Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Cloete (140/91) [1993] ZASCA 10 (2 March 1993)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the appellant's version of acting in a state of automatism was not credible. The evidence, including his conduct before and after the shootings, the content of his letters and phone calls, and his statements to witnesses, demonstrated that he acted consciously and purposefully. The expert psychiatric evidence from Dr Vorster supported the conclusion that the appellant was able to appreciate the wrongfulness of his actions and act accordingly. The trial court was justified in rejecting the appellant's version and convicting him of murder. The appeal against conviction was dismissed as the findings of guilt were fully supported by the evidence.

Court disposition

Appeal dismissed; conviction upheld.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The conviction and sentence imposed by the trial court are confirmed.

02

Material facts

Parties

Arie Willem Cloete

Appellant

The State

Respondent

Amounts and remedies

  • Amount Withdrawn by Appellant After the Incident: ZAR 6,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that he was not acting legally when he fired the shots, claiming he was in a state of automatism due to a combination of diabetes-induced hypoglycaemia and emotional distress. He contended that he was not criminally responsible at the critical moment, lacked intent, and suffered memory loss regarding the incident. Expert witnesses supported the possibility of diabetic automatism and involuntary conduct.
Respondent
The State argued that the appellant acted consciously and purposefully, as evidenced by his conduct before and after the shootings, including taking the firearm into the house, the content of his letters and phone calls, and his statements to witnesses. Psychiatric evidence from Dr Vorster indicated that the appellant was able to appreciate the wrongfulness of his actions and act accordingly. The State maintained that the appellant's version was false and that he possessed the necessary intent for murder.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Section 78 of the Criminal Procedure Act

    A person is criminally responsible if, at the time of the act, he is able to appreciate the wrongfulness of his conduct and act in accordance with that appreciation.

  2. 02

    S v Sikosana 1980 (4) SA 559 (A)

    Automatism as a defence requires credible evidence that the accused acted involuntarily and without awareness; mere memory loss or emotional distress does not suffice.

  3. 03

    S v Sikosana 1980 (4) SA 559 (A)

    The trial court must reject the accused's version if it is found to be false beyond reasonable doubt, especially where conduct and post-offence statements indicate conscious action.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the appellant's version of acting in a state of automatism was not credible. The evidence, including his conduct before and after the shootings, the content of his letters and phone calls, and his statements to witnesses, demonstrated that he acted consciously and purposefully. The expert psychiatric evidence from Dr Vorster supported the conclusion that the appellant was able to appreciate the wrongfulness of his actions and act accordingly. The trial court was justified in rejecting the appellant's version and convicting him of murder. The appeal against conviction was dismissed as the findings of guilt were fully supported by the evidence.

Obiter and limits

  • The failure of the trial judge to provide reasons for granting leave to appeal is regrettable and contrary to the requirements of section 315(2)(a) of the Criminal Procedure Act.
  • If leave to appeal is granted, the trial judge must consider whether the appeal should be heard by the full court, especially in cases where such consideration is warranted.

Court disposition

Appeal dismissed; conviction upheld.

  • The appeal is dismissed.
  • The conviction and sentence imposed by the trial court are confirmed.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1993] ZASCA 10

CG SAAKNOMMER: 140/91

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak van:ARIE WILLEM CLOETE Appellant

enDIE STAAT Respondent

CORAM: HOEXTER, VAN HEERDEN ARR et HOWIE WnAR AANGEHOOR: 26 FEBRUARIE 1993

REDES VERSTREK: 2 MAART 1993

REDES VIR AFWYSING VAN DIE APPèL OP 26 FEBEUARIE 1993 HOWIE WnAR

2

Tydens afwysing van hierdie appél op 26 Februarie 1993 is aagedui dat die redes mettertyd ingelewer sou word. Die redes is soos volg.Op die oggend van 26 April 1989 is appellant se vrou, Elaine, en haar mansvriend, Gabriel Willem de Jongh, by laasgenoemde se huis te Venterspos Goudmyn, Westonaria, met 'n handvuurwapen doodgeskiet. Appellant het die noodlottige skote afgevuur. Voortspruitende daaruit het hy mettertyd op twee aanklagte van moord in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling tereggestaan. Die Verhoorhof (O'Donovan WR en assessore) het hom op altwee klagtes skuldig bevind soos aangekla. Hy is gevangenisstraf opgelê wat gedeeltelik opgeskort is. Die appél was slegs teen die skuldigbevindings gerig.Toe appellant by die aanvang van die verhoor onskuldig gepleit het, het sy advokaat (wat ook namens hom voor hierdie Hof verskyn het) die pleit op die volgende basis verduidelik: eerstens dat appellant nie regtens gehandel het nie toe hy die skote gevuur het,3 tweedens dat hy op die kritieke tydstip ontoerekeningsvatbaar was (maar in die sin "buite artikel 78 van die Strafproseswet") en derdens dat hy sonder opset opgetree het.

Geriefshalwe verwys ek na die oorledenes as "Elaine" en "De Jongh" onderskeidelik.Die agtergrondsfeite was gemeensaak of nie in geskil nie. Hulle kan kortliks soos volg gekonstateer word. Appellant was ten tye van die voorval 40 jaar oud en werksaam as 'n veiligheidsbestuurder by Gencor. Toe sy om die lewe gebring is, was Elaine 33 jaar oud. Hulle is in 1975 getroud. Twee kinders is uit die huwelik gebore, 'n dogter in 1977 en 'n seun in 1979. Die egpaar se huwelikslewe was uiters ontstuimig. Sy het verskeie verhoudings met ander mans aangeknoop, onder andere met De Jongh. Dit was as gevolg van haar verhouding met laasgenoemde dat sy appellant in 1983 verlaat het. Sy is mettertyd vir 'n kort tydperk na appellant terug maar in Augustus 1984 is hulle geskei.4 Sake het egter naderhand tot so 'n mate verbeter dat hulle in Februarie 1986 weer met mekaar getroud is. Die verdere huwelikslewe het redelik goed verloop totdat appellant vroeg in April 1989 deur sy stiefsuster meegedeel is dat daar steeds 'n verhouding tussen Elaine en De Jongh bestaan het. Hy het haar daarmee gekonfronteer en as gevolg daarvan het sy hom weereens verlaat en tydelik by 'n familievriend, ene Hattingh, gaan bly. Appellant het egter steeds kontak per telefoon met haar gehad. Tydens so 'n gesprek die aand voor die voorval het sy gemeld dat sy die volgende dag by De Jongh se huis sou wees. Appellant moes die oggend van 26 April 'n vergadering in Johannesburg bywoon maar het besluit dat hy daarna vir haar sou gaan sien. Dit was tydens sy besoek aan die huis tussen llhOO en 12h00 daardie oggend dat die skietery plaasgevind het.

Appellant het verskeie gesondheidsprobleme ondervind. Vanaf 1977 het hy aan suikersiekte gely waarvoor hy hom gereeld met insulien moes inspuit. As5 gevolg van die ongelukkige huwelikslewe het hy ook aan depressie gely en kon hy dikwels nie 'n behoorlike nagrus kry nie. Hy het gereeld medisyne vir die depressie, asook slaappille gebruik.Wat die skietery betref is die volgende feite óf volkome bewys óf erken. Die betrokke vuurwapen was 'n 7,65 mm pistool, die eiendom van appellant. Daarmee het hy altesaam ag skote afgevuur. Elkeen van die oorledenes is drie keer getref. Elaine is dood as gevolg van 'n skietwond dwarsdeur die kop. Sy het ook twee nie-dodelike skietwonde opgedoen, een in die bors en die ander 'n oppervlakkige wond van die kopvel as gevolg van 'n skramshou. De Jongh is getref op sy rug, agter sy linkerskouer en agter sy regterbobeen. Die eerste twee skote het die borskas deurgedring en een daarvan het sy dood as gevolg van bloedverlies veroorsaak. Die tromp van die pistool is teenaan De Jongh se liggaam gedruk toe die rugskoot gevuur is en tussen 20 en 30 mm vanaf sy liggaam toe die skouerwond6 toegedien is.Die weergawe wat appellant in sy hoofgetuienis geopper het, was in breë trekke die volgende. Ten spyte van haar ontrouheid het hy Elaine deurentyd liefgehad en na haar vertrek in April 1989 wou hy haar nog altyd terug hê. Sy het gereeld begin skakel. Dit was

aanvanklik met die oogmerk om met die kinders (wat by hom was) te praat maar naderhand het sy tydens haar oproepe baie lank met hom gesels. By hierdie geleenthede het hy haar aanhoudend maar onsuksesvol versoek om terug te keer. Dit was weereens die trant van die gesprek die aand voor die voorval. Volgens appellant het Elaine op 'n stadium so begin huil dat sy nie verder kon praat nie behalwe om te sê dat hy haar die volgende oggend by De Jongh se huis moes bel. Appellant het getuig dat hy as gevolg van hierdie versoek baie opgewonde geraak het en seker in sy gemoed geword dat sy selfs daardie aand sou skakel en sê dat hy haar moes kom haal. Hy het dus die hele aand vir 'n7 oproep gewag. Dit was te vergeefs en as gevolg daarvan kon hy nie aan die slaap raak nie.In die oggend, sê hy, is hy opgewonde en vol optimistiese verwagting na sy vergadering in Johannesburg. Hy het Elaine voor die vergadering vandaar gebel en sy het hom gesê om haar na die vergadering weer te bel. In die loop van die vergadering het appellant duiselig begin voel en het hy besef dat hy sy insulieninspuiting vergeet het. Hy het derhalwe na die vergadering by 'n plaaslike hospitaal die nodige inspuiting gaan kry. In die tussentyd het hy besluit om nie vir Elaine te bel nie maar om met haar by De Jongh se huis te gaan praat. Die rede, sê hy, was dat hy baie seker wat dat sy sou instem om na hom terug te kom.

Toe appellant by die huis stilhou, sien hy De Jongh se motor voor die kombuis staan. Hy voel toe bang en onseker, maar omdat hy met Elaine wil praat gaan hy nietemin binne. Hy kry vir De Jongh en Elaine in die8 kombuis en vra vir De Jong of hy met haar kan praat. Appellant en Elaine is daarop na die TV kamer waar hy haar weer vra om terug te keer. By herhaling wanneer hy haar amper oorreed om terug te kom, kom De Jongh die kamer binne en sê dat sy nie na appellant moet teruggaan nie. As gevolg daarvan weier sy elke keer appellant se versoek. Op 'n stadium kom ene John Hennings by die kamer in om De Jongh vir 'n middagete afspraak te kom haal. Appellant vra Hennings om tien minute grasie sodat hy verder met Elaine kan praat. Hennings stem daartoe in en verlaat die vertrek. Appellant is besig om Elaine nog 'n keer te probeer oorreed om na hom terug te kom toe De Jongh weereens instap en hulle in die rede val. Laasgenoemde begin toe om op 'n smalende en vermakerige manier besonderhede van sy verhouding met Elaine te vertel. Appellant staan uit moedeloosheid op en beweeg na die sitkamer langsaan. Voor hy dit bereik draai hy om. Hy sien toe dat De Jongh op hom afstorm. Sy getuienis gaan soos volg voort:

9

"... al wat ek kan onthou was die ver af knal van die skote. En hy het bo-op my geval en toe ek myself kon kry toe het ek nog die sneller probeer trek maar die pistool was leeg. En ek het op daardie stadium gedink die pistool het 'n storing en ek het onder hom uit geworstel en ek het weggehardloop uit die vertrek uit en in my kar gespring en teruggejaag Springs toe."

By sy huis te Springs aangekom, herlaai appellant diepistool met die doel om sowel sy eie lewe as dié van diekinders te neem. Hy skryf toe briewe aan verskeiepersone in hierdie verband en ry daarna na sy kantoor om

fotostatiese afskrifte van die briewe te maak. Hy haal

toe die kinders by hulle skool. Weens emosionele redesvind hy dit onmoontlik om sy plan om hulle te skiet deur

te voer. Hy ry toe met hulle na sy niggie te Boksburg.

Op pad daarna trek hy geld by sy bank. Dit is

gemeensaak dat die betrokke bedrag R6 000,00 was. By sy

niggie se huis maak appellant 'n aantal telefoonoproepe

onder andere aan ene Strydom, 'n kennis van hom wat

koerantman by "Die Transvaler" was. Terwyl hy besig ismet verdere oproepe daag Strydom by die huis op. Nie

10

lank daarna nie gaan hy en Strydom saam na appellant semotor waar die afskrifte van die briewe aan Strydomoorhandig word wat daarmee wegry. Appellant vertel toevir sy niggie dat hy Elaine en De Jongh geskiet het.Daarop gee hy die geld aan haar met die versoek dat die

kinders by haar moet bly. Na 'n gesprek met syprokureur lewer hy hom later aan die polisie oor.

Versoek deur sy advokaat om uit te brei ten

opsigte van die skietery en sy toestand toe hy by De

Jongh se huis aangekom het, beweer appellant dat hy baie

angstig, opgewonde en bang was. Hy het nie lekker

gevoel nie. Hy het baie gesweet en gebewe. Gevra na sy

gewaarwordinge toe De Jongh op hom afstorm, antwoord

appellant eers dat hy nie kan onthou nie. Die

daaropvolgende vraag en antwoord lui soos volg:

"Kan u sê hoe hy op u afgestorm het? Wat

ek gesien het was toe hy met sy hande, so voor sy kop en kop omlaag, baie laag op my afstorm het en ek het, ek dink ek het agteruit geretireer en toe begin skiet."

Toe hy meegedeel word dat hy nie hoef te sê wat hy dink

11

nie, net wat hy weet, keer appellant terug na sy bewering dat hy nie kan onthou nie.Om hierdie beweerde geheueverlies te bewys as aanduidend daarvan dat appellant in outomatisme geskiet het, is verskeie deskundiges namens hom as getuies opgeroep. Onder hulle was Professor RJ van Rooyen, hoof van die afdeling Diabetologie aan die Universiteit van Pretoria en Dr JP Verster, 'n praktiserende psigiater.

Professor van Rooyen getuig dat indien insulien toegedien word sonder 'n genoegsame voorraad suiker, sal 'n diabeet hipoglukemies raak met daaropvolgende versteuring van die hele denkproses -besef, geheue en emosies. Hierdie toestand kan lei tot wat beskou word as diabetiese outomatisme. As dit gebeur, mag die pasiënt kollerige amnesie ondervind. Al wat Professor van Rooyen in sy hoofgetuienis kon postuleer, was dat indien appellant se koolhidraat-metabolisme versteur was soos in die beweerde omstandighede moontlik was, dan sou sy geestesprosesse12 versteurd gewees het. Onder kruisondervraging het hy die opinie uitgespreek dat appellant se normale denkproses wel ernstig versteur was en dat daar 'n sterk moontlikheid was dat hy in diabetiese outomatisme tydens die skietery opgetree het. Hy moes egter toegee dat hy op appellant se weergawe aan hom in konsultasie moes staatmaak en dat hy nie appellant se getuienis in die hof in ag geneem het nie. Nadat die essensiële aspekte van appellant se getuienis aan hom gestel is, het Professor van Rooyen twee verdere belangrike toegewings gemaak: eerstens, dat toe appellant na die sitkamer beweeg het, hy nog nie outomatisties opgetree het nie, en tweedens, dat indien appellant die skote gehoor het, selfs veraf, daardie besef nie by outomatisme inpas nie.

Wat Dr Verster se getuienis betref, moes hy uit die staanspoor erken dat sy mening van die betroubaarheid van appellant se inligting afhanklik was, meer spesifiek oor die beweerde geheueverlies. Volgens

13

daardie inligting was dit sy opinie dat appellant waarskynlik onwillekeurig opgetree het ten tye van die skietery. In die alternatief het hy gesê dat selfs indien appellant se weergawe verwerp sou word, daar as gevolg van appellant se diabetiese toestand en sy emosionele stres daar tog 'n redelike moontlikheid bestaan het dat hy onwillekeurig opgetree het.

Ek sal na verdere aspekte van Dr Verster se getuienis aanstons terugkeer.

Weens die aard van die verweer in hierdie saak was dit gerief lik en ook gepas om die verdedigingsgetuienis tot die voorgaande mate op te som voordat daar na sekere essensiële Staatsgetuienis verwys word waarmee die verweer gekontrasteer moet word. Daardie getuienis is nie namens appellant in kruisondervraging betwis nie.

Gemelde getuienis van die Staat handel met appellant se briewe en telefoonoproepe na die voorval. In 'n brief aan Strydom sê hy die volgende:

14

"Hallo Wynand

Een laaste guns van my aan jou.Teen hierdie tyd weet jy seker al die onbesonne daad wat ek gepleeg het.

Wel, hier is my laaste paar briewe, sal jy dit asb. aan die betrokkenes besorg.Janie se tel. nr. is (0136) 24621 by die werk.Die Shaws (Bets & Eustace) (02831) 22802 by die huis en my ouma hulle is by my huis in Malpelweg 15 Dal Fouche Springs tel. 813-2673.

Hoop hierdie gee jou 'n 'Scoop'.Groete en dankie vir wat jy alles gedoen het. ARIE CLOETE"

Aan Elaine se ouers skryf hy soos volg:

"Eustace en Bets

Teen die tyd wat julle hierdie brief gaan kry sal alles verby wees.

Ek lê ek en Elaine se mislukte huwelik(e) vierkantig voor julle deur. Die enigste keer wat julle betrokke was was die kere wat julle afgebreek het. Nooit wou julle 'n positiewe bydrae maak nie.

En die manier waarop Bets al drie haar dogters 'opgevoed' het het 100% daartoe bygedrae dat hulle geen respek vir die huwelik gehad het nie.

Ek moes julle ook laat boet het maar julle sal julle gewete hê om mee te leef. Ek gaan die ewigheid in sonder enige wrok teenoor enige van julle maar mag julle siele nooit rus nie. Julle kon baie gedoen het om hierdie tragedie te voorkom het maar julle wou nooit. ARIE"

15

In 'n brief aan Ionie Grové, sy skoonsuster, verskyn die volgende:

"Jy sal verstaan en begrip hê vir wat ek gedoen het. Ek weet dis 'n vreeslike daad maar nou kan ek nie meer voortgaan nie."

Wat die telefoonoproepe betref, getuig Strydom dat appellant hom om ongeveer 14h00 op die dag van die voorval gebel het. Volgens Strydom sê appellant:"Wynand, wil jy die scoop van jou lewe hê?" (Dit kon ook "scoop van die jaar" gewees het, Strydom was onseker.) Toe Strydom vra wat aangaan antwoord appellant:

"kom sien my solank jy net nie die polisie

laat weet nie".

Appellant gee hom toe sy niggie se adres te Boksburg. Toe Strydom daar opdaag sê appellant vir hom op 'n baie kalm manier:

"Ek het my vrou en haar boyfriend geskiet" Ietwat later voeg hy by:

16

"sy het my reeds tien keer verneuk."

Appellant neem hom toe na sy motor buite en gee homafskrifte van die verskeie briewe en versoek hom omhulle te laat aflewer.

Om ongeveer 14h30 bel appellant vir Elizabeth

Shaw, Elaine se moeder. Na 'n kort gesprek aangaande

die huweliksgeskiedenis sê hy aan haar

"... nou maar goed Bets Shaw, ek wil nou net vir jou sê dat ek nou net vir Gawie en Elaine altwee morsdood geskiet het, hulle lê daar op die mat. Ek wou die kinders ook skiet, maar ek kon dit nie regkry nie."

Ionie Grové getuig dat appellant haar om ongeveer 15h30 daardie dag gebel het en haar van die skietery vertel het. Toe sy hom gevra het hoe hy dit kon doen, het hy eenvoudig stilgebly.

Daar bly net twee ander uitlatings van appellant oor wat van belang is. Mev Grové getuig ten opsigte van albei. Tussen 17h00 en 19h00 op die oggend van die voorval bel appellant vir haar en versoek haar om Elaine te bel en haar te vra om terug te kom. Hy

17

voeg toe by:

"Sy het nog net vandag om te besluit om terug te kom."

Die ander gesprek het in November 1989 plaasgevind.Appellant beskryf die voorval aan haar en in die loopdaarvan sê hy dat toe hy van sy kar by De Jongh se huisuitgeklim het, hy die pistool in sy sak gesteek het. Hy

sê toe vir haar hy weet nie waarom hy dit gedoen hetnie. Hy het verder gesê dat na die skietery hy onbewuswas dat hy Elaine raakgeskiet het.Ten slotte wat Ionie Grové se getuienis betref, sê sy dat sy aan appellant se versoek op die dag van die voorval voldoen het en Elaine gebel het. Laasgenoemde het geweier om terug te kom en het gesê dat appellant haar moet uitlos.Om na die deskundige getuienis terug te keer, die Staat is verlof verleen om sy saak te heropen om Dr M Vorster in antwoord op Dr Verster se getuienis op te roep. Dr Vorster, senior psigiatrise en hoof van die

18forensiese eenheid te Sterkfontein Hospitaal waarnaappellant as verhoorafwagtende vir observasie verwys is,getuig dat sy een van twee psigiaters was wat appellantdaar op verskeie geleenthede gedurende dieobservasietydperk ondersoek het. Hulle gevolgtrekking,wat sy in haar getuienis bevestig het, was dat hy ten

tye van die voorval in staat was om diewederregtelikheid van sy dade in te sien endienooreenkomstig te handel. Sy het geen aanduiding

tydens die ondersoek gevind, sê sy, en ook geengetuienis gedurende die verrigtinge gehoor, dat

appellant op enige tersaaklike tydstip in outomatismeopgetree het nie. Volgens notas wat sy gedurende die

hospitaalondersoek gemaak het, het appellant haar

meegedeel dat hy nie weet waarom hy die pistool met hom

in die huis saamgeneem het nie. Haar notas het verder

soos volg gelees ten opsigte van die gebeure binne die

huis:

"He does not know how it happened but he took out the pistol. Her boyfriend stormed at him.

19

He shot him several times. The boyfriend eventually fell on him and even then he was still shooting. ... He got out from under him and ran away. He did not know when the wife was shot. ... He did not know at that stage that his wife was dead although he saw blood on her and that she was lying on the ground

Sy het gesê dat volgens daardie relaas geheueverlies nie ter sprake was nie. Gevra of daar tog nie ' n moontlikheid van amnesie was nie, het sy gesê dat dit 'n baie skrale moontlikheid was. Volgens Dr Vorster was appellant se uitlatings in sy briewe en telefoonoproepe na die voorval beslis van belang om aan te dui dat hy ten tye daarvan bewustelik en vrywillig opgetree het.Na hierdie getuienis is Dr Verster met verlof van die Hof teruggeroep. Al wat hy kon sê aangaande die briewe en die oproepe was dat hy nie in staat was om afleidings daaruit te maak ten opsigte van appellant se gemoedstoestand tydens die skietery nie. Hy het voorts 'n toegewing bevestig wat hy in sy vroeëre getuienis gemaak het, naamlik dat indien appellant nie bewustelik

20

die pistool uit die motor saamgeneem het nie hy nie daarna in 'n staat van outomatisme dit sou kon regkry om dit uit te haal, die veiligheidsknip af te haal, die pistool te rig en die sneller te trek nie. Dr Verster het egter bygevoeg dat selfs indien appellant bewustelik die pistool in die huis ingeneem het, hy nogtans daarna as gevolg van stres outpmatisties kon gehandel het.In die lig van al die voorgaande het die verhoorhof myns insiens grondige redes gehad om, soos hy wel gedoen het, appellant se getuienis as vals te verwerp. Appellant het nie in hoofgetuienis probeer verduidelik waarom hy die pistool in die huis saamgeneem het nie. Al wat hy onder kruisondervraging kon sê, was dat hy nie kon onthou dat hy dit ooit in sy hand gehad het nie. Aan Mev Grové en Dr Vorster sê hy dat hy nie kan verklaar waarom hy die pistool in die huis geneem het nie. Hy het nooit aan hulle beweer dat hy dit vroeër in sy sak gehad het en dit daar vergeet het nie of dat hy nie op die tersaaklike tydstip geweet het wat

21hy doen nie. Daar moet dus af gelei word dat hy bewustelik die vuurwapen saamgeneem het. Te oordeel na sy opmerking aan Mev Grové vroeer daardie dag dat Elaine slegs daardie dag gehad het om terug te kom, welke getuienis eers op 'n onverklaarbare laat stadium in appellant se getuienis onder kruisondervraging betwis is, is die enigste redelike gevolgtrekking in hierdie opsig dat hy vooraf besluit het om haar te skiet indien sy sou weier om terug te kom.

Appellant kan ook nie verklaar waarom hy hom in die briewe en oproepe uitgelaat het soos hy wel gedoen het nie. Veral die melding aan Strydom van 'n "scoop", en die mededeling aan Mev Shaw dat hy die oorledenes "morsdood geskiet" het en dat hulle "daar op die mat" lê is verdoemend. Op geen aanvaarbare basis hoegenaamd strook hierdie opmerkings met die optrede en kennis van ' n man wat ten tye van die voorval in outomatisme geskiet en aan geheueverlies gely het nie. Die enigste redelike afleiding uit al die briewe en

22oproepe is dat appellant bewustelik en doelgerig ten tye van die skietery gehandel het.Boonop is dit op sy weergawe onverklaarbaar hoe hy reeds geweet het, toe hy weggery het, dat hy Elaine doodgeskiet het. Hy het hom onmiddellik uit die voete gemaak toe hy onder De Jongh uitgekom het. In sy onderhoud met Dr Vorster sê hy ook dat hy nie geweet het dat hy haar gedood het nie. En aan Mev Grové sê hy dat hy onbewus was dat hy haar selfs raakgeskiet het. Indien hy in hierdie opsig werklik in onkunde verkeer het, sou hy beslis nie sy oproepe en briewe bewoord het soos hy wel gedoen het nie.Voorts is dit ondenkbaar, indien appellant wederregtelik en onverwags deur De Jongh aangeval is en feitlik in noodweer geskiet het, in die loop waarvan Elaine bloot toevallig getref is, dat hy in sy latere mededelings daardie feite sou verswyg het. In teenstelling daarmee maak hy inkriminerende uitlatings wat glad nie met sy verweer strook nie.

23Laastens is sy beskrywing van die skietery uiters onwaarskynlik. In die eerste plek is dit onverstaanbaar, op sy weergawe, waarom De Jongh hom so skielik en gewelddadig sou aanval. Tweedens is dit onbegryplik hoe hy dit kon regkry vanuit óf 'n vallende posisie óf 'n posisie onder De Jongh om laasgenoemde in die bobeen te tref en Elaine hoegenaamd te skiet.Verwerping van appellant se getuienis op die kernpunte van die saak bring noodwendig mee dat die hele grondslag van Professor van Rooyen se getuienis, asook die een been van Dr Verster se getuienis,vernietig word. Vir so ver Dr Verster aangevoer het dat selfs indien appellant se weergawe verwerp word daar tog 'n redelike moontlikheid van outomatisme was, is daardie moontlikheid, myns insiens, deur die inhoud van die briewe en die telefoonoproepe oortuigend uit die weg geruim.

Die skuldigbevindings word volkome deur die genotuleerde getuienis geregverdig en die appél kon24derhalwe nie slaag nie.Ten slotte moet daar verwys word na die wyse waarop die Verhoorregter verlof verleen het om te appelleer. Hy het slegs gesê dat na sy mening verlof verleen behoort te word. Waar 'n Verhoorregter verlof toestaan, is dit onwaarskynlik dat sy redes daarvoor uit die verhooruitspraak sal blyk. Indien hulle nie reeds op die oorkonde duidelik blyk nie is dit sy plig om sy

redes te verstrek waarom verlof toegestaan word: S vSIKOSANA 1980 (4) SA 559 (A) te 563A. Dit is sy verdere plig, ingevolge art 315(2)(a) van die Strafproseswet, om te oorweeg of enige faktore in die saak die gevolgtrekking regverdig dat die appél deur hierdie Hof aangehoor behoort te word. So nie, moet die appèl voor die volle Hof aangehoor word. Die versuim van die Verhoorregter in bostaande verband is betreurenswaardig. Die onderhawige is klaarblyklik 'n geval waarby, indien verlof hoegenaamd gepas was (wat moontlik te betwyfel val), die appêl deur die volle Hof aangehoor moes gewees

25

het.

C T HOWIE WAARNEMENDE APPéLREGTER

HOEXTER AR)STEM SAAM VAN HEERDEN AR)

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Sikosana 1980 (4) SA 559 (A)

Case cited

Criminal Procedure Act

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Section 78 of the Criminal Procedure Act

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.