S v Bakkes (375/90) [1990] ZASCA 144 (26 November 1990)
- Citation
- [1990] ZASCA 144
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- E M Grosskopf, Smalberger, Steyn
- Case number
- 375/90
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- E M Grosskopf, Smalberger, Steyn
- Case number
- 375/90
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court held that, even taking into account the appellant's youth, he possessed sufficient experience and knowledge of firearms to appreciate the risks involved. The appellant's conduct in firing a high-powered rifle in the general direction of people, despite being aware of the dangers, constituted negligence as assessed by the standard of a reasonable person in his position. The conviction for culpable homicide was therefore justified. Regarding sentence, the trial court had considered all relevant factors, including the appellant's age and circumstances, and imposed a balanced sentence. There were no grounds for interference with the conviction or sentence.
Court disposition
The appeal against conviction and sentence is dismissed.
Orders
- The appeal against conviction and sentence is dismissed.
02
Material facts
Parties
Carel-John Bakkes
AppellantThe State
RespondentAmounts and remedies
- Community Service Hours Ordered: ZAR 2,250
- Suspended Imprisonment (years): ZAR 4
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant was negligent in the circumstances leading to the death of the deceased.
- 02
Whether the appellant's youth and experience with firearms should affect the assessment of negligence.
- 03
Whether the sentence imposed by the trial court was appropriate.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that, being only 16 years and 7 months old at the time of the incident, his youth should be considered in determining negligence. He contended that the sentence imposed was excessively harsh given his age and circumstances.
- Respondent
- The respondent maintained that the appellant had significant experience with firearms and was aware of the dangers associated with their use. The respondent argued that the trial court correctly applied the objective test for negligence and that the sentence was appropriate in light of the facts.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Ngubane 1985 (3) SA 677 (A)
The test for negligence in criminal law is generally objective, considering what a reasonable person would have foreseen and done in the circumstances.
- 02
S v Van As 1976 (2) SA 921 (A)
Youth and personal circumstances may be considered, but where the accused has experience and knowledge relevant to the risk, the objective standard remains applicable.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court held that, even taking into account the appellant's youth, he possessed sufficient experience and knowledge of firearms to appreciate the risks involved. The appellant's conduct in firing a high-powered rifle in the general direction of people, despite being aware of the dangers, constituted negligence as assessed by the standard of a reasonable person in his position. The conviction for culpable homicide was therefore justified. Regarding sentence, the trial court had considered all relevant factors, including the appellant's age and circumstances, and imposed a balanced sentence. There were no grounds for interference with the conviction or sentence.
Obiter and limits
- Even a sixteen-year-old with experience in firearms should know the dangers of shooting near people.
- The trial court delivered a thorough and balanced judgment on sentence, which this court endorses.
Court disposition
The appeal against conviction and sentence is dismissed.
- The appeal against conviction and sentence is dismissed.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
CAREL-JOHN BAKKES Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: E M GROSSKOPF, SMALBERGER et STEYN, ARR
VERHOOOR: 26 November 1990 GELEWER: 26 November 1990
UITSPRAAK MONDELINGS GELEWER NA AFLOOP VAN DIE ARGUMENT
E M GROSSKOPF, AR
1
Ons is versoek om hierdie saak so gou as moontlik af te handel aangesien die appellant, ooreenkomstig die verhoorhof se vonnis, reeds vanaf 15 Januarie 1991 gemeenskapsdiens moet lewer, en hy tans moet beplan vir sy toekomstige loopbaan. Ons het tot 'n besliste gevolgtrekking oor die uitslag van die appêl gekom, en onder die omstandighede is dit dus gepas dat ek onmiddellik uitspraak lewer.
Die appellant is skuldig bevind aan strafbare manslag.
Hierdie skuldigbevindng het ontstaan uit 'n skietvoorval. Die hofa quo het die relevant feite soos volg saamgevat.
"Beskuldigde is op 11 Oktober 1970 gebore wat beteken dat hy 16 jaar en ietwat meer as sewe maande oud was tydens die voorval. Op daardie stadium was hy in standerd nege. Gedurende die dag van die gebeure was hy vir alle praktiese doeleindes in beheer van die plot (waar hy by sy ouers gewoon het) en moes hy toesien na die veiligheid van sy twee jonger susters en broer. Hy was verder toevertrou met nie alleen 'n ,22 geweer nie maar ook met 'n 7,62 mauser waarmee, volgens dr Marais, olifante gedood kan word. Hy was ook nie onkundig van die verskynsel van opslagkoeëls nie. Hy het self getuig dat hy bewus was van die gevare verbonde aan die gebruik van vuurwapens en die gevare verbonde daaraan as daar in die algemene rigting van mense geskiet word. Hy blyk ook terdeë bewus te wees van die feit dat die
2
afvuur van 'n vuurwapen vanuit die heupposisie onakkuraat 'in enige rigting' kan wees. Hy is ook terdeë bewus daarvan dat 'n 7,62 geweer 'n veel gevaarliker wapen as 'n ,22 geweer is.
Voormelde kennis is volgens algemene ervaring ook diê kennis wat 'n redelike man in die betrokke omstandighede sou hê. Nieteenstaande bewustheid van wat hierbo vermeld is, bewapen beskuldigde hom met die 7,62 en gebruik hy dit inderdaad toe hy die oorledene en die klaer gewaar. Die wyse waarop hy dit gebruik gaan mank aan die wyse waarop die redelike man dit sou gebruik het. Op 'n afstand van 100 meter lê hy op die algemene rigting van die oorledene en die klaer aan, weliswaar nie direk op hulle nie maar in lyn met hulle en na 'n punt ongeveer twee meter onderkant die plek waar hulle gesit het. Wat meer is, daardie punt is op 'n rotskoppie waarvan die helling skuins in die rigting van die oorledene en die klaer opgeloop het. Ongeag die gevare waarvan hyself bewus is, vuur hy die eerste skoot in daardie rigting. Op die getuienis van dr Marais, prof Loubser en kaptein Wolmarans, welke getuienis ons onomwonde op hierdie punt aanvaar, moes twee koeëls in daardie algemene rigting afgevuur gewees het. Alhoewel beskuldigde beweer dat hy slegs een koeël daarheen afgevuur het, is dit so dat hy self sê dat hy vanaf 'n heupposisie twee verdere skote afgevuur het. Dat een van daardie skote ook tot gevolg gehad het dat die oorledene getref is spreek in effek vir sigself. Op sy eie weergawe behoort hy te besef het dat van daardie skote die oorledene kon tref."
Ek stem met hierdie uiteensetting saam.
Op appèl voor ons is daar veral geargumenteer dat die
3
appellant ten tye van die voorval net 16 jaar en 7 maande oud was, en dat sy jeug in ag geneem moes gewees het by die beoordeling van die vraag of hy nalatig was. Daar is 'n deeglike en interessante argument uiteengesit in die partye se betooghoofde oor die vraag of die toets by nalatigheid altyd 'n objektiewe een is, en of die hof ook subjektiewe faktore in ag mag neem. Myns insiens is dit nie nodig om hierdie vraag te beslis nie. Selfs al sou 'n mens die appellant se persoonlike omstandighede in ag neem blyk dit dat, al was hy jonk, hy aansienlike ondervinding van vuurwapens gehad het, en gereeld vuurwapens gebruik het. Ek vind dit moeilik om te glo dat hy nie geweet het van die moontlikheid van opslagkoeëls, selfs by die 7,62 mauser nie. Hoe dit ook al sy, die vraag is nie of hy geweet het van die moontlikheid van opslagkoeels nie, maar of hy, as 'n redelike mens, behoort te geweet het. Myns insiens behoort selfs 'n sestienjarige te weet dat dit gevaarlik is om met 'n vuurwapen naby mense te skiet, en dit geld veral vir 'n sestienjarige wat ondervinding in die gebruik van vuurwapens het.
4
Ek meen dus dat die skuldigbevinding in orde was.Dit bring my dan by die vonnis. Die appellant is gevonnis tot 4 jaar gevangenisstraf wat vir 5 jaar opgeskort is onder sekere voorwaardes, en veral 'n voorwaarde dat hy 2250 uur gemeenskapsdiens verrig. Daar is betoog dat hierdie vonnis te swaar is. Die verhoorhof het getuienis ten opsigte van vonnis aangehoor en het 'n deeglike en ewewigtige uitspraak oor vonnis gelewer waarmee ek saamstem. Weens die omstandighede wat die verhoorhof genoem het, meen ek dat daar geen gronde is om by die opgelegde vonnis in te meng nie.
Die appèl teen skuldigbevinding en vonnis word afgewys.
SMALBERGER, AR
STEYN, AR Stem saam
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.