Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Qwemico Distributors (Edms) Bpk v H & N Chemies en Saad (Edms) Beperk and Another (2107/2008) [2008] ZAFSHC 84 (14 August 2008)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the applicant's proposed amendment to its particulars of claim was vague and confusing, particularly due to the inclusion of the first respondent after a notice of withdrawal and the inconsistent description of the first respondent's legal status. The attached document purporting to be a written contract was unsigned and therefore did not meet the legal requirements for a written agreement. The particulars of claim failed to provide sufficient detail regarding the basis for the claims, especially in relation to the alleged advance payments and the terms of the agreement. The court held that the applicant did not comply with Rule 18(4) and Rule 18(6) of the Uniform Rules of Court, and that the defects were material and not merely technical. In the interests of justice, the application for amendment was refused.

Court disposition

Application for amendment dismissed with costs.

Orders

  • The application for amendment of particulars of claim is dismissed.
  • The applicant is ordered to pay the costs of the application.

02

Material facts

Parties

Qwemico Distributors (Edms) Bpk

Applicant Counsel: Adv. A. P. J. Els

H & N Chemies en Saad (Edms) Beperk

Respondent Counsel: Adv. P. Zietsman

J H P Hattingh

Respondent

Amounts and remedies

  • Advance Payments Alleged: ZAR 11,621.84

03

Procedural history

  1. Posture

    Urgent Application / Application for Amendment of Particulars of Claim Under Rule 28

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
Counsel for the applicant argued that the notice of withdrawal was clear and that there was no confusion or prejudice. He conceded that the inclusion of the first respondent in the amendment was an oversight and amounted to sloppy drafting, but maintained that this could be rectified. He further contended that the particulars of claim were sufficient and that the attached document, although unsigned, reflected the terms of the agreement.
Respondent
Counsel for the respondents argued that the continued inclusion of the first respondent after withdrawal rendered the amendment vague and excipiable. He further submitted that the particulars of claim failed to comply with Rule 18(6) as the alleged written contract was unsigned and not properly attached. The respondent also contended that the particulars lacked sufficient detail regarding the basis for the claims, making them excipiable under Rule 18(4).

05

Court’s reasoning

  1. 01

    TRANS DRAKENSBERG BANK LTD v COMBINED ENGINEERING (PTY) LTD AND ANOTHER 1967 (3) SA 632 (D) at 640

    A court exercises its discretion in favour of amendment to ensure justice between the parties, so that the real issues are ventilated, but the particulars must be sufficiently clear and detailed.

  2. 02

    KAHN v STUART AND OTHERS 1942 CPD 386 at 391

    Allegations in pleadings should not be scrutinized under a magnifying glass to expose errors, but must be clear enough for the opposing party to plead.

  3. 03

    Christie: The Law of Contract in South Africa (5th ed) p. 108; GOLDBLATT v FREMANTLE 1920 AD 123 at 128

    A written contract comes into existence when signed by all parties; without signature, it is not a written agreement in law.

  4. 04

    Rule 18(4) of the Uniform Rules of Court

    Every pleading must contain a clear and concise statement of the material facts upon which the claim is based, in sufficient detail to enable the other party to respond.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the applicant's proposed amendment to its particulars of claim was vague and confusing, particularly due to the inclusion of the first respondent after a notice of withdrawal and the inconsistent description of the first respondent's legal status. The attached document purporting to be a written contract was unsigned and therefore did not meet the legal requirements for a written agreement. The particulars of claim failed to provide sufficient detail regarding the basis for the claims, especially in relation to the alleged advance payments and the terms of the agreement. The court held that the applicant did not comply with Rule 18(4) and Rule 18(6) of the Uniform Rules of Court, and that the defects were material and not merely technical. In the interests of justice, the application for amendment was refused.

Obiter and limits

  • Individually, some of the objections might not have sufficed for an exception to succeed, but collectively, the deficiencies in the particulars of claim were substantial.
  • A defendant no longer enjoys the benefit of requesting further particulars to clarify confusion or vagueness, except for trial purposes at a late stage.

Court disposition

Application for amendment dismissed with costs.

  • The application for amendment of particulars of claim is dismissed.
  • The applicant is ordered to pay the costs of the application.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2008] ZAFSHC 84

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Saak nommer. : 2107/2008

In die aansoek tussen:

QWEMICO DISTRIBUTORS (EDMS) BPK Applikant

en

H & N CHEMIES EN SAAD (EDMS) BEPERK 1ste Verweerder

J

H P HATTINGH 2de Verweerder

_____________

UITSPRAAK: HANCKE,

R

AANGEHOOR OP: 7 AUGUSTUS 2008

GELEWER OP: 14 AUGUSTUS 2008

[1] Hierdie is ‘n aansoek van die applikant (eiser) ingevolge Hofreël 28, om wysiging van sy Besonderhede van Vordering, waarin hy vra dat paragrawe 1 – 14 deurgehaal word en vervang word met sekere gewysigde paragrawe.

[2] Respondent het ‘n beswaar ingevolge Hofreël 28(3) geliasseer ingevolge waarvan sy beswaar by wyse van agt gronde uiteengesit word.

[3] Die algemene uitgangspunt by die oorweging van ‘n aansoek om wysiging is dat ‘n hof sy diskresie sodanig uitoefen dat dit in die guns van ‘n wysiging is ten einde geregtigheid tussen die partye te verseker op die basis dat die werklike geskilpunte voor die hof kom. Harms: Civil Procedure in the Superior Court, p. B-188 en verder, TRANS DRAKENSBERG BANK LTD (under judicial management) v COMBINED ENGINEERING (PTY) LTD AND ANOTHER 1967 (3) SA 632 (D) te 640. Bewerings word ook nie onder ‘n vergrootglas geplaas ten einde foute na vore te bring nie. KAHN v STUART AND OTHERS 1942 CPD 386 te 391, SOUTHERN PORT DEVELOPMENTS (PTY) LTD v TRANSNET LTD

2003 (5) SA 665 (W) te 669 A – B.

[4] Wat die besware betref, volhard die respondent met sommige daarmee op die volgende gronde:

“1. Ooreenkomstig ‘n kennisgewing van terugtrekking afgelewer deur eiser op 31 Maart 2008, het eiser die aksie teen eerste verweerder teruggetrek, maar nieteenstaande hierdie feit word eerste verweerder steeds gevoeg as ‘n party in die voorgenome wysiging, welke die voorgenome wysiging vaag en verwarrend en derhalwe eksipieer maak op die volgende gronde:

1.1 Daar word geen grondslag beweer van waarom eerste verweerder steeds gevoeg is as ‘n party tot die aksie nie, synde of eiser steeds wil vorder vanaf eerste verweerder en/of eerste verweerder bloot gevoeg word aangesien hy ‘n wesenlike belang het by die aksie nie;

1.2 Eerste verweerder word in die kopskrif beskryf as ‘n maatskappy, en in terme van paragraaf 2 van die voorgenome wysiging as ‘n beslote korporasie, sonder enige bewering dat eerste verweerder as maatskappy omskep is in ‘n beslote korporasie al dan nie, en indien nie of die beslote korporasie die regte en verpligtinge van die maatskappy oorgeneem het, en indien wel, wanneer nie.”

[5] Mnr. Els, namens die applikant het betoog dat die kennisgewing van terugtrekking duidelik was en dat daar dus geen verwarring en gevolglike nadeel bestaan nie. Hy het egter toegegee dat die vermelding van die eerste verweerder nie moes gebeur het nie en dat dit neerkom op slordige formulering van die voorgestelde wysiging. Selfs indien aanvaar word dat dit ‘n oorsig is aan die kant van die applikant, is dit huidiglik vaag en verwarrend om die redes vermeld in die beswaar, en behoort dit deur die applikant reggestel te word.

[6] Die respondent steun ook op die nie-nakoming van Hofreël 18(6). Die beswaar lui soos volg:

“5. Aanhangsel “A” tot die besonderhede van vordering waarna eiser verwys in sy aanvanklike besonderhede van vordering asook in sy voorgenome wysiging is ‘n ongetekende afskrif wat die agent betref, en indien daar wel so ‘n skriftelike kontrak tussen die partye aangegaan is soos wat beweer word in die Besonderhede van Vordering, voldoen eiser nie aan die bepalings van Hofreël 18(6), deur die

skriftelike kontrak of ‘n ware afskrif daarvan, aan te heg nie;

6. Aansluitend by die voorgaande paragraaf, in indien nie so ‘n skriftelike kontrak tussen die partye bestaan nie is die bewerings vervat in die voorgenome wysiging en wel paragraaf 5 daarvan vaag en verwarrend, en ook bloot op hierdie grond eksepieerbaar.”

[7] Dit blyk dat die betrokke dokument, alhoewel elke bladsy geparafeer is deur beide partye, dit aan die einde daarvan deur geeneen van die partye onderteken is nie. Die regsposisie ten opsigte van wat ‘n skriftelike ooreenkoms is, word soos volg opgesom in die handboek van Christie: The Law of Contract in South Africa (vyfde uitgawe) waar op p. 108 die volgende verklaar word:

“.... a written contract comes into existence when it is signed by all parties, and no particular of words need precede the signatures, but the court has no power to change the position of a signature and then draw inferences about the signatory’s intention.” (my beklemtoning)

GOLDBLATT v FREMANTLE 1920 AD 123 te 128, WEBSTER v LAWLESS 1929 TPD 970, METER MOTORS (PTY) LTD v COHEN 1966(2) SA 735 (T) te 737, HAWKINS v CONTRACT DESIGN CENTRE (CAPE DIVISION) (PTY) LTD 1983 (4) SA 296 (T).

[8] Mnr. Zietsman het namens die respondent betoog dat die betrokke ooreenkoms nie ‘n skriftelike kontrak is nie, en in die lig van die feit dat daar verder gesteun word op stilswyende en/of geimpliseerde terme van die ooreenkoms, dit die deur oopmaak vir die moontlikheid dat daar inderdaad ‘n getekende ooreenkoms, dit wil sê ‘n skriftelike ooreenkoms bestaan. Ek stem saam met hierdie beswaar.

[9] Na my mening volg dit uit die voorgaande dat daar gewoonweg van ‘n skriftelike ooreenkoms gepraat word wanneer sodanige ooreenkoms deur beide partye onderteken is.1 In die afwesigheid van sodanige ondertekening is dit dus nie ‘n skriftelike ooreenkoms in die juridiese sin van die woord nie. Vergelyk Christie a.w. p. 106 e.v. Insgelyks is dit dus aangewese vir die applikant om te pleit dat daar ‘n mondelinge ooreenkoms aangegaan is tussen die partye waarvan die terme blyk uit die skriftelike dokument aangeheg by die Besonderhede van Vordering. Gevolglik moet die respondent dus gelyk gegee word wat hierdie beswaar betref.

[10] Die respondent se verdere besware is soos volg verwoord:

“7. Wat eis 1 betref word daar slegs in paragraaf 7 beweer dat Eiser gedurende die bestaan van die ooreenkoms voorskotbetalings aan Tweede Verweerder gemaak het in die bedrag van

R11 621.84, sonder om volledige, duidelike en bondige stellings van die wesenlike feite waarop die eis berus, te beweer, welke die voorgenome wysiging eksepieerbaar sal laat indien gewysig ooreenkomdstig die bepalings van Hofreël18(4);

8. Insgelyks wat betref Eis 2 voldoen Eiser nie aan die bepalings van Hofreël 18(4) op dieselfde basis soos hierbo verwys, nie, en sal die voorgenome wysiging, indien gewysig, weereens eksepieerbaar wees op gemelde grond.”

[11] Dit is slegs nodig om na die bewoording van paragraaf 7 van die voorgestelde Besonderhede van Vordering te verwys, wat soos lees:

“Die eiser het gedurende die bestaan van die ooreenkoms voorskotbetalings aan die tweede verweerder gemaak in die bedrag van R11 621,84.”

[12] In die verband lees Hofreël 18(4) soos volg:

“Elke pleitstuk bevat ‘n duidelike en bondige stelling van die wesenlike feite waarop die eis, verweer of antwoord, na gelang van die geval, berus, in voldoende besonderhede om die teenparty in staat te stel om daarop te antwoord.”

[13] Dit, is duidelik dat die Besonderhede van Vordering nie hieraan voldoen nie. Dieselfde gebrek aan besonderhede blyk ook uit die bewoording van pargraaf 10 onder eis 2. Wat paragraaf 7 verder kompliseer is die feit dat daar ‘n kommissiestaat aangeheg is tot die voorgenome wysiging waarop voorskotbetalings ten gunste van ‘n agent genaamd Herman van Zyl gereflekteer word ten opsigte van die finansiële jaar 2006. Ingelyks moet die respondent gelyk gegee word wat hierdie beswaar betref.

[14] Die bewerings in ‘n Besonderhede van Vordering moet volledig genoeg wees ten einde ‘n verweerder in staat te stel om daarop te kan pleit. ‘n Verweerder geniet nie meer die voordeel van ‘n versoek om nadere besonderhede ten einde verwarring en vaaghede uit die weg te ruim nie. Die enigste versoek is vir verhoordoeleindes wat op ‘n te laat stadium geskied om die verweerder in hierdie verband behulpsaam te wees. Individueel beskou sou sommige van die besware hierbo na verwys moontlik onvoldoende gewees het vir ‘n eksepsie om te slaag. Dit blyk egter dat hier verskeie van die bewerings is in die voorgenome Besonderhede van Vordering waarvan die formulering veel tewense oorlaat. Alhoewel ‘n hof in die uitoefening van sy diskresie gewoonweg ten gunste van die verlening van ‘n wysing neig, meen ek dat dit in belang van geregtigheid is om dit nie te doen in die huidige geval nie.

[15] Bygevolg word die aansoek om wysiging van die hand gewys met koste.

_____

S. P. B. HANCKE, R

Namens die applikant: Adv. A. P. J. Els

In opdrag van:

McIntyre & Van der Post

BLOEMFONTEIN

Namens die respondent: Adv. P. Zietsman

Naudes

/EM

1 Ondertekening deur beide partye word ook vereis wanneer statutêr bepaal word dat die ooreenkoms in skrif moet wees. Vergelyk artikel 2(1) Wet 68 van 1981 (ten opsigte van onroerende eiendom); artikel 6 Wet 50 van 1956 (borgkontrak).

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

TRANS DRAKENSBERG BANK LTD v COMBINED ENGINEERING (PTY) LTD AND ANOTHER 1967 (3) SA 632 (D)

Case cited

KAHN v STUART AND OTHERS 1942 CPD 386

Case cited

SOUTHERN PORT DEVELOPMENTS (PTY) LTD v TRANSNET LTD 2003 (5) SA 665 (W)

Case cited

GOLDBLATT v FREMANTLE 1920 AD 123

Case cited

WEBSTER v LAWLESS 1929 TPD 970

Case cited

METER MOTORS (PTY) LTD v COHEN 1966(2) SA 735 (T)

Case cited

HAWKINS v CONTRACT DESIGN CENTRE (CAPE DIVISION) (PTY) LTD 1983 (4) SA 296 (T)

Case cited

Rule 28 of the Uniform Rules of Court

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Rule 18(4) of the Uniform Rules of Court

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Rule 18(6) of the Uniform Rules of Court

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Section 2(1) of Act 68 of 1981

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Section 6 of Act 50 of 1956

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.