Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Padongelukfonds v Von Waltzleben (651/2010) [2010] ZAFSHC 84 (22 July 2010)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that only one final order for quantum existed, namely the order of 25 November 2009 for R500,000.00. The interim payment of R100,000.00 was made pursuant to an earlier order and, in terms of section 17(6) of the Road Accident Fund Act, was an advance against the final quantum. Therefore, the applicant was only required to pay the balance of R400,000.00, which was done. The taxed costs were also paid. The respondent's argument that she was entitled to both the interim and final amounts was rejected as untenable. The writ of execution was issued without a valid underlying cause, as the applicant had fully performed its obligations. The writ was accordingly set aside and the respondent ordered to pay the costs of the application.

Court disposition

Application granted; writ of execution set aside; respondent ordered to pay costs.

Orders

  • The writ of execution issued on 6 January 2010 under case number 3637/2002 is set aside.
  • The respondent is ordered to pay the costs of this application.

02

Material facts

Parties

Padongelukfonds

Applicant Counsel: Adv SJ Reinders

Maureen Von Waltzleben

Respondent Counsel: Adv N Snellenburg

Amounts and remedies

  • Interim Payment Made: ZAR 100,000
  • Final Quantum Ordered: ZAR 500,000
  • Balance Paid After Interim Payment: ZAR 400,000
  • Taxed Costs Paid: ZAR 163,086.69
  • Writ Amount Issued: ZAR 263,086.69

03

Procedural history

  1. Posture

    Urgent Application / Application to Set Aside Writ of Execution

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant contends that the final quantum was settled at R500,000.00, as per the court order of 25 November 2009. The interim payment of R100,000.00, made pursuant to the earlier order, was intended as a partial advance and must be deducted from the final amount, leaving only R400,000.00 payable. The applicant paid R400,000.00 and the taxed costs of R163,086.69, thus fully complying with the court orders. The writ for R263,086.69 was issued without a valid underlying cause, as all obligations had been met.
Respondent
The respondent asserts that there were two court orders in her favour: one for R100,000.00 (interim payment) and another for R500,000.00 (final quantum), which together total R600,000.00. She denies that the interim payment was part of the R500,000.00 and claims the applicant still owes R100,000.00. The respondent also claims that the inclusion of already paid costs in the writ was a bona fide oversight.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    DE CRESPIGNY v DE CRESPIGNY, 1959 (1) SA 149 (N)

    A writ of execution may be set aside if the judgment is not certain and definite, or if the amount payable can only be determined after resolution of a further legal issue.

  2. 02

    VAN DYK v DU TOIT EN 'N ANDER, 1993 (2) SA 781 (O)

    A writ may be set aside if it is not supported by its causa, i.e., if the underlying debt has already been paid.

  3. 03

    DU PREEZ v DU PREEZ, 1977 (2) SA 400 (C)

    Even under the broad language of Rule 45(1), uncertainty in a court order may render a writ invalid.

  4. 04

    Road Accident Fund Act 56 of 1996, s 17(6)

    Interim payments in Road Accident Fund matters are governed by section 17(6) of the Road Accident Fund Act, which provides that such payments are advances against the final quantum and must be deducted from the final award.

  5. 05

    ADMINISTRATOR, CAPE, AND ANOTHER v NTSHWAQELA AND OTHERS, 1990 (1) SA 705 (A)

    The operative part of a judgment is found in the order itself; if the language is clear and unambiguous, it is decisive and cannot be altered by extrinsic evidence.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that only one final order for quantum existed, namely the order of 25 November 2009 for R500,000.00. The interim payment of R100,000.00 was made pursuant to an earlier order and, in terms of section 17(6) of the Road Accident Fund Act, was an advance against the final quantum. Therefore, the applicant was only required to pay the balance of R400,000.00, which was done. The taxed costs were also paid. The respondent's argument that she was entitled to both the interim and final amounts was rejected as untenable. The writ of execution was issued without a valid underlying cause, as the applicant had fully performed its obligations. The writ was accordingly set aside and the respondent ordered to pay the costs of the application.

Obiter and limits

  • The respondent's legal representatives misunderstood the nature of interim payments in delictual claims; only one final order for quantum is permissible unless statute provides otherwise.
  • It is not the prerogative of the respondent to unilaterally decide the quantum due under a judgment when there is a material dispute; judicial intervention is required.
  • Where the language of a court order is clear and unambiguous, no extrinsic evidence may be admitted to contradict or qualify it.

Court disposition

Application granted; writ of execution set aside; respondent ordered to pay costs.

  • The writ of execution issued on 6 January 2010 under case number 3637/2002 is set aside.
  • The respondent is ordered to pay the costs of this application.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2010] ZAFSHC 84

VRYSTAAT HOe HOF. BLOEMFONTEIN

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Aansoek nr.651/2010

In die aansoek tussen:

DIE PADONGELUKFONDS Applikant

en

MAUREEN VON WALTZLEBEN Respondent

AANGEHOOR OP: 17 June 2010

UITSPRAAK DEUR: MURRAY, Wnd.R

GELEWER OP: 22 JULIE 2010

[1] Die Padongelukfonds versoek hierin tersydestelling van 'n lasbrief vir R263 086.69 (aanhangsel "F") wat namens me Von Waltzleben (die eiseres in die hoofaksie), uitgereik is op 6 Januarie 2010 onder saak nommer 3637/2002 en versoek dat die respondent gelas word om die koste van die aansoek te betaal.

[2] Hierdie aansoek volg op die hoofaksie (Saak no. 3637/2002) waarin die respondent skadevergoeding geeis het vir skade wat sy gely het weens 'n motorongeiuk en waarin aanspreeklikheid reeds beslis was en die enigste uitstaande geskilpunt die kwantum was en waarin sodanige

kwantum dan geskik en by ooreenkoms 'n hofbevel gemaak is op 25 November 2009. [3] Op 14 Mei 2009 het Nxusani, Wnd R, in die bogemelde hoofaksie in 'n tussentydse aansoek die applikant gelas om voor of op 27 Mei 2009 aan die eiseres 'n tussentydse ("interim") betaling van R100 000.00 te maak (aanhangsel "A"). Op die respondent se eie weergawe was die betaling versoek en toegestaan ten aansien van die respondent se mediese uitgawes en dis gemeensaak dat dit betaal is. [4] Op 25 November 2009 het die partye die kwantum geskik. Op hul eie weergawe het die regsverteenwoordigers van die respondent die konsepbevel opgestel wat Jordaan, R, by ooreenkoms 'n finale bevel gemaak het (aanhangsel "B"). Paragraaf 1 daarvan gelas die applikant om aan die respondent R500 000.00 te betaal. [5] Die bedrag van die kwantum is egter nou in geskil. [6] Die applikant voer aan dat die finale kwantum geskik is op R500 000.00 (aanhangsel "B"); dat die tussentydse betaling van R100 000.00 (aanhangsel "A") daarteen verreken is en dat slegs die balans van R400 000.00 dus deur die applikant betaalbaar was [7] Dit is gemeensaak dat die R400 000.00 inderdaad op 11 Desember 2009 in die respondent se bankrekening inbetaal is. [8] Die respondent beweer egter dat ooreengekom is op 'n finale kwantum van R600 000.00 en ontken dat die tussentydse betaling van R100 000.00 (aanhangsel "A") deel was van die R500

000.00 vermeld in aanhangsel "B" en daarteen verreken kon word. [9] Die respondent steun swaar op die "twee hofbevele" (aanhangsels "A" en "B") in die respondent se guns wat 'saam 'n totaal van R600 000.00 gee'. [10] Op die respondent se weergawe moet die applikant dus nog aan die respondent R100 000.00 betaal. [11] Dit is gemeensaak dat die applikant op 15 Desember 2009 ooreenkomstig die finale hofbevel (aanhangsel "B') R163 086.69

aan getakseerde regskostes in die respondent se rekening inbetaal het, maar dat die respondent op dieselfde dag 'n lasbrief vir R263 086.69 (aanhangsel "F") by die hot geliasseer het wat op 6 Januarie 2010 deur die Griffier uitgereik is. [12] Die applikant vra nou dat hierdie lasbrief tersyde gestel moet word en dra die onus om te toon dat hy geregtig is om dit te vra. [13] 'n Lasbrief sal op aansoek as ongeldig of ongeoorloof tersyde gestel word waar die vonnis nie bepaald en seker is nie, byvoorbeeld waar die bedrag betaalbaar in terme van die vonnis slegs vasgestel kan word na 'n verdere regsprobleem beslis is. Sien in die verband DE CRESPIGNY v DE CRESPIGNY, 1959(1) SA 149 (N) te 152 A- B; LE RQUX v YSKOR LANDGOED (EDMS) BEPERK EN ANDERE, 1984 (4) SA 252 (T) te 257 F - G; en RAS EN ANDERE v SAND RIVER CITRUS ESTATES (PTY) LTD, 1972 (4) SA 504 (T) te p.510. [14] In VAN DYK v DU TOIT EN 'N ANDER, 1993 (2) SA 781 (O) te 783 D word spesifiek bevind dat 'n uitwinningslasbrief tersydegestel kan word as dit nie verder deur sy causa ondersteun word nie en dat 'n vonnis waarvan die afdwingbaarheid afhanklik is van die beslissing van 'n verdere regsprobleem sodanig onseker is dat dit nie as basis vir 'n uitwinningslasbrief kan dien nie. [15] In DU PREEZ v DU PREEZ, 1977 (2) SA 400 (C) te 403 PR-A is bevind dat selfs in die wye taal van Hofreel 45(1) daar 'n graad van onsekerheid in

'n bevel kan wees wat dit ongeoorloof maak om 'n lasbrief in terme daarvan uit te reik. [16] In De Crespigny is bevind dat dit onnodig is om te beslis watter graad van feitelike onsekerheid in 'n uitspraak of vonnis uitvoering van die lasbrief ongeoorloof maak. [17] 'n Lasbrief kan ook tersyde gestel word wanneer die skuld ten aansien waarvan die lasbrief uitgereik is, reeds betaal is sodat daar nie meer 'n onderliggende skuldoorsaak of causa is wat die lasbrief ondersteun nie, soos uiteengesit in VAN DYK v DU TOIT EN 'N ANDER, 1993 (2) SA 781 (O). [18] Ook waar 'n lasbrief nie in ooreenstemming met die bepaalde vonnis uitgereik is nie, is dit onderworpe aan tersydestelling. Sien LE ROUX v YSKOR LANDGOED (EDMS) BEPERK EN ANDERE, 1984 (4) SA 252 (T) te 257 G - H. [19] Die voorveronderstelling by Hofreel 45 is dat 'n lasbrief uitgereik mag word vir 'n vonnisverpligting wanneer die skuld of ander verpligting spesifiek en met sekerheid omskryf is. 'n Lasbrief kan dus net geldig wees as daar sekerheid is oor skuld en die vonnis daarop verleen, en dus oor waarop die skuldeiser in terme van die vonnis geregtig is. Sien ERASMUS, SUPERIOR COURT PRACTICE, Losbladuitgawe 12, 1999 te B1-323.

[2] Hierdie aansoek volg op die hoofaksie (Saak no. 3637/2002) waarin die respondent skadevergoeding geeis het vir skade wat sy gely het weens 'n motorongeiuk en waarin aanspreeklikheid reeds beslis was en die enigste uitstaande geskilpunt die kwantum was en waarin sodanige

kwantum dan geskik en by ooreenkoms 'n hofbevel gemaak is op 25 November 2009.

[3] Op 14 Mei 2009 het Nxusani, Wnd R, in die bogemelde hoofaksie in 'n tussentydse aansoek die applikant gelas om voor of op 27 Mei 2009 aan die eiseres 'n tussentydse ("interim") betaling van R100 000.00 te maak (aanhangsel "A"). Op die respondent se eie weergawe was die betaling versoek en toegestaan ten aansien van die respondent se mediese uitgawes en dis gemeensaak dat dit betaal is.

[4] Op 25 November 2009 het die partye die kwantum geskik. Op hul eie weergawe het die regsverteenwoordigers van die respondent die konsepbevel opgestel wat Jordaan, R, by ooreenkoms 'n finale bevel gemaak het (aanhangsel "B"). Paragraaf 1 daarvan gelas die applikant om aan die respondent R500 000.00 te betaal.

[5] Die bedrag van die kwantum is egter nou in geskil.

[6] Die applikant voer aan dat die finale kwantum geskik is op R500 000.00 (aanhangsel "B"); dat die tussentydse betaling van R100 000.00 (aanhangsel "A") daarteen verreken is en dat slegs die balans van R400 000.00 dus deur die applikant betaalbaar was

[7] Dit is gemeensaak dat die R400 000.00 inderdaad op 11 Desember 2009 in die respondent se bankrekening inbetaal is.

[8] Die respondent beweer egter dat ooreengekom is op 'n finale kwantum van R600 000.00 en ontken dat die tussentydse betaling van R100 000.00 (aanhangsel "A") deel was van die R500 000.00 vermeld in aanhangsel "B" en daarteen verreken kon word.

[9] Die respondent steun swaar op die "twee hofbevele" (aanhangsels "A" en "B") in die respondent se guns wat 'saam 'n totaal van R600 000.00 gee'.

[10] Op die respondent se weergawe moet die applikant dus nog aan die respondent R100 000.00 betaal.

[11] Dit is gemeensaak dat die applikant op 15 Desember 2009 ooreenkomstig die finale hofbevel (aanhangsel "B') R163 086.69

aan getakseerde regskostes in die respondent se rekening inbetaal het, maar dat die respondent op dieselfde dag 'n lasbrief vir R263 086.69 (aanhangsel "F") by die hot geliasseer het wat op 6 Januarie 2010 deur die Griffier uitgereik is.

[12] Die applikant vra nou dat hierdie lasbrief tersyde gestel moet word en dra die onus om te toon dat hy geregtig is om dit te vra.

[13] 'n Lasbrief sal op aansoek as ongeldig of ongeoorloof tersyde gestel word waar die vonnis nie bepaald en seker is nie, byvoorbeeld waar die bedrag betaalbaar in terme van die vonnis slegs vasgestel kan word na 'n verdere regsprobleem beslis is. Sien in die verband DE CRESPIGNY v DE CRESPIGNY, 1959(1) SA 149 (N) te 152 A- B; LE RQUX v YSKOR LANDGOED (EDMS) BEPERK EN ANDERE, 1984 (4) SA 252 (T) te 257 F - G; en RAS EN ANDERE v SAND RIVER CITRUS ESTATES (PTY) LTD, 1972 (4) SA 504 (T) te p.510.

[14] In VAN DYK v DU TOIT EN 'N ANDER, 1993 (2) SA 781 (O) te 783 D word spesifiek bevind dat 'n uitwinningslasbrief tersydegestel kan word as dit nie verder deur sy causa ondersteun word nie en dat 'n vonnis waarvan die afdwingbaarheid afhanklik is van die beslissing van 'n verdere regsprobleem sodanig onseker is dat dit nie as basis vir 'n uitwinningslasbrief kan dien nie.

[15] In DU PREEZ v DU PREEZ, 1977 (2) SA 400 (C) te 403 PR-A is bevind dat selfs in die wye taal van Hofreel 45(1) daar 'n graad van onsekerheid in 'n bevel kan wees wat dit ongeoorloof maak om 'n lasbrief in terme daarvan uit te reik.

[16] In De Crespigny is bevind dat dit onnodig is om te beslis watter graad van feitelike onsekerheid in 'n uitspraak of vonnis uitvoering van die lasbrief ongeoorloof maak.

[17] 'n Lasbrief kan ook tersyde gestel word wanneer die skuld ten aansien waarvan die lasbrief uitgereik is, reeds betaal is sodat daar nie meer 'n onderliggende skuldoorsaak of causa is wat die lasbrief ondersteun nie, soos uiteengesit in VAN DYK v DU TOIT EN 'N ANDER, 1993 (2) SA 781 (O).

[18] Ook waar 'n lasbrief nie in ooreenstemming met die bepaalde vonnis uitgereik is nie, is dit onderworpe aan tersydestelling. Sien LE ROUX v YSKOR LANDGOED (EDMS) BEPERK EN ANDERE, 1984 (4) SA 252 (T) te 257 G - H.

[19] Die voorveronderstelling by Hofreel 45 is dat 'n lasbrief uitgereik mag word vir 'n vonnisverpligting wanneer die skuld of ander verpligting spesifiek en met sekerheid omskryf is. 'n Lasbrief kan dus net geldig wees as daar sekerheid is oor skuld en die vonnis daarop verleen, en dus oor waarop die skuldeiser in terme van die vonnis geregtig is. Sien ERASMUS, SUPERIOR COURT PRACTICE, Losbladuitgawe 12, 1999 te B1-323.

[20] Insgelyks kan 'n lasbrief wat nie meer ondersteun word deur die skuldoorsaak waarop dit uitgereik is nie, ook tersyde gestel word. Sien RAS v SAND RIVER CITRUS ESTATES (PTY) LTD supra te 510 A - E; LE ROUX v YSKOR LANDGOED, supra te 257 B - D en VAN DYK v DU TOIT, supra, te 783 C. [21] Reel 45(1) bepaal dat 'n party wat 'n vonnis in sy guns gekry het, op eie risiko 'n lasbrief uitreik. [22] Dit behels dat in terme van die gemenereg die vonnisskuldeiser aanspreeklik kan wees vir skadevergoeding as die lasbrief tersyde

gestel sou word, soos uiteengesit in McNUTT v MOSTERT, 1949 (3) SA 253 (T) te 255. [23] Op die applikant se weergawe was slegs die balans van R400 000.00 aan die respondent betaalbaar en het die applikant dus reeds op 11 Desember 2009 ten voile voldoen aan paragraaf 1 van die finale hofbevel (aanhangsel "B"). [24] Ook op die applikant se weergawe het applikant teen 15 Desember 2009 al sy verpligtinge teenoor respondent nagekom met betaling van die R163 086.69 in die respondente se rekening. [25] Op die applikant se weergawe het hy dus teen 15 Desember 2009 reeds volledig presteer in terme van die finale hofbevel en was daar dus geen causa vir die lasbrief wat respondent op 15 Desember 2009 geliasseer het nie. [26] Die applikant se saak is dus dat die lasbrief wat toe ook op 6 Januarie 2010 uitgereik is, sonder causa was is en dus tersyde gestel behoort te word. [27] Op die respondent se weergawe is die applikant steeds R100 000.00 op die kwantum verskuldig en was daar dus wel 'n causa vir die lasbrief. [28] Die respondent beweer wel dat dit 'n bona fide oorsig was dat die reeds betaalde regskostes van R163 089.69 steeds in die lasbrief ingesluit was toe die op 6 Januarie 2010 uitgereik is. [29] Dit kon egter nie meer 'n bona fide oorsig wees toe besiagiegging ooreenkomstig die lasbrief geskied het op 12 Januarie 2010 nie en nog minder toe die balju op 2 Februarie 2010 gepoog

het om die items waarop beslag gele is vir die voile R263 089.69 te verwyder. [30] Dit is onbetwis dat teen daardie tyd daar naamlik reeds verskeie telefoonoproepe en briewe tussen die partye omtrent die onbetwiste betaling van die regskostes op 15 Desember 2009 was , sowel as omtrent die verskuldigheid al dan nie van die R100 000.00. [31] Trouens op haar eie weergawe was me Van den Broucke, die respondent se prokureur van rekord en die deponent in die opponerende

verklaring, reeds op 11 Desember 2009, met ander woorde voor sy die lasbrief laat opstel en uitreik het, bewus daarvan dat daar 'n wesenlike geskil omtrent die vonnisbedrag was. [32] Sy verklaar naamlik dat sy op 14 Desember 2009 die inbetaling van slegs R400 000.00 met mnr Laurie in die applikant se kantoor

opgeneem het en dat sy die applikant se skuldvergelyking tussen die reeds betaalde R100 000.00 en die R500 000.00 van hofbevei "B" in geskii gepiaas het. [33] Sy verklaar ook dat sy op dieselfde dag haar korrespondent en advokaat geskakel het om te hoor of hulle ook die finale

skikkingsbedrag as R600 000.00 onthou en dat haar korrespondent haar meegedeel dat die applikant se prokureur die bedrag telefonies

ontken het. [34] Sy beweer wel dat sy meegedeel is dat die applikant se advokaat ook die bedrag as R600 000.00 onthou het. Laasgenoemde advokaat ontken egter die bewering onder eed in die repliserende verklaring. [35] Op haar eie weergawe het me Van den Broucke met voile kennis van die wesenlike geskii oor die finale vonnisbedrag voortgegaan om 'n lasbrief vir die R100 000.00 wat sy self besluit het verskuldig is, te laat uitreik. [36] Sy verklaar naamlik: "... I consequently decided that the Applicant's attitude was of such a nature that I was not prepared to enter into any further discussions and instructed Ms. Prinsloo to issue a writ". [37] Op haar eie weergawe het sy dus die lasbrief laat uitreik wat in die vonnisbedrag die R100 000.00 ingesluit het wat sy toe reeds geweet het in geskii was en welke geskii op haar eie weergawe nie sonder 'n verdere regsgeding opgelos sou kon word nie siende dat sy dit juis gedoen het omdat sy 'nie bereid was om verdere samesprekings te voer nie'. [38] Sy erken ook dat die regskostes van R163 089.69 wat die res van die vonnisbedrag uitgemaak het, reeds betaal was toe die lasbrief uitgereik is. [39] Dit is duidelik dat daar op datum van uitreiking van die lasbrief geen geldige causa was vir minstens die koste-gedeelte van die vonnisbedrag nie. [40] Ook dat op daardie datum die verskuldigdheid van die oorblywende R100 000.00 met haar wete in

geskii was en die deel van die vonnisbedrag dus onseker was en daar duidelik nie sonder die hulp van 'n Hof bepaal sou kon word of daar wel 'n geldige causa was toe die lasbrief uitgereik is nie. [41] Soos Milne, R, dit stel in in DE CRESPIGNY v DE CRESPIGNY, 1959(1) SA 149 te 150F-G: "As execution is a process for enforcing judgments, it seems to me axiomatic that it is only available when the claim or lis has been judicially resolved . And it seems to me clear that a lis has not been judicially resolved if the amount payable under the judgment can only be ascertained after a further problem of law has been decided." [42] Uit die opponerende verklaring blyk dit voorts dat me Van den Broucke alreeds toe sy opdrag gegee het dat die lasbrief uitgereik

word ten spyte van die geskil oor die kwantum, moes besef het dat die tussenkoms van 'n hof om uitsluitsel te gee oor die verskuldigdheid van die oorblywende R100 000.00, oftewel oor die bestaan van 'n geldige causa, onafwendbaar was.

[20] Insgelyks kan 'n lasbrief wat nie meer ondersteun word deur die skuldoorsaak waarop dit uitgereik is nie, ook tersyde gestel word. Sien RAS v SAND RIVER CITRUS ESTATES (PTY) LTD supra te 510 A - E; LE ROUX v YSKOR LANDGOED, supra te 257 B - D en VAN DYK v DU TOIT, supra, te 783 C.

[21] Reel 45(1) bepaal dat 'n party wat 'n vonnis in sy guns gekry het, op eie risiko 'n lasbrief uitreik.

[22] Dit behels dat in terme van die gemenereg die vonnisskuldeiser aanspreeklik kan wees vir skadevergoeding as die lasbrief tersyde

gestel sou word, soos uiteengesit in McNUTT v MOSTERT, 1949 (3) SA 253 (T) te 255.

[23] Op die applikant se weergawe was slegs die balans van R400 000.00 aan die respondent betaalbaar en het die applikant dus reeds op 11 Desember 2009 ten voile voldoen aan paragraaf 1 van die finale hofbevel (aanhangsel "B").

[24] Ook op die applikant se weergawe het applikant teen 15 Desember 2009 al sy verpligtinge teenoor respondent nagekom met betaling van die R163 086.69 in die respondente se rekening.

[25] Op die applikant se weergawe het hy dus teen 15 Desember 2009 reeds volledig presteer in terme van die finale hofbevel en was daar dus geen causa vir die lasbrief wat respondent op 15 Desember 2009 geliasseer het nie.

[26] Die applikant se saak is dus dat die lasbrief wat toe ook op 6 Januarie 2010 uitgereik is, sonder causa was is en dus tersyde gestel behoort te word.

[27] Op die respondent se weergawe is die applikant steeds R100 000.00 op die kwantum verskuldig en was daar dus wel 'n causa vir die lasbrief.

[28] Die respondent beweer wel dat dit 'n bona fide oorsig was dat die reeds betaalde regskostes van R163 089.69 steeds in die lasbrief ingesluit was toe die op 6 Januarie 2010 uitgereik is.

[29] Dit kon egter nie meer 'n bona fide oorsig wees toe besiagiegging ooreenkomstig die lasbrief geskied het op 12 Januarie 2010 nie en nog minder toe die balju op 2 Februarie 2010 gepoog het om die items waarop beslag gele is vir die voile R263 089.69 te verwyder.

[30] Dit is onbetwis dat teen daardie tyd daar naamlik reeds verskeie telefoonoproepe en briewe tussen die partye omtrent die onbetwiste betaling van die regskostes op 15 Desember 2009 was , sowel as omtrent die verskuldigheid al dan nie van die R100 000.00.

[31] Trouens op haar eie weergawe was me Van den Broucke, die respondent se prokureur van rekord en die deponent in die opponerende

verklaring, reeds op 11 Desember 2009, met ander woorde voor sy die lasbrief laat opstel en uitreik het, bewus daarvan dat daar 'n wesenlike geskil omtrent die vonnisbedrag was.

[32] Sy verklaar naamlik dat sy op 14 Desember 2009 die inbetaling van slegs R400 000.00 met mnr Laurie in die applikant se kantoor

opgeneem het en dat sy die applikant se skuldvergelyking tussen die reeds betaalde R100 000.00 en die R500 000.00 van hofbevei "B" in geskii gepiaas het.

[33] Sy verklaar ook dat sy op dieselfde dag haar korrespondent en advokaat geskakel het om te hoor of hulle ook die finale

skikkingsbedrag as R600 000.00 onthou en dat haar korrespondent haar meegedeel dat die applikant se prokureur die bedrag telefonies

ontken het.

[34] Sy beweer wel dat sy meegedeel is dat die applikant se advokaat ook die bedrag as R600 000.00 onthou het. Laasgenoemde advokaat ontken egter die bewering onder eed in die repliserende verklaring.

[35] Op haar eie weergawe het me Van den Broucke met voile kennis van die wesenlike geskii oor die finale vonnisbedrag voortgegaan om 'n lasbrief vir die R100 000.00 wat sy self besluit het verskuldig is, te laat uitreik.

[36] Sy verklaar naamlik: "... I consequently decided that the Applicant's attitude was of such a nature that I was not prepared to enter into any further discussions and instructed Ms. Prinsloo to issue a writ".

[37] Op haar eie weergawe het sy dus die lasbrief laat uitreik wat in die vonnisbedrag die R100 000.00 ingesluit het wat sy toe reeds geweet het in geskii was en welke geskii op haar eie weergawe nie sonder 'n verdere regsgeding opgelos sou kon word nie siende dat sy dit juis gedoen het omdat sy 'nie bereid was om verdere samesprekings te voer nie'.

[38] Sy erken ook dat die regskostes van R163 089.69 wat die res van die vonnisbedrag uitgemaak het, reeds betaal was toe die lasbrief uitgereik is.

[39] Dit is duidelik dat daar op datum van uitreiking van die lasbrief geen geldige causa was vir minstens die koste-gedeelte van die vonnisbedrag nie.

[40] Ook dat op daardie datum die verskuldigdheid van die oorblywende R100 000.00 met haar wete in geskii was en die deel van die vonnisbedrag dus onseker was en daar duidelik nie sonder die hulp van 'n Hof bepaal sou kon word of daar wel 'n geldige causa was toe die lasbrief uitgereik is nie.

[41] Soos Milne, R, dit stel in in DE CRESPIGNY v DE CRESPIGNY, 1959(1) SA 149 te 150F-G:

"As execution is a process for enforcing judgments, it seems to me axiomatic that it is only available when the claim or lis has been judicially resolved . And it seems to me clear that a lis has not been judicially resolved if the amount payable under the judgment can only be ascertained after a further problem of law has been decided."

[42] Uit die opponerende verklaring blyk dit voorts dat me Van den Broucke alreeds toe sy opdrag gegee het dat die lasbrief uitgereik

word ten spyte van die geskil oor die kwantum, moes besef het dat die tussenkoms van 'n hof om uitsluitsel te gee oor die verskuldigdheid van die oorblywende R100 000.00, oftewel oor die bestaan van 'n geldige causa, onafwendbaar was.

[43] Soos Milne, R, in DE CRESPIGNY v DE CRESPIGNY, supra, te 151A-B, met respek tereg bevind het, is dit nie die respondent se prerogatief om self sulke besluite te neem nie. [44] In die lig van die geskil oor die betaalbaarheid van die R100 000.00 en die noodwendige onsekerheid oor die vonnisbedrag kon me Van den Broucke eerstens nooit 'n lasbrief vir die bedrag laat uitreik het nie. [45] Verder kon sy ook nie uitvoering van die lasbrief toegelaat het toe sy reeds op haar eie weergawe geweet het daar was nooit 'n geldige causa ten aansien van die reeds betaalde R193 086.69 en die balans van die vonnis is boonop in geskil nie. Daar moet immers sekerheid wees oor waarop die eiser wel geregtig is in terme van die vonnis. [46] Die aangewese optrede sou wees om die lasbrief te laat ophef of minstens om aansoek te doen vir 'n verklaring van die respondent se regte of vir verlof om uit te win, soos bevind deur Milne, R, in DE CRESPIGNY v DE CRESPIGNY. supra, op cit. [47] Die presiese aard van die mees gepaste aansoek of regshulp hoef nie hier besiis te word nie. [48] Namens die respondent is die submissie gemaak dat die aansoek weens die feite-geskil in terme van die sg. Plascon-Evans beginsel op die respondent se weergawe besiis moet word. [49] Soos Corbett, AR, egter met respek tereg in PLASCON-EVANS PAINTS LTD v VAN RIEBEECK PAINTS (PTY) LTD, 1984(3) SA 623 (A) te 635B-D opgemerk

het, mag daar uisonderings op die algemene reel wees, soos byvoorbeeld waar die respondent se weergawe so duidelik onhoudbaar is dat die Hof geregverdig is om dit bloot op die stukke te verwerp. [50] Om haar bewering van 'n skikking op 'n finale kwantumbedrag van R600 000.00 te staaf, maak me Van den Broucke die submissie dat die respondent "... has two court orders in her favour, the one being for R100 000.00 and the other for R500 000.00, which is exactly the amount of R600 000.00 at which the matter settled". [51] Ook ten aansien van haar en Me Prinsioo se formuiering van die konsepbevel wat finaal gemaak is, herhaal sy die denkfout, naamlik: "... there was no doubt in our minds that the correct formulation of the Order (annexure "B" to the founding affidavit") was R500 000.00 as we already had an Order for R100 000.00 and that the two Orders together would then settle the matter at R600 000.00." [52] Daar is wel twee bevele in die respondent se guns, maar wat die regsverteenwoordigers van die respondent uit die oog verloor, is dat daar slegs een finale hofbevel is ten aansien van die kwantum, naamlik die een van 25 November 2009 vir betaling van R500 000.00, oftewel aanhangsel "B". Aanhangsel "A", die bevel van 14 Maart 2009 vir betaling van R100 000.00, is slegs 'n interim bevel vir 'n tussentydse betaling. [53] Die gemenereg maak nie voorsiening vir tussentydse betalings in deliktuele eise nie. Ten aansien van enige skadevergoedingseis kan daar dus slegs een bevel wees tensy 'n statutere bepaling spesifiek die Hof magtig om wel 'n tussentydse betaling te maak. [54] Wanneer die Hof in so 'n geval sy diskresie uitoefen en 'n tussentydse betaling gelas, kan dit egter nooit die Hof se bedoeling

wees om met die tussentydse bevel vonnis te gee teen die verweerder op daardie skuldoorsaak vir 'n gedeelte van die eiser se eis nie, en is die tussentydse betaling slegs 'n gedeeltelike vooruitbetaling van die uiteindelike finale kwantumbedrag wat nog bereken en bewys moet word, soos Lichtenberg,

R, soos hy toe was, besiis het in KARPAKIS v MUTUAL AND FEDERAL INSURANCE COMPANY LTD, 1991 (3) SA 489 (O). Sien ook VAN WYK v SANTAM BPK, 1997(2) SA 544 (0) en FAIR v SA EAGLE INSURANCE CO LTD 1995(4) SA 96 (E). [55] Artikel 17(6) van die Padongelukfondswet, Wet 56 van 1996, maak voorsiening vir tussentydse betalings in motorvoertuigongelukseise. Dit bepaal naamlik; "Die Fonds ... kan 'n tussentydse betaling op die bedrag wat ingevolge subartikel (1) ten opsigte van mediese koste ... aan die derde party toegeken staan te word, aan die derde party maak..." [56] Uit die bewoording van Artikel 17(6) blyk dit onteenseglik dat sodanige tussentydse betaling deel vorm van die bedrag wat nog aan die einde van die verhoor as kwantum bepaal en toegeken moet word en dus afgetrek of dan verreken moet word teen die kwantumbedrag wat in die finale hofbevel gespesifiseer word. [57] Dit is gemeensaak dat die tussentydse bevel in casu vir die tussentydse betaling van R100 000.00 gemaak is ten aansien van die respondent se mediese kostes. Die bevel (aanhangsel "A") noem spesifiek die betaling 'n tussentydse ("interim") betaling. Ook die aangehegte bewys van elektroniese oorbetaling spesifiseer dit as 'n "Interim Payment". Daar kan dus geen twyfel wees dat die bevel nooit bedoel was om die status te he van nog 'n finale bevel benewens aanhangsel "B" vir 'n addisionele finale betaling ten aansien van die eiseres se skade nie.

[43] Soos Milne, R, in DE CRESPIGNY v DE CRESPIGNY, supra, te 151A-B, met respek tereg bevind het, is dit nie die respondent se prerogatief om self sulke besluite te neem nie.

[44] In die lig van die geskil oor die betaalbaarheid van die R100 000.00 en die noodwendige onsekerheid oor die vonnisbedrag kon me Van den Broucke eerstens nooit 'n lasbrief vir die bedrag laat uitreik het nie.

[45] Verder kon sy ook nie uitvoering van die lasbrief toegelaat het toe sy reeds op haar eie weergawe geweet het daar was nooit 'n geldige causa ten aansien van die reeds betaalde R193 086.69 en die balans van die vonnis is boonop in geskil nie. Daar moet immers sekerheid wees oor waarop die eiser wel geregtig is in terme van die vonnis.

[46] Die aangewese optrede sou wees om die lasbrief te laat ophef of minstens om aansoek te doen vir 'n verklaring van die respondent se regte of vir verlof om uit te win, soos bevind deur Milne, R, in DE CRESPIGNY v DE CRESPIGNY. supra, op cit.

[47] Die presiese aard van die mees gepaste aansoek of regshulp hoef nie hier besiis te word nie.

[48] Namens die respondent is die submissie gemaak dat die aansoek weens die feite-geskil in terme van die sg. Plascon-Evans beginsel op die respondent se weergawe besiis moet word.

[49] Soos Corbett, AR, egter met respek tereg in PLASCON-EVANS PAINTS LTD v VAN RIEBEECK PAINTS (PTY) LTD, 1984(3) SA 623 (A) te 635B-D opgemerk het, mag daar uisonderings op die algemene reel wees, soos byvoorbeeld waar die respondent se weergawe so duidelik onhoudbaar is dat die Hof geregverdig is om dit bloot op die stukke te verwerp.

[50] Om haar bewering van 'n skikking op 'n finale kwantumbedrag van R600 000.00 te staaf, maak me Van den Broucke die submissie dat die respondent "... has two court orders in her favour, the one being for R100 000.00 and the other for R500 000.00, which is exactly the amount of R600 000.00 at which the matter settled".

[51] Ook ten aansien van haar en Me Prinsioo se formuiering van die konsepbevel wat finaal gemaak is, herhaal sy die denkfout, naamlik: "... there was no doubt in our minds that the correct formulation of the Order (annexure "B" to the founding affidavit") was R500 000.00 as we already had an Order for R100 000.00 and that the two Orders together would then settle the matter at R600 000.00."

[52] Daar is wel twee bevele in die respondent se guns, maar wat die regsverteenwoordigers van die respondent uit die oog verloor, is dat daar slegs een finale hofbevel is ten aansien van die kwantum, naamlik die een van 25 November 2009 vir betaling van R500 000.00, oftewel aanhangsel "B". Aanhangsel "A", die bevel van 14 Maart 2009 vir betaling van R100 000.00, is slegs 'n interim bevel vir 'n tussentydse betaling.

[53] Die gemenereg maak nie voorsiening vir tussentydse betalings in deliktuele eise nie. Ten aansien van enige skadevergoedingseis kan daar dus slegs een bevel wees tensy 'n statutere bepaling spesifiek die Hof magtig om wel 'n tussentydse betaling te maak.

[54] Wanneer die Hof in so 'n geval sy diskresie uitoefen en 'n tussentydse betaling gelas, kan dit egter nooit die Hof se bedoeling

wees om met die tussentydse bevel vonnis te gee teen die verweerder op daardie skuldoorsaak vir 'n gedeelte van die eiser se eis nie, en is die tussentydse betaling slegs 'n gedeeltelike vooruitbetaling van die uiteindelike finale kwantumbedrag wat nog bereken en bewys moet word, soos Lichtenberg,

R, soos hy toe was, besiis het in KARPAKIS v MUTUAL AND FEDERAL INSURANCE COMPANY LTD, 1991 (3) SA 489 (O). Sien ook VAN WYK v SANTAM BPK, 1997(2) SA 544 (0) en FAIR v SA EAGLE INSURANCE CO LTD 1995(4) SA 96 (E).

[55] Artikel 17(6) van die Padongelukfondswet, Wet 56 van 1996, maak voorsiening vir tussentydse betalings in motorvoertuigongelukseise. Dit bepaal naamlik; "Die Fonds ... kan 'n tussentydse betaling op die bedrag wat ingevolge subartikel (1) ten opsigte van mediese koste ... aan die derde party toegeken staan te word, aan die derde party maak..."

[56] Uit die bewoording van Artikel 17(6) blyk dit onteenseglik dat sodanige tussentydse betaling deel vorm van die bedrag wat nog aan die einde van die verhoor as kwantum bepaal en toegeken moet word en dus afgetrek of dan verreken moet word teen die kwantumbedrag wat in die finale hofbevel gespesifiseer word.

[57] Dit is gemeensaak dat die tussentydse bevel in casu vir die tussentydse betaling van R100 000.00 gemaak is ten aansien van die respondent se mediese kostes. Die bevel (aanhangsel "A") noem spesifiek die betaling 'n tussentydse ("interim") betaling. Ook die aangehegte bewys van elektroniese oorbetaling spesifiseer dit as 'n "Interim Payment". Daar kan dus geen twyfel wees dat die bevel nooit bedoel was om die status te he van nog 'n finale bevel benewens aanhangsel "B" vir 'n addisionele finale betaling ten aansien van die eiseres se skade nie.

[58] In ADMINISTRATOR, CAPE, AND ANOTHER v NTSHWAQELA AND OTHERS, 1990 (1) SA 705 (A) is eksplisiet gese die bevel waarmee 'n uitspraak afsluit is die uitvoerende gedeelte van die uitspraak. Dit omskryf wat die hof vereis gedoen en nie gedoen moet word nie. Die hof se aanwysings word gevind in die bevel en nerens anders nie. Indien die betekenis van die bevel duidelik en ondubbelsinnig is, is die bevel deurslaggewend en kan dit nie beperk of uitgebrei word deur enige iets anders wat in die uitspraak staan nie. [59] By die interpretasie van bevele en uitsprake geld die basiese interpretasiereel. Die bedoeling van die hof word vasgestel primer uit die taal van die bevel. Indien die taal duidelik en ondubbelsinnig is, is geen ekstrinsieke feite of getuienis toelaatbaar om die bevel te weerspreek, te wysig of te kwalifiseer nie. Slegs as die bewoording van die bevel onseker is, mag ekstrinsieke omstandighede wat aanleiding gegee het tot die verleen van die bevel ondersoek word. [60] Die bewoording van aanhangsel "A" is duidelik en ondubbelsinnig: die R100 000.00 is 'n "interim"

(tussentydse betaling". Eweneens is die bewoording van aanhangsel "B" duidelik en ondubbelsinnig: die applikant betaal aan die respondent R500 000.00. [61] Die bewoording van Artikel 17(6) van Wet 56 van 1996 is netso duidelik en ondubbelsinnig: 'n tussentydse betaling word gemaak uit die uiteindelik bedrag wat toegeken word as skadevergoeding, met ander woorde as 'n gedeeltelike vooruitbetaling van die finale toekenning. [62] Aan die einde van die hoofsaak het Jordaan, R, op 25 November 2009 by wyse van ooreenkoms in aanhangsel "B" beveel dat die finale kwantum R500 000.00 is. [63] Daaruit volg dan noodwendig dat die R100 000.00 wat eksplisiet as tussentydse betaling op 9 Mei 2009 ooreenkomstig die tussentydse

bevel betaal is van die finale bevel se bedrag afgetrek moet word. [64] Die respondent se weergawe, naamlik dat hul twee hofbevele in hul guns het wat saarn die finale kwantum R600 000.00 maak, is dus duidelik onhoudbaar. [65] Die applikant se weergawe word dus aanvaar en word bevind dat op die feite van die saak, die tersydestelling van die lasbrief geregverdig is. [65] Koste volg die uitslag.

DERHALWE word die volgende bevele gemaak: 1. Die lasbrief uitgereik op 6 Januarie 2010 onder saaknommer 3637/2002 word tersyde gestel.

2. Die respondent word gelas om die koste van hierdie aansoek te betaal. H. MURRAY, Wnd.R Namens die applikant: Adv SJ Reinders in opdrag van Webbers Prokureurs, Bloemfontein. Namens die respondent: Adv. N Snellenburg in opdrag van Honey Prokureurs, Bloemfontein

[58] In ADMINISTRATOR, CAPE, AND ANOTHER v NTSHWAQELA AND OTHERS, 1990 (1) SA 705 (A) is eksplisiet gese die bevel waarmee 'n uitspraak afsluit is die uitvoerende gedeelte van die uitspraak. Dit omskryf wat die hof vereis gedoen en nie gedoen moet word nie. Die hof se aanwysings word gevind in die bevel en nerens anders nie. Indien die betekenis van die bevel duidelik en ondubbelsinnig is, is die bevel deurslaggewend en kan dit nie beperk of uitgebrei word deur enige iets anders wat in die uitspraak staan nie.

[59] By die interpretasie van bevele en uitsprake geld die basiese interpretasiereel. Die bedoeling van die hof word vasgestel primer uit die taal van die bevel. Indien die taal duidelik en ondubbelsinnig is, is geen ekstrinsieke feite of getuienis toelaatbaar om die bevel te weerspreek, te wysig of te kwalifiseer nie. Slegs as die bewoording van die bevel onseker is, mag ekstrinsieke omstandighede wat aanleiding gegee het tot die verleen van die bevel ondersoek word.

[60] Die bewoording van aanhangsel "A" is duidelik en ondubbelsinnig: die R100 000.00 is 'n "interim"

(tussentydse betaling". Eweneens is die bewoording van aanhangsel "B" duidelik en ondubbelsinnig: die applikant betaal aan die respondent R500 000.00.

[61] Die bewoording van Artikel 17(6) van Wet 56 van 1996 is netso duidelik en ondubbelsinnig: 'n tussentydse betaling word gemaak uit die uiteindelik bedrag wat toegeken word as skadevergoeding, met ander woorde as 'n gedeeltelike vooruitbetaling van die finale toekenning.

[62] Aan die einde van die hoofsaak het Jordaan, R, op 25 November 2009 by wyse van ooreenkoms in aanhangsel "B" beveel dat die finale kwantum R500 000.00 is.

[63] Daaruit volg dan noodwendig dat die R100 000.00 wat eksplisiet as tussentydse betaling op 9 Mei 2009 ooreenkomstig die tussentydse

bevel betaal is van die finale bevel se bedrag afgetrek moet word.

[64] Die respondent se weergawe, naamlik dat hul twee hofbevele in hul guns het wat saarn die finale kwantum R600 000.00 maak, is dus duidelik onhoudbaar.

[65] Die applikant se weergawe word dus aanvaar en word bevind dat op die feite van die saak, die tersydestelling van die lasbrief geregverdig is.

[65] Koste volg die uitslag.

DERHALWE word die volgende bevele gemaak:

1. Die lasbrief uitgereik op 6 Januarie 2010 onder saaknommer 3637/2002 word tersyde gestel.

2. Die respondent word gelas om die koste van hierdie aansoek te betaal.

H. MURRAY, Wnd.R

Namens die applikant: Adv SJ Reinders in opdrag van

Webbers Prokureurs, Bloemfontein.

Namens die respondent: Adv. N Snellenburg in opdrag van

Honey Prokureurs, Bloemfontein

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

DE CRESPIGNY v DE CRESPIGNY, 1959 (1) SA 149 (N)

Case cited

LE ROUX v YSKOR LANDGOED (EDMS) BEPERK EN ANDERE, 1984 (4) SA 252 (T)

Case cited

RAS EN ANDERE v SAND RIVER CITRUS ESTATES (PTY) LTD, 1972 (4) SA 504 (T)

Case cited

VAN DYK v DU TOIT EN 'N ANDER, 1993 (2) SA 781 (O)

Case cited

DU PREEZ v DU PREEZ, 1977 (2) SA 400 (C)

Case cited

KARPAKIS v MUTUAL AND FEDERAL INSURANCE COMPANY LTD, 1991 (3) SA 489 (O)

Case cited

VAN WYK v SANTAM BPK, 1997 (2) SA 544 (O)

Case cited

FAIR v SA EAGLE INSURANCE CO LTD, 1995 (4) SA 96 (E)

Case cited

ADMINISTRATOR, CAPE, AND ANOTHER v NTSHWAQELA AND OTHERS, 1990 (1) SA 705 (A)

Case cited

PLASCON-EVANS PAINTS LTD v VAN RIEBEECK PAINTS (PTY) LTD, 1984 (3) SA 623 (A)

Case cited

McNUTT v MOSTERT, 1949 (3) SA 253 (T)

Case cited

Road Accident Fund Act 56 of 1996

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.