Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

S v Dreyer (CA&R26 /2006) [2007] ZANCHC 34 (18 May 2007)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the trial magistrate did not err in law by considering direct imprisonment as an appropriate sentence, but failed to adequately consider alternative sentencing options, particularly in light of the appellant's personal circumstances and comparable cases within the division. The appellant was a first offender, 21 years old, had ceased drug use for eight months prior to sentencing, and had stable employment. The court noted that in two recent similar cases, sentences of imprisonment were replaced with substantial fines and suspended sentences. The court concluded that the sentence of four years' direct imprisonment was disproportionately severe and that a fine, coupled with a suspended sentence, would be appropriate and just in the circumstances.

Court disposition

Appeal against sentence upheld; sentence substituted.

Orders

  • The appeal against sentence succeeds.
  • The sentence of four years' imprisonment is set aside and replaced with a fine of R8000, or 18 months' imprisonment in default of payment.
  • In addition, the appellant is sentenced to two years' imprisonment, wholly suspended for five years on condition that she is not convicted of contravening section 5(b) of Act 140 of 1992 during the period of suspension.
  • The fine of R8000 is to be paid as follows: R4000 within 10 days of this order; R2000 on or before 29 June 2007; R2000 on or before 31 July 2007.

02

Material facts

Parties

Glodina Petronella Dreyer

Appellant Counsel: I J Nel

The State

Respondent Counsel: D P Olivier

Amounts and remedies

  • Fine Imposed: ZAR 8,000
  • Monthly Income of Appellant: ZAR 2,400

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence Only; Leave Granted After Initial Refusal

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
Counsel for the appellant argued that the trial court erred by concluding that only direct imprisonment was permissible, failing to consider alternative sentencing options. It was further contended that the sentence imposed was excessively harsh compared to sentences in similar cases within the division, where fines were imposed for comparable offences.
Respondent
Counsel for the respondent maintained that the seriousness of the offence justified the sentence of direct imprisonment. The respondent argued that the trial court properly exercised its discretion, considering the prevalence and societal impact of drug offences, and that the sentence was consistent with judicial precedent.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Charles David (citation not provided)

    Sentencing must be individualized and proportionate, taking into account both aggravating and mitigating circumstances, and comparable sentences in similar cases serve as a guideline but do not bind the court.

  2. 02

    S v Pamela Pain CA&R 67/06 (unreported, Northern Cape High Court, 19 June 2006)

    Direct imprisonment is not mandatory for all drug trafficking offences; courts must consider all sentencing options and justify the exclusion of alternatives.

  3. 03

    S v Radebe CA&R 75/06 (unreported, Northern Cape High Court, 2 March 2007)

    Consistency in sentencing promotes fairness, but each case must be assessed on its own merits.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the trial magistrate did not err in law by considering direct imprisonment as an appropriate sentence, but failed to adequately consider alternative sentencing options, particularly in light of the appellant's personal circumstances and comparable cases within the division. The appellant was a first offender, 21 years old, had ceased drug use for eight months prior to sentencing, and had stable employment. The court noted that in two recent similar cases, sentences of imprisonment were replaced with substantial fines and suspended sentences. The court concluded that the sentence of four years' direct imprisonment was disproportionately severe and that a fine, coupled with a suspended sentence, would be appropriate and just in the circumstances.

Obiter and limits

  • The court cautioned against rigidly standardizing sentences for drug offences, emphasizing that each matter must be decided on its own facts and merits.
  • The prevalence of drug offences and their destructive impact on families and communities remain aggravating factors, but must be balanced against the offender's personal circumstances and prospects for rehabilitation.

Court disposition

Appeal against sentence upheld; sentence substituted.

  • The appeal against sentence succeeds.
  • The sentence of four years' imprisonment is set aside and replaced with a fine of R8000, or 18 months' imprisonment in default of payment.
  • In addition, the appellant is sentenced to two years' imprisonment, wholly suspended for five years on condition that she is not convicted of contravening section 5(b) of Act 140 of 1992 during the period of suspension.
  • The fine of R8000 is to be paid as follows: R4000 within 10 days of this order; R2000 on or before 29 June 2007; R2000 on or before 31 July 2007.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2007] ZANCHC 34

Reportable: YES/NO

Circulate to Judges: YES/NO

Circulate to Magistrates: YES/NO

Circulate to Regional Magistrates: YES/NO

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(NOORD-KAAPSE AFDELING)

KIMBERLEY

SAAK NO.: CA&R26 /2006

DATUM: 18-05-2007

In die Appèl van:

GLODINA

PETRONELLA DREYER APPELLANT

teen

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM: WILLIAMS R et OLIVIER R:

UITSPRAAK

WILLIAMS R:

1. Die appellant is op 31 Augustus 2005 in die Landdroshof te Kimberley skuldig bevind op twee aanklagte van handel in dwelms. Op die eerste aanklag is bevind dat sy handel gedryf het in 0.85g kokaïne (‘n oortreding van artikel 5(b) van Wet 140 van 1992) en is sy gevonnis tot vier jaar gevangenisstraf.

2. Op die tweede aanklag is bevind dat sy handel gedryf het in twee ecstasy tablette en is sy gevonnis tot ‘n boete van R2000, 00 of een jaar gevangenisstraf plus ‘n verdere een jaar voorwaardelik opgeskorte gevangenisstraf.

3. Aansoek om verlof om te appelleer teen beide skuldigbevindings en die vonnisse opgelê was onsuksesvol. Op petisie na hierdie Hof is verlof wel verleen om slegs teen die vonnis op die eerste aanklag (handel in kokaïne) te appelleer.

4. Die appellant is gearresteer en aangekla op hierdie klag nadat sy kokaïne verskaf het aan ‘n agent van die Suid-Afrikaanse Polisie Diens tydens ‘n bedekte dwelmprojek genaamd “Operation Candy”.

5. Die agent, ene Jacobus Fourie, het by ‘n plaaslike nagklub, Roxannes gewerk, eers as kroegman en daarna as bestuurder. In sy hoedanigheid as sulks het hy oor ‘n tydperk van ‘n paar maande agtergekom dat die appellant, wat die nagklub gereeld besoek het, bestellings vir dwelmmiddels geneem het vanaf sekere van die nagklub se besoekers, geld gekollekteer het en later aan hulle die dwelmiddels verskaf het.

6. Op die betrokke aand het Fourie, met R440, 00 wat hy van sy hanteerder ontvang het vir hierdie doel en ‘n bandopnemer in sy sak, die appellant genader en versoek om 2 gram kokaïne aan hom te verskaf. Na onderhandelinge oor die prys van die kokaïne het die appellant, wat aanvanklik R250, 00 per gram wou hê, ingestem tot R220, 00 per gram. Sy het die nagklub verlaat en later teruggekeer met die kokaïne wat sy gekoop het by ‘n Nigeriër wat in die middestad handel gedryf het. Dit blyk egter dat hier slegs 0.85 gram kokaïne betrokke is.

7. Mnr. Nel, wat namens die appellant verskyn het, het in sy betoogshoofde aangevoer dat hierdie Hof by magte is om op appél in te meng met die vonnis die appellant opgelê aangesien:

a) die verhoorhof ‘n mistasting begaan het deur tot die gevolgtrekking te kom dat hy slegs gevangenisstraf kon oplê; en

b) die vonnis buitensporig swaar is in vergelyking met die vonnisse opgelê in ander soortgelyke sake van hierdie Afdeling.

8. Die mistastingsargument deur mnr. Nel aangevoer, is gebaseer op die bevinding van die verhoorlanddros in die vonnisuitspraak dat:

“. . . die hof het nie ‘n keuse as om gevangenisstraf op te lê nie in hierdie geval nie, want dit moet as afskrikking dien ook vir die res van persone wat met hierdie gevaarlike stof betrokke is.”

9. Hierdie bevinding van die verhoorhof moet egter nie in isolasie geavuleer word nie. Dit kom ná die verhoorhof gehandel het met gesag wat die erns waarmee die howe hierdie tipe misdryf bejeën, uitlig. Die landdros verwys voorts na ‘n saak wat voor hom gedien het, S v Charles David (korrekte verwysing onbekend), waar die vonnis van 6 jaar gevangenisstraf vir ‘n 21 jarige beskuldigde vir handeldryf in 1.514 gram kokaïne deur hierdie Hof op hersiening bekragtig is en voer hy aan:

“Dit toon aan dat die Hooggeregshof van die Noord-Kaap is tevrede dat kokaïne gestraf moet word waar dit 1.51 gram is met ses (jaar) gevangenisstraf. Dus gee hy ook hierdie hof leiding daarmee.”

10. Verder aan in die vonnisuitspraak meld die landdros egter:

“Die hof is van oordeel dat nadat alle vonnis opsies oorweeg is, sal die hof sy plig versuim teenoor die gemeenskap as hy nie tronkstraf oplê nie. Daar is te veel hartseer in families en daar is te veel skade wat gerig word deur middel hiervan. Die publiek moet ook beskerm word.”

11. Na aanleiding van die voorafgaande is ek nie van mening dat die landdros hom magteloos geag het om enige ander vonnisopsie te oorweeg behalwe direkte gevangenisstraf nie en dus só ‘n mistasting begaan het nie. Wat wel na vore kom uit die vonnisuitspraak is dat die landdros na aanleiding van die heersende gesag op daardie tydstip en die verwoestende effek van hierdie tipe misdryf op die gemeenskap van mening was dat direkte gevangenisstraf die gepaste vonnis is.

12. Indien daar ‘n “mistasting” van enige aard was, mag dit geleë wees in die feit dat daar moontlik nie genoegsaam oorweging gegee is aan ander vonnisopsies nie, maar sal so ‘n mistasting nie noodwendig daartoe lei dat die vonnis verwerplik is nie.

13. Die tweede punt geopper deur Mnr. Nel het na my mening veel meer meriete. Ná die huidige saak in die distrikshof afgehandel is het daar ten minste twee soortgelyke sake in hierdie Afdeling op appél gedien en is die vonnisse opgelê in die distrikshof ter syde gestel en vervang met boetevonnisse.

14. In S v Pamela Pain CA&R 67/06, ‘n ongerapporteerde uitspraak van hierdie Afdeling gelewer op 19 Junie 2006 is die appellant, ‘n 26 jarige eerste oortreder en enkelouer, se skuldigbevinding aan handel in 0.98 gram kokaïne en vonnis van 4 jaar gevangenisstraf waarvan 2 jaar voorwaardelik opgeskort is op appél tersyde gestel en vervang met ‘n skuldigbevinding aan besit van 0.98 kokaïne en is sy gevonnis tot ‘n boete van R6000, 00, alternatiewelik een jaar gevangenisstraf. Sy is verder addisioneel gevonnis tot een jaar gevangenisstraf voorwaardelik opgeskort vir 5 jaar.

15. Wat interessant is omtrent die Pain saak hierbo genoem, is dat die appellant daarin ‘n vriendin is van die huidige appellant, deel van haar dwelmvriendekring was en ook in die dieselfde projek “Operation Candy” deur dieselfde agent vasgetrek is. Waar die Pain saak egter verskil van die huidige is dat die skuldigbevinding aan handel op appél vervang is met die mindere misdryf van besit van kokaïne. Pain het ook in die distrikhof skuldig gepleit en meer versagtende omstandighede voorgelê.

16. In S v Radebe, ‘n ongerapporteerde uitspraak van hierdie Afdeling onder saaknommer CA&R 75/06, gelewer op 2 Maart 2007, is die appellant, ‘n 28 jarige eerste oortreder, se vonnis van 4 jaar gevangenisstraf vir handel in kokaïne (die presiese gewig is nie aangedui nie, maar word dit beskryf as 10 “rocks” kokaïne wat gekoop is teen R600, 00) verander op appél tot ‘n boete van R10 000, alternatiewelik 2 jaar gevangenisstraf. Hy is ook addisioneel gevonnis tot 2 jaar gevangenisstraf wat in geheel opgeskort is vir 3 jaar.

17. In die Radebe saak hierbo genoem, is die appellant ook met behulp van ‘n polisielokvink in die opvolgprojek tot “Operation Candy” vasgetrek. Dit wil voorkom bloot op grond van die prys van die kokaïne, in daardie geval R600, 00, dat die gewig daarvan ietwat meer kon wees as die onderhawige geval waar R440, 00 betaal is vir 0.85 gram kokaïne. Hoe dit ookal sy, wat verswarend is in die Radebe saak is dat die appellant sonder skroom die dwelmmiddels verkoop het aan ‘n onbekende persoon (die polisielokvink).

18. Ek bedoel nie om deur ‘n vergelyking met die twee bogenoemde sake gestandardiseerde vonnisse vir soortgelyke misdrywe voor te staan nie. Elke saak moet op sy eie meriete beoordeel word. Beskuldigdes se persoonlike omstandighede, motivering ens, sal uiteraard verskil en ‘n rol speel met vonnisoplegging. Tog is die vonnisse opgelê in soortgelyke sake ‘n belangrike en handige riglyn wanneer dit kom by die bepaling daarvan of ‘n vonnis skokkend swaar of onvanpas is.

19. In die onderhawige geval was die appellant 21 jaar oud ten tye van vonnisoplegging. Sy is ‘n eerste oortreder. Tydens vonnisoplegging het sy reeds vir 8 maande nie meer dwelms gebruik nie. Sy het ook vaste werk gehad, op daardie stadium by ‘n gastehuis. Wat verder versagtend is, is dat die appellant, dit is ook so deur die verhoorhof aanvaar, slegs dwelms aan haar vriendekring verskaf het.

20. Wat wel as verswarend aangemerk kan word teen die appellant is dat sy nie oop kaarte met die hof gespeel het nie. Alhoewel sy erken het dat sy dwelmmiddels vir haar vriende gekoop het, het sy ontken dat sy die kokaïne aan die agent verskaf het. Hierdie is ook geensins ‘n geïsoleerde insident nie. Die getuienis van die agent was dat hy haar op ‘n stadium voordat die optrede in werking gestel is, gewaarsku het dat sy in die moeilikheid sal beland met haar dwelmaktiwiteite. Sy het nogtans daarmee voortgegaan.

21. Ek is egter tog van mening, inaggenome die persoonlike omstandighede van die appellant en die vonnisse opgelê in die Pain en Radebe sake hierin na verwys, dat die vonnis van 4 jaar gevangenisstraf die appellant opgelê buitensporig swaar is. Na my mening is ‘n boetevonnis ook in die onderhawige geval gepas.

22. Mnr. Nel het meegedeel dat die appellant reeds omtrent 5 maande in die gevangenis deurgebring het alvorens sy op borg hangende appél vrygelaat is. Sy het ook intussen weer werk bekom by ‘n besigheid wat tweedehandse motorvoertuie verkoop en verdien R2400, 00 per maand. Haar werkgewer is ook bereid om behulpsaam te wees met die afbetaling van ‘n boete.

In die omstandighede word die volgende bevele gemaak.

a) Die appél teen vonnis slaag.

b) Die opgelegde vonnis word met die volgende vervang:

“Die beskuldigde word gevonnis tot ‘n boete van R8000, 00, alternatiewelik 18(agtien) maande gevangenisstraf. Addisioneel hiertoe word sy gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf, in geheel opgeskort vir 5 (vyf) jaar op voorwaarde dat sy nie skuldigbevind word aan ‘n oortreding van artikel 5(b) van Wet 140 van 1992 (handel in gevaarlike afhanklikheidsvormende stof) gepleeg gedurende die periode van opskorting nie.

c) Die boete van R8000, 00 moet betaal word as volg:

- R4000, 00 binne 10 dae van hierdie bevel;

- R2000, 00 voor op op 29 Junie 2007

- R2000, 00 voor of op 31 Julie 2007

________

C.C.

WILLIAMS

REGTER

Ek stem saam.

_______

C.

J OLIVIER

Nms. Appellant: Adv. I J Nel

Nms. Respondent: Adv. D P Olivier

Datum aangehoor: 23-04-2007

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Charles David (citation not provided)

Case cited

S v Pamela Pain CA&R 67/06 (unreported, Northern Cape High Court, 19 June 2006)

Case cited

S v Radebe CA&R 75/06 (unreported, Northern Cape High Court, 2 March 2007)

Case cited

Drugs and Drug Trafficking Act 140 of 1992

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.