Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

Pienaar v S (CA&R 122/02) [2003] ZANCHC 26 (24 February 2003)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appeal court found that the trial magistrate was correct in accepting the State witnesses' evidence and rejecting the appellant's version as false beyond reasonable doubt. The appellant's own account amounted to an admission of appropriation of property belonging to another, satisfying the elements of theft. The court held that the sentence of four years' imprisonment was justified in light of the appellant's eleven previous convictions for offences involving dishonesty, and that the sentencing court had properly considered the low value of the stolen property but was entitled to treat the appellant's criminal record as an aggravating factor. There was no misdirection or shockingly inappropriate sentence, and the trial court's discretion was reasonably exercised.

Court disposition

Appeal dismissed. Conviction and sentence confirmed.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The conviction and sentence of four years' imprisonment are confirmed.

02

Material facts

Parties

Petrus Pienaar

Appellant Counsel: Adv A Bester

The State

Respondent Counsel: Adv PSC Calitz

Amounts and remedies

  • Value of Stolen Chairs: ZAR 500
  • Sentence Imposed: ZAR 4

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
Counsel for the appellant argued that the appellant's version, namely that the chairs were abandoned property found at the cemetery, was reasonably possibly true and should have been accepted. It was further submitted that the value of the stolen chairs was low (approximately R500.00), and that the sentencing court placed undue emphasis on the appellant's previous convictions, resulting in an unduly harsh sentence.
Respondent
Counsel for the respondent maintained that the trial court was correct in accepting the State witnesses' evidence as credible and rejecting the appellant's version as false beyond reasonable doubt. The respondent argued that the appellant's extensive record of previous convictions involving dishonesty justified the imposition of a direct custodial sentence, and that the sentencing discretion was properly exercised.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Matlala 2003(1) SASV 80 (HHA) at 83 b-f

    An appeal court may interfere with sentence only if there has been a misdirection or if the sentence is disturbingly inappropriate.

  2. 02

    General principle of appellate review

    Credibility findings by the trial court are entitled to deference and will not be lightly overturned on appeal.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appeal court found that the trial magistrate was correct in accepting the State witnesses' evidence and rejecting the appellant's version as false beyond reasonable doubt. The appellant's own account amounted to an admission of appropriation of property belonging to another, satisfying the elements of theft. The court held that the sentence of four years' imprisonment was justified in light of the appellant's eleven previous convictions for offences involving dishonesty, and that the sentencing court had properly considered the low value of the stolen property but was entitled to treat the appellant's criminal record as an aggravating factor. There was no misdirection or shockingly inappropriate sentence, and the trial court's discretion was reasonably exercised.

Obiter and limits

  • Even if the value of the stolen property is low, a persistent record of dishonesty offences may justify a custodial sentence.
  • The appellant had previously been warned that he could be declared a habitual criminal, which underscores the seriousness of his recidivism.

Court disposition

Appeal dismissed. Conviction and sentence confirmed.

  • The appeal is dismissed.
  • The conviction and sentence of four years' imprisonment are confirmed.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2003] ZANCHC 26

Verslagwaardig: Ja / Nee

Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee

Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(Noord-Kaapse Afdeling)

Saakno: CA&R 122/02

Datum verhoor: 24 Feb 2003

Datum gelewer: 24 Feb 2003

In die appél van:

PETRUS

PIENAAR APPELLANT

versus

DIE

STAAT RESPONDENT

Coram: MAJIEDT R et

LACOCK R

UITSPRAAK OP APPéL

MAJIEDT R:

Die appellant kom in hoër beroep teen sy skuldigbevinding en vonnis. Hy is na ‘n verhoor in die landdroshof skuldig bevind op ‘n aanklag van diefstal van 2 stoele ter waarde van R500.00 en die verrigtinge is daarna gestaak en die aangeleentheid verwys na die streekhof vir vonnis ingevolge die bepalings vervat in art 116(1)(b) van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977.

Die appellant is toe daarna in die streekhof gevonnis tot 4 jaar gevangenisstraf.

Die appellant, wat regsverteenwoordig was tydens sy verhoor, het onskuldig gepleit en sy swygreg uitgeoefen ten aansien van ‘n pleitverduideliking. Die Staat het die getuienis gelei van inspekteur Duncan Vertue van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te Kimberley. Hy het getuig dat op die datum van die voorval hy ‘n telefoniese klagte ontvang het van diefstal komende van ‘n mnr Schoeman van die Horseshoe Motel (“die motel”). Die klagte was tot die effek dat mnr Schoeman ‘n persoon gesien het wat een van die stoele gedra het wat behoort aan die motel. Meneer Vertue se getuienis verder is dat hy mnr Schoeman ontmoet het by ‘n padstal te Memorialweg, dit is die pad wat uitgaan na Kaapstad. Daar het mnr Schoeman ‘n persoon (wat later blyk die appellant te wees) uitgewys en inspekteur Vertue, vergesel van die appellant, is na die padstalletjie waar hulle onder ‘n seil twee stoele gevind het. Dié stoele het mnr Schoeman uitgeken as die eiendom van die motel. In kruisondervraging het dit geblyk dat die appellant se verweer is dat dié stoele res derelictae was aangesien hy dit geabandoneer gevind het by die begraafplaas langsaan Memorialweg waar hy (die appellant) werksaam was. Volgens die appellant se weergawe soos gestel in kruisondervraging, sou dié stoele in ‘n stukkende toestand gewees het en was dit sy voorneme om die eienaar van die padstalletjie waar die stoele later gevind was te versoek om dit vir hom te herstel. Inspekteur Vertue was die mening toegedaan dat dié stoele in ‘n goeie toestand was.

Meneer Wilhelm Lourens Schoeman, die eienaar van die motel, het daarna getuig dat hy op die dag van die voorval op pad was uit die middestad na die motel op Memorialweg toe hy ‘n persoon aan die regterkant van die pad sien stap het met ‘n stoel wat mnr. Schoeman uitgeken het as die eiendom van die motel. Hy het stilgehou en die persoon dopgehou en opgemerk hoe hy die stoel onder ‘n seil by ‘n padstalletjie versteek. Meneer Schoeman het die SAPD in kennis gestel en het verder bevestig dat hy en insp. Vertue in die teenwoordigheid van die beskuldigde 2 van die motel se stoele onder die seil aangetref het. Meneer Schoeman was absoluut seker daarvan dat die stoele die eiendom is van die motel en dat dit nog in ‘n baie goeie toestand was en nie in ‘n haglike toestand soos wat die appellant dit wou hê onder kruisondervraging nie.

Die appellant self het ook getuig en sy weergawe was dat hy by die begraafplaas langsaan Memorialweg gewerk het as ‘n arbeider op daardie stadium. Hy het, terwyl hy besig was om te skoffel daar, 2 stoele onder ‘n boom opgemerk. Die stoele was half stukkend en hy het dit geneem na ‘n man wat hy ken by die padstal daar naby en aan hierdie man gevra om dit vir hom te herstel. Op instruksies van hierdie man het hy albei stoele onder die seil by die padstal gebêre. Hy bevestig dat hy later gearresteer is en dat in die teenwoordigheid van insp. Vertue en mnr. Schoeman die stoele ontdek is daar onder die seil.

Die landdros het die staatsgetuies as geloofwaardig aangemerk en hulle weergawes aanvaar en dié van die appellant aan die ander kant verwerp as vals bo redelike twyfel. Me Bester, wat namens die appellant voor ons verskyn het, het halfhartig aangevoer dat die appellant se weergawe dat hierdie geabandoneerde stoele was wat hy ontdek het in die begraafplaas, redelik moontlik waar kan wees aangesien ‘n groot aantal mense volgens mnr. Schoeman geredelik toegang tot die konferensiesaal waar die stoele geberg word, toegang het. Sy het nie die geloofwaardigheidsbevindinge van die landdros hoegenaamd aangeval nie. In elk geval is die beperkte bevoegdhede van ‘n Hof van Appél om in te meng met geloofwaardigheidsbevindinge van die Hof a quo, nou alreeds welbekend.

Wanneer die getuienis op die oorkonde voor ons nou beoordeel word met aanvaarding van die landdros se geloofwaardigheidsbevindinge, dan meen ek dat dit oorvloediglik bewese is dat die appellant homself skuldig gemaak het aan diefstal. Selfs op sy eie weergawe, naamlik dat hy die stoele aan homself toegeëien het, terwyl hy deeglik bewus daarvan was dat dit die eiendom van iemand anders was, is hy skuldig aan diefstal. Ek meen egter dat die geleerde landdros tereg die appellant se weergawe verwerp het as vals bo redelike twyfel. Dit is deurspek met onwaarskynlikhede en was die appellant op ‘n nalees van die oorkonde duidelik nie ‘n bevredigende getuie nie. Die getuienis van die Staat aan die ander kant is baie meer waarskynlik, pas dit behoorlik in die prentjie in, inaggenome die geloofwaardigheidsbevindinge van die landdros, moet aanvaar word dat die staatsgetuies die waarheid aan die hof vertel het. So gesien, dus is ek die mening toegedaan dat daar absoluut geen meriete op appél teen skuldigbevinding is nie en is die appellant na my mening behoorlik skuldig bevind aan diefstal.

Wat vonnis aanbetref, het me Bester groot klem gelê daarop dat die waarde van die 2 stoele slegs ongeveer R500.00 is. Met verwysing na sekere gewysdes het sy aan die hand gedoen dat die streeklanddros wat die vonnis van 4 jaar gevangenisstraf opgelê het, die bepaalde aspek van die waarde van die stoele buite die oog verloor het en heeltemal te veel klem gelê het op die appellant se vorige veroordelings.

Wat die appellant se persoonlike omstandighede aanbetref blyk dit uit die oorkonde dat hy getroud was met 2 kinders van 15 en 18 jaar oud. Soos alreeds aangedui hierin was hy ten tyde van die voorval werksaam as ‘n algemene arbeider by die begraafplaas langs Memorialweg. Hy het maar standerd 2 op skool behaal. Wat egter van kardinale belang is in hierdie saak, is die appellant se indrukwekkende lys van vorige veroordelings. Hy het naamlik nie minder nie as 11 vorige veroordelings waarby ‘n element van oneerlikheid betrokke is. Dit val dan ook nie vreemd op nie dat die appellant by meer as een geleentheid vantevore al by vonnisoplegging gewaarsku is dat hy as ‘n gewoontemisdadiger verklaar mag word.

Die streeklanddros het by vonnisoplegging wel deeglik die aspek van die lae waarde van die stoele in ag geneem. Inteendeel, hy het in sy uitspraak te kenne gegee dat as dit nie was vir die veelvuldige vorige veroordelings vir oneerlikheidsmisdrywe van die appellant nie, hy heel moontlik ‘n vonnis anders as direkte gevangenisstraf sou oorweeg het. Ek meen dat die streeklanddros heeltemal tereg die appellant se kommerwekkende misdaadrekord as strafverswarende omstandigheid aangemerk het.

‘n Hof van appél kan met ‘n vonnis inmeng slegs as daar ‘n mistasting begaan is deur die vonnisoplegger, of as die vonnis skokkend onvanpas is. Verder moet ‘n hof van appél ten aansien van vonnis in aanmerking neem dat hy slegs geregtig sal wees om in te meng met die vonnis as hy tevrede is dat die verhoorhof nie sy vonnisdiskresie redelik uitgeoefen het nie.

Sien in dié verband: S v Matlala 2003(1) SASV 80 (HHA) te 83 b-f.

Daar is nie sprake van enige mistastings in die oplegging van die vonnis in hierdie saak nie. Wat eerder hier gesuggereer word is dat die vonnis skokkend onvanpas is. Ek is die mening toegedaan dat dit nie die geval is hier nie – die appellant se indrukwekkende lys van vorige oneerlikheidsmisdrywe verg slegs een vonnis en dit is een van direkte gevangenisstraf. Ek meen nie dat die verhoorlanddros onredelik was in die uitoefening van sy diskresie wat vonnis aanbetref nie en is die vonnis van 4 jaar gevangenisstraf na my mening ‘n ewewigtige gebalanseerde vonnis inaggenome die appellant se misdaadrekord.

By gevolg word die appél van die hand gewys. Die appellant se skuldigbevinding en vonnis word bekragtig.

___

SA

MAJIEDT

REGTER

Ek stem saam:

_____

HJ

LACOCK

NAMENS APPELLANT : ADV A BESTER

NAMENS RESPONDENT : ADV PSC CALITZ

DATUM VAN VERHOOR : 24 FEBRUARIE 2003

DATUM VAN UITSPRAAK : 24 FEBRUARIE 2003

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Matlala 2003(1) SASV 80 (HHA)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.