Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Oliphant v Oliphant (3690/05) [2007] ZAFSHC 27 (15 March 2007)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the defendant, due to her poor health and lack of earning capacity, is entitled to bridging maintenance from the plaintiff for a limited period. The plaintiff, despite his claims, was found to have potential earning capacity, particularly with access to a vehicle that could generate income. The marriage lasted approximately six years, and the defendant had a long work history before resigning to relocate with the plaintiff. The court exercised its discretion to order maintenance for twelve months, considering the need to bridge the period until the division of the joint estate is finalized. The joint estate is to be divided by an appointed receiver, and each party is to pay their own costs.

Court disposition

Divorce granted; maintenance awarded to defendant for twelve months; joint estate to be divided by appointed receiver; each party to pay own costs.

Orders

  • A decree of divorce is granted.
  • The plaintiff is ordered to pay maintenance to the defendant in the amount of R350.00 per month for a period of twelve (12) months, with the first payment due on or before 1 March 2007 and subsequent payments on or before the first day of each following month.
  • The joint estate is to be divided between the parties; Mr. L.A. Roux of Maroka Attorneys, Bloemfontein, is appointed as receiver and divider of the joint estate, with specified powers and duties.
  • The costs, fees, and remuneration of the receiver and divider are to be paid from the joint estate.
  • The Registrar is directed to provide a copy of this judgment to the appointed receiver and divider.
  • Each party is ordered to pay their own legal costs.

02

Material facts

Parties

Cornelius Oliphant

Plaintiff Counsel: Adv. P. Greyling

Caroline Magdalena Oliphant

Defendant

Amounts and remedies

  • Monthly Maintenance Awarded to Defendant: ZAR 350
  • Defendant's Monthly Disability Pension: ZAR 800
  • Duration of Maintenance (months): ZAR 12

03

Procedural history

  1. Posture

    Divorce Application / Final Judgment

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The plaintiff argued that he has no maintenance obligation towards the defendant due to his lack of financial means and earning capacity. He contended that he does not have sufficient income or assets to pay maintenance and that the marriage was of average duration. In the alternative, if maintenance is ordered, it should be for a limited period only.
Respondent
The defendant maintained that the plaintiff does have earning capacity and generates more monthly income than he disclosed. She argued that, given her poor health and inability to work, the plaintiff should be ordered to pay maintenance to her for a bridging period. She also disputed the plaintiff's financial disclosures and claimed entitlement to maintenance and a fair division of the joint estate.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Schäfer, Family Law Service, Section C, para. C27, p. 22

    In divorce proceedings, the court may consider the existing or prospective means of each party, their respective earning capacities, financial needs and obligations, age, duration of marriage, standard of living prior to divorce, conduct relevant to the breakdown, division of assets, and any other factor the court deems relevant. The court's discretion in awarding maintenance is absolute.

  2. 02

    Uniform Rules of Court, Rule 43

    Maintenance pendente lite may be ordered under Rule 43, and failure to comply may be taken into account in the division of the joint estate.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the defendant, due to her poor health and lack of earning capacity, is entitled to bridging maintenance from the plaintiff for a limited period. The plaintiff, despite his claims, was found to have potential earning capacity, particularly with access to a vehicle that could generate income. The marriage lasted approximately six years, and the defendant had a long work history before resigning to relocate with the plaintiff. The court exercised its discretion to order maintenance for twelve months, considering the need to bridge the period until the division of the joint estate is finalized. The joint estate is to be divided by an appointed receiver, and each party is to pay their own costs.

Obiter and limits

  • The court noted that the plaintiff's explanation regarding his limited use of the Venture vehicle for income generation was improbable given the context and potential for greater earnings.
  • The receiver and divider of the joint estate should consider any outstanding maintenance or Rule 43 arrears when distributing assets.
  • The defendant's inability to afford legal representation and the frustration of proper legal process were acknowledged as factors in the case.

Court disposition

Divorce granted; maintenance awarded to defendant for twelve months; joint estate to be divided by appointed receiver; each party to pay own costs.

  • A decree of divorce is granted.
  • The plaintiff is ordered to pay maintenance to the defendant in the amount of R350.00 per month for a period of twelve (12) months, with the first payment due on or before 1 March 2007 and subsequent payments on or before the first day of each following month.
  • The joint estate is to be divided between the parties; Mr. L.A. Roux of Maroka Attorneys, Bloemfontein, is appointed as receiver and divider of the joint estate, with specified powers and duties.
  • The costs, fees, and remuneration of the receiver and divider are to be paid from the joint estate.
  • The Registrar is directed to provide a copy of this judgment to the appointed receiver and divider.
  • Each party is ordered to pay their own legal costs.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2007] ZAFSHC 27

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANGE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Saak Nr. : 3690/05

In die saak tussen:-

CORNELIUS OLIPHANT Eiser

en

CAROLINE MAGDALENA OLIPHANT Verweerderes

(Gebore Jones)

_____________

CORAM: VAN

ZYL R

AANGEHOOR OP: 26 JANUARIE 2007

GELEWER OP: 2 FEBRUARIE 2007

[1] In hierdie eskeidingsaksie het eiser verweerderes gedagvaar vir ‘n bevel van egskeiding en gepaardgaande regshulp. Verweerderes het ‘n verweerskrif en voorwaardelike teeneis geliasseer, waarin sy ontken het dat die huweliksverhouding tussen die partye onherstelbaar verbrokkel het, maar indien dit bevind sou word dat die huwelik wel onherstelbaar verbrokkel het, het sy insgelyks ‘n bevel van egskeiding en aanverwante regshulp gevorder.

[2] Eiser is gedurende die hofverrigtinge deur ‘n advokaat verteenwoordig, synde Mnr. Greyling. Hoewel verweerderes aanvanklik gedurende die liassering van haar pleitstukke regsverteenwoordiging geniet het, het haar prokureur van rekord vroeër onttrek en het sy by die aanvang van die hofverrigtinge aangedui dat aangesien sy nie oor fondse beskik om ‘n prokureur te bekom nie en sy nie vir regshulp kwalifiseer nie, sy wens met die verhoor voort te gaan en haar eie saak te behartig.

[3] Hoewel daar aanvanklik op die pleitstukke meerdere geskilpunte tussen die partye bestaan het, het dit by die aanvang van die verrigtinge geblyk dat die partye dit nou eens is dat ‘n bevel van egskeiding verleen moet word, dat die verdeling van die gemeenskaplike boedel daarop moet volg en dat elke party gelas behoort te word om sy eie koste te betaal. Die enigste vordering wat steeds in dispuut is en gevolglik deur my bereg moet word, is verweerderes se vordering van onderhoud vir haarself in die bedrag van R1 000,00 per maand as oorbruggingsonderhoud vir ‘n termyn van 12 maande na datum van die verlening van die egskeiding. Hierdie vordering is deur eiser teengestaan op die basis dat hy in die gegewe omstandighede, nie enige onderhoudsplig jeens verweerderes het nie en in ieder geval nie oor die finansiële vermoë beskik om enige onderhoud aan verweerderes te betaal nie.

[4[ Wat die verdeling van die gemeenskaplike boedel betref, meen ek dat dit doelmatig is om reeds op hierdie stadium te vermeld dat ek by die aanvang van die verrigtinge meegedeel is dat die partye nie in staat is om ‘n ooreenkoms te bereik met betrekking tot die wyse waarop die gemeenskaplike boedel tussen hulle verdeel moet word nie en dat hulle voorsien dat hulle ook nie na lewering van hierdie uitspraak hierop sal kan ooreenkom nie. Ek het gevolglik gedurende die verhoor voorgestel dat die partye moes poog om ‘n ooreenkoms te bereik met betrekking tot die aanstelling van ‘n onafhanklike prokureur as ontvanger en verdeler van die gemeenskaplike boedel, welke ooreenkoms dan deur my by die hofbevel geïnkorporeer kan word ten einde te verhoed dat daar in die toekoms onnodig verdere regskoste spandeer moet word ten einde ‘n aansoek te bring vir die aanstelling van sodanige ontvanger en verdeler. Die partye het wel aldus ooreengekom en is ek deur Mnr. Greyling in besit gestel van ‘n konsepbevel waarin die partye ooreengekom het dat ene Mnr. L.A. Roux van die firma Maroka Prokureurs, Bloemfontein, aangestel word as ontvanger en verdeler van die gemeenskaplike boedel van die partye en welke konsepbevel ook ‘n uiteensetting bevat het van die magte, funksies en verpligtinge van die ontvanger en verdeler. Verweerderes het op my navraag bevestig dat sy toestem daartoe dat hierdie ooreenkoms by die onderhawige bevel geïnkorporeer word.

[5] Beide eiser en verweerderes het persoonlik getuig. Uit hulle getuienis het die volgende aspekte geblyk gemeensaak te wees. Die partye is met mekaar getroud op 1 Mei 1999 in gemeenskap van goedere. ‘n Afskrif van die huweliksertifikaat is ingehandig as bewysstuk “A”. Hoewel eiser kinders het en verweerderes ‘n 15-jarige dogter het, het die partye nie gesamentlik enige kinders gehad nie. Volgens eiser het die huweliksverhouding tussen die partye onherstelbaar verbrokkel en soos reeds vroeër hierin aangedui, gee verweerderes toe dat sy bereid is om dit so te aanvaar. Eiser was aanvanklik by Stellenbosch Boerewynmakery Vereniging werksaam, welke werk hy gedurende 2001 verlaat het en ‘n pensioen-uitbetaling op daardie stadium aan hom gemaak is. Die partye het gedurende 2002 verhuis vanaf Bloemfontein na Springfontein waar eiser van sy pensioengeld gebruik het om ‘n snoepwinkel te begin, welke winkel opgerig en bedryf is op die perseel van sy skoonma. Voormelde winkel het egter finansieel nie die mas opgekom nie en is die besigheid gesluit. Nadat die winkel nie finansieel die mas kon opkom nie, was die perseel aanvanklik verhuur en het die partye die huurinkomste ontvang. Tans word die perseel egter nie verhuur nie en omdat die perseel op die eiendom van verweerderes se skoonma is, het nie een van die partye werklik beheer en/of seggenskap daaroor nie.

Ten tyde van hulle huweliksluiting was verweerderes werksaam as bestuurderes by Diamond Express te Bloemfontein. Gedurende 2002 het sy egter bedank ten einde ook voltyds Springfontein toe te verhuis saam met eiser. Wie die inisieerder vir haar bedanking was, is in dispuut en sal ek hieronder daarna terugkeer. Voordat sy as sulks by Diamond Express begin werk het, was sy meer as 13 jaar by Bayswater Supermark te Bloemfontein as kassiere werksaam. Tot en met haar bedanking by Diamond Express gedurende 2002 was sy haar hele lewe lank werksaam. Verweerderes het standerd 7 op skool geslaag, waarna sy genoodsaak was om skool te verlaat vanweë die feit dat hulle baie kinders was en sy dus finansieel verplig was om te begin werk. Nadat sy bedank het en na Springfontein verhuis het, was sy ‘n huisvrou.

Die partye woon sedert Julie 2005 nie meer as man en vrou saam nie en is verweerderes tans te die gemeenskaplike woning te Springfontein saam met haar 15-jarige dogter woonagtig, Die partye het gedurende 2003 die gemeenskaplike woning te Van Riebeekstraat 29, Springfontein, aangekoop vir die bedrag van R50 000,00 welke eiendom in beide partye se name geregistreer is en binne die gemeenskaplike boedel val. Eiser is tans in ‘n huis te Lekaystraat 43, Heidedal, Bloemfontein woonagtig. Volgens eiser is die munisipale waardasie van hierdie eiendom die bedrag van R22 000,00 en plaas verweerderes dit nie in dispuut dat dit die waarskynlike markwaarde van die tersaaklike eiendom is nie. Ek keer hierinlater weer terug na die “status” van hierdie laasgenoemde eiendom. Gedurende Julie 2005 het eiser ‘n huurmotorlisensie verkoop aan ene Mnr. Asmund Stone vir die bedrag van R12 000,00. Die partye is dit eens dat R5 000,00 ten opsigte daarvan ontvang is en deur die partye gebruik is ten einde vir die begrafnis van ‘n seun van eiser te betaal. Daar bestaan egter ‘n dispuut tussen die partye met betrekking tot die oorblywende R7 000,00 en sal ek ook hierinlater daarmee handel.

Die partye is dit voorts eens dat eiser oor die gebruik van ‘n Venture voertuig beskik en dat daar ook ‘n karavaan geparkeer staan by die huis te Heidedal waar eiser woonagtig is, maar is die eienaarskap van hierdie twee voertuie ook in dispuut.

Eiser is byna 59 jaar oud, ontvang dus geen pensioen nie en beklee nie ‘n vaste betrekking nie. Verweerderes is 45 jaar oud, beklee geen betrekking nie, maar ontvang vanweë swak gesondheid ‘n maandelikse ongeskiktheidspensioen ten bedrae van R820,00 per maand, ten opsigte waarvan R20,00 vir koste aangewend word en sy gevolglik die netto bedrag van R800,00 per maand.

[6] Die wesenlike aspekte wat in dispuut is tussen die partye, slaan op die bate- en verdere finansiële posisie van die partye. Ek gaan na die belangrikste hiervan verwys. Volgens eiser het sy pensioenuitbetaling wat hy ontvang het reeds gedurende 2003 uitgeput geraak nadat hy herhaaldelik fondse daaruit in die winkel aangewend het, maar sonder suksesvolle opbrengs. Hierdie bewering word nie deur verweerderes erken nie, aangesien sy beweer dat sy nooit insae in eiser se finansiële posisie ten opsigte van sy pensioenuitbetaling gehad het nie. Wat die gemeenskaplike huis te Springfontein betref, is eiser van mening dat die huidige markwaarde daarvan tussen R50 000,00 en R60 000,00 beloop. Verweerderes het getuig dat die munisipale waardasie ten opsigte van die eiendom R100 000,00 beloop, welke bewering nie deur eiser betwis kon word nie. Wat die woning te Heidedal betref, is daar ‘n groot dispuut tussen partye ten opsigte daarvan. Volgens eiser het sy oorlede vader die huis gedurende 1960 gebou en is daar in ‘n testament bepaal dat eiser die huis sou erf. Gedurende 1985, kort voordat sy vader oorlede is, het sy vader klaarblyklik mondelings aangedui dat hy wens dat die huis moet vererf aan eiser en sy twee broers in gelyke dele. Die testament is egter nie dienooreenkomstig verander voor sy vader se afsterwe nie. Tot op hede is die registrasie van die eiendom ook nog nie in

enige opsig gewysig nie en is die huis tans nog geregistreer op naam van die Mangaung Plaaslike Oorgangsraad. Die bewering dat die huis aan die drie broers moes vererf, word deur verweerderes ontken. Volgens haar is dit eers sedert die egskeidingsaksie aanhangig gemaak is dat die ander twee broers van eiser se beweerde belang in die huis ter sprake gekom het. Sy het voorts getuig dat die een broer in ieder geval ook oorlede is en dit gevolglik slegs eiser en sy een broer is wat tans nog in lewe is. Toe die partye nog in Springfontein woonagtig was, is die huis en twee agterste kamers ten opsigte daarvan uitverhuur en is die bedrag van R1 540,00 ten opsigte daarvan per maand as huurinkomste ontvang. Eiser beweer egter dat hy slegs R540,00 ten opsigte daarvan ontvang het en dat die res daarvan tussen sy twee broers verdeel is. Tans word slegs een van die agterste kamers verhuur teen die bedrag van R180,00, welke bedrag wel deur eiser ontvang word, maar, aldus sy getuienis, vir doeleindes van die betaling van die munisipale rekening aangewend word met goedkeuring van sy broer. Hierdie inkomste gaan ook aan die einde van die maand verval, aangesien sy een dogter dan daardie kamer gaan betrek. Daarna sal hy geen huurinkomste meer uit die huis of die agterste kamers ontvang nie.

Eiser se huidige maandelikse inkomste is ‘n groot punt van dispuut tussen die partye. Wat betref die Venture voertuig wat hy tot sy beskikking het, is die partye dit eens dat die voertuig die partye se gemeenskaplike voertuig was toe hulle nog bymekaar woonagtig was. Volgens eiser is hierdie 1994 model Venture gedurende 2005 aan sy neef, A.S. Oliphant, verkoop vir die bedrag van R8 000,00 en is die Venture ook in die naam van Mnr. A.S. Oliphant geregistreer. Sy neef stel slegs die voertuig vir sy gebruik tot sy beskikking. Hoewel die voertuig voltyds by eiser se huis geparkeer is en voltyds tot sy beskikking is, wend hy dit, aldus hom, slegs op beperkte wyse aan om ‘n inkomste te genereer deurdat hy Saterdae begrafnisondernemers behulpsaam is met die hantering van begrafnisse ten opsigte waarvan hy wat eiser is slegs die bedrag van R25,00 per Saterdag vanaf sy neef ontvang vir hierdie werk verrig. Hy beweer gevolglik dat hy slegs R100,00 per maand inkomste hieruit genereer en dat sy drie dogters en sy oudste kleinseun andersins in sy finansiële behoeftes voorsien. Dit is verweerderes se getuienis dat die beweerde verkoop van die Venture voertuig aan eiser se neef slegs `n skyntransaksie is en dat sy van mening is dat wanneer die egskeiding afgehandel is, eiser net weer die voertuig sal “terugneem” as sy eiendom. Sy het ook gedurende haar getuienis beweer dat eiser die

voertuig op meer gereelde basis gebruik ten einde persone teen vergoeding te vervoer, ook op ver afstande. Aldus haar verdien hy derhalwe ‘n baie groter inkomste uit die gebruikmaking van die Venture as deur hom beweer, hoewel sy nie in ‘n posisie is om uit eie kennis aan te dui hoeveel hierdie inkomste volgens haar sou beloop nie. Verweerderes het ook getuig dat sy gedurende 2006 persoonlik waargeneem het dat eiser ‘n snoepie by Dr. Block Skool te Heidedal bedryf waar koeldrank ensovoorts aan die kinders verkoop word en dat hy dus hieruit ook `n inkomste verdien. Hierdie bewering is deur eiser ontken.

Met betrekking tot die beweerde uitstaande bedrag van R7 000,00 ten opsigte van die huurmotorlisensie wat verkoop is, was dit eiser se getuienis dat die res van die geld ook ontvang is en eventueel alles vir die begrafniskoste van sy seun aangewend is. Hierdie bewering is deur verweerderes ontken en het sy getuig dat die addisionele kostes bo en behalwe die R5 000,00 wat reeds betaal was, gedelg is uit bydraes van vriende en familielede. Volgens haar behoort eiser gevolglik hierdie geld tot sy beskikking te hê en/of nog geregtig wees daarop om dit te vorder vanaf Mnr. Stone.

Verweerderes het getuig en beweer dat die karavaan wat hierbo vermeld is, deur eiser aangekoop is vir die bedrag van R3 000,00 en dat dit sy eiendom is. Eiser het hierdie bewering ontken en beweer dat die aangekoop is vir R4 500,00 en dat dit inderdaad deur sy oorlede seun aangekoop is en op sy dogter se naam geregistreer is. Hy beweer gevolglik dat hy nie die eienaar daarvan is nie en dat die gemeenskaplike boedel derhalwe ook nie die eienaar daarvan is nie.

Met betrekking tot die omstandighede rondom die bedanking van verweerderes by Diamond Express het sy getuig dat eiser haar destyds verplig het om te bedank aangesien hy adamant was dat sy as sy vrou hom moes vergesel na Springfontein en voltyds saam met hom daar moes woon. Haar getuienis hieromtrent was tot dien effekte dat eiser selfs haar bedankingsbrief namens haar geskryf het en haar slegs aangesê het om dit te onderteken en aan haar destydse se bestuurder te oorhandig. Hierdie bewerings is deur eiser ontken. Hy het beweer dat hy tevrede sou wees daarmee om alleen in Springfontein te wees en dat hulle dan mekaar slegs naweke sou sien. Volgens hom was dit verweerderes wat nie hiermee tevrede was nie, aangesien sy hom daarvan verdink het dat hy onder daardie omstandighede buite-egtelike verhoudings te Springfontein sou aanknoop en het sy gevolglik uit eie bewering bedank. Volgens verweerderes het sy ongeveer R3 500,00 per maand verdien ten tyde van haar bedanking. Hierdie bewering is deur eiser ontken en was dit sy getuienis dat dit nader in die omgewing van R2 000,00 per maand was. Hierop was verweerderes se reaksie dat toe sy daar begin werk het gedurende 1999, sy reeds ongeveer R2 000,00 per maand verdien het en dat dit gevolglik beslis nie meer slegs R2 000,00 per maand was gedurende haar bedanking gedurende 2002 nie. Sy het verduidelik dat die bedankingskrywe wat, volgens haar getuienis, deur eiser geskryf was en waarvan sy ‘n kopie gehou het, sowel as sekere van haar salarisstrokies, gedurende die trekproses vanaf Bloemfontein na Springfontein weggeraak het en beskik sy gevolglik nie meer daaroor om dit aan die hof voor te lê nie.

Daar is ook getuienis aangebied deur verweerders van ‘n lewenspolis wat eiser sou uitgeneem het op sy oorlede seun se lewe, synde die seun wat gedurende 2005 oorlede is. Sy het gevolglik getuig dat na die beste van haar wete ‘n bedrag geld daaruit aan eiser uitbetaal moes gewees het. Eiser het egter getuig dat nadat sy seun oorlede is hy navraag gedoen het rondom hierdie polis, maar het dit geblyk dat die polis op ‘n vroeër stadium reeds verval het.

[7] Verweerderes het ook getuienis aangebied rondom haar swak gesondheidstoestand. Volgens haar het haar gesondheidsprobleme reeds gedurende 1999 begin en progressief erger geword. Sy ly aan verskeie mediese toestande ten opsigte waarvan sy kroniese medikasie ontvang. Sy moet tans mandeliks ‘n dokter te Bloemfontein besoek en ‘n professor, ook te Bloemfontein, elke ses maande. Gedurende Maart 2006 en weer gedurende Augustus 2006 het sy twee groot operasies ondergaan. Gedurende kruisverhoor het dit geblyk dat sy, onder andere, kanker in haar vroulike organe het en is die operasies wat uitgevoer is ook ten opsigte hiervan uitgevoer. Sy het getuig dat sy nie lank kan staan nie, want dan word haar bene lam. Sy het ook ‘n ligte beroerte-aanval al gehad en ondervind sy ook hartprobleme. Dit was haar getuienis dat sy vanweë haar gesondheidsprobleme fisies nie in staat is om op enige wyse die arbeidsmark te betree ten einde ‘n inkomste te genereer nie. Toe sy gedurende kruisverhoor gefronteer is met stellings dat indien dit werklik nodig is sy wel fisies in staat sal kan wees om te werk, het sy verduidelik dat sy sommige dae nie eers uit haar bed kan opstaan nie en dat haar dogter haar dan moet versorg. Sy het volhard daarmee in kruisverhoor dat sy nie in staat is om enige inkomste uit enige werksaamhede te genereer nie.

[8] Dit het in wese die getuienis voltooi. Mnr. Greyling het gedurende betoog aangevoer dat ek behoort in ag te neem dat die partye nie baie lank met mekaar getroud was nie, dat eiser op die getuienis nie oor enige behoorlike maandelikse inkomste beskik nie, dat hy ook nie werklik oor ‘n verdienvermoë beskik nie en dat hy gevolglik nie gelas behoort te word om onderhoud aan verweerderes te betaal nie. In die alternatief het Mnr. Greyling betoog dat indien ek sou bevind dat hy wel onderhoudspligtig jeens verweerderes is, sodanige onderhoud slegs vir ‘n vasgestelde tydperk behoort te wees soos reeds voorsien in verweerderes se voorwaardelike teeneis.

Verweerderes het gedurende haar betoog volhard daarmee dat eiser wel oor ‘n verdienvermoë beskik, dat hy wel ‘n groter maandelikse inkomste genereer as wat deur hom aan die hof voorgehou is en dat hy gegewe die feite en omstandighede wel gelas behoort te word om onderhoud aan haar te betaal.

[9] Ek meen dat dit ook nodig is om te vermeld dat my kollega, Cillié R, op 2 Februarie 2006 in ‘n bestrede Reël 43 aansoek tussen die partye gelas het dat respondent (eiser) onderhoud pendente lite aan die applikante (verweerderes) moet betaal teen R750,00 per maand, dat respondent ‘n bydra tot applikant se kostes moes maak in die bedrag van R1 500,00 betaalbaar teen R250,00 per maand en dat voormelde betalings moes geskied voor of op die laaste dag van elke maand, die eerste betaling welke gemaak moes word voor of op 28 Februarie 2006. Dit het gedurende die getuienis geblyk en is dit gemeensaak tussen die partye dat eiser nie enige van voormelde betalings aan verweerderes gemaak het nie. Volgens sy getuienis het hy dit nie betaal nie, aangesien hy nie oor die finansiële vermoë ten opsigte daarvan beskik nie.

[10] Hoewel die beginsels met betrekking tot die betaling van onderhoud, al dan nie, en die vasstelling van die bedrag daarvan, geyk is, meen ek dit is doelmatig om dit tog hierin opsommenderwys te herhaal soos dit voorkom in Schäfer , Family Law Service, Afdeling C, par. C27 op p. 22:

“The divorce court may, in the absence of an order made in terms of a written agreement between the parties take certain factors into consideration in making a maintenance order; namely, the existing or prospective means of each of the parties, their respective earning capacities, financial needs and obligations, their age, the duration of the marriage, their standard of living prior to the divorce, their conduct insofar as it may be relevant to the breakdown of the marriage, an order for the division of assets and any other factor which in the court’s opinion should be taken into account. If the court decides to award maintenance, it is also these factors which will determine the quantum of maintenance. ........ That the court may consider ‘any other factor’ which in its opinion should be taken into account, highlights the fact that, although the court may have regard to the various factors its discretion is absolute.”

[11] Wanneer die feite en omstandighede van die onderhawige geval in ag geneem word, meen ek dat die volgende aspekte daarvan die meeste oorweging geniet. Hoewel die tydperk van ongeveer ses jaar waartydens die partye reeds getroud is inderdaad nie ‘n buitengewone lang tydperk is nie en bloot `n gemiddelde tydperk is, is dit na my mening steeds ‘n faktor wat beoordeel moet word teen die agtergrond van die verdere feite. Dit is verweerderes se onbetwiste getuienis dat sy sedert skoolverlating tot en met haar bedanking gedurende 2002 voltyds werksaam was. Hoewel dit in dispuut is of haar bedanking vrywillig of op aandrang van eiser was, meen ek dat haar bogemelde werksgeskiedenis aanduidend is daarvan dat sy waarskynlik onder dwang van eiser bedank het. Hoe dit ook al sy, meen ek dat dit nie werklik nodig is vir my om ‘n bevinding te maak met betrekking tot wie die inisiatief ten opsigte van haar bedanking geneem het nie. Na my mening is dit eerder belangrik om die feite wat nie in dispuut is hieromtrent nie, in oorweging te neem. Dit is tot die effek dat die verhuising na Springfontein duidelik eiser se inisiatief was, welke besluit hy geneem het op ‘n stadium wat hy getroud was met verweerderes en verweerderes te Bloemfontein werksaam was. Eiser het tog sekerlik voorsien dat dit dus eintlik ‘n logiese gevolg van sy besluit sou wees dat verweerderes eiser sou moes volg

na Springfontein en dus sou moes bedank. Nadat sy bedank het gedurende 2002 en haar by eiser in Springfontein aangesluit het, was sy voltyds huisvrou en het eiser haar tot en met die stadium wat hulle apart begin woon het gedurende Julie 2005, onderhou en verlief geneem daarmee dat sy ‘n voltydse huisvrou is en nie ‘n inkomste van haar eie genereer nie. Hierdie omstandighede inaggenome is ek van mening dat eiser nie nou skielik verweerderes sonder `n heenkome kan laat en bloot die houding kan hê dat hy nie ‘n onderhoudsplig, selfs al is dit net ‘n beperkte onderhoudsplig, jeens verweerderes het nie. Saam met dit moet in ag geneem word dat wat verweerderes betref blyk dit dat sy vanweë haar swak gesondheid op waarskynlikhede inderdaad nie oor enige verdienvermoë beskik nie. Dit is wel so dat sy die netto maandelikse ongeskiktheidspensioen ten bedrae van R800,00 verdien, maar spreek dit vanself dat dit nie voldoende is om in haar behoeftes te voldoen nie. Hierteenoor en hoewel eiser ouer as verweerderes is, blyk hy nog in goeie gesondheid te verkeer en het hy nog nie die gebruiklike aftree ouderdom van 65 oud jaar bereik. Gegewe die goeie betrekking wat hy vantevore beklee het, sowel as die inisiatief wat hy geneem het met die daarstelling van die winkel te Springfontein, is ek van mening dat hy inderdaad, ten minste nog vir ‘n aantal paar jaar, oor ‘n redelike

potensiële verdienvermoë beskik. Hiermee saam moet ek vermeld dat sy getuienis dat hy die Venture voertuig, hetsy dit nou sy eiendom of sy neef se eiendom is, voltyds tot sy beskikking het, maar slegs op beperkte basis op Saterdae aanwend om ‘n inkomste van R25,00 per week te verdien, op sigwaarde uiters onwaarskynlik voorkom. Ek meen dat die hof geregtelik daarvan kan kennis neem dat die woonbuurt en omgewing waarin eiser hom bevind, ‘n woonbuurt en omgewing is waar mense nie geredelik oor eie vervoer beskik nie en dikwels van betaalde geleenthede as vervoer wil gebruik maak. Na my mening maak eiser se weergawe dat hy hierdie Venture slegs so beperk gebruik, dus bloot nie sin op die waarskynlikhede nie. Ek is van mening dat hy waarskynlik die voertuig baie meer gereeld en aktief vir doeleindes van die generering van ‘n inkomste gebruik as wat hy aan die hof voorhou. Selfs indien hy tans nie die voertuig dermate aktief gebruik om ‘n behoorlike maandelikse inkomste te genereer nie, meen ek dat daar geen rede aan my voorgehou is as regverdiging waarom hy dit inderdaad nie doen nie. Ek is derhalwe van mening dat met die Venture tot sy beskikking soos deur hom getuig, hy die potensiaal het om ‘n baie meer behoorlike en substantiewe maandelikse inkomste daaruit te verdien. Dit het ook op geen stadium uit die getuienis geblyk dat sy neef, indien die Venture aan sy neef sou behoort, enige beswaar daarteen sou hê indien hy die Venture op meer aktiewe wyse vir doeleindes van ‘n inkomste sou aanwend nie.

Addisioneel tot voormelde neem ek ook sy getuienis in ag dat hy vantevore nog geld genereer het uit die verhuring van die agterste kamers van die huis te Heidedal, maar dat sy dogters nou hierdie kamers betrek het en/of gaan betrek en dat daardie maandelikse inkomste dus gaan verval. Hoewel ek uiteraard in beginsel geen probleem daarmee het dat sy dogters hul intrek by hom neem nie, meen ek egter dat dit nie as “verskoning” gebruik kan word waarom hy nou nie meer ‘n huurinkomste daaruit gaan genereer nie. Volgens sy eie getuienis onderhou sy dogters en sy oudste kleinseun hom finansieel. Indien dit so is, kan ek geen rede sien waarom hulle dan nie huurgeld aan hom kan betaal ten opsigte van die kamers wat hulle nou gaan betrek nie; alternatiewelik, dat hulle in ruil vir hul bewoning van die kamers hom finansieel help en bystaan vir sy persoonlike doeleindes sodat hy van die inkomste wat hy maandeliks genereer en/of behoort te kan genereer uit die gebruik van die Venture aan verweerderes kan betaal.

[12] In die vooropstelling en in die uitoefening van my diskresie gebaseer op die relevante feite en omstandighede is ek van mening dat eiser wel gelas behoort te word om onderhoud aan verweerderes te betaal. Ek is dit egter eens met Mnr. Greyling se alternatiewe betoog dat hierdie nie ‘n geval is wat ‘n onbeperkte termyn van betaling van onderhoud regverdig nie. Ek is van mening dat daar vir ‘n beperkte termyn onderhoud deur eiser aan verweerderes betaal moet word, onder andere om ook as oorbrugging te dien vir die tydperk wat dit gaan neem vir die afhandeling van die verdeling van die boedel en die finansiële voordeel wat verweerderes waarskynlik daaruit sal ontvang. Wat die bedrag van die onderhoud betref, is dit uiteraard baie moeilik om daardie vasstelling te maak gegewe die vaagheid van die beskikbare getuienis en gegewe die feit dat die berekening gemaak word meer op die basis van die potensiële verdienvermoë van die eiser as op die basis van beskikbare getuienis van wat hy inderdaad verdien of daadwerklik kan verdien indien hy die Venture voertuig behoorlik aanwend. Dit alles inaggenome is ek egter van mening dat die bevel wat ek van voornemens is om te maak ten opsigte van die onderhoud, ‘n gepaste bevel gegewe die omstandighede is.

[13] Met betrekking tot die bepalings van die Reël 43 hofbevel wat nie deur eiser nagekom is nie, is ek terdeë bewus daarvan dat dit verweerderes vrystaan om ‘n lasbrief ten opsigte daarvan te laat uitreik vir doeleindes van die beslaglegging van (moontlike) bates van eiser ter delging van die agterstallige bedrae. Waar daar in die onderhawige geval egter ‘n gemeenskaplike boedel is, sal die uitreiking van sodanige lasbrief op hierdie stadium geen doel dien nie, aangesien dit in ieder geval gemeenskaplike bates is waarop beslag gelê sal word. Na my mening word die regspleging egter verydel indien ‘n party bloot versuim om ‘n hofbevel na te kom en daar nie vir hom of haar enige gevolge daaraan kleef nie. In die onderhawige geval word behoorlike regspleging voorts frustreer deurdat verweerderes nie oor fondse beskik om die dienste en advies van ‘n prokureur te bekom nie. Gevolglik meen ek dat die ontvanger en verdeler wat hierin aangestel word, oorweging daaraan moet skenk om by die verdeling van die gemeenskaplike boedel eiser se verskuldigheid aan verweerderes voortspruitend uit die Reël 43 bevel ten gunste van verweerderes in verrekening te bring.uitvoering gegee word aan die Reël 43 hofbevel.

[14] Wat betref die onderhoudsbevel wat ek voornemens is om te maak ten opsigte van die oorbruggingsonderhoud wat deur eiser aan verweerderes betaal moet word, is ek insgelyks van mening dat die ontvanger en verdeler oorweging daaraan behoort te skenk om enige onderhoud wat dan op daardie stadium agterstallig is of mag wees, indien enige, voortspruitend uit die betaling van die onderhoud wat ek hieronder gelas, by die verdeling van die boedel ten gunste van verweerderes in verrekening te bring.

Ek is in ieder geval van mening dat die ontvanger en verdeler in besit gestel behoort te word van `n afskrif van hierdie uitspraak ten einde kennis te neem van die onderskeie bates wat in dispuut is tussen die partye en hul onderskeie bewerings ten opsigte daarvan, sowel as van bogemelde verskuldigheid deur eiser aan verweerderes. Ek is gevolglik voornemens om die Griffier te versoek om toe te sien daartoe.

[15] Soos reeds vroeër hierin vermeld, was die partye dit eens dat elke party gelas behoort te word om sy eie koste te betaal en is ek in die uitoefening van my diskresie ten opsigte van die betaling van koste, tevrede met sodanige bevel as synde die gepaste bevel in die huidige omstandighede.

[16] In die vooropstelling word die volgende bevele verleen:

`n Bevel van egskeiding.

Eiser word beveel om onderhoud aan en ten gunste van verweerderes te betaal in die bedrag van R350,00 per maand vir ‘n tydperk van 12 (twaalf) maande, die eerste betaling om gemaak te word voor of op 1 Maart 2007 en daarna voor of op die eerste dag van elke daaropvolgende maand tot en met die uitloop van die tydperk van 12 (twaalf) maande.

Dit word beveel dat die gemeenskaplike boedel tussen die partye verdeel moet word, vir doeleindes waarvan Mnr. L.A. Roux van die firma Maroka Prokureurs, Suite 19, Reitzpark, President Reitzlaan 74/80, Westdene, Bloemfontein aangestel word as ontvanger en verdeler van die gemeenskaplike boedel van eiser en verweerderes, beklee met die volgende magte, funksies en verpligtinge:

Om van eiser en verweerderes hierin ‘n ware en korrekte opgawe te vereis van die gedeelte van die bates van die gemeenskaplike boedel wat elkeen in sy of haar besit het, geneem het of waarmee elkeen gehandel het;

Om van eiser en verweerderes hierin die betaling en/of lewering te vereis van enige sodanige gedeelte van die bates van die gemeenskaplike boedel waarmee elkeen gehandel het;

Om ‘n behoorlike waardasie te doen of te bekom van al die bates van die gemeenskaplike boedel;

Om die bates van die gemeenskaplike boedel te realiseer indien en in soverre dit nodig mag wees ten einde uitvoering te gee aan die magte, funksies en verpligtinge hierin;

Om die skulde en/of aanspreeklikhede van die gemeenskaplike boedel te delg;

Om die restant van die gemeenskaplike boedel in gelyke dele tussen eiser en verweerderes te verdeel en om die verdeelde halwe-aandele aan eiser en verweerderes respektiewelik oor te betaal;

Alternatiewelik en indien ‘n verdeling van die restant of enige gedeelte van die gemeenskaplike boedel nie moontlik blyk te wees nie, dat die ontvanger en verdeler gemagtig word om die restant of enige gedeelte van die gemeenskaplike boedel te gelde te maak en die opbrengs daarvan in gelyke dele te verdeel tussen eiser en verweerderes;

4. Die koste/fooie/vergoeding van voormelde ontvanger en verdeler moet uit die gemeenskaplike boedel betaal word.

5. Die griffier word versoek en beveel om onverwyld `n afskrif van hierdie uitspraak te verskaf aan die ontvanger en verdeler hierin aangestel, synde Mnr. L.A. Roux van die firma Maroka Prokureurs, Suite 19, Reitzpark, President Reitzlaan 74/80, Westdene, Bloemfontein.

5. Elke party word gelas om sy/haar eie koste te betaal.

____

C. VAN ZYL, R

Namens die eiser: Adv. P. Greyling

In opdrag van:

Frade Prokureurs

Bloemfontein

Tel: 051 - 4304412

Namens verweerderes: In persoon

/sp

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Uniform Rules of Court, Rule 43

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.