S v Barnabas (146/90) [1991] ZASCA 8; [1991] 2 All SA 111 (A) (8 March 1991)
- Citation
- [1991] ZASCA 8
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Vivier, Kumleben, Eksteen
- Case number
- 146/90
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Vivier, Kumleben, Eksteen
- Case number
- 146/90
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal found that the trial judge had overemphasized the appellant's previous convictions and failed to adequately consider the specific circumstances under which the murder was committed. The judge did not conduct a sufficiently thorough inquiry into the facts surrounding the offence, as required by established sentencing principles. The appellant's prior convictions, while numerous, were for offences that had not previously attracted sentences exceeding 12 months' imprisonment, indicating their relative lack of seriousness. The sentence of 20 years was deemed excessively harsh and not justified by the facts. The court substituted the sentence with 12 years' imprisonment, finding this to be a just and proportionate punishment in light of all circumstances.
Court disposition
Appeal upheld; sentence reduced.
Orders
- The appeal is upheld.
- The sentence imposed by the trial court is set aside and replaced with a sentence of 12 years' imprisonment.
02
Material facts
Parties
Kenneth Barnabas
AppellantThe State
RespondentAmounts and remedies
- Original Sentence (years Imprisonment): 20
- Substituted Sentence (years Imprisonment): 12
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Sentence After Conviction for Murder With Extenuating Circumstances
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the trial judge overemphasized the appellant's previous convictions in imposing sentence.
- 02
Whether the circumstances of the crime justified a sentence of 20 years' imprisonment.
- 03
Whether the trial judge properly investigated all relevant facts before sentencing.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the trial judge placed excessive weight on his previous convictions and failed to give sufficient consideration to the specific circumstances under which the crime was committed. He contended that the sentence of 20 years' imprisonment was disproportionately severe given the facts and his personal circumstances, including his intoxication and the nature of the altercation.
- Respondent
- The respondent maintained that the appellant's extensive criminal record justified a lengthy sentence and that the trial judge was correct in seeking to protect society by removing the appellant for as long as possible. The respondent accepted the plea and conviction for murder with extenuating circumstances and argued that the sentence was appropriate.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Soci 1986 (2) SA 14 (A)
A heavy sentence should not be imposed without a thorough and detailed investigation of all relevant factors, especially the precise circumstances of the offence.
- 02
General sentencing principles
Previous convictions must be weighed appropriately and not overemphasized to the detriment of other mitigating factors.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal found that the trial judge had overemphasized the appellant's previous convictions and failed to adequately consider the specific circumstances under which the murder was committed. The judge did not conduct a sufficiently thorough inquiry into the facts surrounding the offence, as required by established sentencing principles. The appellant's prior convictions, while numerous, were for offences that had not previously attracted sentences exceeding 12 months' imprisonment, indicating their relative lack of seriousness. The sentence of 20 years was deemed excessively harsh and not justified by the facts. The court substituted the sentence with 12 years' imprisonment, finding this to be a just and proportionate punishment in light of all circumstances.
Obiter and limits
- A trial judge contemplating a severe sentence must ensure all facts relating to the commission of the crime are properly investigated, even if it requires calling further evidence.
- The failure to investigate the circumstances of the altercation and the appellant's state of mind may have led to an incomplete understanding of the events.
Court disposition
Appeal upheld; sentence reduced.
- The appeal is upheld.
- The sentence imposed by the trial court is set aside and replaced with a sentence of 12 years' imprisonment.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
1.
Saak nr 146/90 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPelAFDELING)
In die saak tussen:
KENNETH BARNABAS Appellant
- en -
DIE STAAT RespondentCORAM: VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN ARR.VERHOOR: 21 Februarie 1991.
GELEWER: 8 Maart 1991.
UITSPRAAK
VIVIER AR.
2/...2.
VIVIER AR:
Die appellant kom in hoër beroep teen 'n vonnis van 20 jaar gevangenisstraf wat hom opgelê is deur STEENKAMP R in die Noord-Kaapse Afdeling, nadat hy skuldig bevind is aan moord met versagtende omstandighede. Verlof om te appelleer is deur die Verhoorregter geweier, maar is daarna aan die appellant toegestaan na 'n versoekskrif aan die Hoofregter.By die verhoor het die appellant skuldig gepleit aan moord. 'n Verklaring ingevolge art 112(2) van Wet 51 van 1977 is daarna deur sy advokaat by die Verhoorhof ingelewer. Daarin sê die appellant kort en bondig dat hy die oorledene een hou met 'n mes in die nek gesteek het in die loop van 'n argument toe hy deur die oorledene uit laasgenoemde se huis gestoot is. Hy
3/...
3.
sê verder dat hy onder die invloed van drank was maar dat hy nogtans wederregtelik en met indirekte opset om te dood gehandel het. Die advokaat wat namens die Staat opgetree het, het die Verhoorhof meegedeel dat hy die pleit aanvaar en die appellant is daarop aan moord met versagtende omstandighede skuldig bevind. Daarna is die appellant se vorige veroordelings, wat hy erken . het, voorgelê en het die advokate die Verhoorhof toegespreek oor vonnis. Uit die Verhoorregter se uitspraak, wat onmiddellik hierna gevolg het, blyk nog die volgende oor die omstandighede waaronder die misdaad gepleeg is: die appellant was vroeer die betrokke aand in die huis van die oorledene, met wie hy bevriend was. 'n Argument het tussen die twee ontstaan en die appellant het geloop, maar later die aand weer teruggekeer. Die stryery het weer begin en die
4/...
4.
oorledene het die appellant by die huis uigestoot en is in die proses die dodelike steekwond toegedien. Waaroor die stryery gegaan het, en wie dit weer begin het, blyk nie uit die Verhoorregter se uitspraak nie.Die appellant se persoonlike omstandighede is dat hy 31 jaar oud is, standerd 4 geslaag het, 'n vaste werk het en 'n vrou en twee kinders het.Dit blyk uit die Verhoorregter se verslag wat ingevolge art 320 van genoemde Wet by die verlening van verlof om te appelleer aangevra is, dat die swaar vonnis grootliks te wyte is aan die appellant se vorige veroordelings. Die Verhoorregter sê dat indien die appellant geen vorige veroordelings gehad het nie, hy "h maksimum vonnis van 12 jaar gevangenisstraf, waarskynlik slegs 10 jaar gevangenisstraf" sou opgelê het. Die Verhoorregter sê
5/...5.
verder in sy verslag dat hy die appellant as 'n gevaar vir die samelewing beskou het en hom gevolglik "so lank as moontlik uit die samelewing (wou) verwyder".Na my mening het die Verhoorregter die appellant se vorige veroordelings oorbeklemtoon. Die appellant het ongetwyfeld 'n slegte rekord: twee vorige veroordelings vir roof, ses vir aanranding met die opset om ernstig te beseer en twee vir gewone aanranding. Vir geen een van die vorige veroordelings is 'n swaarder vonnis as 12 maande gevangenisstraf opgelê nie, wat as 'n aanduiding van die relatiewe geringe aard van die misdade beskou kan word. In die omstandighede van die huidige saak regverdig die appellant se vorige veroordelings, na my mening, nie die oplegging van 'n addisionele 10 of 12 jaar gevangenisstraf nie.
6/...6.
Omdat hy soveel gewig aan die appellant se vorige veroordelings geheg het, het die Verhoorregter, meen ek, onvoldoende aandag geskenk aan die presiese omstandighede waaronder die misdaad gepleeg is. In S v Soci 1986 (2) SA 14 (A) het hierdie Hof die volgende gesê omtrent 'n Verhoorregter se korrekte benadering voordat 'n vonnis soos die huidige opgelê word (per BOTHA AR op bl 17 I - 18 B) -
"'n Vonnis van 18 jaar gevangenisstraf is 'n geweldige swaar vonnis. Straftoemeting van hierdie omvang behoort na my mening nie te geskied sonder 'n deeglike en diepgaande ondersoek na al die tersaaklike faktore nie, onder meer die presiese omstandighede waaronder die oortreding gepleeg is. Om so 'n vonnis te vel aan die hand van die karige soort gegewens wat in die huidige geval vorendag gekom het, slegs by wyse van kort
7/...7.
verklarings gemaak deur en namens 'n beskuldigde, kom my voor onbevredigend en onwenslik te wees. 'n Verhoorregter wat in gedagte het om so 'n swaar straf op te lê, behoort homself te vergewis daarvan dat al die feite in verband met die pleeg van die misdaad behoorlik uitgepluis is, desnoods deur van die Staat te verlang om getuienis voor te lê, waarop die beskuldigde die geleentheid sal hê om te antwoord."
Hierdie benadering is in die huidige saak nie gevolg nie. 'n Verklaring wat die advokaat vir die verdediging blykbaar gemaak het oor hoe die stryery ontstaan het en waaroor dit gegaan het (wat die appellant in sy aansoek aan hierdie Hof vir verlof om te appelleer herhaal het), is gevolglik nooit ondersoek nie. Dit mag wel wees dat so 'n ondersoek 'n totale ander beeld van die gebeure aan die Verhoorregter sou openbaar het.
8/...
8.
Selfs geoordeel op die grondslag van die feite wat voor die , Verhoorregter was, is die vonnis na my mening,
buitensporig swaar. Dit is omdat, soos ek reeds daarop gewys het, die Verhoorregter die appellant se. vorige veroordelings oorbeklemtoon het. Na my mening sal reg geskied indien 'n vonnis van 12 jaar gevangenisstraf in die plek gestel word van die vonnis wat deur die Verhoorregter opgelê is.Die appel word gehandhaaf. Die vonnis opgelê deur die Hof a guo word tersyde gestel en vervang deur 'n vonnis van 12 jaar gevangenisstraf.
W. VIVIER AR.
KUMLEBEN AR)
Stem saam. EKSTEEN AR)
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.