Piedt and Anders v S (SS60/2008) [2010] ZAWCHC 109 (18 February 2010)
- Citation
- [2010] ZAWCHC 109
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- Dlodlo R
- Case number
- SS60/2008
More details
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- Dlodlo R
- Case number
- SS60/2008
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that Caroline May, as an accomplice witness, answered all questions honestly and openly regarding her involvement in the murder, including those that incriminated her. She did not hesitate to provide details and responded candidly during cross-examination. Therefore, she satisfied the requirements of section 204 of the Criminal Procedure Act and was granted indemnity from prosecution for the offences in question. In contrast, Ivan Sefoor, although initially providing credible testimony, attempted to distance himself from the events during cross-examination and failed to answer all questions openly, particularly those that could further incriminate him. As a result, the court held that Sefoor did not meet the statutory requirements for indemnity and was not granted protection from prosecution.
Court disposition
Caroline May is granted indemnity from prosecution under section 204 of the Criminal Procedure Act; Ivan Sefoor is denied indemnity.
Orders
- Caroline May is indemnified from prosecution for any offence arising from the murder charge in this case and any related offence for which a conviction would be permissible on this charge.
- Ivan Sefoor is not indemnified from prosecution.
02
Material facts
Parties
Die Staat
RespondentRicardo Piedt
ApplicantHester Bonita Afrika
ApplicantElizabeth Lawerdien
ApplicantRuby Marais
Applicant03
Procedural history
Posture
Criminal Law / Application for Indemnity Under Section 204 of the Criminal Procedure Act
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether Caroline May and Ivan Sefoor, as accomplice witnesses, should be granted indemnity from prosecution under section 204 of the Criminal Procedure Act.
- 02
Whether the witnesses answered questions honestly and openly, as required for indemnity.
- 03
Whether deviations from police statements affect the entitlement to indemnity.
Party arguments
- Applicant
- Caroline May and Ivan Sefoor, as accomplice witnesses, argued that they provided full and honest testimony regarding their involvement in the murder, answered all questions posed by the prosecution, defence, and the court, and should therefore be granted indemnity from prosecution under section 204 of the Criminal Procedure Act.
- Respondent
- The State contended that indemnity under section 204 is only available if the witness answers all questions honestly and openly. The State argued that while Caroline May met this requirement, Ivan Sefoor attempted to distance himself from the events during cross-examination and did not answer all questions openly, thus failing to qualify for indemnity.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Criminal Procedure Act 51 of 1977, section 204
Section 204 of the Criminal Procedure Act allows the court to grant indemnity from prosecution to a witness who answers all questions honestly and openly regarding a specified offence.
- 02
S v Banda: in re Zikhali 1972(4) SA 707 (NK)
A witness is not required to incriminate the accused, but must answer to the best of their ability and may be indemnified despite deviations from their police statement.
- 03
S v Ncube 1976(1) SA 796 (RA)
It is irregular to require a witness to answer to the satisfaction of the court, as this may create the impression that the witness must support the prosecution's case.
- 04
Mohamed v Attorney-General of Natal & Others (2) 1998(1) SASC 73 (N) 79e-80c
The main purpose of section 204 is to enable the State to call one or more accomplices as witnesses against others, with the expectation of indemnity for satisfactory testimony.
- 05
S v Bruiners & 'n Ander 1998(2) SA 432 (SOK) 347h-i
It is unreasonable to expect a witness's statement and testimony to correspond exactly; what is said in court may be the truth.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that Caroline May, as an accomplice witness, answered all questions honestly and openly regarding her involvement in the murder, including those that incriminated her. She did not hesitate to provide details and responded candidly during cross-examination. Therefore, she satisfied the requirements of section 204 of the Criminal Procedure Act and was granted indemnity from prosecution for the offences in question. In contrast, Ivan Sefoor, although initially providing credible testimony, attempted to distance himself from the events during cross-examination and failed to answer all questions openly, particularly those that could further incriminate him. As a result, the court held that Sefoor did not meet the statutory requirements for indemnity and was not granted protection from prosecution.
Obiter and limits
- The court noted that the witness is not required to incriminate the accused, but must answer honestly and openly to the best of their ability.
- Deviations from police statements do not automatically disqualify a witness from indemnity if the court is satisfied with the overall honesty of the testimony.
- The pressure of cross-examination may lead to inconsistencies, but indemnity depends on the witness's candour and willingness to answer self-incriminating questions.
Court disposition
Caroline May is granted indemnity from prosecution under section 204 of the Criminal Procedure Act; Ivan Sefoor is denied indemnity.
- Caroline May is indemnified from prosecution for any offence arising from the murder charge in this case and any related offence for which a conviction would be permissible on this charge.
- Ivan Sefoor is not indemnified from prosecution.
Source and reliance status
Western Cape High Court, Cape Town
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Western Cape High Court, Cape Town
Judgment
1 UITSPRAAK
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA(SUIDELIKE RONDGAANDE PLAASLIKE AFDELING,GEHOU TE SWELLENDAM)SAAKNOMMER: SS60/2008
DATUM: 18 FEBRUARIE 2010
In die saak tussen:
DIE
STAAT
en
2. RICARDO
PIEDT
3. HESTER
BONITA AFRIKA
ELIZABETH
LAWERDIEN
6. RUBY
MARAIS
UITSPRAAK
(In terme van artikel 204 van die Strafproseswet)
DLODLO, R:
Artikel 204 rus op die basis van artikel 203 van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, soos gewysig. Artikel 204 word toepaslik wanneer die aanklaer (soos in die huidige saak) die Hof meedeel dat 'n voorgenome getuie (in die onderhawige saak mnr Ivan Sefoor en Caroline May) vir die Staat gevra sal word om vrae te beantwoord wat horn of haar inkrimineer ten opsigte van 'n misdryf deur die aanklaer gespesifiseer. Sodanige misdryf in die onderhawige is die moord van die oorledene, mnr Basie Marais.
Die Hof moet dan die getuie inlig, soos voorgeskryf in artikel 204(1)(a)(i) tot (iv). Dit het geskied in die onderhawige saak.
Sodanige getuie is dan verplig om te antwoord op enige vraag van die aanklaer, van die beskuldigde en van die Hof, ondanks die feit dat die antwoord self-inkriminerend kan wees ten opsigte van die bepaalde of gespesifiseerde misdryf of ten opsigte van enige misdryf wat 'n geoorloofde bevinding daarop sou wees. Twee Staatsgetuies, Ivan Sefoor en Caroline May, is deur die Hof ingevolge die bepaling van artikel 204 van die Strafproseswet 51 van 1977 soos gewysig, behoorlik gewaarsku voordat hulle getuienis aangehoor was. Hierdie artikel beskerm medepligtiges wat deur hulle getuienis vir die vervolging sal moet openbaar, dat hulle self misdrywe gepleeg het. In Mohamed v Attorney-General of Natal & Others (2) 1998(1) SASC 73 (N) 79e-80c verskyn daar 'n bondige bespreking van die hoofdoel agter hierdie bepaling. In prinsipaal is die hoofdoel om dit vir die Staat moontlik te maak om een of meer van meerdere mededaders as getuies teen die ander te kan roep. In ruil vir bevredigende getuienislewering, kan die getuie dan vrywaring teen vervolging op die betrokke aanklag verwag. Dit is 'n reg, of ten minste 'n regmatige verwagting en die getuie is geregtig op 'n oudiensie dienaangaande. Sien Mohamed v Attorney-General of Natal and Others Supra op 144h-145c. Getuie Caroline May is tans voor die Hof. Ivan Sefoor het verdwyn. As die Hof tevrede is met die wyse waarop die getuie
geantwoord het, moet daar 'n vrywaring wees en dit moet genotuleer word. Sien Hiemstra, Suid-Afrikaanse Strafproseswet, 6de Uitgawe, op bladsy 510. In S v Ncube 1976(1) SA 796 (RA) is dit beslis dat dit onreelmatig is om te se dat 'n getuie moet antwoord tot bevrediging van die Hof (to the satisfaction of the Court), want dit kan die indruk skep dat die getuie die aanklaer na die mond moet praat. Die getuie moet verstaan dat al wat verwag word is eerlike en openhartige antwoorde. Daar
word nie van die getuie verwag om noodwendig die beskuldigde te inkrimineer nie. Ons moet meld dat die getuie moet antwoord tot die beste van sy of haar vermoe en die vrywaring kan gegee word ondanks afwykings van die polisieverklaring. Sien in hierdie geval S v Banda: in re Zikhali 1972(4) SA 707 (NK). In S v Bruiners & 'n Ander 1998(2) SA 432 (SOK) op 347h-i, is dit trouens beslis dat dit vergesog is om van 'n getuie te verwag dat die verklaring en die getuienis presies ooreenstem. Dit kan wees dat wat die getuie in die hof gese het, die waarheid is. Daar sal ander aanduidings moet wees dat die getuienis in die hof nie volledig of bevredigend is nie. As byvoorbeeld 'n vraag gestel word wat die getuie kan inkrimineer buite die misdryf wat 'n aanklaer aan die begin genoem het, het die getuie nog steeds die voorreg om te weier om te antwoord. Sien R v Ndabeni 1959(2) SA 630 (OK). Die Hof wil kortliks met Caroline May as 'n artikel 204 getuie handel. Ongetwyfeld was Caroline May 'n sleutelgetuie in hierdie saak. Sy het die Hof fyn besonderhede gegee oor hoe hierdie grusame moord van die oorledene beplan was en hoe dit uiteindelik gebeur het. Na die Hof se oordeel, het Caroline May haar eie betrokkenheid ten voile verduidelik. Sy het nie gehuiwer om getuienis wat haar ook in die pleging van die misdryf inkrimineer te lewer nie. Sy het baie vrae wat direk verband gehou het, eerlik
en, na ons oordeel, openhartig beantwoord. Ek sien mnr Ivan Sefoor is ook nou met ons, dit word waardeer. Toe sy kruisondervra was, het Caroline May, onder andere, genoem dat sy nie gelukkig was om staatsgetuie te word nie en dat sy bereid was om tronk toe te gaan, as sy moet. Die Hof het in die uitspraak 'n opmerking gemaak dat artikel 204 getuies baie inligting vir die Hof gegee het en dat daar ontstaan wel 'n moontlikheid dat sekere ander inligting nie aan die Hof beskikbaar gestel was nie. Die kwessie of die artikel 204 getuie 'n vrywaring kry al dan nie, moet egter beslis word op grond van die getuienis wat sodanige getuie gelewer het. Dit sluit in, sonder
twyfel, die antwoorde op vrae gevra deur die staatsaanklaer, die verdediging, asook die Hof. Caroline May het vrae geantwoord en het haarself totaal betrek in die pleging van die misdrywe wat ter sprake is. Hierdie getuie is ook so kruisondervra, dat ook haar polisieverklaring aan die Hof as 'n bewysstuk beskikbaar gestel is. Die vrywaring van 'n getuie moet nie noodwendig afhang van hoe daardie getuie die kruisondervraging gehanteer het nie. Die moontlikheid van afwyking
in kruisondervraging is altyd daar. Dit is "warm" in die getuiebank, hoofsaaklik tydens kruisondervraging. Hierdie Hof is egter van oordeel dat Caroline May haarself behoorlik gekwyt het in hierdie saak. Sy behoort die vrywaring te kry. Dieselfde kan egter nie gese word oor mnr Ivan Sefoor nie. Hy was 'n goeie getuie wat die Hof die relaas gegee het van wat gebeur het vandat hy in hierdie beplande moord betrokke geraak het. Die Hof het van sy getuienis gehoor hoe daar oor hierdie moord in sy huis gepraat was, asook by sy voertuig op pad na Jongensfontein. Hy het die mes, wat gebruik was om die oorledene mee dood te maak, beskikbaar gestel. Hy was eerlik en geloofwaardig in daardie
opsigte. Met ander woorde, sy hele hoofgetuienis is 'n verstaanbare en logiese weergawe wat ook gestaaf was deur ander getuies. Wat ons 'n bietjie gepla het, is dat in kruisondervraging het hy tot 'n mate homself probeer distansieer van die gebeure. Met ander woorde hy het goeie getuienis gelewer, maar toe die regspan horn begin kruisondervra het (hoofsaaklik mnr De Bruyn) het hy homself probeer verontskuldig. Dit beteken versuim om vrae openhartig te antwoord, al sou die antwoorde horn inkrimineer. Hierdie Hof is van oordeel dat mnr Sefoor hoef nie vrywaring te kry nie. Die Hof het 'n slotsom bereik, derhalwe word dit soos volg gelas: (a) Caroline May word ingevolge artikel 204(2)(a) gevrywaar teen enige moontlike vervolging weens die misdryf wat in hierdie saak ter sprake is en weens 'n misdryf ten opsigte waarvan 'n uitspraak van skuldig geoorloof sal wees op hierdie moordaanklag. (b) Mnr Ivan Sefoor word nie so gevrywaar nie. DLODLO, R
Die Hof moet dan die getuie inlig, soos voorgeskryf in artikel 204(1)(a)(i) tot (iv). Dit het geskied in die onderhawige saak.
Sodanige getuie is dan verplig om te antwoord op enige vraag van die aanklaer, van die beskuldigde en van die Hof, ondanks die feit dat die antwoord self-inkriminerend kan wees ten opsigte van die bepaalde of gespesifiseerde misdryf of ten opsigte van enige misdryf wat 'n geoorloofde bevinding daarop sou wees.
Twee Staatsgetuies, Ivan Sefoor en Caroline May, is deur die Hof ingevolge die bepaling van artikel 204 van die Strafproseswet 51 van 1977 soos gewysig, behoorlik gewaarsku voordat hulle getuienis aangehoor was. Hierdie artikel beskerm medepligtiges wat deur hulle getuienis vir die vervolging sal moet openbaar, dat hulle self misdrywe gepleeg het. In Mohamed v Attorney-General of Natal & Others (2) 1998(1) SASC 73 (N) 79e-80c verskyn daar 'n bondige bespreking van die hoofdoel agter hierdie bepaling. In prinsipaal is die hoofdoel om dit vir die Staat moontlik te maak om een of meer van meerdere mededaders as getuies teen die ander te kan roep. In ruil vir bevredigende getuienislewering, kan die getuie dan vrywaring teen vervolging op die betrokke aanklag verwag. Dit is 'n reg, of ten minste 'n regmatige verwagting en die getuie is geregtig op 'n oudiensie dienaangaande. Sien Mohamed v Attorney-General of Natal and Others Supra op 144h-145c.
Getuie Caroline May is tans voor die Hof. Ivan Sefoor het verdwyn. As die Hof tevrede is met die wyse waarop die getuie geantwoord het, moet daar 'n vrywaring wees en dit moet genotuleer word. Sien Hiemstra, Suid-Afrikaanse Strafproseswet, 6de Uitgawe, op bladsy 510. In S v Ncube 1976(1) SA 796 (RA) is dit beslis dat dit onreelmatig is om te se dat 'n getuie moet antwoord tot bevrediging van die Hof (to the satisfaction of the Court), want dit kan die indruk skep dat die getuie die aanklaer na die mond moet praat. Die getuie moet verstaan dat al wat verwag word is eerlike en openhartige antwoorde. Daar
word nie van die getuie verwag om noodwendig die beskuldigde te inkrimineer nie. Ons moet meld dat die getuie moet antwoord tot die beste van sy of haar vermoe en die vrywaring kan gegee word ondanks afwykings van die polisieverklaring. Sien in hierdie geval S v Banda: in re Zikhali 1972(4) SA 707 (NK).
In S v Bruiners & 'n Ander 1998(2) SA 432 (SOK) op 347h-i, is dit trouens beslis dat dit vergesog is om van 'n getuie te verwag dat die verklaring en die getuienis presies ooreenstem.
Dit kan wees dat wat die getuie in die hof gese het, die waarheid is. Daar sal ander aanduidings moet wees dat die getuienis in die hof nie volledig of bevredigend is nie. As byvoorbeeld 'n vraag gestel word wat die getuie kan inkrimineer buite die misdryf wat 'n aanklaer aan die begin genoem het, het die getuie nog steeds die voorreg om te weier om te antwoord. Sien R v Ndabeni 1959(2) SA 630 (OK).
Die Hof wil kortliks met Caroline May as 'n artikel 204 getuie handel. Ongetwyfeld was Caroline May 'n sleutelgetuie in hierdie saak. Sy het die Hof fyn besonderhede gegee oor hoe hierdie grusame moord van die oorledene beplan was en hoe dit uiteindelik gebeur het. Na die Hof se oordeel, het Caroline May haar eie betrokkenheid ten voile verduidelik. Sy het nie gehuiwer om getuienis wat haar ook in die pleging van die misdryf inkrimineer te lewer nie. Sy het baie vrae wat direk verband gehou het, eerlik en, na ons oordeel, openhartig beantwoord. Ek sien mnr Ivan Sefoor is ook nou met ons, dit word waardeer.
Toe sy kruisondervra was, het Caroline May, onder andere, genoem dat sy nie gelukkig was om staatsgetuie te word nie en dat sy bereid was om tronk toe te gaan, as sy moet. Die Hof het in die uitspraak 'n opmerking gemaak dat artikel 204 getuies baie inligting vir die Hof gegee het en dat daar ontstaan wel 'n moontlikheid dat sekere ander inligting nie aan die Hof beskikbaar gestel was nie. Die kwessie of die artikel 204 getuie 'n vrywaring kry al dan nie, moet egter beslis word op grond van die getuienis wat sodanige getuie gelewer het. Dit sluit in, sonder
twyfel, die antwoorde op vrae gevra deur die staatsaanklaer, die verdediging, asook die Hof.
Caroline May het vrae geantwoord en het haarself totaal betrek in die pleging van die misdrywe wat ter sprake is. Hierdie getuie is ook so kruisondervra, dat ook haar polisieverklaring aan die Hof as 'n bewysstuk beskikbaar gestel is. Die vrywaring van 'n getuie moet nie noodwendig afhang van hoe daardie getuie die kruisondervraging gehanteer het nie. Die moontlikheid van afwyking
in kruisondervraging is altyd daar. Dit is "warm" in die getuiebank, hoofsaaklik tydens kruisondervraging. Hierdie Hof is egter van oordeel dat Caroline May haarself behoorlik gekwyt het in hierdie saak. Sy behoort die vrywaring te kry.
Dieselfde kan egter nie gese word oor mnr Ivan Sefoor nie. Hy was 'n goeie getuie wat die Hof die relaas gegee het van wat gebeur het vandat hy in hierdie beplande moord betrokke geraak het. Die Hof het van sy getuienis gehoor hoe daar oor hierdie moord in sy huis gepraat was, asook by sy voertuig op pad na Jongensfontein. Hy het die mes, wat gebruik was om die oorledene mee dood te maak, beskikbaar gestel. Hy was eerlik en geloofwaardig in daardie
opsigte. Met ander woorde, sy hele hoofgetuienis is 'n verstaanbare en logiese weergawe wat ook gestaaf was deur ander getuies.
Wat ons 'n bietjie gepla het, is dat in kruisondervraging het hy tot 'n mate homself probeer distansieer van die gebeure. Met ander woorde hy het goeie getuienis gelewer, maar toe die regspan horn begin kruisondervra het (hoofsaaklik mnr De Bruyn) het hy homself probeer verontskuldig. Dit beteken versuim om vrae openhartig te antwoord, al sou die antwoorde horn inkrimineer. Hierdie Hof is van oordeel dat mnr Sefoor hoef nie vrywaring te kry nie. Die Hof het 'n slotsom bereik, derhalwe word dit soos volg gelas:
(a) Caroline May word ingevolge artikel 204(2)(a) gevrywaar teen enige moontlike vervolging weens die misdryf wat in hierdie saak ter sprake is en weens 'n misdryf ten opsigte waarvan 'n uitspraak van skuldig geoorloof sal wees op hierdie moordaanklag.
(b) Mnr Ivan Sefoor word nie so gevrywaar nie.
DLODLO, R
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.