Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Pahtkki Boerdery (Edms) Bpk en Anders v PJ BOTH NO en Ander (A203/2008) [2010] ZAFSHC 38 (22 April 2010)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the first respondent, appointed as expert under the settlement agreement, acted within his mandate by using standard agricultural models and industry practices to determine input costs, given the impossibility of calculating actual costs from the available documentation. The applicants failed to demonstrate that the expert's determination was unreasonable, irregular, or incorrect, or that it resulted in manifest unfairness. The legal principles governing expert determination do not require the expert to conduct a judicial inquiry or to hear submissions from all parties. The application for review was accordingly dismissed with costs.

Court disposition

Application dismissed with costs.

Orders

  • The application is dismissed with costs.

02

Material facts

Parties

Pahtiki Boerdery (Edms) Bpk

Applicant Counsel: Adv. W.L. Wepener SC

Aktiewe Boerdery BK

Applicant Counsel: Adv. W.L. Wepener SC

Aletta Fourie

Applicant Counsel: Adv. W.L. Wepener SC

P J Botha N.O.

Respondent

G P Scheepers

Respondent Counsel: Adv. J. D. Robbertse

Amounts and remedies

  • Expert's Calculated Cost Per Hectare: ZAR 5,934.5
  • Applicant's Auditor Calculated Cost Per Hectare: ZAR 5,937

03

Procedural history

  1. Posture

    Review Application / Judgment

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicants argued that the first respondent failed to comply with the mandate under the settlement agreement by determining standard input costs rather than the actual input costs for the maize planted on Ireton and Rona. They contended that this constituted a material misdirection and that the expert did not properly exercise his discretion, referencing Ferreira v Premier, Free State and Others and Pepcor Retirement Fund v Financial Services Board. They further argued that the expert's approach was incorrect and that the audi alteram partem rule was not followed.
Respondent
The respondents maintained that it was impossible to determine the actual input costs for Ireton and Rona due to the nature of the documentation and the manner in which inputs were purchased. The first respondent, as expert, used industry-standard methods and regional agricultural models to calculate costs, which was consistent with his mandate. They argued that the applicants failed to demonstrate any manifest unfairness or that the expert's determination was unreasonable, irregular, or incorrect.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Perdikis v Jamieson 2002 (6) SA 356 (W) at 361, para [5]

    The function of an expert appointed as a valuer is distinct from that of an arbitrator; the expert is required to exercise honest judgment and skill, not to conduct a judicial inquiry.

  2. 02

    Bekker v RSA Factors 1983 (4) SA 568 (T) at 573E–F

    If a third party appointed to determine a price or valuation acts so unreasonably, improperly, irregularly, or incorrectly that manifest unfairness results, the determination may be rectified for reasons of equity.

  3. 03

    Pepcor Retirement Fund v Financial Services Board 2003 (6) SA 38 (SCA)

    A material mistake of fact may be a basis for reviewing an administrative decision, but the mistake must be fundamental and result in a failure of justice.

  4. 04

    Bekker v RSA Factors (supra); Van Heerden v Basson 1998 (1) SA 715 (T) at 719A–B

    A party seeking review of an expert determination must show not only error but also manifest unfairness resulting from the error.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the first respondent, appointed as expert under the settlement agreement, acted within his mandate by using standard agricultural models and industry practices to determine input costs, given the impossibility of calculating actual costs from the available documentation. The applicants failed to demonstrate that the expert's determination was unreasonable, irregular, or incorrect, or that it resulted in manifest unfairness. The legal principles governing expert determination do not require the expert to conduct a judicial inquiry or to hear submissions from all parties. The application for review was accordingly dismissed with costs.

Obiter and limits

  • Even if the expert made an error, the applicants did not show that it led to manifest unfairness.
  • The method used by the expert was substantially consistent with the settlement agreement and prevailing legal principles.
  • The audi alteram partem rule does not apply to expert determinations of this nature.

Court disposition

Application dismissed with costs.

  • The application is dismissed with costs.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2010] ZAFSHC 38

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Saak nommer. : A203/2008

In die saak tussen:

PAHTIKI BOERDERY (EDMS) BPK Eerste Applikant

AKTIEWE

BOERDERY BK Tweede Applikant

ALETTA

FOURIE Derde Applikant

en

P J BOTHA N.O. Eerste Respondent

G

P SCHEEPERS Tweede Respondent

_____________

CORAM: HANCKE, R et EBRAHIM, R

UITSPRAAK: HANCKE,

R

AANGEHOOR OP: 19 APRIL 2010

GELEWER OP: 22 APRIL 2010

[1] Hierdie is ‘n aansoek dat ‘n bevinding van die eerste respondent gedateer 15 September 2008 hersien en tersyde gestel word. Die applikante en die tweede respondent is in litigasie betrokke ten opsigte van mielies wat tweede respondent op die eiendom van die eerste applikant geplant het. Die tweede respondent het in die Suid Gautengse Hoë Hof aansoek gedoen om ‘n interdik teen die tweede applikant om die mielies geplant op die twee lande te stroop, hangende ‘n aksie om ingestel te word deur tweede respondent vir ‘n verklarende bevel dat die tweede respondent die eienaar van die mielies is.

[2] Die partye het hierdie aansoek geskik, welke skikkingsooreenkoms ‘n hofbevel gemaak is. Die volgende paragraaf daarvan is van belang, wat soos volg lui:

“4. Ten aansien van die Applikant se insetkoste vir die plant van die mielies op Ireton en Rona, sal die volgende bepalings geld:-

4.1 die partye sal poog om binne 2 (twee) weke vanaf datum ‘n ooreenkoms te bereik ten aansien van sodanige insetkoste teen lewering van dokumentere bewys deur Applikant;

4.2 indien die partye nie ‘n ooreenkoms bereik nie, sal die Voorsitter van Nampo versoek word om ‘n deskundige aan te stel om die werklike insetkoste te bepaal met verwysing na dokumentere bewys deur Applikant. Die beslissing van die persoon sodanig aangestel sal finaal bindend op die partye wees;”

[3] Die skikkingsooreenkoms maak verder voorsiening dat die tweede respondent (applikant in bogemelde aansoek) se insetkoste aan hom uitbetaal word ongeag, en voor die aksie wat tweede respondent van voorneme is om teen die applikante in te stel, en wel deur middel van silo sertifikate uitgereik deur Senwes Koöperasie sodra die opbrengs van die verkoop van die mielies

afkomstig van gemelde lande beskikbaar geword het.

[4] Nadat die partye nie ‘n ooreenkoms kon bereik nie is die eerste respondent ooreenkomstig klousule 4.2 aangestel, synde ‘n landbou ekonoom met ‘n MSc graad in Landbou-Ekonomie en in diens by Graan Suid-Afrika (voorheen Nampo) as a senior Landbou Navorsingskundige. Hy is ook die enigste persoon in diens van Graan Suid-Afrika wat sulke vasstellings doen.

[5] Mnr Wepener, namens die applikante, het betoog dat die applikante se aansoek in wese daarop berus dat die eerste respondent strydig met die skikkingsooreenkoms opgetree het deur in plaas van om die werklike insetkoste te bepaal, hy die betrokke berekening gedoen het aan die hand van die standaard wyse waarop alle boere hulle insetkoste vasstel.

[6] Dit blyk uit die Opponerende Eedsverklarings van die respondente dat die tweede respondent nie produksiemiddele vir Ireton en Rona afsonderlik gekoop het nie maar het hy dit by wyse van een faktuur gekoop vir al die plase waarop hy geplant het. Eerste respondent sê dan ook dat daar geen manier is waarop daar bevestig kan word watter insette wáár aangewend is nie en dat dit onmoontlik is om die sogenaamde werklike insetkoste te bepaal.

[7] Daar is in ‘n mate stawing vir die eerste respondent se houding in hierdie verband in die vorm van ‘n deponent namens die applikante naamlik Dr Taljaard wat te kenne gee dat dit nie moontlik is om die werklike insetkoste van Ireton en Rona te bereken volgens huidige beskikbare inligting nie om ‘n verskeidenheid van redes wat onder andere insluit die feit dat verskeie van die kostes vervat in die dokumentasie oorhoofse of vaste kostes is wat nie noodwendig direk aan die skaal van produksie gekoppel is nie en wat nie so geredelik in hulle totaliteit na die spesifieke mielie produksie op Ireton en Rona toegedeel kan word nie.

[8] In hierdie verband verwys hy na die elektrisiteitsrekeninge van Eskom van drie afsonderlike punte terwyl daar nie Eskom aansluitings is op gemelde eiendomme; telefoon en selfoonrekeninge waarvan sekere gedeeltes moontlik ook privaatgebruik mag wees; bankkostes; uitgawes aan voertuig; ouditeursfooie; waardevermindering, om net ‘n paar te noem. Taljaard gee te kenne dat dit wel moontlik kan wees om ‘n berekende werklike insetkoste vir die twee plase te maak mits addisionele inligting aangaande die produksieproses beskikbaar gemaak word, ‘n aspek waar daar dus ‘n dispuut is tussen hom en die eerste respondent.

[9] Namens die applikante het Mnr Wepener met verwysing na FERREIRA v PREMIER, FREE STATE AND OTHERS 2000 (1) SA 241 (O) betoog dat die eerste respondent ‘n wesenlike wanvoorligting begaan het en nie sy diskressie behoorlik uitgeoefen het nie deurdat hy geglo het dat sy mandaat was om die insetkoste te bepaal en nie die “werklike” insetkoste nie.1 Verder, met verwysing na PEPCOR RETIREMENT FUND v FINANCIAL SERVICES BOARD 2003 (6) SA 38 (HHA) is die betoog dat die eerste respondent ‘n wesenlike feite dwaling begaan het tot so ‘n mate dat sy bevindinge hersienbaar is.2

[10] Dit is egter belangrik om daarop te let dat die regsbeginsels wat van toepassing is op ‘n funksionaris soos ‘n arbiter verskil van dié ten opsigte van ‘n buitestaander wat ‘n vasstelling moet maak en wat gewoonweg ‘n deskundige is. In

PERDIKIS v JAMIESON 2002 (6) SA 356 (W) verklaar Boruchowitz, R op 361, paragraaf [5] die volgende:

“[5] Our law recognises that the function of an expert who acts as a valuer is distinct from that of an arbitrator. The valuer's duty is not to hear and determine a dispute but to decide the questions submitted to him by the exercise of his judgment and skill without a judicial inquiry. He does not exercise a quasi-judicial function. The valuer is not required to hear or receive submissions from either party. All that is required is that he exercise an honest judgment, the arbitrium boni viri.”3

[11] Wat van ‘n derde persoon soos die eerste respondent in die huidige saak verwag word, blyk ook uit wat Grosskopf, R in BEKKER v RSA FACTORS 1983 (4) SA 568 (T) 573E – F verklaar het:

“Indien 'n derde persoon benoem word om 'n koopprys vas te stel of 'n waardasie te maak, moet hy die oordeel van 'n redelike man aan die dag lê. Indien sy oordeel met betrekking tot die prysvasstelling of waardasie egter so onredelik, onbehoorlik, onreëlmatig of verkeerd is dat dit tot 'n ooglopende onbillikheid sal lei, is die persoon wat daardeur benadeel word, nie daaraan gebonde nie, maar kan die vasstelling of waardasie om billikheidsredes reggestel word.”

[12] Dit blyk volgens die berekenings van die eerste respondent dat hy verwys na Graan Suid-Afrika se begroting vir die 2007/08 produksie jaar wat gedurende Augustus 2007 opgestel is. Volgens hom het die verskillende inset-verskaffers vir hulle streek die algemene

landboupraktyk inligting asook die pryse en hoeveelhede ter sprake verskaf, welke inligting in ‘n model vervat is om produksiekoste per hektaar vir die spesifieke area te bepaal. Die vaste koste van ‘n tipiese boerdery in die omgewing is gemoduleer om ‘n realistiese vaste koste per hektaar te bereken. Weens die brandstofprysverhoging moes die brandstof pryse ook aangepas word, wat ‘n verdere verhoging in die insetkoste weerspieël. Volgens die bogenoemde berekenings beloop die totale koste per hektaar R5934,50.

[13] Aan die ander kant het die tweede applikant se ouditeur, Mnr Van Zyl, volledige fakture verwerk en self ‘n berekening gemaak en kom sy berekening te staan op ‘n bedrag van R5937.00 dit wil sê ‘n verskil van R2,50 per hektaar.

[14] Op ‘n vraag van die hof aan Mnr Wepener of daar enige onbillikheid gely is deur die applikante het hy gesê hy weet nie omdat daar nie voldoende inligting beskikbaar was om die nodige berekenings te maak nie. Hy het gesê daar kan sprake wees van ‘n vasstelling wat selfs gunstig vir die applikante kon wees maar het hy volhard met die betoog dat die eerste respondent ‘n verkeerde metode gebruik het om sy berekeninge te maak.

[15] Wat die metode betref wat eerste respondent gebruik het, is dit wesenlik in ooreenstemming met die bepallings van klousule 4.2 van die skikkingsooreenkoms. Volgens die regspraak is dit ook duidelik dat ‘n aansoekdoener nie alleen ‘n fout moet aantoon nie, maar ook dat dit gely het tot ‘n ooglopende onbillikheid.4

[16] Wat die nie-nakoming van die audi alteram partem reël betref, blyk dit volgens klousule 2 van die skikkingsooreenkoms dat dit die eerste respondent se opdrag was om die insetkoste te bepaal met verwysing na dokumentêre bewys deur applikant (tweede respondent in die huidige aansoek). In elk geval word dit nie van ‘n deskundige verwag om vertoë van alle partye aan te hoor nie.5

[17] In die lig van die voorgaande is ek nie oortuig dat die applikante aangetoon het dat die eerste respondent se berekening onredelik,

onbehoorlik, onreëlmatig of verkeerd was nie. Al sou hy ook ‘n fout begaan het, waarvan ek ook nie oortuig is nie, is hier nie sprake van ‘n ooglopende onbillikheid nie.

[18] In die lig van die slotsom waartoe ek kom is dit nie nodig om te handel met die ander aspekte wat deur die respondente geopper is nie.

Bygevolg word die aansoek van die hand gewys met koste.

_____

S. P. B. HANCKE, R

Ek stem saam.

____

S. EBRAHIM, R

Namens die appellant: Adv. W.L. Wepener SC

In opdrag van:

Symington & De Kok

BLOEMFONTEIN

Namens eerste respondent: Geen verskyning

Namens tweede respondent: Adv. J. D. Robbertse

Lovius Block

/EM

1 Van Coller, R verklaar op 251J tot 252B: “If, however, there is such a material misdirection of fact that it is clear that the functionary has failed to exercise his discretion, a Court of review is entitled to interfere. I am not satisfied that the misdirection in this case is so fundamental that it vitiated the exercise of a proper discretion by the second respondent. In my view, the assumption with regard to the floor area did not influence the second respondent in the exercise of his discretion to such an extent that it can be found that had the correct assumption been made he would have arrived at a different conclusion. There was accordingly no failure of justice.”

2 Cloete, A.R. verklaar teenoor paragraaf [47] die volgende: “[47] In my view, a material mistake of fact should be a basis upon which a Court can review an administrative decision. If legislation has empowered a functionary to make a decision, in the public interest, the decision should be made on the material facts which should have been available for the decision properly to be made.”

3 Sien ook CHELSEA WEST (PTY) LTD AND ANOTHER v ROODEBLOEM INVESTMENTS (PTY) LTD AND ANOTHER 1994 (1) SA 837 (K) te 845E-F.

4 BEKKER v RSA FACTORS (supra) te 573E – F; VAN HEERDEN v BASSON 1998 (1) SA 715 (T) TE 719A – B.

4 BEKKER v RSA FACTORS (supra) te 573E – F; VAN HEERDEN v BASSON 1998 (1) SA

715 (T) TE 719A – B.

5 PERDIKIS v

JAMIESON supra te 361J.

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Ferreira v Premier, Free State and Others 2000 (1) SA 241 (O)

Case cited

Pepcor Retirement Fund v Financial Services Board 2003 (6) SA 38 (SCA)

Case cited

Perdikis v Jamieson 2002 (6) SA 356 (W)

Case cited

Bekker v RSA Factors 1983 (4) SA 568 (T)

Case cited

Chelsea West (Pty) Ltd and Another v Roodebloem Investments (Pty) Ltd and Another 1994 (1) SA 837 (K)

Case cited

Van Heerden v Basson 1998 (1) SA 715 (T)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.