courts - Gauteng
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer: 937/2005
Datum: 12/05/2008
ONRAPORTEERBAAR
In die saak tussen:
ALETTA MARIA NEL EISERES
En
SUSANNA JOHANNA NEL VERWEERDERES
UITSPRAAK
BASSON, R
Die eiseres (hierna ook verwys as "Mev Nel") spreek haar gewese skoondogter, die verweerderes (hierna ook verwys as "Santie Nel"), aan vir die betaling van 'n bedrag van R 500 000,00 wat na bewering deur die eiseres aan die verweerderes geleen en voorgeskiet is, op die verweerderes se spesiale aandrang en versoek.
Die verweerderes ontken dat sy enige bedrag geld van die eiseres geleen het.
Die eiseres en haar seun, Mm Deon Nel (hierna ook verwys as "Deon Nel"), het in die eiseres se saak getuig en slegs die verweerderes het in haar eie saak getuig.
Die eiseres getuig dat sy gedurende die naweek van 15 tot 16 September 2001 deur die verweerderes genader is by haar huis te die plaas Klipdrif, distrik Ottosdal. Die eiseres het toe aan haar gemeld dat sy geld in die bedrag van R 500 000,00 by haar wou leen vir diesel aankope. Die onbetwiste getuienis is dat die verweerderes 'n diesel aankoop besigheid bedryf het onder die naam van Bloemhof Sand en Sement BK. Ek sal hieronder in meer besonderhede hierop terugkom. Die eiseres getuig dat Santie Nel aan haar gesê het dat sy tot 50c op 'n liter diesel kan verdien.
Die eiseres getuig dat sy ingewillig het om die geld aan die verweerderes te leen en dat sy met die bank aldus moes reëlings tref. Dit sou uit Mev Nel se BA rekening getrek word. Op Dinsdag 18 September 2001 is Mev Nel toe na die bank saam met die verweerderes en die tjek (bewysstuk A 91) is in haar teenwoordigheid aan die verweerderes uitgemaak, dit wil se, aan S J Nel (Santie Nel). Die tjek is toe oorhandig aan die verweerderes. Dit is gemeensaak dat die tjek getrek is by die Ottosdal FNB. Dit is verder gemeensaak dat die verweerderes die tjek inbetaal het op die bankrekening van Bloemhof Sand en Sement BK op 19 September 2001 (bewysstuk A92). Dit is verder ook gemeensaak (soos dit blyk uit die bankstate van Bloemhof Sand en Sement BK) dat daar 'n tjek van die BK van R 660 000,00 uitgeskryf is vir diesel aankope vanaf ene Solly Moosa op 21 September 2001 (bewysstuk A50).
Die verweerderes getuig dat sy nooit gevra het vir sodanige lening nie, dat sy eenvoudig die tjek van Deon Nel ontvang het, en dat Deon Nel aan haar opdrag gegee het om die tjek in te betaal op Bloemhof Sand en Sement BK se rekening. Sy getuig dat Mev Nel haar gebel het en toe wou hoor of hierdie besigheid wins maak. Sy beweer dat Deon Nel op die plaas teenwoordig was toe sy aldus geskakel is.
Dit is myns insiens uiters onwaarskynlik dat die tjek in die verweerderes se naam uitgemaak is indien sy dan nou nie vir die lening gevra het nie. Indien, soos die verweerderes wou voorgee, die lening deur Deon Nel van sy moeder aangevra is, sou die tjek klaarblyklik aan hom uitgemaak gewees het. Die verweerderes kan die toedrag van sake nie verder verduidelik nie en getuig dat Deon Nel aan haar meegedeel het dat "sy moeder dit so wou hê". Die verweerderes het egter nooit verder navraag gedoen waarom die tjek aan haar uitgemaak is nie. Dit vind ek ook onwaarskynlik aangesien (gegewe dat sy getuig dat sy geen lening ontvang het nie) die verweerderes nietemin navraag sou gedoen het toe dit aan die lig gekom het dat haar gewese skoonmoeder 'n lening van haar terugeis. Dit is ook onwaarskynlik dat haar "skoonmoeder" haar sou bel indien Deon Nel dan by haar teenwoordig was en self kon verduidelik het wat die toedrag van sake rondom die lening en die besigheid se winste is.
Die getuienis van Santie Nel sowel as Deon Nel was dat hulle gesamentlik die besigheid bedryf het. Deon Nel was die enigste lid van die BK en het ook later in Desember 2004 die BK gelikwideer omrede Santie Nel tjeks uitgeskryf het vir eiendomsaankope waarvan hy nie geweet het nie. Die besigheid is vanaf 2000 tot 2004 bedryf as diesel handelaar (nadat tevore in sand, klip en sement handel gedryf is) onder die naam "Prima Diesel". Deon Nel moes ook uiteindelik toegee dat hy aan die begin van die diesel aankoop/verkoop besigheid sowel as later self daarby betrokke was. Hy het ook van die. inkomste aangewend om sy ander besighede (boedery en delwery) te befonds. Later getuig hy dat hy wel van hierdie geld terugbetaal het. Santie Nel het egter die daaglikse administrasie van die besigheid behartig; ook die aankoop en verkoop van diesel en het toegegee dat sy in beheer was van die besigheid. Die besigheid het immers ontstaan nadat sy en 'n vriendin vir 'n wyle dit op hul eie aangepak het, met Deon Nel se finansiële ondersteuning. Dit is gevolglik nie onwaarskynlik dat die verweederes self om 'n lening by haar skoonmoeder aangeklop het nie. Deon Nel se getuienis dat sy moeder ook aan sy ander broers en skoonsuster geld geleen het is nooit betwis nie. Verder het die verweerderes erken dat sy van die winste van die besigheid geneem het om vir die gemeenskaplike huishouding se uitgawes te betaal.
'n Uiters belangrike aanduiding dat die verweerderes wel geld geleen het by die eiseres wat sy moes terugbetaal is die feit dat sy 'n huis aangebied het tydens onderhandelinge in ruil vir die lening. Hierdie belangrike aspek waaroor die eiseres getuig het is nooit betwis nie.
Die vraag is na die aard van die lening. Die eiseres getuig dat dit bespreek is tydens die plaasbesoek van Santie Nel maar later gesê dit is eers bespreek toe hulle teruggery het vanaf die bank. Die eiseres het egter getuig dat die lening op aanvraag terugbetaal moes word en dat sy inderdaad in Augustus 2004 die verweerderes aangemaan het om te betaal.
Daar moet in gedagte gehou word dat die lening van 'n informele aard was. Dit was klaarblyklik 'n lening om 'n skoondogter (die eiseres het toe nie geweet dat Deon Nel en Santie Nel reeds in 1995 geskei is nie) te help. Op die waarskynlikhede was dit inderdaad die ooreenkoms. Die lening was naamlik gemaak om die "skoondogter" te help aangesien sy geld nodig gehad het. Ander kinders en skoondogter is ook gehelp met lenings. Die eiseres was deurgaans 'n bejaarde dame (is in 2008 reeds 81 jaar oud) en dit is waarskynlik dat sy haar sake agtermekaar wil kry, insluitende haar testament. Dit verklaar ook waarom die eiseres getuig het dat daar op verskeie geleenthede oor terugbetaling gepraat is maar dat sy eers in 2004 dit "finaal" gedoen het.
Ten spyte van die feit dat Deon Nel en Santie Nel reeds in 1995 geskei is, het hulle weer telkemale opgemaak en saamgewoon soos man en vrou. Tydens 2001 het hulle volgens die getuienis gelukkig saamgewoon. Dit is dan ook waarskynlik dat Mev Nel (wat nie toe van die egskeiding geweet het nie) meer geneë sou wees om haar "skoondogter" te help. Dit verduidelik ook waarom die eiseres ook getuig het dat die lening terugbetaalbaar was wanneer dit vir die verweerderes moontlik is. In 2004 was daar egter struwelinge in die "huwelik" en is dit nie onwaarskynlik dat dit die eiseres (wat wel van die gesinsgeweld aansoek kennis gedra het) aangemoedig het om die lening op te eis nie.
Na uitreiking en betekening van die dagvaarding in die begin van 2005, het die Deon Nel en Santie Nel ook verso en vanaf Mei 2005 tot 2007. Hierna is 'n nuwe prokureur opdrag gegee om die eis voort te sit. Daar kan sydelings gemeld word dat dit duidelik is dat die eis nie verjaar het nie aangesien dit eers in Augustus 2004 met die aanmaning ontstaan het (die lening opeisbaar geword het) en dat verjaring deur die dagvaarding in 2005 gestuit is.
Daar is geargumenteer deur die verweerderes se regsverteenwoordiger dat bewysstuk A 79 sou aandui dat Deon Nel inderdaad die R 500 000,00 geleen is aangesien daar by die eise wat deur Deon Nel ingestel word by likwidasie van Bloemhof Sand en Sement BK die woorde verskyn: "Kontantinbetaling om besigheid te begin verwys SARS": R 500 000,00. Deon Nel verduidelik dat dit kontant geld is wat hy by die ontstaan van die BK aan Bloemhof Sand en Sement geleen het. Hier word dan ook geen melding gemaak van 'n tjek nie. Aan die anderkant, is dit vreemd dat die verweerderes se lening aan die BK (sy het die geld inbetaal) nêrens weerspieël word nie. Daar moet egter in gedagte gehou word dat die finansiële state van die BK nie aan die Hof beskikbaar gestel is nie maar slegs bewysstuk A 79 wat te kripties bewoord is om enige ware betekenis weer te gee.
Om op te som is daar die volgende waarskynlikhede in die eiseres se guns, naamlik dat daar wel deur die eiseres aan die verweerderes geld geleen is in die vorm van 'n tjek van R 500 000,00 in 2001.
1 Die tjek is aan S J Nel, die verweerderes, uitgemaak.
2. Die verweerderes het self die tjek inbetaal by Bloemhof Sand en Sement BK. Dit was gemeensaak dat dit geskied het sonder die eiseres se medewete.
3. Die tjek is inderdaad aangewend om diesel aankope deur Bloemhof Sand en Sement BK te doen.
4 Die verweerderes was aan die roer van sake by Bloemhof Sand en Sement BK, veral by aankope en verkope van diesel. Dienooreenkomstig het die verweerderes ook tekenregte op die rekening van die besigheid gehad.
5 Die verweerderes ontvang van die winste van die diesel verkope.
6 Die eiseres lê en gereeld geld aan haar kinders ingeslote 'n ander skoondogter en het dan ook reeds van hierdie lenings teruggevra.
7 Tydens skikkingsonderhandelinge bied die verweerderes 'n huis aan vir die eiseres as terugbetaling van die lening.
Die waarskynlikhede in hierdie saak is aldus sodaning dat daar tot die gevolgtrekking geraak kan word dat die eiseres haar saak op 'n oorwig van waarskynlikhede bewys het, dit wil se, dat die eiseres inderdaad R 500000,00 aan die verweerderes geleen het in 2001, welke lening op aanvraag terugbetaalbaar was aan die eiseres. Sodanige aanmaning het in Augustus 2004 geskied.
Wat rente betref kan die eiseres nie meer rente verhaal as wat sy oor getuig het die ooreenkoms was nie. Voorlopig sou geen rente betaalbaar wees nie en rente sou teen 12% geëis kon word vanaf die datum van aanmaning.
Ek maak die volgende bevel:
1. Die verweerderes moet die bedrag van R 500 000,00 aan die eiseres betaal.
2. Rente is betaalbaar op die bedrag van R 500 000,00 en word bereken op 12% vanaf datum van aanmaning tot op datum van betaling.
3. Die verweerderes moet die koste van die geding betaal.
D A BASSON
REGTER V AN DIE HOOGGEREGSHOF
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.