Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Collett (199/90) [1991] ZASCA 33; 1991 (2) SA 854 (AD); [1991] 4 All SA 524 (AD) (26 March 1991)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court held that even if the appellant's possession of dagga fell within the statutory prohibition and was prima facie unlawful, criminal liability under section 2(b) of Act 41 of 1971 requires proof of dolus, including awareness of unlawfulness. The magistrate accepted that the appellant did not know her conduct was unlawful, as she intended to hand the dagga to her co-accused and did not believe her actions were wrong. The appellant lacked the required awareness of unlawfulness, and thus did not act with the necessary dolus. The conviction and sentence were set aside.

Court disposition

Appeal upheld. Conviction and sentence set aside.

Orders

  • The conviction and sentence against the appellant are set aside.

02

Material facts

Parties

Ethel Anne Collett

Appellant Counsel: Vermeulen

The State

Respondent Counsel: Van Staden

Amounts and remedies

  • Fine Imposed by Magistrate's Court: ZAR 1,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal From Conviction and Sentence in the Magistrate's Court, After Leave to Appeal Was Granted by the Chief Justice.

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
Counsel for the appellant argued that even if her possession of dagga fell within the statutory prohibition, her conduct was not unlawful. Relying on Snyman, it was submitted that temporary possession for the sole purpose of handing the substance to a responsible person or the police does not violate community legal convictions and thus is not unlawful. The appellant did not know of the dagga beforehand, intended to hand it over to her co-accused who employed the builders, and did not believe her conduct was wrong.
Respondent
Counsel for the State conceded that dolus is required for a conviction under section 2(b) of the Act and must be proven by the State. It was argued that the appellant's possession was within the statutory prohibition and that the mere fact of possession, regardless of intent to hand over, was sufficient for liability. The State relied on precedent establishing that temporary possession with intent to hand over does not exclude unlawfulness, but may be a mitigating factor.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    De Wet and Swanepoel, Strafreg, 4th ed at 69; Burchell and Hunt, Criminal Law and Procedure, Vol 1, 2nd ed at 330; LAWSA Vol 6 para 37.

    A prohibited act is prima facie unlawful if it contravenes a penal norm, but unlawfulness may be excluded by special circumstances providing a justification.

  2. 02

    S v Brick 1973 (2) SA 571 (A) at 580G-581B.

    Possession of a prohibited substance with the sole intention to hand it to the police remains unlawful, but may serve as a mitigating circumstance.

  3. 03

    S v De Blom 1977 (3) SA 513 (A) at 532E-H; S v Potwane 1983 (1) SA 868 (A) at 871A-D; S v Hlomza 1987 (1) SA 25 (A) at 32F.

    Criminal liability under section 2(b) of Act 41 of 1971 requires not only the act of possession but also awareness of unlawfulness (wederregtelikheidsbewussyn).

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court held that even if the appellant's possession of dagga fell within the statutory prohibition and was prima facie unlawful, criminal liability under section 2(b) of Act 41 of 1971 requires proof of dolus, including awareness of unlawfulness. The magistrate accepted that the appellant did not know her conduct was unlawful, as she intended to hand the dagga to her co-accused and did not believe her actions were wrong. The appellant lacked the required awareness of unlawfulness, and thus did not act with the necessary dolus. The conviction and sentence were set aside.

Obiter and limits

  • The court noted that the broad interpretation of statutory prohibitions may lead to unfair consequences, where a person who receives prohibited material unsolicited may have no lawful means of disposing of it without contravening the law.
  • The defence of necessity could be available if the accused acted promptly to destroy or hand over the prohibited substance, but delay may render the defence unreasonable.

Court disposition

Appeal upheld. Conviction and sentence set aside.

  • The conviction and sentence against the appellant are set aside.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1991] ZASCA 33

Saak nr 199/90 /MC

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussenETHEL ANNE COLLETT Appellant- en -DIE STAAT Respondent

CORAM: CORBETT HR et HOEXTER, VIVIER,

EKSTEEN, NIENABER ARR.

VERHOOR: 7 Maart 1991.GELEWER: 26 Maart 1991.

UITSPRAAK

VIVIER AR.

2/...

VIVIER AR:

Die appellant en 'n medebeskuldigde ("beskuldigde 1") is in die Landdroshof in Johannesburg aangekla van 'n oortreding van art 2(a), alternatiewelik art 2(b), van die Wet op die Misbruik van Afhanklikheidsvormende Stowwe en Rehabilitasiesentrums 41 van 1971 ("die Wet"). Die appellant is skuldig bevind op die alternatiewe aanklag (besit van dagga) en gevonnis tot 'n boete van Rl 000 of ses maande gevangenisstraf wat in die geheel vir 'n tydperk van vyf jaar op die gebruiklike voorwaardes opgeskort is. Beskuldigde 1 is op beide aanklagte onskuldig bevind. Die appellant se appèl na die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling het nie geslaag nie. Verlof om teen die skuldigbevinding te appelleer is deur die Hof a quo

3/...

3.

geweier, maar is daarna aan die appellant toegestaan na 'n versoekskrif aan die Hoofregter.Die f eite van die saak is ongewoon. Die appellant het om ongeveer halftwaalf op 'n Saterdagoggend afgekom op 'n plastieksak vol dagga onder in 'n klerekas in 'n huis wat aan haar behoort en waarin sy en haar vriend, beskuldigde 1, saamgewoon het. Sy het die sak oopgemaak en gesien dat dit dagga bevat. Die appellant se weergawe was dat sy tot op daardie stadium onbewus was van die dagga en dat sy nie geweet het aan wie dit behoort nie, maar dat sy vermoed het dat dit aan van die bouers behoort wat toe besig was met restourasiewerk aan die huis, onder andere ook aan die klerekas waarin die dagga gevind is. Die bouers het vrye toegang tot die huis gehad en van hulle toerusting en boumateriaal het oral in die huis

4/...

4.

rondgelê. Die appellant het getuig dat sy vir

beskuldigde 1 om ongeveer drie-uur daardie middag bydie huis terug verwag het, en omdat hy die bouers indiens geneem het, het sy besluit om die dagga aan homte gee wanneer hy tuiskom sodat hy kon vasstel aan wiedie dagga behoort en die nodige stappe kon neem omdaarvan ontslae te raak. Sy het gevolglik die sak metdagga tussen hulle klere in die hangkas versteek omdat

sy bang was dat iemand die sak sou sien waar dit oop

en bloot onder in die klerekas gelê het. Haar

getuienis was dat sy vir geen oomblik gedink het dat

dit verkeerd is om die dagga te bêre en dit later aan

beskuldigde 1 te oorhandig nie. Beskuldigde 1 het

nie voor halftwee die nag by die huis gekom nie en was

toe sterk onder die invloed van drank. Die volgende

dag (Sondag) het hy halfeen die middag opgestaan en

5/...

5.

dadelik weer begin drink. Hy was die res van die dag onder die invloed van drank. Daardie aand het hy begin om glase en ander breekware in die kombuis stukkend te gooi totdat sy die polisie ontbied het. Toe die polisie daar kom was beskuldigde 1, soos konstabel Visser dit gestel het, hewig onder die invloed van drank. Terwyl Visser besig was om met beskuldigde 1 buite op die stoep te praat, het die appellant 'n ander polisieman na die slaapkamer geneem en die sak met dagga aan hom oorhandig met die woorde dat dit beskuldigde 1 se dagga is. Haar verduideliking vir hierdie optrede was dat sy wou gehad het dat die polisie beskuldigde 1 moes arresteer omdat sy vir hom bang was. Beskuldigde 1 is hierna- gearresteer en na die aanklagkantoor geneem waar hy aangehou is. Later die aand het die polisie teruggekeer en die appellant

6/...

6.

versoek om 'n verklaring te maak waarin sy bevestig dat dit beskuldigde 1 se dagga was. Sy het geweier om enige verklaring hoegenaamd te maak en het toe die houding ingeneem dat sy nie weet wie se dagga dit is nie. Die polisie het haar gevolglik arresteer en aangekla.Die Landdros het die appellant se weergawe as redelik moontiik waar aanvaar. Die vraag of sy art 2(b) van die Wet oortree het, moet gevolglik beantwoord word op die basis dat sy nie vooraf van die dagga bewus was nie, dat sy die dagga gehou het met die opset om dit by die eerste die beste geleentheid aan beskuidigde 1 as die verantwoordelike persoon te oorhandig en dat sy in geen stadium gedink het dat dit verkeerd is om die dagga met die oog daarop te hou nie. Na my mening dui die enkele feit dat die

7/...

7.

appellant die dagga aan die polisie oorhandig het, juis daarop dat sy nie gedink het dat haar voorafgaande optrede verkeerd was nie.Mnr Vermeulen, namens die appellant, het betoog dat selfs in die veronderstelling dat die appellant se "besit" van die dagga binne die verbodsbepaling in art 2(b) van die Wet val, sy nogtans nie wederregtelik gehandel het nie. Met 'n beroep op Snyman, Strafreg, 2de uitgawe op bl 97 ev, het hy betoog dat die tydelike "besit" van 'n artikel in stryd met 'n verbodsbepaling nie wederregtelik is indien die artikel "besit" word met die uitsluitlike doel om dit aan 'n verantwoordelike persoon of die polisie te oorhandig nie, omdat sodanige "besit" dan nie teen die regsoortuiging van die gemeenskap sou indruis nie. Snyman, in die gedeelte waarna verwys word, beskou 'n

8/...

8.handeling as wederregtelik as dit in stryd is met die regsopvattinge van die gemeenskap. Die algemeen aanvaarde opvatting van ons reg is dat 'n doen of late wat strydig is met 'n strafnorm, prima facie wederregtelik is, maar dat wederregtelikheid uitgesluit kan word as gevolg van besondere omstandighede wat 'n regverdigingsgrond daarstel en wat gevolglik die doen of late veroorloof. (De Wet en Swanepoel, Strafreg, 4de uitgawe op 69; Burchell en Hunt, Criminal Law and Procedure, Vol 1, 2de uitgawe op 330; LAWSA Vol 6 para 37). Volgens Snyman, egter, is 'n doen of late, selfs al is dit strydig met 'n regsnorm, en selfs in die afwesigheid van 'n bekende regverdigingsgrond, steeds nie wederregtelik nie, solank die regsopvattinge van die gemeenskap dit nie afkeur nie. Sien die kritiek van Prof Burchell op hierdie beskouing in 1982 SALJ 466

9/...

9.

op 468-469. Volgens die aanvaarde wederregtelikheids= begrip in ons reg is daar in die volgende drie sake beslis dat 'n verbode besitshandeling met die uitsluitlike doel om die betrokke artikel aan die polisie te oorhandig, steeds wederregtelik was. Sien R v Snyman 1959(1) SA 800(T) op 802 A-B; S v Nondyala 1971(1) SA 18 (OKA) op 19 E-G en S v Brick 1973(2) SA 571(A) op 580 G - 581 B. Daarteenoor is S v Nqobo 1965(2) SA 728 (N) op 733 D-E en S v R 1971(3) SA 798(T) op 804 C-D beslis op die basis dat die verbode besitshandelinge nie bewys is nie. In S v Potwane 1983(1) SA 868(A) op 870 F-G is die vrae of die Staat die verbode besitshandeling en die wederregtelikheid daarvan bewys het, oopgelaat (op bl 870 F-G) en is die appellant se skuldigbevinding tersyde gestel omdat hy nie die vereiste wederregtelikheidsbewussyn gehad het nie.

10/...

10.

In die Brick-saak is die appellant aan besit van pornografiese materiaal in stryd met art 2(1) van Wet 37 van 1967 skuldig bevind, nadat hy die verbode materiaal deur die pos ontvang en 24 uur later nog nie daarvan ontslae geraak het nie. Die meerderheid van hierdie Hof het aanvaar dat sy bedoeling was om die verbode materiaal òf aan die polisie te oorhandig òf te vernietig. Die appellant se skuldigbevinding is nogtans deur die meerderheid bekragtig op die basis dat by 'n behoorlike uitleg van die verbodsbepaling, die tydelike besit van die verbode materiaal met die bedoeling om dit aan die polisie te oorhandig, nie aanspreeklikheid uitsluit nie, - maar hoogstens as 'n strafversagtende omstandigheid kan dien (op 581 A). In die meerderheidsuitspraak wys OGILVIE THOMPSON HR op 580 D-E daarop dat hierdie uitleg van die verbods=

11/...

11.

bepaling moontlik gevalle kan tref "which, from a moral point of view, merit neither prosecution nor punishment . ..". Ook in die minderheidsuitspraak van JANSEN AR word dit beklemtoon (op 581 G-582 B) dat die meerderheid se wye uitleg van die betrokke verbodsbepaling tot onbillike gevolge kan lei sodat die besitter van ongevraagde pornografiese materiaal, nadat hy van die aard daarvan bewus geword het, feitlik niks daarmee kan doen sonder om die verbodsbepaling te oortree nie. In sy kommentaar op hierdie uitspraak skryf A J Middleton in 1974 THRHR 183 op 186 dat die appellant hom op die regverdigingsgrond van noodtoestand sou kon beroep het. Omdat hy egter so lank versuim het om van die verbode materiaal ontslae te raak, was sy optrede vir doeleindes van die verweer van noodtoestand nie redelik nie en sou hy hom derhalwe

12/...

12.

nie met sukses op die verweer kon beroep het nie. Hy wys daarop dat die essensie van noodtoestand daarin bestaan dat 'n beskuldigde een regsnorm skend om 'nander, meer belangrike regsnorm, wat in die omstandighede bedreig word, te. beskerm. Deur daadwerklike en in die omstandighede redelike beheer oor die verbode materiaal uit te oef en met die oog daarop om dit so gou moontlik te vernietig of aan die polisie te oorhandig, verhoed die beskuldigde 'n groter dreigende maatskaplike euwel, naamlik die gebruik of verdere verspreiding van die betrokke stof vir ongeoorloofde doeleindes.

In die huidige saak sou die appellant haar, na my mening, ook denkbaar op die regverdigingsgrond van noodtoestand kon beroep het indien sy nie so lank getalm het nie maar die dagga dadelik vernietig of aan

13/...13.

die polisie oorhandig het. Dit, meen ek, is ook wat die gemeenskap van haar sou verwag het. Daar is egter geen aanduiding in haar getuienis dat sy enige van hierdie stappe oorweeg het nie. Selfs indien die wederregtelikheid al dan nie van die appellant se besitshandeling dus bepaal moes word aan die hand van die gemeenskapsoortuiging, soos deur mnr Vermeulen betoog, sou ek steeds geneig gewees het om haar optrede as wederregtelik te bestempel. Weens redes wat volg, vind ek dit egter nie nodig om te beslis of die appellant se besitshandeling wederregtelik was of nie. Gevolglik is dit ook nie nodig om uitsluitsel te gee oor die breë wederregtelikheidsbegrip waarvoor mnr Vermeulen betoog het nie. Die feite van hierdie saak bied, na my mening, geen regverdiging vir die standpunt dat die aanwending van die maatstaf van die

14/...

14.

regsoortuiging van die gemeenskap nodig is om alle gevalle wat uit 'n morele oogpunt nie vervolgings- of strafwaardig is, van aanspreeklikheid te onthef nie.Selfs indien aanvaar word dat die appellant die dagga "besit" het binne die verbodsbepaling en dat daardie besit wederregtelik was, is ek van oordeel dat dit in die huidige saak, soos in Potwane se saak, wel by die appellant ontbreek het aan 'n ander vereiste vir aanspreeklikheid naamlik wederregtelikheidsbewussyn. Dat skuld 'n vereiste is vir 'n oortreding van art 2 (b) van die Wet, is duidelik (S v Ngwenya 1979(2) SA 96 (A) op 100 A-C). Mnr Van Staden, namens die Staat, het verder toegegee dat dolus alleen as skuldvereiste deur die Staat bewys moet word. Gevolglik moet die Staat ook bewys dat die appellant se besitshandeling met die nodige wederregtelikheidsbewussyn gepaard

15/...

15.

gegaan het. (S v De Blom 1977(3) SA 513(A) op 532 E-H, S v Potwane, supra, op 871 A-D en S v Hlomza 1987(1) SA 25(A) op 32 F). Die Landdros het aanvaardat die appellant nie geweet het dat haar besitshandeling, dws beide die besitneming van die dagga met die doel om dit aan beskuldigde 1 te oorhandig en haar besit daarvan totdat dit aldus oorhandig kon word, wederregtelik was nie. Die feit dat sy geweet het dat die besit van dagga in die algemeen verbode is, is in hierdie verband nie ter sake nie. Die vraag is of sy gedink het dat sý die dagga besit binne die verbodsbepaling. Die Landdros het aanvaar dat sy nie so gedink het nie. Die appellant het derhalwe nie met die vereiste dolus gehandel nie.

Die appel slaag gevolglik. Die skuldigbe= vinding en vonnis word tersyde gestel.

W. VIVIER AR.

CORBETT HR)HOEXTER AR) EKSTEEN AR) Stem saam.NIENABER AR)

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

R v Snyman 1959 (1) SA 800 (T)

Case cited

S v Nondyala 1971 (1) SA 18 (OKA)

Case cited

S v Brick 1973 (2) SA 571 (A)

Case cited

S v Nqobo 1965 (2) SA 728 (N)

Case cited

S v R 1971 (3) SA 798 (T)

Case cited

S v Potwane 1983 (1) SA 868 (A)

Case cited

S v Ngwenya 1979 (2) SA 96 (A)

Case cited

S v De Blom 1977 (3) SA 513 (A)

Case cited

S v Hlomza 1987 (1) SA 25 (A)

Case cited

Act 41 of 1971 (Abuse of Dependence-Producing Substances and Rehabilitation Centres Act)

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.