Pinro Building & Steel Merchants (edms) bpk v Yawa (459/1998) [2002] ZAWCHC 68; [2003] 1 All SA 318 (C) (29 November 2002)
- Citation
- [2002] ZAWCHC 68
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- HJ Erasmus
- Case number
- 459/1998
More details
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- HJ Erasmus
- Case number
- 459/1998
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that both the plaintiff's initial demand for a plea and the defendant's first plea were irregular steps in the proceedings. The first plea did not comply with the requirements of Rule 22(2) as it failed to address the material facts alleged in the declaration. The court held that irregularities in the proceedings may be condoned or struck out at the court's discretion. In this case, the proper course was to strike out the first plea as an irregular step, thereby restoring order to the proceedings. The plaintiff's application to strike out the second plea was dismissed, and the defendant's counter-application to strike out the first plea was granted. The plaintiff was ordered to pay the defendant's costs in respect of both applications.
Court disposition
Plaintiff's application dismissed; defendant's counter-application granted; first plea struck out; plaintiff to pay defendant's costs.
Orders
- The plaintiff's application is dismissed.
- The first plea delivered on 28 July 1999 is struck out as an irregular step.
- The plaintiff must pay the defendant's costs in respect of the application and counter-application.
02
Material facts
Parties
Pinro Building & Steel Merchants (edms) bpk
PlaintiffCingeni Peter Yawa
DefendantAmounts and remedies
- Claim Amount: ZAR 111,298.31
03
Procedural history
Posture
Civil Application / Application for Striking Out and Counter Application for Condonation
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the defendant's first plea constitutes a nullity or an irregular step in the proceedings.
- 02
Whether the plaintiff's application to strike out the defendant's second plea should be granted.
- 03
Whether the defendant's counter-application to strike out the first plea should succeed.
- 04
Whether the irregularities in the pleadings can be condoned or should be struck out.
Party arguments
- Applicant
- The plaintiff argued that the defendant's second plea should be struck out as it was delivered in response to a demand made under threat of barring, following the plaintiff's own delivery of a declaration. The plaintiff contended that the first plea constituted an admission and that the defendant's attempt to strike it out amounted to a withdrawal of that admission.
- Respondent
- The defendant argued that the plaintiff's initial demand for a plea before delivering a declaration was irregular and rendered the first plea a nullity. The defendant further contended that the rules do not provide for a plea to a simple summons and that the first plea did not comply with the requirements for a valid plea. The defendant submitted that subsequent irregularities were cured by the delivery of the declaration and the second plea.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Northern Assurance Co Ltd v Somdaka 1960 (1) SA 588 (A)
A breach of the rules relating to actions does not necessarily result in nullity; the court has discretion to condone or strike out irregular steps.
- 02
Sasol Industries (Pty) Ltd t/a Sasol 1 v Electrical Repair Engineering (Pty) Ltd t/a LH Marthinusen 1992 (4) SA 466 (W)
The difference between a nullity and an irregularity is one of degree, and the court must exercise its discretion in determining the appropriate remedy.
- 03
Rule 22(2) of the Uniform Rules of Court
A plea must admit, deny, or admit with qualification the material facts alleged in the combined summons or declaration, and must clearly and concisely state all material facts relied upon.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that both the plaintiff's initial demand for a plea and the defendant's first plea were irregular steps in the proceedings. The first plea did not comply with the requirements of Rule 22(2) as it failed to address the material facts alleged in the declaration. The court held that irregularities in the proceedings may be condoned or struck out at the court's discretion. In this case, the proper course was to strike out the first plea as an irregular step, thereby restoring order to the proceedings. The plaintiff's application to strike out the second plea was dismissed, and the defendant's counter-application to strike out the first plea was granted. The plaintiff was ordered to pay the defendant's costs in respect of both applications.
Obiter and limits
- The distinction between a nullity and an irregularity is often a matter of degree and context, and the court's discretion is paramount in determining the appropriate remedy.
- Where both parties have contributed to procedural irregularities, the court may restore order without prejudice to either party by striking out the irregular steps.
Court disposition
Plaintiff's application dismissed; defendant's counter-application granted; first plea struck out; plaintiff to pay defendant's costs.
- The plaintiff's application is dismissed.
- The first plea delivered on 28 July 1999 is struck out as an irregular step.
- The plaintiff must pay the defendant's costs in respect of the application and counter-application.
Source and reliance status
Western Cape High Court, Cape Town
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Western Cape High Court, Cape Town
Judgment
RAPPORTEERBAAR
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(KAAPSE PROVINSIALE AFDELING)
SAAK NO: 459/1998
In die saak tussen:
PINRO BUILDING & STEEL MERCHANTS (EDMS) BPK
EISER
en
CINGENI
PETER YAWA VERWEERDER
UITSPRAAK GELEWER OP 29 NOVEMBER 2002
_____________
HJ ERASMUS, R
Die applikant (eiser) doen aansoek vir die tersydestelling van wat genoem word die verweerder se "Tweede Pleit". Die respondent (verweerder) doen op sy beurt aansoek vir ân bevel wat die "Eerste Pleit" ân nulliteit verklaar of, in die alternatief, vir verlof om sy pleitstukke te wysig deur deur die vervanging van die "Eerste Pleit" deur die "Tweede Pleit".
Ek verwys voortaan na die partye as "eiser" en "verweerder".
Op 16 Januarie 1998 het die eiser dagvaarding uitgereik teen die verweerder vir die betaling van die bedrag van R111 298.31 ten opsigte van goedere en dienste gelewer deur die eiser aan die verweerder gedurende die tydperk 31 Oktober 1996 tot en met 26 November 1997.
Die eis is vir 'n gelikwideerde bedrag en die partye was dit deurgaans eens dat die dagvaarding wat uitgereik was, 'n eenvoudige dagvaarding was. Die dagvaarding wat die eiser uitgereik het, was egter in der waarheid 'n eienaardige, hibriede dokument. Die dagvaarding is primêr ooreenkomstig Vorm 10 van die Hooggeregshofreëls, die voorgeskrewe vorm vir die Gekombineerde Dagvaarding. Vorm 10 vereis dat die besonderhede van die eiser se eis uiteengesit word in 'n bylae by die dagvaarding. In die onderhawige geval is die eiser se eis, ooreenkomstig die voorskrifte van Vorm 9 wat betrekking het op die eenvoudige dagvaarding, bondig uiteengesit binne die liggaam van die dagvaarding self.
Die verweerder het op 26 Januarie 1998 kennis gegee dat hy van voorneme is om die saak te verdedig. Die eiser het daarop aansoek gedoen vir summiere vonnis. Die aansoek is teengestaan. Op 9 Junie 1998 is die aansoek teruggetrek en is verlof aan die verweerder gegee om die aksie te verdedig. Ingevolge die voorskrifte van Hooggeregshofreëls 20(1) en 32(8A) moes die eiser 'n deklarasie afgelewer het binne 20 dae ná die datum waarop verlof om te verdedig gegee is. Dit is nie gedoen nie. Op 17 Julie 1998 versoek die eiser, onder dreigement van belet, die aflewering van 'n verweerskrif binne vyf dae. Op 19 Maart 1999 word vonnis by verstek teen die verweerder toegestaan. Op aansoek van die verweerder word die verstekvonnis op 9 Junie 1999 tersyde gestel.
Die verweerder lewer op 28 Julie 1999 'n pleit af (die sogenaamde "Eerste Pleit"). Wat inhoud betref is hierdie pleit 'n reaksie op die bondige uiteensetting van die eiser se eis soos vervat in die dagvaarding.
Intussen verander die verweerder van prokureur. Die nuwe prokureur merk dat daar geen deklarasie op die lêer is nie. Hy skryf op 10 Januarie 2001 ân brief waarin hy aflewering, of 'n afskrif, van 'n deklarasie aanvra.
Die eiser lewer op 6 Maart 2002 'n deklarasie af. Die aflewering van die deklarasie word kort daarna, op 3 April 2002, opgevolg deur 'n aanmaning aan die verweerder, onder dreigement van belet, om 'n pleit af te lewer. In reaksie op hierdie versoek en dreigement, lewer die verweerder die "Tweede Pleit" op 10 April 2002 af.
Die eiser vra dus tersydestelling van 'n pleit (die âTweede Pleitâ), aflewering waarvan ontlok is deur die eiser se eie (tweede) aanmaning onder dreigement van belet. Die verweerder vra tersydestelling van 'n pleit (die âEerste Pleitâ) waarvan aflewering ontlok is deur die eiser se (eerste) aanmaning en dreigement van belet wat afgelewer is op ân tydstip toe die eiser nog nie, soos vereis deur die Hooggeregshofreëls, 'n deklarasie afgelewer het nie.
Die woorde van Holmes R (soos hy indertyd was) in Dreyer v Naidoo 1958 (2) SA 628 (N), waarin ân adjunk-balju ân dagvaarding op homself beteken het en daarna aansoek gedoen het vir tersydestelling van die betekening as synde onreëlmatig, is gepas in die omstandighede van hierdie geval. Op 629A sê Homes R:
âWell now, what is the court to do about this drollery?â
Ingevolge Hooggeregshofreël 22(1) moet ân verweerder ân pleit aflewer âbinne 20 dae na betekening aan hom van ân deklarasieâ. Subreël (2) van Hooggeregshofreël 22 omskryf die vereistes waaraan ân pleit moet voldoen soos volg:
âDie verweerder moet in sy pleit al die wesenlike feite wat in die gekombineerde dagvaarding of in die deklarasie beweer word, erken of ontken of met teenwerping erken, of meld welke van die genoemde feite nie erken word nie en in watter mate, en duidelik en bondig alle wesenlike feite aangee waarop hy steun.â
Subreël (3) bepaal dat versuim om aan die bepalings van, onder andere, subreël (2) te voldoen ân onreëlmatigheid daarstel en is die ander party geregtig om kragtens Hooggeregshofreël 30 op te tree.
Die eerste pleit voldoen nie aan die voorskrifte van subreël (2) nie want dit bevat nie ân erkenning of ontkenning of erkenning met teenwerping van wesenlike feite wat in ân deklarasie beweer word nie.
Die verweerder voer aan (i) dat die eiser se eerste opeising van ân pleit, vóór aflewering van ân deklarasie, ân onreëlmatigheid daarstel en inderdaad ân nulliteit is; en (ii) dat die verweerder se eerste pleit ewe-eens ân onreëlmatige stap en ân nulliteit is want die reëls maak nie voorsiening vir ân pleit op ân eenvoudige dagvaarding nie.
Is die eerste pleit ân nulliteit? In Northern Assurance Co Ltd v Somdaka 1960 (1) SA 588 (A) word die volgende gesê in verband met vraag wanneer ân onreëlmatigheid in verrigtinge neerkom op ân nulliteit:
âOnce it is seen that the Court has a discretion [in the matter of an irregular or improper proceeding in an action], it seems to me to follow inescapably that it was not intended that a breach of the Rules relating to actions should necessarily be visited with nullity.â
(Sien ook Republikeinse Publikasies (Edms) Bpk v Afrikaanse Pers Publikasies (Edms) Bpk 1972 (1) SA 773 (A) op 780GâH; Minister of Prisons and Another v Jongilanga 1985 (3) SA 117 (A) op 123AâH).
Die lyn tussen onreëlmatigheid en nullititeit is moeilik te trek en in Sasol Industries (Pty) Ltd t/a Sasol 1 v Electrical Repair Engineering (Pty) Ltd t/a LH Marthinusen 1992 (4) SA 466 (W) op 473D word gesê --
âThe difference between a nullity and an irregularity is probably one of degreeâ.
(Sien ook Krugel v Minister of Police 1981 (1) SA 765 (T) op 768DâE).
Hierdie Hof het ingevolge Hooggeregshofreëls 27(3) en 30 wye bevoegdhede om onreëlmatige verrigtinge óf te kondoneer óf tersyde te stel. Normaalweg sal ân party ingevolge reël 27(3) aansoek doen vir kondonasie van sy eie onreëlmatige stap. ân Party sal ingevolge reël 30 aansoek doen vir die tersydestelling van onreëlmatige stappe gedoen deur sy of haar opponent. In hierdie geval doen die partye aansoek vir die tersydestelling of skrapping van onreëlmatige stappe in die proses wat hulle óf self ontlok het óf self gedoen het.
Die eerste opeising van pleit en die eerste pleit is onreëlmatighede in die verrigtinge wat vatbaar is vir tersydestelling maar wat denkbaar gekondoneer sou kon word. Kondonasie sou, byvoorbeeld, moontlik wees waar dit duidelik is dat die pleit ân korrekte weergawe van die verweerder se verweer bevat, en waar aandrang op formele regstelling van die verrigtinge tot tydverspilling en onnodige koste sal lei.
Die verweerder voer aan dat onreëlmatighede in die verrigtinge rondom die eerste pleit reggestel is deur (i) die eiser se aflewering van ân deklarasie; (ii) die eiser se opeising van ân (tweede) pleit en, (iii) die verweerder se aflewering van ân pleit op die deklarasie. Ek is dit eens met die verweerder dat die enigste redelike afleiding wat gemaak kan word uit die eiser se opeising van ân pleit op die deklarasie, is dat die eiser bewus was daarvan dat die eerste pleit ân onreëlmatige stap (of ân nulliteit) daarstel.
Die eiser voer aan dat die verweerder se aansoek vir skrapping van die eerste pleit neerkom op ân poging om ân erkenning terug te trek. As die pleit ân nulliteit sou wees, sou dit nie ân erkenning kan wees van die inhoud van die eiser se eenvoudige dagvaarding nie. Die pleit is in ieder geval ân onreëlmatige stap en alvorens die Hof kondonasie verleen, is dit nie ân stap wat ân erkenning bevat waaraan die verweerder vir doeleindes van die verhoor in die aksie gebonde is nie.
In die lig van voorgaande is dit nie nodig om ân bevel te maak ingevolge waarvan verklaar word dat die eerste pleit ân nulliteit is en die tweede pleit geldig is. Die orde in die verrigtinge kan herstel word deur bloot die eerste pleit as ân onreëlmatige verrigting tersyde te stel. Die eiser word nie deur so ân bevel benadeel nie. Die eiser het deel gehad aan die onreëlmatigheid deur sy onreëlmatige opeising van die eerste pleit.
Ek is derhalwe van oordeel dat die applikant se eis van die hand gewys moet word, en dat die verweerder se teenaansoek moet slaag en die eerste pleit tersyde gestel moet word.
Die saak was ter rolle geplaas vir verhoor op 22 Augustus 2002. Op 15 Augustus 2002 het die eiser ân aansoek geloods vir die tersydestelling van die verweerder se tweede pleit. Die aansoek is vir verhoor op 22 Augustus 2002 in die Derde Afdeling op die rol geplaas, dws dieselfde dag waarop die verhoor ân aanvang sou neem. Op daardie dag is die verweerder se aansoek om uitstel van die verhoor toegestaan en is daar beveel dat die kwessie van verspilde koste oorstaan vir latere beregting deur die verhoorregter. In hierdie verrigtinge is ek dus nie gemoeid met die verspilde koste van 22 Augustus 2002 nie.
Ek maak die volgende bevel:
Die applikant se aansoek word van die hand gewys.
Die eerste verweerskrif wat op 28 Julie 1999 afgelewer is, word tersyde gestel.
Die applikant moet die koste van die verweerder ten opsigte van die aansoek en die teenaansoek betaal.
HJ ERASMUS, R
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.