Pretorius v Transnet Bpk. (627/92) [1994] ZASCA 178; 1995 (2) SA 309 (AD); [1995] 2 All SA 53 (A) (29 November 1994)
- Citation
- [1994] ZASCA 178
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Van Heerden, Vivier, Kumleben, Van Den Heever, Nicholas
- Case number
- 627/92
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Van Heerden, Vivier, Kumleben, Van Den Heever, Nicholas
- Case number
- 627/92
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal held that section 20 of the Military Pensions Act does not exclude a claim for general damages (solatium) against the State. The Court reasoned that the statutory compensation regime was not intended to cover all heads of damage, particularly general damages for pain, suffering, and loss of amenities, and that the legislative intent behind the 1976 Act differed from that of the earlier War Pensions Acts. The Court distinguished the present case from Casely, finding that the presumption against abrogation of common law rights was not rebutted by the purposes of the 1976 Act. Accordingly, the special plea raised by the respondent was based on an incorrect premise and was dismissed.
Court disposition
Appeal upheld; special plea dismissed with costs; matter postponed sine die.
Orders
- The special plea is dismissed with costs.
- The matter is postponed sine die.
02
Material facts
Parties
A C Pretorius
AppellantTransnet Beperk
Respondent03
Procedural history
Posture
Civil Appeal / Appeal From Witwatersrand Local Division; Special Plea Decided; Appeal Heard
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether section 20 of the Military Pensions Act 84 of 1976 excludes a claim for general damages (solatium) against the State.
- 02
Whether the statutory compensation under the Act precludes common law claims for loss of earning capacity and general damages.
- 03
Whether the special plea raised by the respondent was valid in law.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that section 20 of the Military Pensions Act does not exclude claims for types of damages not compensated under the Act, specifically loss of earning capacity and general damages (solatium). It was contended that the Act does not provide for compensation for these heads of damage, and therefore, the statutory bar should not apply to such claims. The appellant further submitted that the phrase 'compensation as mentioned' in section 20 refers only to damages for which the Act provides compensation, and not to all possible damages arising from disablement.
- Respondent
- The respondent maintained that section 20 of the Military Pensions Act constitutes a blanket exclusion of all claims for damages arising from disablement, including general damages and loss of earning capacity, and that the appellant's claim is therefore barred. The respondent relied on previous case law, particularly Casely N O v Minister of Defence, to argue that the statutory compensation regime replaces any common law remedy for damages resulting from disablement incurred during military service.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Military Pensions Act 84 of 1976, section 20
Section 20 of the Military Pensions Act 84 of 1976 bars legal proceedings for compensation in respect of disablement where the Act provides for compensation.
- 02
Mutual and Federal Insurance Co Ltd v Swanepoel 1988 (2) SA 1 (A)
Statutory compensation under the Act is not intended to cover loss of earning capacity as such, but rather provides an arbitrary, though real, compensation for presumed loss of earning capacity.
- 03
Casely N O v Minister of Defence 1973 (1) SA 630 (A)
The phrase 'in respect of the disablement' must be interpreted in light of legislative intent and context; a wide interpretation may exclude common law claims, but the presumption against abrogation of existing rights applies unless clearly rebutted.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal held that section 20 of the Military Pensions Act does not exclude a claim for general damages (solatium) against the State. The Court reasoned that the statutory compensation regime was not intended to cover all heads of damage, particularly general damages for pain, suffering, and loss of amenities, and that the legislative intent behind the 1976 Act differed from that of the earlier War Pensions Acts. The Court distinguished the present case from Casely, finding that the presumption against abrogation of common law rights was not rebutted by the purposes of the 1976 Act. Accordingly, the special plea raised by the respondent was based on an incorrect premise and was dismissed.
Obiter and limits
- The Court observed that the statutory compensation under the Military Pensions Act is primarily intended as compensation for presumed loss of earning capacity, but does not necessarily encompass all forms of damage, such as general damages for pain and suffering.
- The Court noted that the legislative context of the 1976 Act, which applies to peacetime disablement, differs fundamentally from the earlier War Pensions Acts, which were enacted in the context of wartime injuries.
Court disposition
Appeal upheld; special plea dismissed with costs; matter postponed sine die.
- The special plea is dismissed with costs.
- The matter is postponed sine die.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
IH Saak No 627/92
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLHOF-AFDELING)
Insake die appèl van :
A C PRETORIUS Appellant
teen
TRANSNET BEPERK Respondent
HOF : VAN HEERDEN,VIVIER,KUMLEBEN,VAN
DEN HEEVER ARR en NICHOLAS Wnd AR
VERHOORDATUM : 11 November 1994LEWERINGSDATUM : 29 November 1994
UITSPRAAK
VAN HEERDEN AR :
2 Op 30 Junie 1988 het die appellant ernstige beserings opgedoen toe 'n
trein waarin hy 'n passasier was met 'n ander trein gebots het. Beide treine wasdie eiendom, en onder beheer, van die Suid-Afrikaanse Vervoerdienste ("dieSAV") gekonstitueer deur die Suid-Afrikaanse Vervoerdienstewet 65 van 1981.Op 1 April 1990 het onder andere alle verpligtinge van die SAV op dierespondent oorgegaan. Dit het geskied ingevolge artikel 3 (2) van die Wet opdie Regsopvolging van die Suid-Afrikaanse Vervoerdienste 9 van 1989. Dievoorgaande het meegebring dat die appellant gedurende November 1990 in dieWitwatersrandse Plaaslike Afdeling 'n aksie vir skadevergoeding teen dierespondent ingestel het. Ek hoef slegs te noem dat hy hoofsaaklikskadevergoeding ten opsigte van verlies aan inkomste, pyn, lyding, skok, verliesvan lewensgenietinge en ongeskiktheid gevorder heí, en dat hy aangevoer het dat
die beserings wat hy opgedoen het te wyte was aan die nalatigheid vanwerknemers van die SAV handelende binne die bestek van hul diens-bevoegdhede. Die respondent het in 'n spesiale verweerskrif aanspreeklikheid
ontken op grond van die bepalings van artikel 20 van die Wet op Militêre
Pensioene 84 van 1976 ("die 1976 Wet"). Tydens 'n voorverhoorkonferensie is3 ooreengekom dat by die verhoor slegs die al of nie geldigheid van die spesiale
verweer beredeneer sou word, en dat in geval van afwysing daarvan dieaangeleentheid sine die uitgestel sou word. Tersaaklike feite waarop ookooreengekom is, kan soos volg saamgevat word :
1. Ten tye van die botsing het die appellant as 'n nasionale dienspligtige in die Burgermag ingevolge die bepalings van die Verdedigingswet 44 van 1957 militêre diens verrig, en was hy met die nodige verlof oor die kortste roete per trein op pad na sy huis.
2. Die ongeskiktheid wat die appellant vanweë sy beserings opgedoen het, is meegebring deur die verrigting van militêre diens binne die raamwerk van artikel 2 (1) (a) (iii) van die 1976 Wet.
3. As gevolg van sy beserings en die ongeskiktheid daardeur veroorsaak, het die appellant ingevolge die 1976 Wet aansoek gedoen om 'n pensioen, welke aansoek toegestaan is.
4. Die ongeskiktheidsgraad en die omvang van die pensioen is ooreenkomstig artikels 6 en 7 van die 1976 Wet bepaal deur die Direkteur-generaal : Gesondheid en Welsyn.
4 Na beredenering aangaande díe spesiale verweer is dit deur Goldblatt R
gehandhaaf en gevolglik het hy die appellant se vorderings met koste afgewys.Hy het hom gebonde geag aan die beslissing van hierdie hof in Casely N O vMinister of Defence 1973 (1) SA 630 (A) maar het nietemin aan die appellantverlof verleen om hierheen te appelleer.Ingevolge artikel 4, gelees saam met die woordomskrywing van "pensioengewende ongeskiktheid" in artikel 1 (xxii) en met artikel 2, is 'n lid van onder andere die Burgermag wat 'n ongeskiktheid opgedoen het as gevolg van 'n besering gely terwyl hy met goedgekeurde verlof oor die kortste roete vanaf sy kamp of kaserne na sy tuiste op weg was, geregtig op 'n pensioen mits sy ongeskiktheid op minstens 20% vasgestel word. Indien dit op 'n mindere persentasie bepaal word, het hy kragtens artikel 5 aanspraak op 'n gratifikasie. Artikel 13 maak voorts voorsiening vir die oploop van mediese uitgawes op koste van die staat.
Vir sover tans ter sake, bepaal artikel 20 soos volg : "(1) Geen regsgeding tot verhaal van skadevergoeding ten opsigte van die ongeskiktheid... van 'n lid kan teen die Staat ingestel word nie, waar daar ingevolge hierdie Wet voorsiening vir vergoeding ten opsigte van 5 sodanige ongeskiktheid... gemaak word, en (2) geen aanspreeklikheid vir vergoeding soos voormeld ontstaan van Staatsweë nie behalwe ingevoïge die bepalings van hierdie Wet."
Opgelet sal word dat die artikel twee verbiedinge bevat wat ek in navolging van wat in Caselv die geval was, genommer het. Die appellant se advokaat het betoog dat die frase "vergoeding soos vermeld" in die tweede verbod terugverwys na die eerste verbod se beletsel op die verhaal van skadevergoeding "waar daar ingevolge hierdie Wet voorsiening vir vergoeding gemaak word". Dit synde so, is voorts betoog, is artikel 20 nie van toepassing op 'n vordering vir 'n tipe van skade, wat nie ingevolge die 1976 Wet vergoedbaar is nie. Ten slotte is aangevoer dat die Wet nie betaling van 'n bedrag of bedrae ten opsigte van verlies aan verdienvermoë, of in die alternatief, sogenaamde algemene skade ("genoegdoening") magtig nie, en dat insoverre die appellant se vordering daarop betrekking het, artikel 20 dus nie in die weg daarvan staan nie.Ek behandel eers die betoog dat die 1976 Wet nie vergoeding van verlies aan verdienvermoë of ideële skade uitsluit nie. Een van die vrae wat in Mutual and Federal Insurance Co Ltd v Swanepoel 1988 (2) SA 1 (A) 11 G - H,6 opgeduik het, was of die waarde van 'n pensioen betaalbaar ingevolge die 1976
Wet in verrekening gebring moes word teen die verlies aan verdienvermoë watdie eiser gely het as gevolg van beserings opgedoen tydens die verrigting vanmilitêre diens. Die antwoord was nee, en is soos volg deur my gemotiveer (opp11 B-H) :
"... I now turn to the question whether the pension accruing to the plaintiff is to be regarded as compensation for ... [patrimonial]... loss, and more particularly, loss of earning capacity. I have already pointed out that s 7(6)(f) of the Act enjoins the Director-General of Health and Welfare not to have regard to the earning capacity of an injured member in any particular occupation when determining his degree of disability. Counsel for the appellant submitted that the subsection does not preclude the Director-General from having regard to earning capacity generally, but merely excludes consideration of such capacity in regard to a 'particular occupation'. The submission is without substance since the concept of earning capacity does not exist in vacuo, but is always related to a particular person and a particular sphere of human endeavour. Section 7(6)(f) consequently affords a strong indication that the Legislature did not intend a pension under the Act to compensate an injured member for loss of earning capacity as such . That this was indeed not the Legislature's intention is borne out by the Schedule to the Act. Thus, the percentage of disablement ascribed to the loss of all phalanges of three fíngers of the right hand is 30% irrespective of the use the member intended to make of the hand in any occupation. It is hardly necessary to say that such a loss may not at all
affect the earning capacity of, say, 7 . a lawyer, whilst it would spell an end to the career of a concert pianist. Again, the loss of an eye, resulting in a 50% disability, may in many occupations have no effect on a member's earning capacity. And as regards the loss of both testicles (50%) or one testicle (20%), it is indeed difficult to conceive of a situation in which the disability would preclude the injured member from pursuing any legitimate remunerative calling. I am therefore of the opínion that a pension under the Act cannot be viewed as compensation for loss of earnings or earning capacity. It is rather in the nature of a solatium for the totality of the consequences of the disablement, and particularly those that cannot readily be measured in monetary terms."
Ek het tot hierdie slotsom gekom omdat die wetgewer nie beoog het om 'n beseerde lid vir verlies aan verdienvermoë as sulks te vergoed nie. By heroorweging meen ek egter dat die laaste paragraaf duidelik te wyd geformuleer was. Hoewel 'n pensioen bepaal word sonder verwysing na die inslag van 'n lid se ongeskiktheid op sy besondere verdienpotensiaal, is dit tog duidelik dat 'n pensioen primêr bedoel is as 'n arbitrêre, maar nogtans reêle, vergoeding vir vermoedelike verdienvermoë. In die reël lei ongeskiktheid immers juis tot verlies aan sodanige vermoë. In elk geval is nie in Swanepoel bevind dat 'n pensioen nie 'n vermoënskomponent het nie.
'n Verdere oorweging is dat indien artikel 20 nie 'n vordering vir verlies
8 aan verdienvermoë uitsluit, en ook nie, soos ek hierna bevind, 'n vordering vir
genoegdoening nie, artikel 20 'n onaanvaarbare eng draagwydte het. Ek meengevolglik dat artikel 20 wel in die weg staan van 'n vordering vir verlies aanverdienvermoë.Ek kom dan by die vraag of dit ook 'n beletsel teen die verhaal van genoegdoening daarstel. In Casely het die eiser namens sy minderjarige seun 'n aksie vir skadevergoeding teen die Minister van Verdediging ingestel. Die seun, wat 'n militêre kwekeling was, is in die loop van sy opleiding beseer terwyl hy 'n passasier in 'n militêre voertuig was. Die eiser het onder andere beweer dat dit te wyte was aan die nalatigheid van die bestuurder van die voertuig en het namens sy seun skadevergoeding gevorder ten opsigte van pyn en lyding, skok, skending en verlies aan lewensgenietinge.Ter sprake in hierdie hof was die destydse artikel 145 van die Verdedigingswet 44 van 1957 en artikel 37 van die Oorlogspensioenwet 82 van 1967. Artikel 145 (1) het onder andere bepaal dat die artikel van toepassing was op 'n lid van die Suid-Afrikaanse Weermag, wat nie lid van die Staande Mag was nie, en wat gely het aan ongeskiktheid deur sy militêre diens of9 opleiding veroorsaak. En kragtens subartikel (2), gelees saam met artikel 12 (1)
van die Interpretasiewet 33 van 1957, was die bepalings van dieOorlogspensioenwet mutatis mutandis van toepassing op, of ten opsigte van, 'nlid wie se ongeskiktheid onder die omstandighede beskryf in subartikel (1)ontstaan het. (Artikel 145 is herroep deur die 1976 Wet.)
Hierdie hof, per Trollip AR, het bevind dat weens die bewerings in die
eiser se besonderhede van sy vordering artikel 145 (2), en derhalwe ook artikel37 van die Oorlogspensioenwet, van toepassing was. Behalwe dat laasgenoemdeartikel die woord "vrywilliger" in plaas van "lid" bevat het, was dit identies metartikel 20 van die 1976 Wet. Trollip AR het in die eerste instansie bevind datdie tweede verbod in artikel 37 wyer as die eerste een gestrek het en "a general,blanket provision absolving the State from all liability for any such
compensation in respect of the death or disablement of a volunteer, save for theliability for provided in the Act" gekonstitueer het (te p 639 A). Tweedens isbevind dat 'n vordering vir genoegdoening wel een vir verhaal van skade "inrespect of the disablement" is (op p 641 B - H). Derdens is besluit dat dievergoeding waarvoor daardie Wet voorsiening gemaak het, gegeld het ten10 opsigte van die ongeskiktheid van díe seun, dit wil sê "for all respects of his
disablement, including pain and suffering, etc, for the injury giving rise to it..."(op p 642 B).
Dit is nodig om die volle motivering vir die tweede bevinding aan te haal
(op p 641 B - H). Dit lui soos volg :
"Plaintiff's counsel contended that the damages claimed by him, being for pain and suffering, shock, disfigurement, and loss of amenities, are not damages or compensation 'in respect of the disablement' of his son, within the meaning of that expression in that section. Disablement (ongeskiktheid)' is not defined in the Act. But its meaning emerges from other provisions therein. Sec. 4 lays down the conditions entitling a volunteer to get the statutory compensation. He is, inter alia, entitled to it 'if he is found on due consideration ... to be suffering from a disability... which was... caused by military service... and which has resulted in disablement'. And sec. 5 says : 'A volunteer's degree of pensionable disablement shall be determined by comparison with the physical and mental standard of a normally healthy person of the same age and sex, and shall be calculated as a percentage loss of physical or mental capacity in accordance with Schedule 1.' Ordinarily the kind of incident or event of military service that causes a volunteer's disability and disablement is a wound, injury, or disease... Consequently 'disablement' in sec. 37 generally means the loss of physical or mental capacity of the volunteer resulting from a wound, injury, or disease caused by his military service. Now the words 'in respect of can, depending upon its context and the object and intention of the particular
11
statute, have a wide or narrow connotation... In the wide connotation it can be synonymous with 'in connection with', 'arising out of, 'with reference to', 'in relation to' and 'touching and concerning'... Having regard to the object of the Act, the intention of the Legislature, and the reasons just previously canvassed, I think that 'in respect of the disablement' must be interpreted widely and not restrictively. So interpreted, the expression 'damages (or compensation) in respect of the disablement of a volunteer' also included damages or compensation for any wound, injury, or disease giving rise to his disablement. Hence the plaintiff s claim for pain and suffering, etc, is an 'action at law... against the State to recovcr... damages in respect of the disablement' of his son within the meaning of those words in sec. 37, as applied by sec. 145 (2) of the Defence Act. 1957."
Dit is duidelik, meen ek, dat indien Trollip AR van oordeel was dat aan die enger vertolking van die frase "in respect of" ("ten opsigte van") gevolg gegee moes word, hy sou bevind het dat die gevorderde genoegdoening nie skadevergoeding ten opsigte van die seun se ongeskiktheid was nie. Hy het egter die wyer vertolking verkies in die lig van veral die doeleindes van die Oorlogspensioenwet en die bedoeling van die wetgewer. Dienaangaande het hy voorheen rakende die vermoede teen inbreukmaking op bestaande regte deur die wetgewer die volgende gesê (op p 640 F - H) :
"Secondly, in regard to the above-mentioned intention of the Legislature, 12 I say that it is plain for this reason. Our legislators, in passing the 1942 Act with 'the blast of war blowing in their ears', must have intended that the State, at such a time, should not be exposed to civil litigation at the instance of volunteers or their dependants claiming delictual damages, in addition to or in preference to the statutory compensation obtainable administratively under the Act, for negligence alleged to have been committed by a member of the Defence Force during active military service. Indeed, not only is the above-mentioned presumption inapplicable to the 1942 Act, for the above reasons, but the converse, I think, applies. By making such elaborate and comprehensive provisions in the Act for compensation for the death or disablement of volunteers caused by their military service, the Legislature, it can be inferred, must have intended that the common law remedies should thereby be excluded..." (My onderstreping.) Ten besluite, in die verband onder bespreking, is die volgende gesê oor
die Oorlogspensioenwet van 1967 (op p 641 A) :
"What I have said above about the 1942 Act applies equally, of course, to the 1967 Act, for the latter, with the same object and intention, merely re-enacted the substance of the 1942 Act in regard to the last war's volunteers and is rendered applicable by sec. 145 (2) and (4) of the Defence Act, 1957, to members of the Defence force in regard to their present and future military service and training in peace and war." Het die doeïeindes van die 1976 Wet en die bedoeling van die wetgewer
13 met aanvaarding egter dieselfde gebly as wat die geval ten opsigte van die
Oorlogspensioenwette was? Ten einde hierdie vraag te beantwoord, moet ekenigsins uitwei oor sekere bepalings van daardie Wet en die Oorlogspensioenwetvan 1967.
Breedweg het laasgenoemde Wet voorsiening gemaak vir betaling van
onder andere 'n ongeskiktheidspensioen aan 'n vrywilliger indien bevind is dathy gely het aan ongeskiktheid wat deur militêre diens veroorsaak is (artikel 4).Hy was ook geregtig op 'n aanvullingspensioen indien sy "verdienvermoë-na-
ongeskiktheid" minder was as sy potensiëïe verdienvermoë voor ongeskiktheid.
(Hierdie begrippe wat in artikel 8 (1) voorgekom het, is omskryf in artikel 1
maar spreek eintlik vir sigself.) Ingevolge artikel 1 (x) was "militêre diens"
diens verrig deur 'n vrywilliger ingesweer vir "die duur van die oorlog", terwyl
"die oorlog" in artikel 1 (iv) omskryf is as die tydperk van die sesde dag van
September 1939 tot die negende dag van Julie 1951. Dit verg nie veel
verbeelding nie om te snap dat hierdie tydperk gestrek het vanaf min of meer
die uitbreek van die tweede wêreldoorlog tot die beëindiging van die Koreaanse
oorlog of altans Suid-Afrika se betrokkenheid daarby.
14 Dit volg dus dat die Oorlogspensioenwet van 1967 net soos sy 1942
voorganger primêr van toepassing was op ongeskiktheid opgedoen gedurende 'ntyd van oorlog. Dit was dan ook te voorsien dat die oorgrote meerderheid vanvrywilligers wat op 'n pensioen geregtig sou word dié sou wees wat 'nongeskiktheid buite ons landsgrense sou opdoen. So 'n vrywilliger sou aldusgeregtig word al sou die opdoen van die ongeskiktheid te wyte gewees het aangeen nalatigheid van 'n werknemer van die staat nie, en ook selfs indien ditslegs aan die vrywilliger se nalatigheid te wyte was. (Meestai sou dit natuurlikdie gevolg van vyandelike optrede gewees het.) Omdat die vraag ofbyvoorbeeld 'n offisier op nalatige wyse sy manskap se ongeskiktheid in diebuiteland veroorsaak het veelal netelig kon wees, is dit dus te verstane indiendie wetgewer beoog het, soos Trollip AR bevind het, om gemeenregtelikeaanspreeklikheid van die Staat vir enige soort skade ten opsigte vanongeskiktheid uit te sluit.
Sommige bepalings van die 1976 Wet verskil radikaal van dié hierbo
genoem. Die persoon wat (ingevolge artikels 4 en 5) op 'n pensioen of 'ngratifikasie geregtig is, is 'n "lid" wat 'n "pensioengewende ongeskiktheid het".15 In artikel 1 word hierdie begrippe, sover tersaaklik, omskryf as onderskeidelik
"'n lid van die Burgermag of 'n Kommando of the Reserwe" genoem in artikel5 of 6 van die Verdedigingswet" en "'n ongeskiktheid wat deur militêre diens...veroorsaak is." Op sy beurt word "militêre diens" omskryf as "ook vlootdiens,lugdiens of militêre diens of opleiding, wat deur 'n lid ingevolge die bepalingsvan die Verdedigingswet verrig of ondergaan word." Die 1976 Wet maak egtergeen voorsiening vir die betaling van 'n addisionele pensioen met verwysing na
'n lid se verdienvermoë nie. Trouens, soos blyk uit die passasie in Swanepoel
hierbo aangehaal, verbied artikel 7 (6) (e) die inagneming van 'n lid se sodanigevermoë by bepaling van die graad van sy ongeskiktheid - en derhalwe ook by
berekening van die omvang van sy pensioen.
In artikel 2 (a) word bepaal dat ongeskiktheid geag word ook deur militêre
diens veroorsaak te gewees het "indien dit gedurende die verrigtinge van militêre
diens buite die Republiek ontstaan of verskyn het." In 1976 was ons land egter
nie in 'n oorlog - altans nie in die normale sin van die woord - gedompel nie en
was daar nie 'n realistiese verwagting dat oorlog in die afsienbare toekoms
verklaar sou word nie. Die wetgewer moes dus voorsien het dat in meesíe16 gevalle die ongeskiktheid van 'n lid binnelands sou ontstaan en nie aan
vyandelike toedoen te wyte sou wees nie. Dit kom my dus voor dat diedoeleindes van die 1976 Wet nie oor dieselfde kam as dié van dieOorlogspensioenwette geskeer kan word nie.Wat "binnelandse" ongeskiktheid betref, het die 1976 Wet weliswaar gegee maar ook grootliks geneem. Soos reeds aangedui, is dit van toepassing ook op ïede wat verpligte militêre diens verrig, en het hul besondere verdienvermoëns prakties irrelevant geword.Om die bedoeling van die wetgewer te bepaal, kan gelet word op die implikasies van 'n wye vertolking van die frase "ten opsigte van die ongeskiktheid" in artikel 20. Dit sou meebring dat die Staat nie vir betaling van genoegdoening aanspreeklik is nie selfs indien die ongeskiktheid veroorsaak is deur opsetlike optrede van 'n (armlastige) werknemer van die Staat. 'n Mens kan ook ter illustrasie 'n geval postuleer. Veronderstel dat 'n lid in die loop van militêre diens deur 'n werknemer van die Staat (handelende binne die omvang van sy diensbevoegdhede, soos ook hieronder veronderstel word) op sy geslagsdele geskop word. As gevolg daarvan is hy permanent impotent maar17 geensins arbeidsongeskik nie. Hy kan dus voortgaan met sy militêre diens en
sy soldy bly ontvang. Gelet op die normale betekenis van die woord het hydaarom nie 'n "ongeskiktheid" opgedoen nie. Dit bring mee dat artikel 20 nievan toepassing is nie en dat hy genoegdoening weens verlies aan lewens-genietinge van die Staat kan verhaaL Het hy egter weens die skop ook 'nrelatief geringe ongeskiktheid opgedoen, sou hy weliswaar op 'n pensioen - maarwaarskynïiker op 'n skamele gratiGkasie - aanspraak hê maar niks betreffendedie impotensie van die Staat kon verhaal nie.Soos reeds geblyk het, is in Swanepoel beslis dat 'n pensioen ook bestem is om 'n lid ten opsigte van sy ideële skade te vergoed. Indien die enger uitleg van die frase toegepas word, kan egter nie gesê word dat 'n vordering vir sodanige skade 'n "regsgeding tot verhaal van skadevergoeding ten opsigte van die ongeskiktheid van 'n lid is nie, en ook nie dat vergoeding daarvoor "vergoeding soos voormeld" binne die raamwerk van die tweede verbod is nie.
Ek kom derhalwe tot die gevolgtrekking dat die wetgewer met die aanname van die 1976 Wet nie beoog het om deur artikel 20 'n vordering vir genoegdoening uit te sluit nie, en dus ook nie om die Caselv-uitleg van die18 meermaal genoemde frase te bestendig nie. Kortom, as 'n mens moet kies
tussen 'n wyer of enger uitleg van die frase kom ter sprake die vermoede teen'n inbreukmaking op bestaande regte en dit word nie weerlê deur die doeleindesvan die 1976 Wet en die bedoeling van die wetgewer nie (anders as wat inCasely die geval was betreffende die Oorlogspensioenwette).Die spesiale verweer was gebaseer op die premisse dat die appellant weens die bepalings van artikel 20 niks van die respondent kon verhaal nie. Soos geblyk het, was daardie premisse verkeerd en gevolglik moes die verweer afgewys gewees het.
Die appèl slaag met koste en die bevel van die hof a quo word deur die
volgende vervang :
"Die spesiale verweer word met koste afgewys en die aangeleentheid word sine die uitgestel."
VAN HEERDEN AR
STEM SAAM : VIVIER AR
KUMLEBEN AR
VAN DEN HEEVER AR
NICHOLAS Wnd AR
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.