Download PDF

South Africa Judgment

North Gauteng High Court, Pretoria

Presbiteriaanse Kerk Randburg v Bakker (38157/2009) [2009] ZAGPPHC 387 (20 November 2009)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court held that the respondent attorney's retention right over the applicant's litigation files ceased upon payment of the outstanding invoices. The respondent expressly disavowed reliance on a retention right and failed to establish any contractual or common law entitlement to retain the original files pending taxation. The fee agreement did not provide for such retention, and the applicant had tendered the files for inspection during taxation. The respondent's insistence on retaining the original files was inconsistent with professional obligations and unjustified. Accordingly, the applicant was entitled to immediate delivery of all files relating to the litigation.

Court disposition

Application granted in favour of the applicant.

Orders

  • The respondent is ordered to deliver all files (including covers and full contents) relating to case number 24109/07 to the applicant or its current attorneys of record by close of business on 24 November 2009.
  • The respondent is ordered to pay the costs of this application on a party and party scale, including the costs of senior counsel, reserved costs relating to the urgent filing of the application, and costs associated with the respondent's supplementary affidavit dated 23 October 2009 and the applicant's reply dated 27 October 2009.

02

Material facts

Parties

Presbiteriaanse Kerk Randburg

Applicant Counsel: Pelser SC

Anton Bakker Ingelyf

Respondent Counsel: Fourie SC

Amounts and remedies

  • Outstanding Invoices Paid Under Protest: ZAR 21,671
  • Estimated Duplication Cost: ZAR 4,500

03

Procedural history

  1. Posture

    Urgent Application / First Instance

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant argued that upon termination of the attorney's mandate and payment of outstanding invoices, the respondent has no right to retain the original litigation files. The applicant paid the outstanding amount under protest solely to obtain the files and tendered the files for inspection during taxation. The applicant contended that no contractual term or common law right entitled the respondent to retain the files, and any retention right had lapsed upon payment.
Respondent
The respondent contended that he required possession of the files to prepare and tax his fee accounts and that the applicant's instructions to both demand immediate delivery and require taxation were mutually exclusive. He denied relying on a retention right, instead asserting a contractual or practical entitlement to retain the files pending taxation. The respondent offered to provide the files if the applicant paid for duplication costs, estimating this at R4,500.00.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Peter Cooper & Company (previously Cooper & Ferreira) v De Vos [1998] 2 All SA 237 (E)

    An attorney's retention right over client files lapses upon payment of the claimed debt or provision of security.

  2. 02

    Chetty v Naidoo 1974 (3) SA 13 (A)

    Ownership entitles the applicant to recover possession of its property unless the respondent proves a subsisting right to retain.

  3. 03

    Wille’s Principles of South African Law, 9th Edition, p. 665

    A contractual relationship may survive termination only to the extent of express terms, such as payment for duplication or taxation costs.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court held that the respondent attorney's retention right over the applicant's litigation files ceased upon payment of the outstanding invoices. The respondent expressly disavowed reliance on a retention right and failed to establish any contractual or common law entitlement to retain the original files pending taxation. The fee agreement did not provide for such retention, and the applicant had tendered the files for inspection during taxation. The respondent's insistence on retaining the original files was inconsistent with professional obligations and unjustified. Accordingly, the applicant was entitled to immediate delivery of all files relating to the litigation.

Obiter and limits

  • The respondent's bona fide but mistaken view of his rights does not justify a punitive costs order.
  • Where both parties employ senior counsel and the dispute is complex, costs for senior counsel are justified.
  • The respondent is entitled to make copies of the files at his own expense and claim reimbursement under the fee agreement, but not to retain the originals.

Court disposition

Application granted in favour of the applicant.

  • The respondent is ordered to deliver all files (including covers and full contents) relating to case number 24109/07 to the applicant or its current attorneys of record by close of business on 24 November 2009.
  • The respondent is ordered to pay the costs of this application on a party and party scale, including the costs of senior counsel, reserved costs relating to the urgent filing of the application, and costs associated with the respondent's supplementary affidavit dated 23 October 2009 and the applicant's reply dated 27 October 2009.

Source and reliance status

North Gauteng High Court, Pretoria

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

North Gauteng High Court, Pretoria

Judgment

[2009] ZAGPPHC 387

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA

[NOORD GAUTENG HOË HOF, PRETORIA]

SAAKNR : 38157/2009

In die saak tussen :

PRESBITERIAANSE

KERK RANDBURG.............................................................................APPLIKANT

en

ANTON BAKKER INGELYF................................................................................................RESPONDENT

UITSPRAAK

LOUW, WR

20 NOVEMBER 2009

[1] Die Applikant doen aansoek om ’n bevel dat die Respondent gelas word om alle lêers met betrekking tot saaknommer 24109/2007 aan die Applikant of sy huidige prokureurs van rekord in daardie aksie te oorhandig en vir ’n kostebevel op prokureur en eie kliënt skaal.

[2]Die Applikant se locus standi was in die opponerende beëdigde verklaring betwis maar is daardie twis nie verder gevoer in of argument óf in die Hoofde van Betoog nie en is daar in ieder geval ’n besluit van die gemeente geliasseer waaruit dit duidelik blyk dat die aansoek

inderdaad behoorlik gemagtig is deur die Applikant. Ek handel gevolglik nie verder met daardie geskilpunt nie.

[3] Die Applikant is in litigasie gewikkel in die aksie onder saaknommer 24109/2007 (waarna ek hierin bloot verder verwys as ‘die aksie”).

[4] Dit is gemeensaak dat die Respondent as prokureur van die Applikant opgetree het in die aksie vanaf ongeveer Oktober 2006 totdat die mandaat van die Applikant aan die Respondent gedurende Mei 2009 beëindig is en as gevolg waarvan die Respondent ook formeel as prokureur in die aksie onttrek het op 26 Mei 2009.

[5]Die huidige prokureur van rekord van die Applikant, wat ook in hierdie aansoek namens die Applikant optree, het die gehele lêer van die aksie aangevra by die Applikant in ’n skrywe gedateer 2 Junie 2009.

[6] Die Respondent het gedurende die loop van die voer van die aksie deurlopend maandeliks rekenings gelewer waarvoor die Respondent deurlopend vergoed is en was daar rekeninge vir April 2009 en Mei 2009 uitstaande ten tye van die beëindiging van die Respondent se mandaat om namens die Applikant in die aksie op te tree.

[7] Die Respondent het onderneem om die lêer aan die huidige prokureurs van rekord van die Applikant beskikbaar te maak teen betaling van die uitstaande rekeninge van April en Mei 2009. Ten einde gevolglik die lêers te ontvang het die huidige prokureurs van rekord van Applikant 'n trusttjek aan die Respondent gelewer op 8 Junie 2009 vir die bedrag van R21 671.00 synde die somtotaal van die rekeninge.

[8] Die Respondent het die bedrag in sy trustrekening inbetaal.

[9] Die betaling is uitdruklik onder protes gedoen ten einde die lêer onmiddellik te verkry soos wat ook bevestig word in die skrywe vanaf die Applikant se huidige prokureurs van rekord gedateer 8 Junie 2009 en wat aangeheg is as Aanhangsel “AS7” tot die funderende beëdigde verklaring.

[10] Die betaling is onder protes gedoen aangesien die Applikant verlang het dat die Respondent sy hele rekening moet laat takseer.

[11] Sedertdien is die lêers nie aan die Applikant oorhandig nie en betwis die Respondent die verpligting om die lêer (of ’n afskrif daarvan) aan die Applikant te lewer. Die basis van hierdie opposisie word uiteengesit in onder andere paragrawe 2.4 tot 2.7, paragraaf 18.2, 18.3, 19.3, 19.4 en 19.5 van die opponerende beëdigde verklaring. Opgesom kom die weergawe van die Respondent op die volgende neer:

[11.1] Die Respondent erken dat hy weier om die leers van die aksie aan die Applikant of sy prokureurs te oorhandig.

[11.2] Die Respondent meen dat dit onredelik van die Applikant is om aan die een kant te verwag dat 'n kosterekening opgestel word op ’n spoedig moontlike basis (wat afgelei word uit die term “nou”) in die aanvraag van taksasie maar dat daar aan die anderkant dan ook verlang word dat die lêers onmiddellik aan die Applikant oorhandig word. Die Respondent beskou dit as wedersyds uitsluitende opdragte. Inteendeel in argument was daar daarna verwys dat hierdie ’n opdrag, soos in ’n kontraktuele ooreenkoms sou wees. Ek handel daarmee hierin later weer.

[11.3] Die Respondent het al die kantoorlêers of ten minste ’n afskrif daarvan vir doeleindes van opstel van die kosterekening en taksasie daarvan nodig. Hierdie getuienis van die Respondent word ondersteun deur die beëdigde verklaring van die kostekonsultant

wat by die opponerende beëdigde verklaring aangeheg is.

[11.4] Die Respondent was bereid om van die lêers afstand te doen indien die Applikant die koste om 'n duplikaat van die stel iêers te maak, sou inbetaal. Die Respondent het onderneem om sodanige gedeelte van die inbetaalde bedrag terug te betaal, sou dit te veel blyk te wees. In hierdie verband het die Respondent die koste geskat op R4 500.00 (sien paragraaf 4 van die e-pos gedateer 22 Junie 2009 op bladsy 42 van die rekord).

[11.4] Dit is die Respondent se uitdruklike weergawe dat hy nie steun op n retensiereg nie. (Sien paragrawe 2.4 en 2.5 van die opponerende beëdigde verklaring op bladsy 59 van die rekord). Hy herhaal hierdie standpunt ook in paragraaf 16 van die opponerende beëdigde verklaring. (Sien bladsy 68 van die rekord).

[12] Die Respondent voer aan dat hierdie aangeleentheid op die beginseis van die rei vindicatio bereg moet word en in hierdie verband het mnr Fourie SC, namens die Respondent, verwys na die beslissing van Chettv v Naidoo 1974 (3) SA 13 (A).

[13] Die argument, soos wat ek verstaan loop op die volgende basis :

Die Applikant is die eienaar van die lêers van die aksie en die Respondent is in besit daarvan. In beginsel maak dit Applikant

geregtig om die lêers as eienaar in ontvangs te neem. Sien Chettv v Naidoo-supra op 20C-D. Dit word egter aangevoer dat die Applikant die Respondent se reg om in besit van die lêers te wees erken en gevolglik is dit die Applikant se verpligting om te bewys dat daardie reg van die Respondent om in besit van die lêers van die aksie te wees,

beëindig is. Hierdie submissies word gemaak met verwysing na Chetty -supra, bladsy 20E-G.

[14] Die argument word gevoer op die basis, verder dat, hoewel Respondent se mandaat beëindig is, hy nietemin opdrag gegee is om sy rekeninge te laat takseer deur die Takseermeester en dit impliseer dat die Respondent geregtig is om in besit van die lêers te bly. Dit is gevolglik betoog dat die Applikant geen saak uitmaak teen die Respondent nie.

[15] Die vraag is of die Respondent se siening in hierdie verband korrek is en gaan ek voort om dit te behandel.

[16] Uit die regspraak kom dit my voor dat daar 'n verskil van mening blyk te wees of ’n prokureur slegs ten opsigte van daardie dokumente wat hy self opgestel het en aan gewerk het ’n retensiereg het en of hy ook ’n retensiereg sou hê vir dokumente wat hy nie self opgestel het nie maar wat hy byvoorbeeld moes nagaan en oorweeg vir doeleindes van die litigasie. Vir doeleindes van uitspraak word aanvaar dat ’n prokureur soos die Respondent 'n retensiereg het op alle dokumente waaraan die Respondent tyd spandeer het vir doeleindes van die litigasie. Sien in hierdie verband Botha N.O. v EN Mchunu & Company 1992 (2) SA 740 (MPD) en Peter Cooper & Company (previously Cooper & Ferreira) v De Vos [1998] 2 All SA 237 (E).

[17] Die reg om ’n retensiereg uit te oefen verval egter wanneer betaling van die beweerde skuld geskied of waar daar in gepaste

gevalle sekuriteit gestel word. Sien Peter Cooper-supra asook Wille’s Principles of South African Law 9de Uitgawe op 665.

[18] In hierdie geval is dit egter die Respondent se uitdruklike saak dat hy nie aanspraak maak op enige retensiereg nie maar dat sy reg sou voortvloei uit ’n op die oogaf kontraktuele reg om die oorspronklike lêers in sy besit te hou hangende die taksasie.

[19] Ek is egter van mening dat selfs al sou geargumenteer word dat hier wel 'n retensiereg bestaan het, die rekeninge waarop die Respondent aanspraak gemaak het vir sy retensiereg, inderdaad betaal is en dat daar gevolglik uit die gewone beginsels van waar die skuld betaal is sou volg dat die retensiereg verval. Die enigste vraag wat gevolglik steeds beantwoord moet word is of die kontraktuele of ander vorm van reg, soos gebaseer op die argument voortspruitend uit die Chetty-beslissinq 'n goeie verweer daarstel.

[20] Per definisie kan daar nie sprake wees van 'n nuwe ooreenkoms wat tussen Applikant en Respondent tot stand gekom het nie. Die kontraktuele verhouding is juis deur die Applikant beëindig.

[21] Na my mening kan slegs die fooie-ooreenkoms tussen die Applikant en die Respondent as basis dien vir so ’n beweerde ooreenkoms en dan slegs op die basis dat daar terme is wat voortbestaan ten spyte van die beëindiging van die Respondent se mandaat. Die fooie-ooreenkoms tussen die Applikant en die Respondent is aangeheg tot die funderende beëdigde verklaring as bladsye 33 tot 35. Daarvolgens bepaal klousule 5 dat die Applikant aanspreeklik is vir alle redelike uitgawes wat insluit fotostate. Klousule 10 bepaal dat betaling van rekeninge 30 dae na lewering van die rekening moet geskied. Klousule 13 daarvan bepaal dat die Applikant aanspreeklik is vir die koste van enige rekening wat getakseer moet word.

[22] Dit moet duidelik gestel word dat by beëindiging van die Respondent se mandaat, het die Applikant inderdaad geregtig geword op teruggawe van die leers met betrekking tot die aksie aan die Applikant of sy nuwe prokureur van rekord. Insoverre as wat ’n retensiereg hangende betaling tot beskikking van die Respondent mog gewees het, maak hy nie aanspraak op sodanige retensiereg nie of is hy in elk geval vir daardie werk op grond waarvan hy ’n retensiereg sou kon uitoefen, betaal. In hierdie verband was dit sy eie weergawe dat indien die ongeveer R21 000.00 betaal word, die lêers afgehaal kan word by die Respondent.

[23] Die vraag is dus of daar voortspruitend uit enige regsbeginsel van die gemenereg of uit hoofde van die fooie-ooreenkoms ’n reg of aanspraak vir die Applikant bestaan om die oorspronklike lêer terug te hou in hierdie omstandighede.

[24] In my respekvolle siening is daar geen sodanige reg wat nog voortbestaan nie. Insoverre as wat die Respondent op ’n kontraktuele term sou steun, is daar nêrens so ’n kontraktuele term in of die fooie-ooreenkoms of op grand van enige nuwe ooreeenkoms óf voortspruitend uit die verpligting om te takseer. Insoverre as wat die Respondent 'n weergawe van die lêers tot sy beskikking wil hê ter voorbereiding vir die taksasie of omdat die Respondent die Applikant nie vertrou nie, staan dit hom vry om ’n afskrif te maak van die oorspronklike lêers en daarna aanspraak te maak op betaling daarvan op sterkte van klousule 13 van die fooie-ooreenkoms. Hy het egter geen reg of aanspraak op behoud van besit van die oorspronklike lêers nie.

[25] Op die Respondent se eie weergawe is die oorspronklike lêer nie noodsaaklik vir doeleindes van die taksasie nie; inteendeel ’n afskrif daarvan sou genoegsaam wees. Die Applikant het getender dat die oorspronklike lêer beskikbaar gemaak sal word vir die taksasie.

[26] In elk geval is die optrede van die Respondent om in die omstandighede aan te dring op besit van die oorspronklike lêers

teenstrydig met die verpligtinge van ’n prokureur soos uiteengesit in die riglyne of reels van die Prokureursorde wat op

bladsy 38 tot 39 van die rekord voorkom en ook teenstrydig met die benadering soos uiteengesit in die beslissing van Rubico (Pty) Ltd v Pavwell (Pty) Ltd 2001 (2) All SA 671(B) op 672-3. Ek baseer egter nie die beslissing op gemelde reels of die beslissing nie.

[27] In die omstandighede moet die Applikant slaag met sy aansoek.

[28] Mnr Pelser SC namens die Applikant het ’n sterk betoog gelewer dat daar ’n spesiale en bestraffende kostebevel teen die Respondent gemaak moet word. Dit is nie ’n aangename saak vir enige prokureur dat sy mandaat beëindig word nie. Die Respondent het op die oogaf ’n bona fide, dog verkeerde siening van sy regte gehandhaaf en het op sterkte daarvan in hierdie litigasie met die Applikant betrokke geraak.

[29] Ek is nie van mening dat daar in hierdie geval ’n ander bevel as 'n gewone kostebevel voortspruitend daaruit dat die suksesvolle party geregtig is op sy koste. gemaak behoort te word nie.

[30] Ek is egter wel van mening dat insoverre as wat die liassering van die verdere beëdigde verklarings deur die Respondent en die antwoord daarop deur die Applikant of die bring van die aansoek as ’n dringende aansoek bykomende koste veroorsaak, dat dit ook deur die Respondent betaalbaar is.

[31] Waar beide partye gebruik gemaak het van senior advokate en die geskille wat in hierdie saak ter sprake kom ook nie van ’n eenvoudige aard is nie, meen ek dat die aanvraag dat gespesifiseer word dat die koste van ’n senior advokaat geregverdig is, billik in die omstandighede is.

[32] Ek maak gevolglik die volgende bevel :

[1] Die Respondent word gelas om voor of op sluiting van besigheid op 24 November 2009 alle leers (omslae asook gehele inhoude) met betrekking tot saaknommer 24109/07 in hierdie hof aan die Applikant of sy huidige prokureurs van rekord in daardie aksie, te oorhandig.

[2] Die Respondent word gelas om die koste van hierdie aansoek op party en party skaal te betaal. welke koste die volgende insluit:

[2.1] Die koste van ’n senior advokaat:

[2.2] Die voorbehoue koste met betrekking tot vooraf dringende plasing van hierdie aansoek; en

[2.3] Die koste verbonde aan die Respondent se aanvullende eedsverkiaring gedateer 23 Oktober 2009 insluitend die Applikant se repliek daarop gedateer 27 Oktober 2009.

AJ LOOW WR

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Chetty v Naidoo 1974 (3) SA 13 (A)

Case cited

Botha N.O. v EN Mchunu & Company 1992 (2) SA 740 (MPD)

Case cited

Peter Cooper & Company (previously Cooper & Ferreira) v De Vos [1998] 2 All SA 237 (E)

Case cited

Rubico (Pty) Ltd v Pavwell (Pty) Ltd 2001 (2) All SA 671 (B)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.