Oosthuizen v Landdros, Senekal and Others (876/2002) [2002] ZAFSHC 10; 2003 (4) SA 450 (O) (29 August 2002)
- Citation
- [2002] ZAFSHC 10
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- Van Coller, Cillié
- Case number
- 876/2002
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- Van Coller, Cillié
- Case number
- 876/2002
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The magistrate erred in law by restricting his discretion to only appointing the debtor's nominee as administrator, thereby misconceiving the scope of his statutory powers under section 74 of the Magistrates' Courts Act. This error constituted a gross irregularity, as it denied creditors a fair opportunity to propose an administrator and limited the magistrate's consideration to an unduly narrow basis. The High Court found that both statutory and common law grounds for review were present, as the magistrate failed to apply his mind to the relevant issues in accordance with the statute. Consequently, the appointment of the second respondent as administrator was set aside.
Court disposition
Application succeeded; appointment of the second respondent as administrator set aside; costs awarded against third and second respondents.
Orders
- The appointment of Wynand du Plessis as administrator in the estate of T.Z. Radebe is set aside.
- The third respondent is ordered to pay the costs of the review application on an unopposed basis.
- The second respondent is ordered to pay the costs occasioned by his opposition to the application.
02
Material facts
Parties
Petrus Marthinus Oosthuizen
Applicant Counsel: Adv. J.Y. ClaasenDie Landdros, Senekal
RespondentWynand du Plessis
Respondent Counsel: Adv. L.W. de KoningThabang Zacharia Radebe
RespondentHome Choice
RespondentOlivier & Associates
RespondentSenekal Usizo
RespondentAmounts and remedies
- Fee Paid by Debtor to Sixth Respondent for Administration Application: ZAR 2,412
- Cash Paid by Debtor to Sixth Respondent: ZAR 400
03
Procedural history
Posture
Review Application / Judgment on Review of Magistrate's Appointment of Administrator
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the magistrate erred in restricting the appointment of an administrator to only the debtor's nominee.
- 02
Whether the magistrate's decision constituted a gross irregularity justifying review.
- 03
Whether creditors are entitled to propose an administrator under section 74 of the Magistrates' Courts Act.
Party arguments
- Applicant
- The applicant, a creditor, argued that the magistrate's rigid and inflexible approach—only considering the debtor's nominee for administrator—constituted a gross irregularity and an improper exercise of discretion. The applicant contended that creditors, especially those residing locally, should have the opportunity to propose a suitable administrator, preferably a local attorney, to protect their interests. The applicant further alleged that the process was manipulated by a cash loan business, which stood to benefit as a creditor and orchestrator of the administration order.
- Respondent
- The second respondent, Wynand du Plessis, argued that he was a practicing attorney with extensive experience as an administrator and that the prevailing practice was for the applicant (debtor) to nominate the administrator, who is then appointed by the court. He asserted that the law provides for the removal of an administrator if duties are not properly performed. The respondent maintained that the applicant failed to establish any valid ground for review within the statutory or common law framework and that the magistrate had heard full argument before making a decision, thus affording a fair hearing.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Magistrates' Courts Act 32 of 1944, section 74
Section 74(1) of the Magistrates' Courts Act authorizes the magistrate's court to make administration orders and appoint administrators, without prescribing who may be appointed. The magistrate has discretion in the appointment.
- 02
Paper, Printing Wood & Allied Workers’ Union v Pienaar NO [1993] ZASCA 98; 1993 (4) SA 621 (A) at 638H-I
A gross irregularity in proceedings includes errors of law where the decision-maker misconceives the nature of their functions and fails to apply their mind to the true issues, resulting in denial of a fair hearing.
- 03
Supreme Court Act 59 of 1959, section 24(1)(c); Hira and Another v Booysen and Another 1992 (4) SA 69 (A) at 93A-I
The High Court has review jurisdiction under section 24(1)(c) of the Supreme Court Act 59 of 1959 for gross irregularity in proceedings, as well as under the common law.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The magistrate erred in law by restricting his discretion to only appointing the debtor's nominee as administrator, thereby misconceiving the scope of his statutory powers under section 74 of the Magistrates' Courts Act. This error constituted a gross irregularity, as it denied creditors a fair opportunity to propose an administrator and limited the magistrate's consideration to an unduly narrow basis. The High Court found that both statutory and common law grounds for review were present, as the magistrate failed to apply his mind to the relevant issues in accordance with the statute. Consequently, the appointment of the second respondent as administrator was set aside.
Obiter and limits
- The practice of cash loan businesses orchestrating administration orders and becoming creditors is highly unsatisfactory and raises concerns about the integrity of the process.
- The law provides mechanisms for the removal of administrators who do not perform their duties satisfactorily, safeguarding the interests of creditors.
Court disposition
Application succeeded; appointment of the second respondent as administrator set aside; costs awarded against third and second respondents.
- The appointment of Wynand du Plessis as administrator in the estate of T.Z. Radebe is set aside.
- The third respondent is ordered to pay the costs of the review application on an unopposed basis.
- The second respondent is ordered to pay the costs occasioned by his opposition to the application.
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer: 876/2002
In die saak tussen:
PETRUS MARTHINUS OOSTHUIZEN Applikant
en
DIE LANDDROS, SENEKAL Eerste Respondent
WYNAND DU PLESSIS Tweede Respondent
THABANG ZACHARIA RADEBE Derde Respondent
HOME CHOICE Vierde Respondent
OLIVIER & ASSOCIATES Vyfde Respondent
SENEKAL USIZO Sesde Respondent
CORAM: VAN COLLER et CILLIé, RR
AANGEHOOR OP: 19 AUGUSTUS 2002
UITSPRAAK DEUR: VAN COLLER, R
GELEWER OP: 29 AUGUSTUS 2002
Op 27 September 2001 het die derde respondent in die Landdroshof te Senekal aansoek gedoen om ân administrasiebevel. Die aansoek was gebring ingevolge die bepalings van artikel 74 van die Wet op Landdroshowe (die Wet). Met die aanvang van die verrigtinge het die derde respondent se prokureur, mnr. Coetzer, en mnr. Crowther, ân prokureur wat verskeie skuldeisers verteenwoordig het, wat genoem kan word ân punt in limine, voor die landdros geargumenteer. Dit was van die landdros verlang om reeds op daardie stadium te beslis of ân skuldeiser ân ander administrateur mag voorstel as wat die applikant (skuldenaar) voorgestel het. Na die argumente aangehoor is, is die aansoek uitgestel en op 25 Oktober 2001 het die landdros sy uitspraak gegee. Hy sê in die uitspraak dat soos hy sodanige aansoeke in die verlede ondervind het, maak die applikant ân voorstel betreffende ân administrateur en die hof volg die voorstel. Hy sê ook dat hy glo dat
âdie hof net uit eie beweging ân administrateur sal benoem indien die applikant geen voorstel maak nie.â
Die landdros sê verder dat die applikant ân administrateur benoem het en dat die applikant se keuse wie met sy boedel moet handel eerbiedig en gerespekteer behoort te word. Hy wys daarop dat indien die administrateur nie sy pligte na wense verrig nie, daar gegewe prosedures is wat gevolg kan word en die gevolg dus is dat ân skuldeiser nie by magte is om ân administrateur te benoem nie.
Daarna is die aansoek op 29 November 2001 voortgesit. Die aansoekdoener het getuienis afgelê en hy is oor sekere aspekte ondervra. Die aansoek is toegestaan en ân prokureur, mnr. W. du Plessis, wat deur die derde respondent voorgestel is, is as administrateur aangestel.
Die applikant in die onderhawige hersieningsaansoek is een van die skuldenaar se krediteure en die aansoek is daarop gerig om dié gedeelte van die bevel van die landdros wat betrekking het op die aanstelling van die administrateur tersyde te stel. Die landdros is die eerste respondent, die aangestelde administrateur die tweede respondent en die skuldenaar die derde respondent. Die vierde en sesde respondente is ook skuldeisers. Dit is nie duidelik waarom die vyfde respondent gevoeg is nie. Slegs die tweede respondent opponeer die aansoek. Dit dien vermeld te word dat die applikant een van ân aantal skuldeisers is wat deur die prokureur, mnr. Crowther, by die aansoek om ân administrasiebevel verteenwoordig was.
Die grondslag van hierdie hersieningsaansoek is dat die beslissing van die landdros ân ernstige onreëlmatigheid is wat hierdie Hof geregtig maak om die landdros se bevinding te hersien, tersyde te stel of te vervang. Dit is die applikant se saak dat die landdros se bevinding aangaande die aanstelling van die administrateur grof onreëlmatig is en dat dit ân onbehoorlike uitoefening van ân diskresie daarstel. In die stawende beëdigde verklaring meld die applikant dat die rigiede en onbuigbare standpunt dat slegs die skuldenaar se voorstel oorweeg kan word aanduidend is daarvan dat die diskresie nie behoorlik uitgeoefen is nie. Uit die stawende beëdigde verklaring blyk ook die volgende: die sesde respondent in die onderhawige aansoek is ân sogenaamde âcash loanâ besigheid te Senekal; die skuldenaar het hierdie instansie gevra om die administrasie-aansoek te doen en ân fooi is daarvoor beding; die sesde respondent het Coetzer opdrag gegee om die aanstelling van die tweede respondent as administrateur te verkry. Die applikant beweer dat die administrateur ân gesiglose persoon is wat ân totale vreemdeling in Senekal is en dat die skuldeisers verdien om ân persoon in Senekal self aan te stel wat verkieslik ân plaaslike prokureur moet hê om na die skuldeisers wat hoofsaaklik in Senekal woonagtig is, om te sien.
Dit blyk uit die getuienis wat die derde respondent tydens die aansoek afgelê het dat die bedrag wat hy aan die sesde respondent skuld die fooi is wat geverg is om die administrasie-aansoek te bring. Hy het getuig dat hy R2 412,00 aan die sesde respondent moet betaal om aansoek te doen en dat hy alreeds R400,00 in kontant betaal het. Daar word verder deur die applikant beweer, met verwysing ook na advertensies, dat mikro-gelduitleners, soos die sesde respondent, mense uitnooi om onder administrasie te gaan en effektiewelik word hulle dan ân skuldeiser vir die behartiging van die administrasie. Ek ag dit nie nodig om verder met die applikant se bewerings waarom hierdie optrede as ân hoogs onbevredigende toedrag van sake bestempel kan word nie, te handel.
Die tweede respondent sê in sy opponerende verklaring dat hy ân prokureur is wat praktiseer te Roodepoort. Hy het ân geweldige groot invorderingspraktyk en hy behartig meer as 1200 boedels as administrateur. Hy beweer dat hy ân geruime tyd reeds konstant adverteer in die âJunk Mailâ, ân advertensie koerant, asook in die Landbouweekblad wat weekliks landwyd verskyn. Aangaande die onderhawige administrasiebevel verduidelik hy dat hy deur die sesde respondent gevra is of hy bereid sou wees om die aanstelling as administrateur van persone wat kragtens die bepalings van die Wet onder administrasie geplaas sou word, te aanvaar, wat hy bereid was om te doen. Hy beweer dat mense met finansiële probleme nader klaarblyklik die sesde respondent en, indien dit ân gepaste geval is om aansoek te doen vir ân administrasiebevel hanteer die sesde respondent en ân plaaslike prokureur op Senekal, mnr. Coetzer, die aangeleentheid namens die applikant en word hy slegs as administrateur van die betrokke persoon se boedel aangestel. Voordat ân administrasiebevel deur die landdros op Senekal uitgereik word, het hy geen aandeel in die voorbereiding of opstel van die stukke nie. Hy raak die eerste keer betrokke wanneer die administrasiebevel en sy aanstelling deur Coetzer aan hom versend word en hy handel daarna ooreenkomstig die bepalings van artikel 74 van die Wet teen die
voorgeskrewe vergoeding. Die tweede respondent beweer voorts dat die praktyk ten aansien van administrasiebevele is dat die applikant die voorgenome administrateur nomineer en dat sodanige persoon na sy ervaring sonder uitsondering deur die hof aangestel word veral as dit ân praktisyn is soos deur die Wet omskryf. Die Wet maak ook voorsiening vir die ontslag van ân administrateur indien hy hom nie by die voorskrifte van die Wet hou nie. Tweede respondent beweer ten slotte dat die applikant nie sy saak binne die kader van enige van die hersieningsgronde bring nie en nie ân behoorlike saak uitgemaak het vir die regshulp wat gevra word nie.
Die bepalings vir die maak van administrasiebevele en die aanstelling van administrateurs wat al vir baie jare deel van die Wet is, is huidiglik vervat in artikel 74. Aangaande administrasiebevele sê Cameron, AR in die ongerapporteerde saak van MELVIN WEINER NO v JIM GERARD PAUL BROEKHUIZEN, No.173/2001 van 31 Mei 2002 die volgende:
â[3] Administration orders were first introduced when the Act came into force in 1944. Its predecessor, the Magistratesâ Court Act 32 of 1917, had no such mechanism. The new provisions created a procedure that was at the time rightly dubbed a âmodified form of insolvencyâ, since it is particularly suited to dealing with small estates where sequestration proceedings would swallow the debtorâs assets. As Caney AJ explained more than fifty years ago:
âThis is designed, it seems to me, as a means of obtaining a concursus creditorum easily, quickly and inexpensively, and is particularly appropriate for dealing with the affairs of debtorâs who have little assets and income and genuinely wish to cope with financial misfortune which has overtaken them. Creditors have certain advantages under such an order, including the appointment of an independent administrator and the opportunity of examining the debtor. They are not debarred from sequestrating the debtor if the occasion to do so arises.â
[4] The provisions which have frequently been amended, are now spelt out in prolific detail in s 74 and its associated provisions, s 74A to 74W.â
Die voordele wat die skuldeisers het blyk duidelik uit onderafdelings van artikel 74 soos byvoorbeeld onder andere artikel 74B en artikel 74J.
Artikel 74(1) van die Wet magtig die Landdroshof om administrasiebevele te maak en artikel 74E(1) bepaal dat wanneer ân administrasiebevel gemaak is die hof ân administrateur moet aanstel. Die artikel bevat geen voorskrifte aangaande wie en wie nie aangestel mag word nie. Dit is na my mening heel duidelik dat die landdros ân diskresie het by die aanstelling van ân administrateur. Indien daar gekyk word na die voordele wat die proses vir skuldeisers inhou, onder andere ook die aanstelling van ân onafhanklike administrateur, kan daar geen twyfel wees nie dat dit nie slegs iemand deur die skuldenaar genomineer, is wat aangestel kan word nie. Die landdros het dus na my mening by die vertolking van artikel 74 fouteer deur te bevind dat sy diskresie tot die mate aan bande gelê is dat hy slegs iemand wat deur die skuldenaar genomineer word, kan aanstel. Dit is deur mnr. De Koning, namens die tweede respondent, met verwysing na sekere beslissings aangevoer dat die feit dat die landdros ân regsdwaling begaan het slegs ân grond vir hersiening is indien dit tot gevolg gehad het dat hier nie ân billike verhoor was nie wat nie in die onderhawige saak gesê kan word nie. Sy betoog is dat die landdros volledige argumente aangaande die vertolking van die artikel aangehoor het en daarna tot ân bevinding geraak het. Hier kan, aldus die argument, geen sprake van
enige onreëlmatigheid wees of dat daar nie ân billike verhoor was nie. Ek kan nie met die betoog saamstem nie. Die Hooggeregshof het ân hersieningsbevoegdheid uit hoofde van die bepalings van artikel 24(1) van die Hooggeregshofwet No.59 van 1959. Ingevolge artikel 24(1)(c) is een van die gronde âgrowwe onreëlmatigheid in verband met die verrigtings.â Die hersieningsbevoegdheid bestaan egter ook uit hoofde van die gemenereg. Na my mening kan die regsdwaling deur die landdros begaan as ân hersieningsgrond dien beide ingevolge artikel 24(1)(c) van Wet 59 van 1959 en ingevolge die gemenereg. Met verwysing na ân growwe onreëlmatigheid in die verrigtinge soos beoog in artikel 24(1)(c) van Wet 59 van 1959 sê Botha, AR die volgende in PAPER, PRINTING WOOD & ALLIED WORKERSâ UNION v PIENAAR NO [1993] ZASCA 98; 1993 (4) SA 621 (A) op 638H-I die volgende:
âThat expression is not confined to defects in the procedure as such. It covers the case where the decision-maker through an error of law misconceives the nature of his functions and thus fails to apply his mind to the true issues in the manner required by the Statute, with the result that the aggrieved party is in that respect denied a fair hearing (see, for example, Goldfields Investment Ltd and Another v City Council of Johannesburg and Another 1938 TPD 551; Visser v Estate Collins 1952 (2) SA 546 (C)).â
In die onderhawige saak het die landdros as gevolg van ân regsdwaling tot die gevolgtrekking gekom dat hy slegs die persoon wat deur die skuldenaar voorgestel word as administrateur mag benoem. Hy het dus die omvang van sy bevoegdhede deur ân wanbegrip beperk en nie sy aandag wat die aanstelling van ân administrateur betref, gegee op dié wyse deur die Wet vereis nie. Die skuldeisers wat na my mening wel benadeelde of veronregte partye is, is dus wat die aanstelling van ân administrateur betref nie ân billike verhoor gegun nie.
Die optrede van die landdros sou na my mening egter ook ooreenkomstig die gemenereg hersienbaar gewees het. Sien in hierdie verband die opsomming deur Corbett, HR aangaande gemeenregtelike hersienings in ons reg in HIRA AND ANOTHER v BOOYSEN AND ANOTHER 1992 (4) SA 69 (A) op 93A-I. Dit kan gesê word dat die landdros ân statutêre plig verkeerdelik uitgeoefen het en die skuldeisers, as benadeelde of veronregte persone, was geregtig om die Hof te nader by wyse van ân gemeenregtelike hersiening. Word die Landdroshof se optrede oor die kam geskeer van ân verkeerde vertolking van die statutêre bepaling kom dit daarop neer dat die hof âfailed to apply its mind to the relevant issues in accordance with the behests of the Statuteâ en dat sy aanstelling dus tersyde gestel moet word.
Die aansoek moet gevolglik slaag en die landdros se aanstelling van die tweede respondent as administrateur tersyde gestel word. Aanvanklik het die applikant slegs ân kostebevel teen die derde respondent gevra. In sy opponering van die aansoek het die tweede respondent gevra dat die aansoek met koste van die hand gewys word. In die repliserende verklaring vra die applikant dat die tweede respondent gelas moet word om die koste te betaal, alternatiewelik dat die tweede en die derde respondente gesamentlik en afsonderlik gelas moet word om die koste te betaal. Mnr. De Koning het aangevoer dat daar aanvanklik nie koste teen die tweede respondent gevra is nie, dat die tweede respondent in die opponerende verklaring slegs sy posisie in die korrekte perspektief probeer stel het en dat hy nie tot die betaling van enige koste veroordeel behoort te word nie. Dit sou meer korrek gewees het indien die applikant aanvanklik in die aansoek gemeld het dat daar, afgesien van die derde respondent, slegs koste teen enigeen van die ander respondente gevra sou word indien enige van hulle die aansoek opponeer. Die probleem is egter dat die tweede respondent nie slegs sy posisie wou verduidelik nie, maar hy het verder gegaan en gevra dat die aansoek afgewys word met koste. Hy het die aansoek onsuksesvol geopponeer. In die lig van al die omstandighede en in die lig daarvan dat die opposisie onsuksesvol is behoort hy die koste veroorsaak deur die opposisie van die aansoek te betaal. Dit was egter die derde respondent se optrede wat die aansoek genoodsaak het. Hy moet dus die koste van die aansoek op ân ongeopponeerde basis betaal.
Die volgende bevele word gemaak:
1. Die aanstelling van die tweede respondent, Wynand du Plessis, as administrateur in die boedel van T.Z. Radebe word tersyde gestel.
2. Die derde respondent word gelas om die koste van die hersieningsaansoek op ân onbestrede basis te betaal.
3. Die tweede respondent word gelas om die koste van die opposisie tot die aansoek te betaal.
A.P. VAN COLLER, R
EK
STEM SAAM
C.B. CILLIé, R
Namens Applikant: Adv. J.Y. Claasen
i.o.v.
Naudes
Namens Tweede Respondent: Adv. L.W. de Koning
E.G. Cooper & Seuns Ing.
/scd
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.