Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

S v Chubisi and Another (610/2001) [2001] ZANCHC 21 (21 September 2001)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The review court found that the magistrate failed to apply section 275 of the Criminal Procedure Act and did not properly inform the accused and his aunt of its provisions. Furthermore, the magistrate did not explain the option of discharge under section 174 at the close of the State's case, misleading the accused into believing he had a case to answer. These failures constituted gross procedural irregularities, particularly given the accused's age and lack of legal representation. The court held that such irregularities resulted in a miscarriage of justice and warranted setting aside both the conviction and sentence.

Court disposition

Conviction and sentence set aside due to procedural irregularity.

Orders

  • The conviction and sentence of Jonas Chubisi are set aside.

02

Material facts

Parties

The State

Applicant

Jonas Chubisi

Respondent

Amounts and remedies

  • Sentence Imposed Months: 6

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Review / Review Judgment

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The State relied on the testimony of two witnesses, Isaac Modisoatsile and Inspector Daniel Eksteen, to establish the accused's involvement in housebreaking and theft. The prosecution argued that the accused failed to challenge incriminating evidence and did not testify in his own defence, supporting a conviction. The State did not address the procedural irregularities regarding the accused's lack of legal representation or the failure to apply section 275 and section 174 of the Criminal Procedure Act.
Respondent
The accused, a 15-year-old, was unrepresented during the trial and assisted only by his aunt. He did not testify and called two witnesses who did not materially assist his case. The defence did not specifically raise the procedural irregularities, but the review court identified that the magistrate failed to explain the option of discharge under section 174 and did not properly apply section 275, resulting in prejudice to the accused.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Nzimande 1993(2) SASV 218 (N)

    A judicial officer must explain to an unrepresented accused the procedural option of applying for discharge at the close of the State's case under section 174 of the Criminal Procedure Act.

  2. 02

    Criminal Procedure Act, section 275

    Failure to apply section 275 of the Criminal Procedure Act and to properly inform the accused and his guardian constitutes a procedural irregularity.

  3. 03

    S v Kester 1996(1) SASV 461 (B)

    A conviction based solely on unchallenged evidence without proper explanation of procedural rights to an unrepresented accused is irregular and may be set aside.

  4. 04

    S v Charlton Lenyibi and Thabiso Senye, case no. 422/01

    Where the accused is a juvenile and unrepresented, the court must take extra care to ensure procedural fairness and understanding of rights.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The review court found that the magistrate failed to apply section 275 of the Criminal Procedure Act and did not properly inform the accused and his aunt of its provisions. Furthermore, the magistrate did not explain the option of discharge under section 174 at the close of the State's case, misleading the accused into believing he had a case to answer. These failures constituted gross procedural irregularities, particularly given the accused's age and lack of legal representation. The court held that such irregularities resulted in a miscarriage of justice and warranted setting aside both the conviction and sentence.

Obiter and limits

  • Magistrates must be vigilant in ensuring that young and unrepresented accused are fully informed of their procedural rights, especially in serious matters.
  • The circulation of judgments addressing procedural fairness for juvenile accused is essential for judicial officers to prevent future irregularities.
  • The failure to explain the option of discharge under section 174 is a recurring issue that must be addressed in lower courts.

Court disposition

Conviction and sentence set aside due to procedural irregularity.

  • The conviction and sentence of Jonas Chubisi are set aside.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2001] ZANCHC 21

VERSLAGWAARDIG:JA/NEE

SIRKULEER ONDER LANDDROSTE:JA/NEE

SIRKULEER ONDER REGTERS:JA/NEE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(NOORD-KAAPSE AFDELING)

KIMBERLEY

SAAK NO.:610/2001

DATUM:21-09-2001

In die saak tussen:

DIE

STAAT

en

JONAS

CHUBISI BESKULDIGDE

CORAM: KGOMO R et MAJIEDT R

HERSIENINGSUITSPRAAK

MAJIEDT R:

Die beskuldigde het tereg gestaan op ‘n aanklag van huisbraak met die opset om te steel en diefstal en is na skuldigbevinding gevonnis tot 6 maande gevangenisstraf. Ten tyde van die verhoor was die beskuldigde 15 jaar oud en is hy deur sy tante bygestaan.

My navrae aan die landdros het gehandel oor die feit dat artikel 275 van die Strafproseswet nie toegepas is nie en ook oor die meriete van die skuldigbevinding. Die saak is voor een landdros aangehoor tot en met die skuldigbevinding stadium en is daarna voortgesit en afgehandel voor ‘n ander landdros. Laasgenoemde het toegegee dat sy nagelaat het om artikel 275 se bepalings toe te pas en aldus oor te dra aan die beskuldigde en sy tante. Ek is tevrede dat die eerste landdros nie meer beskikbaar was nie a.g.v. vervroegde aftrede en dat daar geen nadeel was vir die beskuldigde in die versuim om artikel 275 behoorlik toe te pas nie.

Die landdros dui aan dat sy tevrede was, na deurlees van die oorkonde, dat die verrigtinge voor haar afgetrede voorganger volgens reg geskied het en dat die skuldigbevinding in orde was. Ek deel nie haar siening aangaande laasvermelde aspek nie. Alvorens ek met die meriete van die skuldigbevinding handel is dit nodig dat ek enkele opmerkings maak aangaande die feit dat die beskuldigde nie regsverteenwoordiging gehad het tydens die verhoor nie. Die beskuldigde se regte tot regshulp en regsverteenwoordiging is weliswaar na behore aan hom voorgehou en het hy en sy tante ex facie die oorkonde aangedui dat hy “sal self praat”. Ek kan egter nie verstaan waarom die landdros nie verder gegaan het en verneem het waarom ‘n 15-jarige sy weg sou oopsien om in so ‘n ernstige saak op eie stoom voort te gaan nie. Hierdie besluit van die beskuldigde en sy tante val veral vreemd op as ‘n mens in ag neem dat hulle twee op ‘n stadium ‘n uitstel versoek het ten einde die dienste van ‘n prokureur te bekom wat hulle moes bystaan met ‘n borgaansoek. Opvallend is dat by die volgende verskyning die landdros as volg navraag doen by die beskuldigde se tante: -

“V. Het die prokureur ten opsigte van borgaansoek u bygestaan?

A. Ja.”

Daarna begin die Staat met sy saak en word die eerste Staatsgetuie se getuienis aangehoor.

Ek is die mening toegedaan dat die landdros navraag moes gedoen het by die beskuldigde en sy tante waarom hulle nie ook vir die verhoor regsbystand wou bekom nie. In dié verband verwys ek na die opmerkings van Steenkamp RP in S v Charlton Lenyibi en Thabiso Senye, hersieningsuitspraak, saaknr. 422/01, gelewer op 31/7/2001 waarmee Kgomo R saamgestem het en vereenselwig ek my daarmee. Hierdie uitspraak is aan landdroste gesirkuleer. Landdroste moet deeglik kennis neem hiervan, veral waar jong beskuldigdes voor hulle verskyn.

Die Staatsaak, wat die inkriminering van die beskuldigde aanbetref, berus hoofsaaklik op die getuienis van ene Isaac Modisoatsile asook van speurderinspekteur Daniel Eksteen van die SAPD.

Eersgenoemde se getuienis kan bondig as volg opgesom word: -

hy het die beskuldigde gekonfronteer op grond van inligting oor ‘n inbraak en diefstal by die getuie se broer se huis (waar die getuie ook tuisgegaan het);

Die beskuldigde bied toe aan om vir hom ‘n ketel te gee, klaarblyklik as een of ander vorm van kompensasie sonder om aandadigheid aan die inbraak en diefstal te erken;

Die beskuldigde het toe ‘n silwer elektriese ketel met kaas en droë wors daarbinne oorhandig aan Isaac. Laasgenoemde het die polisie gebel en die ketel aan inspekteur Eksteen oorhandig, blykbaar omrede hy daarvan bewus was dat dit ‘n gesteelde ketel is.

Die inbraak en diefstal waarop die beskuldigde tereg gestaan het is by ‘n slaghuis gepleeg. Dit val op in die oorkonde dat, nadat die getuie sy relaas van die gebeure verskaf het soos voormeld, die Staatsaanklaer die volgende blatant leidende vraag vra (sonder enige teregwysing hoegenaamd deur die landdros): -

“V. Staatsaanklaer:- Wat het – of het Mabogola gesê die goedere is by ‘n slaghuis gesteel?

A. Ja”.

Hierdie leidende vraag het gevolg nadat Isaac op ‘n vraag van die Hof aangedui het dat hy nie vir die beskuldigde gevra het waar die goedere vandaan kom nie.

Dit is opvallend (en tog nie verbasend) verder dat die beskuldigde glad geen vrae aan die getuie gestel het nie en dat sy tante bloot ‘n stelling gemaak het aan die getuie oor die rede vir die beskuldigde se arrestasie soos oorgedra deur inspekteur Eksteen.

Inspekteur Eksteen het bevestig dat hy by die voormelde getuie se huis aangedoen het waar hy die betrokke ketel aangetref het. Volgens die getuie is hy meegedeel deur Isaac dat die beskuldigde dié ketel oorhandig het in ruil vir ‘n bad wat in Isaac se besit was. Die Staatsaanklaer het vir Eksteen daarop gewys dat die vorige getuie glad nie melding gemaak het van ‘n bad nie; Eksteen het egter volgehou met sy weergawe.

Op grond van dié mededelings is die beskuldigde gearresteer. Een van die mede-eienaars van die slaghuis het die ketel as hul eiendom uitgeken. Van belang is dat die beskuldigde ook aan hierdie getuie geen vrae hoegenaamd gestel het nie. Sy tante het bloot op onbeholpe wyse ‘n aantal stellings aan die getuie gestel, wat hy ontken het.

Die Staat se saak is gesluit nadat Eksteen getuig het. Op hierdie stadium was daar, na my mening, ten beste vir die Staat slegs prima facie getuienis van ‘n moontlike oortreding van een van die geoorloofde uitsprake in artikel 264 van die Strafproseswet. Nêrens op die oorkonde blyk dit dat die beskuldigde en sy tante tydens enige stadium van die verrigtinge gewys is op die bestaan en betekenis van die bepalings van artikel 264 nie.

‘n Skuldigbevinding op een van die geoorloofde uitsprake vervat in artikel 264 sou dus nie regtens ontvanklik wees nie;

Sien: S v Kester 1996(1) SASV 461 (B) te 469g – 470b.

Die beskuldigde het nie self getuig nie maar het ‘n getuie, Ronnie Ntlaeng geroep. Sy tante het verder ‘n ander getuie, ene Ruben Monzane geroep. Nie een van hierdie twee getuies het veel bygedra tot die beregting van die geskilpunte hierin nie.

Die Staatsaanklaer se betoog is genotuleer. Dis insiggewend dat haar betoog ter ondersteuning van ‘n skuldigbevinding grootliks berus het op die beskuldigde se versuim om “te stry” oor die inkriminerende getuienis wat voorgehou is deur die Staatsgetuies. Die beskuldigde se betoog was bloot: “Ek wil niks sê, want ek het niks gemaak”.

Die landdros moes aan die einde van die Staatsaak aan die beskuldigde verduidelik het dat hy ingevolge artikel 174 van die Strafproseswet se bepalings kon aansoek doen vir sy ontslag aangesien daar geen prima facie saak teen hom was nie.

In die onderhawige geval het die landdros versuim om dit te doen – hy het bloot aan die beskuldigde verduidelik dat hy ‘n keuse het om te getuig en/of getuies te roep of om te swyg. Só ‘n verduideliking impliseer dat daar ‘n saak was wat die beskuldigde moes antwoord en is myns insiens misleidend. Die landdros moes in casu selfs oorweging daaraan geskenk het om mero motu die beskuldigde te ontslaan ná afloop van die Staatsaak.

Sien: S v Nzimande 1993(2) SASV 218 (N) te 220 c-f, waar Didicott R hom as volg uitlaat:

“The accused was entitled to his discharge then and there, which could not rightly have been refused if he had applied for it. As a layman conducting his own defence, however, he knew nothing about such applications and therefore made none. The same state of affairs has been examined in a series of judgments delivered in the Cape and Transvaal Provincial Divisions. I refer to S v Becket 1987(4) SA 8 ( C); S v Zimmerie en ‘n Ander 1989(3) SA 484 ( C); S v Zulu 1990(1) SA 655 (T); S v Mashele 1990(1) SACR 678(T) and S v Amerika 1990(2) SACR 480(C ). Their gist is this. The option of applying for a discharge at the close of the case for the prosecution is one of the procedural choices open to an accused person which the judicial officer hearing his trial must explain to him whenever he is unrepresented and has no case to answer. To refrain from doing so, to confine oneself to informing him that he has a choice between testifying and remaining silent at his peril, as occurred indeed in the present matter, is to imply that he does have a case to meet and thus to mislead him. The judicial officer should instead take the bull by the horns in such a situation, discharging him mero motu. The failure to do so amounts to an irregularity.”

Sien ook: S v Kester (supra) te 472d.

Die landdros se voormelde nalates stel ‘n growwe onreëlmatigheid daar wat tot ‘n regskending aanleiding gegee het en moet die skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel word.

Die beskuldigde se skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.

______

S.A.

MAJIEDT

REGTER

Ek stem saam.

_______

F.D.

KGOMO

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Nzimande 1993(2) SASV 218 (N)

Case cited

S v Kester 1996(1) SASV 461 (B)

Case cited

S v Charlton Lenyibi and Thabiso Senye, case no. 422/01

Case cited

S v Becket 1987(4) SA 8 (C)

Case cited

S v Zimmerie en 'n Ander 1989(3) SA 484 (C)

Case cited

S v Zulu 1990(1) SA 655 (T)

Case cited

S v Mashele 1990(1) SACR 678(T)

Case cited

S v Amerika 1990(2) SACR 480(C)

Case cited

Criminal Procedure Act, section 275

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Criminal Procedure Act, section 174

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Criminal Procedure Act, section 264

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.