S v Antonie (CA&R86 /04) [2004] ZANCHC 39 (1 November 2004)
- Citation
- [2004] ZANCHC 39
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- C C Williams, C J Olivier
- Case number
- CA&R86 /04
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- C C Williams, C J Olivier
- Case number
- CA&R86 /04
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the delay in filing and amending the notice of appeal was due to the appellant's attorney and not the appellant himself. However, the prospects of success on appeal were poor. The evidence established that the BMW vehicle for which the appellant claimed travel expenses was not in Kimberley at the relevant time, but in Noupoort, as confirmed by the petrol attendant and the filling station owner. The appellant's version was contradicted by documentary evidence and witness testimony, and the explanations offered were not reasonably possibly true. The court held that the State proved its case beyond reasonable doubt and that the appellant's appeal against conviction had no merit. Consequently, the application for condonation was dismissed.
Court disposition
Appeal dismissed; application for condonation refused.
Orders
- The application for condonation is dismissed.
- The conviction stands.
02
Material facts
Parties
Phillip Antonie
Appellant Counsel: Adv F van HeerdenThe State
Respondent Counsel: Adv P S C CalitzAmounts and remedies
- Claimed Travel Expenses: ZAR 1,412.11
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction; Application for Condonation and Amendment of Notice of Appeal
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant committed fraud by claiming travel expenses for a journey allegedly not undertaken with the specified vehicle.
- 02
Whether condonation should be granted for the late filing and amendment of the notice of appeal.
- 03
Whether the State proved its case beyond reasonable doubt.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that there was a reasonable possibility that the registration number on the petrol slip was correct and did not refer to the vehicle he used to travel to Kimberley. Alternatively, he contended that the petrol card machine at the filling station may have been faulty, resulting in the transaction being processed days later, not on the date of travel. He maintained that he did travel to Kimberley in the BMW vehicle and denied any fraudulent intent.
- Respondent
- The respondent argued that the evidence, particularly from the petrol attendant and the owner of the filling station, established that the BMW vehicle for which the appellant claimed travel expenses was in Noupoort at the relevant time and could not have been in Kimberley. The respondent submitted that the appellant's version was not reasonably possible and that the State had proved its case beyond reasonable doubt. The respondent opposed condonation for the late filing and amendment of the notice of appeal, attributing the delay to the appellant's legal representative.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Mohlathe 1992 (2) SACR 440 (A)
Condonation for late filing of appeal requires consideration of the prospects of success and the reasons for the delay.
- 02
S v V 2000 (1) SACR 453 (SCA)
The State must prove the guilt of the accused beyond reasonable doubt; if the accused's version is reasonably possibly true, he must be acquitted.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the delay in filing and amending the notice of appeal was due to the appellant's attorney and not the appellant himself. However, the prospects of success on appeal were poor. The evidence established that the BMW vehicle for which the appellant claimed travel expenses was not in Kimberley at the relevant time, but in Noupoort, as confirmed by the petrol attendant and the filling station owner. The appellant's version was contradicted by documentary evidence and witness testimony, and the explanations offered were not reasonably possibly true. The court held that the State proved its case beyond reasonable doubt and that the appellant's appeal against conviction had no merit. Consequently, the application for condonation was dismissed.
Obiter and limits
- The court noted that minor discrepancies in witness testimony do not necessarily undermine the reliability of the State's case when the core facts are corroborated by documentary evidence.
- The explanation for the incorrect registration number on the petrol slip was found to be credible and did not create reasonable doubt as to the identity of the vehicle.
Court disposition
Appeal dismissed; application for condonation refused.
- The application for condonation is dismissed.
- The conviction stands.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK NO.: CA&R86 /04
DATUM: -11-2004
In die Appèl van:
PHILLIP
ANTONIE APPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM: C C WILLIAMS R: et OLIVIER
UITSPRAAK
WILLIAMS R:
Die Appellant is op 7 Oktober 2003 in die Landdroshof te Kimberley skuldig bevind op ân aanklag van bedrog en gevonnis tot 12 (twaalf) maande gevangenisstraf wat voorwaardelik opgeskort is vir ân tydperk van 5(vyf) jaar.
Die Appellant kom in hoër beroep slegs teen die skuldigbevinding.
Hiermee saam bring die Appellant eerstens ân aansoek om kondonasie vir die laat liassering van die Kennisgewing van Appèl sowel as ân aansoek om wysiging van die Kennisgewing van Appèl.
Dit blyk uit die beëdigde verklaring van Prokureur Titus, wat gepaardgaan met die aansoek om kondonasie en wysiging, dat die hoofrede vir die versuim te wyte is aan die prokureur en dat die Appellant deurgaans begerig was om die appèl voort te sit.
Die Kennisgewing van Appèl moes voor of op 27 Oktober 2003 geliasseer word. Die Appellant het sy prokureur op 14 Oktober 2003 opdrag gegee om appèl aan te teken, op 20 Oktober 2003 van fondse voorsien en op 27 Oktober 2003 die nodige volmag aan sy prokureur verskaf om die appèl voort te sit.
Prokureur Titus in sy eedsverklaring verduidelik dat hy dit nodig geag het om eers na die bandopname van die verrigtinge te luister voor hy die Kennisgewing van Appèl opgestel het aangesien hy nie self die verdediging van die Appellant waargeneem het nie. Dit het blykbaar nooit gebeur nie as gevolg van die nie beskikbaarheid van ân bandmasjien op tye toe die prokureur beskikbaar was en die nie-beskikbaarheid van die prokureur toe daar wel ân bandmasjien beskikbaar was.
Hoe dit ookal sy die Kennisgewing van Appèl en die gronde daarin uiteengesit is uiteindelik opgestel na aanleiding van konsultasies met die Appellant en die staatsaanklaer.
DIt blyk duidelik uit die oorspronklike gronde van appèl dat prokureur Titus die feite van die saak wesenlik misverstaan het wat dan ook nou aanleiding gee tot die aansoek om wysiging van die Kennisgewing van appèl.
Die versuim om die Kennisgewing van Appèl te liasseer kan dus nie voor die Appellant se deur gelê word nie. Hoe dit ookal sy, by oorweging van ân aansoek om kondonasie moet ook die vooruitsig op sukses op appèl oorweeg word.
Die verhoorhof het die Appellant skuldig bevind aan bedrog deurdat hy ân eis ingedien het by die Departement Maatskaplike Dienste (die Departement) vir reiskoste aangegaan met ân BMW motorvoertuig met registrasie nommer BWM 426 EC vanaf De Aar na Kimberley, terwyl hy in werklikheid nooit met gemelde voertuig vanaf De Aar na Kimberley gereis het die betrokke dag nie.
Die hoof geskilpunt tussen die partye is of die Staat bo redelike twyfel bewys het dat Appellant nie met die betrokke voertuig gereis het Kimberley toe vanaf De Aar op 6 Augustus 2002 nie.
Die feite is kortliks as volg. Die Appellant, ân werknemer by die Departement moes vanaf De Aar reis na Kimberley om ân vergadering met amptenare van die Departement by te woon om 10h00 die betrokke oggend. Die Appellant het ân eis ingedien vir reiskostes aangegaan met ân BMW voertuig met registrasienommer BWM 426 EC in die bedrag van R1 412.11. ân Amptenaar van die Departement, ân mnr Keerns, het egter gedurende ân breuk in die vergadering vir die Appellant gesien gesels met sy vrou by ân Polo Playa motorvoertuig, buite die Departement se kantore. Keerns, ân getuie in die saak het toe ondersoek ingestel en uitgevind dat die betrokke BMW voertuig waarvoor die Appellant reiskostes geëis het, om 09h47 op 6 Augustus volgemaak is by ân vulstasie te Noupoort en dus nie terselfdertyd op Kimberley kon wees nie. Die kinkel in die kabel is egter dat daar betaal is vir die brandstof met ân petrolkaart en die registrasienommer van die voertuig op die petrolstrokie is aangeteken as BMW 426 EC, en nie BWM 426 EC nie.
Namens die Appellant word daar aangevoer dat die redelike moontlikheid bestaan dat die voertuig se registrasienommer korrek weergee is op die petrolstrokie, en dat dit dus nie dieselfde voertuig is waarmee Appellant Kimberley toe gereis het nie. Alternatiewelik, dat daar ook ân moontlikheid bestaan, soos in die verlede al gebeur het, dat die kaarttrekmasjien by die betrokke vulstasie stukkend was op die dag wat die voertuig wel volgemaak is en dat die transaksie eers ân paar dae later verwerk is, op 6 Augustus, toe die masjien herstel is.
Die Staat se hoofgetuie was ân Mnr. Hermanus, die petroljoggie aan diens by die vulstasie in Noupoort, die betrokke dag. Sy getuienis is dat hy die oggend een van Mnr. Nissiotis se voertuie, ân donkerblou BMW, met registrasienommer BWM 426 EC, volgemaak het. Hy getuig dat hy die voertuig goed ken, omdat dit die enigste van sy soort in Noupoort is. Die brandstof is voor betaal met ân petrolkaart en hy het, moontlik in sy haas, die registrasienommer verkeerdelik op die strokie aangebring. Hy getuig ook dat die masjien die dag nie stukkend was nie en dat die transaksie dieselfde dag voltooi is.
Die Appellant se weergawe is dat hy op 6 Augustus sy huis te De Aar verlaat het om ongeveer 06:00 om ân vergadering by te woon in Kimberley en het ongeveer 09:30 sy bestemming bereik. Die BMW voertuig waarmee hy gery het was een van ân vloot voertuie wat behoort aan die Noupoort Christian Care Sentrum (die Sentrum), waar hy as konsultant gewerk het. Mnr. Nissiotis, die hoof van die Sentrum, het hom toestemming gegee om die motor te gebruik en hy het dit alreeds op 5 Augustus afgehaal vir sy reis op 6 Augustus.
Volgens die Appellant het hy sy vrou die oggend by die huis agtergelaat aangesien sy eers tussen 07:30 en 08:00 begin werk. Haar werksvoertuig is ân blou Polo Playa. Hy getuig ook dat hy bewus was daarvan dat sy vrou die dag in Hopetown sou aandoen as deel van haar werksverpligtinge en dat hy nie veel meer van haar werkskedule vir die betrokke dag geweet het nie.
Tydens ân breuk in die vergadering wat die Appellant te Kimberley bygewoon het, nog gedurende die oggendure voor 12:00, het hy na buite gegaan om te rook toe hy toevalliglik sy vrou se motor (die Polo Playa) gesien het op die parkeerarea van die Poskantoor en het toe met haar gaan gesels. Hy het sy vrou ook dieselfde dag op ân tweede geleentheid gesien by die NEHAWU kantore en gee toe dat Keerns hom wel op een van hierdie twee geleenthede met sy vrou kon sien gesels.
Volgens die Appellant het sy vrou aan hom gesê dat sy die betrokke dag ook by haar werkgewer se kantoor te Kimberley moes wees. Hy ontken dan ook dat hy en Mev. Antonie saamgereis het Kimberley toe met die Polo Playa.
Mev. Antonie het ook getuig en haar weegawe verskil in verskeie aspekte van dié van die Appellant. Volgens Mev. Antonie het sy die betrokke oggend ná sy eers in Hopetown aangedoen het besluit om Kimberley toe te ry om ân belangrike aangeleentheid met haar ampshoof te bespreek. Haar hoof, Mnr. Weiss was egter per vliegtuig Johannesburg toe en het sy toe slegs hul kantoor te Kimberley besoek. Gedurende die etensuur (tussen 13:00 en 14:00) het sy besluit om na die parkeerarea van die Poskantoor te gaan, aangesien sy geweet het dat die vergadering wat haar man bygewoon het, in die Poskantoorgebou plaasgevind het en sy gehoop het dat hy die gebou sou verlaat gedurende die etensuur. Sy het hom toe egter nie daar gesien nie en het eers later, na sy en die Appellant telefonies in verbinding was, met hom ontmoet by die NEHAWU kantore. Sy ontken ten sterkste dat sy vir die Appellant ontmoet het by die parkeerarea van die Poskantoor waaroor beide Keerns en die appellant getuig het.
Mnr. Nissiotis van die Sentrum het ook getuig en in wese is sy getuienis dat die Appellant vrylik toegang gehad het tot die betrokke BMW voertuig. Hy getuig egter dat hy nie bewus was daarvan dat die Appellant die betrokke dag die voertuig gebruik het nie omdat hyself nie op daardie stadium in Noupoort was nie. Volgens hierdie getuie beskik die sentrum oor een en twintig motorvoertuie, waarvan vyf BMW voertuie is. Dit is slegs die betrokke donkerblou BMW wat ân Oos-Kaapse registrasienommer het. Hy getuig voorts dat daar omtrent vier pertrolkaarte is vir die vloot voertuie, en dat enige van die werknemers van die sentrum dit kon gebruik om die voertuie vol te maak.
Die finansiële sekretaris van die sentrum, ân Mnr. Lindeque is ook deur die verdediging geroep om te getuig. Hierdie getuie is in beheer van die petrolkaarte by die sentrum en die petrolstrokies word ook by hom ingedien. Hy getuig dat daar met hierdie betrokke BMW voertuig nie streng rekord gehou was wat betref kilometerlesings en magtiging om te gebruik soos die ander motors nie, aangesien dit een van Nissiotis se privaat voertuie was en nie ân sentrum motor nie.
Hy getuig wel dat die kaarttrekmasjien by die vulstasie op tye nie gewerk het nie, en dan was dit sy plig om toe te sien dat die brandstof so gou as moontlik betaal word.
Na die sluit van die verdedigingsaak het die Hof gevra dat Mnr. Hermanus, die petroljoggie, teruggeroep word met dokumentêre bewys daarvan of die masjien die betrokke dag gewerk het of nie.
Die eienaar van die vulstasie het egter getuig in stede van Hermanus, ân sekere mnr Vorster. Vorster se getuienis is dat hy die vulstasie vir twee jaar besit het op die betrokke stadium en dat die masjien in daardie tyd net twee keer gebreek het. Hy het dan so twee of drie dae later ân nuwe masjien gekry. Die geleenthede wat die masjien gebreek het was gedurende Februarie 2002 en Julie 2002. Sy getuienis is dat die masjien in werkende toestand was op 6 Augustus 2002. Hy getuig ook dat daar nie op die betrokke dag ân oorskot geld op die vulstasie se boeke was in vergelyking met die brandstof uitgeneem nie, soos verwag sou wees indien daar op 6 Augustus betaal is vir brandstof wat op ân vorige geleentheid uitgeneem is nie. Inteendeel, is daar ân tekort van R45,50 die spesifieke dag aangeteken. Die vulstasie se kontrolelys vir 6 Augustus 2002 waarop hierdie inligting verskyn, is ingehandig as ân Bewysstuk.
Wat betref hierdie been van die appellant se verweer (dit is dat die brandstof vroeër reeds ingegooi is en eers op 6 Augustus betaal is, aldaar die strokie), is daar na my mening dus geen meriete in nie en het die landdros tereg so bevind.
Die vraag wat dus oorbly is of daar bo redelike twyfel bewys is dat dit hierdie spesifieke BMW voertuig waarvoor reiskostes geëis is, wat volgemaak is te Noupoort die betrokke oggend.
Namens die appellant is groot gewag gemaak van die betroubaarheid van Hermanus as ân enkelgetuie. Sy getuienis staan egter nie sonder stawing nie. Hy beweer dat hy ân donkerblou BMW voertuig volgemaak het wat behoort aan Nissiotis. Die getuienis is dat Nissiotis ân donkerblou BMW voertuig het as een van sy privaat voertuie. Die registrasienommer wat Hermanus op die strokie aangebring het is een van ân motor wat in die Oos-Kaap geregistreer is. Nissiotis het net die spesifieke BMW wat in die Oos-Kaap geregistreer is. Die enigste verskil tussen die registrasienommer op die strokie aangebring en dié van die voertuig waarmee appellant beweer hy gereis het, is die letters BMW in stede van BWM. Hermanus se verduideliking dat hy hierdie letters moontlik in sy haas verkeerdom afgeskryf het, is na my mening ân heeltemal aanvaarbare verduideliking.
Die deurslaggewende faktor, wat my aanbetref, is egter die feit dat die BMW voertuig wat deur Hermanus volgemaak is se brandstof betaal is met ân petrolkaart wat behoort aan die sentrum. Die waarskynlikheid dat Hermanus die betrokke oggend, te Noupoort, ân wildvreemde BMW voertuig volgemaak het, wat toevallig ook donkerblou is en waarvan die registrasienommer amper identies is as dié waarmee die appellant sou gery het en boonop betaal is met ân petrolkaart wat aan die sentrum behoort, is na my mening bykans nul.
Die enigste redelike afleiding wat gemaak kon word uit die feite, met inagneming ook van die weersprekings in die getuienis van die appellant en mev Antonie, is dat die betrokke BMW voertuig waarvoor die eis vir reiskostes ingedien is, nie in Kimberley kon wees op die tye wat die appellant beweer nie, en derhalwe dat die appellant nie hierdie voertuig bestuur het Kimberley toe nie.
Alles inaggenome het die staat na my mening sy saak bo redelike twyfel bewys en is die appellant se weergawe tereg as nie redelik moontlik waar, verwerp.
Daar is myns insiens geen meriete in die appèl teen die skuldigbevinding nie.
Die volgende bevel word dus gemaak:
Die aansoek om kondonasie word van die hand gewys.
____
C.C.
WILLIAMS
REGTER
Ek stem saam.
______
C
J OLIVIER
Namens Appellant : Adv F van Heerden
Namens Respondent : Adv P S C Calitz
Datum van verhoor : 23 Augustus 2004
Datum van uitspraak :
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.