Download PDF

South Africa Judgment

Western Cape High Court, Cape Town

Pipers v S (A316/2008) [2008] ZAWCHC 293 (14 November 2008)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appeal court found that the trial court erred in admitting the hearsay evidence of Frieda Lesch as a dying declaration without considering the statutory requirements and the interests of justice. There was no evidence that the deceased was under a settled expectation of death when making the statement, nor was there clarity on the time between the statement and death. The trial court failed to properly assess the credibility of the witnesses and did not provide reasons for rejecting the accused's alibi. The only direct evidence against the appellant was the uncorroborated testimony of the eyewitness, which was insufficient to prove guilt beyond reasonable doubt. The conviction and sentence could not stand.

Court disposition

Appeal upheld. Conviction and sentence set aside.

Orders

  • The conviction and sentence of the appellant are set aside.

02

Material facts

Parties

Patrick Pipers

Appellant

The State

Respondent

Amounts and remedies

  • Sentence Imposed by Trial Court (years): 13

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the trial court erred in admitting the hearsay evidence of Frieda Lesch regarding the deceased's alleged dying declaration, as the requirements for admissibility under section 3 of the Law of Evidence Amendment Act 45 of 1988 were not met. The appellant further contended that the trial court failed to properly assess the credibility of the witnesses, particularly the sole eyewitness, and that the evidence did not prove guilt beyond reasonable doubt. The appellant maintained his alibi and denied any involvement in the murder.
Respondent
The respondent argued that the dying declaration was admissible and corroborated the eyewitness testimony of Shanaaz Nelson. The State maintained that the evidence as a whole was sufficient to support the conviction and that the trial court was correct in its findings. The respondent asserted that the appellant's failure to call alibi witnesses undermined his defence and that there was no credible reason for the eyewitness to falsely implicate the appellant.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Law of Evidence Amendment Act 45 of 1988

    Hearsay evidence, including dying declarations, is admissible only if the requirements of section 3 of the Law of Evidence Amendment Act 45 of 1988 are satisfied, and the court must be satisfied that admission is in the interests of justice.

  2. 02

    S v Ramawhale 1996 (1) SASV 639 (A) at 649d-e

    A judge should hesitate to admit or rely on hearsay evidence which plays a decisive or significant part in convicting an accused unless there are compelling justifications.

  3. 03

    S v Bouwer 1964 (4) SA 58 (O) at 59C

    A dying declaration is admissible only if the declarant was under a settled expectation of death and without hope of recovery at the time of making the statement.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appeal court found that the trial court erred in admitting the hearsay evidence of Frieda Lesch as a dying declaration without considering the statutory requirements and the interests of justice. There was no evidence that the deceased was under a settled expectation of death when making the statement, nor was there clarity on the time between the statement and death. The trial court failed to properly assess the credibility of the witnesses and did not provide reasons for rejecting the accused's alibi. The only direct evidence against the appellant was the uncorroborated testimony of the eyewitness, which was insufficient to prove guilt beyond reasonable doubt. The conviction and sentence could not stand.

Obiter and limits

  • The court noted that the prosecution's failure to properly lay the foundation for the admission of hearsay evidence undermined the case.
  • The court observed that the absence of corroboration for the eyewitness's testimony created reasonable doubt.
  • The court remarked that the appellant's failure to call alibi witnesses created suspicion but was not conclusive of guilt.

Court disposition

Appeal upheld. Conviction and sentence set aside.

  • The conviction and sentence of the appellant are set aside.

Source and reliance status

Western Cape High Court, Cape Town

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Western Cape High Court, Cape Town

Judgment

[2008] ZAWCHC 293

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)

SAAKNOMMER: A316/2008

DATUM: 14 NOVEMBER 2008

In die saak tussen:

PATRICK PIPERS Appellant

en

DIE STAAT Respondent

UITSPRAAK

THRING, R:

Op 6 Desember 1998 en te Beacon Valley, Mitchell's Plain, is die oorledene, ene Richard Castor, deur iemand met h vuurwapen in die rug met h enkele skoot doodgeskiet. Die appellant (as beskuldigde 1) en ene Neville Michaels (as beskuldigde 2) is van sy moord in die streekhof aangekla. Daar was ook In tweede en h derde aanklag teen hulle van onwettige besit van "n onbekende vuurwapen en van twee rondtes ammumsie teenstrydig met die bepalings van die artikels 2 en 36 van die Wet op Wapens en

Ammunisie, No. 75 van 1969. Die beskuldigdes bet albei op aldrie van hierdie aanklagte onskuldig gepleit. Hulle is deur 'n prokureur tydens hulle verhoor verteenwoordig.

Die appellant is deur die streeklanddros "guilty as charged" bevind. Vermoedelik was die skuldigbevinding ten minste ten opsigte van aanklag 1, die aanklag van moord. Of die appellant aan aanklagte 2 en 3 ook skuldig bevind is, is op die rekord nie duideiik nie. Beskuldigde 2 is aan gewone aanranding skuldig bevind. Die appellant is tot 13 jaar gevangenisstraf gevonnis, vermoedelik ten opsigte van die moordaanklag, alhoewel dit ook nie duidelik is nie.

Verlof om teen sy skuldigbevinding te appelleer is deur die streeklanddros geweier, maar op petisie na hierdie Hof is sodanige verlof die appellant toegestaan.

Op die getuienis voor die Hof is die oorledene ongeveer 10:00 nm. op die betrokke dag geskiet terwyl hy en ene Shanaaz Nelson langs 'n straat saamgestap het. Hulle was op pad terug van 'n partytjie. Nelson was die enigste ooggetuie van die insident wat deur die staat as getuie geroep is. Sy het getuig dat die twee beskuldigdes, wat sy as Patrick en Neville geken het, hulle genader het. Neville (beskuldigde 2) het toe, sonder om enjgiets te se\ die oorledene voor die bors vasgegryp. Die oorledene het hulle toe gevra "Hoe change juMe?" Hy het van beskuldigde 2 losgeruk, sy sak op die grond neergegooi en oor die pad gehardloop. "Hoe change julle" beteken blykbaar in bendetaal, "wat gaan aan?" Toe het die appellant (Patrick) volgens die getuie 'n vuurwapen te voorskyn gebring en die ooriedene met Y\ enkele skoot in die rug gesktet. Toe hy geskiet het, het die appellant volgens die getuie "Voertsek" gese, maar niks verder nie. Daar is geen getuienis van enige poging aan die kant van die aanvallers van die ooriedene om horn van sy sak te beroof nie. Dit het trouens blykbaar niks waardevols bevat nie, maar slegs enkele stukkies koek en sjampanje van die partytjie.

Tec stawing van Nelson se getuienis, het die staat ene Frieda Lesch as getuie geroep. Sy het die ooriedene goed geken. Sy was ook by die partytjie wat die ooriedene en Nelson vroeer die aand saam bygewoon het. Sy is iater na die toneel van die sktetvoorval geroep. Daar het die ooriedene op die grond gele. Hy het nog gelewe. Sy het horn gevra wat gebeur het. Sy se hy het toe drie of vier maal herhaal "Pat het my geskiet". Toe het sy kop gesak en sy tong was dik in sy mond, so sy. Hoe lank daarna hy oorlede was, is nie bewys nie.

Die appellant en beskuldigde 2 het beide getuig. Hulle het albei ontken dat hulle op die betrokke tydstip op die toneel van die skietery teenwoordig was. Huile het gese dat huNe eikeen by sy eie aparte huis was. Die appellant se dat hy die oorledene baie goed geken het; dat hulle goeie vriende van mekaar was en dat daar geen kwaai gevoelens tussen hulte was nie. Hulle was trouens op h tydjie, se hy, lede van dieselfde bende. Daar was geen rede waarom hy (die appellant) die oorledene sou wou doodmaak nie. Beide beskuldigdes het ontken dat hulle die oorledene aangeval of doodgemaak het.

In haar uitspraak het die landdros die hoorse-getuients van Lesch aangaande wat die oorledene vir haar sou gese het, sonder meer as toelaatbaar beskou. Hiervan het sy die volgende gese:

"That is what we call a dying declaration and it is admissible."

In haar uitspraak het die landdros geen aandag hoegenaamd aan die vereistes vir toelaatbaarheid van sodanige getuienis bestee

nie. Die toelaatbaarheid van sogenaamde sterwensverklarings word tans deur die welbekende bepalings van artikel 3 van die Wysigingswet op die Bewysreg, No. 45 van 1988, gereel. Die kernvraag wat deur h Hof in hierdie verband oorweeg moet word, is of die betrokke getuienis in die belang van geregtigheid toegelaat behoort te word. Geen poging is deur die vervolging by die verhoor gemaak om 'n behoorlike basis te le vir die toelating van hierdie hoorse-getuienis nie, naamlik, deur aan die Hof te probeer aandui dat dit in die belang van geregtigheid sou wees om Lesch se getuienis toe te laat, en waarom dit so mag wees. Die getuienis is sonder meer deur die aanklaer gelei asof dit vanselfsprekend toelaatbaar was. Dit is natuurlik nie so nie.

Die landdros het na my oordeel misgetas toe sy bestuit het dat Lesch se getuienis van wat die oorledene aan haar sou ges§ het,

toelaatbaar was, indien sy eers sover gekom het om so te besluit. Daar is in die eerste plek geen getuienis dat toe hy die verklaring

gemaak het, die oorledene "Tn vaste verwagting gehad het dat hy ... gaan sterwe en sonder hoop op herstel was" nie. (S v BOUWER. 1964(4) SA 58 (O) op 59C.) Daar is setfs ook geen getuienis van hoe lank na die maak van sy verklaring die oorledene gesterf het nie.

Tweedens, behoort die landdros in elk geval haar diskresie uit te geoefen het teen die toelating van die getuienis omdat dit blykbaar Yi deurslaggewende rol in die skuldigbevinding van die appellant gespeel het en -

"... a judge should hesitate long in admitting or relying on hearsay evidence which plays a decisive or even significant part in convicting an accused unless there are compelling justifications for doing so".(S v RAMAWHALE, 1996(1) SASV 639 (A) op 649d-e).

Soos ook in daardie saak op 648a gese is:

"An accused person usually has enough to contend with without expecting him also to engage in mortal combat with the absent witness."

Die landdros het die getuienis van Lesch as stawing van die van Nelson beskou. Deur so te doen het sy dan myns insiens misgetas, aangesien Lesch se getuienis ontoelaatbaar was. Weliswaar is die toelaatbaarheid van die getuienis nie by die verhoor in twyfel getrek nie: Weliswaar was daar geen beswaar daarteen nie, maar desnieteenstaande behoort die landdros van die gevare van hoorse-getuienis bewus te gewees het en dit te oorweeg het. Sonder die bevestigende getuienis van Lesch, is dit twyfelagtig, na my mening, of die landdros op die onbevestigde getuienis van Nelson die appellant sou skuldig bevind het.

Hoe dit ook al sy, die landdros het verder in haar uitspraak geen melding hoegenaamd gemaak van die geloofwaardigheid van enigeen van die getuies nie, ingesluit die twee beskuldigdes. Daarvan moet myns insiens afgelei word dat ten minste wat hulle optrede in die getuiebank betrefT geeneen van die verskeie getuies, ingesluit die twee beskuldigdes, n noemenswaardig swakker of beter indruk op die landdros gemaak het as enige ander getuie wat geroep is nie. In Yi aangeleentheid soos hierdie moet 'n Hof van appel natuurlik en onvermydelik op behoorlike geloofwaardigheidsbevindings van die betrokke verhoorhof staatmaak. Hierdie Hof het die getuies nie gesien nie, en hierdie Hof kan gevolglik nie uit sy eie waarnemings sodanige bevindings maak nie, ten minste nie wat betref die betrokke getuies se optrede in die getuiebank nie.

Weliswaar het die appellant versuim om sy ma en stiefpa as getuies te roep saam met wie hy, volgens horn, op die betrokke aand by die huis was, en dit skep 'n mate van agterdog oor die sterkte van sy alibi. Die landdros het groot gewag hiervan in haar uitspraak gemaak.

Dit volg egter nie noodwendig daarvan dat die appellant se alibi vals is me. Dan is daar op al die getuienis geen sweem van h rede waarom die appellant die ooriedene sou wou doodmaak nie. Die getuienis van die appellant dat hulle goeie vriende van mekaar was, is nie deur die staat weerle nie.

Daar is byvoorbeeld geen getuienis van enige pogsng, soos ek gese het, om die oorledene te beroof nie.

Aan die ander kant, egter, is daar ten minste h suggestie dat iemand anders as die appellant dalk In rede kon gehad het om nie teenoor die oorledene goedgesind te wees nie. Volgens Nelson was sy ten tye van die insident getfoud met ene Armien Faldien. Sy is nou van horn geskei. Sy was saam met die oorledene na die partytjie toe. Hy het haar by haar huis kom haal. Haar man het by die huis met hulle kinders agtergebJy. Sy het haar man nie daarvan vertei dat sy saam met die oorledene na die partytjie toe gaan nie, en haar man het ook nie gesien dat sy saam met die oorledene loop nie.

Na die partytjie was die oorledene en Nelson, volgens iaasgenoemde, op pad na die huis van ene Saraai toe, toe die insident gebeur het. Wat hulle van voornemens was om by die huis van Saraai te doen. blyk nie uit die getuienis nie, maar wat wel duidelik is, is dat hulle nie op pad na Nelson se eie huis terug was nie. Dit alles skep ten minste die moontlikheid dat Nelson se man 'n rede kon gehad het om teenoor die oorledene ongetukkig te voel, en dat Nelson nou die appellant moontlik valslik impliseer om haar

gewese man te beskerm.

Van hierdie aspek het die landdros in haar uitspraak die volgende gese:

"The witness has no reason to say accused 1 shot the deceased if he did not shoot him. In fact no reason was put or suggested to the Court except to say the possibility is that she is protecting her husband who may have committed the murder. That was just an averment and it remains as such, because there was no evidence to support it or create any doubt as to the possibility of that averment."

Daardeur het die landdros myns insiens ook misgetas. Om redelik moontlik waar te wees, is dit natuurlik nie noodsaaklik dat Yi bewering deur direkte getuienis bewys moet word nie. Dit is voldoende as dit van die omstandighede redelikerwyse algelei kan word.

Daarbenewens staaf die twee beskuldigdes mekaar se getuienis dat hulle op die betrokke aand nie in mekaar se teenwoordigheid was nie. Die landdros se nie in haar uitspfaak waarom of op watter basis sy besluit het dat hierdie weergawe van die beskuldigdes vals was nie.

Nelson se getuienis staan daarteenoor alleen en sonder korroborasie, Lesch s'n synde, soos ek reeds gese het, ontoelaatbaar. Die waarskynlikheid is taamlik hoog, myns insiens, dat die appellant aan

die moord van die ooriedene wel skuldig is. DH is egter, na my oordeel, nie deur die staat bo redelike twyfel bewys nie. Dalk het

daar 'n regskending hier plaasgevind deurdat 'n skuldige man nou vrygespreek moet word. Indien dit so is, is dit te wyte aan die onbeholpe wyse waarop Lesch se getuienis deur die vervolging voor die Hof geplaas is, en ook aan die mistastings wat die landdros begaan het, waarna ek reeds verwys het.

Hoe dit ook a! sy, om hierdie redes is ek van mening dat die

SKULDIGBEVINDING VAN DIE APPELLANT ONVEMG IS: DIE APPeL WORD GEVOLGLIK GEHANDHAAF. EN

DJE SKULDIGBEVINDING EN VONNIS VAN DIE APPELLANT

WORD TER SYOE GESTEL.

THRING, R

GOLIATH, R: Ek stem saam.

GOLIATH, R

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Bouwer 1964 (4) SA 58 (O)

Case cited

S v Ramawhale 1996 (1) SASV 639 (A)

Case cited

Law of Evidence Amendment Act 45 of 1988

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.