Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Coetzer (225/05) [2006] ZASCA 42; 2006 (2) SACR 63 (SCA) (29 March 2006)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court held that section 51(4) of the Criminal Law Amendment Act 105 of 1997 does not exclude the application of section 280(2) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977. Section 51(4) merely provides that the sentence is calculated from the date of imposition, but does not preclude the court from ordering sentences to run consecutively. The appellant's interpretation would lead to illogical results, such as offenders serving less time for multiple serious offences than for single offences. Therefore, the magistrate was correct in ordering that the sentences be served consecutively, resulting in an effective sentence of 25 years imprisonment.

Court disposition

Appeal dismissed.

Orders

  • The appeal is dismissed.

02

Material facts

Parties

Cornelis Hendrik Coetzer

Appellant

The State

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal From Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that, in terms of section 51(4) of the Criminal Law Amendment Act 105 of 1997, all sentences imposed commenced on the date of imposition, and therefore he should only serve a total of 15 years imprisonment, not 25 years. He contended that the magistrate erred in ordering that he serve an effective 25 years imprisonment.
Respondent
The respondent maintained that section 51(4) does not exclude the operation of section 280(2) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977, which allows the court to order sentences to run consecutively. Therefore, the magistrate was correct in ordering that the sentences be served so that the appellant serves an effective 25 years imprisonment.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Criminal Law Amendment Act 105 of 1997, section 51(4)

    Section 51(4) of the Criminal Law Amendment Act 105 of 1997 provides that a sentence contemplated in this section is calculated from the date of imposition, but does not address whether sentences must run concurrently or consecutively.

  2. 02

    Criminal Procedure Act 51 of 1977, section 280(2)

    Section 280(2) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 empowers the court to order that sentences of imprisonment run consecutively unless the court orders otherwise.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court held that section 51(4) of the Criminal Law Amendment Act 105 of 1997 does not exclude the application of section 280(2) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977. Section 51(4) merely provides that the sentence is calculated from the date of imposition, but does not preclude the court from ordering sentences to run consecutively. The appellant's interpretation would lead to illogical results, such as offenders serving less time for multiple serious offences than for single offences. Therefore, the magistrate was correct in ordering that the sentences be served consecutively, resulting in an effective sentence of 25 years imprisonment.

Obiter and limits

  • The court noted that the appellant's interpretation of section 51(4) would produce anomalous and unintended consequences, undermining the purpose of minimum sentencing legislation.
  • The calculation of the portion of a sentence served must always be determined from the date of imposition, but the commencement of serving the sentence depends on when the convicted person actually begins serving it.

Court disposition

Appeal dismissed.

  • The appeal is dismissed.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[2006] ZASCA 42

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

VAN SUID-AFRIKA

Rapporteerbaar

Saakno.: 255/05

In die saak tussen:

COETZER, CORNELIS HENDRIK Appellant

- en -

DIE STAAT Respondent

Voor: STREICHER, BRAND & NUGENT ARR

Verhoordatum: 7 MAART 2006

Gelewer: 29 MAART 2006

Opsomming: Volgorde waarin vonnisse uitgedien word – art 51(4) van die Strafregwysigingswet 105 van 1997 sluit nie die bepalings van art 280(2) van Strafproseswet 51 van 1977 uit nie.

Neutrale sitasie: Hierdie uitspraak mag na verwys word as Coetzer v Die Staat [2006] SCA 42 (RSA)

UITSPRAAK

STREICHER AR

STREICHER AR:

[1] Die appellant is in die Streekhof te Pretoria skuldig bevind aan vier klagtes van roof met verswarende omstandighede en op elke klagte gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf. Die Streekhof het egter met `n beroep op die bepalings van art 280(2) van die Strafproseswet 51 van 1977 beveel dat die vonnisse so uitgedien moet word dat die appellant effektiewelik 25 jaar gevangenisstraf uitdien. Op appèl na die Pretoria Hoë Hof het die appellant aangevoer dat, ingevolge art 51(4) van die Strafregwysigingswet 105 van 1997, die uitdiening van die vonnisse almal begin loop het op die datum waarop hulle opgelê is, dat hy in totaal dus slegs 15 jaar gevangenisstraf moes uitdien en dat die Streekhof fouteer het om te beveel dat hy effektiewelik 25 jaar gevangenisstraf moes uitdien. Die Hoë Hof het bevind dat daar nie meriete in hierdie betoog was nie en het die appèl van die hand gewys maar het nietemin aan die appellant verlof verleen om na hierdie hof te appelleer.

[2] Artikels 51(2) en (4) van Wet 105 van 1997 lees soos volg:

‘51(2) Ondanks enige ander wet maar behoudens subartikels (3) en (6), moet `n streekhof . . . ten opsigte van `n persoon wat skuldig bevind is aan `n misdryf bedoel in –

Deel II van Bylae 2, die persoon, in die geval van –

`n eerste oortreder, tot gevangenisstraf vir `n tydperk van minstens 15 jaar vonnis;

`n tweede oortreder van enige sodanige misdryf, tot gevangenisstraf vir `n tydperk van minstens 20 jaar vonnis; en

`n derde of verdere oortreder van enige sodanige misdryf, tot gevangenisstraf vir `n tydperk van minstens 25 jaar vonnis;

. . .

. . .

Met dien verstande dat die maksimum vonnis wat `n streekhof ingevolge hierdie subartikel mag oplê, nie meer as vyf jaar langer mag wees nie as die minimum vonnis wat hy ingevolge hierdie subartikel mag oplê.’

(Roof met verswarende omstandighede is een van die misdrywe bedoel in Deel II van Bylae 2.)

‘51(4) `n Vonnis in hierdie artikel beoog word vanaf die datum van vonnisoplegging bereken.’

[3] Artikel 280(1) en (2) van die Strafproseswet bepaal soos volg:

‘(1) Wanneer iemand by `n verhoor aan twee of meer misdrywe skuldig bevind word of wanneer iemand wat gevonnis staan te word of wat straf ondergaan aan `n ander misdryf skuldig bevind word, kan die hof hom veroordeel tot die verskillende strawwe vir daardie misdrywe of, na gelang van die geval, tot die straf vir so `n ander misdryf, wat die hof bevoeg is om op te lê.

(2) Bedoelde strawwe, wanneer hulle uit gevangenisstraf bestaan, neem `n aanvang die een na die verstryking, tersydestelling of kwytskelding van die ander in die volgorde wat die hof gelas, tensy die hof gelas dat sodanige gevangenisstrawwe saamloop.’

[4] Artikel 32(2) van die Wet op Korrektiewe Dienste 8 van 1959 wat na vonnisoplegging, met effek vanaf 1 Oktober 2004, herroep is deur die Wet op Korrektiewe Dienste 111 van 1998, welke wet in art 39 daarvan `n soortgelyke bepaling bevat het, het soos volg bepaal:

‘Wanneer iemand meer as een vonnis van gevangenisstraf opgelê word of addisionele vonnisse opgelê word terwyl hy `n tydperk van gevangenisstraf uitdien, word elke sodanige vonnis die een na die verstryking, tersydestelling of kwytskelding van die ander uitgedien in so `n volgorde as wat die Kommissaris bepaal, tensy die hof uitdruklik anders gelas of tensy die hof gelas dat sodanige vonnisse saam moet loop: Met dien verstande . . . .’

[5] Die appellant betoog dat artikels 280(2) en 32(2) nie geld in die geval van `n vonnis beoog in art 51 nie en dat meerdere vonnisse gevolglik ingevolge art 51(4) loop vanaf die datum waarop hulle opgelê is. Hierdie uitleg van die appellant het die volgende eienaardige resultate wat beswaarlik die bedoeling van die wetgeweer kon gewees het:

As `n persoon terselfdertyd twee minimum strawwe van vyf jaar elk ingevolge art 51 opgelê word, kan hy slegs vir vyf jaar aangehou word. As hy egter vir dieselfde misdrywe elk `n minimum straf van vyf jaar opgelê word, maar in die een geval slegs nadat hy die straf op die ander uitgedien het, kan hy vir tien jaar aangehou word.

`n Persoon wat 15 jaar gevangenisstraf uitdien en 10 jaar voor die verstryking van die 15 jaar `n ander misdaad in die gevangenis pleeg waarvoor die straf bedoel in art 51(2) minder as 10 jaar is, hoef geen addisionele gevangenisstraf ten opsigte van daardie misdryf uit te dien nie.

`n Persoon wat soos die appellant vier gewapende rowe gepleeg ten opsigte waarvan die gepaste straf ingevolge art 51 op elke afsonderlike klagte 15 jaar gevangenisstraf is, kan nie swaarder gestraf word as `n persoon wat slegs een van daardie gewapende rowe gepleeg het nie.

[6] Die appellant se uitleg van art 51(4) is duidelik nie korrek nie. Volgens art 51(4) word die vonnis wat uitgedien moet word, bereken vanaf die datum van vonnisoplegging. Dit beteken egter nie dat `n gevonnisde geag word te begin het met die uitdiening van sy vonnis voordat hy inderdaad begin het om sy vonnis uit te dien nie. Dit beteken slegs dat die gedeelte van die vonnis wat inderdaad uitgedien is, bereken word vanaf die datum van vonnisoplegging. Dit kan gebeur dat `n persoon met die uitdiening van sy vonnis begin dae of selfs maande nadat die vonnis opgelê is. So byvoorbeeld kan dit gebeur dat `n persoon wat op borg vrygelaat is hangende appèl en wie se appèl van die hand gewys word, eers veel later in bewaring geneem word. Die gedeelte wat hy uitgedien het, sal op enige stadium ingevolge art 51(4) bereken word vanaf die datum van vonnisoplegging maar dit beteken nie dat die gedeelte tussen die datum van vonnisoplegging en wanneer hy in bewaring geneem is, gereken sal word as `n gedeelte van die vonnis wat deur hom uitgedien is nie. Dit is dus in elke geval nodig om te bepaal wanneer die uitdiening van die vonnis inderdaad begin het. Artikel 51(4) handel geensins met daardie vraag nie en daar is gevolglik geen basis waarop bevind kan word dat die bedoeling van die wetgewer met die artikel was dat artikels 280(2) en 32(2), wat wel met daardie vraag handel, nie sou geld in die geval van `n vonnis opgelê ingevolge art 51 nie. Artikel 280(2) is dus van toepassing ook op vonnisse in art 51 beoog.

[7] Die appèl word gevolglik van die hand gewys.

_______

STEM SAAM:

BRAND AR)

NUGENT AR)

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Criminal Law Amendment Act 105 of 1997

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Correctional Services Act 8 of 1959

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Correctional Services Act 111 of 1998

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.