Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Papagapiou v Santam Beperk (2094/2003) [2004] ZAFSHC 106 (11 November 2004)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the plaintiff, by offering a bribe to the defendant's assessor to inflate the value of the insurance claim, employed fraudulent methods with the intention of obtaining a benefit under the policy. Clause 8 of the insurance policy is not limited to cases where a fraudulent claim is actually submitted; it also covers attempts to use fraudulent means to secure a benefit. The wording of the clause encompasses any use of fraudulent methods or means, regardless of outcome. The plaintiff's conduct was deliberate and aimed at securing an unjustified advantage, and the defendant discharged the burden of proof required to invoke the exclusion. Accordingly, the plaintiff forfeited all benefits under the policy related to the claim, and the claim was dismissed with costs.

Court disposition

Plaintiff's claim dismissed with costs.

Orders

  • The plaintiff's claim is dismissed.
  • The plaintiff is ordered to pay the costs of the defendant.

02

Material facts

Parties

A Papagapiou

Plaintiff Counsel: Adv. J. Claassen

Santam Beperk

Defendant Counsel: Adv. R. Cronjé

Amounts and remedies

  • Alleged Bribe Offered (first Instance): ZAR 50,000
  • Alleged Bribe Offered (second Instance): ZAR 10,000
  • Claim Value Discussed (first Instance): ZAR 500,000
  • Claim Value Discussed (second Instance): ZAR 165,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Trial / Determination of Preliminary Issue on Fraudulent Claim

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The plaintiff, represented by Adv. Claassen, argued that clause 8 of the insurance policy only applies where a fraudulent claim has actually been submitted. He relied on legal commentary and case law, particularly FOURIE v SENTRASURE 1997 (4) SA 950 (NK), to contend that the clause does not cover mere attempts or offers to submit a fraudulent claim. The plaintiff denied that his conduct constituted the use of fraudulent methods or means as contemplated by the policy.
Respondent
The defendant, represented by Adv. Cronjé, argued that the plaintiff's conduct—offering a bribe to the assessor to inflate the claim—constituted the use of fraudulent methods or means to obtain a benefit under the policy. The defendant maintained that clause 8 is triggered by any attempt to use fraudulent means, regardless of whether a fraudulent claim is ultimately submitted or succeeds. The defendant asserted that the plaintiff's actions were deliberate and intended to secure an unjustified benefit, justifying forfeiture of all policy benefits.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Papagapiou v Santam Beperk (2094/2003) [2004] ZAFSHC 106

    Clause 8 of the insurance policy provides that all benefits under the policy are forfeited if any fraudulent methods or means are used by the insured to obtain a benefit, regardless of whether a fraudulent claim is actually submitted or succeeds.

  2. 02

    FOURIE v SENTRASURE 1997 (4) SA 950 (NK)

    The burden of proof for a defence based on fraudulent conduct under an insurance policy rests on the insurer.

  3. 03

    Papagapiou v Santam Beperk (2094/2003) [2004] ZAFSHC 106

    Potential disadvantage to the insurer is sufficient to constitute fraud; actual success of the fraudulent method is not required.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the plaintiff, by offering a bribe to the defendant's assessor to inflate the value of the insurance claim, employed fraudulent methods with the intention of obtaining a benefit under the policy. Clause 8 of the insurance policy is not limited to cases where a fraudulent claim is actually submitted; it also covers attempts to use fraudulent means to secure a benefit. The wording of the clause encompasses any use of fraudulent methods or means, regardless of outcome. The plaintiff's conduct was deliberate and aimed at securing an unjustified advantage, and the defendant discharged the burden of proof required to invoke the exclusion. Accordingly, the plaintiff forfeited all benefits under the policy related to the claim, and the claim was dismissed with costs.

Obiter and limits

  • The court noted that the deterrent purpose of clause 8 is to discourage any attempt to obtain benefits by fraudulent means, even if unsuccessful.
  • The court observed that the plaintiff's offers were not made in jest but were serious attempts to induce the assessor to act dishonestly.

Court disposition

Plaintiff's claim dismissed with costs.

  • The plaintiff's claim is dismissed.
  • The plaintiff is ordered to pay the costs of the defendant.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2004] ZAFSHC 106

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Saak nr. : 2094/2003

A

PAPAGAPIOU EISER

en

SANTAM

BEPERK VERWEERDER

UITSPRAAK: CILLIé R

AANGEHOOR OP: 14, 15, 17 SEPTEMBER 2004

GELEWER OP: 11 NOVEMBER 2004

[1] In uitvoering van ‘n ooreenkoms tot dien effekte bereik tydens ‘n reël 37 samespreking is by die aanvang van die verhoor gelas dat “die bewerings soos vervat in paragraaf 8 van eiser se besonderhede van vordering gelees met paragraaf 7 van verweerder se verweerskrif” eers bereg word en dat alle ander geskilpunte oorstaan vir latere beregting.

[2] Die geskilpunt geopper in gemelde paragrawe van die pleitstukke is of “…. 7.3 Eiser vir André Carstens probeer omkoop het deur aan hom ‘n belofte te maak om indien hy die waarde van die skade op R500 000,00 sou bepaal hy aan gesegde Carstens ‘n bedrag van R50 000,00 kontant sou betaal” en “…. 7.4 Gedurende November/Desember 2002 het eiser aan gesegde Carstens ‘n bedrag van R10 000,00 kontant beloof indien hy die waarde van die skade op R165 000,00 sou bepaal”.

[3] Die volgende agtergrond maak hierdie geskilpunt verstaanbaar:

Eiser het ‘n versekeringskontrak (hierna polis genoem) met verweerder gesluit in terme waarvan verweerder onderneem het om eiser skadeloos te stel in geval van skade aan verbeteringe op eiser se besigheidsperseel geleë te Virginia. ‘n Gebou op die perseel is beskadig in ‘n brand terwyl die polis van volle krag en werking was.

Klousule 8 van die polis lees as volg:

“Indien enige eis ingevolge hierdie polis in enige opsig bedrieglik is of indien enige bedrieglike metodes of middele deur die versekerde of enigiemand wat namens hom optree met sy medewete of toestemming gebruik word om enige voordeel ingevolge hierdie polis te verkry of indien enige gebeurtenis veroorsaak word deur die opsetlike daad of met die oogluikende toelating van die versekerde word alle voordele wat deur hierdie polis ten opsigte van enige sodanige eis verskaf word verbeur”.

Dit is hierdie klousule wat die grondslag bied vir verweerder se pleit soos hierbo weergegee.

[4] Namens die eiser het ene Carstens getuig. Hy is die persoon na wie in die aangehaalde paragrawe van die verweerskrif verwys word. Sy getuienis was nie werklik aangeveg nie. Eerder was daar in kruisverhoor gepoog om die werklike inslag daarvan te ondersoek. Die crux van Carstens se getuienis was dat hy as assessor deur verweerder opdrag gegee was om die eis te ondersoek, die skade vas te stel en die bedrag daarvan met die eiser, as versekerde, te skik. In sulke situasies tree Carstens dan op as agent vir die verweerder. In hierdie verband het hy die eiser geskakel en ‘n afspraak met hom gemaak. Tydens die ontmoeting op 13 November 2002 het die eiser, nadat die skade besigtig was, hom gevra wat hy dink die omvang van die skade is. Carstens het geantwoord dat hy eers ‘n berekening sal moet maak. Eiser het daarop gevra of dit R1 miljoen of dalk R500 000,00 kan wees. Carstens het volgehou dat hy eers berekeninge moet maak. Eiser het toe gesê dat hy die skade so hoog as moontlik moet bereken en dan sal hy, dit is eiser, aan Carstens 10% van die skikkingsbedrag in kontant gee. Carstens het geantwoord dat hy dit nie kan doen nie. Eiser het daarop uitgevra na Carstens se gesin en kinders en wanneer hy op verlof sou gaan. Carstens het geantwoord dat hy nie geld het om op verlof te gaan nie. Eiser het daarop gesê dat Carstens hard werk, dat die lewe kort is, dat hy dit aan sy

gesin verskuldig is om bietjie te rus en dat niemand sal weet as die bedrag in kontant aan hom betaal word nie. Eiser het voorts navraag gedoen of Carstens se werk kontroleer word. Carstens het geantwoord dat sekere eise wel ge-oudit word, veral brandeise en eise bo R20 000,00. Die partye is toe uitmekaar. ‘n Week of wat later het Carstens en eiser ‘n tweede ontmoeting gehad. Carstens het eiser meegedeel dat hy die skade op ongeveer R130 000,00 skat. Eiser was hiermee ontevrede. Eiser het versoek dat dit aangepas word na R165 000,00 en herhaal dat hy dan R10 000,00 aan Carstens sal betaal. Volgens Carstens het eiser self op geen stadium enige berekeninge van die skade gedoen nie. Eiser se opmerkings en aanbiedings was nie lighartig of in ‘n grap bedoel nie. Carstens het die hele aangeleentheid aan die verweerder rapporteer en ‘n volledige verslag van die gebeure opgestel. Daardie verslag is Bew. A34. Die gebeure bovermeld, word daarin uiteengesit.

[5] Dit is dus duidelik dat eiser geen basis vir sy voorgestelde bedrae gehad het nie, aangedring het dat die skade onrealisties hoog bereken moet word, ‘n beloning aan Carstens aangebied het indien hy die skade sodanig sou bereken, moeite gedoen het om vas stel of verweerder van sodanige ongerymdheid bewus sou kon word, en met sodanige aandrang volgehou het ten spyte van Carstens se onwilligheid om daaraan gehoor te gee.

[6] Dit is ge-ykte reg dat die bewyslas ten aansien van ‘n verweer ge-opper deur ‘n versekeraar op die basis soos deur verweerder gepleit, op die verweerder rus.

Mnr Claassen, namens die eiser, se betoog is dat die verweerder hom nie van daardie bewyslas gekwyt het nie. Met ‘n beroep op LAWSA Volume 12 paragraaf 320 voetnoot 9 wat as volg lees:

“…. an insurer that desires protection against a valid claim accompanied by fraudulent means will have to insert an appropriate clause in its contract.”

betoog hy dat klousule 8 supra aangehaal slegs bedrieglike eise tref en nie wyd genoeg is om die onderhawige feite te dek nie. Mnr Claassen verwys na ‘n aantal gerapporteerde beslissings wat handel met gevalle waar eise ingedien was op sterkte van polisse wat ‘n meer of min gelykluidende bepaling bevat het. Hieruit konkludeer hy dan dat so ‘n bepaling slegs toepassing vind as ‘n bedrieglike eis daadwerklik ingedien was.

[7] Dit is nodig om in hierdie verband slegs na FOURIE v SENTRASURE 1997 (4) SA 950 (NK) te verwys aangesien dit die beslissing is waarop Mnr. Claassen die sterkste gesteun het. Sy betoog is dat ‘n klousule wat “omtrent identies” bewoord is aan die onderhawige klousule 8 in daardie uitspraak verstaan was as dat dit ‘n verweer bied teen ‘n “eis wat ingedien is”. Ten aansien van ‘n klousule wat handel met valse verklarings gemaak ter ondersteuning van enige eis, is bevind dat ‘n valse voorstelling wat voorgehou is na die eis reeds ingedien was, nie verstaan kan word as ‘n valse voorstelling “by indiening van die eis nie”. Dít betoog Mnr. Claassen toon aan dat so ‘n klousule slegs toepassing vind in gevalle waar die eis inderdaad ingedien was.

In die onderhawige geval is geen bedrieglike eis ingedien nie, omdat Carstens nie geneë was tot die indien van so ‘n bedrieglike eis nie. Derhalwe kan verweerder hom nie op klousule 8 beroep nie luidens Mnr. Claassen se betoog.

[8] Bestudering van die bewoording van klousule 8 toon aan dat dit voorsiening maak vir drie verskillende omstandighede naamlik:

Indien ‘n eis in enige opsig bedrieglik is;

Indien bedrieglike metodes of middele gebruik word om enige voordeel ingevolge die polis te verkry;

Indien enige gebeurtenis opsetlik veroorsaak word deur die versekerde.

[9] Mnr. Claassen se betoog mag korrek wees ten aansien van die eerste omstandigheid hierbo vermeld. Op die oog af kom dit voor asof slegs by die indien van ‘n eis daardie omstandigheid dan toepassing sal vind.

Dit is egter duidelik dat die verweerder sy verweer baseer op die tweede omstandigheid. Die woorde “…. om enige voordeel …. te verkry” soos gebruik in klousule 8 supra aangehaal, moet myns insiens verstaan word as “…. ten einde enige voordeel …. te verkry”. So gesien verg dit nie dat die eis daadwerklik ingedien moet word en ook nie dat die voordeel inderdaad verkry is nie. Die gepoogde omkoop van ‘n assessor om die skade hoër te maak as wat dit werklik is, is ‘n bedrieglike metode of middel wat gebruik word ten einde ‘n voordeel ingevolge die polis te verkry. Die oogmerk van klousule 8 is klaarblyklik die ontmoediging van die gebruik van enige metode of middel ten einde ‘n voordeel te verkry wat nie verband hou met die werklike skade nie of daardie metode of middel nou slaag aldan nie. Potensiële nadeel is per definisie voldoende vir bedrog. ‘n Bedrieglike metode of middel in hierdie sin is dus ‘n metode of middel wat potensiële nadeel vir die versekeraar inhou.

Die verweerder het dus bewys dat die eiser bedrieglike metodes of middele ten einde ‘n voordeel te verkry soos bedoel in klousule 8 van die polis, gebruik het. Dit bring mee dat die eiser alle voordele wat die polis in terme van hierdie gebeure die eiser bied, verbeur.

Bygevolg word die eiser se eis afgewys met koste.

____

C.B. CILLIé, R

Namens die eiser: Adv. J. Claassen

In opdrag van:

Honey Prokureurs

BLOEMFONTEIN

Namens die verweerder: Adv. R. Cronjé

Naudes Prokureurs

/spieterse

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

FOURIE v SENTRASURE 1997 (4) SA 950 (NK)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.