Rainbow Dimonds (Edms) Bpk. en Andere v Suid-Afrikaanse Nasionale Lewensassuransiemaatskappy (372/82) [1984] ZASCA 41; 1984 (3) SA 1 (A) (30 March 1984)
- Citation
- [1984] ZASCA 41
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Rabie, Jansen, Corbett, Joubert, Galgut
- Case number
- 372/82
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Rabie, Jansen, Corbett, Joubert, Galgut
- Case number
- 372/82
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court held that upon the dissolution of Mankor, the rights of claim against the appellants vested in the State as bona vacantia, following established South African legal principles and practice. The Treasury, acting on behalf of the State, was empowered to cede these rights to Sanlam, the only legitimate claimant, in accordance with its statutory powers and longstanding policy of not enriching the State at the expense of rightful claimants. The cession was valid and effective, and the appellants' arguments regarding lack of ownership and authority were rejected. The appeal was dismissed, and the judgment of the court a quo, awarding the claims to Sanlam, was upheld.
Court disposition
The appeal is dismissed with costs, including the costs of two counsel.
Orders
- The appeal is dismissed.
- The appellants are ordered to pay the costs, including the costs of two counsel.
- The judgment of the court a quo awarding the claims to the respondent is confirmed.
02
Material facts
Parties
Rainbow Diamonds (Edms) Beperk
AppellantB Struck
AppellantKammagas Mynbou (Edms) Beperk
AppellantR C Versluis (Edms) Beperk
AppellantSuid-Afrikaanse Nasionale Lewensassuransiemaatskappy
RespondentAmounts and remedies
- First Appellant Liability: ZAR 9,732.69
- Second Appellant Liability: ZAR 4,869.85
- Third Appellant Liability: ZAR 8,574.44
- Fourth Appellant Liability: ZAR 24,902.79
03
Procedural history
Posture
Civil Appeal / Appeal From the Court a Quo
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether, upon the dissolution of a company, its rights of claim vest in the State as bona vacantia.
- 02
Whether the State, through the Treasury, had the authority to cede such rights to the respondent.
- 03
Whether the Treasury's actions in ceding the rights complied with statutory requirements.
Party arguments
- Applicant
- The appellants argued that upon the dissolution of Mankor, only a right to claim vested in the State, not ownership of the claim itself, and thus the State could not transfer ownership. They further contended that even if the State did acquire ownership, it lacked the statutory authority to cede the rights to Sanlam, as the Treasury's powers under the relevant legislation were merely supervisory and did not include the power to dispose of State property or claims.
- Respondent
- Sanlam argued that the State acquired ownership of the claims as bona vacantia upon Mankor's dissolution, in line with established legal principles and practice. The Treasury, acting on behalf of the State, had the authority to cede such rights under the applicable statutes and longstanding practice, and the cession was a legitimate exercise of its prerogative to avoid unjust enrichment at the expense of a rightful claimant.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Ex Parte Sprawson (In re Hebron Diamond Syndicate Limited) 1914 TPA 458
Upon dissolution of a company, its property and rights vest in the State as bona vacantia, unless otherwise provided by statute.
- 02
Ex Parte The Government 1914 TPA 596
The State, through the Treasury, has the prerogative to decide whether to assert rights over bona vacantia or to cede them to a rightful claimant.
- 03
Skatkis en Ouditwet 66 van 1975, section 31(1)(i)
Statutory powers conferred on the Treasury include the authority to approve settlements and dispose of State property, which encompasses the cession of claims acquired as bona vacantia.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court held that upon the dissolution of Mankor, the rights of claim against the appellants vested in the State as bona vacantia, following established South African legal principles and practice. The Treasury, acting on behalf of the State, was empowered to cede these rights to Sanlam, the only legitimate claimant, in accordance with its statutory powers and longstanding policy of not enriching the State at the expense of rightful claimants. The cession was valid and effective, and the appellants' arguments regarding lack of ownership and authority were rejected. The appeal was dismissed, and the judgment of the court a quo, awarding the claims to Sanlam, was upheld.
Obiter and limits
- The court noted that the practice of notifying the Treasury in applications to set aside company dissolutions has been consistently followed for decades, reflecting the established prerogative of the State regarding bona vacantia.
- It was observed that the Treasury's policy of not enriching the State at the expense of legitimate claimants is well-founded and aligns with both legal principle and fairness.
- The court declined to express a view on certain dicta of the court a quo regarding the scope of the Treasury's powers, as the outcome was reached on other grounds.
Court disposition
The appeal is dismissed with costs, including the costs of two counsel.
- The appeal is dismissed.
- The appellants are ordered to pay the costs, including the costs of two counsel.
- The judgment of the court a quo awarding the claims to the respondent is confirmed.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
RAINBOW DIAMONDS (EDMS) BEPERK 1ste AppellantB STRUCK 2de AppellantKAMMAGAS MYNBOU (EDMS) BEPERK 3de AppellantR C VERSLUIS (EDMS) BEPERK 4de Appellant
vs
SUID-AFRIKAANSE NASIONALE LEWENS=ASSURANSIEMAATSKAPPY Respondent
m.p. 372/82
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
RAINBOW DIAMONDS (EDMS) BEPERK 1ste Appellant
B STRUCK . 2de Appellant
KAMMAGAS MYNBOU (EDMS) BEPERK 3de Appellant
R C VERSLUIS (EDMS) BEPERK 4de Appellant
en
SUID-AFRIKAANSE NASIONALELEWENSASSURANSIEMAATSKAPPY Respondent
CORAM: RABIE, HR, JANSEN, CORBETT et JOUBERT, ARR GALGUT, Wnd AR
VERHOOR: 19 Maart 1984
GELEWER: 30 Maart 1984
UITSPRAAK
GALGUT, Wnd AR
Mankor
2.
Mankor Beleggings Beperk (Mankor) was gedurendeFebruarie 1971 die houer van aandele in 'n maatskappy Bontekoe Mynbou Ondernemings (Edms) Beperk (Bontekoe). Die aandele is afsonderlik aan elk van die appellante verkoop. Bontekoe is 'n ontginningsmaatskappy wat 'n konsessie verkry het om diamante in 'n Kleurlinggebied te ontgin. Dit was 'n bepaling van die koopooreenkoms dat elke koper ten opsigte van elke aandeel benewens die koopprys, 'n bedrag aan Mankor sou betaal gelykstaande aan een tweehonderd en vyftigduisendste van vyf persent van die bruto verkoopswaarde van alle diamante bokant tagtig duisend karaat wat deur Bontekoe uit die konsessie gehaal sou word na 14 September 1970. Hierdie bedrag
waarna 3. waarna ek sal verwys as 'n tantieme, sou betaalbaar wees
sodra die betrokke diamante verkoop word. Die rede vir
hierdie voorwaardelike verpligting was dat die beraamde
produksie van die konsessie 80 000 karaat sou wees, dat die
koopprys van die aandele bereken was op die basis vanhierdie beraming en dat Mankor 'n tantieme verlang het
indien die beraming te laag sou wees. Die produksie vandiamante het in Junie 1975 80 000 karaat te bowe gegaan.
Die respondent, Suid-Afrikaanse Nasionale Lewensassuransiemaatskappy (Sanlam) en sy genomineerdes het al die aandele in Mankor verkry. Mankor het dus 'nvolfiliaal van Sanlam geword en daar is besluit om Mankor se bates aan Sanlam oor te dra en Mankor te ontbind.
Op 4. Op 8 Desember 1971 is Mankor se bates aan Sanlam verkoop.
Op 9 Junie 1972 is Mankor by wyse van 'n spesiale besluitvrywillig gelikwideer. Die enigste bates wat in die
likwidasie-rekeninge voorkom, is kontantbedrae en likiedeeise. Die rede hiervoor is dat alle ander bates, of so
is daar aanvaar, reeds voor likwidasie aan Sanlam verkoopwas. Die bogemelde vorderingsregte teen die verweerders,wat destyds nog bloot voorwaardelike regte was, isheeltemal oor die hoof gesien by die verkoop van diebates aan Sanlam sowel as by die likwidasie van Mankor.
Volgens Mankor se likwidasierekeninge was daar 'n groot oorskot van bates oor laste. Hierdie oorskot is oorgedra aan die aandeelhouers, dit wil sê
aan ........
5. aan Sanlam en sy genomineerdes. In Maart 1974 is Mankor
finaal ontbind ingevolge art 174(1) van die Maatskappywet,
no 46 van 1926.
Soos reeds gemeld het die produksie van diamante in Junie 1975 80 000 karaat te bowe gegaan. Hierdie feit het tot Sanlam se kennis gekom en die ver= weerders is aangesê om die tantieme, wat aan Mankor verskuldig sou gewees het indien Mankor nie ontbind was nie, te betaal. Aansienlike korrespondensie het gevolg. Gedurende die briefwisseling, eintlik meer as twee jaar na die ontbinding, het Sanlam tot die besef gekom dat Mankor se vorderingsregte teen die verweerders nooit aan Sanlam of enigiemand anders oorgedra is nie. Normaalweg
sou
6. sou die manier om hierdie probleem op te los gewees het
om 'n hofaansoek te rig om die ontbinding van Mankor nietig
te laat verklaar. Hierdie prosedure kon egter nie
gevolg word nie. Die rede was dat so 'n aansoek ingevolge
art 191 van die vorige Maatskappywet van 1926 slegs
binne twee jaar na ontbinding van die Maatskappy gedoenkon word. (Luidens art 420 van die nuwe Maatskappywet 61van 1973 is daar geen sodanige beperking nie.) Die metodewat toe gevolg was om Mankor se vorderingsregte aanSanlam te laat toekom was om by die Staat aansoek te doenom die regte (wat, so is daar gemeen, as bona vacantiadie Staat toegeval het) aan Sanlam te sedeer. Op
17 April 1980 is 'n skriftelike sessie aangegaan wat asvolg lui:
"SESSIE
7.
"SESSIE VAN REGTE TOT UITGESTELDE VERGOEDING Aangesien
(a) Mankor Beleggings Beperk (Mankor) gedurendeFebruarie 1971 die volgende aantal aandelein Bonte Koe Mynbou Ondernemings (Edms)Beperk (Bonte Koe) onderskeidelik aanRainbow Diamond (Edms) Beperk (Rainbow),Kommagas (Edms) Beperk (Kommagas),
R C Versluis (Edms) Beperk (R C Versluis) en mnr B Struck verkoop het teen 'n bepaalde koopsom nl.
aan Rainbow 9 705 aandele
aan Kommagas 8 507 aandele
aan R C Versluis 24 707 aandele
aan B Struck 4 856 aandele
47 775 aandele
(b) dit 'n bepaling van die genoemde Ooreenkomswas dat, benewens die bogenoemde koopsomelkeen van die kopers aan Mankor 'n bepaaldegedeelte van die bruto verkoopswaarde vanalle diamante bokant 80 000 karaat watBonte Koe vanaf 14 September 1970 uitbepaalde konsessies sou haal (hiernagenoem die vorderingsreg) aan Mankor moetbetaal;
(c) Mankor
8.
(c) Mankor op 4 Maart 1974 finaal gelikwideer en later ontbind is toe sy enigste aandeelhouers, die Suid-Afrikaanse Nasionale Lewensassuransiemaatskappy (Sanlam) en 'n nominee van Sanlam was; (d) die genoemde vorderingsreg vanwee 'n oorsig
nie in die genoemde likwidasie aan die aandeelhouers oorgedra was nie;
(e) die genoemde vorderingsreg vanweë die feitein die voorafgaande paragraaf genoem,
bona vacantia aan die Staat toegeval het;
(f) die diamante wat Bonte Koe uit die gemelde konsessies gehaal het vanaf ongeveer die laaste kwartaal van 1974 die 80 000 karaat kerf oorskry het; (g) die Staat die vorderingsreg wat aan hom toegeval het in die omstandighede nie vir homself wil opeis nie;
nou derhalwe
(1)
sedeer ek, die ondergetekende, Egmont Gioberti Kemp in my hoedanigheid as Hoofdirekteur Finansiële Beheer en behoorlik daartoe gemagtig
namens
9.
namens die Staat die genoemde vorderingsreg, behoudens klousule 2, aan Sanlam.
(2)
Sonder om afbreuk te doen aan die algemene strekking van die voorafgaande, sluit die genoemde sessie die volgende in:
(i) die regte teen die Kopers soos genoem in paragraaf (a) van die aanhef op betaling soos uiteengesit in paragraaf (b) van die aanhef sowel as (ii) die eise vir die bedrae waarvoor die genoemde kopers reeds kragtens die Ooreenkoms genoem in paragraaf (b) van die aanhef, aanspreeklik geword het en wat nog nie aan Mankor betaal is nie."
Die appellante erken dat, indien Mankor nogbestaan het, hulle teenoor Mankor onderskeidelik aan=spreeklik sou gewees het in die volgende bedrae:
Eerste Appellant R 9 732,69Tweede Appellant 4 869,85
Derde Appellant 8 574,44
Vierde Appellant 24 902,79
Sanlam
10. Sanlam het, as sessionaris, die nakoming deur
die verweerdes van hul ooreenkoms met Mankor en in besonderbetaling van die agterstallige bedrae geeis. Die geleerdeRegter a quo het in sy uitspraak die bovermelde bedraemet aanvullende regshulp aan Sanlam toegeken. Die appel
is teen hierdie beslissing.
Ek ag dit gerade om hier te meld dat dieTesourie kennis ontvang het van Sanlam se hofgeding teenappellante. 'n Brief onderteken deur die sekretaris van dieTesourie is ten tyde van die verhoor by die Hof a quoingehandig. Die relevante paragrawe lui:
"INSAKE SANLAM NASIONALE LEWENSASSURANSIE=MAATSKAPPY BEPERK v RAINBOW DIAMONDS (EDMS)BEPERK EN ANDERE
Hiermee bevestig ek dat die Staat en in besonder die Departement van Finansies van
die
11.
die Republiek van Suid-Afrika kennis dra van bogenoemde aksie (saak nr 1 4670/80) wat op 1 Junie 1982 in die Hooggeregshof, Kaapstad verhoor word.
Aangesien die Staat nie aanspraak op die betrokke bates wil maak nie, het dit geen belang om as 'n party tot die geding gevoeg te word nie en berus hy by enige beslissing wat die Hof in die saak mag gee."
Soos uiteengesit in par. 1 van die sessie is mnr Kemp die Hoofdirekteur Finansiële Beheer in die Departement van Finansies (die Tesourie). Hy het in die Hof a quo getuig dat die Tesourie gemiddeld met nagenoeg ses aansoeke per jaar te doen het waar die howe gevra word dat 'n ontbindende maatskappy weer teruggeplaas word op die register van maatskappye omdat daar sekere bates van die maatskappy ontdek is; dat die beleid en die
gebruik
12.gebruik is dat die Staat hom nie verryk ten koste vanenige regmatige eiser wat sy eis kan bewys nie; dat Sanlam se aansoek dat die regte wat voorheen aan Mankor behoort het,gesedeer moet word aan Sanlam voor 'n junior amptehaar gekom het; dat die Adjunk-Staatsprokureur gevra is of Sanlam 'n regmatige aanspraak het en of die sessie beantwoord aan die beleid en gebruik van die Staat en of die Staat se regte by wyse van 'n sessie oorgedra kan word; dat die antwoord bevestigend was; dat aangesien hierdie aansoek afwyk van die normale, die saak aan hom, Kemp, voorgelê is; dat aangesien die Tesourie net betrokke was by die beleidsaspek en gesien die Adjunk-Staatsprokureur se bevestigende antwoord hy in sy voormelde hoedanigheid
namens 13. namens die Tesourie die sessie aanvaar en onderteken
het. In antwoord op 'n vraag het hy gesê dat hy,dit wil sê die Tesourie, kragtens art 31(1)(i) van dieSkatkis en Ouditwet 66 van 1975, (die Wet) aldus opgetreehet.
Die betoog wat in hierdie Hof deur mnr Nel namens die appellante gelewer is kan onder twee hoofde tuisgebring word nl.:
A. Die Staat het nie eiendomsreg op die vorderingsregteen die appellante verkry nie en derhalwe het ditnie oordraagbare regte verkry nie.
B. Indien aanvaar word dat die Staat wel eiendomsregop die vorderingsreg verkry het, het dit sonder
14. die nodige gesag die betrokke regte oorgedra.
Aangaande betoog A - Die verkryging van eiendomsreg en oordraagbare regte
Die submissie namens appellante is dat, bydie ontbinding van 'n maatskappy, slegs 'n vorderingsregdie Staat toeval en nie ipso facto eiendomsreg nie;derhalwe is al wat aan die Staat toegeval het 'nvorderingsreg op 'n vorderingsreg.
Die reël dat bona vacantia die Staat toeval kom in die Romeinse Reg voor ten opsigte van intestate vererwing in gevalle waar daar geen intestate erfgename bestaan nie. Kyk Van Oven Leerboek van Romeinsch Privaatrecht 3de druk bl 530; Thomas - Text Book of Roman
Law
15. Law bl 525. Thomas - op cit - bl 178 sê ook die
volgende:
" in the early imperial period there
appeared the rule that treasure, like other ownerless property (bona vacantia), went to the imperial treasury, the fisc."
Kyk ook Ex Parte Spangenberg 24 SC 288 op 289; Est. Baker
and Others v Est. Baker and Others 25 SC 234 op 242.
Volgens die Engelse reg het bates na die "Crown" oorgegaan by ontbreking van enige intestate erfgenaam. Kyk In re Sir Thomas Spencer Wells. Swinburne-Hanham v Howard 1933 Ch D 29. Hierdie saak het voor die "Court of Appeal" gedien. Die relevante passasie is te vinde op bls 43 - 44 (LORD HANWORTH M R ). Op bl 50 sê LAWRENCE LJ die volgende:
"The
16.
"The right of the Crown to succeed to the personal estate vested in a company at the time of its dissolution does not in my opinion differ in substance from the right of the Crown to succeed to the personal estate of a person dying intestate without next of kin. In both cases the title of the Crown arises because the property has no other owner; such property must not, of course, be confused with property the owner of which is unknown."
In die Engelse reg geld die koninklike prerogatief waar maatskappye ontbind is. Kyk art 296 van die Companies Act 1929 en art 354 van die Companies Act 1948. Art 354 lui as volg (die onderstreping is myne):
"Where a company is dissolved, all property and rights whatsoever vested in or held on trust for the company immediately before its
dissolution shall, subject to and
without prejudice to any order which may at any time be made by the court under the last
foregoing
17.
foregoing sections, be deemed to be
bona vacantia and shall accordingly belong
to the Crown and shall vest and
may be dealt with in the same manner as otherbona vacantia accruing to the Crown "
(Die omstandighede waaronder die hof die ontbinding van'n maatskappy nietig kan verklaar word uiteengesit in die
"last foregoing sections.")
Ons Maatskappywet 61 van 1973 bevat nie 'n bepaling soortgelyk aan die Engelse art 354 nie.
Dit is gerieflik om op hierdie stadium iets te sê oor die oorgang in ons reg van bona vacantia by die ontbinding van 'n maatskappy.
In Ex Parte Sprawson (In re Hebron DiamondSyndicate Limited) 1914 TPA 458 op bl 461 het BRISTOWE, Rdie volgende gesê:
18.
"The general rule is that as soon as a corporation ceases to exist, all its movable property goes as bona vacantia to the Crown. It seems to me, therefore, that the Crown is entitled to this fund. The only distinction between this and other movable property is that it is a right of action, as distinguished from actual chattels; but I do not think that makes any difference. Therefore I think the property has passed as bona vacantia to the Crown. That renders it necessary to approach the Crown and ascertain whether they lay any claim to the property."
Sprawson se saak was 'n aansoek om die terugplasing van 'nreeds ontbinde maatskappy se naam op die register vanmaatskappye, en die hervestiging van sy reg tot gelde
in die voogdyfonds. Die hof het beslis dat kennisgewing
van die aansoek aan die Tesourie gegee moes word. By'n later verhoor van die saak is die aansoek toegestaan
nadat 19. nadat die Sekretaris van Finansies verslag gedoen het
dat die Tesourie geen beswaar teen die toestaan van die
bevel het nie.
In Ex Parte The Government 1914 TPA 596 is weer eens beslis dat die bates van 'n ontbinde maatskappy as bona vacantia die Staat toekom. Die hof het daar te doen gehad met 'n plaas wat geregistreer was op die naam van 'n Engelse maatskappy wat sewe jaar vantevore ontbind was. Op bl 597 sê MASON J die volgende:
"Now this right to bona vacantia seems to me substantially a prerogative of the Crown. I think it is quite likely that that prerogative must be determined in accordance with the law of England. If so, there can, so far as I can judge, be no question that the Government is entitled to the order for which it asks. It is true that the land being
situate
20.
situate in the Transvaal, the rights ofindividuals to the land would have to bedetermined by Transvaal law. But thereapparently being no individual, even underTransvaal law, who is entitled to the land,it becomes bona vacantia. Therefore theprerogative of the Crown, even if governedby the law of England, seems to me to apply.Under Roman-Dutch law, so far as I can judge,the same principles with reference tobona vacantia, and the right of the Fisc,or the Crown, also apply. The general casewhich undoubtedly is dealt with is that ofintestacy, where there are no heirs. Inthat case the bona vacantia undoubtedly goto the Crown. There is a definite decisionon this point in the Cape courts - Ex ParteSpangaberg (17 CTR 380). There is also thecase of Becker & Others v Estate of Becker (25 SC 234), which deals with the matter stillmore fully. These certainly are cases ofintestacy. So far as I can judge from theCivil authorities, the doctrine of bonavacantia applies to all 'derelict' property,and some of the instances given
show
21.
show the general application of
the principle, namely, that the Crown is apparently entitled to property to which no one else can establish a title or is likely to be able to establish a title."
(Die bovermelde saak van Becker word verkeerd aangehaal enmoes Baker and Others v Estate Baker gelees het). Hierdiebeslissings is sedertdien konsekwent in ons howe gevolg.
Die prosedure neergelê in Sprawson se saak word steeds gevolg waar daar bates betrokke is by aansoeke om die nietigverklaring van maatskappye se ontbinding (art 191 van die Maarskappywet van 1926 en art 420 van die Maatskappywet van 1973 (nr 61 van 1973) asook by aansoeke om die terugplasing van die name van maatskappye op die register (art 199(7) van die 1926 Wet en art 73(6)
van
22.
van die 1973.Wet). Kyk byvoorbeeld In re Jacobsons Ltd
1927 TPA 857; Ex Parte Liquidation Lime Products (Pty) Ltd,
1942 KPA 402; Ex Parte Minister of Irrigation, 1948(2)SA 779 (K); Ex Parte Pillay & Sons Ltd, 1951(1) SA 229 (T);Norton District Tobacco Warehouse (Pty) Ltd v Skea,1963(1) SA 856 (FSC); Ex Parte Marchini, 1964(1) SA 147 (T)en Ex Parte Minister of Lands, 1964(3) SA 469 (T).
In Ex Parte Minister of Irrigation, sup cit, is die reël bevestig ten opsigte van sekere eiendom en uitkeerwerke wat aan 'n ontbinde besproeiingsraad behoort
het
23
het sowel as sekere saaklike regte van toegang wat
daaraan verbonde was.
Ter ondersteuning van sy bogemelde betoog het appellante verwys na twee beslissings, nl. Ex Parte Montrose Exploration Co Ltd 1918 TPA 179 en Ex Parte Minister of Irrigation,sup cit.
In die Montrose-saak word daar op bl 182 die indruk geskep dat die Staat slegs eienaar van die bona vacantia (in daardie geval grond) kan word as dit 'n hofbevel te dien effekte verkry. In daardie saak is die aanspraak van die Staat beskou as soortgelyk aan die
belang
24.
belang van 'n koper wat die eiendom gekoop het voordatdie eienaar-maatskappy ontbind is. Daardie benadering is myns insiens prinsipieel verkeerd. In die eerste plek word eiendomsreg nie oorgedra deur hofbevele nie; hofbevele kan hoogstens verklaar wie die eienaar is; 'n hof kan 'n bepaalde persoon gelas om eiendomsregte oor te dra. Tweedens indien die Montrose-beslissing korrek is dan was daar sedert die ontbinding van die maatskappy geen eienaar van die betrokke grond nie tot tyd en wyl iemand 'n hofbevel verkry het. Dit is 'n onhoudbare
gevolgtrekking.
In
25. In Ex Parte Minister of Irrigation het die
Staat 'n verklarende bevel verkry dat dit die eienaar van
sekere onroerende eiendom met uitkeerwerke is. Die saak isgeen gesag vir die advokaat se submissie nie.
Gesien die dicta in die bogemelde beslissings en gesien wat hierbo uiteengesit is, is ek van mening dat die Staat, by die ontbinding van Mankor, die eienaar geword het van die vorderingsregte. Dit volg dat betoog A nie kan slaag nie.
Aangaande betoog B - Die vorderingsregte is sonder die nodige gesag oorgedra
Mnr Kemp se magtiging om namens die Tesourie
op
26.
op te tree is nie aangeveg nie. Wat wel aangeveg is, is
die Tesourie se magtiging om namens die Staat op te tree.
Mnr Kemp en die sekretaris van die Tesourie self het te kenne gegee dat die Staat geen aanspraak op die vorderingsreg het nie. Mnr Kemp het gesê dat hy kragtens art 31(1)(i) van die Wet opgetree het.
Artikel 31(1)(a) lui:
"(1) Behoudens die bepalings van hierdie
Wet en enige ander wet. het die Tesourie die bevoegdheid om
(a) leiding te gee in en beheer uit te
oefen oor die finansiële administrasie en voorrade-administrasie in die Staatsdiens ten einde die sistematiese en ordelike bestuur daarvan te bewerkstellig en doeltreffendheid en besuiniging by die aanwending van Staatsgeld en van ander Staatsgoed te bevorder."
Ter 27. Ter aanvulling van hierdie algemene bevoegdheid, word daar
sekere spesiale bevoegdhede verleen in art 31(1). Onder
meer is daar die bevoegdhede om -
"(i) goedkeuring te verleen vir die skikking
van 'n eis deur of teen die Staat of vir
die afstanddoening van 'n eis deur dieStaat;
(r) goedkeuring te verleen vir die vervreemding of verhuring van of die ander beskikking oor roerende Staatsgoed."
Dit bring my by die gronde waarop die Tesourie se magtiging om die sessie aan te gaan deur die partye onderskeidelik ondersteun of aangeveg word.
Namens die appellante is betoog dat die
funksies wat aldus aan die Tesourie verleen word, bloot
toesighoudend 28. toesighoudend van aard is; dat die Tesourie goedkeuring
mag verleen vir die skikking of afstanddoening van 'n eisdeur 'n ander staatsdepartement, maar nie self 'n eis magskik of daarvan afstand doen nie; dat die Tesourie nieself mag beskik oor roerende Staatsgoed nie, hoewel ditgoedkeuring mag verleen dat ander departemente dit doen;dat die Tesourie se funksie ingevolge art 31(1) bloot diévan 'n waghond is oor die dade van ander departemente; datdie bewoording van arts 31(1)(i) en (r) nie dieafstanddoening of oordrag van regte deur die Tesouriemagtig nie.
Daar is verder betoog dat die magte ingevolge art 31(1) uitgeoefen moet word "behoudens die bepalings
van 29.van enige Met"; dat ingevolge art 98 van die
Grondwet 32 van 1961 alle "inkomste" na staatsinkomste=
fonds moet gaan en alle uitbetalings ooreenkomstig 'nWet moet geskied; dat vervreemding van roerende bates vandie Staat ingevolge art 4 van die Wet op dieStaatstenderraad nr 86 van 1968 moet geskied.
'n Verdere betoog namens appellante is dat ingevolge art 31(1) die Tesourie 'n diskresie moet uitoefen en dat 'n diskresie nie ingevolge 'n voorafbepaalde beleid aan bande gelê mag word nie.
Namens Sanlam is betoog dat die verskillende
wetsbepalinge benader moet word met die vooropstelling datdie gemeenregtelike prerogatiewe reg om oor bona vacantia
te 30. te beskik, bly voortbestaan behalwe insoverre dit duidelik
deur wetgewing ingekort mag wees en nie met dievooropstelling dat sodanige beskikkingsreg deur wetgewinggeskep moet word nie (sien Union Government v Tonkin
1918 AA 533 op 541); dat indien statutêre magtiging virdie sessie gevind moet word, dit te vinde is in art 31(1);dat Kemp se eie opinie waaronder hy opgetree het, irrelevant
is; dat die enigste vraag net is of die Tesourie diebevoegdheid gehad het om afstand te doen van dievorderingsregte en dit te bewerkstellig deur die sessie.
Die geleerde Regter a quo het bevind dat betoog B nie kan slaag nie en die volgende gesê:
"In soverre art 31 dus van die Tesourie 'n waghond maak, moet hy soms noodwendig ook
oor
31.
oor homself waghond speel."
"Die sessie val binne die kategorie van transaksies wat die Tesourie bevoegd is om goed te keur ingevolge art 31(1) van die Skatkis- en Ouditwet. Soos reeds gemeld, is geen wetsbepaling aan my uitgewys waarkragtens 'n ander Staatsinstansie die primêre bevoegdheid het om 'n sessie van hierdie aard aan te gaan nie, en ek kon geen vind nie. Gesien die Tesourie se tradisionele betrok= kenheid met bona vacantia van hierdie aard, sou dit my verbaas as so 'n wetsbepaling bestaan. Na my mening moet die Tesourie se bevoegdheid om transaksies goed te keur ook die bevoegdheid insluit om sodanige transaksies aan te gaan waar dit nie binne 'n ander instansie se bevoegdheid val nie."
Soos later sal blyk is ek ook van mening dat betoog B nie kan slaag nie, maar op ander gronde. Op hierdie stadium wil ek net meld dat niks in hierdie
uitspraak
32.
uitspraak beskou moet word as 'n aanduiding dat ek dit
eens is met, of verskil van die bovermelde dicta van die geleerde Regter a quo nie.
Dit blyk uit mnr Kemp se getuienis dat toe hy Sanlam se versoek oorweeg het en daarna die sessie onderteken het dat hy ingevolge die Tesourie se beleid en kragtens art 31(1)(i) opgetree het. In Sanlam se verdere besonderhede van eis is dit ook gestel dat die Tesourie ingevolge art 31(1)(i) opgetree het. Al wat nodig is om te sê,is dat die korrekte verwysing na 'n betrokke magtigende bepaling nie 'n vereiste vir die geldigheid van 'n magsuitoefening is nie. Die feit dat Kemp se mening verkeerd is,kan die bestaan of omvang van die
bevoegdhede
33. bevoegdhede nie raak nie. Kyk STEYN, Die Uitleg van Wette
vyfde uitgawe bl 206 nota 5 en die gewysdes daar aangehaal.
Die submissie dat die Tesourie nie 'n behoorlike diskresie
uitgeoefen het nie, kan nie slaag nie. Dit is vanself=
sprekend dat die beleid self die gevolg is van 'nvorige uitoefening van 'n diskresie. In alle geval,Kemp het die saak deeglik oorweeg en sy besluit geneemnadat regsadvies ingewin is.
Ek het al die bovermelde betoë oorweeg maar om die redes wat volg vind ek dit onnodig om hulle te bespreek.
Die lang lys van sake wat vroeër gesiteer is bewys dat die beginsel dat ontbinde maatskappye se
eiendom
34. eiendom die Staat toeval sonder teenspraak sedert
Ex Parte Sprawson, sup cit, aanvaar is. Hierdie prerogatief
is nie deur enige wetgewing afgeskaf nie. Sedert die
Sprawson-saak is dit gevestigde bestaande praktyk dat in
alle aansoeke, ingevolge art 191 van die Maatskappywet 36
van 1926 en art 420 van die nuwe Maatskappywet 61 van 1973,
om die tersydestelling van die ontbinding van 'nmaatskappy, kennis van die aansoek aan die Departementvan Finansies gegee word waar die betrokke bates van dieontbinde maatskappy bestaan uit 'n vorderingsreg of geld.Kyk Henochsberg on the Companies Act, 3de uitgawe, bl 734en die gewysdes daar aangehaal; kyk ook Joubert, Lawsa,Vol 4 par 501 nota 18 en die gewysdes daar aangehaal.
Die
35. Die beleid dat die Staat hom nie verryk ten koste van
iemand wat belang het in die herregistrasie van die maatskappy
nie, is bestaande praktyk. Uit die gewysdes blyk
dit dat dit nog steeds die gebruik is dat die Tesourie
(die fiscus) die reg uitoefen om te besluit of die Staat
aanspraak sal maak op die geld of vorderingsreg by dieontbinding van 'n maatskappy.
Die Sprawson-saak is die fondament waarop die latere sake berus. Die praktyk en prosedure bestaan reeds vir sewentig jaar. Dit is in die algemeen aanvaar en toegepas. Mens moet aanvaar dat alle Staatsdepartemente en die wetgewende gesag te alle tye daarvan bewus was. Geen stappe is oor die tydperk van sewentig jaar gedoen
om
36.
om dit te verander nie. Hierdie Hof sou derhalwe
duidelike bewys van 'n foutiewe benadering vereis vóór dit dié praktyk en prosedure omverwerp.
Indien Mankor steeds bestaan het sou hy die eienaar gewees het van die vorderingsregte. Hierdie regte sou vanself aan Sanlam oorgegaan het. By Mankor se ontbinding het die regte die Staat toegeval as bona vacantia. Die Tesourie is die departement wat namens die Staat die bevoegdheid gehad het om te besluit dat die Staat nie aanspraak op die regte sal maak nie. Normaalweg sou 'n hof die ontbinding van Mankor tersyde gestel het en vanweë sy beleid sou die Tesourie nie aanspraak gemaak het nie op die regte wat aan Mankor sou
teruggeval
37. teruggeval het en dus oorgegaan het op Sanlam. . Die
beleid en gebruik is dat die Staat hom nie verryk ten
koste van enige regmatige aanspraakmaker nie. Sanlamwas die enigste regmatige aanspraakmaker. Die sessiewas. die praktiese manier om die regte aan Sanlam oorte dra. Deur die ondertekening van die sessie het dieTesourie die regte aan die regmatige aanspraakmakeroorgedra. Hierdie handeling verskil nie in beginselof in praktiese gevolg van wat sy roetine-optrede sougewees het indien 'n aansoek om herregistrasie van Mankor
ingevolge die Maatskappywet plaasgevind het nie. Ek
is dus van mening dat die Tesourie die bevoegdheid gehadhet om die sessie aan te gaan. Dit volg dat betoog
B nie kan slaag nie.
Om
38.
Om op te som, die Staat het by die
ontbinding van Mankor eienaar geword van die vorderings-regte. Die Tesourie het die bevoegdheid gehad om namens die Staat van sy regte afstand te doen ten gunste van die regmatige aanspraakmaker, Sanlam. Om dit te bewerkstellig is die sessie aangegaan.
Die appèl kan dus nie slaag nie en word afgewys met koste,insluitendedie koste van twee advokate.
0. GALGUT, Wnd AR
RABIE, HR ) JANSEN, AR ) CORBETT, AR ) Stem saam
JOUBERT, AR )
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.