S v Coetzee (CA&R 88\05) [2006] ZANCHC 95 (19 June 2006)
- Citation
- [2006] ZANCHC 95
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- MAJIEDT R, WILLIAMS R
- Case number
- CA&R 88\05
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- MAJIEDT R, WILLIAMS R
- Case number
- CA&R 88\05
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The appellate court found that the trial court had misdirected itself both on the facts and the law. The complainant's evidence was inconsistent, improbable, and lacked corroboration on material aspects, such as the alleged biting of the appellant and the circumstances of her injuries. The medical evidence did not conclusively support her version, and the first report evidence only supported her consistency, not the absence of consent. The appellant's account was found to be more probable and free from material contradictions. The court held that the State had failed to prove the appellant's guilt beyond reasonable doubt, and the benefit of the doubt must be afforded to the appellant.
Court disposition
Appeal upheld; conviction and sentence set aside.
Orders
- The appeal is upheld.
- The appellant's conviction and sentence are set aside.
02
Material facts
Parties
Ricardo Marshall Coetzee
Appellant Counsel: Adv. N SnellenburgThe State
Respondent Counsel: Adv. E van Dyk03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction; Sentence Appeal Abandoned
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the conviction for rape was supported by evidence beyond reasonable doubt.
- 02
Whether the trial court misdirected itself on facts and law, particularly regarding the credibility of the complainant.
- 03
Whether the appellant's version was reasonably possibly true.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the sexual intercourse with the complainant was consensual. He denied any use of force, threats, or theft of the complainant's belongings. He contended that the complainant's injuries were caused by her fleeing through a wire fence, not by assault. He further argued that the complainant's version was riddled with inconsistencies and improbabilities, and that his own account was more probable. The appellant also highlighted the absence of corroboration for the complainant's claim that she bit him, and the lack of police testimony to support this allegation.
- Respondent
- The respondent maintained that the complainant's evidence was sufficient to support a conviction for rape. The State relied on the complainant's immediate report to Mr. Van Wyk and the medical evidence indicating injuries consistent with her account. The respondent argued that the trial court correctly found the appellant's version not reasonably possibly true and that the complainant's testimony, supported by first report evidence, established the absence of consent beyond reasonable doubt.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
R v Dhlumayo & another 1948(2) SA 677 (A)
An appellate court may disregard the trial court's findings on fact, even those based on credibility, where there is a misdirection on fact or law, and may come to its own conclusion based on the record.
- 02
S v Hammond 2004(2) SACR 303 (SCA)
First report evidence in rape cases serves to support the complainant's credibility, but does not itself prove the absence of consent or the commission of rape.
- 03
S v Teixeira 1980(3) SA 755 (A); S v Ngxumza & another 2001(1) SACR 408 (TkD)
The onus remains on the State to prove guilt beyond reasonable doubt; failure to call material witnesses or provide corroboration cannot shift the burden to the accused.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The appellate court found that the trial court had misdirected itself both on the facts and the law. The complainant's evidence was inconsistent, improbable, and lacked corroboration on material aspects, such as the alleged biting of the appellant and the circumstances of her injuries. The medical evidence did not conclusively support her version, and the first report evidence only supported her consistency, not the absence of consent. The appellant's account was found to be more probable and free from material contradictions. The court held that the State had failed to prove the appellant's guilt beyond reasonable doubt, and the benefit of the doubt must be afforded to the appellant.
Obiter and limits
- Suspicion that something improper occurred between the complainant and the appellant is insufficient to sustain a conviction; proof beyond reasonable doubt is required.
- The complainant's possession and offer of a condom prior to the alleged rape was improbable and undermined her version.
- The absence of police testimony regarding alleged bite marks on the appellant was a material omission by the State.
Court disposition
Appeal upheld; conviction and sentence set aside.
- The appeal is upheld.
- The appellant's conviction and sentence are set aside.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: CA&R 88\05
Datum verhoor: 2006-06-07
Datum gelewer: 2006-06-19
In die appél van:
RICARDO
MARSHALL COETZEE APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram: MAJIEDT R et
WILLIAMS
R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Die appellant kom in hoër beroep teen sy skuldigbevinding op ân aanklag van verkragting. ân Appél teen die opgelegde vonnis van 5 jaar gevangenisstraf is geabandoneer.
Die appellant, wat regsverteenwoordiging geniet het tydens die verhoor, het onskuldig gepleit en het erken dat hy op die datum vermeld in die klagstaat gemeenskap met die klaagster gehad het, maar het beweer dat dit met haar toestemming geskied het.
Die klaagster was ân enkelgetuie op die verkragtingsvoorval self. Op haar weergawe het sy die betrokke aand die appellant ontmoet in ân kroeg te Springbok waar die appellant aan haar voorgestel is deur haar vriend Roger Bezuidenhoudt (âRogerâ). Op ân stadium het sy en Roger met die appellant en andere vertrek in sy voertuig. Daar is op ân stadium langs die pad gedrink totdat mense eers in Bergsig (ân woonbuurt te Springbok) en toe in Okiep afgelaai is. Sy en Roger het op ân stadium daarna met mekaar gestry. Roger is toe afgelaai, tesame met sy vriend in Concordia. Die klaagster en die appellant was toe alleen in sy voertuig. Hy het op ân stadium die voertuig tot stilstand gebring en teen haar sin met haar gemeenskap gehou. Sy het toe weggehardloop, deur ân draad gekruip en het by ân naburige plaasopstal aan ene Van Wyk gerapporteer dat sy verkrag is. ân Vriend van haar het haar later kom haal en na die polisiestasie geneem. Volgens haar moes sy op die vlug slaan ná die verkragting, omrede die appellant haar daar verjaag het en met ân vuurwapen gedreig het as sy aan iemand melding sou maak van die voorval.
Volgens haar het sy later geld, ân selfoon, ân oorbel en ân ring van haar vermis.
Mnr. WG van Wyk is die eerste rapport getuie en hy het bevestig dat die klaagster op die aand van die voorval by hom aangedoen het en gerapporteer het dat sy verkrag was. Sy was histeries, het gehuil, haar klere was vol stof en haar broek was geskeur. Iemand het haar later daar kom haal. Sy het ook aan hom meegedeel dat sy die man sou herken wat haar verkrag het en dat sy nie seker is of die man ân kondoom gebruik het tydens die verkragting nie. Sy het verder ook melding daarvan gemaak dat die persoon haar geslaan het en dat hy ân vuurwapen in sy besit gehad het. Volgens Mnr. Van Wyk het hy glad nie die klaagster vantevore geken nie.
5.1 Die appellant se relaas van die gebeure van die betrokke aand verskil heeltemal van dié soos voorgehou deur die klaagster. Volgens hom het hy en die klaagster in die kroeg waar Roger hulle aan mekaar voorgestel het, sekere intieme aspekte aangaande hul lewens bespreek, onder meer die feit dat albei van hulle babas aan die dood afgestaan het. Op ân stadium het die klaagster hom ân drukkie gegee (klaarblyklik uit simpatie).
5.2 Toe die twee dames te Bergsig afgelaai is, was die klaagster ook veronderstel om daar af te klim, maar het sy geweier om so te doen en het gesê dat sy na Concordia toe wil gaan. In Okiep is ân ander dame afgelaai en hulle het toe Concordia toe gery waar daar ân stryery tussen Roger en die klaagster ontstaan het. Na dié stryery het die klaagster toe voor langs die appellant in die voertuig kom sit.
5.3 In Concordia het die appellant vir Roger en sy vriend afgelaai en toe hy na sy huis toe wou ry het die klaagster hom versoek om haar huis toe te neem. Hy het ingestem en op pad daarheen het hy langs die pad stilgehou waarna hulle omhels het en mekaar gesoen het. Aangesien dit té beknop was in die voertuig het hulle twee uitgeklim en het hulle langsaan die voertuig op die grond vrywillig gemeenskap gehou.
5.4 Die appellant het ontken dat hy die klaagster verkrag het en het ook ontken dat sy hom gebyt het, soos wat sy aangevoer het in haar getuienis. Hy het inteendeel aangevoer dat ân polisiebeampte, te wete ene Johan Cloete, hom ondersoek het en niks bytplekke aan sy liggaam kon vind nie.
5.5 Hy het verder getuig dat hy tydens geslagsgemeenskap die kondoom gebruik het wat die klaagster vir hom gegee het. Sy het self die kondoom in die voertuig gaan uithaal, die omhulsel daarvan afgeskeur en dit vir hom gegee. Nadat hulle geslagsgemeenskap gehad het, het hy gaan urineer en toe hy terugkeer na sy voertuig het hy gesien dat sy in sy beursie krap. Hy het haar toe daar weggejaag.
5.6 Hy ontken dat hy enige geld, selfoon of juweliersware van die klaagster gevat het. Hy het verder ook ontken dat hy op enige stadium ân vuurwapen op haar gerig het, soos wat sy beweer het.
6.1 Op versoek van die verdediging is Roger Bezuidenhoudt deur die Hof geroep as ân getuie volgens die bepalings vervat in artikel 186 van die Strafproseswet, 51 van 1977 (âdie Wetâ) . Hy het bevestig dat hulle in die kroeg was waar hy die appellant en die klaagster aan mekaar voorgestel het. Hy het verder bevestig dat daar mense in Bergsig afgelaai was. Hy het aangevoer dat hy daarna in ân dronkslaap verval het en toe wakker geskrik het toe hulle in Okiep was. Hy is later by die huis afgelaai, toe is die appellant en die klaagster alleen saam in die motorvoertuig. Hy het getuig dat hy niks verder weet nie, behalwe dat die polisie hom daarna gekontak het en verwittig het van die verkragtingsklagte wat die klaagster teen die appellant gelê het. In getuienis in hoof het hy gesê dat hy nie weet waarom die klaagster nie by Bergsig afgeklim het waar sy woonagtig is en waar die ander twee dames afgelaai is nie.
6.2 In kruisondervraging deur die appellant se prokureur is die getuie met sy getuieverklaring gekonfronteer waarin hy vermeld het dat die klaagster te Bergsig nie uit die voertuig wou klim nie. Hy het verder ook in kruisondervraging getuig dat nadat hy (Roger) by die voertuig uitgeklim het by sy huis, die appellant vir die klaagster aangebied het om haar huistoe te neem en die klaagster het nie probleme daarmee gehad nie. Hy het die klaagster se weergawe dat die appellant haar teruggeforseer het in die voertuig in sy teenwoordigheid, ontken. Hy het ook verder ontken dat hy en die klaagster gestry het en het getuig dat hy nie weet waarom sy met hom plekke omgeruil het deur voor langs die appellant in sy voertuig te gaan sit nie.
7.1 Daar is sekere bewysstukke by ooreenkoms tussen die partye by die Hof ingehandig, te wete fotoâs van die toneel waar die beweerde verkragting plaasgevind het, ân omhulsel van ân kondoom sowel as ân kondoom self en ân skoenafdruk van die appellant op die toneel.
7.2 ân J88 mediese verslag is ook by ooreenkoms tussen die partye ingehandig. Daarvolgens was die klaagster se klere geskeur en vol stof. Veelvuldige oppervlakkige krapwonde, moontlik deur ân skerp voorwerp veroorsaak, is aangemerk. Daar was ook enkele oppervlakkige skaafmerke op die regterboud en heuparea. Volgens die dokter se aantekeninge op die verslag het die klaagster emosioneel geskok, bewerig en angstig voorgekom. Daar was ân skaafwond en oppervlakkige skeur en rooierigheid by haar privaatdele. Die dokter se slotsom was dat penetrasie wel plaasgevind het.
In haar uitspraak het die streeklanddros bevind dat die klaagster se getuienis nie bevredigend in alle opsigte was nie. Die streeklanddros het verder verwys na die vele weersprekinge en ander probleme in haar getuienis, ondermeer die feit dat die klaagster aanvanklik verswyg het dat sy op ân stadium die appellant ân drukkie gegee het en met hom ân intieme gesprek gevoer het, wat aanduidend daarvan was dat sy op ân latere stadium nie omgegee het om alleen met die appellant te wees nie. Sy het egter bevind dat daar voldoende stawing is vir die klaagster se getuienis en dat die appellant se weergawe nie redelik moontlik waar is nie. Die streeklanddros was gevolglik tevrede dat die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het en het die appellant dienooreenkomstig skuldig bevind.
9.1 Die landdros se uitspraak gaan mank aan verskeie mistastings op die feite en op die Reg â dit is aldus toegegee deur Me Van Dyk namens die Staat. Hierdie Hof kan gevolglik die verhoorhof se feitebevindinge ignoreer, selfs waar dit op geloofwaardigheid gebaseer is en kan ons nou self aan die hand van die aangebode getuienis op die oorkonde, bepaal of die Staat bo redelike twyfel die appellant se skuld bewys het.
Sien in dié verband: R v Dhlumayo & another 1948(2) SA 677 (A) te 706 (paras 10, 11 en 13) waar Davis WnAR dit as volg stel:
â10. There may be a misdirection on fact by the trial Judge where the reasons are either on their face unsatisfactory or where the record shows them to be such; there may be such a misdirection also where, though the reasons as far as they go are satisfactory, he is shown to have overlooked other facts or probabilities.
11. The appellate court is then at large to disregard his findings on fact, even though based on credibility, in whole or in part according to the nature of the misdirection and the circumstances of the particular case, and so come to its own conclusion on the matter.
12. â¦â¦â¦â¦
13. Where the appellate court is constrained to decide the case purely on the record, the question of onus becomes all-important, whether in a civil or criminal case.â
Sien verder ook: S v Gentle 2005(1) SACR 420 (SCA) te 428 h-i.
9.2 Die landdros het ondermeer bevind dat die klaagster se beserings soos aangedui op die J88-mediese verslag, inderdaad haar beweringe staaf ten aansien van die feit dat die skrape op haar binnebene inderdaad veroorsaak is deur vingernaels. Hierdie bevinding is nie korrek nie. Volgens die mediese verslag het die geneesheer inteendeel aangedui dat die veelvuldige oppervlakkige krapmerke aan die klaagster se binnebene âmoontlik deur ân skerp voorwerp veroorsaak isâ en verder dat dit ânie uitgesluit is dat die merke aan haar binnebene deur naels veroorsaak is nieâ. Die klaagster het in haar getuies in hoof uitdruklik getuig dat al die beserings aan haar bene veroorsaak is deur ân draad waardeur sy geklim het wat haar gekrap het.
9.3 ân Verdere mistasting op die feite is te vinde daarin dat die verhoorhof verwys het na die merk wat deur die geneesheer op die klaagster se nek gevind is en hieraangaande het die streeklanddros bevind dat: âThe doctor calls it a finger mark and he clearly states that it is not due to suckingâ. Hierdie bevinding is eweneens nie korrek nie. Die dokter het in die mediese verslag bloot die volgende aangeteken: âVingermerk?â en later in die verslag het hy genotuleer âKneusing lyk nie soos ân suigmerkâ. Die streeklanddros het (verkeerdelik) tot ân groot mate gesteun op hierdie twee aspekte, tesame met ander aspekte, ten einde te bevind dat die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het.
Daar is in elk geval ernstige probleme rondom die klaagster se geloofwaardigheid op bepaalde wesenlike aspekte in haar getuienis op die oorkonde voor ons:
10.1 In kruisondervraging het die klaagster op ân stadium toegegee dat sy die appellant ân drukkie gegee het tydens hulle intieme gesprek waarna reeds verwys is, maar net later het sy dit weer ontken.
10.2 Sy bied geen aanvaarbare verduideliking vir waarom sy nie te Bergsig, waar sy woonagtig was, uitgeklim het nie. Sy het naamlik aangevoer dat sy bang was dat die derde dame, wat in Okiep woonagtig was, iets sou oorkom as dié dame op haar eie saam met Roger, die appellant en ân ander manspersoon wat ook in die voertuig was, sou ry. Tog het sy self later alleen in die voertuig met die drie mans agtergebly nadat die betrokke dame afgelaai is. Toe was sy skielik nie meer bang nie, maar het beweer dat, aangesien Roger teenwoordig was, sy niks sou oorkom nie.
10.3 Verder het die klaagster haar ook weerspreek oor die rede waarom sy saam is vanaf Okiep na Concordia.
10.4 ân Uiters kommerwekkende aspek is die feit dat die klaagster vroeër in haar getuienis in hoof die indruk probeer skep het dat sy kwalik die aand enige gesprek met die appellant gevoer het. Later, in kruisondervraging, het dit egter geblyk dat sy en die appellant nie net lank met mekaar gesels het nie, maar dat hulle ook boonop intieme, private en vertroulike aspekte van mekaar se lewens bespreek het en sy hom op ân stadium omhels het.
10.5 ân Verdere kommerwekkende aspek wat op die waarskynlikhede net eenvoudig nie waar kan wees nie, is die klaagster se beskrwying van hoe die appellant haar ontklee het, te wete dat hy bo-op haar gesit het en toe so met sy hand agter sy rug haar broek en damesbroekie uitgetrek het en ook sy eie klere, sonder dat hy afgeklim het van haar.
10.6 Sy het beweer dat sy die appellant twee keer gebyt het, naamlik op sy arm en in sy gesig. Toe sy met ân botsende weergawe daaraangaande vervat in haar getuieverklaring gekonfronteer is, het sy haar getuienis probeer aanpas.
11. Dié getuienis van die klaagster dat sy die appellant gebyt het, is nooit eers deur die Staat probeer bevestig nie, deur die polisieman wat by name genoem is tydens kruisondervraging, ene Johan Cloete, se getuienis aan te bied nie. In dié verband het die landdros wesenlik misgetas op die Reg deur die klaagster se getuienis in dié verband te aanvaar en die appellant se weergawe daaraangaande te verwerp omrede âThe investigating officer who inspected you did not come here to say, you did not have any marks that day.â Hierdie voormelde aanhaling impliseer dat daar ân bewyslas op die appellant gerus het. Hierdie is natuurlik heeltemal verkeerd en moes die versuim om die voormelde polisieman se getuienis aan te bied (of om ân rede te probeer aanvoer waarom sodanige getuienis nie beskikbaar was nie, indien dit die geval was) suiwer aan die Staat toegedig gewees het.
Sien in dié verband:
S v Teixeira 1980(3) SA 755 (A) te 764 A-C;S v Ngxumza & another 2001(1) SACR 408 (TkD) te 412 e-f.
Die appellant, aan die ander kant, het bevredigende getuienis afgelê en kan daar inderdaad geen wesenlike weersprekinge of onwaarskynlikhede uit sy getuienis op die rekord aangemerk word nie. Sy relaas van gebeure is inteendeel veel meer waarskynlik as dié voorgehou deur die klaagster.
ân Verdere probleem wat ek het met die klaagster se getuienis is die groot toevalligheid dat sy dié aand ân kondoom in haar besit sou hê en dit aan die appellant aanbied voor hy haar âverkragâ. Sy het naamlik verduidelik dat sy dié kondoom in haar besit gehad het, omrede sy dit vroeër die aand by ân ander vriend van haar afgeneem het en sy van voorneme was om dit weg te gooi. Sy het dit egter in haar handsak vergeet.
Roger Bezuidenhoudt, wat bevriend was met die klaagster en deur die Hof geroep is as ân getuie soos alreeds vermeld, het verder die klaagster weerspreek op sekere kardinale aspekte, ondermeer die feit dat die appellant inderdaad aangebied het om haar huistoe te neem en sy nie daarteen teëgestribbel het nie, soos wat sy in haar getuienis beweer het. ân Verdere aspek is die rede waarom sy met hom (Roger) plekke verwissel het in die appellant se voertuig deur voor langs die appellant te gaan sit in die passassiersitplek â volgens haar het dit gevolg op die stryery tussen haar en Roger, terwyl laasgenoemde ontken het dat hulle dié aand gestry het.
Die vraag mag natuurlik ontstaan waarom die klaagster toe op die vlug geslaan het, deur ân draad geklim het (wat krapmerke aan haar binnebene veroorsaak het) en toe by Mnr. Van Wyk gaan aanmeld het dat sy verkrag is. Ek is dit eens met Mnr. Snellenburg wat namens die appellant voor ons verskyn het, dat die rede daarvoor kan wees dat die appellant inderdaad die klaagster verjaag het nadat hy haar betrap het dat sy in sy beursie vroetel. Die klaagster moes toe noodwendig ân rede uitdink waarom sy dáárdie tyd van die nag in ân gehawende toestand, met geskeurde, stowwerige klere opdaag by Mnr. Van Wyk se huis. Dit wil my ook voorkom asof die klaagster maar bra bangerig was dié aand vir haar ouers, omrede dit my wil voorkom dat sy nie hul toestemming gehad het om só laat uithuisig te wees nie.
Dit is van belang om in gedagte te hou dat die sogenaamde âeerste rapportâ getuienis in verkragtingsake as bewysmateriaal toegelaat word, nie as stawing dat ân klaagster wel verkrag is nie, maar as steun vir haar geloofwaardigheid. Getuienis aangaande die eerste rapport wat die klaagster gemaak het is nie getuienis van die afwesigheid van toestemming nie en net so is die gebrek aan âeerste rapport getuienisâ nie aanduidend van die bestaan van toestemming om gemeenskap te hou nie. ân Klaagster in ân verkragtingsaak se getuienis is inderdaad getuienis dat sy nie toestemming tot geslagsgemeenskap gegee het nie, maar die âeerste rapportâ (of klagte) self ondersteun bloot die klaagster se geloofwaardigheid in dié verband. Sien die breedvoerige bespreking deur Cloete AR in S v Hammond 2004(2) SACR 303 (SCA) te 307 i â 310 e.In die onderhawige saak dus bied Mnr. Van Wyk se getuienis bloot steun vir die klaagster se konsekwentheid (en geloofwaardigheid), dog kan dit egter nie dien as stawing daarvoor dat sy wel verkrag is nie.
Daar kan seker gesê word dat daar ân mate van suspisie bestaan dat daar iets onbehoorliks tussen die klaagster en die appellant plaasgevind het dié betrokke aand. Dit is egter nie naastenby genoeg om die appellant se skuld bo redelike twyfel te bewys nie.
Ek is inteendeel die mening toegedaan dat daar in hierdie saak oorvloediglik twyfel bestaan aangaande die appellant se skuld op die relaas van gebeure soos voorgehou deur die klaagster, ân enkelgetuie. Die klaagster se getuienis was net eenvoudig nie
bevredigend in alle wesenlike opsigte ten einde ân skuldigbevinding uit te kan bring soos uiteengesit in artikel 208 van die Wet nie. Daar bestaan glad geen aanvaarbare stawing vir haar bewering dat sy verkrag is nie en blyk dit inteendeel na my oordeel op die waarskynlikhede dat sy met toestemming gemeenskap met die appellant dié aand gehad het.
Bygevolg word die appellant die voordeel van die twyfel hierin gebied.
18.1 Die appél word gehandhaaf.
18.1 Die appellant se skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
_____
SA MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam:
____
CC WILLIAMS
NAMENS APPELLANT : ADV. N SNELLENBURG
IN OPDRAG VAN : VAN DE WALL & VENNOTE
NAMENS RESPONDENT : ADV E VAN DYK
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.