Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

S A Timber (Welkom) (Edms) Bpk v Lezmin 2815 BK (2607/2008) [2008] ZAFSHC 49 (14 August 2008)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court held that the cheque issued by the respondent constitutes a separate written contract, entitling the applicant to provisional sentence. The National Credit Act does not render the claim premature or unlawful, as the transaction falls outside its scope except for overdue amounts, which are not at issue. The respondent's reliance on an oral agreement is invalid due to the written agreement's requirement that amendments be in writing. The respondent failed to demonstrate that the probabilities favour his defence or counterclaim, which is based on an unenforceable oral agreement. Accordingly, the applicant is entitled to provisional sentence as claimed.

Court disposition

Provisional sentence is granted in favour of the applicant, with costs.

Orders

  • Provisional sentence is granted as claimed in the summons.
  • The respondent is ordered to pay the costs of the proceedings.

02

Material facts

Parties

S A Timber (Welkom) (Edms) Bpk

Applicant

Lezmin 2815 BK

Respondent Counsel: Snellenburg

Amounts and remedies

  • Cheque Amount: ZAR 300,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Provisional Sentence Application / First Instance

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant claims provisional sentence based on a cheque for R300,000.00 issued by the respondent, asserting that the cheque is regular, the applicant is the holder, and the respondent's representative signed it. The applicant denies any breach of contract and relies on the written agreement's standard conditions, which require any amendment to be in writing. The applicant argues that the respondent's oral agreement defence is invalid and that the cheque constitutes a separate written contract entitling the applicant to payment.
Respondent
The respondent contends that an oral agreement existed whereby the applicant would supply building materials by 10 February 2007, and the cheque was issued as consideration. The respondent alleges the applicant breached this agreement by failing to deliver the materials, constituting a breach of contract and justifying the stoppage of payment. The respondent further argues that the National Credit Act applies, that the applicant failed to comply with sections 129 and 130, and that the cheque is unlawful under section 90. The respondent claims to have suffered damages and intends to file a counterclaim.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    LUTZKIE AND ANOTHER NNO v ZENITH CONCESSIONS LTD 2003 (6) SA 643 (HHA); FROMAN v ROBERTSON 1971 (1) SA 115 (A)

    A cheque properly drawn and delivered constitutes a separate written contract, and the holder is entitled to payment unless valid defences are established.

  2. 02

    National Credit Act 34 of 2005, section 4(5)

    The National Credit Act does not apply to a transaction where a cheque is accepted as full payment for goods or services, except for overdue amounts, which may constitute incidental credit.

  3. 03

    Leonard Gering, Handbook on the Law of Negotiable Instruments (Third Edition), p. 98

    Where payment by cheque is agreed, delivery of the cheque is regarded as payment, conditional on the cheque being met in due course.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court held that the cheque issued by the respondent constitutes a separate written contract, entitling the applicant to provisional sentence. The National Credit Act does not render the claim premature or unlawful, as the transaction falls outside its scope except for overdue amounts, which are not at issue. The respondent's reliance on an oral agreement is invalid due to the written agreement's requirement that amendments be in writing. The respondent failed to demonstrate that the probabilities favour his defence or counterclaim, which is based on an unenforceable oral agreement. Accordingly, the applicant is entitled to provisional sentence as claimed.

Obiter and limits

  • The interpretation of 'documentation' in section 90(2)(k)(iii) of the National Credit Act should be restrictive and does not include a cheque in this context.
  • The issuance of a cheque is an independent legal act, and the holder may elect to sue on the cheque or the underlying cause of debt.

Court disposition

Provisional sentence is granted in favour of the applicant, with costs.

  • Provisional sentence is granted as claimed in the summons.
  • The respondent is ordered to pay the costs of the proceedings.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2008] ZAFSHC 49

Saak Nr. : 2607/2008

[1] Hierdie is ‘n aansoek om voorlopige vonnis deur eiser teen die verweerder op grond van ‘n tjek gedateer 28 Februarie 2007, getrek ten gunste van eiser, in die bedrag van R300 000,00 tesame met rente a tempore morae bereken teen 15,5 % per jaar, asook koste van geding.

[2] Dit is nie in geskil dat dit verweerder se gemagtigde verteenwoordiger is wie se handtekening op die tjek verskyn, dat eiser die houer daarvan is en dat die tjek op die oog af in orde is nie. Op die stukke is dit verweerder se verweer dat verweerder en ene Louis, namens die eiser, ‘n mondelinge ooreenkoms gesluit het gedurende Januarie 2007, ingevolge waarvan die eiser onderneem het om boumateriaal aan die verweerder te verskaf vir die oprigting van sekere klaskamers, maar nie later as 10 Februarie 2007 nie. Verweerder beweer dat hy, as teenprestasie, die betrokke tjek aan die eiser verskaf het en dat die eiser versuim het om die boumateriaal voor of op 10 Februarie 2007 aan die verweerder te lewer, welke optrede kontrakbreuk deur die eiser daarstel en wat die verweerder genoop het om betaling van die tjek te stop. Verder, as gevolg van die eiser se beweerde kontrakbreuk, het verweerder skade gely en is hy voornemens om ‘n teeneis te liasseer ter vordering van gemelde skade.

[3] Verweerder het in hierdie Hof hoofsaaklik twee verwere geopper, naamlik, eerstens, dat die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 van toepassing is; dat eiser nie voldoen het aan die bepalings van artikels 129 en 130 daarvan nie as gevolg waarvan die huidige vordering voorbarig is; verder dat eiser die bepalings van artikel 90(2)(a)(i) en artikel 90(2)(b) gelees met artikel 90(2)(k)(iii) nie nagekom het nie; gevolglik is die huidige vordering regtens ongegrond of voorbarig. Tweedens, dat verweerder daarin geslaag het om dit van die bewyslas te kwyt deur aan te toon dat die waarskynlikhede in die verweerder se guns is om in die hoofsaak te slaag.

[4] Mnr. Snellenburg het namens die verweerder betoog dat die volgende bepalings van artikel 90 van gemelde Wet van toepassing is:

“(2) A provision of a credit agreement is unlawful if-

...

Volgens hierdie betoog stel die tjek sodanige dokumentasie daar wat die uitgifte van die tjek onwettig maak; gevolglik kan eiser nie steun op die betrokke tjek nie.

[5] Twee woorde vermeld in artikel 90(2)(k)(iii) naamlik “enforcement” en “documentation” verdien verdere aandag. Dit is belangrik om daarop te let dat die betrokke tjek deur die verweerder aan die eiser oorhandig is onafhanklik van die ooreenkoms tussen die partye ter betaling van die bedrag verskuldig ingevolge die ooreenkoms en nie ter afdwinging (“enforcement”) daarvan nie. Wat “dokumentasie” betref, is dit in elk geval ‘n wye begrip wat beperkend interpreteer moet word en wat seer sekerlik nie in die konteks wat dit hier gebruik word, ‘n tjek insluit nie.

[6] Hierdie interpretasie word versterk, in die lig van die feit dat gemelde Wet spesifiek met tjeks handel. Die volgende bepalings van artikel 4, ten opsigte van die toepassing van die Wet, is hier van belang:

“ (5) If a person sells any goods or services and accepts, as full payment for those goods or services-

that agreement is not a credit facility within the meaning of section 8 (3), but any overdue amount in terms of that agreement, as contemplated in subparagraph (ii), is incidental credit to which this Act applies to the extent set out in section 5.”

(My beklemtoning.)

[7] Laasgenoemde bepaling strook ook met die gemenereg. Dit is van belang om hierinlater te verwys na die implikasie en gevolge wat gepaardgaan met die uitreiking van ‘n tjek.

[8] Wanneer ‘n tjek gedishonoreer word, het ‘n eiser die keuse om die verweerder aan te spreek op grond van of die oorspronklike skuldoorsaak óf op grond van die tjek wat ‘n nuwe skuldoorsaak daarstel.

“ Where a defendant owes a plaintiff a sum of money under a valid obligation and gives a bill of exchange which is dishonoured, the plaintiff can sue either on the original debt and use the bill of exchange as evidence, or he can sue on the liquid document.

[9] ‘n Tjek wat behoorlik getrek en uitgereik is, stel ‘n skriftelike ooreenkoms daar. LUTZKIE AND ANOTHER NNO v ZENITH CONCESSIONS LTD 2003 (6) SA 643 (HHA) te 645; FROMAN v ROBERTSON 1971 (1) SA 115 (A) te 120 Dit is seker die gewildste verhandelbare dokument wat aangewend word om ‘n skuld, wat die trekker van die tjek verskuldig is aan die skuldeiser, te betaal. Handelsbanke in Suid-Afrika hanteer jaarliks ‘n paar honderd miljoen tjeks. ‘n Ooreenkoms tussen die skuldenaar en skuldeiser wanneer betaling by wyse van ‘n tjek op ooreengekom is, word ‘n “debt extinguishing agreement” genoem. Leonard Gering Handbook on the Law of Negotiable Instruments (Derde Uitgawe) p. 98.

[11] Betaling word geag gemaak te wees wanneer die skuldenaar die tjek aan die skuldeiser lewer.

“ When a cheque is given, receipt of the money by the creditor is accordingly deferred until the cheque is met. However, and again for practical reasons, it is not the payment of the cheque by the bank which is regarded as payment of the original debt, but the giving of the cheque, conditional on its being met in due course. This has a result that, when the cheque is met, payment of the original debt is regarded as having been made when the cheque was delivered. This is of course important where payment has to be made at a certain time. ”

[1 2] Gewoonweg is die houer van ‘n tjek dus geregtig op die honorering daarvan.

“ It is the physical embodiment of the payment obligation. Its possession (w ith any necessary endorsement) is evidence of entitlement to the money it represents. The right to receive payment belongs to the holder for the time being.”

[13] Uit die voorgaande is dit duidelik dat die uitreiking van ‘n tjek ‘n aparte regshandeling is wat ‘n afsonderlike skriftelike kontrak daarstel. Dit bied aan die houer daarvan die keuse om die trekker óf op grond van hierdie laasgenoemde skriftelike kontrak, d.w.s die tjek, aan te spreek, óf op grond van die onderliggende verhouding tussen die partye, as hulle onmiddellike partye is. In die onderhawige saak het die eiser as houer die keuse uitgeoefen om die verweerder op grond van die tjek aan te spreek.

[15] Wat die oorblywende verweer betref, naamlik dat die waarskynlikhede in die guns van die verweerder is, is dit nodig om te kyk na die feite van die saak. Die mondelinge ooreenkoms waarop die verweerder steun (par. [2]) is in stryd met die bepalings van klousule 1 van die “standard conditions of agreement” ingevolge waarvan die party dit op skrif moes gestel het om enige regsgevolge te hê. Verder blyk dit dat die verweerder meerdere bestellings van boumateriaal wat hy by eiser aangekoop het, geplaas ná die sogenaamde vervaldatum van 10 Februarie 2007. Wat die teeneis betref, is die skuldoorsaak gebaseer op die mondelinge ooreenkoms wat regtens onhoudbaar is. Verweerder het dus nie daarin geslaag om aan te toon dat die waarskynlikhede in sy guns is om in die hoofsaak te slaag nie.

[16] Bygevolg word voorlopige vonnis verleen ingevolge die dagvaarding, met koste.

____

S.P.B. HANCKE, R

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

LUTZKIE AND ANOTHER NNO v ZENITH CONCESSIONS LTD 2003 (6) SA 643 (HHA)

Case cited

FROMAN v ROBERTSON 1971 (1) SA 115 (A)

Case cited

National Credit Act 34 of 2005

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.