S v Du Plessis (A45/16) [2016] ZAGPPHC 60 (28 January 2016)
- Citation
- [2016] ZAGPPHC 60
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- North Gauteng High Court, Pretoria
- Panel
- A. A. Louw, R. G. Tolmay
- Case number
- A45/16
More details
- Court
- North Gauteng High Court, Pretoria
- Panel
- A. A. Louw, R. G. Tolmay
- Case number
- A45/16
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The High Court found that Imoné du Plessis was not informed of the consequences of paying an admission of guilt fine, namely that it would result in a criminal conviction and record. This omission constituted a failure of justice and an infringement of her right to a fair trial. The court relied on precedent (S v Claasen, S v Gilgannon, S v Tong) which established that such convictions must be set aside where the accused was not properly informed. The court held that the same principles apply to fines paid after appearance in court under section 57A. Accordingly, the conviction and sentence were not in accordance with justice and were set aside under section 304(4) of the Criminal Procedure Act.
Court disposition
Conviction and sentence set aside; admission of guilt fine to be refunded.
Orders
- The conviction and sentence of the accused as confirmed by the magistrate Nelspruit on 30 May 2013 are set aside.
- The admission of guilt fine of R800 must be refunded to the accused.
02
Material facts
Parties
The State
ApplicantImoné du Plessis
Respondent Counsel: Jan CoetzeeAmounts and remedies
- Admission of Guilt Fine: ZAR 800
03
Procedural history
Posture
Special Review Application / High Court Special Review Under Section 304(4) of the Criminal Procedure Act
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the accused was properly informed of the consequences of paying an admission of guilt fine.
- 02
Whether the admission of guilt fine resulted in an unlawful criminal conviction and record.
- 03
Whether the conviction and sentence should be set aside under section 304(4) of the Criminal Procedure Act.
Party arguments
- Applicant
- The accused, Imoné du Plessis, paid an admission of guilt fine for negligent driving without being informed that this would result in a criminal conviction and record. She was not advised by her attorney, the prosecutor, or the magistrate of these consequences. The payment was made to avoid the stress of a trial, under the mistaken belief that it was akin to a traffic fine. The resulting criminal record has negatively impacted her career as a teacher, including loss of employment opportunities and inability to obtain necessary permits.
- Respondent
- The State, through the senior magistrate, referred the matter for special review, noting that there was no indication in the court documents that the accused had been informed of the consequences of paying the admission of guilt fine. Reference was made to comparable cases (S v Claasen, S v Gilgannon, S v Tong) where convictions were set aside due to lack of proper information given to the accused regarding the criminal record consequences.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Claasen 2012 JDR 2524 (FB)
An accused must be properly informed of the consequences of paying an admission of guilt fine, including the fact that it results in a criminal conviction and record.
- 02
S v Gilgannon 2013 JDR 2121 (GSJ)
Failure to inform the accused of the criminal record consequence infringes the right to a fair trial and may justify setting aside the conviction and sentence.
- 03
Criminal Procedure Act 51 of 1977, section 304(4)
Section 304(4) of the Criminal Procedure Act empowers the High Court to set aside a conviction and sentence not in accordance with justice.
- 04
S v Tong 2013 (1) SACR 346 (WCC)
The same ratio applies to admission of guilt fines paid after appearance in court under section 57A as to those paid before appearance under section 57.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The High Court found that Imoné du Plessis was not informed of the consequences of paying an admission of guilt fine, namely that it would result in a criminal conviction and record. This omission constituted a failure of justice and an infringement of her right to a fair trial. The court relied on precedent (S v Claasen, S v Gilgannon, S v Tong) which established that such convictions must be set aside where the accused was not properly informed. The court held that the same principles apply to fines paid after appearance in court under section 57A. Accordingly, the conviction and sentence were not in accordance with justice and were set aside under section 304(4) of the Criminal Procedure Act.
Obiter and limits
- It is a serious consequence for someone to pay an admission of guilt fine without understanding that it results in a criminal conviction.
- The failure to inform the accused of the criminal record consequence infringes the right to a fair trial.
- There is no reason why the same ratio should not apply to admission of guilt fines paid after appearance in court under section 57A as to those paid before appearance under section 57.
Court disposition
Conviction and sentence set aside; admission of guilt fine to be refunded.
- The conviction and sentence of the accused as confirmed by the magistrate Nelspruit on 30 May 2013 are set aside.
- The admission of guilt fine of R800 must be refunded to the accused.
Source and reliance status
North Gauteng High Court, Pretoria
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
North Gauteng High Court, Pretoria
Judgment
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
GAUTENG AFDELING,
PRETORIA
A45/16
28/01/2016
NOT REPORTABLE
NOT OF INTEREST TO OTHER
JUDGES
REVISED
Hooggeregshofverwys. 418/2015
Landdros se reeks nr.: SH15/2015
Saaknommer: 1806/2012
DIE STAAT v IMONÉ DU PLESSIS
SPESIALE
HERSIENINGSUITSPRAAK
A. A. LOUW R
[1] Hierdie saak is op spesiale hersiening in terme van a 304(4) van die Strafproseswet, 51 van 1977, gestuur deur die senior landdros van Nelspruit, Mnr A van der Merwe.
[2] Onder die omstandighede wat hieronder sal blyk, het Me du Plessis op 'n klagte van nalatige bestuur 'n skulderkenningsboete van R800 betaal. Sy het nie beset dat dit as 'n vorige veroordeling teen haar aangeteken sou word nie. Die geagte landdros vermeld ook in sy brief van 13 Augustus 2015 soos volg:
“The court documents contain no indication that the accused had been informed of the consequences which might follow upon the payment of an admission of guilt fine."
[3] Nadat sy die boete betaal het op 3 Oktober 2012 is die volgende sake besIis:
S v Claasen 2012 JDR 2524 (FB)
S v Gilgannon 2013 JDR 2121 (GSJ)
[4] Mnr van der Merwe verwys ons na gemelde sake en versoek dat die saak op spesiale hersiening mee gehandel sal word ooreenkomstig die reg.
[5] In haar beedigde verklaring gedateer 24 Julie 2015 verklaar lmone du Plessis, die beskuldigde, as volg:
"1. Ek is die beskuldigde in bovermelde saak, 'n meerderjarige onderwyseres van beroep, en beklee tans 'n permanente pas by Barberton Laerskool in diens van die Nasionale Departement van Onderwys en die administrasie van my pas word behartig deur die Streekkantoor van Onderwys te Nelspruit.
2. Die feite hierin vervat val binne my persoonlike wete en kennis en is na die beste van my wete, waar en korrek.
3. Ek le hierdie verklaring af sodat die vonnis teen my, bekragtig deur bostaande agbare hot uit hoofde van 'n skulderkenningboete deur my betaal, soos hierin later volledig beskryf, op spesiale hersiening geneem kan word ooreenkomstig die bepalings van artikel 304( 4) van Die Strafproseswet, Wet nr 51 van 1977, soos gewysig.
4. Agtergrondfeite
4.1. Ek was gedagvaar om in die landdroshof Nelspruit te verskyn op 30 Augustus 2012 op grand van 'n motorongeluk waarin ek betrokke was op 1 Maart 2012 op die R40 hoofpad tussen Nelspruit en Barberton.
4.2. Die aanklag was dat ek artikel 63(1) gelees met artikel 1, 63(2), 69, 73, 89(1) en 89(5) van die Nasionale Padverkeerswet Nr 93 van 1996 (Nalatige Bestuur) oortree het.
4.3. Die ongeluk het plaasgevind toe ek van agter in 'n stilstaande vragmotor vasgery het, terwyl dit geen agterligte vertoon het of sander dat waarsku-tekens uitgesit was, en wat my aanbetref op die padoppervlak in die middel van die pad geparkeer was.
4.4. Ek het in die hof verskyn op 27 Augustus 2012 voor Meneer EJ Hall en was verteenwoordig deur my prokureur Meneer Jan Coetzee. Die saak was uitgestel tot 3 Oktober 2012 sodat 'n voorlegging gedoen kon word met die oog op terugtrekking van die aanklag.
4.5. Ek was later deur my prokureur meegedeel dat die Senior Staatsaanklaer wel beslis het dat die saak moet voortgaan. Daar het toe onderhandeling plaasgevind tussen my prokureur Meneer Coetzee en die Senior Staatsaanklaer met die oog op die betaling van 'n skulderkenning omdat ek bang was om in 'n ope hof te verskyn en 'n verhoor te deurloop. Ek was op daardie stadium nag nooit betrokke in 'n hofsaak en weens die omstandighede van die vreemde omgewing het ek ingestem om liewer 'n skulderkenning te betaal om sodoende die saak agter die rug te kry. Ek was egter ook nie vertroud met die administratiewe proses of die regsgevolge van 'n skulderkenning nie. Ek het dit beskou soos 'n verkeersboete wat ek sou betaal om die saak agter die rug te kry.
4.6. Ek het nooit self met die Staatsaanklaer onderhandel en was ook nooit in gesprek met Landdros Hall wat uiteindelik die skulderkenning bekragtig het nie, en was nooit ingelig dat die skulderkenning aangeteken sou word as 'n vorige kriminele oortreding nie. Meneer Coetzee het my ook nie daaroor ingelig nie. Die ooreengekome bedrag van die skulderkenning was deur my aan Meneer Coetzee oorbetaal en hy het die inbetaling daarvan behartig. Ek kan nie onthou dat ek ooit iets in verband daarmee geteken het nie.
4.7. Ek het daama aansoek gedoen vir 'n onderwyspos by 'n privaatskool Curro te Nelspruit. Ek was egter geskakel en gevra om my aansoek terug te trek aangesien ek nie kwalifiseer nie omdat dit vasgestel was dat ek 'n vorige kriminele oortreding begaan het naamlik nalatige bestuur. Dit is hoe ek dan vasgestel het dat die skulderkenning 'n vorige veroordeling tot gevolg gehad het. Die
vorige veroordeling verhoed verdere aanstelling of moontlike bevordering terwyl ek nie daarvan bewus was dat die skulderkenning
sou uitloop op 'n kriminele veroordeling teen my naam nie.
4.8. lndien ek bewus was daarvan dat die skulderkenning 'n kriminele rekord tot gevolg sou he en indien my regte in hierdie verband volledig aan my verduidelik was, sou ek liewer bereid gewees het om die hofproses van 'n verhoor te deurloop ten spyte van my vrees vir die onbekende proses van 'n hofsaak. Ek was deurentyd onder die indruk dat ek my nie skuldig gemaak het aan nalatigheid met betrekking tot die ongeluk nie en dat ek 'n geldige verweer gehad het waarom die ongeluk plaasgevind het.
4.9. Ek beset nou dat die betaling van die skulderkenning 'n diepgaande invloed op my loopbaan in die onderwys sal hê aangesien ek nie in aanmerking kom vir enige ander pas of bevordering nie. 'n Gewaarmerkte afskrif van die getyste vorige veroordeting word aangeheg.
4.
10. Daar word van onderwysers verwag om van tyd tot tyd kinders te vervoer in skootverband. Die onderwyser moet dan in besit wees van 'n Openbare Bestuurspermit, uitgereik deur 'n tisensie-owerheid. Dit sat nie vir my moonttik wees om suksesvot daarvoor aansoek te doen indien die vorige veroordeting
teen my aangeteken is nie. Dit sat my bruikbaarheid as onderwyseres benadeel en my in 'n slegte fig stet."
[6] Daar is ook 'n bevestigende beedigde verklaring deur haar prokureur, Mnr Jan Coetzee, waarin hy in par 7 die volgende se:
"Sy het nie die gevotge wat die betaling van erkenning van skuld op haar kriminete rekord beset nie. Dit was nie deur 'n lid van die Suid-Afrikaanse Potisiediens, of deur die hof of deur die staatsaanktaer aan haar verduidetik nie. Ek het dit oak nie aan haar verduidetik nie want ek was nie daarvan bewus dat wanneer 'n skutderkenning vanaf 'n potisiedossier gedoen word, die oortreding dan as 'n vorige veroordeling aangemeld word nie."
[7] A 57 van die Strafproseswet handel met die erkenning van skuld en betaling van boete sender 'n verskyning in die hof. In hierdie geval is a 57A van toepassing. Dit handel met die erkenning van skuld en die betaling van 'n boete na verskying in die hof. A 57A is slegs van toepassing in die tydperk nadat die beskuldigde in die hof verskyn het en voordat die beskuldigde gepleit het. Dit gee aan die staatsaanklaer die mag om 'n kennisgewing met 'n endossement ingevolge a 57 van die Strafproseswet aan die beskuldigde te oorhandig of om so 'n kennisgewing deur 'n vredesbeampte by die beskuldigde te laat aflewer, met die inhoud dat die beskuldigde
sy of haar skuld ten opsigte van die betrokke misdryf kan erken en dat hy of sy 'n bepaalde boete ten opsigte daarvan kan betaal sander om weer in die hof te verskyn.
[8] In terme van a 57A(4) word onder andere die bepalings van a 57(7) van die Strafproseswet van toepassing gemaak. Hierdie subartikel gee aan die landdros 'n spesiale hersieningsbevoegdheid waarin die landdros in die geval van 'n skulderkenningsboete voor verskyning in die hof, so 'n skuldigbevinding en vonnis tersyde kan stel, indien die landdros van mening is dat dit nie ooreenkomstig die reg geskied het nie.
[9] In hierdie geval is die skulderkenningsboete in terme van a 57(7) deur 'n landdros bekragtig oftewel bevestig op 30 Mei 2013. Soos die beskuldigde in haar eedsverklaring vermeld is dit eers toe sy aansoek gedoen het vir 'n onderwyspos by 'n privaatskool dat sy uitgevind het dat sy 'n rekord het vir 'n vorige kriminele oortreding naamlik nalatige bestuur.
[10] Die sake van Claasen en Gilgannon asook die saak van Staat v Tong [2013(1) SACR 346 (WCC)] is in alle opsigte vergelykbaar met die huidige saak behalwe dat in daardie sake die skulderkenningsboete betaal is voor die verskyning in die hof. Die wesenlike feit wat egter gemene deler is tussen daardie sake en hierdie een is dat in al die gevalle die beskuldigde nie meegedeel is daarvan dat die skulderkenningsboete die gevolg sal he van 'n rekord vir 'n kriminele oortreding nie. In Claasen is die beskuldigde inderdaad uitdruklik deur die polisie meegedeel dat die gevolg van die skulderkenningsboete nie sou lei tot 'n rekord van 'n vorige veroordeling nie. In Gilgannon is die volgende gese:
"[15] It is a very serious consequence for someone to pay an admission of guilt fine and have no understanding that he will thereafter carry a criminal conviction. As stated by Henney J in Parsons supra this too is an infringement of the right to a fair trial."
[11] Daar is natuurlik geen rede hoekom dieselfde ratio as in a 57 gevalle nie ook moet geld in a 57A gevalle nie.
[12] Gevolglik is die skuldigbevinding en vonnis nie ooreenkomstig die reg nie en moet dit tersyde gestel word in terme van 304(4) van die Strafproseswet.
[13] Gevolglik word die volgende bevel gemaak:
1. Die beskuldigde se skuldigbevinding en vonnis soos deur die landdros Nelspruit bekragtig op 30 Mei 2013 word tersyde gestel.
2. Die skulderkenningsboete van R800 moet aan die beskuldigde terugbetaal word
______
A. A. LOUW
REGTER VAN DIE
HOOGGEREGSHOF
Ek stem saam
R. G. TOLMAY
R.G. TOLMAY REGTER VAN
DIE HOOGGEREGSHOF
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.