Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Pienaar v Jacobus and Another (1634/2003) [2004] ZAFSHC 125 (26 August 2004)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the defendant was the owner of the dogs and that their attack on the plaintiff was contra naturam sui generis, as it was not expected of well-behaved dogs to attack a person lawfully present on the premises without provocation. The plaintiff was present with the defendant's consent and had no knowledge of any risk posed by the dogs, nor did she see any warning sign. The defendant failed to prove any defence based on third-party fault or consent to risk. The court held that strict liability under the actio de pauperie applied, and the defendant was liable for damages resulting from the attack. The quantum of damages was postponed for later determination.

Court disposition

Plaintiff succeeds on the main cause of action under actio de pauperie; defendant found liable for damages.

Orders

  • It is declared that the defendant is liable to compensate the plaintiff for such damages as she may prove arising from injuries caused by the defendant's dogs on 6 June 2002.
  • The defendant is ordered to pay the costs of the trial.

02

Material facts

Parties

Elizabeth Pienaar

Plaintiff Counsel: Adv. P.J. Loubser

Willem Petrus Jacobus

Defendant Counsel: Adv. L Le R Pohl

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Trial / Liability Determination; Quantum Postponed

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The plaintiff argued that she was lawfully present on the defendant's premises with his knowledge and consent, and that she was attacked and injured by the defendant's dogs without provocation. She denied seeing any warning sign and asserted she was unaware of any risk posed by the dogs. She maintained that the defendant, as owner, is strictly liable under the actio de pauperie, and that no evidence supported any defence based on her own fault, consent to risk, or third-party intervention.
Respondent
The defendant admitted ownership of the dogs but contended that their conduct was not contra naturam sui generis, arguing that it is natural for such dogs to attack intruders. He further claimed that a warning sign was present and that the plaintiff may have consented to the risk. Additionally, he pleaded that the incident was caused by the fault of a third party who left gates open, absolving him from liability.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Loriza Brahman en 'n Ander v Dippenaar 2002 (2) SA 477 (SCA)

    The owner of a domesticated animal is strictly liable under the actio de pauperie for harm caused by the animal acting contrary to its nature, unless a valid defence is proven.

  2. 02

    Loriza Brahman en 'n Ander v Dippenaar 2002 (2) SA 477 (SCA) at 485-486; Swart v Honeyborne 1981 (1) SA 974 (K)

    The test for contra naturam sui generis is whether the animal's conduct deviates from what is expected of a well-behaved animal of its kind, not whether it is contrary to its own nature.

  3. 03

    Lever v Purdy 1993 (3) SA 17 (A)

    A defendant may escape liability under actio de pauperie if the harm was caused by the fault of a third party, either by a positive act or negligent control of the animal.

  4. 04

    Joubert v Combrink 1980 (3) SA 680 (T)

    Consent to risk (volenti non fit iniuria) requires actual knowledge and acceptance of the risk; mere presence of a warning sign does not suffice, especially where the plaintiff was invited onto the premises.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the defendant was the owner of the dogs and that their attack on the plaintiff was contra naturam sui generis, as it was not expected of well-behaved dogs to attack a person lawfully present on the premises without provocation. The plaintiff was present with the defendant's consent and had no knowledge of any risk posed by the dogs, nor did she see any warning sign. The defendant failed to prove any defence based on third-party fault or consent to risk. The court held that strict liability under the actio de pauperie applied, and the defendant was liable for damages resulting from the attack. The quantum of damages was postponed for later determination.

Obiter and limits

  • The court noted that even if the plaintiff had seen the warning sign, the defendant's specific invitation to enter the premises would negate any defence based on volenti non fit iniuria.
  • The defendant's evidence regarding the securing of the gates was unconvincing, but this was not decisive given the finding on strict liability.

Court disposition

Plaintiff succeeds on the main cause of action under actio de pauperie; defendant found liable for damages.

  • It is declared that the defendant is liable to compensate the plaintiff for such damages as she may prove arising from injuries caused by the defendant's dogs on 6 June 2002.
  • The defendant is ordered to pay the costs of the trial.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2004] ZAFSHC 125

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Saak No: 1634/2003

In die saak tussen:

ELIZABETH PIENAAR Eiseres

en

WILLEM PETRUS JACOBUS Verweerder

LOUW

STEENKAMP

_____________

CORAM: VAN

DER MERWE R

AANGEHOOR OP: 17 AUGUSTUS 2004

GELEWER OP: 26 AUGUSTUS 2004

[1] In hierdie aksie vorder die eiseres betaling van skadevergoeding deur verweerder op grond van ‘n voorval waartydens die eiseres deur honde gebyt en beseer is. Die eiseres se saak is gebaseer op die actio de pauperie en in die alternatief op die actio legis Aquiliae.

[2] Ooreenkomstig ooreenkoms daartoe bereik tussen die partye tydens voorverhoor samesprekings, is by die aanvang van die verhoor ingevolge die bepalings van Eenvormige Hofreël 33 (4) beveel dat die geskilpunte vervat in paragrawe 7, 8, 9 en 10 van die besonderhede van vordering en in die ooreenstemmende paragrawe van die verweerskrif, oorstaan vir latere beregting, indien nodig. Die effek van hierdie lasgewing was dat die kwessie van aanspreeklikheid aanvanklik afsonderlik beslis moes word en dat die geskilpunte met betrekking tot die omvang van skadevergoeding oorstaan vir latere beregting.

[3] Slegs die eiseres en die verweerder het getuienis afgelê by hierdie verhoor.

[4] Die eiseres is tans 40 jaar oud. Gedurende 2002 was sy in diens van die Departement van Waterwese en Bosbou as Assistent Projekbestuurder. Sy is tans steeds in diens van die gemelde Departement maar nou as Projekbestuurder. Die verweerder het met die eiseres kontak gemaak met die bedoeling dat die eiseres uit hoofde van haar gemelde diensbetrekking gif aan hom verskaf vir die doeleindes van bestryding van doringbome wat ‘n plaag geword het.

[5] Die eiseres het getuig dat sy uit hoofde hiervan ongeveer ‘n maand voor 6 Junie 2002 vir die verweerder ontmoet het. Hierdie ontmoeting het plaasgevind by die kantoor van verweerder. Verweerder se kantoor was in ‘n buitegebou, ‘n motorhuis wat omskep is, op dieselfde erf as die huis waarin die verweerder saam met sy eggenote en 2-jarige seuntjie gewoon het. Die eiseres het getuig dat hierdie erf omhein is met diamantvormige ogiesdraad ongeveer 1.4 meter hoog. Die enigste toegang tot die erf aan die voorkant van die huis daarop is ‘n hek waardeur ‘n voertuig die erf kon binne ry. Hierdie hek is ongeveer net so hoog soos die gemelde draadomheining om die erf en bedek met soortgelyke ogiesdraad. Die verweerder se kantoor was geleë ongeveer 8 tot 10 meter binne die erf min of meer in lyn met die hek.

[6] Die eiseres het getuig dat by hierdie eerste ontmoeting, dokumentasie ingevul en onderteken is met betrekking tot verskaffing van die gemelde gif. Sy het getuig dat met haar aankoms by die erf sy haar voertuig buite geparkeer het. Die voorhek het oopgestaan en die verweerder was buite die kantoor. Binne-in die kantoor het die verweerder se seuntjie gespeel naby ‘n bruin Boerboel hond. Die eiseres het die seuntjie wat by die hond gespeel het, opgetel en so op die hond gelet. Dit was een van die honde wat haar later aangeval het. Op ‘n latere datum het die eiseres vir die verweerder opgelaai en saam met hom gery na die plaas waar die bome bestry moes word. By daardie geleentheid het sy buite die erf stilgehou en het die verweerder daar in die voertuig kom klim. By nie een van hierdie twee geleenthede het die eiseres bewus geword van enige gevaar by die betrokke perseel van die verweerder nie.

[7] Vroeg-oggend op 6 Junie 2002 het die eiseres volgens haar getuienis vir die verweerder telefonies geskakel en hom meegedeel dat sy die gif bekom het en navraag gedoen na waar dit afgelaai kon word. Die verweerder het vir die eiseres meegedeel dat daar niemand by sy huis sou wees nie en versoek dat die eiseres die gif by die deur van sy kantoor neersit. Die eiseres het die verweerder meegedeel dat sy vanaf 13H30 tot 14H00 in Jacobsdal sou wees en die gif daar sal neersit.

[8] Die betrokke dag het die eiseres saam met ene Mnr. Solly Sumbane gery. Kort voor 14H00 het die eiseres buite die erf van die verweerder net links van die voorste hek stilgehou. Hierdie hek het weer oopgestaan, dit was ongeveer ‘n halwe meter oop na buitetoe, sodat die eiseres deur die opening kon stap met die kartondoos bevattende die gif. Die eiseres het aldus die perseel binne gegaan, terwyl Mnr Sumbane in die voertuig gewag het. Sy het die kartondoos bevattende die gif gedra tot by die kantoor en naby die deur daarvan neergesit. Tot op daardie stadium het sy geen hond gesien of gehoor nie. Net toe die eiseres die kartondoos klaar neergesit het, het sy twee Boerboele om die hoek van die huis in haar rigting sien kom. Hierdie honde het die eiseres saam aangeval sonder om te blaf. Die voorste hond het die eiseres omgespring, sodat sy op die grond geval het. Een hond het haar aan die arm beetgekry en gesleep na die een kant toe terwyl die ander hond haar aan haar bene beetgekry het en na die anderkant gesleep het.

So het die honde vir die eiseres heen en weer op die grond gesleep en het altwee haar gebyt.

[9] Terwyl die eiseres so gesleep is, het sy ‘n waterspreier in die hande gekry en die honde daarmee gekap. Sodoende het sy kans gekry om weg te kom en op Mnr. Sumbane te skreeu om die bakkie binne die erf in te bring. Hy het so gedoen, die eiseres het in die bakkie ingespring en sy is reguit na ‘n geneesheer geneem.

[10] Die eiseres het getuig dat sy op geen stadium ‘n waarskuwingsbord op die hek waargeneem het of raakgesien het nie. Ek het nie die eiseres se getuienis verstaan as ‘n ontkenning van die teenwoordighed van so ‘n waarskuwingsbord nie maar dat sy nie van so iets bewus geword het nie.

[11] Die verweerder het in sy getuienis tot ‘n baie groot mate die getuienis van die eiseres bevestig of onbetwis gelaat. Hy het getuig dat die betrokke kantoor gebruik was vir die administrasie van sy werk wat bestaan het uit die verkope van kunsmis en saad. Die verweerder het in getuienis verduidelik hoedat ‘n reeks inbrake en diefstal by sy woning gelei het tot die aanskaf van die betrokke twee Boerboele as waghonde en dat dit gelei het tot ‘n oplossing van die inbraak-probleem. Hy het getuig dat die betrokke twee honde kwaai en effektiewe waghonde was, soos wat hulle bedoel was om te wees. Volgens die verweerder was die agterplaas van sy erf afgespan op soortgelyke wyse as wat die erf omhein is. Die hekkie wat toegang gegee het tot die afgespande agterplaas was geleë naby die agterkant van die gebou waarin die kantoor gehuisves is. Volgens die verweerder was hierdie hek toegemaak met ‘n meganisme van staaldraad wat nie deur ‘n hond op enige wyse oopgemaak sou kon word nie. Ook die voorste hek se toemaak-meganisme was van so ‘n aard dat die honde dit nie sou kon oopkry nie.

[12] Die verweerder het getuig dat nadat ‘n voorval plaasgevind het waartydens ‘n buurman van hom beweer het dat een van hierdie Boerboele die buurman gebyt het, hy, voordat die eiseres vir die eerste keer by sy perseel gekom het, ‘n waarskuwingsbord aangebring het op die toegangshek aan die voorkant van die perseel. Aan die agterkant van die erf was ook ‘n bord aangebring maar dit speel geen rol in hierdie saak nie. Die waarskuwingsbord op die voorste toegangshek was geel van kleur, ongeveer 30 cm. by 20 cm. Dit toon prominent die kop van ‘n Duitse Herdershond en dit bevat die woorde “BEWARE”, “PASOP” en “TSHABA”.

[13] Die verweerder se getuienis was dat hy nie die telefoniese oproep vanaf die eiseres op die oggend van 6 Junie 2002 kon onthou nie, maar dat hy die getuienis van die eiseres daaromtrent nie betwis nie maar aanvaar. Hy het bygevoeg dat dit heelwaarskynlik korrek is dat hy vir die eiseres meegedeel het om die gif by die kantoor neer te sit. Volgens die verweerder het hy die hekkie wat na die agterplaas lei behoorlik toegemaak, so ook die voorste toegangshek en vertrek. Gedurende die middag het ‘n persoon vanaf die spreekkamer van die dokter waarna die eiseres was vir hom geskakel. Hy het onmiddellik huistoe gery. Aldaar aangekom het hy gevind dat die voorhek oopstaan sowel as die klein hekkie wat na die agterplaas lei, maar het die twee honde in die agterplaas gelê. Hy het gesê dat hy hom nie kan voorstel wat gebeur het wat daartoe gelei het dat die hekke oop was en die honde uitgekom het nie. Hy het egter uitdruklik bevestig dat aanvaar moet word dat hy die eiseres gevra het of versoek het om in die erf in te kom ten einde die gif daar af te lewer, ondanks die teenwoordigheid van die gemelde waarskuwingsbord.

[14] Die eiseres het beide wat haar voorkoms in die getuiebank betref en die inhoud van haar getuienis ‘n baie goeie indruk op my gemaak. In die lig daarvan verder dat haar getuienis wesenlik onbetwis staan, het ek geen huiwering om die getuienis van die eiseres as die waarheid te aanvaar nie.

[15] Verweerder se getuienis aangaande dat en hoe hy gedurende die vorige aand en op die betrokke oggend van 6 Junie 2002 die honde in die agterplaas sou toegemaak het, was onindrukwekkend, om die minste daarvan te sê. Daar bestaan by my ‘n sterk suspisie dat die verweerder bloot nie verseker het dat enige van die hekke behoorlik toegemaak is nie. Vanweë die gevolgtrekking wat ek in hierdie saak bereik het, vind ek dit nie nodig om verder hierop in te gaan nie. Dit dien egter gemeld te word dat ek aanvaar dat die waarskuwingsbord te alle tersaaklike tye op die voorste toegangshek aangebring was soos wat die verweerder getuig het.

[16] Die skuldlose aanspreeklikheid van die eienaar van ‘n huisdier of mak dier ingevolge die actio de pauperie is onlangs bevestig deur die Hoogste Hof van Appèl in die beslissing van LORIZA BRAHMAN EN ‘N ANDER v DIPPENAAR 2002 (2) SA 477 (HHA). Die vereistes vir ‘n suksesvolle beroep op hierdie aksie deur ‘n eiser is welbekend, naamlik dat die verweerder die eienaar is van die betrokke mak dier en dat die optrede van die dier contra naturam sui generis was en dus vanweë innerlike senuweeagtigheid, of wildheid (sponte feritate commota).

[17] In die onderhawige geval was dit van die begin af gemeensaak dat die verweerder die eienaar was van die betrokke twee Boerboele, synde huisdiere. Namens verweerder is egter aangevoer dat eiseres nie die contra naturam-vereiste bewys het nie. In besonder is aangevoer, soos ek dit verstaan het, dat vir die betrokke Boerboele of soortgelyke honde dit nie contra naturam sui generis is om ‘n persoon wat die hond se gebied binnekom, aan te val nie maar juis secundam naturam sui generis is om so te doen. Hierdie argument kan nie aanvaar word nie. Die toets is of die optrede van die betrokke dier ooreenstem met die optrede wat regtens verwag word van ‘n goed beheerde of goed gemanierde dier van die betrokke soort d.w.s. honde in die algemeen. Die toets is nie of die dier strydig met sy eie geaardheid of normale optrede opgetree het nie en selfs nie of sy gedrag verskil het van gewone optrede van die betrokke tipe hond nie. Sien in hierdie verband LORIZA BRAHMAN EN ‘N ANDER v DIPPENAAR, supra op 485 – 486 par. [18] en die uitsprake daarin na verwys. Sien ook SWART v HONEYBORNE 1981 (1) SA 974 (K) op 978 C – D. Dit is myns insiens duidelik dat aldus van ‘n hond verwag word om nie sonder grondige rede ‘n persoon aan te val en te byt nie. Aangesien daar in die onderhawige saak geen sprake is van enige ander oorsaak vir die optrede van die honde nie, is ek tevrede dat hulle, toe hulle die eiseres aangeval het, beide contra naturam sui generis en sponte feritate commota opgetree het. Dit volg dat tensy verweerder enige van die verwere waarop hy die bewyslas dra, bewys, die eiseres moet slaag met die actio de pauperie.

[18] Ten aansien van die verweer dat die eiseres onregmatig op die verweerder se perseel was, is dit voldoende om te sê dat volgens die uitdruklike getuienis van die verweerder die eiseres met sy toestemming en kennis op die erf was en dat sy regmatig daar teenwoordig was.

[19] By wyse van ‘n wysiging van sy verweerskrif wat na sluiting van die eiseres se saak sonder beswaar daartoe vanaf die kant van die eiseres toegestaan is, het die verweerder gepleit dat die verweerder van blaam onthef is aangesien die onderhawige bytvoorval te wyte is aan die blaamwaardige optrede van ‘n derde persoon of persone. Tydens betoog is na my oordeel heeltemal tereg, nie argumente hieromtrent voorgelê nie. Die omstandighede waaronder ‘n eienaar van ‘n dier aanspreeklikheid ingevolge die actio de pauperie kan ontkom vanweë die optrede van ‘n derde party, is uiteengesit in die beslissing van LEVER v PURDY 1993 (3) SA 17 (A). Dit bestaan uit twee basiese kategorieë, naamlik eerstens waar ‘n positiewe daad van ’n derde party die oorsaak is van die optrede van die dier en tweedens waar ‘n derde party in beheer van die dier is en nalatig versuim om ‘n besering deur die dier te voorkom. Dit is myns insiens voldoende om te sê dat daar geen getuienis hoegenaamd deur die verweerder aangebied is waarop hierdie verweer in enige van die gemelde kategorieë gegrond kan word nie.

[20] Vervolgens moet oorweeg word of verweerder bewys het dat die eiseres toegestem het tot die risiko van benadeling. Hierdie regverdigingsgrond verg bewys daarvan dat die eiseres inderdaad kennis gehad het van die risiko van benadeling en bewustelik daartoe toegestem het tot inkorting van haar regte. Soos reeds gemeld, moet die getuienis van die eiseres dat sy nie die waarskuwingsbord raakgesien het nie en dus nie bewus geword het van die waarskuwing daarop vervat nie, aanvaar word. Sy het nie tydens die vorige besoeke by die verweerder se erf bewus geword van enige risiko met betrekking tot honde nie, trouens haar ervaring was tot die teendeel. Op die betrokke dag het die voorste toegangshek, net soos by die vorige geleentheid, oopgestaan. Ook het die eiseres nie enige hond gesien of gehoor nie. Verweerder het na my oordeel dus geensins bewys dat die eiseres inderdaad kennis van gevaar gehad het nie. Verder is dit myns insiens belangrik om in gedagte te hou dat verweerder spesifiek vir die eiseres uitgenooi of versoek het om ondanks die waarskuwingsbord die verweerder se erf in die afwesigheid van enigiemand binne te gaan. Ek stem met eerbied saam met die beslissing in JOUBERT v COMBRINK 1980 (3) SA 680 (T) op 682 G – H dat in só ‘n geval ‘n verweerder hom nie op die verweer van volenti non fit iniuria behoort te kan beroep nie, selfs al was die eiser bewus van die risiko van benadeling. Ek meen dat in só ‘n geval die benadeelde, alhoewel bewus van die risiko van benadeling, nie daartoe toestem tot ontheffing van die verweerder nie.

[21] Hier was geen sprake daarvan dat nalatigheid of ander onbehoorlike optrede van die eiseres die oorsaak was van die optrede van die honde nie. Na my oordeel slaag die eiseres met haar hoofskuldoorsaak. Gevolglik vind ek dit onnodig om te handel met eiseres se alternatiewe skuldoorsaak. Daar is geen rede waarom koste nie die resultaat van hierdie verhoor moet volg nie.

[22] Gevolglik word die volgende bevele gemaak:

1. Dit word bevind dat verweerder aanspreeklik is vir vergoeding van sodanige skade as wat eiseres mag bewys sy gely het as gevolg daarvan dat sy deur verweerder se honde beseer is op 6 Junie 2002.

2. Verweerder word gelas om die koste van die verhoor te betaal.

______

CHG VAN DER MERWE R.

Namens Eiseres : Adv. P.J. Loubser

i.o.v.

Naudes

BLOEMFONTEIN

Namens Verweerder: Adv. L Le R Pohl

Honey en Vennote

/ec

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Loriza Brahman en 'n Ander v Dippenaar 2002 (2) SA 477 (SCA)

Case cited

Swart v Honeyborne 1981 (1) SA 974 (K)

Case cited

Lever v Purdy 1993 (3) SA 17 (A)

Case cited

Joubert v Combrink 1980 (3) SA 680 (T)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.