Nicolaisen v Nicolaisen (5259/2009) [2009] ZAFSHC 112 (5 November 2009)
The court found that the amendment to section 37D of the Pension Funds Act, specifically subsection (4)(d), clearly provides for retrospective application to divorce orders granted before 13 September 2007. This legislative change overrides the previous interpretation in Kirchner v Kirchner, which denied...
Source-derived case information.
- Citation
- [2009] ZAFSHC 112
- Parties
- Applicant: Nicolai Peter Nicolaisen; Applicant: Judith Aletta Nicolaisen
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 5259/2009
- Procedural Posture
- Urgent Application / Application for Pension Interest Allocation Order Post Divorce
- Outcome
- Application granted. The first applicant's pension interest in Old Mutual policy number 9041381 as at the date of divorce is allocated 100% to the second applicant. Costs awarded against the first applicant.
- Judges
- A Kruger
- Legal Topics
- Divorce Pension Interest, Retrospective Application of Statute, Section 7 8 Divorce Act, Section 37d Pension Funds Act
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Nicolai Peter Nicolaisen
Applicant
Judith Aletta Nicolaisen
Applicant
Procedural Posture
Urgent Application / Application for Pension Interest Allocation Order Post Divorce
Legal Issues
- 1 Whether section 37D(4) of the Pension Funds Act applies retrospectively to divorce orders granted before 13 September 2007.
- 2 Whether the applicants are entitled to an order allocating 100% of the first applicant's pension interest to the second applicant as at the date of divorce.
- 3 Whether the previous decision in Kirchner v Kirchner remains applicable after the amendment to section 37D.
Ratio Decidendi
The court found that the amendment to section 37D of the Pension Funds Act, specifically subsection (4)(d), clearly provides for retrospective application to divorce orders granted before 13 September 2007. This legislative change overrides the previous interpretation in Kirchner v Kirchner, which denied retrospective effect. The applicants, having divorced in 2002, are now entitled to have 100% of the first applicant's pension interest in the specified Old Mutual policy allocated to the second applicant as at the date of divorce. The court granted the relief sought, ordering the pension fund and its administrator to record and pay the allocated interest to the second applicant, and...
Court Disposition
Application granted. The first applicant's pension interest in Old Mutual policy number 9041381 as at the date of divorce is allocated 100% to the second applicant. Costs awarded against the first applicant.
Orders
- 100% of the first applicant's pension interest in Old Mutual policy number 9041381 as at 15 August 2002 is allocated to the second applicant in terms of section 7(8)(a) of the Divorce Act 70 of 1979 read with section 37D of the Pension Funds Act 24 of 1956, as amended.
- The Registrar of this Court must immediately notify Old Mutual Insurance Company to record that 100% of the first applicant's pension interest in policy number 9041381 is payable to the second applicant.
Full Case Text
Judgment text and source record
33 paragraphs
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr. : 5259/2009
In die aansoek van:-
NICOLAI PETER NICOLAISEN 1ste Applikant
JUDITH ALETTA NICOLAISEN 2de Applikant
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP: 29 OKTOBER 2009
UITSPRAAK DEUR: A. KRUGER, R
GELEWER OP: 5 NOVEMBER 2009
[1] Applikante, wat in 2002 geskei is, doen aansoek om ân bevel ingevolge artikel 7(8) van die Wet op Egskeiding, 70 van 1979, saamgelees met artikel 37D van die Wet op Pensioenfondse, 24 van 1956, soos gewysig, dat eerste applikant 100% van die opbrengs van sy pensioenbelang in ân polis, soos op datum van egskeiding, aan tweede applikant laat toekom.
[2] Artikel 37D(1)(d) van die Wet op Pensioenfondse is bygevoeg deur artikel 28(b) van Wet 11 van 2007, wat op 13 September 2007 in werking getree het. KIRCHNER v KIRCHNER AND ANOTHER 2009 (4) SA 448 (W) het met artikel 37D(1)(d) gehandel soos wat dit op 10 Junie 2008 (toe die Kennisgewing van Mosie uitgereik is) gelees het. In KIRCHNER was die egskeiding op 7 Augustus 2007, dus voordat artikel 37D(1)(d) op 13 September 2007 in werking getree het en die hof beslis dat artikel 37D(1)(d) nie terugwerkende krag het nie en wys die aansoek af. Ná die KIRCHNER-beslissing is artikel 37D gewysig.
[3] Artikel 37D(4)(d) lees soos ingevoeg deur artikel 16(c) van Wet 22 van 2008 met ingang van 1 November 2008:
â(4) (a) By die toepassing van artikel 7 (8) (a) van die Wet op Egskeiding, 1979 (Wet No. 70 van 1979), word die gedeelte van die pensioenrente ingevolge ân egskeidingsbevel of bevel vir die ontbinding van ân gebruiklike huwelik aan die nie-lid eggenoot toegewys, geag die lid toe te val op die datum waarop die egskeidingsbevel of bevel vir die ontbinding van ân gebruiklike huwelik toegestaan word, en, by die skriftelike voorlegging van die hofbevel deur die nie-lid eggenoot â
.....
(d) Enige gedeelte van die pensioenrente toegewys aan die nie-lid eggenoot ingevolge ân egskeidingsbevel of bevel vir die ontbinding van ân gebruiklike huwelik toegestaan voor 13 September 2007 word by die toepassing van enige wet behalwe die Inkomstebelastingwet, 1962, met inbegrip van, maar nie beperk nie tot, artikel 7 (8) (a) van die Wet op Egskeiding, 1979, geag opgeloop te wees aan die lid op 13 September 2007 en moet ooreenkomstig paragrawe (a) en (b) betaal of oorgedra word.â
[4] Hierdie bewoording maak dit duidelik dat artikel 37D(4) terugwerkende krag het, wat die uitwerking van die KIRCHNER-saak neutraliseer â sien Schäfer, Family Law Service, Afdeling D, bl. 18 en 19 en Van Niekerk, A Practical Guide to Patrimonial Litigation in Divorce Actions, bl. 7-9.
[5] Die applikante is geregtig op die regshulp soos deur hul versoek.
[6] Bevel:
1. Een honderd persent (100%) van die eerste applikant se pensioenbelang in Ou Mutual polisnommer 9041381 soos op datum van egskeiding synde 15 Augustus 2002, word aan die tweede applikant toegewys in terme van die bepalings van artikel 7 (8) (a) van die Wet op Egskeiding, Wet 70 van 1979, saamgelees met die bepalings van artikel 37D van die Wet op Pensioenfondse van 1956, soos gewysig.
2. Die Griffier van hierdie Hof moet ooreenkomstig die bepalings van artikel 7 (8) (a) (ii) van die Wet op Egskeiding, Wet 70 van 1979, onverwyld die Ou Mutual
Versekeringsmaatskappy (âdie pensioenfondsâ) in kennis moet stel dat ân aantekening in sy rekords gemaak moet word dat:
2.1 een honderd persent (100%) van die eerste applikant se pensioenbelang in Ou Mutual polisnommer 9041381 aan die tweede applikant betaalbaar is.
2.2 die administrateur van daardie pensioenfonds, binne een maand na ontvangs van sodanige kennisgewing, skriftelike bewys van sodanige aantekening aan die Griffier moet lewer.
3. Die Ou Mutual Versekeringsmaatskappy binne sestig dae na die betekening op hom van hierdie bevel, die eerste applikant se pensioenbelang in Ou Mutual polisnommer 9041381, direk aan die tweede applikant moet betaal.
4. Die eerste applikant die koste van hierdie aansoek moet betaal.
____________
KRUGER, R
Namens die applikante: Adv. C.A. Human
In opdrag van:
Vermaak & Dennis
BLOEMFONTEIN
/sp