S v Buys (K/S 101/04) [2005] ZANCHC 35 (1 July 2005)
- Citation
- [2005] ZANCHC 35
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Lacock R
- Case number
- K/S 101/04
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Lacock R
- Case number
- K/S 101/04
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found the accused's version of events improbable and inconsistent with the physical evidence and expert testimony. The accused's claim that the shooting was accidental was contradicted by forensic evidence, the position of spent cartridges, and the nature of the wounds. The court accepted the State's version, supported by credible witness testimony and corroborating evidence, that the accused intentionally shot the deceased and Leatitia Theys. The accused's subsequent flight in the deceased's vehicle was not justified by necessity, as there was no imminent threat to his safety. The court concluded that the State had proven beyond reasonable doubt that the accused was guilty of murder, attempted murder, and unlawful use of a motor vehicle.
Court disposition
The accused is found guilty on all three charges: murder, attempted murder, and unlawful use of a motor vehicle.
Orders
- The accused is convicted of murder.
- The accused is convicted of attempted murder.
- The accused is convicted of unlawful use of a motor vehicle without the owner's consent.
02
Material facts
Parties
Andries Buys
Defendant Counsel: F van HeerdenThe State
Respondent Counsel: T Mashalane03
Procedural history
Posture
Criminal Trial / First Instance
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the accused unlawfully and intentionally killed the deceased (murder).
- 02
Whether the accused unlawfully and intentionally attempted to kill Leatitia Theys (attempted murder).
- 03
Whether the accused unlawfully used a motor vehicle without the owner's consent.
- 04
Whether the accused acted in self-defence or under necessity.
- 05
Whether the evidence of the State witnesses is credible and reliable.
Party arguments
- Applicant
- The accused pleaded not guilty to all charges. His counsel, Adv. Van Heerden, submitted that the deceased and Desmond van Wyk attacked the accused, with Van Wyk kicking him on the ankle. During this altercation, the deceased had a shotgun slung over his shoulder. After being kicked, the accused fell against a door, causing the shotgun to discharge accidentally, striking the deceased and Leatitia Theys. Regarding the third charge, the accused claimed he fled in the deceased's vehicle due to fear for his safety, invoking necessity as a defence.
- Respondent
- The State argued that the accused intentionally shot the deceased and Leatitia Theys without provocation. The State's witnesses, particularly Leatitia, testified that the accused arrived with a shotgun, fired at the deceased at close range, and then deliberately aimed and shot at Leatitia. The State contended that there was no justification for the accused's actions and that his subsequent flight in the deceased's vehicle was not due to necessity but to evade responsibility.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Chabalala 2003 (1) SACR 134 (SCA) at 139i-140a
The correct approach is to weigh all elements indicating guilt against those indicating innocence, considering strengths, weaknesses, probabilities, and improbabilities, and to decide if the balance excludes reasonable doubt about the accused's guilt.
- 02
S v Oosthuizen 1982 (3) SA 571 (T) at 577A
A witness shown to be deliberately lying on one point may not necessarily be unreliable on other points; evidence must be considered holistically.
- 03
R v Gumede 1949 (3) SA 749 (A) at 756
The maxim 'falsum in uno falsum in omnibus' is not part of South African law; rejection of a witness's evidence in totality for lying on one aspect is not justified.
- 04
General criminal law principle
The State must prove the accused's guilt beyond reasonable doubt; if the accused's version is reasonably possibly true, he must be acquitted.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found the accused's version of events improbable and inconsistent with the physical evidence and expert testimony. The accused's claim that the shooting was accidental was contradicted by forensic evidence, the position of spent cartridges, and the nature of the wounds. The court accepted the State's version, supported by credible witness testimony and corroborating evidence, that the accused intentionally shot the deceased and Leatitia Theys. The accused's subsequent flight in the deceased's vehicle was not justified by necessity, as there was no imminent threat to his safety. The court concluded that the State had proven beyond reasonable doubt that the accused was guilty of murder, attempted murder, and unlawful use of a motor vehicle.
Obiter and limits
- The court noted that witnesses may lie about certain aspects due to feelings of guilt or a desire to conceal their involvement in preceding events, but this does not automatically render all their evidence unreliable.
- The court emphasized that the maxim 'falsum in uno falsum in omnibus' should not be applied rigidly, and evidence must be assessed in its entirety, considering possible reasons for partial dishonesty.
Court disposition
The accused is found guilty on all three charges: murder, attempted murder, and unlawful use of a motor vehicle.
- The accused is convicted of murder.
- The accused is convicted of attempted murder.
- The accused is convicted of unlawful use of a motor vehicle without the owner's consent.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno: / Case number: K/S 101/04
Datum verhoor: / Date heard: 08/06/2005
Datum gelewer: / Date delivered: /07/2005
In die saak van:
BUYS, ANDRIES Beskuldigde
en
DIE
STAAT
Coram: Lacock
R
UITSPRAAK
LACOCK R:
Die beskuldigde, mnr. Andries Buys, staan aangekla van drie klagtes te wete moord, poging tot moord en die gebruik van ân motorvoertuig sonder toestemming. Op die eerste aanklag word beweer dat hy op 1 Mei 2004 en te Lambdastraat 8, Colville, Kimberley, wederregtelik en opsetlik mnr. Wayne Appollis gedood het. Op die tweede aanklag word beweer dat hy op dieselfde tyd en plek as die vermeld in die eerste aanklag, wederregtelik en opsetlik gepoog het om mej. Leatitia Theys te dood deur haar met ân vuurwapen te skiet. Op die derde aanklag word beweer dat die beskuldigde in stryd met die voorskrifte van art. 1 (1) van Wet 50 van 1956 wederregtelik ân voertuig sonder die toestemming van die eienaar daarvan of die persoon in beheer daarvan, gebruik het.
Die beskuldigde het op al drie hierdie aanklagtes onskuldig gepleit. Namens hom het sy regsverteenwoordiger, adv. Van Heerden, die volgende pleitverduideliking aan die Hof voorgehou: ân Aanval is deur die oorledene en mnr. Desmond van Wyk teen die beskuldigde geloods en waartydens mnr. Van Wyk die beskuldigde teen die enkel geskop het. Tydens hierdie aanval het die oorledene ân haelgeweer wat aan ân band oor sy skouer gehang het, by hom gehad. Nadat hy deur Van Wyk geskop is, het hy teen ân deur geval en het ân skoot uit die haelgeweer afgegaan wat die oorledene getref het. Dieselfde skoot moes ook die klaagster in die tweede aanklag getref het. Op die derde aanklag verduidelik die beskuldigde dat hy gevrees het vir ân aanval op sy persoon deur die oorledene en gemelde Van Wyk as ook ân groep persone wat na die skietery by die toneel vergader het, en het hy met die voertuig van die oorledene gevlug. Sy verweer op hierdie aanklag is dus een van noodtoestand.
Die volgende omstandighede en feitelike gebeure is gemeensaak tussen die Staat en die verdediging:
Ten tye van die tersaaklike voorvalle waartydens die oorledene gedood is, het die oorledene, wyle mnr. Wayne Appollis, en mej. Leatitia Theys (Leatitia) met hul twee kinders gewoon te Lambdastraat 8, Colville, ân woonbuurt in Kimberley.
Die beskuldigde het saam met ân suster van Leatitia, ene mej. Desiree Theys (Desiree) gewoon in ân sinkkamer aangrensend aan die voorkant van die woning van die oorledene.
Gedurende die vroeë aandure van 1 Mei 2004 is die beskuldigde by Lambdastraat 8, opgelaai deur ene mnr. Jacob Duiker en wat werksaam was by Springbok Fidelity Security Services. Die beskuldigde was eweneens werksaam by hierdie firma as ân sekuriteitswag. Met sy vertrek het die beskuldigde die sinkhuis, en waarin Desiree op daardie stadium was, gesluit.
Nadat Duiker die beskuldigde na die besigheidsperseel van Springbok Fidelity Security Services geneem het, is hy aldaar uitgereik met ân haelgeweer en vyf rondtes ammunisie. Van daar is hy geneem na die persele van ân onderneming genaamd Cross Cape en waar hy sekuriteitsdienste moes verrig.
Terwyl die beskuldigde aldus diens verrig het, het Desiree deur die venster van hul sinkkamer na buite geklim en het sy en Leatitia saam in die woning van die oorledene en Leatitia gekuier.
Later gedurende dieselfde aand het die beskuldigde by Lambdastraat 8 opgedaag. In sy besit het hy die haelgeweer en ammunisie waarmee hy vroeër die aand uitgereik was, gehad.
Nadat die beskuldigde by Lambdastraat 8 aangekom het, het ook die oorledene en mnr. Desmond van Wyk (Desmond) met die voertuig van die oorledene aldaar opgedaag. Die voertuig was geparkeer in die groot hek van die omheining van die perseel, maar was die grootste gedeelte daarvan in die perseel terwyl die agterste en kleiner gedeelte daarvan buite die hek uitgesteek het.
Nie lank nadat die oorledene en Van Wyk opgedaag het nie, is die oorledene van voor in die bors getref deur ân skoot uit die haelgeweer waarmee die beskuldigde aldaar opgedaag het, en is ook Leatitia in die linker bo arm getref deur ân skoot uit dieselfde haelgeweer.
Die oorledene het, nadat hy getref is, geval en op sy maag gelê in die sitkamer van sy woning. Hy was onmiddellik dood nadat hy getref was.
Leatitia is na die voorval gehospitaliseer vir ân periode van een maand en tien dae terwyl sy mediese behandeling vir die skietwond aldus opgedoen, ontvang het.
Die kern van die geskil tussen die Staat en die verdediging is geleë in die omstandighede waaronder die oorledene en Leatitia die skietwonde opgedoen het. Volgens die Staat se weergawe het die beskuldigde goedsmoeds en sonder enige provokasie die oorledene en daarna vir Leatitia geskiet, terwyl die beskuldigde beweer dat hy eers deur die oorledene aan sy klere voor die bors gegryp is nadat daar ân gestry ontstaan het, en hy daarna op die enkel geskop was deur Desmond as gevolg waarvan hy teen ân deur geval het en ân skoot per abuis afgegaan het wat die oorledene en Leatitia getref het.
Leatitia is, wat betref die beweerde afvuur van die skote wat haar en die oorledene getref het, ân enkel getuie. Dit is dus noodsaaklik dat haar getuienis met omsigtigheid benader moet word. Sien S v Sauls, 1981 (3) SA 172 (A) te 179 G en verder.
Leatitia het getuig dat, nadat die beskuldigde die tersaaklike aand vanaf sy werkplaas by hul woning opgedaag het, daar ân hewige rusie tussen die beskuldigde en Desiree ontstaan het. Nadat die stryery op haar versoek in die sinkkamer voortgesit is, het sy gesien Desiree stap oor die straat na die woning van ân buurvrou waar sy geklop en in gegaan het. Sy het ook gesien dat die beskuldigde haar volg, maar hy is nie by daardie huis waar Desiree in is, in gelaat nie, en is terug na sy sinkkamer.
Voorts getuig sy dat, nadat sy die voertuig van die oorledene hoor stilhou het, sy opgestaan het en die voordeur van die woning oopgemaak het. Sy het ook gesien die oorledene staan en praat met ân buurvrou agter sy voertuig. Hierna het die oorledene en Desmond in die huis gekom.
Sy het nie op daardie stadium die beskuldigde gesien nie. Die oorledene het haar meegedeel dat hy en Desmond weer sou uitgaan, en terwyl hulle na die voordeur beweeg, het sy ân geweerskoot buite die huis hoor afgaan. Sy en die oorledene het toe by die oop voordeur gestaan. Desmond het, nadat die skoot afgegaan het, buite haar sig verdwyn.
Terwyl sy en die oorledene in die deur gestaan het, het die beskuldigde vanaf die straat hul perseel ingekom, met ân haelgeweer in sy hande, tot op die stoep gestap en daar die vuurwapen na hulle rigting opgetel en ân skoot afgevuur. Die oorledene het na agter geval terwyl hy die deur probeer toeklap het en het in sy val vir haar omgestamp dat sy op ân bank langs die voordeur te lande gekom het.
Terwyl sy teen die rugleuning van die bank in ân half sittende posisie gelê het, het die beskuldigde by die deur ingekom, die vuurwapen oorgehaal en na haar gesig gemik. Sy het haar kop vinnig weggedraai en afwaarts gekoes en terselfdertyd haar linkerarm bokant haar kop opgelig. Terwyl sy aldus gekoes en gekeer het, het die beskuldigde die vuurwapen afgevuur. Die skoot het haar in haar linker bo-arm getref.
Nadat sy ân ruk op die bank bly lê het, het sy gehoor die oorledene se voertuig word aangeskakel en jaag met ân vaart weg. Sy het opgestaan en Desmond in die een slaapkamer van die huis aangetref waar hy agter ân hangkas weggekruip het.
Die beskuldigde skets ân totaal ander prentjie van die gebeure.
Hy getuig dat, nadat hy die aand ân ruk lank diens gedoen het, is hy deur mnr. Duiker naby sy woning in Colville afgelaai omdat hy kos wou kry en ân warm baadjie aangetrek het. Nadat Duiker hom afgelaai het, het hy die haelgeweer wat hy by hom gehad het, onder sy hemp versteek en na sy sinkkamer gestap. Daar het hy vir Desiree buite die kamer aangetref. Sy het vir hom brood en koue vleis gegee en is toe daar weg om nog kos te gaan koop. Die haelgeweer het hy in die kamer onder ân kombers versteek. Duiker sou hom weer daar kom oplaai en terugneem na Cape Cross waar hy wag gestaan het.
Terwyl hy in sy kamer gewag het vir Desiree om terug te kom, het die oorledene en Desmond daar aangekom met die oorledene se voertuig. Terwyl Desmond nog op die stoep gestaan het, is die oorledene die huis in waar hy met Leatitia gesels het. Kort hierna het die oorledene weer uitgekom en hom gekonfronteer omdat hy Desiree in die kamer toegesluit het. Hierop het ook Leatitia en Desmond tot die konfrontasie toegetree, en is daar onder meer neerhalend na die ras van die beskuldigde verwys en in geen onsekere taal vir hom laat verstaan dat sy verhouding met Desiree hulle nie aanstaan nie.
Omdat hy besef het dinge gaan op ân bakleiery afstuur, het hy teruggedraai en sy vuurwapen gevat om te loop na waar Duiker hom sou oplaai. Met die vuurwapen se band oor sy linkerskouer het die oorledene hom voor sy bors gegryp en terselfdertyd ook die loop van die vuurwapen gegryp. Hierop het Leatitia tussenbeide getree om hulle uit mekaar te maak om ân geveg te keer. Nadat Leatitia gekeer het, het Desmond hom op die enkel geskop. Hy het sy balans verloor en na agter teen die deur geval. Die oorledene het steeds die loop van die vuurwapen beet gehad. Met die val na agter het ân skoot uit die haelgeweer afgegaan. Leatitia het geskree dat hy haar raak geskiet het.
Nadat die skoot afgegaan het, het Desmond gedreig om hom aan te rand. Hierop het hy sy wapen gespan en ân skoot op die grond langs ân muur in die erf geskiet om Desmond af te skrik. Terwyl hy uit die erf beweeg, het hy gesien Desmond beweeg om die voorkant van die voertuig. Omdat hy bang was Desmond kon homself bewapen, het hy nog ân skoot buite die erf afgevuur om Desmond af te skrik. Hierop het Desmond om die huis gehardloop, en het hy in die voertuig van die oorledene gespring en daarmee weggejaag.
Namens die Staat het ook getuig Desmond. Hy staaf tot ân mate die gebeure soos geskets deur Leatitia vanaf die stadium dat hy en die oorledene by die huis van die oorledene aangekom het tot die eerste skoot wat die beskuldigde met die vuurwapen in die straat afgetrek het. Nadat die beskuldigde die eerste skoot afgetrek het, het hy met die vuurwapen in sy hand die erf ingekom tot op die stoep van die huis. Op daardie moment was hy en die oorledene in die deur van die huis, en het hy (Desmond) vinnig die huis ingegaan en agter ân hangkas in een van die kamers gaan wegkruip. Terwyl hy daar gestaan het, het hy nog twee skote gehoor. ân Rukkie hierna het Leatitia die kamer ingekom. Haar linkerarm was bebloed en hy is saam met haar na die voorhuis waar hy die oorledene in ân plas bloed op die vloer sien lê het. Hy het deur die venster van die voorhuis gesien hoe die beskuldigde met die oorledene se voertuig wegjaag.
Hy het nie gesien hoe die oorledene en Leatitia beseer is nie. Voorts ontken hy dat daar enige onderonsie tussen die oorledene en hyself aan die een kant en die beskuldigde aan die ander kant was, of dat hy die beskuldigde op sy enkel sou geskop het. Trouens, volgens hom, het hy, die oorledene en die beskuldigde, nadat hulle daar aangekom het by die huis, heel gemoedelik met mekaar gesels en was daar geen sprake van ân argument nie.
Ek keer hieronder terug na die verskille in die getuienis van Desmond en Leatitia.
Namens die Staat het ook getuig mnre. Duiker en Morolong van Springbok Fidelity Security Services, maar hulle getuienis gaan nie veel verder as ân bevestiging dat mnr. Duiker die tersaaklike aand die beskuldigde by sy woonplek opgelaai het en dat die haelgeweer aan die beskuldigde uitgereik was. Daar was aansienlike weersprekings tussen die weergawes van die beskuldigde en hierdie getuies aangaande die vraag of die beskuldigde self aangebied het om die aand te werk, wat sy kleredrag was en ook wat sy soberheidstoestand was. ân Bespreking hiervan sal myns insiens alleen ân nuttelose tydsverkwisting wees.
In die bespreking van die waarskynlikhede hieronder sal ek verwys na die getuienis van die ander getuies wat namens die Staat en die verdediging getuig het.
Ten einde die vraag te beantwoord naamlik of die Staat die skuld van die beskuldigde bo redelike twyfel bewys het, oorweeg ek die getuienis aan die hand van die volgende dictum uit S v Chabalala, 2003 (1) SASV 134 (AA) te 139 i tot 140 a, naamlik:
âThe correct approach is to weigh up all the elements which point towards the guilt of the accused against all those which are indicative of his innocence, taking proper account of inherent strengths and weaknesses, probabilities and improbabilities on both sides and, having done so, to decide whether the balance weighs so heavily in favour of the State as to exclude any reasonable doubt about the accused's guilt.â
Beide Leatitia en Desmond het as getuies ân goeie indruk op my gemaak. Ten spyte hiervan egter het ek my bedenkinge aangaande die aanvaarding van hul getuienis oor die verloop van die gebeure voordat die skietery plaasgevind het of die skote afgegaan het.
Eerstens vind ek dit hoogs onwaarskynlik dat die beskuldigde die een oomblik gemoedelik met die oorledene en Desmond sou gesels sonder enige sweem van ân argument, en die volgende oomblik â weereens sonder dat ân woord geuiter word â die oorledene nader met ân vuurwapen in sy hand, hom trompop reg van voor in die bors skiet en daarna ân skoot wat bedoel was om haar in die kop te tref, op Leatitia afvuur. Daar is eenvoudig geen getuienis vanaf Staatsweë wat sodanige irrasionele optrede deur die beskuldigde sou âregverdigâ nie.
My bedenkinge hieraangaande vind stukrag in die weersprekinge tussen die getuienis van Leatitia en Desmond aangaande die vooraf gebeure.
Leatitia het getuig dat, nadat die oorledene en Desmond daar gekom het, het sy die huis se deur oopgemaak, beide gesien totdat hulle in die huis was, en dat geen gesprek voor die deur op die stoep plaasgevind het tuusen die beskuldigde en hierdie twee here nie. Desmond daarinteen getuig dat die deur toe was, Leatitia dit eers oopgemaak het toe die oorledene reeds op die stoep was, en dat daar toe voor hierdie deur ân gesprek met die beskuldigde plaasgevind het.
Ook verskil hulle aangaande die gebeure in die woning en voordat die oorledene en Desmond weer sou vertrek.
Voorts verskil hulle aangaande die posisie waar die oorledene, Desmond en Leatitia hulself bevind het toe die beskuldigde die eerste skoot buite die erf afgetrek het. Leatitia beweer sy was langs die oorledene by die voordeur van die huis en dat Desmond agter hulle in die voorhuis was. Desmond daarinteen getuig dat hy voor gestap het, dat die oorledene tot langs hom by die deur gekom het, en dat Leatitia agter hulle was.
In sy polisieverklaring het Desmond te kenne gegee dat hy en die oorledene reeds buite die huis was toe die beskuldigde die eerste skoot afgevuur het. Sy verklaring lees as volg hieraangaande: âToe ek en die oorledene na die kar loop om te ry het die âJuckieâ voor uit geloop. In die straat het hy ân vuurwapen oorgehaal.
Daar het toe ân skoot afgegaan waar hy in die lug geskiet het. Ek en die oorledene het terug gespring in die huis.â
Die beskuldigde se weergawe naamlik dat daar ân argument ontstaan het tussen homself, die oorledene en Desmond, kom my meer waarskynlik voor as die weergawe van die Staatsgetuies.
Nie alleen bied sy weergawe ân meer logies aanvaarbare rede vir wat later gevolg het nie, maar blyk dit ook uit die getuienis van Leatitia en Desiree dat Leatitia en die oorledene nie gediend was met die verhouding tussen Desiree en die beskuldigde nie. Dit verklaar dan ook waarom die oorledene hom sou konfronteer dat hy Desiree die aand in die sinkkamer toegesluit het.
Die weergawe van die beskuldigde word ook gestaaf deur inspekteur Myburgh tot die effek dat die beskuldigde, nadat hy gearresteer was, gekla het van ân besering aan sy enkel. Inspekteur Myburg het hom na die plaaslike hospitaal geneem waar hy deur dr. Assegaai â synde dieselfde geneesheer wat Leatitia daardie aand van die gebeure behandel het â gesien is. Dr. Assegaai het dan ook bevestig dat die beskuldigde ân vars besering aan sy enkel gehad het wat deur stomp trauma, soos ân skop, veroorsaak kon gewees het.
Uit hoofde van die voorgaande is ek nie bereid om die weergawe van die Staatsgetuies naamlik dat daar geen argument voor die beweerde skietery plaasgevind het, te aanvaar nie. Ek is van mening dat die weergawe van die beskuldigde naamlik dat hy inderdaad deur die oorledene en Desmond gekonfronteer en beledig is, op waarskynlikhede korrek is, en verdermeer dat hierdie konfrontasie die aanleidende oorsaak was tot die latere tragiese gebeure wat gevolg het.
Die nie-aanvaarding van die getuienis van die Staatsgetuies oor die gebeure wat die skietery vooraf gegaan het, en die aanvaarding van die beskuldigde se weergawe hieraangaande, het nie noodwendig tot gevolg dat ek al die getuienis van Leatitia en Desmond as leuenagtig moet verwerp nie, of dat ek al die getuienis van die beskuldigde as geloofwaardig moet aanvaar nie.
ân Getuie kan oor een aspek nie die waarheid praat nie, maar steeds oor ân ander die waarheid praat. Die verwerping van al die getuienis van ân getuie omdat dié leuenagtig was sal myns insiens neerkom op ân versuim om alle getuienis holisties te benader. Daar kan ân rede of verklaring wees waarom getuies oor een aspek leuens vertel. So ook behoort die res van die getuies se getuienis oor ander aspekte oorweeg te word tesame met alle ander getuienis, insluitende die aangebied deur die verdediging, en moet die waarskynklikhede en onwaarskynlikhede oorweeg word ten einde te bevind of die Staat se weergawe die skuld van die beskuldigde bo redelike twyfel bewys, en of die weergawe van die beskuldigde redelik moontlik waar kan wees. Die uitdrukking âfalsum in uno falsum in omnibusâ is nie deel van ons reg nie. (R v Gumede, 1949 (3) SA 749 (A) te 756).
In S v Oosthuizen, 1982 (3) SA 571 (T) het Nicholas R (soos hy toe was) in soortgelyke omstandighede as die onderhawige die volgende gesê:
âAll that can be said is that where a witness has been shown to be deliberately lying on one point, the trier of fact may (not must) conclude that his evidence on another point cannot safely be relied upon.â
(te 577 A)
Sien ook S v Mlanyeni & Others 1994 (2) SASV 255 (OK) te 261 f tot i.
Die verwerping van ân getuie se getuienis in die geheel bloot omdat daardie getuie bewustelik leuenagtig was ten aansien van ân gedeelte van sy of haar getuienis, sal myns insien neerkom op ân regskending. So ân benadering sal niks anders verstalt as ân navolging van die onjuridiese en onlogiese stelreëls âsemel mentitus semper mentiturâ en âfalsum in uno falsum in omnibusâ. Dit sal myns insiens ook neerkom op die handhawing van die onrealistiese ten koste van gesonde logika.
Met die voorgaande gee ek geensins te kenne dat ân voorsittende beampte maar lukraak sy oë kan sluit vir leuenagtige getuienis gelewer deur ân getuie en na willekeur sekere gedeeltes daarvan kan aanvaar nie. Inteendeel, wanneer dit blyk dat ân getuie oor een of meer aspekte van ân saak berekend leuenagtig was, behoort die res van sy of haar getuienis met versigtighed oorweeg te word, en gedagtig daaraan dat die getuie ook ten aansien van ander aspekte van die gebeure leuenagtig kan wees. Vervolgens behoort die res van so ân getuie se getuienis asât ware onder die vergrootglas geplaas te word tesame met alle ander getuienis met insluiting van reële getuienis, geregverdigde afleidings wat uit die getuienis as geheel gemaak kan word, betroubare stawende getuienis vir die getuienis van die getuie, en die waarskynlike waarde daarvan. Oorweging behoort ook verleen te word aan die rede of moontlike rede vir die aflê van gedeeltelik leuenagtige getuienis.
Dit bring my by die wese van die vraag wat beantwoord moet word naamlik of die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die beskuldigde die oorledene wederregtelik gedood het en of hy wederregtelik gepoog het om Leatitia te dood.
Die weergawe van die beskuldigde hoe die oorledene en Leatitia die skietwonde opgedoen het, vind ek vir die redes wat hieronder volg, nie redelik moontlik waar te wees nie.
Op die weergawe van die beskuldigde het hy nie alleen diens gedoen met ân haelgeweer wat gespan was met ân rondte ammunisie in die loop daarvan nie, maar het hy saam met Duiker vanaf sy werkplaas na Colville gery met die wapen aldus gespan, het hy steeds, sonder om dit te beveilig onder sy hemp versteek, daarmee na sy kamer gestap, en dit onder ân kombers versteek. Op sy eie weergawe was die beskuldigde opgelei in die hantering van vuurwapens, en waaronder ân haelgeweer, en vind ek dit onwaarskynlik dat die beskuldigde sou vergeet het om die wapen te beveilig, minstens toe hy daarmee by sy woning aangekom het.
Die weergawe van die beskuldigde hoe die oorledene die loop van die vuurwapen tesame met sy klere sou vasgryp op so ân wyse dat die loop van die wapen horisontaal op sy skouer sou rus, vind ek eweneens leuenagtig en onwaarskynlik. Volgens die beskuldigde het die wapen op die stadium toe die oorledene hom aan sy klere voor sy bors gegryp het, in ân vertikale posisie agter sy rug gehang aan ân band wat oor sy linker skouer gehak was. Om die loop van die wapen by te kom, sou die oorledene sy hand bo-oor die skouer van die beskuldigde moes steek om die vuurwapen by te kom. Hy sou nie die loop van die vuurwapen kon vasvat indien hy â soos die beskuldigde getuig het â hom aan sy klere voor sy bors vasgegryp het nie.
Dit is gemeensaak dat twee leë haelpatroon doppies net buite die voordeur van die oorledene se huis gevind is. Indien aanvaar word dat, soos die beskuldigde getuig het, die haelgeweer reeds oorgehaal was toe die oorledene dit gegryp het en die eerste skoot per abuis afgevuur was toe hy teen die deur geval het, en aanvaar word dat hy, nadat die eerste skoot afgegaan het, die wapen gespan het voordat hy die tweede skoot in die erf naby ân muur wat, volgens die fotoplan, ân aantal meter vanaf die deur was, afgevuur het, volg dit dat daar slegs een doppie naby die voordeur kon beland het, synde die doppie van die rondte wat per abuis afgegaan het, en wat uitgeskiet het toe die wapen na die eerste skoot weer gespan is. Hierdie wapen skiet nie ân doppie outomaties uit nadat ân skoot gevuur is nie, maar word die doppie eers uitgeskiet deur die oorhaalaksie waardeur ân volgende rondte in die loop geplaas word.
Die onbetwiste getuienis is dat, wanneer hierdie wapen oorgehaal word, die (gebruikte) doppie na regs uitgeskiet word. Selfs al sou gesê kan word dat die doppie van die skoot wat volgens die beskuldigde se weergawe, per abuis afgegaan het, kon beland het op punt B op die sketsplan, is dit eenvoudig hoogs onwaarskynlik dat die doppie van die tweede skoot wat weg van die deur gevuur is, ook op feitlik dieselfde plek sou beland het.
Die posisie van die doppies naamlik een buite die erf en twee langs mekaar net buite die voordeur van die oorledene se huis, is aanduidend daarvan dat die wapen drie keer gespan moes gewees het nadat die eerste skoot afgegaan het. Op die beskuldigde se weergawe sou hy, nadat die derde skoot buite die erf afgevuur was en Desmond weg gehardloop het, die wapen weer moes gespan het voordat hy dit in die voertuig geplaas en weggejaag het. Afgesien van enige getuienis dat die wapen aldus gespan was, was daar ook geen rede om na die derde skoot die wapen weer te span nie. Volgens die beskuldigde was hy toe in geen verdere gevaar en is hy ook nie bedreig nie.
Daarteenoor verleen die posisie van die doppies stawing aan die getuienis van Leatitia en Desmond naamlik dat die beskuldigde die eerste skoot buite die hek afgevuur het, die wapen weer gespan het met die gevolg dat die doppie buite die hek beland het, die oorledene geskiet het, die wapen weer gespan het in die deur van die huis as gevolg waarvan die doppie net buite die deur beland het, toe op Leatitia geskiet het, en die wapen weer gespan het â waarskynlik om Desmond ook te skiet.
Volgens die beskuldigde was Leatitia tussen hom en die oorledene toe die eerste skoot per abuis afgegaan het. Hy beweer dat, toe hierdie skoot afgegaan het, het die oorledene steeds die loop van die wapen vasgehou. Tog kon hy glad nie verduidelik waar die oorledene was toe die skoot afgegaan het, of wat die posisie van Leatitia was â behalwe dat sy tussen hom en die oorledene was â toe die skoot afgegaan het nie. Die beskuldigde se vermoë om die gebeure van die verloop van daardie dag en aand in besonderhede te onthou en weer te gee, maar sy onvermoë om die posisie van die oorledene en Leatitia te beskryf met die afgaan van die eerste skoot en die vaagheid van sy getuienis hieraangaande vind ek uiters onbevredigend en verdag.
Op die weergawe van die beskuldigde moes die eerste skoot eers Leatitia getref het en daarna die oorledene, dit wil sê dat beide met dieselfde skoot getref is.
Hierdie weegawe is nie versoenbaar met die getuienis van dr. Liebenberg, ân forensiese deskundige, nie. Sy beskryf die ingangswond op die bors van die oorledene as in die middel van die bors voor, groot 8 X 5 sentimeter met ongelyke rante en feitlik sirkelvormig. Benewens hierdie groot wond, was daar slegs enkele klein wondjies rondom die groot wond wat in ân sirkel rondom die groot wond en ongeveer 0.5 sentimeter vanaf die buite rand van die groot wond, geleë was. Gesien die sirkelvormige aard van die wond, die ligging van die klein wondjies rondom die groot wond, die feit dat die plastiese doppie aan die voorkant van die haelpatroon in die klere van die oorledene gevind is, en die afwesigheid van enige ander tekens van penetrasie of verspreiding van haelkorrels aldus op die liggaam van die oorledene, meen sy dat dit hoogs onwaarskynlik is dat die skoot eers die arm van Leatitia getref het voordat dit die oorledene in die bors getref het. Indien die arm van Leatitia eerste getref was sou sy ân groter verspreiding van haelkorrels op die liggaam van die oorledene verwag het, en nie die gekonsentreerdheid daarvan soos wat sy gevind het nie. Hierdie getuienis kom my uiters logies en sinvol voor.
Leatitia se getuienis naamlik dat sy skuins op die bank in die sitkamer van die woning gelê het en gepoog het om die skoot wat na haar gemik is, af te weer met haar linkerarm, word gestaaf deur die aanwesigheid van ân groot bloedvlek en ân aantal kleiner bloedvlekke daar om en teen die gordyn wat agter die bank hang en wat in hoogte ooreenstem met die posisie wat haar arm sou wees toe die skoot haar getref het.
Leatitia het verder getuig dat, nadat sy getref is, sy ân ruk met haar gesig op die bank bly lê het met haar arms oor haar kop. Op die bank waar sy sou gelê het, is dan ook ân groot kol bloed sigbaar. Hierdie bloedkol en die bloed teen die gordyn is duidelik sigbaar op foto 6 van bewysstuk âBâ.
Indien die skietery sou plaasvind in die deur van die woning van die oorledene soos beweer deur die beskuldigde sou daar waarskynlik bloed aanwesig moes wees in daardie omgewing. Geen bloed is aldaar gevind nie. Hierdie feit is myns insiens verdere stawing vir die weergawe van Leatitia.
Daar is ook stawing te vind vir die weergawe van Leatitia in die getuienis van Desiree. Voordat enige skoot afgegaan of gevuur was, het sy haar bevind in die woning van ân buurvrou aan die oorkant van die straat. Terwyl sy daar was, het sy ân harde slag (soos ân âcrackerâ) buite die huis gehoor. Vir haar het dit geklink of die geluid van die straat voor die huis kom. Hierna het sy ân tweede slag gehoor, maar die was dowwer as die eerste een. Sy het slegs die twee plofgeluide gehoor.
Dit kan aanvaar word dat hierdie knalgeluide inderdaad skote uit die haelgeweer van die beskuldigde was. Daar is geen getuienis of suggestie dat dit deur enigiets anders veroorsaak kon gewees het nie. Op die beskuldigde se weergawe sou verwag kon word dat sy die laaste skoot en wat in die straat afgevuur is, die duidelikste sou hoor omdat dit nader aan die huis waar sy was, afgevuur is. Op Leatitia en Desmond se weergawe, sou sy die eerste skoot wat volgens hulle in die straat afgevuur is, die duidelikste hoor. Die tweede skoot, en wat vir haar dowwer geklink het, sou afgevuur gewees het in die voordeur van die oorledene se huis. Dit volg net logies dat hierdie skoot, en wat heelwat verder van haar af was as die eerste een, vir haar dowwer sou klink as die een wat in die straat afgevuur was. Die derde skoot, aldus Leatitia, is in die woning afgevuur. Dit is gevolglik baie moontlik dat Desiree nie hierdie skoot kon hoor nie.
Dit is ook insiggewend dat Desiree in ân wat beskryf kan word as ân onbewaakte oomblik, getuig het dat, toe Leatitia net na die skietey by hul huis uitgekom het, aan haar gesê het dat die beskuldigde hulle geskiet het. Onmiddellik hierna het sy ontken dat sy aldus getuig het. Die meganiese opname is teruggespeel, en is dit bevestig dat sy aldus getuig het. My indruk was onteenseglik dat Desiree wou voorkom dat sy die indruk skep dat die beskuldigde op die oorledene en Leatitia geskiet het.
Die beskuldigde het getuig dat, nadat die derde skoot in die straat afgevuur was, Desmond om die huis van die oorledene weg gehardloop het, dat hy deur niemand op daardie stadium bedreig was nie, en dat daar nie ân rede was vir hom om te vlug nie aangesien hy geweet het dat hy Leatitia per abuis gewond het. Indien dit die waarheid sou wees, vind ek dit onwaarskynlik dat hy in die oorledene se voertuig sou spring en wegjaag. As die verwonding van Leatitia en die oorledene inderwaarheid die gevolg van ân blote ongeluk was, vind ek hierdie gedrag van die beskuldigde, naamlik om weg te jaag vanaf die toneel, onverklaarbaar. Sy gedrag is myns insiens meer versoen baar met dié van ân persoon wat geweet het dat hy wederregtelik opgetree het.
Hierdie indruk word versterk deur die volgende gebeure: Volgens die beskuldigde het hy direk vanaf die skiettoneel gery na sy ouerhuis te Windsorton. Nadat hy sy vader van die gebeure vertel het, is sy vader na die Polisie en is die beskuldigde daarna arresteer. Indien die beskuldigde, soos hy getuig het, onbewus was daarvan dat die oorledene deur die skoot wat per abuis afgegaan het, getref was, en hy nie geweet het hoedanig Leatitia beseer was nie, vind ek dit onwaarskynlik dat sy vader na die Polisie sou gegaan het om die voorval te rapporteer. Die optrede van die vader vandie beskuldigde verleen myns insiens stukrag aan die waarskynliheid dat sy vader â uit die meedelings van die beskuldigde â besef het dat die beskuldigde wederregtelik gehandel het of minstens dat die gebeure die aandag van die polisie verg.
Uit hoofde van die voorgaande bevind ek vervolgens dat die weergawe van die Staat ten aansien van die vraag naamlik waar en op watter wyse die skote deur die beskuldigde afgevuur is, die mees waarskynlike plaasvind van die gebeure weerspieël, en is ek oortuig van die waarheid en betroubaarheid van die getuienis van veral Leatitia hieraangaande. Soos hierbo aangedui, word haar getuienis in wesenlike opsigte gestaaf deur ander betroubare getuienis, asook die reële getuienis, en die waarskynlikhede begunstig en staaf haar weergawe.
Die vraag naamlik waarom Leatitia en Desmond leuenagtig was aangaande die vooraf gebeure, verg oorweging. Uiteraard kan die antwoord hierop nie gevind word ind ie getuienis van die getuies self nie, en is die Hof aangewese op spekulasie hieraangaande.
Die mees voor-die-hand-liggende rede kom my voor dat hierdie getuies geweet het dat hulle tot ân mindere of meerdere mate aandadig was aan die argument wat tussen hulle, die oorledene en die beskuldigde ontstaan het, en wat weer aanleiding gegee het tot die skietery; en dat hulle hierdie sogenaamde âaandadigheidâ wou verbloem of minstens nie teenoor andere wou beken nie. Hierdie rede is uiteraard geen verskoning vir die pleeg van meineed nie, maar bied minstens ân verklaring vir hierdie gedrag.
Dit mag ook wees dat hulle leuens vertel het omdat hulle ân verwronge skuldgevoel koester vir die dood van die oorledene juis omdat hulle gedeel het in ân argument met die beskuldigde. Ook dit sou die leuens kon verklaar.
Uit die voorgaande kom ek dus tot die gevolgtrekking dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die beskuldigde die oorledene bewustelik geskiet het, en daarna vir Leatitia geskiet het.
Behalwe in soverre ek bevind het dat daar voor die skietery op die oorledene en Leatitia waarskynlik ân argument of ander struweling was tussen die beskuldigde aan die een kant en die oorledene, Leatitia en Desmond aan die ander kant, en ek die beskuldigde se weergawe van hoe die oorledene en Leatitia getref is, verwerp het, is daar geen getuienis wat daarop dui dat die beskuldigde geregverdig was om die oorledene en Leatitia te skiet nie.
Op die weergawe van Leatitia, en wat ek as bewese aanvaar, het die beskuldigde die oorledene geskiet met die direkte opset om hom te dood. Hy het geweet dat, om ân persoon met daardie haelgeweer reg voor die bors te skiet, noodlottige gevolge kon en sou gehad het. Die feit dat hy die wapen op hierdie kwesbare deel van die liggaam van die oorledene gerig het, regverdig as die enigste redelike afleiding dat hy die direkte opset gehad het om hom te dood.
Ook wat die skietery op Leatitia betref kan myns insiens alleen die redelike afleiding gemaak word dat die beskuldigde haar geskiet het met die opset om haar te dood, daar hy die vuurwapen gespan het, dit na haar kop gerig het en toe die sneller getrek het.
Wat betref die derde aanklag (die gebruik van ân voertuig sonder toestemming) het mnr. Van Heerden toegegee dat geen verweer van noodtoestand uitgemaak is nie. Dat dit so is blyk onteenseglik uit die getuienis van die beskuldigde self. Op sy eie weergawe het Desmond op die vlug geslaan nadat die derde skoot afgevuur was, het hy nie gedink die oorledene hou enige bedreiging vir hom in nie, en was daar ook geen persone in die straat wat vir hom enige bedreiging of gevaar ingehou het nie.
Op die Staat se weergawe was daar eweneens geen persoon wat enige bedreiging of gevaar vir die beskuldigde ingehou het en waaruit afgelei kan word dat hy hom in ân toestand van nood bevind het wat hom sou regverdig om met die voertuig van die oorledene weg te vlug nie.
Dit is gemeensaak dat die beskuldigde geen toestemming gehad het om die voertuig van die oorledene te gebruik nie.
Op hierdie aanklag gee mnr. Van Heerden dan ook toe dat ân skuldigbevinding onafwendbaar is.
Bygevolg word die beskuldigde skuldig bevind aan al 3 die aanklagtes hom ten laste gelê.
___
HJ Lacock
REGTER
Namens die Staat: Adv T Mashalane
Namens die beskuldigde: Adv F van Heerden
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.