Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

Roux en Andere v Van Rensburg NO (649/94) [1996] ZASCA 54; 1996 (4) SA 271 (SCA); [1996] 3 All SA 499 (A); (28 May 1996)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The Supreme Court of Appeal held that under common law, the curator of an insolvent estate is entitled to demand possession of immovable property subject to a retention right, even before the creditor's claim is proven. The retention right does not entitle the holder to indefinitely delay the administration and realization of the estate. Section 47 of the Insolvency Act protects the retentor's rights if possession is surrendered and proper notice is given. The court found no reason to distinguish between movable and immovable assets in this context. The appellants' refusal to surrender possession hindered the sale and prejudiced other creditors. The order for eviction and costs was consistent with both common law and the Insolvency Act. The appeal was dismissed with costs, including the costs of two counsel.

Court disposition

Appeal dismissed with costs, including costs of two counsel.

Orders

  • The appeal is dismissed with costs, including the costs of two advocates.
  • The appellants are ordered to surrender possession of the property to the curator.
  • The appellants are prohibited from obstructing access to the property by prospective purchasers.

02

Material facts

Parties

Lambert Hendrik Roux

Appellant

P S Roux (Jnr)

Appellant

P S Roux (Snr)

Appellant

James Henry Van Rensburg NO

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Appeal From the Transvaal Provincial Division

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellants argued that as lawful possessors of the property, they held established retention rights for necessary and useful improvements made prior to the sequestration of the trust. They contended that these rights entitled them to retain possession until their claims were satisfied, and that the curator's demand for possession was premature and contrary to their security interests. They further argued that the eviction order conflicted with the provisions of the Insolvency Act, specifically section 80 bis (2), which protects holders of preferent rights.
Respondent
The respondent, as curator, argued that under common law and the Insolvency Act, he was obliged to take possession of all assets of the insolvent estate, including immovable property subject to retention rights. He maintained that the appellants' refusal to surrender possession hindered the sale of the property and prejudiced other creditors. The respondent asserted that section 47 of the Insolvency Act protected the appellants' rights even if possession was surrendered, provided proper notice was given and claims were proven. He denied that section 80 bis (2) was applicable to the dispute over possession.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    National Bank of South Africa Ltd v Cohen's Trustee 1911 AD 235

    A curator of an insolvent estate is entitled under common law to demand possession of both movable and immovable assets, even if subject to a retention right, to realize and administer the estate.

  2. 02

    United Building Society v Smookler's Trustees and Golombick's Trustee 1906 TS 623; Brooklyn House Furnishers (Pty) Ltd v Knoetze and Sons 1970 (3) SA 264 (A)

    Retention rights are real rights founded on the principle that no one may be unjustly enriched at another's expense, and may be maintained against the world as long as the retentor remains in possession and the claim is unsatisfied.

  3. 03

    Insolvency Act 24 of 1936, section 47

    Section 47 of the Insolvency Act protects a retentor's rights even after surrendering possession, provided written notice is given and the claim is proven in the ordinary course.

  4. 04

    Kahan NO v Hydro Holding (Pty) Ltd 1980 (3) SA 511 (T)

    There is no distinction in principle between movable and immovable assets regarding the curator's duty to take possession under common law.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The Supreme Court of Appeal held that under common law, the curator of an insolvent estate is entitled to demand possession of immovable property subject to a retention right, even before the creditor's claim is proven. The retention right does not entitle the holder to indefinitely delay the administration and realization of the estate. Section 47 of the Insolvency Act protects the retentor's rights if possession is surrendered and proper notice is given. The court found no reason to distinguish between movable and immovable assets in this context. The appellants' refusal to surrender possession hindered the sale and prejudiced other creditors. The order for eviction and costs was consistent with both common law and the Insolvency Act. The appeal was dismissed with costs, including the costs of two counsel.

Obiter and limits

  • It is not in the interests of legal certainty or creditors if a retentor with a real right over immovable property can indefinitely delay the winding up of the estate.
  • Section 80 bis of the Insolvency Act does not apply to disputes over possession, but rather to the sale of assets subject to preferent rights.

Court disposition

Appeal dismissed with costs, including costs of two counsel.

  • The appeal is dismissed with costs, including the costs of two advocates.
  • The appellants are ordered to surrender possession of the property to the curator.
  • The appellants are prohibited from obstructing access to the property by prospective purchasers.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1996] ZASCA 54

Download original filesPDF formatRTF format

Download original files

PDF formatRTF format

PDF format

RTF format

Saak nr 649/94

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPLAFDELING)

LAFDELING)

In die saak tussen:

LAMBERT HENDRIK ROUX

EERSTE APPELLANT

P S ROUX (JNR)

TWEEDE APPELLANT

P S ROUX (SNR)

DERDE APPELLANT

- en -

JAMES HENRY VAN RENSBURG NO

RESPONDENT

CORAM: E M GROSSKOPF, SMALBERGER, VIVIER,

HOWIE ARR et ZULMAN WND AR.

VERHOOR: 10 MEI 1996.

GELEWER: 28 MEI 1996.

UITSPRAAK

VIVIER AR/

2

VIVIER AR:

Die vraag vir beslissing in hierdie saak is of 'n regmatige

okkupeerder van 'n onroerende eiendom 'n gevestigde retensiereg vir verbeterings wat hy voorheen op die eiendom aangebring het, na die sekwestrasie van die boedel van die eienaar van die eiendom kan handhaaf teenoor die kurator van die insolvente boedel.

Die respondent is die kurator van die insolvente boedel van die Cronje-Roux Familietrust ("die trust"). Ten tyde van sy sekwestrasie was die trust die geregistreerde eienaar van die plaas Grootfontein 384 ("die eiendom") in die distrik Ellisras. Voordat enige vergadering van skuldeisers in die insolvente boedel van die tmst nog gehou is, het die respondent, as voorlopige kurator, behoorlik daartoe gemagtig deur die Meester, die eiendom op 'n publieke veiling gehou op 16 Augustus 1994 te koop aangebied. Die dag voor die veiling het die eerste en tweede appellante hom skriftelik in kennis gestel dat hulle op retensieregte

3

aanspraak maak vir verbeterings wat hulle op die eiendom aangebring het voor die sekwestrasie van die trust. Hulle houding, ook tydens die veiling, was dat hulle nie bereid was om besit van die eiendom prys te gee totdat hulle "regte bevredigend gevestig was nie". Die respondent was nie tevrede met die hoogste bod wat op die veiling vir die eiendom aangebied is nie en het die appellante vir hierdie toedrag van sake verantwoordelik gehou. Die bod was onderhewig aan bekragtiging voor 30 Augustus 1994. Op 24 Augusrus 1994 het die respondent deur sy prokureur 'n faks aan die appellante gestuur waarin verwys is na hulle vorderingsregte vir verbeterings, wat teen hierdie tyd nog nie ingedien was nie, en die appellante ingevolge art 47 van die Insolvensiewe24 van 1936 ("die Wet") versoek is om besit en beheer van die eiendom aan hom te oorhandig. Die appellante het nie op die versoek reageer nie met die gevolg dat die respondent die volgende dag 'n dringende

24 van 1936 ("die Wet") versoek is om besit en beheer van die eiendom aan hom te oorhandig. Die appellante het nie op die versoek reageer nie met die gevolg dat die respondent die volgende dag 'n dringende

4

aansoek teen die appellante in die Transvaalse Provinsiale Afdeling geloods het vir 'n bevel wat die appellante verbied om toegang tot die eiendom aan voornemende kopers te weier of om die verkoping van die eiendom te belemmer, asook vir 'n uitsettingsbevel en gedingkoste. Die aansoek is deur die appellante bestry maar is deur Southwood R toegestaan. Na 'n petisie aan die Hoofregter is aan die appellante verlof verleen om na hierdie Hof teen die uitspraak en bevele van Southwood R te appelleer. Die boedel van die derde appellant is intussen gesekwestreer en sy kurator het nie met die appl voortgegaan nie. Die verdere verwysing na die appellante is gevolglik 'n verwysing na eerste en tweede appellante. In sowel die Hof a quo as in hierdie Hof was dit gemene saak dat die appellante ten tyde van die sekwestrasie van die trust regmatige besitters van die eiendom was en dat hulle gevestigde retensieregte gehad het ten opsigte van noodsaaklike en nuttige

l voortgegaan nie. Die verdere verwysing na die appellante is gevolglik 'n verwysing na eerste en tweede appellante. In sowel die Hof a quo as in hierdie Hof was dit gemene saak dat die appellante ten tyde van die sekwestrasie van die trust regmatige besitters van die eiendom was en dat hulle gevestigde retensieregte gehad het ten opsigte van noodsaaklike en nuttige

5

verbeterings wat hulle op die eiendom aangebring het. Sodanige retensieregte is saaklike regte wat nie uit ooreenkoms ontstaan nie, maar gefundeer is op die beginsel in Dig. 50.17.206 dat niemand ten koste van 'n ander verryk mag word nie. As sodanig kan dit teen die hele wreld gehandhaaf word solank die retentor in besit van die saak bly en sy vordering nie vereffen is nie. Dit verminder pro tanto gedurende die bestaan daarvan, die eienaar se dominium sodat hy nie meer dan sy aldus verminderde dominium kan verkoop nie. Sien United Building Society v Smookler's Trustees and Golombick's Trustee1906 TS 623op 627; Kommissaris van Binnelandse Inkomste v Anglo American (OFS) Housing Company Ltd1960 (3) SA 642(A) op 649 E - 650 A en 657 C-G; Brooklyn House Furnishers (Pty) Ltd v Knoetze and Sons 1970 (3) SA 264 (A) op 271 B-D. Hierdie beginsels was nie in geskil voor ons nie maar slegs die vraag of die appellante

reld gehandhaaf word solank die retentor in besit van die saak bly en sy vordering nie vereffen is nie. Dit verminder pro tanto gedurende die bestaan daarvan, die eienaar se dominium sodat hy nie meer dan sy aldus verminderde dominium kan verkoop nie. Sien United Building Society v Smookler's Trustees and Golombick's Trustee1906 TS 623op 627; Kommissaris van Binnelandse Inkomste v Anglo American (OFS) Housing Company Ltd1960 (3) SA 642(A) op 649 E - 650 A en 657 C-G; Brooklyn House Furnishers (Pty) Ltd v Knoetze and Sons 1970 (3) SA 264 (A) op 271 B-D. Hierdie beginsels was nie in geskil voor ons nie maar slegs die vraag of die appellante

1906 TS 623

1960 (3) SA 642

6

hulle retensiereg kon handhaaf teenoor die respondent na die sekwestrasie van die trust.

Ingevolge die gemene reg het daar 'n algemene plig op die kurator van 'n insolvente boedel gerus om alle bates van die insolvente boedel in sy besit of onder sy beheer te neem en te gelde te maak. (Voet 42.7.7; Van der Linden Gewijsden 23; Cohens Trustee v National Bank of South Africa Ltd1910 TS 1305op 1309.) Daar rus 'n soortgelyke plig ten opsigte van roerende goed op die kurator ingevolge art 69 (1) van die Wet en op die voorlopige kurator ingevolge art 69 (1), gelees met art 18 (3). Die Wet bevat geen ooreenstemmende verpligting ten opsigte van onroerende eiendom nie, na my mening omdat die Wetgewer besit nie as noodsaaklik geag het vir die verkoop daarvan nie.

1910 TS 1305

Die lewering aan die kurator van bates wat as sekerheid dien vir skuldeisers se vordering word gerel deur die gemene reg en,

l deur die gemene reg en,

7

afgesien van die strafbepalings van art 142 van die Wet, deur art

83 en, in die geval van 'n sekuriteit in die vorm van 'n retensiereg

of 'n verhuurder se stilswyende hipoteek, ook art 47. Wat die

gemene reg betref, het Innes R in die saak van National Bank of

South Africa Ltd v Cohen's Trustee1911 AD 235op 250 die

1911 AD 235

volgende ges:

:

"By the law of Holland, the curator of an insolvent was charged with the duty of realising the pledged assets of the estate; and, for that purpose, was entitled to demand their delivery from a pledgee in possession."

In Kahan NO v Hydro Holding (Pty) Ltd1980 (3) SA 511(T) is beslis dat die kurator ingevolge die gemene reg ook besit van onroerende bates kan eis van die retentor wat nog nie sy eis bewys het nie. Die kurator in daardie saak het besit van die eiendom wat in die insolvent se naam geregistreer was, geis van die respondent wat in besit daarvan was en op 'n retensiereg ten opsigte van nuttige

1980 (3) SA 511

is van die respondent wat in besit daarvan was en op 'n retensiereg ten opsigte van nuttige

8

verbeterings aanspraak gemaak het. King R het bevind dat nie een van arts 47, 83 of 142 van die Wet van toepassing was nie maar dat die bevel op grond van die gemene reg toegestaan moes word. Die geleerde regter het bevind, met 'n beroep op Trustees of Smookler v Golombick1905 TH 221, dat die rel van die gemene reg dat die kurator van 'n insolvente boedel besit moet neem van beswaarde bates van die insolvente boedel en dit te gelde maak, ten opsigte van beide roerende en onroerende bates geld. Hy wys daarop (op 515 A-B) dat, indien dit nie so was nie, dit sou beteken dat 'n kurator nie sy plig sou kon nakom om bates te gelde te maak en die boedel af te handel nie, en dat 'n skuldeiser met 'n saaklike reg oor 'n onroerende eiendom die afhandeling van die boedel na goeddunke kan vertraag.

1905 TH 221

l van die gemene reg dat die kurator van 'n insolvente boedel besit moet neem van beswaarde bates van die insolvente boedel en dit te gelde maak, ten opsigte van beide roerende en onroerende bates geld. Hy wys daarop (op 515 A-B) dat, indien dit nie so was nie, dit sou beteken dat 'n kurator nie sy plig sou kon nakom om bates te gelde te maak en die boedel af te handel nie, en dat 'n skuldeiser met 'n saaklike reg oor 'n onroerende eiendom die afhandeling van die boedel na goeddunke kan vertraag.

In Trustees of Smookler v Golombick, supra, waarop King R in die Kahan-saak gesteun het, het die kurator van 'n insolvente

9

boedel ook besit van 'n onroerende eiendom geis van die respondent wat op 'n retensiereg aanspraak gemaak het ten opsigte van sekere geboue wat hy op die eiendom opgerig het. Bristowe R het sonder opgaaf van redes die respondent gelas om besit aan die kurator af te staan. In beide laasgemelde sake is die respondent 14 dae geleentheid gegee om 'n waarde op die sekuriteit te plaas voordat die hofbevel in werking gestel is.

is van die respondent wat op 'n retensiereg aanspraak gemaak het ten opsigte van sekere geboue wat hy op die eiendom opgerig het. Bristowe R het sonder opgaaf van redes die respondent gelas om besit aan die kurator af te staan. In beide laasgemelde sake is die respondent 14 dae geleentheid gegee om 'n waarde op die sekuriteit te plaas voordat die hofbevel in werking gestel is.

Met die uitsondering van 'n obiter dictum in die saak van Soane v Lyle NO1980 (3) SA 183(D & KPA) op 187 D, is geen gesag deur die appellante se advokaat aan ons voorgelwat twyfel werp op die korrektheid van die beslissings in die Kahan-saak saak en Trustees of Smookler v Golombick, beide supra, nie. Die advokaat vir die appellante het trouens toegegee dat ingevolge die gemene reg die kurator van 'n insolvent geregtig was om besit van 'n onroerende eiendom te eis van 'n retentor wat op 'n

1980 (3) SA 183

wat twyfel werp op die korrektheid van die beslissings in die Kahan-saak saak en Trustees of Smookler v Golombick, beide supra, nie. Die advokaat vir die appellante het trouens toegegee dat ingevolge die gemene reg die kurator van 'n insolvent geregtig was om besit van 'n onroerende eiendom te eis van 'n retentor wat op 'n

10

retensiereg vir verbeterings aanspraak gemaak het.

In Soane v Lyle NO, supra, het die eiser 'n onroerende eiendom gekoop van 'n maatskappy, die volle koopsom betaal en besit geneem sonder om registrasie van oordrag in sy naam te verkry. Die maatskappy is gelikwideer en die likwidateur het die saak verkoop aan die verweerder wat 'n verband daarop gehou het. Die verweerder het die eiser se retensiereg ten opsigte van verbeterings wat hy voor likwidasie aangebring het, erken maar aangevoer dat die retensiereg deur die likwidasie beindig is en nie teen hom as regsopvolger opgewerp kon word nie. Dit was gemene saak dat die eiser nie 'n eis teen die insolvente boedel vir die verbetering deur hom aangebring, ingedien het nie en dat die likwidateur nooit die eiser sy besit van die saak ontneem het of besit van hom geis het nie. Hefer R het die saak ten gunste van die eiser beslis en sy ratio decidendi blyk uit die volgende

indig is en nie teen hom as regsopvolger opgewerp kon word nie. Dit was gemene saak dat die eiser nie 'n eis teen die insolvente boedel vir die verbetering deur hom aangebring, ingedien het nie en dat die likwidateur nooit die eiser sy besit van die saak ontneem het of besit van hom geis het nie. Hefer R het die saak ten gunste van die eiser beslis en sy ratio decidendi blyk uit die volgende

is het nie. Hefer R het die saak ten gunste van die eiser beslis en sy ratio decidendi blyk uit die volgende

11

passasie in die uitspraak (op 187 H - 188 A):

"I emphasize the fact that the liquidator never made any effort to obtain possession or to deprive the plaintiff of his possession, because I regard it as crucial. It appears from the statement of agreed facts that the plaintiff did not prove a claim against the company and, although it does not appear from the statement, both counsel accepted in argument that the liquidator did not take possession of the property, nor did he ever demand from the plaintiff that he surrender it. (The plaintiff was first threatened with eviction by the defendant long after the latter had purchased the property from the liquidator.) The liquidator in the performance of his duties did no more than sell the property; at no stage did he exercise or purport to exercise any right which he may have had to reduce it into his possession. That being the case, I am firmly of the view that the plaintiff retained his right to retention all along."

Hefcr R het dit gevolglik nie nodig gevind vir die beslissing van die Soane-saak om te bepaal of die kurator van 'n insolvente boedel se reg om besit van beswaarde roerende bates te eis ook in die geval van onroerende bates bestaan nie. Die twyfel

12

wat die geleerde regter hieroor uitspreek (op 187 D-E) is dus duidelik obiter.In 'n artikel in1981 THRHR 195oor die Soane-saak wys G J Pienaar op 197-198 daarop dat die likwidasieproses ten doel het om regsekerheid te bewerkstellig en die boedel finaal te beredder tot voordeel van regsopvolgers, en dat dit nie tot bevordering van regsekerheid of tot voordeel van eiendoms= verkrygers uit die insolvente boedel is indien 'n retensiereg steeds na afhandeling van die likwidasieproses van die boedel teen die eiendom gevestig bly nie.

1981 THRHR 195

Na my mening is daar, wat die plig van die kurator betref om besit van die bates van die insolvente boedel te verkry, in beginsel geen rede om tussen beswaarde roerende en onroerende bates te onderskei nie. Daar kan in die praktyk goeie redes bestaan vir die kurator om wel besit van 'n beswaarde onroerende eiendom te verkry voordat hy dit verkoop, soos die feite van die

13

huidige saak goed illustreer. Die appellante se besit het die verkoop van die eiendom en daardeur ander skuldeisers benadeel. Dit is verder nie in belang van regsekerheid, regsopvolgers of skuldeisers indien 'n retentor met 'n saaklike reg oor vaste eiendom die afhandeling van die boedel onbepaald kan vertraag nie. Ek is gevolglik van mening dat die Kahan-saak en Trustees of Smookler v Golombick, beide supra, korrek beslis is en dat die kurator van 'n insolvente boedel ingevolge die gemene reg op besitname van onroerende eiendom wat die onderwerp van 'n retensiereg vir verbetering is, geregtig is.

Die bepalings van die Wet doen nie aan hierdie reg afbreuk nie. Art 47 bepaal dat indien 'n skuldeiser roerende of onroerende goed van die insolvente boedel waarop hy 'n retensiereg het, op versoek van die kurator aan hom oorhandig, hy nie die sekuriteit wat die rentensiereg aan hom verleen, verloor indien hy die kurator

14

skriftelik van sy regte kennis gee en in die gewone loop sy vordering teen die boedel bewys nie. Hierdie artikel is daarop gemik om 'n retentor se regte te beskerm selfs wanneer hy besit prysgee. Na my mening beteken die gebruik van die woord "versoek" nie dat die artikel slegs van toepassing is ingeval van 'n vrywillige oorhandiging van besit nie. Die artikel veronderstel dat die gemeenregtelike verpligting van die retentor om besit van die goed aan die kurator af te gee, geld en die retentor word beskerm indien hy op enige versoek reageer en die nodige kennis van sy regte gee. Die aansoek van die respondent na die Hof a quo was so 'n versoek. Soos ek reeds geshet, was die appellante se reaksie dat hulle nie bereid was om besit van die eiendom te oorhandig nie.

het, was die appellante se reaksie dat hulle nie bereid was om besit van die eiendom te oorhandig nie.

Die feit dat art 83 nie, soos dit doen in die geval van roerende goed, aan die kurator 'n uitdruklike reg op besit van

15

beswaarde onroerende goed gee nie, is geen aanduiding dat so 'n reg nie deur die Wet erken word nie omdat, soos ek reeds voorheen genoem het, besit deur die kurator nie noodsaaklik is vir die verkoop van 'n onroerende saak nie. Artikel 83 (11) wat wel met onroerende goed handel, bepaal dat as 'n skuldeiser by die bewys van sy vordering sy sekuriteit gewaardeer het, die kurator dit binne 'n sekere tyd kan oorneem teen die bedrag waarop die skuldeiser dit gewaardeer het. Hierdie sub-artikel het gevolglik nie te doen met die besit van die goed van die insolvente boedel nie en is nie hier van toepassing nie. Soos ek reeds daarop gewys het, het die appellante ook nog geen eise bewys nie.

Daar is namens die appellante betoog dat die uitsettingsbevel wat deur die Hof a quo verleen is, strydig is met die bepalings van art 80 bis (2). Art 80 bis maak voorsiening vir die verkoop van roerende of onroerende goed deur die kurator voor die tweede

16

vergadering van skuldeisers kragtens magtiging deur die Meester. Ingevolge sub-art (2) verleen die Meester nie sy magtiging indien hy kennis dra dat die goed ondenvorpe is aan 'n preferente reg nie, tensy die houer van die preferente reg skriftelik toestem of die kurator gewaarborg het dat so 'n persoon nie deur die verkoop verlies sal ly nie. Na my mening is art 80 bis glad nie van toepassing in die huidige saak nie. Wesenlik gaan die geskil oor die appellante se besit en nie oor die verkoop van die eiendom nie. In elk geval is die aanspraak op 'n retensiereg eers op 15 Augustus 1994 gemaak en was die Meester klaarblyklik nie bewus daarvan toe hy lank vantevore die respondent ingevolge art 18 (3) gemagtig het om die eiendom te verkoop nie.

Ek is gevolglik van mening dat die respondent geregtig was om besit van die eiendom van die appellante te eis. Dit is verder duidelik, en is ook toegegee deur die appellante se advokaat, dat

17

voornemende kopers beide voor en na die veiling toegang tot die eiendom belet is sodat die respondent ook op die regshulp wat in hierdie verband aangevra is, geregtig was.

Wat die koste van die appl betref, is ek weens die aard van die geskil en die belang van die saak vir beide partye tevrede dat die koste van twee advokate wel regverdig is ten spyte van die betoog tot die teendeel namens die appellante.

l betref, is ek weens die aard van die geskil en die belang van die saak vir beide partye tevrede dat die koste van twee advokate wel regverdig is ten spyte van die betoog tot die teendeel namens die appellante.

Die appl word van die hand gewys met koste, wat die koste van twee advokate insluit.

l word van die hand gewys met koste, wat die koste van twee advokate insluit.

W. VIVIER AR.

E M GROSSKOPF AR) SMALBERGER AR)

HOWIE AR)

ZULMAN Wnd AR) Stem saam.

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

National Bank of South Africa Ltd v Cohen's Trustee 1911 AD 235

Case cited

United Building Society v Smookler's Trustees and Golombick's Trustee 1906 TS 623

Case cited

Kommissaris van Binnelandse Inkomste v Anglo American (OFS) Housing Company Ltd 1960 (3) SA 642 (A)

Case cited

Brooklyn House Furnishers (Pty) Ltd v Knoetze and Sons 1970 (3) SA 264 (A)

Case cited

Kahan NO v Hydro Holding (Pty) Ltd 1980 (3) SA 511 (T)

Case cited

Trustees of Smookler v Golombick 1905 TH 221

Case cited

Soane v Lyle NO 1980 (3) SA 183 (D & KPA)

Case cited

Insolvency Act 24 of 1936

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.