S v Chauke (484/87) [1988] ZASCA 51 (20 May 1988)
- Citation
- [1988] ZASCA 51
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Grosskopf, Viljoen, Nicholas
- Case number
- 484/87
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Grosskopf, Viljoen, Nicholas
- Case number
- 484/87
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The appellate court held that the trial court did not err in its finding that there were no extenuating circumstances in the appellant's case. The trial court properly considered the appellant's youth and personal background, but found that these factors did not mitigate his moral blameworthiness in light of the nature of the crime, the absence of a proven motive, and the manner in which the murder was committed. The court emphasized that the onus to prove extenuating circumstances rested on the appellant, and that mere speculation about possible motives or impulsiveness was insufficient. The trial court's reasoning was justified and did not amount to a misdirection or irregularity, and its conclusion was one to which a reasonable court could have come.
Court disposition
The appeal is dismissed.
Orders
- The appeal against the finding of no extenuating circumstances is dismissed.
02
Material facts
Parties
Johannes Chauke
AppellantThe State
Respondent03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Finding of No Extenuating Circumstances After Conviction for Murder
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the trial court erred in finding that there were no extenuating circumstances in the appellant's conviction for murder.
- 02
Whether the appellant's youth and personal background should have been considered as extenuating circumstances.
- 03
Whether the trial court failed to properly consider the appellant's motive and personal circumstances.
Party arguments
- Applicant
- Counsel for the appellant argued that the trial court erred by not adequately considering the appellant's youthful age, lack of education, and personal background as extenuating circumstances. It was contended that the appellant's impulsive conduct and absence of premeditation should mitigate his moral blameworthiness. The defence also submitted that the trial court failed to properly weigh the appellant's and his mother's testimony regarding his upbringing and general immaturity.
- Respondent
- The respondent maintained that the trial court correctly found no extenuating circumstances, emphasizing the cold-blooded and vicious nature of the murder, the number and location of the wounds, and the lack of any proven motive that could reduce the appellant's moral blameworthiness. The respondent argued that the appellant bore the onus to prove extenuating circumstances and failed to do so, and that speculation about possible motives or impulsiveness was unwarranted.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Lehnberg en 'n Ander 1975(4) SA 553 (A)
The onus to prove extenuating circumstances rests on the accused, even in the case of a teenager.
- 02
S v Mohlobane 1969(1) SA 561 (A)
Youthfulness may be considered as an extenuating circumstance, but must be weighed together with other factors affecting moral blameworthiness.
- 03
S v Mapatsi 1976(4) SA 721 (A); S v Ceaser 1977(2) SA 348 (A)
The nature of the act, motive, and personality of the accused are relevant in assessing extenuating circumstances.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The appellate court held that the trial court did not err in its finding that there were no extenuating circumstances in the appellant's case. The trial court properly considered the appellant's youth and personal background, but found that these factors did not mitigate his moral blameworthiness in light of the nature of the crime, the absence of a proven motive, and the manner in which the murder was committed. The court emphasized that the onus to prove extenuating circumstances rested on the appellant, and that mere speculation about possible motives or impulsiveness was insufficient. The trial court's reasoning was justified and did not amount to a misdirection or irregularity, and its conclusion was one to which a reasonable court could have come.
Obiter and limits
- The court noted that while youthfulness is often considered an extenuating circumstance, it must be assessed in conjunction with other relevant factors and does not automatically reduce moral blameworthiness.
- The absence of a proven motive for the murder does not, in itself, constitute an extenuating circumstance, especially where the accused fails to provide credible evidence explaining his conduct.
- The court observed that the appellant's personal background and lack of education were not of such complexity as to require detailed analysis, and the trial court's brief treatment of these factors was not a misdirection.
Court disposition
The appeal is dismissed.
- The appeal against the finding of no extenuating circumstances is dismissed.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
484/87
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèFDELING)
In die saak tussen:
JOHANNES CHAUKE Appellant
en
DIE STAAT RespondentCORAM: GROSSKOPF, AR, VILJOEN et NICHOLAS, Wn ARRVERHOOR: 10 Mei 1988GELEWER: 20 Mei 1988
UITSPRAAK GROSSKOPF, ARDie appellant is in die Transvaalse Provinsiale Afdeling deur CURLEWIS R en assessore skuldig bevind aan
aan
2
aan moord. Die hof het ook bevind dat daar geen versag-tende omstandighede aanwesig was nie. Laasgenoemde be-vinding was nie eenparig nie - een van die assessore het afgewyk. Nadat verlof tot appèl verleen is ooreenkomstig 'n petisie aan die Hoofregter kom die appellant nou in hoër beroep teen die bevinding dat daar geen versagtende omstan-dighede was nie.Die feite in die saak is kortliks soos volg. Die ocrledene was 'n 47-jarige vrou. Sy en haar man het gewoon op 'n plasie in die distrik Wonderboom. Die oorledene se man het bedags in Pretoria gewerk. Die oorledene was 'n voltydse huisvrou.
Die appellant is 'n jong Swartman. Hy was ten
tyde
3 tyde van die moord (8 Oktober 1986) agtien en 'n half jaar oud. Sy familie het die oorledene goed geken - sy moeder en sy tante het saam met die oorledene grootgeword, en sy tante was die oorledene se huishulp. Op die tante se aan-beveling het die oorledene effens meer as 'n maand voor die moord die appellant as tuinjong aangestel.Op die oggend van 8 Oktober 1986 het die oorledene se man soos gewoonlik opgestaan en, nadat hy 'n paar werkies by die huis gedoen het, werk toe vertrek. Dit was tce on-geveer twintig oor ses. Die appellant was reeds daar om te kom werk.
Die oorledene wou daardie oggend h paar roosbome plant wat haar skoonseun haar vir haar verjaarsdag gegee het.
Daar
4 Daar kan veronderstel word dat die appellant haar hiermeesou help. Die roosbome was in plastiekhouers en hulle was in verskillende posisies in die tuin geplaas waar sy hulle wou plant. Dit blyk dat sy inderdaad een geplant het by die voorstoep. Langs hierdie roosboom is daar 'n kruiwa met grond gevind, en die afleiding kan dus gemaak word dat iets haar verhinder het om met haar taak voort te gaan. Dit moes redelik vroeg die oggend gebeur het, want die oorledene se skoonsuster, Mev Roux, het in die omgewing van 9 voormid-dag vir die oorledene kom soek om saam met haar stad toe te gaan. Mev Roux het toe reeds gesien dat die roos geplant was en die kruiwa daar staan. Sy het deur die huis gestap en na die oorledene geroep, maar het nóg die oorledene nóg die ap-
pellant 5 pellant gesien.In die loop van die oggend, waarskynlik voor Mev Roux se besoek, het die appellant die oorledene met 'n kombuismes doodgesteek. Hy het haar in totaal 15 steek-wonde toegedien, hoofsaaklik in die borskas en die nek. Die waarskynlike oorsaak van haar dood was 'n steekwond in die nek. Dit het baie ernstige en uitgebreide bloeding veroorsaak wat relatief stadig plaasgevind het. Sy het ook h paar skaafwonde en ander beserings gehac wat nie deur die mes veroorsaak was nie, en wat sy moontlik in die loop van die struweling opgedoen het. Die oorledene kon nog h half-uur na h uur geleef het nadat die steekwonde toegedien was. Inderdaad was daar aanduidings op die terrein dat sy rondbe-
weeg 6 weeg het terwyl die aanranding aan die gang was of nadat dit afgehandel was. Die oorledene se lyk is gevind in 'n buitegebou omtrent 20 treë van die woning. baar was bioed op die grond 'n entjie buite die deur van die buitegebou, en die oorledene se aanglip-skoene het ook daar gelê. Blyk-baar het sy gebloei op pad na die buitegebou, en het sy ook haar skoene daar verloor. Bloed is ook gevind aan die deur van die buitegebou en binne-in. Hierdie bloed was duidelik van die oorledene afskomstig. Die appellant het geen be-serings opgedoen nie.
Daar is geen betroubare inligting oor wat aan-leiding gegee het tot die appellant se aanval op die oorlede-ne nie. Die appellant het getuig dat die oorledene daardie
oggend 7 oggend onder die invloed van drank was en hom beveel het omdie hondehok skoon te maak. Hy het geweier, en is afgedank. Daarna het die oorledene hom met die kombuismes aangeval. Hy het die mes by haar afgeneem, maar sy het nie haar aanval gestaak nie, en hy was verplig om haar in noodweer te steek. Hierdie weergawe is deur die verhoorhof verwerp, myns insiens tereg. Behalwe die appellant en die oorledene was daar nie-mand by die huis op die betrokke oggend nie. Die huishulp, die appellant se tante, was hospitaal toe. Daar was dus geen ander bron van inligting oor wat presies daardie oggend plaasgevind het nie.
Om die verhaal van die gebeure voort te sit: nadat die appellant die oorledene aangerand het, is hy by die woon-
huis 8 huis in waar hy 'n deel van 'n vuurwapen uit 'n laai gesteel het. Hy is toe weg na sy moeder se huis. Op pad het hy die moordwapen, die kombuismes, in die hondehok gegooi. Die volgende dag het hy hom aan die polisie oorgegee.Nadat die appellant aan moord skuldig bevind was, het hy en sy moeder getuienis ter versagting gegee. Dit blyk hieruit dat sy moeder ses kinders gehad het. Die ap-pellant is in Stinkwater, Bophuthatswana, gebore waar sy fa-milie gewoon het. Hy was die jongste van vier kinders wat sy moeder by haar eerste man gehad het. Hierdie man het haar later verlaat, en sy het toe 'n tweede man geneem, by wie sy twee verdere kinders gehad het. Die appellant het weens armoede nooit skoolgegaan nie. Hy het by sy moeder
gewoon
9 gewoon tot nege maande voor die moord. Voordat hy van haar weg is het hy gereeld geld wat hy verdien het, aan haar ge-gee. Hy het egter opgehou nadat hy vertrek het, en soos ek die getuienis verstaan,het sy hom toe glad nie weer gesien voor die dag van die moord nie. Volgens die appellant het hy minstens twee jaar by verskillende plekke in die distrik Pretoria as tuinjong gewerk voor die moord.Daar is 'n mate van teenstrydigheid tussen die ap-pellant se getuienis en dié van sy moeder oor waarmee hy hom besig gehou het voordat hy as tuinjong begin werk het. Die appellant sê "Ek was nog jonk, ek het net sommer daar gesit by die huis". Sy moeder daarenteen sê dat hy "moes van kleins af begin om die donkiekarretjie in te span om beide
sand 10 sand en water vir die ander mense te vervoer". Dit het hy gedoen "sodat ons daarmee kos koop".Die appellant se moeder het ook getuig dat hy altyd 'n soet en onaggressiewe seun by die huis was, en dat dit haar verbaas het dat hy hierdie misdaad gepleeg het.
Die hof het 'n kort uitspraak oor versagtende om-standighede gelewer. Na 'n paar inleidende paragrawe lui ditsoos volg:
"Counsel for the defence and indeed for the pro-secution somewhat confidently stated that the age of the accused in order to be an extenuating cir-cumstance had to be related to the murder itself. I am not so certain that this is any longer the position, and I and my Assessors have looked at it from both sides, where age per se is an extenuating circumstance on the one hand and on the other hand, whether it should be related to crime.
We
11
We have considered all the facts; there is a difference of opinion as to whether there are or are not extenuating circumstances. My one Assessor has found that there are and he has come to that conclusion because of the age of the accused and his background, together with the fact, as he sees it, that something must have happened to cause the accused to commit the crime. My other Assessor and I do not agree. We have considered the age of the accused from both sides as I have already indicated. He is not a young person or a child, he is not 15 or 16. We have looked at his background as well and that, together with everything else, we do not find constitutes anything to mitigate his moral blameworthiness.We do not agree that there must have bêen something else to cause him to commit the crime, that in our view, is mere speculation. And in any event, it is difficult to consider what the something could have been which could in fact reduce the moral blameworthiness of the accused in relation to this dreadful crime. In our view, taking into account what we certainly can, the number of the wounds, where they were, this was a cold blooded and vicious killing of a defenceless and good woman: it was not accidental or linked to youth nor linked to panic."
Dit
12
Dit is geykte reg dat hierdie hof op appèl teen 'n bevinding soos die huidige alleen kan ingryp en sy eie mening vir dié van die verhoorhof substitueer indien die verhoorhof 'n mistasting of ander onreëlmatigheid begaan het, of indien sy bevinding, in die lig van al die getuienis geoordeel, van so 'n aard is dat nie redelikerwyse daartoe gekom kon gewees het nie. Voor ons het die appellant se advokaat betoog dat die verhoorhof misgetas het deur nie die appellant se jeugdige ouderdom, tesame met ander persoonlike omstandighede, behoor-lik in ag te neem nie.Jeugdigheid as versagtende omstandigheid is in die afgelope jare dikwels deur ons howe oorweeg, en sekere rig-lyne is neergelê. 'n Tienderjarige behoort in die algemeen
as 13 as onvolwasse beskou te word, en derhalwe geregtig op ver-sagting, tensy die omstandighede van die saak so is dat die hof tot die slotsom kom dat daar, ten spyte van die beskul-digde se jeugdigheid, geen versagtende omstandighede aanwesig was nie; met ander woorde, dat die beskuldigde se morele ver-wytbaarheid nie deur sy jeugdigheid verminder word nie. Faktore wat hiervoor in ag geneem mag word sluit in die aard van die daad, die motief waarmée die daad gepleeg was en die persoonlikheid van die beskuldigde (sien s. v. Mohlobane 1969(1) SA 561 (A); S. v. Lehnberg en 'n Ander 1975(4) SA 553 (A); S. v. Mapatsi 1976(4) SA 721 (A) en S. v. Ceaser 1977(2) SA 348 (A)). En, wanneer hierdie verskillende fak-tore opgeweeg word, rus die bewyslas om versagtende omstan-
dighede 14 dighede te bewys, ook in die geval van 'n tienderjarige, steeds op die beskuldigde (Lehnberg se saak, supra, bl. 561 G).In die onderhawige geval het die hof a quo die appellant se jeugdigheid op twee veronderstellings beoor-deel. Die eerste was dat jeugdigheid per se 'n versagtendeomstandigheid kan wees. In hierdie verband het die verhoor-regter die opmerking gemaak dat die appellant "is not a young
person 15 person or a child, he is not 15 or 16." Die hof se veron-derstelling was hier na my mening onjuis. Uit wat ek hier-bo gesê het, blyk dit dat n beskuldigde se jeugdigheid oor-weeg moet word tesame met ander faktore wat lig mag werp op sy morele verwytbaarheid.Die verhoorhof gaan dan egter voort om die vraag van versagtende omstandighede te oorweeg op die alternatiewe basis "that the age of the accused in order to be an extenu-ating circumstance had to be related to the murder itself". In hierdie verband sê die verhoorregter dat die hof ag ge-slaan het op die appellant se agtergrond asook "everything else". Wat alles by laasgenoemde ingesluit is, is nie heeltemal duidelik nie, maar in die res van die uitspraak
dui
16
dui die hof tog aan wat dit was wat hom positief beïnvloed het om te bevind dat daar geen versagtende omstandighede was nie.Die vraag is dan of daar enige mistasting of ander onreëlmatigheid was in die hof se beredenering oor die appellant se jeugdigheid, gesien in die samehang van die saak as geheel. Daar is eerstens geen rede om te twyfel aan die juistheid van die verhoorregter se stelling dat die appellant se jeugdigheid wel deeglik in ag geneem is nie. Trouens, die feit dat een van die assessore op grond van, onder andere, hierdie aspek gemeen het dat daar versagtende omstandighede was, staaf die stelling. Die res van die verhporhof se be-redenering was, eerstens, dat daar, in teenstelling met wat
een 17 . een van die assessore gemeen het, geen motief vir die moord bewys was wat die appellant se verwytbaarheid kan verminder nie. Hier stem ek met die meerderheid saam. Aangesien die appellant se weergawe verwerp was, was daar geen getuienis voor die hof oor wat tot die moord aanleiding gegee het nie. As 'n mens afleidings sou probeer maak wil dit voorkom dat die motief moontlik roof kon gewees het. Dit is duidelik, meen ek, dat die appellant die direkte opset gehad het om die oorledene te dood. Onmiddellik na die daad het hy in die laaie in die huis gaan rondkrap. Inderdaad het hy nie veel geneem nie, maar daar mag redes daarvoor wees - hy mag nie gevind het waarvoor hy gesoek het nie, of hy mag geskrik het toeMev Roux na die oorledene kom soek het. Daar is dus h
moontlikheid
18
moontlikheid dat, toe die twee van hulle alleen by die huis was, die appellant die geleentheid aangegryp het om die oor-ledene te vermoor sodat hy die huis kon plunder. Ek moet egter onmiddellik byvoeg dat hierdie moontlikheid ook maar baie spekulatief is. Op die keper beskou kan 'n mens nie veel meer sê as wat die verhoorhof gesê het nie - die beweeg-rede vir die misdaad is nie bewys nié, en as 'n mens hieroor sou bespiegel is daar geen rede om te vermoed dat die ware beweegrede versagtend sou ingewerk het nie.Ten slotte het die hof die getal en ligging van die wonde in ag geneem, en afgelei dat dit 'n "cold blooded and vicious killing of a defenceless and good woman" was. Hier meen ek weer eens dat die verhoorhof nie gefouteer het
nie
19
nie. 'n Mens kan miskien kibbel oor sommige van die by-voeglike naamwoorde, maar dit staan myns insiens minstens vas dat, soos ek reeds gesê het, die appellant die direkte opset gehad het om te dood en dat hy hierdie opset met daad-krag uitgevoer het. Dat die oorledene weerloos was, is ook duidelik, en die getuienis staaf die stelling dat sy 'n goeie vrou was, wat na alle waarskynlikheid geen rede vir die appellant sou gegee het om 'n grief teen haar te hê nie.Die appellant se advokaat het betoog dat die ver-hoorhof nie die appellant en sy moeder se getuienis oor sy algemene vlak van opleiding, agtergrond, skolastiese vordering en algemene onrypheid genoegsaam in ag geneem het nie. Soos reeds gemeld, het die hof verwys na die appellant se "back-
ground"
20
ground". Hoewel hierdie stelling miskien effens kripties was, was die getuienis omtrent die appellant se persoonlike omstandighede en agtergrond, wat ek taamlik volledig hierbo opgesom het, nie juis van so 'n ingewikkelde of uitgebreide aard dat dit h deeglike ontleding of bespreking geverg het nie. Die feit dat die verhoorhof dit nie uitvoerig behan-del het nie bied dus, myns insiens, geen rede om te vermoed dat die verhoorhof dit nie behoorlik in ag geneem het nie. Ek kan gevolglik nie bevind dat die hof in hierdie opsig h mistasting of onreelmatigheid begaan het nie.Dan het die appellant se advokaat betoog dat die boosheid van die appellant se optrede nie sonder meer die on-volwassenheid van die appellant kan uitskakel sonder dat
oorweging
21
oorweging geskenk is aan die motief waarmee die daad gepleeg is tesame met ander relevante faktore nie. Maar, soos ek reeds aangedui het, daar was geen duidelikheid oor wat die motief was nie, en die enigste persoon wat hierdie leemte kon vul was die appellant self. Dit het hy nie gedoen nie, en waar die bewyslas op hom gerus het om die aanwesigheid van versagtende omstandighede te bewys, kan hy hom nie nou oor hierdie leemte bekla nie.
Ten slotte is daar betoog dat die moord skynbaar impulsief op die ingewing van die oomblik plaasgevind het, en dat daar skynbaar nie sprake van voorafbeplanning was nie. Ek stem nie saam nie. Die getuienis is minstens ewe ver-soenbaar met die moontlikheid dat dit 'n beplande, berekende,
moord
22
moord was, moontlik vir gewin.Om op te som: die verhoorhof se uitspraak kom hierop neer dat die appellant se jeugdigheid en persoonlike agtergrond nie as versagtende omstandighede beskou word nie omdat, anders as wat een assessor bevind het, daar geen be-weegrede vir die moord bewys was wat versagtend kon inwerk nie en omdat die aard van die misdaad en die karakter van die oorledene sodanig was dat dit die moontlikheid van ver-minderde verwytbaarheid teengewerk het. Na my mening was hierdie 'n regverdigbare houding om in te neem, en het die hof geen mistasting of ander onreëlmatigheid hierdeur ge-pleeg nie.
Die enigste vraag wat dan nog oorbly is of die
verhoorhof
23
verhoorhof se bevinding van so h aard is dat nie redeliker-wyse daartoe gekom kon gewees het nie. Myns insiens moet hierdie vraag ontkennend beantwoord word. Die appellant se advokaat het trouens nie tot die teendeel geargumenteer nie. Weens die voorgaande word die appel afgewys.
E M GROSSKOPF, AR
VILJOEN, Wn AR ) NICHOLAS, Wn AR )Stem saam
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.