S v Brits (407/1993) [1994] ZASCA 131 (26 September 1994)
- Citation
- [1994] ZASCA 131
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Harms, Joubert, Nestadt
- Case number
- 407/1993
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Harms, Joubert, Nestadt
- Case number
- 407/1993
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the appellant's version of events was not credible and was contradicted by objective medical evidence and reliable witness testimony, particularly that of Mrs De Bruin. The nature and location of the stab wounds were consistent only with the State's version. The magistrate's findings on the facts were justified and there was no material error in the assessment of the evidence. The appellant did not act in self-defence and was correctly convicted of culpable homicide. Regarding sentence, the court held that the seriousness of the offence and the interests of society justified a custodial sentence, and that the appellant's personal circumstances and the provocation did not warrant further reduction or alternative sentencing. The appeal against conviction and sentence was dismissed.
Court disposition
Appeal dismissed. Conviction and sentence confirmed.
Orders
- The appeal against conviction and sentence is dismissed.
- The conviction for culpable homicide and the sentence imposed by the court a quo are confirmed.
02
Material facts
Parties
Craig Brits
AppellantThe State
RespondentAmounts and remedies
- Sentence (imprisonment, Years): 5
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Final Appellate Judgment
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant acted in self-defence when he stabbed the deceased.
- 02
Whether the conviction for culpable homicide was justified on the evidence.
- 03
Whether the sentence imposed was appropriate given the appellant's personal circumstances and the seriousness of the offence.
- 04
Whether alternative sentencing options such as community service or corrective supervision should have been considered.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that he acted in self-defence when he stabbed the deceased, claiming that he was attacked by multiple individuals and used the knife to ward off his attackers. He contended that the evidence of the State witnesses was inconsistent and unreliable, and that the magistrate failed to properly assess these contradictions. The appellant further submitted that, given his youth, lack of prior convictions, and the provocation by the deceased's father, a custodial sentence was inappropriate and that community service or corrective supervision should have been considered.
- Respondent
- The State argued that the appellant's claim of self-defence was not supported by the objective facts or credible witness testimony. The State maintained that the appellant's version was riddled with contradictions and was not reconcilable with the medical evidence regarding the nature and location of the stab wounds. The State further contended that the seriousness of the offence warranted a custodial sentence and that the interests of society outweighed the appellant's personal circumstances. The State opposed the suggestion of community service or corrective supervision as inappropriate for the gravity of the offence.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
General criminal law principle
The prosecution bears the burden of proving beyond reasonable doubt that the accused did not act in self-defence or that the limits of self-defence were exceeded.
- 02
S v R 1993 (1) SA 476 (A)
A conviction may only be overturned on appeal if the trial court materially erred in its assessment of the evidence.
- 03
Judgment text, page 196 of the record
The seriousness of the offence and the interests of society may outweigh personal circumstances in sentencing.
- 04
S v Abraham 1990 (1) SA 172 (K); S v R 1993 (1) SA 476 (A)
Community service and corrective supervision are only appropriate sentencing options if the sentencing court failed to properly exercise its discretion.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the appellant's version of events was not credible and was contradicted by objective medical evidence and reliable witness testimony, particularly that of Mrs De Bruin. The nature and location of the stab wounds were consistent only with the State's version. The magistrate's findings on the facts were justified and there was no material error in the assessment of the evidence. The appellant did not act in self-defence and was correctly convicted of culpable homicide. Regarding sentence, the court held that the seriousness of the offence and the interests of society justified a custodial sentence, and that the appellant's personal circumstances and the provocation did not warrant further reduction or alternative sentencing. The appeal against conviction and sentence was dismissed.
Obiter and limits
- The court noted that, while community service may be appropriate in certain cases involving youthful offenders, such as S v Abraham, there was no basis for its application in this matter given the gravity of the offence.
- The possibility of corrective supervision as a sentencing option was rejected because the sentencing court had properly exercised its discretion and no material misdirection was shown.
Court disposition
Appeal dismissed. Conviction and sentence confirmed.
- The appeal against conviction and sentence is dismissed.
- The conviction for culpable homicide and the sentence imposed by the court a quo are confirmed.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
Saak 407/1993
IN DÍE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussenCRAIG BRITS AppellantenDIE STAAT RespondentHof: Joubert, Nestadt en Harms ARRVerhoor: 12 September 1994Uitspraak: 26 September 1994
UITSPRAAK
2
Harms AR:
Die appellant is aan strafbare manslag skuldig bevind in die streekhof, Germiston en tot 5 jaar gevangenisstraf (waarvan 1 jaar opgeskort is) gevonnis. Sy appèl na die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling was deels suksesvol: die helfte van die gevangenisstraf is opgeskort. Hy appelleer tans met die verlof van die hof a quo (Goldstein R en Tselentis Wnd R) teen sowel sy skuldigbevinding as vonnis.
Op 27 Oktober 1990 het die oorledene (Pieter Cordier) sy mondigwording aan die huis van vriende gevier. Die appellant het vroegaand per motor opgedaag om sy vriendin, met wie hy skynbaar kort vantevore 'n uitval gehad het, te oorreed om die partytjie te verlaat en om hom te vergesel. Ietwat van 'n kommosie het in die straat ontstaan en die oorledene se vader, Cordier snr, het die appellant daaroor aangespreek. Na bewering van die staat het die appellant vir Cordier snr gevloek waarop hy
3
die appellant deur die gesig geklap het. (Die appellant het beweer dat hy sonder provokasie geklap is - iets wat moeilik te glo is.) Die appellant is daarop weg en het gaan poog om 'n aankiag teen Cordier snr aanhangig te maak. Omdat die polisie twyfel oor sy nugterheid gehad het, het hulle hom gevra om, as hy nugter is, terug te kom. Hy is egter versoek om na die toneel te gaan waar die polisie hom sou ontmoet en poog om die saak op te klaar. Die appellant was nie hiermee tevrede nie en terwyl die polisie na die Cordiers is, het hy sy lot by sy moeder, mev Brits, gaan bekla.
Wat presies by die Britse aan huis gebeur het, is onduidelik omdat veral mev Brits teenstrydige getuienis oor hierdie aspek gelewer het. Hoe dit ook al sy, óf sy óf die appellant het daarop aangedring om die saak met die Cordiers te gaan opneem. Brits snr het skynbaar tevergeefs teenstand probeer bied en op die ou einde is pa, ma, die jonger broer en die appellant na die aanrandingstoneel. Met hulle aankoms aldaar, het die ouerpaar en die
4
broer voor geloop en het die appellant kort op hulle hakke gevolg. Mev Brits het die woord gevoer. Die antagoniste was Cordier snr, sy vrou, hulle dogter (mev De Bruin) en die oorledene. Cordier snr het teenoor die Britse erken dat hy die appellant geslaan het, hy het sy optrede probeer verduidelik en het 'n verskoning aangebied. Mev Brits was nie beïndruk nie en die argument het voortgeduur. Cordier snr het toe skynbaar sy humeur verloor en die Britse uitgedaag om hom te slaan.
Na die verloop van die gebeure direk hiema, keer ek binnekort terug omdat die geruienis botsend is. Hoe dit ook al sy, die appellant het die oorledene twee messteke met 'n dolk toegedien en die oorledene is in die loop van die nag op die operasietafel as gevolg daarvan dood.
Direk nadat die appellant vir die oorledene verwond het, het hy gepoog om met die motor weg te kom maar Brits snr het hom verhoed. Die
5
appellant het gedreig om 'n vuurwapen te gaan haal om die ander te skiet. (Mev Brits het hierdie getuienis betwis. Volgens haar was sy bang dat die appellant homself om die lewe sou bring. Feit is egter dat die appellant nie hierdie getuienis wou weerspreek nie. Ook het Brits snr nie getuig nie.) Hy het toe weggehardloop. Later die nag het hy toe met sy vader by die polisie opgedaag om homself oor te gee.
Aangesien die enigste verweer een van noodweer is, is dit nodig om in meer besonderhede met die getuienis ten aansien van die gebeure rondom die messtekery te handel. Dit word egter in gedagte gehou dat dit vir die staat is om te bewys dat die noodweer objektief nie bestaan het nie of dat dit oorskry is.
Die landdros het die appellant se beroep op noodweer verwerp. Sy uitspraak, wat nie in alle opsigte volledig gemotiveer is nie, het op die
6
volgende neergekom: hy was van oordeel dat, ten spyte van die teenstrydighede tussen die getuienis van die onderskeie staatsgetuies, hulle nogtans geloofwaardig was. Hy het geen aanduiding van 'n samespanning gevind nie. Die botsings was, na sy oordeel, toe te skryf aan die emosie betrokke, die omstandighede wat geheers het, die onverwagtheid van die messteke, en die tydsverloop tussen die gebeure en die verhoor. Hy was van mening dat die objektiewe feite stawing aan die staatsgetuies se getuienis verleen het en nie met die appellant se weergawe te versoene was nie. Sy getuienis was te vol weersprekings om van waarde te wees. En ten slotte, op die appellant se eie weergawe het hy nie in noodweer opgetree nie.
Aangesien die landdros in eerste instansie die beoordelaar van die feite is, kan die appellant se appèl teen sy skuldigbevinding alleen slaag indien aangetoon word dat die landdros in wesenlike opsigte gefouteer het
7
in sy benadering tot die getuienis. In hierdie verband het die advokaat namens die appellant besonder volledige betoogshoofde voorberei en daarin, asook tydens betoog, was die kem van haar aanval op die landdros se bevindinge dat hy nie die weersprekings tussen die getuies na waarde getakseer het nie - die weerspreking sou so wesenlik wees dat geen skuldigbevinding aan die hand daarvan moontlik sou wees nie.
Ek is nie van voomeme om die staatsgetuies se getuienis weereens in die mate onder die loep te neem as wat die advokaat sou wou hê nie. Hulle getuienis oor die fatale oomblikke kom in kort daarop neer dat nadat Cordier snr die uitdaging gerig het, het van die Britse met hom handgemeen geraak. Die appellant het toe, bewapen met sy dolk, op hom afgestorm. Die oorledene moes dit bemerk het en het met woorde wat daarop gedui het dat hy sy vader wou beskerm, tussen sy vader en die appellant inbeweeg. Die appellant het toe die oorledene op een of ander
8
manier vasgegryp en met die dolk gesteek.
Van kardinale belang is die aard en posisie van die messteke. Die een is aan die linkerblad agter die oorledene se rug toegedien. Dit het die long en hart gepenetreer. Die ander was onder die linkerarm. Vanweë mediese ingrype was dit nie moontlik om die roete van lg wond met enige mate van sekerheid vas te stel nie. Hierdie feite is alleen versoenbaar met die weergawe van die gebeure deur mev De Bruin. Dit is so dat Cordier snr oor heelwat wat sy getuig het, niks gesê het nie. Op daardie stadium was hy egter met sy eie skermutseling betrokke. Hy is ook nie daaroor uitgevra nie. Mev Cordier se beskrywing van die gebeure is, mi, nie betroubaar genoeg om 'n wesenlike bydrae tot die uitslag te maak nie en ek verkies om liefs nie te veel op haar te steun nie. Daarmee word nie te kenne gegee dat sy ongeloofwaardig was nie. Inderdaad is daar talle kleiner aanduidings wat onteenseglik op geloofwaardigheid toon, soos bv die rondborstige erkenning
9
dat die Cordiers se optrede deels vir die tragiese gevolge verantwoordelik was. Omdat dit egter haar seun was wat gedood is, kan aanvaar word dat sy meer emosioneel betrokke sou wees en dat dit haar betroubaarheid as getuie kon geaffekteer het.
Om mev De Bruin se getuienis van krag te ontdoen, is betoog dat daar 'n redelike twyfel bestaan of sy die gebeure hoegenaamd waargeneem het. Die grondslag van die betoog was haar stelling in hoofgetuienis dat sy na die gebeure en in geskokte toestand met kragwoorde navraag gedoen het oor wie die oorledene gesteek. In die samehang van haar getuienis is dit duidelik dat dit om die booswig se identiteit gegaan het. Die appellant se prokureur het nooit haar weergawe dat sy die gebeure waargeneem het, betwis nie. Daar is ook geen ander sinvolïe rede aan ons voorgehou waarom die landdros gefouteer het deur haar getuienis te aanvaar nie. Die res van die betoog het ongelukkig dikwels mank gegaan aan 'n objektiewe
10
beoordeling van die getuienis en is kwistig gespekuleer aan die hand van onbewese feite. Daarom ag ek dit nie nodig om die betoog in meer besondemede te behandel nie.
Let mens op die verdedigingsaak, is die weergawe namens die appellant gestel, die volgende gewees: toe hy die toneel genader het, het Cordier snr, die oorledene en 'n derde op hom afgestorm. Hulle het hom in so 'n mate aangerand dat hy mediese behandeling moes ondergaan. 'n Geneesheer sou ter stawing getuig. Ander het tot die aanval toegetree en hom gepak. Ten einde die aanvallers af te skrik, het hy die mes gebruik en die oorledene waarskynlik raakgesteek.
Die appeliant se getuienis, daarenteen, was dat Cordier snr vir Brits snr aangeval het; 'n groep mense, waaronder die oorledene, het daarop na hom toe beweeg. Hy het 'n redelike ent teruggeval. Hulle was ongewapen.11 Toe begin die mense - hy wis nie wie huile was nie - sonder om 'n woord
te sê of om hom te dreig, om hom te slaan. Hy het die mes uitgehaal omhomself te verweer. Hy het bloot die mes in die middei vasgehou enrondgeswaai en het nie na enigeen gesteek nie. Hy kon nie enige
verduideliking gee waarom die oorledene steekwonde opgedoen het nie,
maar veral nie hoe dit gebeur het dat dit op die rug en onder die arm was
nie.
Op mev Brits se geruienis het die advokaat, heel tereg, nie staatgemaaknie. Haar weergawe hou geen verband met wat óf die staatsaak óf die verdedigingsaak was nie. Brits snr is nie geroep nie. So ook nie die geneesheer nie. Teen die objektiewe feite en mev De Bruin se getuienis wat in wesenlike opsigte gestaaf is, was daar dan net die appellant se patetiese verduideliking. Na my oordeel was die landdros se gevolgtrekkings volkome regverdigbaar.
12
Die hof a quo het met die getuienis in besonderhede gehandel en het 'n aantal objektiewe feite gelys wat onteenseglik daarop dui dat die staat se weergawe bo redelike twyfel waar en die appellant s'n onwaar was. Omdat ek van oordeel is dat die uitspraak in daardie opsig juis is, is dit nie nodig om dieselfde gebied weereens te dek nie. Dit volg dan dat die appèl teen die skuldigbevinding afgewys moet word.
Wat vonnis betref, is reeds daarop gewys dat die hof a quo met die landdros se vonnis ingemeng het deur 'n groter gedeelte van die gevangenisstraf op te skort. Die rede daarvoor was dat die hof van mening was dat, in die lig van die appellant se persoonlike omstandighede (tw jeugdigheid en 'n gebrek aan vorige veroordelings) en die mate van provokasie deur Cordier snr, dit meer gepas sou wees om die helfte van die vonnis op te skort. Die betoog dat die appellant geen effektiewe gevangenisstraf behoort te ondergaan nie, is verwerp en wel om die
13
volgende redes:
"In the event I am satisfied that the magistrate correctly concluded at page 196 of the record that the interests of society and the seriousness of the offence outweighed the personal circumstances of the appellant and that a period of imprisonment had to be imposed. When aïl is said and done, the appellant took the life of a young man in a brutal attack with a dangerous weapon. This was such a serious offence that a failure to impose a sentence of imprisonment may bring the legal system into discredit with society at large."
Voor ons is betoog dat gemeenskapsdiens 'n behoorlike vonnisopsie is en is verwys na S v Abraham 1990 (1) SASV 172 (K). Dit was 'n geval van 'n 18-jarige wat 'n klip gegooi het tydens 'n oproer. Die hof het toe,
14
tereg, geoordeel dat gemeenskapsdiens 'n gepaste vonnis daar sou stel. Daar is egter geen verband tussen daardie saak en die onderhawige nie. Dit is verder met verwysing na dieselfde saak aan ons voorgehou dat die aangeleentheid terug verwys behoort te word na die landdroshof ten einde 'n proefbeamte-verslag te bekom. Natuurlik is dit verkieslik dat so 'n verslag bekom word alvorens effektiewe gevangenisstraf op 'n jeugdige opgelê word. In die huidige geval was die appellant regsverteenwoordig. Geen verslag is tydens die verhoor aangevra nie. Mens sou verwag het dat indien so 'n verslag enigiets tot die guns van die appellant sou kon oplewer, die regsverteenwoordigers teen dié tyd (bykans 3 jaar na die vonnisoplegging) een ter beskikking sou gehad het. Daar is geen rede om te vermoed dat 'n verslag enige verskil aan die gevolgtrekking dat gevangenisstraf die gepaste vonnis is, sou maak nie.
'n Altematiewe betoog was dat, hoewel korrektiewe toesig nie 'n
15
beskikbare vonnis-opsie was toe die saak in die landdroshof en die WPA gedien het nie, dit tans oorweging behoort te geniet. Hoewel die betoog op die oog af aantreklik is, moet dit faal omdat hierdie moontlikheid slegs dan oorweeg kan word indien die hof wat die diskresie tav vonnis uitgeoefen het (die hof a quo), nie sy diskresie behoorlik uitgeoefen het nie (S v R 1993 (1) SA 476 (A) 485H-486B). Dat dit gebeur het, is mi nie aangetoon nie.
Die appèl word bygevolg afgewys.
LTC HARMS AR JOUBERTAR en
NESTADT AR stem saam
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.