Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Pienaar v Schoeman (1984/2007) [2007] ZAFSHC 43 (31 May 2007)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The applicant failed to establish a prima facie case for the removal and safekeeping of the harvester, as the respondent's version regarding the payment terms and right of retention for improvements could not be rejected on the papers. The respondent's evidence supports the existence of a retention right, and there is insufficient evidence that the applicant would pay or secure the respondent's claim for improvements. The alternative relief sought, namely prohibiting the respondent from using the harvester, constitutes a final interdict. Applying the Plascon-Evans rule, the matter must be decided on the respondent's version, which indicates the sale agreement remains in force and the respondent is entitled to use the harvester. The application for both forms of interim relief is therefore dismissed.

Court disposition

Application dismissed with costs.

Orders

  • The application is dismissed with costs.

02

Material facts

Parties

Alet Jacobus Pienaar

Applicant Counsel: Adv. P.J. T. de Wet

Fanie Schoeman

Respondent Counsel: Adv. P.U. Fischer

Amounts and remedies

  • Purchase Price of Harvester: ZAR 200,000
  • Respondent's Claim for Improvements: ZAR 46,199

03

Procedural history

  1. Posture

    Urgent Application / Final Judgment on Urgent Application for Interim Relief

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant contends that the sale agreement for the Case 1660 harvester was validly cancelled due to the respondent's failure to pay the purchase price, specifically R100,000.00 by the agreed deadline of 28 February 2007, as amended by mutual agreement. The applicant claims ownership was reserved until full payment and seeks interim relief for the removal and safekeeping of the harvester, or alternatively, an order prohibiting the respondent from using it pending the final determination of the action.
Respondent
The respondent admits no payment has been made but argues that, under the terms of the sale agreement, no portion of the purchase price was due at the time the application was launched. He disputes the existence of a final payment deadline and asserts that he earned no income from the harvester before the application. Alternatively, he relies on a right of retention arising from substantial improvements made to the harvester, increasing its value by R100,000.00 to R150,000.00, and offers to return the harvester upon payment of his claim for improvements.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    SIMON NO v AIR OPERATIONS OF EUROPE AB AND OTHERS [1998] ZASCA 79; 1999 (1) SA 217 (SCA) at 228G-H

    In urgent applications for interim relief, the applicant must establish a prima facie right to the relief sought, considering both parties' versions and inherent probabilities.

  2. 02

    PLASCON-EVANS PAINTS LTD v VAN RIEBEECK PAINTS (PTY) LTD [1984] ZASCA 51; 1984 (3) SA 623 (A) at 634-635

    Where material disputes of fact exist, the application must be decided on the respondent's version unless it is so far-fetched or untenable that it can be rejected on the papers.

  3. 03

    C.G. van der Merwe, Sakereg, Second Edition p. 163

    A right of retention may arise for improvements made to property, entitling the possessor to retain the property until compensated.

  4. 04

    LAWSA, Volume 11, First Re-issue p. 288 para 307; APLENI v MINISTER OF LAW AND ORDER AND OTHERS 1989 (1) SA 195 (A) at 201

    A retentor may not use the retained property, but this principle cannot be applied if the matter is not decided on that basis.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The applicant failed to establish a prima facie case for the removal and safekeeping of the harvester, as the respondent's version regarding the payment terms and right of retention for improvements could not be rejected on the papers. The respondent's evidence supports the existence of a retention right, and there is insufficient evidence that the applicant would pay or secure the respondent's claim for improvements. The alternative relief sought, namely prohibiting the respondent from using the harvester, constitutes a final interdict. Applying the Plascon-Evans rule, the matter must be decided on the respondent's version, which indicates the sale agreement remains in force and the respondent is entitled to use the harvester. The application for both forms of interim relief is therefore dismissed.

Obiter and limits

  • The respondent's conduct in attempting to find another buyer and cooperating with the applicant after the alleged cancellation supports the applicant's version regarding the payment deadline, but is not decisive given the material disputes of fact.
  • The principle that a retentor may not use the retained property is not determinative in this case, as the matter is decided on the respondent's version, which does not establish a valid cancellation of the contract.

Court disposition

Application dismissed with costs.

  • The application is dismissed with costs.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2007] ZAFSHC 43

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Saak Nr. : 1984/2007

In die saak tussen:-

ALET JACOBUS PIENAAR Applikant

en

FANIE SCHOEMAN Respondent

_____________

AANGEHOOR OP: 24 MEI 2007

UITSPRAAK DEUR: VAN DER MERWE R

GELEWER OP: 31 MEI 2007

[1] Die onderwerp van hierdie aansoek is ‘n Case 1660 stroper met registrasienommer DSL349NW (“die stroper”). Dit is op die stukke voor my gemeensaak tussen die partye dat die applikant die stroper op 14 Desember 2006 kragtens mondelinge ooreenkoms aan die respondent verkoop het. Dit is ook gemeensaak tussen die partye dat die respondent tans in besit is van die stroper en dat die respondent die stroper minstens sedert 14 Mei 2007 gebruik vir die stroop van mielies.

[2] Die onderhawige aansoek is geloods as ‘n dringende aansoek waarin beoog was om regshulp te verkry hangende die beslissing van die onderstaande finale regshulp en koste, wat later in dieselfde aansoek deur die applikant aangevra sou word, te wete bevele:

“3.1 dat die koopooreenkoms tussen die applikant en die respondent rakende die aankoop van ‘n Case 1660 stroper met registrasienommer DSL 349 NW (“die stroper”) gekanselleer is:

3.2 dat die respondent gelas word om die stroper aan die applikant te lewer;”

[3] Antwoordende en repliserende beëdigde verklarings is egter intussen afgelewer, voordat enige regshulp toegestaan is. By die aanvang van die argument voor my is namens die applikant gevra dat regshulp verleen word hangende ‘n aksie binne ‘n bepaalde tydperk ingestel te word en dat die Kennisgewing van Mosie dienooreenkomstig gewysig word. Hierdie wending is klaarblyklik veroorsaak deur die wesenlike feitegeskille tussen die partye met betrekking tot die regshulp wat hierbo aangehaal is, wat uit die stukke blyk. Namens die respondent is aangedui dat daar geen beswaar daarteen is dat die aansoek op hierdie basis oorweeg word nie. Gevolglik word tans essensieel deur die applikant gevra dat hangende finale beregting van die aksie ingestel te word, die balju gemagtig en gelas word om die stroper uit die besit van die respondent te verwyder en dit in bewaring te hou, alternatiewelik dat die respondent verbied word om die stroper te gebruik. Uit die hoofde van die voormelde is dit duidelik dat tans aanvaar moet word dat die regshulp hierbo aangehaal, deur die applikant in die aksie gevorder sal word.

[4] Die applikant vra dus twee alternatiewe vorme van regshulp aan, hangende die beslegting van die aksie. Hierdie twee alternatiewe vorme van regshulp word boonop deur die respondent op twee alternatiewe regsgrondslae teengestaan. Die gevolglike wisselwerking, soos wat aanstons sal blyk, veroorsaak dat die alternatiewe vorme van regshulp wat die applikant aanvra, elkeen afsonderlik oorweeg moet word.

[5] Die regshulp wat in die eerste plek deur die applikant aangevra word, is dat die stroper uit die respondent se besit verwyder moet word. Ek aanvaar dat die voorgestelde bevel ‘n interim interdik daarstel op die basis dat die vraag of die respondent verplig is om die stroper aan die applikant te lewer, in die aksie beslis sal word. Gevolglik moet in die eerste plek beoordeel word of die applikant ‘n prima facie saak vir teruglewering van die stroper aangetoon het.

[6] Die aanvaarde toets in hierdie omstandighede is om eerstens die feite wat deur die applikant beweer word te oorweeg tesame met sodanige feite wat deur die respondent beweer word, maar nie deur die applikant betwis word of kan word nie en met inagneming van die inherente waarskynlikhede die vraag te vra of die applikant daarop in die aksie behoort te slaag. Indien nie, moet die applikant vir daardie rede alleen natuurlik reeds faal. Indien die applikant die eerste hekkie oorkom, moet die feite wat deur die respondent beweer word oorweeg word en indien daardie feite ernstige twyfel of meer dan “some doubt” werp op die saak van die applikant, kan die applikant ook nie slaag nie. Sien byvoorbeeld SIMON NO v AIR OPERATIONS OF EUROPE AB AND OTHERS [1998] ZASCA 79; 1999 (1) SA 217 (HHA) op 228 G – H.

[7] Die applikant se saak is dat hy die koopkontrak met betrekking tot die stroper geldig gekanselleer het weens wanbetaling deur die respondent van die koopprys en dat die applikant gevolglik geregtig is op teruggawe van die stroper. Die respondent daarenteen erken dat hy nog geen betaling aan die applikant gemaak het ten aansien van die koopprys van die stroper nie, maar voer in die eerste plek aan dat volgens die terme van die koopkontrak, geen gedeelte van die koopprys betaalbaar was op die stadium toe die aansoek aanhangig gemaak is nie. Die partye is dit eens dat die koopprys R200 000,00 was, maar verskil oor of BTW daarby ingesluit is of nie.

[8] Namens die respondent is aangevoer dat by die toepassing van hierdie toets, die applikant nie prima facie aangetoon het dat die koopkontrak geldig gekanselleer is nie. Ek stem nie saam nie. Die wesenlike vraag hier is wanneer die koopprys of enige wesenlike gedeelte daarvan betaalbaar was kragtens die koopkontrak. Beide partye sê dat dit ooreengekom was dat die koopprys betaal sou word deurdat alle stroopgelde wat met die stroper verdien sou word, deur die respondent aan die applikant oorbetaal moes word. Die applikant sê dat kragtens die koopkontrak daar egter ‘n finale datum was waarop volle betaling van die koopsom moes geskied, naamlik einde Februarie 2007. Die respondent sê op sy beurt dat geen sodanige afsnydatum deel gevorm het van die koopkontrak nie en dat hy nie enige stroopgelde met die stroper verdien het voordat die onderhawige aansoek aanhangig gemaak is nie. Wat egter in hierdie verband belangrik is, is dat die applikant aanvoer dat die koopkontrak by ooreenkoms tussen die partye dusdanig gewysig is dat ‘n bedrag van R100 000,00 voor of op einde Februarie 2007 betaal moes word. Die applikant voer aan dat hierdie wysigingsooreenkoms aangegaan is nadat dit geblyk het dat geen betalings deur die respondent gemaak word nie en fondse dringend benodig geword het vir doeleindes van ‘n hartomleidingsoperasie van die applikant se seun. Op die basis dat die

respondent versuim het om ‘n bedrag van R100 000,00 te betaal voor of op die ooreengekome datum van 28 Februarie 2007, sou die applikant myns insiens geregtig wees om die koopkontrak te kanselleer soos wat aan die respondent meegedeel is in ‘n skrywe gedateer 4 April 2007. Die respondent se bewerings met betrekking tot die beweerde gewysigde betalingsooreenkoms, werp myns insiens nie ernstige twyfel op die applikant se getuienis in hierdie verband nie, maar neig eerder om dit op die waarskynlikhede te ondersteun. Die respondent sê self dat hy op 10 Maart 2007 ‘n SMS boodskap afkomstig van die applikant ontvang het waarin die respondent gedreig is dat die stroper afgehaal sou word indien die respondent nie die bedrag van R100 000,00 summier betaal nie. Dié optrede sou vreemd wees indien dit nie strook met wat op ooreengekom is nie. Bowendien blyk dit uit die respondent se eie getuienis dat hy daarna tot 20 Maart 2007 met die applikant saamgewerk het om te poog om iemand anders te kry om die stroper te koop en dat die respondent in die proses selfs aangebied het om die brandstofkoste van ‘n voornemende koper afkomstig vanaf Delmas na Marquard/Excelsior te betaal. Volgens die respondent het die applikant op 20 Maart 2007 te kenne gegee dat die respondent verder van die applikant se prokureurs sou verneem. Hierdie erkende optrede van die respondent strook eerder met die applikant se weergawe as met die respondent se beweerde blote welwillendheidsgebare.

[9] In sy opposisie van ‘n verwyderingsbevel ten opsigte van die stroper steun die respondent egter in die alternatief ook op ‘n retensiereg voortspruitende uit herstelwerk aan die stroper aangebring. Volgens die respondent het die betrokke herstelwerk die waarde van die stroper met tussen ‘n R100 000,00 en R150 000,00 laat toeneem. Die applikant gee toe dat herstelwerk aan die stroper nodig was en dat herstelwerk daaraan inderdaad deur die respondent gedoen is. Die applikant betwis ook nie die getuienis met betrekking tot die waardevermeerdering van die stroper as gevolg van die herstelwerk nie. Die applikant voer aan dat hy eiendomsreg ten opsigte van die stroper voorbehou het totdat volle betaling van die koopsom geskied het. Op die applikant se saak was die respondent dus ‘n regmatige houer van die stroper op die stadium toe die herstelwerk daaraan gedoen is. Alhoewel die presiese omvang van die uitgawes deur die respondent aan die stroper bestee tans nie duidelik is nie, blyk dit dus dat die applikant nie kan betwis dat die respondent op ‘n verrykingsretensiereg kan staatmaak indien die koopkontrak wel geldig gekanselleer is nie. Sien C.G. van der Merwe, Sakereg, Tweede Uitgawe p.

163. Daar is geen of onvoldoende getuienis voor my dat die applikant die respondent se vergoedingseis sal betaal of versekureer nie. Dit volg dat op hierdie basis die applikant nie in die hoofaksie sal slaag om ‘n bevel tot teruglewering van die stroper te verkry nie.

[10] Vervolgens moet oorweeg word of die alternatiewe regshulp van ‘n verbod op die respondent om die stroper hangende die beslegting van die aksie te gebruik, toegestaan kan word. Die eerste vraag in hierdie verband is myns insiens of hierdie regshulp ‘n finale of tussentydse interdik daarstel. Die kernverskil tussen ‘n finale interdik en ‘n interim interdik is dat by die eersgenoemde die betrokke regte van die partye finaal beslis word en by laasgenoemde nie. Sien LAWSA, Volume 11, First Re-issue p. 288 para 307 en p. 290 – 291 para 314 en APLENI v MINISTER OF LAW AND ORDER AND OTHERS 1989 (1) SA 195 (A) op 201. Soms is ‘n interdik wat slegs vir ‘n beperkte tydsduur sal geld steeds ‘n finale interdik, omdat ‘n finale beslissing van regte geverg word. Dit sal die geval wees wanneer die betrokke reg of geskil nie in die hoofgeding ter sprake sal kom nie. Sien byvoorbeeld STRAUSZ v STRAUSZ AND OTHERS 1964 (1) SA 720 (W) op 722 en 723 en CAPE TEX ENGINEERING WORKS (PTY) LTD v SAB LINES (PTY) LTD 1968 (2) SA 528 (K) op 530 A – B. Vergelyk ook METLIKA TRADING LTD AND OTHERS v COMMISSIONER, SOUTH AFRICAN REVENUE SERVICE 2005 (3) SA 1 (HHA) op 12 E en 12 H. Die vraag of die respondent die stroper mag gebruik terwyl hy in besit daarvan is, sal na my oordeel nie in die aksie beslis word nie. Anders gestel, ‘n bevel dat die respondent verbied word om die stroper te gebruik, sal nie by die aksie heroorweeg word nie. Dit volg dat die alternatiewe interdik wat deur die applikant aangevra word, ‘n finale interdik is.

Gevolglik moet die gewone beginsels by beoordeling van feitedispute in aansoeke soos uiteengesit in PLASCON-EVANS PAINTS LTD v VAN RIEBEECK PAINTS (PTY) LTD [1984] ZASCA 51; 1984 (3) SA 623 (A) op 634 en 635, toegepas word. Aangesien die respondent se weergawe nie bloot op die stukke verwerp kan word nie, moet die aansoek vir hierdie regshulp op sy weergawe beslis word.

[11] Die respondent se weergawe is dat die koopkontrak nog geld en dat hy derhalwe steeds geregtig is om die stroper te gebruik. Hy beroep hom slegs in die alternatief, indien bevind sou word dat die koopkontrak wel geldig gekanselleer is, daarop dat hy oor retensiereg vir verbeterings beskik. Hy het wel aangebied om die stroper terug te lewer teen betaling van sy vergoedingseis in die bedrag van R46 199,00 maar daardie aanbod is nie aanvaar nie. Dit is so dat ‘n retentor nie die saak waaroor die retensiereg geld mag gebruik nie, maar, soos reeds verduidelik, kan die saak nie op hierdie basis beslis word nie. Dit volg dat die alternatiewe aangevraagde regshulp ook nie toegestaan kan word nie.

[12] Die aansoek word van die hand gewys met koste.

________

C.H.G. VAN DER MERWE, R

Namens die applikant: Adv. P.J. T. de Wet

In opdrag van:

Symington & De Kok

BLOEMFONTEIN

Namens die respondent: Adv. P.U. Fischer

E G Cooper Prokureurs

/sp

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

SIMON NO v AIR OPERATIONS OF EUROPE AB AND OTHERS [1998] ZASCA 79; 1999 (1) SA 217 (SCA)

Case cited

PLASCON-EVANS PAINTS LTD v VAN RIEBEECK PAINTS (PTY) LTD [1984] ZASCA 51; 1984 (3) SA 623 (A)

Case cited

APLENI v MINISTER OF LAW AND ORDER AND OTHERS 1989 (1) SA 195 (A)

Case cited

STRAUSZ v STRAUSZ AND OTHERS 1964 (1) SA 720 (W)

Case cited

CAPE TEX ENGINEERING WORKS (PTY) LTD v SAB LINES (PTY) LTD 1968 (2) SA 528 (K)

Case cited

METLIKA TRADING LTD AND OTHERS v COMMISSIONER, SOUTH AFRICAN REVENUE SERVICE 2005 (3) SA 1 (SCA)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.