S v Botha en 'n Ander, S v Marais (625/1991, 197/1991) [1992] ZASCA 234; 1993 (2) SA 76 (AD); (27 November 1992)
- Citation
- [1992] ZASCA 234
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Hefer, Vivier, Krieger
- Case number
- 625/1991, 197/1991
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Hefer, Vivier, Krieger
- Case number
- 625/1991, 197/1991
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the appellants acted with full awareness of the criminality of their conduct, motivated by a desire for revenge rather than any legitimate political objective. The attack was planned, executed with deadly weapons, and targeted innocent civilians who had no connection to the earlier incident. The court rejected arguments that political or religious beliefs, or the earlier stabbing incident, could serve as meaningful mitigation. The aggravating factors, including the calculated nature of the attack, its brutality, and the threat to public safety, overwhelmingly outweighed any mitigating circumstances. The court held that retribution and deterrence demanded the imposition of the death penalty as the only appropriate sentence for each count of murder.
Court disposition
The appeals against the death sentences are dismissed.
Orders
- The appeals are dismissed.
- The death sentences imposed on each count of murder are confirmed.
02
Material facts
Parties
David Petrus Botha
AppellantAdriaan Smuts
AppellantEugene Marais
AppellantThe State
Respondent03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Sentence (death Penalty)
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the death sentence is the only appropriate sentence for the appellants convicted of murder and attempted murder.
- 02
Whether political or religious beliefs and provocation can serve as mitigating factors in sentencing for these crimes.
- 03
Whether the appellants' roles and personal circumstances justify a lesser sentence.
Party arguments
- Applicant
- The appellants argued that their actions were motivated by a bona fide belief in the cause of the Orde Boerevolk and AWB, and that the attack was a reaction to the earlier stabbing of white civilians by PAC supporters. They contended that their political and religious convictions, lack of prior convictions, cooperation with police, and remorse should be considered as mitigating factors. The defence also argued that the attack was not premeditated but rather a response to provocation, and that the appellants did not use maximum violence available to them.
- Respondent
- The State argued that the attack on the bus was a premeditated, cowardly, and cold-blooded act of revenge against innocent victims, unrelated to the earlier incident. The prosecution maintained that the aggravating factors, including the planning, brutality, and indiscriminate nature of the attack, far outweighed any mitigating circumstances. The State asserted that political or religious beliefs cannot justify criminal conduct, and that the death penalty was the only appropriate sentence to serve the interests of justice, deterrence, and retribution.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Strafproseswet 51 van 1977
Political or religious beliefs cannot serve as a justification or significant mitigation for criminal acts such as murder; the law must be applied equally regardless of motive.
- 02
S v Rabie 1975 (4) SA 855 (A)
Retribution and deterrence are paramount sentencing objectives in cases of grave violence, especially where public safety and social order are threatened.
- 03
S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A)
Mitigating factors such as lack of prior convictions, remorse, and cooperation with authorities must be weighed against aggravating factors like premeditation and brutality.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the appellants acted with full awareness of the criminality of their conduct, motivated by a desire for revenge rather than any legitimate political objective. The attack was planned, executed with deadly weapons, and targeted innocent civilians who had no connection to the earlier incident. The court rejected arguments that political or religious beliefs, or the earlier stabbing incident, could serve as meaningful mitigation. The aggravating factors, including the calculated nature of the attack, its brutality, and the threat to public safety, overwhelmingly outweighed any mitigating circumstances. The court held that retribution and deterrence demanded the imposition of the death penalty as the only appropriate sentence for each count of murder.
Obiter and limits
- The court emphasized that no one is entitled to take the law into their own hands, regardless of personal or political convictions.
- It was noted that the community expects the strongest possible condemnation and punishment for acts of terror and indiscriminate violence.
- The judgment highlighted the dangers of allowing personal beliefs to override the rule of law, especially in a volatile political climate.
Court disposition
The appeals against the death sentences are dismissed.
- The appeals are dismissed.
- The death sentences imposed on each count of murder are confirmed.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA ( APPéLAFDELING )
In die saak tussen:
Saak No 625/1991
1. DAVID PETRUS BOTHA Eerste AppellantADRIAAN SMUTS Tweede Appellant
teen
DIE STAAT Respondent
Saak No 197/1991
2. EUGENE MARAIS Appellant
CORAM: HEFER, VIVIER ARR et KRIEGLER Wn
AR.
VERHOORDATUM: 12 NOVEMBER 1992 LEWERINGSDATUM: 27 NOVEMBER 1992.
UITSPRAAK HEFER AR:
2
HEFER AR:
Hierdie twee appèlle wat gesamentlik aangehoor is en in 'n enkele uitspraak behahdel word spruit uit verskillende verhore maar uit dieselfde voorval.
Op Dinsdag 9 Oktober 1990 het 'n aantal swart jeugdiges wat, te oordeel aan hulle kleredrag lede of ondersteuners van die PAC was, blankes in Weststraat, Durban, met messe aangeval en agt mense beseer. Een is later oorlede. Daardie aand is 'n aantal skote met outomatiese wapens naby die stad vanuit 'n verbysnellende motor op 'n bus vol swart passasiers gevuur. Sewe passasiers is gedood en agtien ander verwond. Dawid Petrus Botha, Adriaan Smuts en Eugene Marais, na wie voortaan verwys word as eerste, tweede en derde appellant onderskeidelik, is weens die skietery gearresteer. Hulle is
3
aanvanklik gesamentlik aangekla maar, aangesien eerste en tweede appellante skuldig en derde appellant onskuldig gepleit het, is 'n skeiding van verhore gelas. Derde appellant se verhoor is deur HUGO R en assessore waargeneem. Nadat hy sy pleit na skuldig verander het, is hy skuldig bevind op sewe aanklagte van moord, sewe-en-twintig aanklagte van poging tot moord en twee aanklagte waarin die onwettige besit van 'n AK-47 geweer en ammunisie beweer is. HUGO R het hom ter dood veroordeel op elke aanklag van moord. Die ander twee appellante is verhoor deur GALGUT R en assessore. Hulle het ook skuldig gepleit en is skuldig bevind aan die sewe moorde en sewe-en-twintig pogings tot moord en verder weens die onwettige besit van wapens en ammunisie. Ook in hulle geval is die doodvonnis op elke aanklag van moord opgelê. Die huidige appèlle ooreenkomstig Art 316 A(l) van die Strafproseswet 51 van 1977, soos
4
gewysig, is slegs teen die doodvonnisse gerig.Weens die aard van die pleite was die verdedigingsgetuienis by elke verhoor beperk tot getuienis ter strafversagting. By eerste én tweede appellante se verhoor het eerste appellant alleen getuig en by derde appellant se verhoor is sy getuienis en dié van 'n aantal ander getuies met die oog op die straf aangehoor. Eerste en derde appellante se getuienis stem nie in alle opsigte ooreen nie maar die appélle is beredeneer op die basis van die volgende feite :
Ten tyde van die voorval was die appellante, wat op Richardsbaai gewoon het, lede van die Afrikaner Weerstands Beweging ("AWB") en die Orde Boerevolk. Hoewel die aard en doelstellings daarvan nie ten volle uitgepluis is nie,is daar voldoende getuienis om aan te neem dat beide organisasies uitgesproke teenstanders van die regering en5 onversetlik gekant teen 'n moontlike toekomstige swart bewind is en bereid is om alles in die stryd te werp om die belange van blankes in die algemeen en die Afrikanervolk in die besonder te handhaaf. Die AWB was aanvanklik blykbaar 'n kultuurorganisasie maar volgens derde appellant se getuienis is dit later op 'n militêre basis gestruktureer en het dit 'n organisasie geword waarin die leiers militêre range dra. Aan die hoof daarvan was mnr Eugene Terre'Blanche met die rang van generaal. Eerste appellant was 'n kommandant en bevelvoerder van die groep in die Richardsbaai omgewing. Wat presies die struktuur van die Orde Boerevolk is blyk nie uit die getuienis nie. Volgens eerste appellant bestaan afsonderlike selle daarvan in verskillende dele van die land. Hy was die stigter en leier van so 'n sel in Richardsbaai.
Nuusberigte oor die messtekery in
6Weststraat is kort nadat dit plaasgevind het oor die
radio uitgesaai en deur eerste en derde appellante
gehoor. As gevolg daarvan het eerste appellant die
ander twee opdrag gegee om die aand by sy huis aan te
meld. Derde appellant moes ' n AK 47 wat hy, tot
eerste appellant se wete, besit het, met hom
saamneem. Om ongeveer 8 uur die aand het hulle by
eerste appellant se huis ontmoet en met tweede
appeliant se motor, wat deur eerste appellant bestuur
is, na Durban vertrek om, soos eerste appellant dit
in sy getuienis gestel het, 'n "teenaanval teen
swartes in Durban" te loods. Sy getuienis lui voorts:
"Die algemene gevoel tussen die drie van ons was dat ons hard en duidelik 'n boodskap moes uitstuur aan die Swart gemeente dat aanvalle van dié aard op blankes nie geduld sai word sonder weerwraak nie."
Afgesien van derde appellant se AK 47 was daar ook 'n
FN-geweer wat in eerste appellant se besit was in die
7motor. Beide hierdie wapens is in die getuienis asmasjiengewere beskryf. Eerste appellant het verder
getuig:
"Ons het nog geen definitiewe plan van aksie gehad toe ons Richardsbaai verlaat het nie, en terwyl ons gery het het ons gevoel dat daar gesoek moes word na 'n Swart huurmotor en dat ons die Swart huurmotor met die masjiengewere sou aanval. Terwyl ons gesoek het na 'n Swart huurmotor het daar 'n bus verbygekom en ons het besluit dat ons die bus sou agtervolg en aanval. Ons het die bus agtervolg ...Die bus was besig om die KwaMashu area te nader....Toe ek die bus verbysteek het beskuldigde no 2 en 3 op die bus gevuur....Ons het toe teruggekeer na Richardsbaai toe, elkeen na sy woning toe."
Met hierdie kennis van die appellante se
vergryp (waaraan toegevoeg sal word na mate die
uitspraak vorder) kan aandag nou gegee word aan die
vonnisse. Dit moet natuurlik geskied in die lig van
al die strafversagtende en strafverswarende faktore
met inagneming waarvan hierdie hof self moet oordeel
8
of die doodvonnis die enigste gepaste vonnis is. Soos aanstons sal blyk, is die faktore wat die straf in hierdie saak beïnvloed tot 'n groot mate ineengestrengel. Daarom is ek nie van voorneme om soos gebruiklik die strafversagtende en strafverswarende faktore afsonderlik te tabuleer nie.
Eerste en derde appellante het getuig - en tweede appellant het by die verrigtinge ooreenkomstig art 119 van die Strafproseswet te kenne gegee - dat die hele doel van die rit na Durban was om die mesaanval in Weststraat te wreek. Dit moet dadelik gemeld word dat die slagoffers van die mesaanval nie familielede of kennisse van enige van die appellante was nie en dat die appellante geen belang by die aanval gehad het nie ander dan dat die slagoffers blankes was. Beide verhoorhowe het bevind dat die voorval die appellante ontstel en
9
verontwaardig het maar, anders as duisende ander blankes wat heelwaarskynlik ewe ontsteld en verontwaardig was, het die appellante besluit om wraak te neem sodat dit kwansuis by die swart gemeenskap tuisgebring sou word dat geweld teenoor blankes teëgestaan sou word met geweld teenoor swartes.
Teen hierdie agtergrond is daar twee aspekte van die saak wat myns insiens beklemtoon moet word. Die eerste is dat die appellante nie in 'n oomblik van opwellende emosie gehandel het nie. Eerste en derde appellante het die nuus van die mesaanval gedurende die dag van 9 Oktober ontvang en tweede appellant het daarvan gehoor toe hy die ander twee appellante die aand by eerste appellant se huis ontmoet het. Eerste appellant het die ontmoeting gereël omdat, soos hy dit in sy getuienis gestel het, hy gevoel het "dat daar 'n aksie geloods moes word".
10
Soos vantevore gemeld, het derde appellant met ay AK47 by die ontmoeting opgedaag. (Ek sal later by diebespreking van derde appellant se geloofwaardigheidsy getuienis in hierdie verband behandel.) Gewapenmet derde appellant se AK 47 en die FN-geweer het diedrie na Durban vertrek met die uitdruklike doel om"weerwraak" te gaan neem. Op pad soontoe het hulle'n plan van aksie beraam en besluit om 'n swarthuurmotor of bus aan te val. Waarom dit juis 'n busof huurmotor moes wees, blyk uit eerste appellant segetuienis naamlik dat hulle nie tevrede was met eenof twee slagoffers nie; hoe groter die aantal, deste groter sou die trefkrag van hulle weerwraak wees.In Durban aangekom, het hulle vrugteloos gesoek na 'ngeskikte teiken en uiteindelik besluit om huistoe tegaan. Ongelukkig het hulle iewers in Durban-Noordeers koeldrank by 'n vulstasie gedrink en terwylhulle daarmee besig was, het die betrokke bus
11
verbygery. Dit was helder verlig en hulle het besefdat dit vol swart passasiers was. 'n Beter teiken
kon hulle nie verwag nie. Hulle het die bus
agtervolg en verbygesteek op 'n plek waar' daar nie
ander verkeer was nie. Daar het die aanval
plaasgevind. Word hulle optrede as geheel beoordeel,
kan dit nie anders beskryf word nie as 'n lafhartige,
weldeurdagte en koelbloedige aanslag op 'n aantal
onskuldige mense wat niks te make gehad het met die
oggend se voorval nie en wat uitgevoer is met die
vooropgestelde doel om soveel as moontlik van hulle
uit te wis. Ek stem met eerbied saam met HUGO R se
opmerkings ten opsigte van 'n betoog dat die
mesaanval beskou moet word as provokasie vir die
aanval op die bus. Hy het hom soos volg uitgelaat:
"Mnr de Vos het betoog dat die gebeure in Durban die oggend as provokasie bestempel kon word en dat die f eit ' n versagtende faktor daarstel. Ons stem nie saam nie. Die gebeure was ongetwyfeld die katalisator wat die aand se gebeure ontketen het.
12
Sekerlik was daar 'n gevoel van woede of moontlik vrees teenwoordig, maar niks wat die slagoffers van hierdie misdaad gedoen het kan as provokasie beskou word nie. Beskuldigde en sy trawante het geen poging aangewend om slagoffers te soek wat moontlik by die oggend se gebeure betrokke was nie, of selfs mense van dieselfde aard nie, soos byvoorbeeld jeugdige swartes nie. Inteendeel het hulle 'n aanval geloods op mense wat klaarblyklik teruggekeer het van die werk laat die aand en wat hoogs onwaarskynlik by die oggend se gebeure betrokke kon gewees het. Voorts het die beskuldigde die hele dag gehad om as't ware af te koel van die gevoelens wat by hom ontketen is toe hy die nuus die oggend gehoor het."
Dit geld vir eerste en tweede appellante ook.
Die tweede aspek wat op hierdie stadium
beklemtoon moet word, is dat die appellante die reg
in eie hande geneem het en hulle optrede aan die hand
van hulle liefde vir hulle volk probeer regverdig
het. Dit is reeds gemeld dat die appellante, anders
as duisende andere wat waarskynlik ewe verontwaardig
gevoel het, besluit het om die mesaanval te wreek.
13
Wanneer gesoek word na 'n verduideliking vir hulleoptrede moet eerste en derde appellante se getuienis
afsonderlik behandel word. Derde appellant het
getuig dat hy onder die indruk was dat die aanval op
die bus 'n AWB "aksie" was wat deur die leier van die
beweging gelas is. Volgens hom het mnr Terre'Blanche
voortdurend in sy toesprake op AWB vergaderings in
die vooruitsig gestel dat die organisasie 'n swart
bewindsoorname met geweld sou beveg. Sy getuienis
nadat hy gevra is wat sy reaksie was toe eerste
appellant hom en tweede appellant ingelig het dat
hulle 'n bus of huurmotor in Durban gaan aanval, lui
soos volg:
"Ek het aan hom gevra hoekom, en hy het aan my gestel dat dit is in weerwraak van hierdie mes-aanval, dat ons as AWB die opstand moet keer want dit is nou die begin van hierdie Swartopstand teen die Blankes en indien ons nie nou onmiddellik iets daaraan doen nie gaan dit nie stop nie.
Wat was u siening toe hy nou hierdie stelling aan u maak in die lig van wat u netnou gesê het, dat dit soort van die
14
rewolusie was wat nou aanbreek? Hoe het u hierdie woorde van hom geïnterpreteer? Ek het geglo wat hy vir my gesê het want ek het daaroor gedink en, aangesien mnr Botha direk geskakel het met mnr Eugene Terre'Blanche, met Ventersdorp,' het ek geglo dat die opdrag het daarvandaan gekom, dat daar 'n teenoptrede geloods moet word. HUGO R: Is dit ooit aan u gesê dat dit inderdaad so was? Nee U Edele, daar is nie aan my gesê dat die opdrag van Ventersdorp gekom het nie maar ek het dit so aanvaar as gevolg van die feit dat Piet direkte skakeling met Eugene Terre'Blanche het, en dat dit 'n groot besluit is en 'n groot opdrag wat nie op plaaslike vlak geneem sou word nie."
Elders in sy getuienis het hy gesê:
"As gevolg van die toesprake van mnr Terre'Blanche waar 'n mens gedurig gehoor het van die totale aanslag wat gaan kom, die swart opstand, het ek gedink dat hierdie die begin is van hierdie aanslag waar die Swartes nou omdraai, nie net teen mekaar veg nie maar teen die Blankes begin veg."
Derde appellant se advokaat het transkripsies van
sommige van die AWB leier se toesprake by die verhoor
ingehandig en in sy uitspraak het HUGO R daarop15 gewys dat mnr Terre'Blanche daarin wel geweld as die uiteindelike oplossing vir die Afrikaner se toekoms verkondig het maar dat hy nooit "geweld soos hierdie, op 'n tydstip soos hierdie, aangemoedig of veroorloof" het nie. Die verhoorhof het derde appellant se bewering oor sy geloof dat die mesaanval die begin was van 'n swart opstand teen blankes in elk geval verwerp maar bevind dat "die AWB het wel 'n rol gespeel om die beskuldigde se geneentheid om teen swartes op te tree te vergroot."
Eerste appellant het getuig dat die aanval op die bus 'n "aksie" van die Orde Boerevolk was waarmee die AWB niks te make gehad het nie. Later in sy getuienis het hy egter laat blyk dat daar geen kontak tussen sy sel en ander selle van die beweging was nie en dat hy persoonlik besluit het om die sogenaamde teenaanval te loods. In die verhoorregter se bespreking van die moontlike versagtende faktore
16
verskyn die volgende :
"Vierdens, en miskien van die grootstewaarde in hierdie opsig, aanvaar ons datwat die beskuldigdes gedoen het hulle indie bona fide geloof in die Orde Boerevolkse saak en doelstellings gedoen het.Hoewel hulle blykbaar ook lede is van dieAWB speel hierdie feit geen rol in hierdiesaak nie. Wat betref die Orde Boerevolk sesaak het die beskuldigdes geglo dat die PAC'n beleid van geweld teen blankes voorstaanen dat hulle plig was om die Orde Boerevolkse beleid te gehoorsaam, naamlik dat virelke blanke wat deur swartes doodgemaakword daar tien swartes moet sterwe.Beskuldigde no 1 sê dat hy glo dat dieblanke in Suid-Afrika in 'n oorlog gewikkelis. Tot die mate wat hy dit glo geldhierdie faktor in die beskuldigde seguns."
In die lig van eerste en derde appellante
se getuienis moet aanvaar word dat nóg die AWB nóg
die Orde Boerevolk as sodanig iets met die aanval te
make gehad het. Soos vantevore aangedui, verkondig
beide organisasies nietemin 'n beleid wat gerig is op
die daadkragtige handhawing van blankes se belange
teenoor swartes en die voorkoming van 'n uiteindelike
17
swart bewindsoorname. Dat lede soos die appellante vas glo dat die Afrikanervolk reeds in 'n verbete stryd om voortbestaan teen ander bevolkingsgroepe gewikkel is, kan nie betwyfel word nie - daarvan spreek eerste en derde appellante se getuienis. Boonop glo hulle dat dit nie bloot 'n stryd is teen politieke teenstanders nie maar inderdaad teen die magte van die Bose. Dit lê nie op die weg van die geregshof om hom uit te spreek oor die grondigheid van so 'n geloof nie; elkeen is immers geregtig om te glo wat hy wil. Maar elkeen wat dit huldig moet besef dat daar perke is aan die uitlewing van sy geloof. Dit spreek tog vanself dat niemand geregtig is om die wapen na goeddunke op te neem teen diegene wat hy as vyande van sy volk beskou nie. Misdadige optrede kan nie onder die dekmantel van liefde vir die volk verbloem word nie en persone soos eerste appellant wat homself beskou as 'n soldaat met die
18
bevoegdheid en die reg om, volgens eie oordeel, tebesluit oor die lewens van andere in die gewaande
beskerming van sy volk se belange, kan nie toegelaat
word om sy patriotisme as verskoning voor te hou nie.
Organisasies of individue wat hulle beywer vir die
behoud - soos hulle dit sien - van 'n volk moet dus
besef dat die reg sy gewone gang sal gaan en dat
misdadige optrede gestraf sal word, hoe lofwaardig
hulle optrede in eie oë ookal is. Eerste appellant se
houding spreek byvoorbeeld uit die volgende passasie
uit die oorkonde:
"Maar mnr Botha selfs in die oorlog dink ek nie mense gaan sommer eenvoudig sê nou maar in 'n dorpie in en jy skiet al wat vrou en kind is dood net om dood te maak nie. Dit
moet tog 'n doel dien. U Edele ek stem
nie saam nie. In Israel, onder die Palestyne, die Jode-aanval, word daar weerwraak geneem. Die Israeliese leër of die lugmag loods 'n teenaanval teen die Palestyne met bomwerpers en hulle skiet 'n hele dorp gelyk met die aarde. Daar word ook nie gekyk na mans, vrouens en kinders nie. En daardie Israeliese soldate kom terug en kry medaljes. Hulle word beskou
19
as helde omdat hulle opgerree het in die belang van hulle volk. So het ek as 'n boersoldaat opgetree in die belang van my volk."
Wat eerste appellant natuurlik uit die oog verloorhet, is dat hy en die ander twee
selfaangestelde "boersoldate" en beskermers van hulle
volk is. Sy houding is, om die minste te sê, erg
verwaand.
Hoe dit ookal sy, geeneen van die
appellante het probeer te kenne gee dat hy nie ten
volie bewus was van die strafbaarheid van sy optrede
nie. Die aanval op die bus het plaasgevind met die
volle wete dat hulle besig was om moord te pleeg.
Nogtans het hulle volhard. Daarom spreek dit vanself
daz hulie politieke en lewensbeskouings wat in
ooreenstemming is met die beleid van die AWB en die
Orde Boerevolk en klaarblyklik bygedra het tot die
misdaad, weinig gewig kan dra. Ek stem ook nie saam20 met die betoë in hierdie hof dat die moorde met 'n politieke motief gepleeg is nie. Soos reeds aangedui, was die motief weerwraak en niks anders nie. Trouens, eerste appellant het dit in sy getuienis erken. Dat met die aanval beoog is om 'n boodskap aan die swart gemeenskap opr te dra, verander nie die beweegrede nie. Al wat dit te kenne sou gee was dat geweld teenoor blankes gewelddadig gewreek sou word; met die politiek het so 'n boodskap van wederkerige rassegeweld niks te make nie.
Ek bespreek vervolgens elke appellant se posisie aan die hand van die verhoorhowe se bevindings.
In sy uitspraak op vonnis het GALGUT R asmoontlike versagtende faktore verwys na die feit dateerste en tweede appellante nie vorige veroordelingshet nie en nie tot geweld geneig is nie; dat hulle'n mate van berou het oor hulle optrede hoewel hulle
2 1
dit blykbaar steeds probeer regverdig; dat hulle metdie polisie saamgewerk het en hulle aanspreeklikheidnie probeer verdoesel het nie; dat hulle opgetreehet in die bona fide geloof in die Orde Boerevolk sesaak en doelstellings; en dat die mesaanval as 'nbeperkte vorm van provokasie gesien kan word hoeweldie "teenaanval" teen onskuldigige slagoffers gerigwas en die betrokke twee appellante nie "emosioneelbelaai" was nie. Wat tweede appellant betref isverder aanvaar dat hy 'n lae intelligensievlak het(wat bevestig is in 'n sielkundige verslag) en asvolgeling, eerder as leier, opgetree het. Tenaansien van die opsetvorm is geen bevindinggenotuleer nie omdat die verhoorhof van oordeel wasdat die vorm van opset nie veel verskil kon maak nieaangesien indirekte opset in die omstandighede vandie saak nie as 'n versagtende faktor aangemerk kanword nie. As agtergrond dien verder gemeld te word
22
dat eerste appellant op skool sover as standerd 9 gevorder het en vantevore 'n verkeersbeampte was. Ten tyde van die voorval was hy 46 jaar oud met sy eie sakeonderneming in Richardsbaai. Hy' het die verhoorhof beïndruk met sy "sterk persoonlikheid" en "helder gedagtes". Die verhoorhof het hom as "bo-gemiddeld slim" bestempel. Tweede appellant het skoolopleiding tot standerd 8 gehad en hom daarna as passer en draaier bekwaam. Ten tyde van die voorval was hy 38 jaar oud. Die verhoorhof het hom as 'n "negatiewe en teruggetrokke persoon" bestempel.
Die enigste bykomende versagtende faktor waarop mnr Rees in hierdie hof gesteun het,is dat die appellante nie die "maksimum geweld waartoe hulle in staat was" aangewend het nie. Wat hy in gedagte gehad het, was dat die appellante ná die aanval omgedraai het en weer by die bus verbygery het waar dit tot stilstand gekom het sonder om weer daarna te
23
skiet.
As verswarende faktore het die verhoorhof
verwys na die feit dat die aanval op die bus beplanwas en na die grusaamheid daarvan, veral waar dit met
dodelike wapens gerig was teen onskuldige weerlose
slagoffers en, wat eerste appellant betref, na die
feit dat hy die betrokke aand as leier opgetree het.
Die verhoorhof was van oordeel dat die verswarende
faktore die versagtendes geheel en al oorskadu.
GALGUT R was verder van mening dat vergelding 'n veel
groter rol in hierdie besondere saak speel teenoor
die ander doeleindes van vonnis as wat andersins die
geval sou gewees het. Dit is nie onvanpas nie om die
belese regter se slotopmerkings in die uitspraak oor
vonnis aan te haal. Dit lui soos volg:
"Die aanval verg na my mening die sterkste moontlike boodskap aan die gemeenskap, wit en swart, veral in die politieke klimaat wat toe geheers het en vandag steeds heers. Die daad van terreur wat die beskuldigdes gepleeg het was van die ernstigste. Lede
24
van die publiek, wit en swart, is geregtig om in die openbaar te beweeg, sekuur in die wete dat die gereg beskerming sal bied. Die publiek, wit en swart, moet derhalwe gewaarsku en verseker word dat hierdie tipe terreur op die strengste moontlike manier deur die gereg verwerp sal word. Die aanval was 'n moedswillige, gevoellose en agtelose daad op onskuldige mense uitgevoer wat op sy beste slegs dien om aanleiding te gee tot verdere geweld of teenaanvalle. Presies dieselfde moet gesê. word ten opsigte van die PAC se aanval daardie oggend."
Ek stem met eerbied saam. Dit kan geen
twyfel ly nie dat die versagtende faktore totaaloorskadu word deur die verswarende faktore en dat in
'n saak soos hierdie vergelding en afskrikking die
deurslaggewende doeleindes van die vonnis is. In 'n
onsekere politieke klimaat met onvermydelike spanning
tussen die bevolkingsgroepe is die skim van
grootskaalse rassegeweld altyd op die agtergrond.
Elke regdenkende, glo ek, hoop dat dit nooit
werklikheid sal word nie. Ongelukkig is daar egter
25altyd diegene wat onrus aanblaas en in geweld dieenigste oplossing sien. Ek beklemtoon wat ekvantevore gesê het naamlik dat dit elkeen vry staanom te glo wat hy wil maar dat niemand toegelaat kanword om sy persoonlike oortuigings gewelddadig aanander op te dring nie. Daardeur stel hy nie nethomself nie maar miljoene landsburgers in gevaar. Endit is presies wat die appellante gedoen het. Diegemeenskap sal ongetwyfeld daarop aandring dat hulleop die strengste moontlike manier behandel word asdie enigste gepaste boetedoening vir hulle daad enter voorkoming van dergelike voorvalle in dietoekoms. In eerste en tweede appellante se geval isek van oordeel dat die doodvonnis die enigste gepastevonnis is.
Derde appellant was tydens die voorval 28 jaar oud. Na matriek het hy vir ses maande 'n landbou kursus aan 'n universiteit gevolg maar sy studies
26
beëindig toe die plaas waarop hy sou gaan boer het, verkoop is. Daarna het hy nasionale diensplig verrig en vervolgens eers by 'n fabriek in Modderfontein en later in Chloorkop as skakelbeampte gewerk. Hy het 'n drie-jarige diploma kursus in padvervoer aan die Randse Afrikaanse Universiteit voltooi en uiteindelik gevorder tot assistent-vervoerbestuurder maar gedurende September 1989 het hy bedank. Nadat hy vir 'n paar maande as assistent-kontrakbestuurder by 'n ander vervoermaatskappy gewerk het, het hy gedurende Maart 1990 na Richardsbaai verhuis waar hy 'n suksesvolle fotografiese besigheid bedryf het. Sy ouers is gedurende 1984 geskei. Twee jaar later is sy moeder getroud met 'n persoon met 'n doktorsgraad in Opvoedkunde en 'n hoë pos in die Staatsdiens. Sy stiefpa het, volgens derde appellant, "dieselfde politieke sienings as ek gehad, en hy was 'n hoogs geleerde man en hy het my, soos ek gesê het,
27
politieke siening ondersteun en my vertel, dinge watek nie geweet het nie, wat ek dan toe ook nou geglohet". Sy politieke siening - wat kortweg as radikaalregs beskryf kan word - het derde appellanttoegeskryf aan sy opleiding aan 'n konserwatieweskool êrens in Transvaal, aan sy militêre opleiding,aan 'n universiteits-kamermaat wat 'n valskermsoldaatwas, aan sy skoonouers iewers in die Waterberg, ennatuurlik aan die AWB waarmee hy sedert 1987 inaanraking was. In Richardsbaai wou hy, met die oogop sy sakebelange, nie openlik aan die politiekdeelneem nie maar hy het gou te wete gekom dat eersteappellant die plaaslike kommandant van die AWB was.Daarna het eerste appellant hom gereeld by sybesigheid besoek.
'n Ander persoon wat derde appellant ook op Richardsbaai ontmoet het, was mnr Carel Liebenberg wat lid was van 'n organisasie bekend as die Israel
28
Visie of die Gemeente van die Verbondsvolk. Hierdie organisasie heet godsdienstig van aard te wees maar beoefen 'n geloofsbelydenis - nogal op die gewaande gesag van dieself de Bybel wat baie van ons lees -waarvolgens blankes kinders van God en anderskleuriges skepsels van Satan is wat nie hoër geag word as die diere van die veld nie. In sy getuienis het derde appellant te kenne gegee dat hy geglo het in die waarheid van die "evangelie" wat Liebenberg verkondig het.
Die verhoorhof het op die getuienis van 'n sielkundige en 'n aantal familielede aanvaar dat derde appellant "'n swak persoonlikheid het wat maklik beïnvloedbaar is". Na hierdie bevinding het HUGO R die faktore wat moontlik sy optrede op 9 Oktober 1990 beïnvloed het, behandel en tot die gevolgtrekking gekom dat nóg sy gesinsfaktore nóg sy skoolopleiding nóg sy stiefvader nóg sy skoonouers 'n
29
noemswaardige rol gespeel het. Ten opsigte van dieAWB is die bevinding genotuleer waarna reeds verwys
is naamlik dat
"die AWB het wel ' n rol gespeél om die beskuldigde se geneentheid om teen swartes op te tree te vergroot. Verder as dit het dit vir huidige doeleindes nie gegaan nie. Die AWB se invloed verduidelik tot 'n mate die beskuldigde se optrede, maar speel onses insiens geen rol om dit te versag nie."
Wat die Gemeente van die Verbondsvolk betref was die
verhoorhof nie bereid om te aanvaar dat die appellant
die organisasie se leerstellings as vaste geloof
aanvaar het nie. "Hoogstens was sy gemoed in
vertwyfeling daaroor" - aldus HUGO R se uitspraak.
Die verhoorhof het alle moontlike
versagtende faktore nagegaan. Onder hierdie hoof is
genotuleer dat derde appellant 'n skoon rekord het
sonder enige inherente neiging tot geweld. Later, by
die opweging van die verskillende faktore, is verder
30aangedui dat hy rehabiliteerbaar is en, selfs sonder enige straf, nie weer so 'n misdaad sal pleeg nie. Die verhoorhof het nogtans bevind dat die enigste werklike berou aan derde appellant se kant betrekking het op die posisie waarin hy homself en sy gesin geplaas het. Origens is bevind dat derde appellant wel vatbaar is vir beïnvloeding deur ander maar, soos aangedui, dat daar daadwerklik nie noemenswaardige beïnvloeding was nie. Ten opsigte van provokasie is die bevinding geboekstaaf wat reeds aangehaal is en wat daarop neerkom dat, hoewel daar 'n gevoel van woede was, "niks wat die slagoffers van hierdie misdaad gedoen het, ... as provokasie beskou (kan word) nie". Vervolgens is eerste appellant se rol teenoor dié van derde appellant behandel. Die verhoorhof het bevind dat eerste appellant inderdaad die initiatief geneem het om die aanval te loods en dat hy binne die struktuur van die AWB 'n posisie van
31
gesag beklee het en boonop die uiteindelike bevel gegee het om op die bus te skiet. Nadat daarop gewys is dat dit tweede en derde appellante was wat die werklike skietwerk gedoen het, het die verhoorhof tot die gevolgtrekking gekom dat dit kwalik moontlik is om aan derde appellant 'n geringer rol toe te dig as aan sy metgeselle en dat "al die deelnemers een so aandadig as die ander" is.
In hierdie hof het mnr de Vos sy betoog ten opsigte van versagtende faktore hoofsaaklik toegespits op wat hy "politieke en godsdienstige faktore" genoem het. Die betoog het daarop neergekom dat, hoewel die verhoorhof tereg bevind het dat derde appellant geredelik vatbaar was vir beïnvloeding, die daadwerklike beïnvloeding wat waarskynlik bygedra het tot sy optrede totaal onderskat is. Ek stem egter nie saam nie. Derde appellant se getuienis laat die onuitwisbare indruk dat hy daarop uit was om sy eie
32
verwytbaarheid voor andermansdeur te lê deur te kenne te gee dat hy gedurende feitlik die hele verloop van sy lewe deur andere in 'n bepaalde rigting gestuur is. Die waarheid skemer egter deur in sy getuienis oor sy stiefvader wat hierbo aangehaal is naamlik dat laasgenoemde se politieke beskouings ooreengekom het met derde appellant se eie beskouings. Dit geld ook vir sy kamermaat en sy skoonouers en veral vir die AWB. Eerste appellant het byvoorbeeld getuig dat hy graag geluister het na toesprake van Eugene Terre'Blanche en groot genot gevind het in bandopnames van die leier se retoriek waarna hy gereeld geluister het. Klaarblyklik het hy egter nie geluister na iets wat hy nie graag wou hoor nie; wat genotvol was in sy leier se uitsprake, was dat dit ooreengestem het met sy eie beskouings. Natuurlik kan aanvaar word dat sy persoonlike sienings daardeur versterk is en dat hy tot daardie mate beïnvloed is.
33
Daarom was HUGO R volkome korrek in sy gevolgtrekking dat die AWB 'n rol gespeel het om derde appellant se geneentheid om teen swartes op te tree te vergroot. Verder as dit kan dit egter nie gaan nie. Allermins kan dit gesê word dat enigiemand, behalwe eerste appellant, wie se optrede ek binnekort sal behandel, by wyse van beïnvloeding meegewerk het tot derde appellant se misdade. Oor Carel Liebenberg en die Gemeente van die Verbondsvolk hoef nie veel gesê te word nie. Die verhoorhof het tereg bevind dat derde appellant, wat die godsdiens betref, in twyfel verval het maar dat hy werklik kon geglo het dat swartes skepsels van die duiwel is, kan eenvoudig nie aanvaar word nie.
Dit moet aanvaar word dat eerste appellant die betrokke dag 'n belangrike rol gespeel het en, soos die verhoorhof bevind het, die inisiatief geneem het in die besluit om weerwraak te neem. Sy rol
34
moet egter nie oorskat word nie. Dat hy die leiding geneem het doen nie afbreuk aan derde appellant se volkome bereidwilligheid om mee te doen nie. Volgens derde appellant was dit op eerste appellant se aandrang dat hy sy AK 47 saamgeneem het na die ontmoeting voordat hy nog geweet het van die voorneme om Durban toe te ry. Sy getuienis dat hy hoegenaamd nie geweet het waarom hy die wapen moes saamneem nie, en dat eerste appellant aan hom gesê het dat hulle 'n draai sou gaan ry en dat hy die geweer moes saambring, is nog 'n aanduiding van sy geneigdheid om sy verwytbaarheid te probeer verplaas. Hy het goed geweet dat die byeenkoms waarheen hy opgeroep is en waarheen hy sy wapen moes neem in verband gestaan het met die voorval in Durban en, selfs voordat hy ingelig is dat Durban die bestemming was, het hy ongetwyfeld besef dat dit van hom verwag sou word om sy geweer te gebruik. Sy persoonlike geneentheid tot
35
weerwraak daardie aand spreek duidelik uit dievolgende uitttreksel uit sy kruisondervragingg:
"Het u hoegenaamd geprotesteer daaroor op daardie stadium? . .. Ek het gesê - ek het geprotesteer in die sin ek het gesê dit is ver en dis laat al, en ek was bekommerd dat my vrou gaan kwaad wees - want ek het toe geweet ons gaan eers 1 uur die oggend by die huis kom, en ek was bang daarvoor. MNR SCHÖNFELDT: So u was toe meer bekomerd oor die feit dat u gaan laat wees (as) oor die f eit dat u moet mense gaan skiet? . . . Dit is korrek U Edele."
Derde appellant se bewering dat hy geglo
het dat die rit Durban toe deur die leier van die AWB
gelas is (hoewel hy toegegee het dat eerste appellant
nooit soiets gesê het nie) en dat die mesaanval die
begin was van die swart opstand wat sy leier altyd in
vooruitsig gestel het, kan ook nie geglo word nie.
Dit is onsinnig om te suggereer dat so 'n opstand
begin sou word met 'n mesaanval deur 'n aantal
jeugdiges geklee in T hempies van die PAC. En, selfs
al het derde appellant so 'n onsinnigheid aanvaar,
36
het hy nog steeds goed geweet dat nóg die leier van die AWB nóg enigiemand anders hom 'n opdrag of magtiging kon gee om die reg in eie hande te neem. Sy posisie verskil na my oordeel nie van dié van die ander twee nie. Wat ek vantevore gesê het oor die feit dat hulle die reg in eie hande geneem het geld ook vir hom. Ook in sy geval stem ek met die verhoorhof saam dat die doodvonnis die enigste gepaste vonnis is.
Die appèlle word van die hand gewys.
J J F HEFER AR.
VIVIER AR )
Stem saam. KRIEGLER Wn AR )
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.