S v Batwali (CA&R 74/2007) [2007] ZANCHC 64 (16 November 2007)
- Citation
- [2007] ZANCHC 64
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Olivier R, Mokgohloa WnR
- Case number
- CA&R 74/2007
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Olivier R, Mokgohloa WnR
- Case number
- CA&R 74/2007
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The appellate court found no evidence that the trial court overemphasized the seriousness of the offences or failed to consider mitigating factors. The attacks were unprovoked and motivated by vengeance, with little in the appellant's favour except her lack of prior violent convictions. The trial court properly considered the cumulative effect of the sentences and the appellant's personal circumstances. The deviation from the prescribed minimum sentence for murder was justified by the presence of substantial and compelling circumstances. There was no material misdirection or shockingly inappropriate sentence warranting appellate interference. The appeal was dismissed and the sentences confirmed.
Court disposition
Appeal dismissed; sentences confirmed.
Orders
- The appeal is dismissed.
- The sentences imposed by the trial court are confirmed.
02
Material facts
Parties
K. Batwali
Appellant Counsel: Adv T FourieThe State
Respondent Counsel: Adv M G W BaganenengAmounts and remedies
- Sentence for Murder (count 1): ZAR 12
- Sentence for Assault With Intent to Do Grievous Bodily Harm (count 2): ZAR 2
- Sentence for Assault With Intent to Do Grievous Bodily Harm (count 3): ZAR 3
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the trial court overemphasized the seriousness of the offences in sentencing the appellant.
- 02
Whether the sentences imposed were shockingly inappropriate or resulted from a material misdirection.
- 03
Whether sufficient mitigating factors were considered in favour of the appellant.
Party arguments
- Applicant
- Counsel for the appellant argued that the magistrate overemphasized the seriousness of the offences and failed to give due weight to mitigating factors, including the appellant's lack of previous convictions for violent crimes and her personal circumstances. It was further contended that the cumulative effect of the sentences was excessive and that the evidence suggested the complainant may have been the aggressor in one of the assaults.
- Respondent
- Counsel for the respondent maintained that the sentences imposed were appropriate given the gravity and unprovoked nature of the attacks, particularly the murder. The respondent argued that the trial court properly considered all relevant factors, including the appellant's previous convictions and the circumstances of the offences, and that there was no basis for appellate interference.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Rabie 1975 (4) SA 855 (A)
An appellate court will only interfere with a sentence if there has been a material misdirection or if the sentence is disturbingly inappropriate.
- 02
S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A)
Sentencing must balance the seriousness of the offence, the interests of society, and the personal circumstances of the accused.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The appellate court found no evidence that the trial court overemphasized the seriousness of the offences or failed to consider mitigating factors. The attacks were unprovoked and motivated by vengeance, with little in the appellant's favour except her lack of prior violent convictions. The trial court properly considered the cumulative effect of the sentences and the appellant's personal circumstances. The deviation from the prescribed minimum sentence for murder was justified by the presence of substantial and compelling circumstances. There was no material misdirection or shockingly inappropriate sentence warranting appellate interference. The appeal was dismissed and the sentences confirmed.
Obiter and limits
- The quality of practice notes and heads of argument in criminal appeals is often lacking, as observed in this and other matters.
- The appellant was fortunate not to have been charged with attempted murder for the second attack.
Court disposition
Appeal dismissed; sentences confirmed.
- The appeal is dismissed.
- The sentences imposed by the trial court are confirmed.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saak No: CA&R 74/2007
Datum gelewer: 16/11/2007
In die saak tussen:
K.
BATWALI APPELLANT
en
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram: Olivier R et Mokgohloa WnR
UITSPRAAK OP APPèl
Olivier R:
Die appellant is in die Streekhof skuldig bevind op Šaanklag van moord (aanklag 1) en op twee aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer (aanklagte 2 en 3). Sy is op aanklag 1 gevonnis tot 12 jaar gevangenisstraf en op aanklagte 2 en 3 tot onderskeidelik 2 jaar en 3 jaar gevangenisstraf, wat gelas is om gelyktydig uitgedien te word. Die appellant kom nou met verlof van die verhoorhof in hoër beroep teen haar vonnisse.
Dit is geykte reg dat ŠHof van appèl slegs met Šverhoorhof se vonnis sal inmeng as daar Šwesenlike mistasting begaan is of die vonnis skokkend onvanpas is.
Namens die appellant is betoog dat die streeklanddros die erns van die misdade oorbeklemtoon het. Ek stem nie saam nie.
Die appellant het die Vrydagaand van 10 Oktober 2003 (aanklag 2) haar man (âdie klaerâ) met Å mes gesteek in Å totaal ongeprovokeerde aanval en terwyl die klaer probeer het om weg te kom van haar. Die klaer moes die betrokke aand hegsteke ontvang vir die besering wat hy in die proses opgedoen het.
Letterlik die volgende dag, Saterdag 11 Oktober 2003 (aanklag 3), het die appellant, toe die klaer by haar wou weet waar sy kos was, nie geaarsel om dieselfde mes weer tevoorskyn te bring en hom etlike steekwonde daarmee toe te dien nie.
Mense het die appellant probeer keer, maar sy wou nie luister nie. Sy het ook op daardie toneel ander persone met die mes rondgejaag.
Die appellant het op Å stadium oor die klaer gestaan waar hy gaan lê het toe hy weens bloedverlies te swak geword het om te staan, en vir hom gesê: âHaal jy nog asem, want ek wil jou klaarmaakâ. Ek meen dat die appellant gelukkig was dat sy nie ten aansien van dié aanval van poging tot moord aangekla is nie.
Dit is toe wat die oorledene (die broer van die klaer), klaarblyklik omdat hy besorgd was oor sy broer wat op die grond gelê en bloei het, nadergekom het en gevra het: âBroer, sy steek vir jou gisteraand, nou steek sy vir jou weer vandag. Wat is dit eintlik?â
Die appellant, wat op daardie stadium in die nabyheid was, se reaksie was om weer die mes uit te haal en vir die oorledene te sê: âEk soek vir jouâ. Dit het geblyk dat daar ongeveer Å maand tevore Å uitval was tussen die appellant en die oorledene en dat dit was waarom sy gesê het: âEk soek vir jouâ.
Die appellant het toe die oorledene twee keer geklap, waarop die oorledene vir haar gesê het: âEk baklei nie, dat ek kom kyk maar net waarmee is julle twee besigâ. Dit was egter nie vir die appellant goedgenoeg nie. Sy het die oorledene toe die fatale steekwond op sy bors toegedien (aanklag 1).
Na my oordeel het die streeklanddros hoegenaamd nie die erns van die drie aanvalle oorbeklemtoon nie. Ek meen dat die appellant gelukkig was dat daar, ten aansien van die moordklag, wesenlike en dwingende omstandighede bevind is en afgewyk is van die voorgeskrewe vonnis van 15 jaar gevangenisstraf. Die aanval op die oorledene was totaal ongeprovokeerd en duidelik gemotiveer deur wraaksug.
Daar is bitter weinig wat versagtend in aanmerking geneem kon word. Volgens die klaer het die appellant wel gedrink, maar was sy nie juis onder die invloed van drank nie. Dit is egter so dat, alhoewel die appellant vorige veroordelings van diefstal en meineed gehad het, sy op 26-jarige ouderdom darem nog nie Å vorige veroordeling van geweld teenoor die persoon van Å ander gehad het nie.
Na my oordeel het die streeklanddros behoorlike oorweging verleen aan wat daar ookal versagtend was in die guns van die appellant en ook behoorlik gelet op haar persoonlike omstandighede, en is geen faktor ten koste van Å ander oorbeklemtoon nie.
Verder is die streeklanddros gekritiseer as sou sy die veelvoudige voorkoms van geweldsmisdade oorbeklemtoon het. Ek vind geen aanduiding hiervan nie en meen nie dat daar onbehoorlike klem op dié faktor gelê is nie.
Daar is ook namens die appellant geargumenteer dat die strekking van die getuie Iphkati se getuienis sou gewees het dat die klaer, met die aanval op hom Saterdag 11 Oktober 2003, die aggressor was. Ook hiermee stem ek glad nie saam nie.
Alhoewel die getuie getuig het (soos die klaer ook) dat die klaer Å staaldraad gehad het en daarmee na die appellant geslaan het, was sy getuienis dat dit die appellant was wat die klaer genader het nadat hy die staaldraad opgetel het, dat die klaer geretireer het âen op daardie stadium het sy haar hand opgetel en toe gaan val Oupa (wat ân noemnaam van die klaer was)â.
Inteendeel, Iphkati se getuienis was verder (strydig met dié van die klaer) dat die appellant die klaer met die mes gesteek het terwyl hy op sy rug gelê het. Dit is moeilik om te begryp hoe gesê kan word dat hierdie getuienis daarop sou dui dat die klaer die aggressor was tydens die betrokke voorval.
Die streeklanddros het die kumulatiewe effek van die vonnisse in ag geneem by die oorweging van vonnis. Die feit dat sy Švonnis van 15 jaar gevangenisstraf as nie gepas op die aanklag van moord beskou het nie, beteken nie dat sy dié termyn ook nie as gepas kon beskou as Šeffektiewe termyn ten aansien van al drie misdade tesame nie.
Na my oordeel is daar geen basis waarop ingemeng kan word met enige van die vonnisse nie.
Ter afsluiting verwys ek bloot na my opmerkings in die appèl van Janse van Rensburg (CA&R 44/07) oor die kwaliteit (of gebrek daaraan) van die praktyksnotas en betoogshoofde wat maar te dikwels voorkom in kriminele appèlle. Dit geld beslis ook vir die praktyksnotas in hierdie aangeleentheid, en vir die betoogshoofde namens die respondent.
Ek maak dan die volgende bevele in hierdie aangeleentheid:
Die appèl word afgewys en die opgelegde vonnisse word bekragtig.
________
C
J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE AFDELING
Ek stem saam:
F
E MOKGOHLOA
WAARNEMENDE
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms Appellant: Adv T Fourie
In opdrag van: Regshulpraad, Kimberley
Nms Respondente: Adv M G W Baganeneng
In opdrag van: Direkteur van Openbare Vervolging, Kimberley
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.