Ruprecht v S (A186/2009) [2010] ZAFSHC 59 (24 June 2010)
- Citation
- [2010] ZAFSHC 59
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- Van der Merwe, R, Murray, AJ
- Case number
- A186/2009
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- Van der Merwe, R, Murray, AJ
- Case number
- A186/2009
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The appeal succeeded because the trial court failed to adequately consider the appellant's emotional state, advanced age, poor health, and lack of prior convictions as substantial and compelling circumstances. The appellate court found that the murder was committed under severe emotional distress, and that the appellant was not a danger to society nor likely to reoffend. The court held that, in light of these factors, a sentence of five years' imprisonment under section 276(1)(i) of the Criminal Procedure Act was appropriate, allowing for the possibility of correctional supervision after serving one sixth of the sentence.
Court disposition
Appeal against sentence upheld; sentence substituted.
Orders
- The sentence imposed by the trial court is set aside and replaced with a sentence of five years' imprisonment in terms of section 276(1)(i) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977.
02
Material facts
Parties
Irene Pienkie Ruprecht
Appellant Counsel: Adv. B. Roux SCThe State
Respondent Counsel: Adv. F. J. PienaarAmounts and remedies
- Imprisonment Term: 5
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the trial court misdirected itself in sentencing the appellant for murder.
- 02
Whether the emotional state of the appellant constituted substantial and compelling circumstances justifying a lesser sentence than life imprisonment.
- 03
Whether the sentence imposed was appropriate given the appellant's age, health, and prospects of reoffending.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the trial court failed to properly consider her emotional state at the time of the offence, her advanced age, poor health, and the absence of prior convictions. She contended that these factors constituted substantial and compelling circumstances justifying a sentence less than life imprisonment. The appellant also submitted that she was not a danger to society and that corrective supervision would be appropriate.
- Respondent
- The respondent maintained that the offence was serious and involved premeditation, as found by the trial court. The respondent argued that the minimum sentence of life imprisonment should be imposed unless substantial and compelling circumstances were present. The respondent contended that the trial court had already shown leniency and that the sentence should not be further reduced.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Opperman v The State 643/09 [2010] ZASCA 83 (31 May 2010)
Sentencing must be individualized and take into account the quality of the human material and reasons for its frailty. Mercy can find a place in almost all cases.
- 02
Criminal Procedure Act 51 of 1977
Section 276(1)(i) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 allows for imprisonment under correctional supervision, enabling release after serving at least one sixth of the sentence.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The appeal succeeded because the trial court failed to adequately consider the appellant's emotional state, advanced age, poor health, and lack of prior convictions as substantial and compelling circumstances. The appellate court found that the murder was committed under severe emotional distress, and that the appellant was not a danger to society nor likely to reoffend. The court held that, in light of these factors, a sentence of five years' imprisonment under section 276(1)(i) of the Criminal Procedure Act was appropriate, allowing for the possibility of correctional supervision after serving one sixth of the sentence.
Obiter and limits
- The court emphasized that sentencing should not be divorced from the quality of the human material and the reasons for its frailty.
- The appellant's lack of insight and responsibility for her actions was noted, but did not outweigh the mitigating circumstances present.
Court disposition
Appeal against sentence upheld; sentence substituted.
- The sentence imposed by the trial court is set aside and replaced with a sentence of five years' imprisonment in terms of section 276(1)(i) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977.
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Judgment
VRYSTAAT HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr. : A186/2009
In die appèl van:
IRENE
PIENKIE RUPRECHT Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: VAN DER MERWE, R et MURRAY, AJ
______________
UITSPRAAK: VAN DER MERWE, R
AANGEHOOR OP: 14 JUNIE 2010
GELEWER OP: 24 JUNIE 2010
[1] Hierdie is ‘n appèl teen vonnis. Dit onderstreep weer eens die kompleksiteit van die menslike natuur en psige.
[2] Die appellant is op 20 Junie 2008 in streekhof te Parys skuldig bevind aan moord van Mnr Wolf Eckhart Ruprecht (“die oorledene”).
Die verhoorhof het bevind dat die moord met voorbedagte rade gepleeg is en dat ingevolge die bepalings van die Strafreg Wysigingswet, no 105 van 1997 gevolglik ‘n vonnis van lewenslange gevangenisstraf opgelê moes word tensy wesenlike en dwingende omstandighede weer ‘n vonnis regverdig. Hierdie benadering is nie voor ons betwis nie. Die verhoorhof het egter inderdaad sodanige wesenlike en dwingende omstandighede gevind en die appellant op 25 Mei 2009 vonnis tot 15 jaar gevangenisstraf vanaf 8 jaar gevangenisstraf opgeskort is vir 5 jaar op voorwaarde dat die appellant nie skuldig bevind word aan moord of ‘n misdryf wat ‘n bevoegde uitspraak is op moord en wat gepleeg is gedurende die tydperk van opskorting nie. Verlof om te appelleer is slegs teen die vonnis toegestaan. Die appellant is op borgtog vrygelaat hangende die beslissing van die appèl.
[3] Op 7 November 2006 het die appellant vir die oorledene, wat toe 66 jaar oud was, gedood deur hom op ‘n afstand van minder as 10 cm met ‘n vuurwapen in die nek te skiet terwyl die oorledene gebukkend was. Die appellant is gebore op 12 Julie 1935. Ten tye van die pleging van die misdryf was hy dus 71 jaar oud en op 25 Mei 2009 was hy byna 74 jaar oud.
[4] Die appellant was vir ‘n tydperk van 43 getroud met haar eerste eggenoot tot hy gedurende 1997 oorlede is. Die appellant is daarna gedurende Julie 1999 met die oorledene getroud. Ten tye van die misdryf was die appellant en die oorledene egter reeds van mekaar vervreem en was ‘n egskeidingsaksie reeds aan hange gemaak. Die appellant het die oorledene verdink en beskuldig van buite egtelike verhoudings en was subjectief van oordeel dat dit die rede was vir die verbrokkeling van hulle huwelik. Sy het egter nie oor enige getuienis in hierdie verband beskik nie. Dit blyk uit die rekord dat daar inderdaad ander vroue in die oorledene se lewe was. Die appellant was egter steeds baie lief vir die oorledene.
[5] Die appellant het die kwessie van wat presies op die betrokke dag gebeur het gekompliseer deur valse getuienis af te lê na getuienis op die meriete. Ek is egter tevrede dat ‘n behoorlike analise van die totaliteit van die getuienis aantoon dat die onderstaande wesenlik is wat plaasgevind het.
[6] Vroegerig die oggend van 7 November 2006 het die oorledene by die huis van die appellant opgedaag om sy boeke te kom haal. Daar by die boekrak het ‘n gesprek tussen die appellant en die oorledene plaasgevind waarin die oorledene erken het dat hy verskeie buite egtelike verhoudings gehad het. Die appellant se ervaring hiervan was dat die oorledene haar hieroor gekoggel het (“mock”). Dit het appellant hewig ontstel tot die mate dat sy ‘n vuurwapen gaan haal het en die volgende nota geskryf het:
“TO
WHOM
IT
MAY
CONCERN
Eckhart came here on the pretext of fetching his books, but it was to mock me with his girlfriends. His lawyer wrote to my lawyer Hanietje v.d. Merwe in Potch, saying Eckhart denies being involved with any woman. But to my face this morning he laughed, he said there is, but I can’t prove it, and in front of other people he won’t own up. He has made life hell so I am going to shoot, him, then take my own life. He is not worth to life.”
Hierna het die appellant die oorledene geskiet. Toe sy die bloed by die oorledene sien het sy per telefoon hulp ontbied van haar huisdokter asook paramedici. As gevolg hiervan het verskeie persone kort na die voorval by die huis van die appellant opgedaag. Sommige van hierdie persone het by die verhoor getuienis gelewer. Almal het getuig dat die appellant baie geskok en ontsteld was en sommige het getuig dat sy die voorneme uitgespreek het om haarself om die lewe te bring.
[7] Mevrou Marinda Viljoen, ‘n maatskaplike werker in diens van die Departement Korrektiewe Dienste met 18 jaar dienservaring, het ‘n volledige voorvonnis verslag opgestel en in getuienis aan die verhoorhof voorgelê. Hieruit het geblyk dat die appellant nie ‘n aangename of innemende mens is nie. Sy is besitlik en jaloers tot die mate dat dit as ‘n sieklike jaloesie beskryf is. Sy is bakleierig, selfgeldend en manipulerend. Sy toon weinig insig in haar wandaad en probeer selfs na haar skuldigbevinding valslik die rol van slagoffer speel.
[8] Die verhoorhof het hierdie getuienis aanvaar en hierdie bevinding is tereg nie voor ons aangeveg nie. Die hardnekkige wyse waarop die appellant haar onskuld probeer aantoon het en die getuienis van Mevrou Viljoen beveg het, is na my oordeel grootliks bevestigend van die gemelde getuienis van Mev Viljoen.
[9] Daar kan egter geen twyfel daaroor wees nie dat die onderhawige misdryf die gevolg was van hewige emosionele onsteltenis aan die kant van die appellant. Hierdie heftige emosionele opwelling was volgens die getuienis na my oordeel die gevolg van ‘n erge gevoel van vernedering wat die appellant ervaar het juis omdat sy die persoon is wat sy is en omdat sy steeds baie lief was vir die oorledene. In hierdie verband het HEHER in OPPERMAN v THE STATE 643/09 [2010] ZASCA 83 (31 May 2010) soos volg opgemerk:
“[40] I cannot ignore that the legislature has set out its face against sexual offences in which children are victims with unmistakable disapproval and draconian sanctions. The appropriate sentences must reflect that intention.
[41] Nevertheless, in sentencing, individualization and not collective responsibility for the prevalence of serious crime remains the court’s primary focus. While there is no room for misplaced sympathy in dealing with offenders, one should never divorce determination of the appropriate punishment from the quality of the human material nor the reasons for it frailty. Even here mercy can find a place in almost all cases.”
[10] Die verhoorhof se redes vir vonnis toon aan dat die saak nie so ingesien is nie. Die verhoorhof het byvoorbeeld gesê:
“Die oorledene het uit die woning getrek nadat u hom oënskynbaar gedagvaar het vir ‘n egskeiding. Die dag van die voorval het hy net sy boeke kom haal en was daar nie eens vir u nodigheid om met hom kontak te maak nie. U het getuig dat hy die dag teenoor u erken het dat hy verhoudings met ander vroue het. Of dit so (was) weet ons nie verseker nie. Al was dit egter so, is ek tevrede u en hy was reeds uitmekaar. ‘n Egskeidingsgeding was reeds ingestel en was daar geen rede om so teenoor hom op te tree nie, al sou hy nie teenoor u erken het dat hy ander vrouens in sy lewe het.”
Die verhoorhof se miskenning van die emosionele toestand van die appellant wat by die misdryf gelê het, is na oordeel ‘n wesenlike wanvoorligting wat hierdie hof noop om vonnis oplegging opnuut te oorweeg.
Neem in ag die wetgewing wat bepaal dat lewenslange gevangenisstraf as vertrekpunt by hierdie tipe misdrywe geneem moet word. Elke saak moet egter steeds op sy eie meriete en besondere omstandighede beslis word. Die appellant het die misdryf gepleeg toe sy reeds 71 jaar oud was. Haar gesondheid is nie na wense nie. Sy is ‘n eerste oortreder. Die omstandighede waaronder die misdryf gepleeg blyk uit die voormelde. Die appellant is nie ‘n gevaar vir die samelewing nie en die kanse dat die appellant weer ‘n misdryf sal pleeg is weglaatbaar klein. Die appellant het egter ‘n ernstige misdryf gepleeg en toon tans nie enige insig in haar misdryf nie en neem nie verantwoordelikheid daarvoor nie. Mev Viljoen het aanbeveel dat ‘n vonnis ingevolge die bepalings van artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet opgelê word, dit wil sê gevangenisstraf waaruit die appellant na goeddunke deur die kommissaris of ‘n parool raad onder korrektiewe toesig uitgeplaas kan word nadat minstens een sesde van die gevangenisstraf uitgedien is. In al die omstandighede van hierdie besondere saak kom so vonnis vir my gepas voor. So vonnis sal dit moontlik maak indien appellant tot inkeer kom en verantwoording neem vir haar wandaad, sy na verstreeking van minstens ‘n sesde van vonnis nie as ‘n bejaarde persoon verder in die gevangenis aangehou hoef te word nie maar die res van haar vonnis tuis onder korrektiewe toesig kan uitdien.
[11] Gevolglik slaag die appèl en word die opgelegde vonnis ter syde gestel en vervang met ‘n vonnis van 5 jaar gevangenisstraf ingevolge die bepalings van artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet, no 51 van 1977.
________
C.H.G. VAN DER MERWE, R
Ek stem saam.
______
H. MURRAY,
WND R
Namens die applikant: Adv. B. Roux SC
Instructed by:
Kramer, Weihmann & Joubert Inc.
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent: Adv. F. J. Pienaar
Direkteur: Openbare Vervolgings
/em
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.