Download PDF

South Africa Judgment

North West High Court, Mafikeng

Pretorius v Wessels and Others (1064/08) [2008] ZANWHC 2 (12 June 2008)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The applicant failed to prove, on a balance of probabilities, that the respondents were disposing of assets with the intention of frustrating his claim. The respondents provided credible undertakings not to dispose of the remaining farms and demonstrated that sufficient assets remained to satisfy any judgment. The sales in question were bona fide, at market value, and not to related parties. The applicant's fears were not substantiated by evidence, and the court found no mala fide conduct. Accordingly, the interim interdict was not confirmed and was discharged.

Court disposition

Application for confirmation of interim interdict dismissed; interim order discharged; costs awarded against applicant.

Orders

  • The interim order is discharged.
  • The applicant is ordered to pay the costs of the application, including the costs of 12 May 2008.

02

Material facts

Parties

Benjamin Christoffel Pretorius

Applicant Counsel: Adv P Nel

Stephanus Wessels

Respondent Counsel: Adv A P Bruwer

Martha Catharina Wessels

Respondent Counsel: Adv A P Bruwer

Die Registrateur van Aktes Vryburg

Respondent Counsel: Adv A P Bruwer

Kotzé Louw & Swanepoel Prokureurs

Respondent Counsel: Adv A P Bruwer

Classen & Gerdner Prokureurs

Respondent Counsel: Adv A P Bruwer

Die Minister vir Landbou en Grondsake

Respondent Counsel: Adv A P Bruwer

Amounts and remedies

  • Applicant's Claim (unquantified Damages): ZAR 8,415,474.58
  • Value of Shaftsbury Farm: ZAR 3,715,000
  • Value of Wienan Farm: ZAR 2,900,000
  • Total Value of Two Remaining Farms: ZAR 6,615,000
  • Sale Price of Homes Rest Farm: ZAR 2,650,000
  • Sale Price of Uplands Farm: ZAR 400,000
  • Respondent's Debt to Be Settled: ZAR 1,921,867.47
  • Surplus After Debt Settlement: ZAR 1,128,132.53
  • 65% of Applicant's Claim: ZAR 5,470,058

03

Procedural history

  1. Posture

    Urgent Application / Application for Confirmation of Interim Interdict; Judgment on Return Date

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant argued that the respondents, particularly the first and second respondents, were in the process of selling two of their four farms and possibly other assets with the intention of frustrating the applicant's claim for damages, which had already been determined on the merits. The applicant feared that the respondents would dissipate their assets, rendering any eventual judgment unenforceable. He sought confirmation of the interim interdict to prevent the disposal of assets, or alternatively, that the proceeds of the sales be held in a trust account pending finalisation of the damages quantification.
Respondent
The respondents denied any intention to frustrate the applicant's claim or to act mala fide. They asserted that the sales were bona fide transactions, with the proceeds intended to settle existing debts. They provided an unconditional undertaking not to dispose of the remaining two farms before the damages action was finalised. The respondents argued that there was ample security to satisfy any judgment and that the applicant had failed to prove, on a balance of probabilities, that the asset disposals were intended to defeat his claim.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Knox D'Arcy Ltd and Others v Jamieson and Others [1996] ZASCA 58; 1996 (4) SA 348 (A)

    An interim interdict restraining disposal of assets is only justified where the applicant proves, on a balance of probabilities, that the respondent intends to dissipate assets with the purpose of frustrating the applicant's claim.

  2. 02

    Bricktec (Pty) Ltd v Plantland 1977 (2) SA 489 (T)

    The mere fear that a respondent may dispose of assets is insufficient; there must be evidence of intention to defeat creditors.

  3. 03

    Knox D'Arcy Ltd and Others v Jamieson and Others [1996] ZASCA 58; 1996 (4) SA 348 (A)

    Justice may require restriction of a respondent's freedom to deal with property only where mala fide intent to frustrate execution is shown.

  4. 04

    Knox D'Arcy Ltd and Others v Jamieson and Others [1996] ZASCA 58; 1996 (4) SA 348 (A)

    The court should not compel a respondent to retain funds for disputed claims unless exceptional circumstances exist.

  5. 05

    Mcitiki and Another v Maweni 1913 CPD 684

    Plaintiff should not suffer injustice by a debtor dissipating assets to defeat creditors, but the remedy is sui generis and only available where mala fide intent is proven.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The applicant failed to prove, on a balance of probabilities, that the respondents were disposing of assets with the intention of frustrating his claim. The respondents provided credible undertakings not to dispose of the remaining farms and demonstrated that sufficient assets remained to satisfy any judgment. The sales in question were bona fide, at market value, and not to related parties. The applicant's fears were not substantiated by evidence, and the court found no mala fide conduct. Accordingly, the interim interdict was not confirmed and was discharged.

Obiter and limits

  • The applicant, having established that the respondents are wealthy and possess sufficient assets, should not have launched the application, especially as the damages have not yet been quantified.
  • The remedy sought is draconian and should only be granted in exceptional circumstances where mala fide intent is clearly established.
  • The fact that the respondents are selling property to the State at market value further negates any inference of mala fide conduct.

Court disposition

Application for confirmation of interim interdict dismissed; interim order discharged; costs awarded against applicant.

  • The interim order is discharged.
  • The applicant is ordered to pay the costs of the application, including the costs of 12 May 2008.

Source and reliance status

North West High Court, Mafikeng

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

North West High Court, Mafikeng

Judgment

[2008] ZANWHC 2

IN DIE

HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

(BOPHUTHATSWANA PROVINSIALE AFDELING)

Saak nr: 1064/08

In die saak tussen:

BENJAMIN

CHRISTOFFEL PRETORIUS Applikant

en

STEPHANUS

WESSELS Eerste Respondent

MARTHA CATHARINA

WESSELS Tweede Respondent

DIE REGISTRATEUR VAN AKTES VRYBURG Derde Respondent

KOTZé LOUW & SWANEPOEL PROKUREURS Vierde Respondent

CLASSEN & GERDNER PROKUREURS Vyfde Respondent

DIE MINISTER VIR LANDBOU EN GRONDSAKE Sesde Respondent

SIVIELE SAAK

DATUM VAN AANHOOR : 29 MEI 2008

DATUM VAN UITSPRAAK : 12 JUNIE 2008

ADVOKAAT VIR DIE APPLIKANT : ADV P NEL

ADVOKAAT VIR DIE RESPONDENTE :

ADV A P BRUWER

UITSPRAAK

HENDRICKS J

[A] Inleiding:-

[1] Die Applikant het op 12 Mei 2008 op ‘n dringende basis aansoek gedoen vir ‘n tussentydse interdik teen die Respondente, veral die Eerste en Tweede Respondente. ‘n Voorlopige bevel met die keerdatum van 29 Mei 2008 is deur Waarnemende Regter Moloisane toegestaan waarin:

[i] die Eerste en Tweede Respondente verbied word om van hul roerende bates wat insluit kontant, beleggings, aandele, motor voertuie, plaas implemente en lewende hawe te vervreem hangende die afhandeling van die verhoor aangaande die kwantum in die sake met nommers 814/03 en 184/05, maar uitsluitend vervreemding in die normale loop van besigheid / boerdery asook lewensonderhoud.

[ii] Eerste tot Vyfde Respondente verbied word om die oordrag en registrasie met betrekking tot Gedeelte 2 van die plaas Expath 206 (Homes Rest) wat gehou word kragtens titelakte T1005/186 in die naam van die Sesde Respondent te laat plaasvind.

Ander diverse tussentydse regshulp is ook toegestaan maar koste is voorbehou om bepaal te word deur die hof wat die aansoek sou aanhoor op 29 Mei 2008.

[2] Op 29 Mei 2008, die keerdatum, is die aangeleentheid aangehoor en uitspraak is voorbehou. Hier volg die uitspraak.

[B] Agtergrond:-

[3] Die Applikant, en ook sy vader Samuel Richard Pretorius, het in onderskeidelik saak nommer 814/03 en 184/05 eise ingestel teen die Eerste Verweerder. Die twee aksies is gekombineer in een saak.

[4] Die aksies is hoofsaaklik deliktueel van aard. Dit spruit voort uit hoofde van die feit dat die Eerste Respondent, sy 16 jarige seun Albert Wessels toegelaat het om ‘n motor voertuig te bestuur sonder toesig en sonder dat hy in besit was van ‘n geldige motor voertuig bestuurderslisensie.

[5] Die Applikant, wat ‘n passasier was agter op die oop ligte aflwerings voertuig (bakkie) wat bestuur is deur Albert Wessels, is ernstig beseer toe hy op ‘n nalatige wyse veroorsaak het dat die Applikant van die bakkie afval.

[6] Na aanhoor van die meriete het Regter Landman beveel dat die Eerste Respondent in sy persoonlike sowel as in ‘n verteenwoordigende hoedanigheid gesamentlik en afsonderlik met sy seun Albert Wessels aanspreeklik is vir 65% van die skade wat die Applikant en sy vader gely het.

[7] Die Eerste Respondent het die uitspraak van Regter Landman op appèl geneem na die Hoogste Hof van Appèl. Dié Appèl is van die hand gewys op 20 September 2007. Die aanhoor van die kwantum van die aksie is steeds hangend, maar die eisbedrag beloop tans R8 415 474-58.

[8] Eerste Respondent sal persoonlik en uit sy eie boedel moet instaan vir die skade wat deur die Applikant gely is aangesien sy versekeringsmaatskappy ‘n eis wat deur hom ingedien is, gerepudieer het.

[C] Die meriete:-

[9] Applikant se prokureurs van rekord het ‘n akte-soek gedoen om te bepaal of die Eerste en Tweede Respondente onroerende eiendomme besit. Die akte-soek het bewys dat daar vier onroerende eiendomme (plase) in die name van Eerste en Tweede Respondente geregistreer is. Eerste en Tweede Respondent wat binne gemeenskap van goedere getroud is, is ‘n welgestelde egpaar wat hoofsaaklik met beeste boer. Hulle besit bates wat substansieel (indien nie ten volle) vir Applikant se skade kan betaal afhangende van die bedrag wat die kwantum sal beloop.

[10] Uit korrespondensie aangeheg by die funderende eedsverklaring blyk dit dat Applikant se prokureurs van rekord herhaaldelik gepoog het om vanaf die Eerste Respondent se voormalige prokureurs van rekord ‘n onderneming te bekom dat Eerste Respondent nie sy bates sal vervreem of met verbande beswaar hangende die afhandeling van die aksie rondom kwantum nie. Geen sodanige onderneming is verkry nie. Na beëindiging van die mandaat van sy voormalige prokureurs deur die Eerste Respondent, is die versoek herhaal aan sy huidige prokureurs van rekord. Geen reaksie is ook van hul ontvang nie.

[11] ‘n Vrees het by die Applikant (en sy vader) ontstaan dat die Eerste Respondent moontlik van sy bates sal vervreem ten einde die Applikant se eis te frustreer.

[12] Hierdie vrees vir onherstelbare skade is vererger toe dit tot Applikant se kennis gekom het op 08 Mei 2008 dat die Eerste Respondent in die proses is om Gedeelte 2 van die plaas Expath 206 (Homes Rest) te verkoop aan die Sesde Respondent vir die bedrag van R2 650 000-00. Tesame met hierdie plaas, is die Eerste Respondent ook in die proses om ‘n tweede plaas nl. Uplands 158 te verkoop vir R400 000-00. Aansoek is ook gedoen dat die registrasie van oordrag moet plaasvind voor 13 Mei 2008, vandaar die persepsie van dringendheid van die aansoek.

[13] Die Eerste Respondent ontken dat hy dié plase verkoop om die Applikant se eis te frustreer of om enige iemand te benadeel.

[14] Die Departement van Lanbou en Grondsake koop plase in die omgewing op uit hoofde van die beleid om van die voorheen benadeelde lede van die gemeenskap van grond te voorsien. Die Eerste Respondent wil die opbrengs uit die verkoop van die plase aanwend om sy skuld te betaal, welke skuld R1 921 867-47 beloop. Verdermeer het die Eerste Respondent ‘n onvoorwaardelike onderneming gegee dat hy nie die ander twee plase Shaftsbury 561 en Wienan 524 sal verkoop nie. Aanvanklik het hy die waarde van hierdie twee plase op bykans R11 miljoen geskat, maar geswore waardasies is toe op dié plase gedoen en die waarde daarvan is as volg:-

Shaftsbury : R3 715 00-00

Wienan : R2 900 00-00

Totaal : R6 615 00-00

[D] Die Reg:-

[15] Die aard van die interdik wat die Applikant versoek is om te verhoed dat die Eerste en Tweede Respondente hulle bates vervreem. Applikant maak nie aanspraak om eiendomsreg op die bates van die Eerste en Tweede Respondente nie aangesien dit hul uitsluitlike eiendom is.

[16] Hierdie tipe interdik is ongewoon in die sin dat dit nie soos normaalweg ten doel het om eiendom te beskerm nie. Die Applikant maak dus nie aanspraak op die eiendom van die Eerste en Tweede Respondente nie maar wil slegs sy reg om skadevergoeding te verhaal beskerm, aangesien die meriete van die saak alreeds in sy guns besleg is.

[17] Hierteenoor is die optrede van die Eerste en Tweede Respondente nie per se ongeoorloofd of onregmatig nie, maar wel prima facie wettig.

[18] Ons reg erken reeds jare lank al die bestaan van hierdie tipe interdik sonder dat daar ‘n spesifieke naam daarvoor bestaan.

Sien:- Knox D’Arcy Ltd and Others v Jamieson and Others [1996] ZASCA 58; 1996 (4) SA 348 (A) op bladsy 371 I–372 C.

[19] Dit word nie verwag dat die Applikant moet aantoon dat die Respondente geen bona fide verweer tot die aksie het nie. Wat die Applikant wel moet aantoon, op ‘n oorwig van waarskynlikhede, is dat ‘n onreg hom aangedoen sal word indien die Eerste en Tweede Respondente toegelaat word om hul fondse en bates te vervreem of te verspil met die bedoeling om hul skuldeisers se eise te frustreer.

[20] In Mcitiki and Another v Maweni 1913 CPD 684 word die posisie as volg uiteengsit op bladsy 687:-

“… .. (T)hey all proceed upon the wish of the Court that the Plaintiff should not have an injustice done to him by reason of leaving his debtor possessed of funds sufficient to satisfy the claim, when circumstances show that such debtor is wasting or getting rid of such funds to defeat his creditors, or is likely to do so.”

[21] In Bricktec (Pty) LTD v Plantland 1977 (2) SA 489 (T) op bladsy 493 E-G word die beginsels vir sodanige interdik, soos uigekristaliseer in die regspraak, as volg uiteengesit:-

“If principles applicable to the present case are to be extracted from those cases, they would appear to me to be the following:-

[1] If the Applicant can show that the Respondent intends to dispose of his property in a way that will defect any ultimate right that the Applicant may have to levy execution upon it, the Applicant may be able to obtain an interim interdict restraining the Respondent from disposing of the property.

[2] It is by no means clear that the Applicant is entitled to such an interdict if he can show no more than a fear that the Respondent may so dispose of his property.

[3] In my view further, the mere fact that the Respondent has ceased to reside permanently in this country does not necessarily give rise to an inference that he intends to dispose of the properties concerned.”

[22] In die saak van Knox D’Arcy, supra, bevind die Appelhof die volgende op bladsy 372 F-I:-

“ The question which arises from this approach is whether an Applicant needs to show a particular state of mind on the part of the Respondent, i.e. that he is getting rid of the funds, or is likely to do so, with the intention of defeating the claims of creditors. Having regard to the purpose of this type of interdict, the answer must be, I consider, yes, except possibly in exceptional cases. As I have said, the effect of the interdict is to prevent the Respondent from freely dealing with his own property to which the Applicant lays no claim. Justice may require this restriction in cases where the Respondent is shown to be acting mala fide with the intent of preventing execution in respect of the Applicant’s claim. However, there would not normally be any justification to compel a Respondent to regulate his bona fide expenditure so as to retain funds in his patrimony for the payment of claims (particularly disputed ones) against him. I am not, of course, at the moment dealing with special situations which might arise, for instance, by contract or under the law of insolvency.”

En voorts op bladsy 373 D:-

“ The interdict with which we are dealing is sui generis. It is either available or it is not. No other remedy can really take its place (except, possibly, in certain circumstances attachments or arrests). The question here is purely whether, in principle and on authority, such interdict should be granted in cases where the Respondent is in good faith disposing of his assets, or threatening to do so, and has no intent to render the Applicant’s claim nugatory.”

[E] Toepassing van die reg op die feite van die saak:-

[23] Dit is duidelik uit die verklarings wat geliasseer is namens die Applikant deur sy prokureur, dat die Applikant vrees dat die Eerste en Tweede Respondente van hulle bates ontslae raak om sodoende die Applikant se eis te frustreer.

[24] Hierdie aantygings baseer die Applikant op die feit dat die Eerste Respondent besig is om twee van die vier plase wat hy en die Tweede Respondent besit, te vervreem. Ek is van mening dat indien hierdie twee plase (Homes Rest en Uplands) die enigste onroerende eiendomme was wat Eerste en Tweede Respondente besit het, die Applikant se vrese nie ongegrond sou wees nie en sou hy derhalwe ‘n sterk saak gehad het.

[25] Dit kan nie uit die oog verloor word dat daar nog twee ander plase (nl. Shaftsbury en Wienan) met ‘n totale waarde van

R6 615 000-00 bestaan nie. Soos alreeds vermeld, het die Eerste en Tweede Respondente ‘n onvoorwaardelike onderneming gegee dat hulle nie hierdie twee plase sal vervreem voor die afhandeling van die aksie aangaande die kwantum nie.

[26] Die eisbedrag van R8 415 474-58 is nog nie gekwantifiseer nie. Die 65% skade staan derhalwe nog nie vas nie. Indien daar op die ongekwantifiseerde eisbedrag gewerk word, dan is 65% van R8 415 474-58 die bedrag van R5 470 058-00. Dit is R1 144 942-00 minder as die waarde van die twee plase Shaftsbury en Wienan.

[27] Verdermeer, sou die verkoping van die plase Homes Rest en Uplands 159 deurgaan, sal dit R3 050 000-00 oplewer. Indien die skuld van R1 921 867-47 gedelg word sal daar nog ‘n restant van R1 128 132-53 oorbly. Selfs indien die verbande afgelos word sal daar nog ‘n groot genoeg surplus oorbly. Dit is duidelik dat daar nog meer as genoeg sekuriteit oor is om enige eis van die Applikant te betaal.

[28] Die stelling (of selfs toegewing) deur die Applikant by monde van sy prokureur van rekord dat die Eerste Respondent (en inbegrepe ook die Tweede Respondent met wie hy binne gemeenskap van goedere getroud is) ‘n welgestelde boer is, is nie sonder substansie nie. Hy is soos die Engelse spreekwoord lui nie “a man of straw” nie.

[29] Daar is geen getuienis dat die Eerste Respondent besig is om van sy roerende eiendom (kontant, aandele, motor voertuie, plaas implement en lewende hawe) ontlae te raak nie. Dit dien ter ondersteuning van die feit dat die Eerste Respondent sê dat hy sy lewe lank boer en al wat hy kan doen is om te boer, tot op sy huidige middeljarige ouderdom van 56 jaar. Hy woon en boer op die plase Shaftsbury en Wienan en sal dus nie maklik ontslae raak daarvan nie. Net so is die feit dat Eerste Respondent sê dat hy maklik ‘n eis van R5 miljoen kan betaal nie oordrewe nie en heeltemal moontlik.

[30] Mnr. Nel, wat namens die Applikant verskyn, het ‘n toegewing gemaak tydens betoog dat hy nie kan argumenteer dat paragraaf 2.2 van die voorlopige bevel wat verbied dat registrasie en oordrag van die plaas Homes Rest (Gedelte 2 van die plaas Expath 206) in die naam van die Sesde Respondent plaasvind, bekragtig word nie. Hy het gesubmenteer dat na afhandeling van die registrasie en aflos van die uitgawes, die opbrengs uit die verkoop van dié plaas in ‘n rentedraende trustrekening gesit word om sodoende te verseker dat die Eerste en Tweede Respondente dit nie gebruik nie. Gedagtig aan wat ek vantevore al uitgewys het, kan ek nie uitvoering gee aan die versoek nie.

[31] Mnr. Bruwer, namens die Respondente, het gesubmenteer dat geen van die tussentydse bevele bekragtig moet word nie. Ek is van mening dat Mnr. Bruwer gelyk gegee moet word. Die Applikant het nie daarin geslaag om op ‘n oorwig van waarskynlikhede te bewys dat die Eerste en Tweede Respondente die eiendom vervreem met die bedoeling om die Applikant in sy eis te frustreer nie.

[32] Die verkoping van die plase Uplands 159 en Homes Rest geskied ook nie op ‘n skelm manier en/of onder markwaarde aan bv. ‘n vriend of familielid nie. Homes Rest word aan die Staat (Department van Landbou en Grondsake) vervreem en Uplands 159 wat ten bedrae van R22 000-00 aangekoop is, word teen ‘n reuse wins vir R400 000-00 verkoop. Myns insiens is daar geen aanduiding dat daar mala fide opgetree word met die verkoping van dié twee plase nie.

[F] Gevolgtrekking:-

[33] Gevolglik is ek van mening dat die Applikant nie geslaag het in sy aansoek om die voorlopige bevel, wat in die woorde van Regter Stegmann drakonies van aard is, bekragtig te kry nie. Die voorlopige bevel moet dus opgehef word.

Sien:- Knox D’Arc, supra.

[G] Koste:-

[34] In die voorlopige bevel van 12 Mei 2008 is beslis dat koste voorbehou word om bepaal te word deur die hof wat die aansoek op die keerdatum aanhoor.

[35] In die kennisgewing van mosie versoek die Applikant dat koste soos tussen prokureur en eie kliënt toegestaan word. Mnr. Bruwer namens die Respondente het gesubmenteer dat indien die voorlopige bevel opgehef word moet die koste ook toegestaan word insluitende die koste van die 12de Mei 2008.

[36] Ek is van mening dat koste die resultaat moet volg. Geen saak tot die teendeel is uitgemaak nie en ek vind ook geen rede waarom dit anders moet wees nie.

[37] Die Applikant wat self sê dat die Eerste Respondent ‘n welgestelde boer is en wat by wyse van akte-soeke vasgestel het dat die Eerste Respndent oor vier plase en nie net die twee wat vervreem word beskik nie, moes nooit hierdie aansoek geloods het nie. Veral nie noudat die eis nog nie gekwantifiseer is nie.

[H] Bevel:-

Derhalwe word die volgende bevele gemaak:-

[1] Die voorlopige bevel word opgehef.

[2] Die Applikant word gelas om die koste van die aansoek te betaal welke koste die koste van die 12de Mei 2008 insluit.

R D HENDRICKS

REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF

PROKUREUR VIR DIE APPLIKANT:-

BOTHA COETZER SMITH

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Knox D'Arcy Ltd and Others v Jamieson and Others [1996] ZASCA 58; 1996 (4) SA 348 (A)

Case cited

Bricktec (Pty) Ltd v Plantland 1977 (2) SA 489 (T)

Case cited

Mcitiki and Another v Maweni 1913 CPD 684

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.