Download PDF

South Africa Judgment

High Courts - Gauteng

Padi v Dail Direct Versekering Bpk (5871/2007) [2008] ZAGPHC 99 (15 April 2008)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the plaintiff proved his case on a balance of probabilities. The expert evidence was admissible and sufficient, as the defendant was aware of the expert's report and had not objected prior to trial. The expert's assessment of the vehicle's irreparable damage and calculation of quantum, including depreciation and salvage value, was accepted. The defendant failed to present any evidence to rebut the plaintiff's case or demonstrate prejudice from procedural non-compliance. Accordingly, the plaintiff was entitled to the claimed amount, less the salvage value, plus interest and costs.

Court disposition

Plaintiff's claim for damages is granted, less salvage value, with interest and costs.

Orders

  • The defendant must pay the plaintiff R172,690.45.
  • Interest at 15.5% per annum on the aforesaid amount from 16 February 2007 until date of payment.
  • Costs of suit, including the plaintiff's expert costs.

02

Material facts

Parties

Ezekiel Tlhoedi Padi

Plaintiff Counsel: Adv I Vermaak - Hay

Dail Direct Versekering Bpk

Defendant Counsel: Adv N van den Heever

Amounts and remedies

  • Damages Awarded (vehicle and Towing Less Salvage): ZAR 172,690.45
  • Interest Rate: 15.5

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Trial / Quantum Determination After Merits Conceded

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The plaintiff argued that the insured vehicle was irreparably damaged in the collision and that the cost of repairs would exceed 70% of the purchase price, justifying a total loss claim. The expert, Mr Bester, testified based on his inspection and report, including photographs, that the vehicle was beyond economical repair. The plaintiff complied with all procedural rules regarding expert evidence and discovery, and the defendant was not prejudiced or surprised by the evidence presented.
Respondent
The defendant argued that the expert could not testify to the market value of the vehicle and that his evidence should be disregarded as he did not explain how the market value was determined. The defendant further contended that the plaintiff failed to prove the quantum of damages and that procedural non-compliance regarding expert summaries prejudiced the defendant.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Uniform Rules of Court, Rule 36(9)

    Rule 36(9) of the Uniform Rules of Court is intended to prevent parties from being unfairly surprised by expert evidence and requires full disclosure of expert reports and summaries.

  2. 02

    Coopers (S.A.) Ltd v Deutsche Schädlingsbekämpfung Mbh 1976 (3) SA 352 (A)

    Courts should adopt a lenient attitude to bona fide non-compliance with Rule 36(9) when it does not prejudice the opposing party.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the plaintiff proved his case on a balance of probabilities. The expert evidence was admissible and sufficient, as the defendant was aware of the expert's report and had not objected prior to trial. The expert's assessment of the vehicle's irreparable damage and calculation of quantum, including depreciation and salvage value, was accepted. The defendant failed to present any evidence to rebut the plaintiff's case or demonstrate prejudice from procedural non-compliance. Accordingly, the plaintiff was entitled to the claimed amount, less the salvage value, plus interest and costs.

Obiter and limits

  • The defendant's procedural objections were artificial and did not affect the fairness of the trial.
  • Rule 36(9) is designed to ensure transparency and prevent surprise, not to create technical barriers to justice.
  • Expert evidence must be evaluated in context, and minor procedural defects do not automatically render it inadmissible.

Court disposition

Plaintiff's claim for damages is granted, less salvage value, with interest and costs.

  • The defendant must pay the plaintiff R172,690.45.
  • Interest at 15.5% per annum on the aforesaid amount from 16 February 2007 until date of payment.
  • Costs of suit, including the plaintiff's expert costs.

Source and reliance status

High Courts - Gauteng

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

High Courts - Gauteng

Judgment

[2008] ZAGPHC 99

8

IN

DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Saak nommer: 5871/2007

NIE RAPPORTEERBAAR Datum: 15 April 2008

In die saak tussen:

EZEKIEL TLHOAEDI PADI Eiser

en

DAIL DIRECT VERSEKERING BPK Verweerder

UITSPRAAK

______________

PRETORIUS R,

Die eiser eis die bedrag van R195 605.00 van die verweerder ten opsigte van motorversekering en die bedrag van R 2085.45 vir insleepkoste.

Die tweede eis word deur die verweerder gelyk gegee.

Die eis spruit voort uit ‘n motorbotsing wat plaasgevind het op 14 Oktober 2006 waarin die versekerde voertuig, ‘n Tucson Huyndai, 2006 model, betrokke was. Die verweerder is die versekeraar van gemelde motorvoertuig.

Tydens die voorverhoor is die meriete toegegee. Die hof moet slegs beslis oor die kwantum van die eiser se eis.

Die reël 36(9)(a) kennisgewing is op die verweerder beteken op 28 Januarie 2008 en die reël 36(9)(b) kennisgewing en verslag en foto’s is op die verweerder beteken op 19 Maart 2008.

Vervolgens het die verweerder tydens die voorverhoor, wat op 8 April 2008, gehou is, laat notuleer:

“Benadeling:

Voel enige partye benadeel deur enige nie-nakoming van die reëls deur die ander party, en indien wel, wat is die aard van sodanige nie-nakoming en benadeling?

Eiser se antwoord: Die eiser meen hy is benadeel deur die feit dat die verweerder nog nie blootgelê het nie.

Verweerder se antwoord: Die verweerder onderneem om sy blootleggingsverklaring eersdaags op die eiser te beteken. Die verweerder voel nie benadeel deur enige nie-nakoming van die reëls deur die eiser nie.”

Mnr Bester het namens die eiser getuig dat hy 15 jaar ondervinding as assessor in sy eie besigheid het. Hy tree slegs as assessor op om ongelukskade aan motorvoertuie te bepaal en is ‘n deskundige in die vasstelling van ongelukskade aan motorvoertuie.

Mnr Bester het die betrokke voertuig in ‘n stoor te Brakpan ondersoek, asook foto’s geneem. Hy het na aanleiding daarvan tot die gevolgtrekking gekom dat die voertuig onherstelbaar beskadig is. Hy is verder van mening dat die voertuig gerol het na aanleiding van die skade aan die voertuig.

Hy het ook die foto’s, wat aangeheg is aan die verslag, self geneem en bepaal dat die voertuig se binnekant ook onherstelbaar beskadig is, aangesien die bestuurder se lugsak ontplooi het en die glasstukke die bekleedsel beskadig het.

Hierdie was ‘n nuwe motor, ‘n 2006 model, wat slegs 4700 km gery het ten tye van die botsing. Derhalwe is mnr Bester se opinie dat die motor onherstelbaar beskadig is, aangesien dit meer as 70% van die koopprys sal kos om die motor te herstel.

Op hierdie stadium het die verweerder se regsverteenwoordiger beswaar gemaak teen mnr Bester se getuienis, op grond daarvan dat die skade nêrens in sy verslag aangetoon is nie. Die beswaar is van die hand gewys. Mnr Bester het getuig dat die 4 horisontale strepe wat op die skets in sy verslag aangedui is, aanduidend is dat die voertuig afgeskryf is, aangesien die geheel van die voertuig beskadig is. Hy het dit ook in sy verslag aangedui:

“The vechile is beyond economical repair and will be written off as a total loss.”

Hy het verduidelik dat die koopprys van die voertuig R205 900.00 is, soos aangedui in sy verslag, minus 5% vir depresiasie, aangesien die voertuig slegs 4700km gery het. Die beraamde waarde waarvoor die skroot verkoop kan word is R25 000.00.

Me van den Heever, namens die verweerder, het slegs vrae gevra om vas te stel of die opdrag van die getuie was om die skade aan die voertuig te bepaal.

Daarna is die eiser se saak gesluit. Die verweerder het ook sy saak gesluit sonder om getuienis aan te bied.

Die regsverteenwoordiger vir die verweerder het argumenteer dat die hof die eis van die hand moet wys, aangesien die deskundige getuie nie oor die markwaarde van die voertuig kon getuig nie. Verder het sy argumenteer dat die hof nie ag moet slaan op sy getuienis nie, aangesien hy nie kon getuig hoe hy die markwaarde bepaal het nie.

Hierdie argumente van die verweerder se regsverteenwoordiger kom gekunsteld voor.

Die doel van reël 36(9) is trouens om te verhoed dat ‘n party onverhoeds verras word met getuienis. Daar moet dus geen inligting weerhou word wat die teenkant kan verras nie.

In hierdie geval het die verweerder al sedert 19 Maart 2008 geweet wat die deskundige se getuienis gaan wees. Die verweerder het ook by die voorverhoor te kenne gegee dat die eiser voldoen het aan al die rëels en het nie op daardie stadium enige besware ten opsigte van die deskundige verslag gelug nie.

Die deskundige het reeds in sy verslag die volgende aanbeveling gemaak:

“The vehcile is beyond economical repair and will be written off as a total loss.”

Dit is presies wat hy getuig het, met verwysing na die sketsplan op die verslag en sy aanbevelings en voorgestelde skikking.

Die hof is ook verwys na Coopers (S.A.) Ltd vs Deutsche Schädlingsbekämpfung Mbh 1976 (3) SA 352 (A). Daar het Wessels AR bevind op p 372C – E:

“Before the trial, defendant, unlike plaintiff, did not complain about the summary. Objection was first raised at the trial after plaintiff's counsel in opening had complained about defendant's summaries. During the course of argument before the court of first instance plaintiff's counsel had 'interpreted' the summary with reference to the patent specification and, in so doing, had in effect amplified it.”

In hierdie saak het Wessels AR verder bevind op p 373 E-F:

“But Rule 36 (9) deals merely with discovery and evidence. Hence the court of first instance, in order to enable defendant to present its pleaded case adequately and to promote the smooth running of the case to its final determination, should have adopted an even more lenient attitude to granting relief for the bona fide non-compliance with the sub-rule than in amending pleadings.”

Dit is duidelik dat die verweerder in die huidige saak nie onverhoeds verras is nie, maar presies geweet het wat die eiser se saak is. Ek kan nie met me van den Heever saamstem dat die eiser nie sy saak bewys het nie. Die deskundige se bepaling van die bedrag van die eis is op geen stadium in dispuut geplaas nie en geen getuienis om sy getuienis te weerlê is aangebied nie.

Ek bevind dus dat die eiser sy saak op ‘n oorwig van waarskynlikhede bewys het.

Die eisbedrag word ook verminder met die bedrag van R 25 000.00, synde die bedrag wat die skroot werd is.

Derhalwe maak ek die volgende bevel.

Betaling van die bedrag R172 690.45;

Rente op voormelde bedrag teen ‘n koers van 15,5% vanaf datum van dagvaarding ,16 Februarie 2007, tot datum van betaling;

Koste van die geding, waarby ingesluit is die koste van die eiser se deskundige.

______

C Pretorius

Regter van die Hooggeregshof

Saak nommer : 5871/2007

Aangehoor op : 14 April 2008

Vir die Eiser : Adv I Vermaak - Hay

Opdrag deur : Grovè Deysel & Partners

Vir die Respondent : Adv N van den Heever

Opdrag deur : Jacobson & Levy inc.

Datum van Uitspraak : 15 April 2008

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Coopers (S.A.) Ltd v Deutsche Schädlingsbekämpfung Mbh 1976 (3) SA 352 (A)

Case cited

Uniform Rules of Court, Rule 36(9)

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.