Download PDF

South Africa Judgment

North Gauteng High Court, Pretoria

Pharmavalu Sunnyside BK and Others v Pretorius (A200/2009) [2010] ZAGPPHC 114 (9 September 2010)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the conduct of the appellants' employees, in the context of a pharmacy with high theft rates, was not objectively unreasonable or wrongful. The respondent was not defamed nor was his dignity unlawfully impaired; he was vindicated when he explained the situation. The alleged defamatory statements were made only to those directly involved, and there was no evidence of wider publication. The respondent's reaction was disproportionate and amounted to an overreaction to a minor incident. The attempt to withdraw the admission regarding employment was properly refused due to lack of a reasonable explanation. Condonation for the late filing of the appeal was granted as the appellants provided a satisfactory explanation. The appeal succeeded, the Magistrate's Court order was set aside, and the respondent's claim was dismissed.

Court disposition

Appeal upheld; Magistrate's Court order set aside; respondent's claim dismissed.

Orders

  • The appeal succeeds with costs.
  • The order of the court a quo is set aside and replaced with: (a) The plaintiff's claim is dismissed; (b) Each party is to bear their own costs in the court a quo.

02

Material facts

Parties

Pharmavalu Sunnyside BK

Appellant Counsel: Minnaar

J J Strydom

Appellant Counsel: Minnaar

Delsie Vilakazi

Appellant Counsel: Minnaar

H N Pretorius

Respondent Counsel: Ackermann

Amounts and remedies

  • Damages Claimed by Respondent: ZAR 100,000
  • Damages Awarded by Magistrate's Court: ZAR 45,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Appeal From Magistrate's Court Judgment

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellants argued that their conduct was not wrongful, as their employees acted reasonably in the context of high theft rates at the pharmacy. They contended that the respondent overreacted and that no actionable defamation or impairment of dignity occurred. They also sought condonation for the late filing of the appeal and challenged the refusal to allow withdrawal of an admission regarding employment relationships.
Respondent
The respondent maintained that he was defamed and his dignity was impaired by being accused of theft in a public setting. He argued that the actions of the appellants' employees were unreasonable and unjustified, warranting damages. He opposed condonation for the late appeal and insisted that the admission regarding employment should stand.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Neethling, Law of Delict, 4th ed, p 163

    For conduct to be wrongful in delict, it must be objectively unreasonable or contrary to societal norms (contra bonos mores).

  2. 02

    Delange v Costa 1989 (2) SA 857 (A) at 862

    In actions for impairment of dignity (injuria), the court applies an objective test of reasonableness, considering prevailing societal norms.

  3. 03

    Le Roux v Dey 2010 (4) SA 210 (SCA) at 224

    If publication is justifiable, fault does not arise.

  4. 04

    R v Walton 1958 (3) SA 693 (SR) at 695

    Minor or trivial insults to dignity are not actionable; the law does not concern itself with trifles.

  5. 05

    Hodnett 1 SA 1109 (A) at 1150 F-G

    Withdrawal of an admission requires a satisfactory explanation of the circumstances and reasons for seeking withdrawal.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the conduct of the appellants' employees, in the context of a pharmacy with high theft rates, was not objectively unreasonable or wrongful. The respondent was not defamed nor was his dignity unlawfully impaired; he was vindicated when he explained the situation. The alleged defamatory statements were made only to those directly involved, and there was no evidence of wider publication. The respondent's reaction was disproportionate and amounted to an overreaction to a minor incident. The attempt to withdraw the admission regarding employment was properly refused due to lack of a reasonable explanation. Condonation for the late filing of the appeal was granted as the appellants provided a satisfactory explanation. The appeal succeeded, the Magistrate's Court order was set aside, and the respondent's claim was dismissed.

Obiter and limits

  • In the ordinary hurly-burly of everyday life, a person must endure minor or trivial insults to dignity; the law does not concern itself with trifles.
  • Reasonable security measures in retail environments are a social necessity and do not, without more, constitute wrongful conduct.

Court disposition

Appeal upheld; Magistrate's Court order set aside; respondent's claim dismissed.

  • The appeal succeeds with costs.
  • The order of the court a quo is set aside and replaced with: (a) The plaintiff's claim is dismissed; (b) Each party is to bear their own costs in the court a quo.

Source and reliance status

North Gauteng High Court, Pretoria

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

North Gauteng High Court, Pretoria

Judgment

[2010] ZAGPPHC 114

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA

SAAKNOMMER: A200/2009

DATUM: 08/09/2010

In die saak tussen:

PHARMAVALU

SUNNYSIDE BK EERSTE APPELLANT

J J

STRYDOM APPELLANT

DELS1E

VILAKAZI APPELLANT

en

H N

PRETORIUS RESPONDENT

UITSPRAAK

LOUW R

Inleiding

[1] Die respondent, 'n praktiserende prokureur in Pretoria-Noord het as eiser in die Landdroshof Pretoria aksie ingestel teen die drie appellante.

[2] Die eerste appellant is 'n beslote korporasie wat 'n apteek te Sunnyside Pretoria besit. Die tweede appellant is die enigste lid van die beslote korporasie terwyl die derde appellant as 'n sekuriteitswag in die apteek gewerk het. Volgens 'n erkenning in die pleit is die derde appellant in diens van die eerste en tweede appellante.

[3] Die eiser se eis spruit uit gebeure op 12 April 2008 te die betrokke apteek waar hy op pad uit die apteek deur onder andere die derde appellant voorgekeer is vir deursoeking aangesien hy na bewering 'n item in die apteek geneem het waarvoor hy nie betaal het nie.

[4] Luidens sy besonderhede van vordering is hy belaster en in sy eer en waardigheid gekrenk. Hy het genoegdoening in die bedrag van R 100 000 geeis.

[5] Die landdros het in 'n bondige uitspraak genoegdoening aan die respondent in die bedrag van R 45 000 toegeken. Dit blyk nie uit die uitspraak duidelik of die bevinding gebaseer is op laster alternatiewelik eerkrenking nie.

[6] Vir doeleindes van hierdie appel is dit myns insiens nodig om oor die volgende te beslis:

(i) wat deur die appellante versoek word.

(ii) terugtrekking van 'n erkenning wat geweier is.

(iii) onregmatigheid van die handelinge van die werknemers van die eerste verweerder.

(iv) iniuriandi

(v) die respondent se reg op sy goeie naam alternatiewelik sy eer sodanig aangetas is dat hy op genoegdoening geregtig is.

(vi) Indien wel, die bedrag van genoegdoening.

Kondonasie

[7] Die appellante versoek kondonasie vir die laat liasseering van die kennisgewing van appel (reel 51(3) van die landdroshofreels) en die laat voortsetting daarvan ingevolge reel 50(1) van die eenvormige hofreels en reel 6(1) van hierdie hot se reels.

[8] In hierdie verband het die respondent ook 'n aparte aansoek onder saaknommer 13822/09 gebring tot die effek dat die appel verval het en dat die respondent mag voortgaan met eksekusie.

[9] Myns insiens het die appellante by monde van hulle prokureur, Mnr Serfontein, die versuim behoorlik verduidelik en staan ek dus kondonasie toe.

Die feite

[10] Hier is geen wesenlike feitegeskil nie en hierdie appel kan beslis word op die respondent se weergawe. Hierdie weergawe is volledig in sy besonderhede van vordering, wat meer soos 'n eedsverklaring lees, uiteengesit. Die respondent het op die betrokke dag na die apteek gegaan vir n griepinspuiting. Hy het benewens die spuitnaald, dit wil se die griepinspuiting, 'n gratis pakkie van vitamiene C pilletjies ontvang. Daarna is hy na die betaalpunt waar hy daarvoor betaal het en het na die kliniek in die apteek gegaan waar die verpleegstersuster die inspuiting aan horn toegedien het. Daarna het hy in die rakke van die apteek gesoek na 'n pilhouertjie. Hy kon nie een vind wat hy van hou nie en het toe begin om die apteek te verlaat.

[11] Op 'n stadium het hy die gratis pilietjies in sy sak gedruk. Toe hy op die punt was om die apteek aan die noordekant te verlaat het 'n man horn voorgekeer en met sy vinger gewys dat hy agter 'n swart gordyn moet ingaan. Die respondent was nie bereid om dit te doen nie en het gevra hoekom. Die derde appellant was saam met hierdie man en het toe vir horn gese dat hy iets in die apteek geneem het en in sy sak gesteek het waarvoor hy nie betaal het nie. Respondent het dit onmiddellik ontken. Hy het versoek om met die bestuurder te praat welke versoek geweier is. Die man het die uitgang wat die respondent wou gebruik het, geblokkeer.

[12] Die respondent het toe besluit om aan die suidekant dit wil se Esselenstraat se kant, die apteek te verlaat. Die man wat horn wou visenteer het voor horn ingekom, inbeweeg en probeer verhinder dat hy die apteek verlaat. Die respondent het horn uit die pad gestoot en die apteek verlaat.

[13] Die bestuurder me du Plooy is egter wel deur die apteker, me Cronje gekontak. Sy het gese dat daar 'n probleem is. Sy het afgekom uit haar kantoor en het gesien hoe die respondent en ongeveer drie sekuriteitswagte die apteek verlaat. Sy is agterna. Volgens haar onbetwiste getuienis was die respondent reeds vroeer ongelukkig op die stadium wat hy moes wag vir die toediening van die

griepinspuiting. Dit wil se hy was toe reeds ongeduldig.

[14] Nadat hy 'n afstand gestap het, het hy agtergekom hy word agtervolg deur 'n vrou en 'n paar mans. Hy het toe vir me du Plooy gevra wat aan die gang is en sy het gese dat daar beweer word dat hy iets van die apteek geneem het sonder om daarvoor te betaal en dat huile horn wou visenteer. Daarop het hy die vitamiene C tablette uitgehaal en vir haar gewys. Sy het daarop haar verskoning aangebied en die respondent het verder gestap na sy kar. Hierdie gebeure het in 'n besige apteek en op 'n besige sypaadjie op 'n Saterdagoggend plaasgevind.

Terugtrekking van die erkenning

[15] In hierdie verband is dit nodig om te verwys na 'n erkenning wat die appellante se prokureur, mnr Serfontein, getuig het dat hy verkeerdelik gepleit het naamlik dat daar 'n diensverhouding tussen derde en eerste appellant bestaan het. Tydens die verhoor was daar 'n aansoek om die erkenning terug te trek.

[16] Mnr Serfontein het getuig oor die terugtrekking van die erkenning. Dit is die landdros geweier. Die toets is neergele in v HODNETT (1) SA 1109 (A) te 1150 F-G waar die volgende gese is:

"The court will generally require to have before it a satisfactory explanation of the circumstances in which the admission was made and the reasons for now seeking to withdraw it..."

[17] Die verduideliking van mnr Serfontein gaan nie op nie. Hy was duidelik nalatig deur die erkenning te maak. Sy getuienis is dat met konsultasie hy die saak in die algemeen bespreek het en aanvaar het dat die sekuriteitspersoneel werknemers was van die eerste verweerder.

[18] Nadat die saak deelsverhoor was en hervat is op 17 September 2008 is die aansoek om die wysiging, dit wil se die terugtrekking van die erkenning gebring. Om op hierdie stadium die erkenning terug te trek sou beteken dat die respondent se hele eisoorsaak daarmee heen was. Die landdros het heeitemal tereg die aansoek om wysiging van die hand gewys aangesien daar geen redelike verduideliking was nie.

Onregmatigheid

[19] Vir sodanige handelinge om as onregmatig aangemerk te word moet die handelinge contra bonos mores . Anders gestel beteken dit dat dit objektief onredelik of gemeenskapstrydig moet wees. In hierdie verband se Neethling, (vierde uitgawe)te p 163 die volgende in verband met laster:

"Volgens die howe is die publikasie van enige woorde ofgedrag wat volgens die oordeel van die redelike man met normale verstand en ontwikkelina die strekkina het om 'n persoon se goeie naam, reputasie, aansien of agting in die gemeenskap te

ondermyn, te ondergrawe of aan te tas, lasterlik van en in

begisel (prima facie) onregmatigjeens horn."

[20] Wat eerkrenking betref is die toets soos volg deur die appelhof gestel

in Delange v Costa 1989 (2) SA 857 (A) te 862:

"Because proof that the subjective feelings of an individual have been wounded, and his diqnitas thereby impaired, is necessary before an action for damages for injuria can succeed, the concept of diqnitas is a subjective one. But before that stage is reached it is necessary to establish that there was a wrongful act... In determining whether or not the act complained of is wrongful the Court applies the criterion of reasonableness - the 'algemene redelikheidsmaatstaf... This is an objective test. It requires the conduct complained of to be tested against the prevailing norms of society (ie the current values and thinking of the community) in order to determine whether such conduct can be classified as wrongful. To address the words to another which might wound his self-esteem but which are not, objectively determined, insulting (and therefore wrongful) cannot give rise to an action for injuria ... For words to be injurious they must infringe one of the 'absolute rights of personality'."

[21] Die landdros se uitspraak in hierdie verband is nie baie duidelik nie en se die volgende:

"Nou, vir hierdie personeel van die Verweerders en die personeel van die Verweerders, om te bepaal of daar by hulle opset was moet daar gekwalifiseer word en op die Reg toegepas word. Sou daar met opset gewerk word sal 'n mens werk met die vorm van dolus eventualis, was daar 'n wil van hulle kant af om 'n sekere persoon hetsy hier dan die Eiser te beskuldig of te insinueer dat hy 'n misdryf gepleeg het; ja, daar was so 'n wil, dit is by herhaling ook so gese en die optrede dat hulle horn wil keer en wil visenteer. regmatig aldan nie, is onaangeraak voor die Hof." (my beklemtoning)

[22] Die vraag is dus of die optrede van die werknemers sodanig onredelik was dat dit 'n eisoorsaak daarstel. Winkeldiefstal is 'n fenomeen waarmee almal bekend is en dit is algemeen dat winkels sekuriteitswagte in diens het om dit teen te werk. In hierdie verband het die tweede appellant getuig dat die diefstalsyfer in sy apteek ongelooflik hoog is, 'n kommerwekkende ding is en dat mens later nie meer 'n besigheid kan bedryf nie as gevolg van sekuriteitsprobleme.

[23] Respondent het getuig dat die strekking van die woorde van die persone wat horn voorgekeer het soos volg was:

"You took something in the pharmacy, in the chemist, which you put in your pocket and for which you did not pay." Hy kon op daardie stadium die hele situasie ontlont het deur bloot die pilletjies te voorskyn te haal en die situasie te verduidelik, soos hy later op die sypaadjie gedoen het. Die feit dat hy toe me du Plooy met horn praat hy dadelik die pille te voorskyn gehaal het, toon dat hy waarskynlik geweet het dat dit die oorsaak van die herrie was. As hy nie toe hy binne voorgekeer is dit besef het nie, kon hy bloot gevra het waarna hul verwys. Hy kon ook na die apteker by die toonbank gegaan het om tussenbeide te tree en die probleem op te los. Hy het egter besluit om dit nie te doen nie en het die pad van konfrontasie gekies.

[24] Myns insiens is die optrede van die personeel van die eerste appellant in die omstandighede nie so onredelik dat dit as onregmatig

aangemerk kan word nie. Ons lewe ongelukkig in 'n sosiaal-maatskaplike robuuste omgewing waar mens wel redelike sekuriteitsoptrede by winkels en winkelsentrums moet verduur.

[25] In verband met die publikasie van die beweerde lasterlike bewering het die respondent skriftelik soos volg betoog:

"Die gewraakte beskuldiging is minstens regstreeks aan me du Plooy, Delsie Vilakazi en die twee manlike veiligheidsbeamptes oorgedra. Daarbenewens was daar heelwat mense by die betaalpunt wat net aan die oorkant van 'n gang was, waar sekuriteitsbeamptes die respondent wou visenteer." Dit is nie publikasie indien die bewering juis gemaak word tussen die persone wat direk daarby betrokke is nie. Wat mense by die betaalpunt betref is daar geen getuienis dat enige van hulle gehoor het wat gese is nie.

Opset

[26] Uit bogemelde volg dit dat die sekuriteitswagte geen bedoeling gehad het om die respondent te belaster of in sy eer te krenk nie. Hulle het bloot hulle werk gedoen.

[27] In iedergeval kom die kwessie van skuld nie eers ter sprake nie. Die volgende is gese in Le Roux v Dey 2010 (4) SA 210 (SCA) te 224:

"If justifiable, the question of fault cannot arise. I agree in this regard with Lewis JA:

'However, fault need not be in issue at all if in particular circumstances anterior inquiry shows that the publication is lawful because it is justifiable.'"

Aantasting van die respondent se fama of dignitas

[28] In hierdie verband het die respondent in sy getuienis klem gele daarop dat hy 'n prokureur is. Op die sypaadjie waar hy voorgekeer is het hy dit vir die dame gese, ook dat hy al jare lank 'n klient van die apteek is en dat hy hulle optrede werklik betreur.

Daarop het sy haar verskoning aangebied.

[29] Daar is myns insiens geen rede om in die omstandighede te aanvaar dat die eiser se goeie naam aangetas is nie. Hy is inteendeel gevindikeer toe hy die verduideliking gemaak het. Daar was ook geen bekendes gewees wat as gevolg van die gebeure in die toekoms die respondent sou assosieer met winkeldiefstal nie.

[30] Wat krenking betref het die respondent oorreageer en was heeltemal te liggeraak. In hierdie verband kan gelet word op R v WALTON 1958(3) SA 693 (SR) 695 waar tereg verklaar word:

"In the ordinary hurly-burly of everyday life a man must be expected to endure minor or trivial insults to his dignity." Hy word dus 'n aksie ontse deur die beginsel de minimis non curat lex.

Gevolgtrekking

[31] In die omstandighede is dit nie nodig om die kwantum te oorweeg nie. Die appel moet slaag met koste.

[32] Wat die koste in die landdroshof betref is dit so dat baie van die hoftyd opgeneem is deur die poging om die bogemelde erkenning terug te trek. Mnr Serfontein het getuig, 'n verder getuie mnr Hammond van die Departement van Arbeid en die tweede appellant is ook herroep om oor hierdie aspek te getuig.

[33] Hierdie poging het die verhoor ontwrig en uitgerek. Die kostebevel is ook bedoel om 'n sanksie te plaas op die optrede van mnr Serfontein.

[34] In die omstandighede is dit redelik dat elke party sy eie koste in die hof a quo dra.

[35] Die voigende bevel word gemaak:

(i) appel slaag met koste.

(ii) bevel van die hof a quo word tersyde gestel en vervang met die voigende:

(a) eiser se eis word van die hand gewys;

(b) party dra sy/hulle eie koste.

AA

LOUW

REGTER

VAN DIE HOE HOF

Ek stem saam

S

POTTERILL

Adv vir Eiser: ACKERMANN

Prokureur vir Eiser: MEYER SERFONTEIN PROKUREURS

Adv vir Respondent: MINNAAR

Prokureur vir Respondent: PRETORIUS PROKUREUR

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Delange v Costa 1989 (2) SA 857 (A)

Case cited

Le Roux v Dey 2010 (4) SA 210 (SCA)

Case cited

Hodnett 1 SA 1109 (A)

Case cited

R v Walton 1958 (3) SA 693 (SR)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.