Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Deppe and Another (512/12) [2013] ZASCA 4 (7 March 2013)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The Supreme Court of Appeal held that the cumulative effect of the circumstantial evidence, together with the corroborated testimony of Isaacs and Mrs Vos, established the guilt of the appellants beyond reasonable doubt. The trial court correctly approached the evidence of a single witness and accomplice with caution, relying on corroboration and supporting circumstances. The appellants' possession of the stolen vehicle within hours of the crime, their false explanations, and the forensic link between the vehicle and Douman's residence were compelling. The court found that the appellants' version was not reasonably possibly true and that the state had discharged its burden of proof. Accordingly, the appeal was dismissed.

Court disposition

The appeal by both appellants is dismissed.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The convictions and sentences imposed by the trial court are confirmed.

02

Material facts

Parties

Mark Jack Deppe

Appellant Counsel: M Calitz

Henry John Douman

Appellant Counsel: M Calitz

The State

Respondent Counsel: L J Badenhorst

Amounts and remedies

  • Sentence Deppe: ZAR 5
  • Sentence Douman (effective): ZAR 2

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Final Appeal

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellants argued that the evidence of Isaacs, the main state witness, was so unreliable and contradictory that it could not be relied upon to support a conviction. They contended that if Isaacs' evidence was excluded, there was insufficient evidence to prove their guilt beyond reasonable doubt. The appellants denied any involvement in the housebreaking and theft, claiming their presence at the scene was related to a police operation to gather information about an alleged arms dealer, and denied driving or possessing the stolen vehicle.
Respondent
The respondent maintained that the cumulative effect of the evidence, including Isaacs' testimony as corroborated by other witnesses and circumstantial evidence, proved the appellants' guilt beyond reasonable doubt. The respondent argued that the possession of the stolen vehicle by the appellants shortly after the crime, their false explanations for their presence, and the forensic link between the vehicle and Douman's residence supported the conviction. The respondent further submitted that the trial court correctly applied the cautionary rules regarding single and accomplice witnesses.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Mkohle 1990 (1) SA 95 (A) at 98 f-g

    Contradictions in a witness's evidence do not automatically render the evidence unreliable; the nature, number, and importance of contradictions must be evaluated in context.

  2. 02

    S v Hlapezula & others 1965 (4) SA 439 (A) at 440D-H

    Testimony of accomplices requires particular scrutiny due to their self-confessed criminal status and possible motives to falsely implicate the accused; corroboration or other safeguards are necessary.

  3. 03

    S v Sauls & others 1981 (3) SA 172 (A) at 180E-G

    There is no formula for assessing the credibility of a single witness; the trial judge must weigh the evidence and decide if the truth has been told, applying caution but not at the expense of common sense.

  4. 04

    S v Mtsweni 1985 (1) SA 590 (A) at 593I-594D

    False testimony by an accused may be used to discredit their evidence but does not automatically infer guilt; the weight given to lies must be considered in the context of the case.

  5. 05

    S v Mavinini 2009 (1) SACR 523 (SCA) para 6

    Recent possession of stolen property, without a satisfactory explanation, supports an inference of participation in the crime.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The Supreme Court of Appeal held that the cumulative effect of the circumstantial evidence, together with the corroborated testimony of Isaacs and Mrs Vos, established the guilt of the appellants beyond reasonable doubt. The trial court correctly approached the evidence of a single witness and accomplice with caution, relying on corroboration and supporting circumstances. The appellants' possession of the stolen vehicle within hours of the crime, their false explanations, and the forensic link between the vehicle and Douman's residence were compelling. The court found that the appellants' version was not reasonably possibly true and that the state had discharged its burden of proof. Accordingly, the appeal was dismissed.

Obiter and limits

  • The court reiterated that lies told by an accused may affect credibility but do not, on their own, justify an inference of guilt; the context and nature of the lies must be considered.
  • The exercise of caution in evaluating single or accomplice witnesses must not override common sense and the overall assessment of the evidence.
  • Recent possession of stolen property is a strong indicator of involvement in the crime when no credible explanation is provided.

Court disposition

The appeal by both appellants is dismissed.

  • The appeal is dismissed.
  • The convictions and sentences imposed by the trial court are confirmed.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[2013] ZASCA 4

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID AFRIKA

UITSPRAAK

SAAK NO:512/12

RAPPORTEERBAAR

In die saak tussen:

MARK JACK DEPPE ...................................................EERSTE

APPELLANT

HENRY JOHN DOUMAN ..........................................TWEEDE

APPELLANT

en

DIE STAAT ..................................................................................RESPONDENT

Neutrale verwysing: S v Deppe & Douman (512/2012) [2013] ZASCA 4 (7 Maart 2013)

Coram: Malan AR, Schoeman en Van der Merwe WnRRA.

Datum aangehoor: 15 Februarie 2013.

Datum van uitspraak: 7 Maart2013

Opsomming: Strafproses — enkelgetuie — of direkte getuienis van enkelgetuie en omstandigheidsgetuienis voldoende is om skuldigbevinding te regverdig.

BEVEL

Op appèl van: Wes- Kaap Hooggeregshof (Moosa R en Smit WnR op appèl).

Die appèl word van die hand gewys.

____________

SCHOEMAN WnAR (waarmee MALAN AR en VAN DER MERWE WnAR saamstem).

[1] Hierdie appèl is gerig teen die appellante se skuldigbevinding op ‘n klagte van huisbraak met die opset om te steel en diefstal in die streekhof, Bellville. Hulle appèl na die hooggeregshof (Moosa R en Smit WnR) is van die hand gewys. Die

appellante kom in hoër beroep met verlof van die hof benede.

[2] Die twee appellante en ene Vos het in die streekhof op verskeie klagte tereg gestaan. Vos was die eerste beskuldigde en die appellante onderskeidelik beskuldigdes twee en drie. Drie klagtes van huisbraak met die opset om te steel en diefstal asook ‘n

klagte van roof met verswarende omstandighede is die beskuldigdes ten laste gelê. Vos is ook aangekla van poging tot moord asook die onwettige besit van ‘n vuurwapen. Na ‘n uitgerekte verhoor is Vos skuldig bevind op drie klagtes van huisbraak met die opset om te steel en diefstal asook aan poging tot moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen. Hy is tot effektiewe

gevangenisstraf van 15 jaar gevonnis. Die appellante is skuldig bevind op een klag van huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Deppe is gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf terwyl Douman gevonnis is tot vier jaar gevangenisstraf waarvan die helfte

voorwaardelik opgeskort is.

[3] Die appellante en Vos is skuldig bevind op aanklag 5 naamlik dat hulle op 18 November 1995 by die huis van mnr en mev Smit, in Chavonnestraat 9, Welgemoed ingebreek het en daar onder andere, ‘n wit Mazda bakkie, ‘n faksmasjien, ‘n kluis, verskeie vuurwapens, paspoorte en ‘n identiteitsdokument gesteel het.

[4] In 1995 was Vos ‘n kaptein en Deppe ‘n sersant in die Suid Afrikaanse Polisie Diens. Edward Isaacs was ‘n beriggewer van Vos. Douman was ‘n vriend van Vos en Deppe.

[5] Dit is gemeensaak dat Vos en Isaacs betrokke was by drie inbrake, onderskeidelik in Welgemoed (klagte 5) en Kuilsrivier (klagtes 1 en 3) gedurende die periode 18 November 1995 tot 23 Desember 1995. Die staat se saak teen die appellante het hoofsaaklik berus op die getuienis van Isaacs en mev Vos, die eggenote van Vos, asook getuienis van ‘n lokval wat deur die polisie gestel is om die Mazda bakkie terug te kry en die getuienis daaroor.

[6] In die uitspraak in die aansoek om verlof tot appèl is verlof op ‘n heel beperkte grond verleen. Die hof benede was naamlik van oordeel dat die appellante se betrokkenheid by die lokval wat vir die beskuldigdes gestel is om die Mazda bakkie terug te kry nie noodwendig beteken dat die appellante ook aan die huisbraak en diefstal deelgeneem het nie. Hulle leuenagtige getuienis hieroor is nie noodwendig stawing van hul deelname daaraan nie maar kan ook beteken dat hulle van die inbraak bewus was maar hulle daarvan wou distansieer.

[7] Vos en Isaacs het by ‘n woning in Kuilsrivier op 23 Desember 1995 ingebreek. Vos se bakkie (nie die Mazda bakkie nie) is na die inbraak en nadat Vos en Isaacs op vlug geslaan het, naby die perseel gevind. Daar is verder deur ballistiese toetse bepaal dat 4 koeëldoppies wat op die perseel gevind is deur Vos se vuurwapen afgevuur is.

[8] Vos is arresteer. Na Vos se arrestasie het het Isaacs sy aandadigheid aan Vos se misdrywe aan die polisie openbaar. Nadat Vos op borgtog vrygelaat is het hy Isaacs versoek om ‘n koper vir die Mazda bakkie te vind. Isaacs het Louis Coetzee, ‘n

polisiebeampte, en kolonel Campher meegedeel dat Vos ‘n bakkie wat gesteel is wou verkoop. In opdrag van Coetzee en Campher en in hulle teenwoordigheid, het Isaacs Vos geskakel en ‘n afspraak gemaak om hom te ontmoet by die Bellville stasie, aangesien hy kwansuis ‘n koper vir die wit bakkie gehad het. Mnr Jeffrey Dias, ‘n kennis van Coetzee, is genader om as die voornemende

koper op te tree. Dias en Isaacs is saam na die Bellville stasie se parkeerterrein. Die verkoper van die bakkie het nie opgedaag nie en Dias het Isaacs by ‘n openbare telefoon afgelaai om Vos hieroor te skakel. Nadat Isaacs teruggekom het hy Dias gevra om ‘n Fox voertuig te volg.

[9] Dias het die bakkie, wat bestuur is deur Douman, in sy truspieël agter hulle gewaar. By die Bellville stasie se parkeerterrein het Dias vir Vos en Deppe in die Fox voertuig gesien en Isaacs het hom aan Douman voorgestel as die voornemende koper. Dias wou ‘n toetsrit neem. Hy het stilgehou by die plek waar hy en Coetzee afgespreek het die polisie hulle sou arresteer. Kevin Keet

en Meyer, polisiebeamptes, asook ander polisiebeamptes het opgedaag en Douman en Dias uit die voertuig laat klim. Douman het begin

wegloop en het Keet meegedeel dat hy slegs ‘n saamrygeleentheid gekry het. Die wit bakkie se korrekte nommerplate is binne die bakkie gevind, terwyl die stel nommerplate wat aan die bakkie geheg was aan ‘n voertuig van die Distriks-Kommissaris behoort het. Dias het Coetzee meegedeel dat daar nog twee persone by die Bellville stasie was. Hulle is daarheen en Vos en Deppe is gearresteer asook Dias en Isaacs om die skyn te bewaar. By die polisiestasie het Douman vir Dias aangespoor om weg te hardloop.

[10] Die volgende dag by die polisiestasie het Coetzee bourommel agter op die wit bakkie opgemerk en het onthou dat hy die vorige aand ook bourommel by Douman se huis gesien het. Hy het afsonderlike monsters van die bourommel op die bakkie en díe by Douman se huis geneem. Hierdie monsters is forensies ontleed en daar is bevind dat dit dieselfde oorsprong het.

[11] Die twee appellante het ontken dat hulle by enige van die inbrake betrokke was. Hulle getuienis was dat, ten tye van hulle arrestasie op 6 Februarie 1996, hulle besig was om Vos by te staan met ‘n polisie-optrede ten einde inligting in te win oor

‘n wapenhandelaar. Hulle het ontken dat Douman die bakkie bestuur het en het beweer dat dit bestuur was deur Dias, wat die

gewaande wapenhandelaar sou wees, wat saam met Isaacs by die stasie aangekom het.

[12] Die twee appellante is soos vermeld skuldig bevind. In ‘n deurdagte uitspraak het die landdros die getuienis van die twee appellante en Vos as ongeloofwaardig verwerp. Hy het ook Isaacs as ‘n swak getuie bestempel en sy getuienis aanvaar net

tot die mate waarin dit deur die ander getuienis ondersteun is. Hierdie geloofwaardigheidsbevindinge is nie op appèl betwis

nie. Op appèl is die betoog beperk tot die argument dat Isaacs só ongeloofwaardig was dat daar hoegenaamd nie op sy getuienis gesteun kon word nie. Indien die getuienis van Isaacs uitgeskakel word, is aan die hand gedoen, was daar onvoldoende getuienis om die appellante skuldig te bevind.

[13] Die belangrikste getuienis teen die appellante het bestaan uit die getuienis van Isaacs, Dias en mev Vos asook omstandigheidsgetuienis. Isaacs het getuig dat beide appellante by die betrokke inbraak teenwoordig was en dat hulle in die huis was terwyl hy buite waggehou het. Mev Vos het getuig het dat die twee appellante op verskillende geleenthede in die nag gesteelde artikels na haar huis gebring het. Op 18 November 1995 het hulle met ‘n wit bakkie by die Vos woning aangekom waar hulle van die goedere wat in die onderhawige inbraak gesteel is, van die wit bakkie afgelaai het. Die omstandigheidsgetuienis het bestaan uit die getuienis van Dias en die ander polisiebeamptes wat teenwoordig was met die arres van die appellante en Vos, toe beslag gelê is op die bakkie; en die forensiese getuienis oor die bourommel wat Douman met die bakkie verbind.

[14] Die getuienis van Isaacs word gekritiseer omdat hy homself en ander getuies weerspreek het. Hy het inderdaad weersprekende getuienis afgelê. As voorbeelde van sy eie weersprekings kan na die volgende verwys word: die plek waar hy wag gehou het buite die huis terwyl die appellante ingebreek het; waarheen die gesteelde goedere na die inbraak geneem is; of Vos hom geroep het om te help om die goedere in die bakkie te laai, al dan nie. In teenstelling met Dias, kon Isaacs nie onthou dat hulle vanaf

Bellville stasie gery het om ‘n telefoonoproep te maak alvorens die appellante en Vos opgedaag het nie. Isaacs het aanvanklik getuig dat hy nie enige geldelike beloning verwag het vir sy optrede as beriggewer teen Vos nie, terwyl dit duidelik was dat hy inderdaad sodanige beloning te wagte was. Hy het aanvanklik ook getuig dat, ten aansien van klagte 5, hy slegs een huis aan die polisie uitgewys het, maar dit is duidelik dat hy meer as een huis in daardie straat uitgewys het.

[15] In S v Mkohle1 is die benadering tot weersprekings deur ‘n getuie soos volg uiteengesit:

‘Contradictions per se do not lead to the rejection of a witness' evidence. As Nicholas J, as he then was, observed in S v Oosthuizen 1982 (3) SA 571 (T) at 576B-C, they may simply be indicative of an error. And (at 576G-H) it is stated that not every error made by a witness affects his credibility; in each case the trier of fact has to make an evaluation; taking into account such matters as the nature of the contradictions, their number and importance, and their bearing on other parts of the witness' evidence.’

[16] Die getuienis van enkelgetuies en mededaders moet met versigtigheid benader word. In S v Hlapezula & others2 het Holmes AR die benadering en vereistes by beoordeling van ‘n medepligtige se getuienis soos volg gestel:

‘It is well settled that the testimony of an accomplice requires particular scrutiny because of the cumulative effect of the following factors. First, he is a self-confessed criminal. Second, various considerations may lead him falsely to implicate the accused, for example, a desire to shield a culprit or, particularly where he has not been sentenced, the hope of clemency. Third, by reason of his inside knowledge, he has a deceptive facility for convincing description - his only fiction being the substitution of the accused for the culprit. Accordingly. . . there has grown up a cautionary rule of practice requiring (a) recognition by the trial Court of the foregoing dangers, and (b) the safeguard of some factor reducing the risk of a wrong conviction, such as corroboration implicating the accused in the commission of the offence, or the absence of gainsaying evidence from him, or his mendacity as a witness, or the implication by the accomplice of someone near and dear to him . . . Satisfaction of the cautionary rule does not necessarily warrant a conviction, for the ultimate

requirement is proof beyond reasonable doubt, and this depends upon an appraisal of all the evidence and the degree of the safeguard

aforementioned.’

[17] In S v Sauls & others3 is die volgende gemeld ten aansien van die evaluering van die geloofwaardigheid van ‘n enkelgetuie:

'There is no rule of thumb test or formula to apply when it comes to a consideration of the credibility of the single witness (see the remarks of RUMPFF JA in S v Webber 1971 (3) SA 754 (A) at 758). The trial Judge will weigh his evidence, will consider its merits and demerits and, having done so, will decide whether it is trustworthy and whether, despite the fact that there are shortcomings or defects or contradictions in the testimony, he is satisfied that the truth has been told. The cautionary rule referred to by DE VILLIERS JP in 1932 [1932 OPD at 80] may be a guide to a right decision but it does not mean "that the appeal must succeed if any criticism, however slender, of the witnesses' evidence were well founded'' . . . . It has been said more than once that the exercise of caution must not be allowed to displace the exercise of common sense.'

[18] Die landdros het die getuienis van Isaacs in detail en versigtig ontleed en slegs daarop gesteun in soverre dit gestaaf is deur ander getuienis.4 Hy het bevind dat Dias ‘n uitstekende getuie was. Die uitspraak van die landdros toon aan dat hy ook die getuienis van mev Vos met die nodige versigtigheid benader het en dat hy ten regte haar getuienis bevredigend bevind het.

[19] Malan AR het in R v Mlambo5 in ‘n minderheidsuitspraak die volgende gesê.

‘Moreover, if an accused deliberately takes the risk of giving false evidence in the hope of being convicted of a less serious crime or even, perchance, escaping conviction altogether and his evidence is declared to be false and irreconcilable with the proved facts a court will, in suitable cases, be fully justified in rejecting an argument that, notwithstanding that the accused did not

avail himself of the opportunity to mitigate the gravity of the offence, he should nevertheless receive the same benefits as if he had done so.'6

[20] Mev Vos se getueinis dat die goedere wat in die onderhawige geval gesteel is by hulle huis aangebring is, word gestaaf deur die gesteelde faksmasjien en ander goedere wat in hulle huis gevind is. Sy het die gesteelde bakkie identifiseer as een van die voertuie waarmee die twee appellante gesteelde goedere by die Vos woning op die aand van die inbraak afgelaai het. Alhoewel hierdie

getuienis gedurende kruisvraging afgewater is na ‘n ‘soortgelyke bakkie’, staan dit vas dat daar die betrokke

aand net een bakkie ter sprake was. Die afleiding is onafwendbaar dat die bakkie wat in Welgemoed gesteel is, gebruik is om die gesteelde goedere te vervoer en af te laai. Mev Vos het getuig dat sy nie weer die betrokke bakkie gesien het nie terwyl Isaacs getuig het dat hy na daardie inbraak dit die eerste keer weer gesien het die aand van 6 Februarie 1996 tydens die lokval.

[21] Indien die getuienis as ‘n geheel gesien word, is die getuienis van die appellante nie redelik moontlik waar nie. Die appellante se getuienis staan in skerp kontras tot die getuienis van Dias, asook die getuienis van Coetzee, Campher en Keet wat deur die verhoorhof aanvaar is. Die staat het bo redelike twyfel bewys dat Vos die gesteelde bakkie wou verkoop en ‘n afspraak

met Isaacs gemaak het om die bakkie aan ‘n voornemende koper te wys. Douman het met die bakkie aangery gekom en hy is arresteer

terwyl hy Dias vir ‘n toetsrit geneem het. Vos en Deppe was nie op die toneel ten einde ‘n wapentransaksie te beklink nie, maar om die bakkie te verkoop. Die bakkie forensies verbind met die bourommel by Douman se huis. Die landdros was dus korrek om die getuienis van die appellante te verwerp.

[22] In ‘n artikel deur B C Naude ‘The probative value of post-offence conduct evidence’ (2012) Vol 33 2 Obiter 320 op 330 bespreek hy welke afleidings gemaak kan word teen ‘n beskuldigde, in gevalle waar bewys word dat hy leuens gedurende die ondersoek van ‘n saak, of daarna, vertel het:

‘Lies can generally be used to used to discredit the accused’s testimony but not to infer guilt. In this regard a distinction can be drawn between “credibility lies” and “probative lies”. In Zoneff v R [[2000] 200 CLR 234 238] Kirby J explains the difference:

“The former are said to be those which, according to their content, affect the credibility of the accused’s evidence and thus the weight which the jury may give to other testimony of the accused. In this sense, a conclusion that the accused has lied upon one matter, even peripheral to the offence charged, may make the jury scrutinise with more care (perhaps scepticism) other testimony given by the accused. It might, in this way, contribute indirectly to the rejection of the accused’s version of critical events and the acceptance of that pronounced by the prosecution. Probative

lies, on the other hand, are those ‘which naturally indicate guilt . . . a hard test to satisfy’ . . . This is a ‘hard

test’ precisely because it is rare that a lie about a particular matter will be so crucial as, of itself, if proved, to establish directly guilt beyond reasonable doubt of a criminal offence.”’

[23] In S v Mtsweni7 het Smalberger WnAR, die impak van leuens van ‘n beskuldigde bespreek en die benadering soos volg uiteengesit:

'Terwyl die leuenagtige getuienis of ontkenning van 'n beskuldigde van belang is wanneer dit by die aflei van gevolgtrekkings en die bepaling van skuld kom, moet daar teen gewaak word om oormatige gewig daaraan te verleen. Veral moet daar gewaak word teen 'n afleiding dat, omdat 'n beskuldigde 'n leuenaar is, hy daarom waarskynlik skuldig is. Leuenagtige getuienis of 'n valse verklaring regverdig nie altyd die uiterste afleiding nie. Die gewig wat daaraan verleen word, moet met die omstandighede van elke geval verband hou. Hierdie benadering is onlangs bevestig in S v Steynberg 1983 (3) SA 140 (A) waarin die denkrigting in R v Mlambo 1957 (4) SA 727 (A) op 738B-D en die aanvaarde uitgangspunt in Goodrich v Goodrich 1946 AD 390 op 396 in oënskou geneem is, en die korrekte toepassing van die Mlambo-benadering toegelig is. By die beoordeling van leuenagtige getuienis deur 'n beskuldigde moet daar, onder meer, gelet word op:

(a) Die aard, omvang en wesenlikheid van die leuens, en of hulle noodwendig op 'n skuldbesef dui.

(b) Die beskuldigde se ouderdom, ontwikkelingspeil, kulturele en maatskaplike agtergrond en stand in soverre hulle 'n verduideliking vir sy leuens kan bied.

(c) Moontlike redes waarom mense hulle tot leuens wend, byvoorbeeld omdat in 'n gegewe geval 'n leuen meer aanneemlik as die waarheid mag klink.

(d) Die neiging wat by sommige mense mag onstaan om die waarheid te ontken uit vrees dat hulle by 'n misdaad betrek gaan word, of omdat hulle vrees dat erkenning van hulle betrokkenheid by 'n voorval of misdaad, hoe gering ook al, gevare inhou van 'n afleiding van deelname en skuld buite verhouding tot die waarheid.'

[24] Pas mens hierdie benadering op die huidige geval toe dan is ek van mening dat die feit dat die appellant as rede vir hulle teenwoordigheid by die stasie ‘n valse verduideliking voorgehou het, daarop dui dat albei bewus was dat die voertuig gesteel was. Dit op sigself regverdig nie die verdere afleiding dat hulle aandadig was aan die huisbraak en diefstal nie. Dit is egter nie die enigste getuienis teen hulle nie.

[25] Mev Vos se getuienis bied stawing vir Isaacs se getuienis dat albei appellante betrokke was by die huisbraak en diefstal van die bakkie en ander goedere, aangesien sy bevestig het dat hulle die gesteelde goedere met ‘n wit bakkie die aand van die inbraak kom aflaai het. Getuienis van sulke resente besit van gesteelde goed laat slegs vir een afleiding ruimte. In S v Mavinini8 is bevind dat die besit van ‘n voertuig binne 24 uur na ‘n roof, tesame met die appellant se optrede en vals nommerplaat op die voertuig, sonder ‘n aanvaarbare verduideliking van sodanige besit, aandui dat hy noodwendig een van die rowers moes gewees het. In die onderhawige geval is die besit van die bakkie deur die appellante binne enkele ure na die huisbraak en diefstal, insgelyks aanduidend van hulle betrokkenheid daarby.

[26] Ek is van mening dat die kumulatiewe effek van die omstandigheidsgetuienis gelees met die getuienis van mev Vos en Isaacs van so aard is dat die staat daarin geslaag het om die skuld van die appellante bo redelike twyfel te bewys.

[27] Gevolglik word die appèl van beide appellante van die hand gewys.

_____

I Schoeman

Waarnemende Appél Regter

Verskynings

Vir Appellant; M Calitz 1ste Appellant

Opdrag deur:

Regshulp Suid-Afrika, Kaapstad

Regshulp Suid-Afrika, Bloemfontein

Vir Respondent: L J Badenhorst

Die Direkteur van Openbare Vervolgings,

Kaapstad

Bloemfontein

1S v Mkohle 1990 (1) SASV 95 (A) te 98 f-g.

2S v Hlapezula & others 1965 (4) SA 439 (A) te 440D-H.

3S v Sauls & others 1981 (3) SA 172 (A) te 180E—G.

4Soos wat ook gebeur het in S v Selebi 2012 (1) SA 487 (HHA) para 22--23 en 84.

5R v Mlambo 1957 (4) SA 727 (A) te 738.

6Die minderheidsuitspraak is met goedkeuring aangehaal in S v Rama 1966 (2) SA 395 (A) te 401C.

7S v Mtsweni 1985 (1) SA 590 (A) op 593I - 594D.

8S v Mavinini 2009 (1) SASV 523 (HHA) para 6.

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Mkohle 1990 (1) SA 95 (A)

Case cited

S v Hlapezula & others 1965 (4) SA 439 (A)

Case cited

S v Sauls & others 1981 (3) SA 172 (A)

Case cited

S v Selebi 2012 (1) SA 487 (SCA)

Case cited

R v Mlambo 1957 (4) SA 727 (A)

Case cited

S v Rama 1966 (2) SA 395 (A)

Case cited

S v Mtsweni 1985 (1) SA 590 (A)

Case cited

S v Steynberg 1983 (3) SA 140 (A)

Case cited

Goodrich v Goodrich 1946 AD 390

Case cited

S v Mavinini 2009 (1) SACR 523 (SCA)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.