Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Dumpies (442/91) [1992] ZASCA 233 (27 November 1992)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appellate court found that the trial court had misdirected itself by relying on speculative and unsupported theories about the appellant's personality and risk to society, without the benefit of expert evidence. The trial court's approach to sentencing was influenced by assumptions not justified by the evidence, particularly regarding the appellant's alleged lack of remorse and the supposed danger he posed. The appellate court noted that the household context was complex and that the deceased was not an innocent child but had a problematic relationship with the appellant. The mitigating factors, including the appellant's physical disability, psychological stress, impulsivity, and alcohol consumption, were significant and warranted a reduction in sentence. The appellate court accordingly substituted the sentence of 15 years' imprisonment with one of 10 years.

Court disposition

Appeal succeeds to the extent that the sentence is reduced from fifteen years to ten years' imprisonment.

Orders

  • The sentence imposed by the trial court on 30 August 1989 is set aside and replaced with a sentence of ten (10) years' imprisonment.

02

Material facts

Parties

Adriaan Duimpies

Appellant

The State

Respondent

Amounts and remedies

  • Original Sentence (years Imprisonment): 15
  • Substituted Sentence (years Imprisonment): 10

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence Only, Leave Granted by This Court

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the trial court erred in its assessment of mitigating circumstances, particularly regarding his physical disability, psychological state, and the nature of his relationship with the deceased. He contended that the sentence of 15 years' imprisonment was excessive and not justified by the evidence, especially as the trial court relied on speculative reasoning about his personality and future risk without expert testimony.
Respondent
The State maintained that the sentence was appropriate given the gravity of the offence, the violent nature of the act, and the appellant's alleged history of aggression. The respondent argued that the trial court was entitled to draw inferences from the evidence and that the mitigating factors did not outweigh the seriousness of the crime.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Blom 1939 AD 188

    A court must base its findings regarding an accused's personality and future risk on evidence, not speculation or matters outside judicial knowledge.

  2. 02

    General principles of South African criminal sentencing law

    Mitigating circumstances must be properly weighed against the gravity of the offence when determining sentence.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appellate court found that the trial court had misdirected itself by relying on speculative and unsupported theories about the appellant's personality and risk to society, without the benefit of expert evidence. The trial court's approach to sentencing was influenced by assumptions not justified by the evidence, particularly regarding the appellant's alleged lack of remorse and the supposed danger he posed. The appellate court noted that the household context was complex and that the deceased was not an innocent child but had a problematic relationship with the appellant. The mitigating factors, including the appellant's physical disability, psychological stress, impulsivity, and alcohol consumption, were significant and warranted a reduction in sentence. The appellate court accordingly substituted the sentence of 15 years' imprisonment with one of 10 years.

Obiter and limits

  • The court observed that the trial court's reliance on the absence of remorse and the alleged betrayal of those who cared for the appellant was not supported by the evidence.
  • The court noted that the lack of expert psychological or psychiatric testimony left the trial court's conclusions about the appellant's mental state speculative.
  • The court remarked that the household environment was rough and that the deceased was not entirely innocent, which should be considered in assessing the appellant's culpability.

Court disposition

Appeal succeeds to the extent that the sentence is reduced from fifteen years to ten years' imprisonment.

  • The sentence imposed by the trial court on 30 August 1989 is set aside and replaced with a sentence of ten (10) years' imprisonment.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1992] ZASCA 233

CG SAAKNOMMER: 442/91

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING)

In die saak van:ADRIAAN DUIMPIES AppellantenDIE STAAT Respondent

CORAM: HEFER, F H GROSSKOPF et VAN DEN HEEVER ARR AANGEHOOR: 23 NOVEMBER 1992 GELEWER: 27 NOVEMBER 1992

UITSPRAAK VAN DEN HEEVER AR

2

Hierdie appél dien voor ons uit hoofde van verlof daartoe deur hierdie hof en gaan slegs oor vonnis.Appellant is op 30 Augustus 1989 skuldig bevind deur Lategan R en assessore aan moord met versagtende omstandighede en gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf.Die moord was bisar soos ook die agtergrond waarteen dit gepleeg is. Appellant is vir praktiese doeleindes blind. Hy het een kunsoog en die gesig van die ander is minimaal. Sy verlies is ongeveer 14 jaar voor die gebeure waaroor getuig is by die verhoor veroorsaak in die loop van sy werk as sweiser. Hy het 'n ongeskiktheidstoelae van die Staat ontvang.In Junie 1988 het hy gebly by Keeromstraat 185, Eersterivier. Volgens Louisa Adams was dit haar moeder se huis, maar het sy, Louisa, die huishouding waargeneem. (Dat sy dit gedoen het, is deur appellant betwis. Hy beweer dat sy in Khayelitsha bly en slegs

3

daar by haar moeder kuier wanneer dit betaaldag vir welsynstoelaes is.) Behalwe Louisa self, indien sy wel daar bly, weet ons van die volgende inwoners: Louisa se houman (of volgens appellant, dan, vorige houman) Solly Adams wat 'n huisbewoner was, hulle kind Goliath Adams, oud ongeveer 15 jaar; Sandra Crotz, die kind van Louisa se suster Sylvia; Miriam Crotz, die dogter van Johannes Coater, ook bekend as Tiger; en appellant. Hy het vroeër vir jare met Sylvia as man en vrou by dié gesin Crotz ingewoon. Hoewel sy reeds van 'n ander man met Sandra swanger was toe hulle verhouding begin, het hy dié kind as sy eie aanvaar. Appellant se verhouding met Sylvia het tot 'n einde gekom en hy is daar weg en sy blykbaar ook inmiddels, maar hy het met tussenposes, die laaste keer ongeveer sewe maande vroeër, weer teruggekom. Hy sê hy het agter "sy kind" aangetrek. Aanvanklik het hy en Goliath in die kombuis geslaap, maar in die begin van Junie 1988 het hy uitgetrek na 'n hokkie buite, wat net die breedte van die deur is en 24 meter lank. In die derde week van Junie het Goliath Saands by hom daar aangesluit. Gedurende die vroeë oggend van Donderdag 23 Junie het appellant vir Goliath in die hokkie keelafgesny, waarna hy hom by die polisie wou aanmeld. Op pad het hy 'n aankomende voertuig gestop, wat toevallig juis dié was van polisie op patrollie in die buurt. Hy het 'n bebloede mes aan hulle

oorhandig en die adres waar hy iemand gedood het, verstrek. Die polisie het hom opgelaai en is na die perseel. Oorledene het op sy linker sy gelê, maar met sy gesig na bo. Komberse was oor sy kop getrek. Toe dit weggetrek word sien konstabel Du Raan dat bloed nog by sy strottehoof uitpomp. Hy was ten volle geklee. Appellant het na drank geruik, maar nie geslinger of merkbaar abnormaal gepraat nie. Om ongeveer 3 vm is hy na die distriksgeneesheer geneem vir die trek van 'n bloedmonster. Dit het getoon dat die konsentrasie alkohol in sy bloed 0,2 was.

Op die toneei het hy 'n verklaring aan

5 speurder-sersant Cloete gemaak. Hy het dieselfde dag 'n verklaring voor 'n landdros afgelê wat ingehandig is by die verhoor as bewysstuk C. Sersant Cloete het aan hom uitgewys dat dit in sommige opsigte nie strook met wat hy mondelings op die toneel aan Cloete gesê het nie, of wat die polisie in die hokkie gesien en die oggend gefotografeer het. Appellant het toe 'n verdere verklaring afgelê, bewysstuk E. Op 16 Augustus 1988 het hy in die landdroshof by verrigtinge ingevolge a 119 van die Strafproseswet nr 51 van 1977 skuldig gepleit op 'n aanklag van strafbare manslag. Sy antwoorde op ondervraging is bewysstuk D. Hy is mettertyd meegedeel dat die prokureur-generaal besluit het om hom in die Hooggeregshof aan te kla vir moord, en toe die saak uitgestel is in afwagting van 'n Hooggeregshof datum, het hy sy vorige erkenning dat hy Goliath se dood veroorsaak het, verloën. Hy het in sy getuienis by die verhoor verduidelik dat persone waar hy verhoorafwagtend aangehou is, hom bang gepraat het vir "die tou", daarom6 het hy skielik ontken dat hy oorledene se dood veroorsaak het. By die verhoor het hy nog verdere weergawes gegee van die gebeure wat oorledene se dood voorafgegaan het. Nadat hy skuldig bevind is, het hy nie verdere getuienis aangebied nie.Die verhoorhof het by monde van Lategan R, versagtende omstandighede bevind wat as volg uiteengesit kan word.

1. Sy fisiese gebrek het waarskynlik groot frustrasie veroorsaak.

2. Dit is waarskynlik dat appellant wel geglo het -

(a) dat Solly hom met geld kul;

(b) dat Solly die meisie, Miriam, met wie hy graag 'n verhouding wou gehad het, "self bygekom het"; (c) dat Solly hom wou slaan en soos 'n slaaf behandel het; (d) dat hy die betrokke aand bedreig

7 word.

3. Sy drankinname het sy selfbejammering as veronregte verhoog en sy oordeelsvermoë aangetas.

4. Sy optrede was impulsief en nie vooraf beplan nie.

Die verhoorhof uiter die siening dat wat

appellant geglo het soos in paragraaf 2 gelys, "gewaandegriewe is, dat dit nie regtig in werklikhede gefundeerkan word nie" en sê verder

"Dit is egter vir ons terselfdertyd ook tipies van 'n mens wat nie altyd rondom hom kan sien nie dat klein dingetjies soms opgeblaas word in sy eie gemoed vanweë die frustrasie om nie te kan sien en self te ervaar wat rondom hom aangaan nie, dat so 'n mens soms feitlik paranoïes suspisieus oor die motiewe van ander mense kan raak. Ons sou bly gewees het as daar miskien sielkundige of psigiatriese getuienis in hierdie verband aan ons voorgehou kon word want ... dit (is) ... nie ondenkbaar ... dat 'n persoon met so 'n gebrek vanweë die frustrasies om nie te kan sien nie eventueel vol vrese en vol suspisies teenoor almal met wie hy moet saamlewe rondloop."

Na hierdie formele bevinding dat versagtende8

omstandighede wel bestaan, het Lategan R met oplegging van vonnis gesê

1. dat die hof "die bodem van die vat geskraap het om vir jou versagtende omstandighede te vind"; 2. "Jy is 'n groot man van 37 jaar oud. Jy het dit gedoen nie omdat jy werklik veronreg was nie, maar omdat jy waanbeelde van veronregting in jou gemoed gedra het. Daar is iets baie ernstig skeef in jou gees en ek is eintlik bang noudat jy bewys het dat jy in staat is om so iets aan 'n kind te doen, dat ek vir jou nie weer te gou loslaat in die gemeenskap nie. Dit spruit uit jou hele benadering vanweë jou gebrek en as jy dan drank daarby neem, dan kan jy dalk weer so iets doen. Ons het getuienis dat jy geneig is tot moeilikheid maak. Daar is baie boosheid in jou optrede. 'n Mens kan vir jou jammer wees omdat jy 'n gesigsgebrek het maar verder dink ek is niemand vir jou jammer nie want jy het werklik die hand wat jou gevoed het, wat jou getroos het en wat jou vertroetel het en jou gehelp het in jou blindheid, gebyt met 'n verskriklike boosheid deur hulle kind dood te maak, iets wat geen reggeaarde mens ooit kan goedkeur nie"; 3. dat hy nie die werklike rede waarom hy die seun gedood het openbaar het nie, wat - tesame met die feit dat hy nooit spyt uitgespreek het

9 teenoor oorledene se ouers nie - 'n gebrek aan berou toon.

Dit blyk reeds uit die aanhaling uit die uitspraak ten aansien van versagtende omstandighede dat paragraaf 2 hierbo met betrekking tot vonnis 'n ernstige wanvoorligting bevat. Die verhoorhof se teorie oor appellant se beweerde persoonlikheidsprobleme wat noop dat hy lank aangehou moet word omdat hy 'n gevaar in die samelewing beskou moet word -

(1) is nie gegrond op enige deskundige getuienis nie, en nie iets waarvan geregtelike kennis geneem kan word nie; (2) word nie geregverdig nie, as 'n noodsaaklike afleiding van die aangevoerde getuienis soos bedoel in S v BLOM 1939 AD 188.

Dit was nie nodig vir doeleindes van skuldigbevinding om die getuienis van die staatsgetuies noukeurig te ontleed nie. (Appellant het erken dat hy die seun se dood wederregtelik veroorsaak het en geweet10 het wat hy doen. ) Die verhoorhof het dit eintlik op geen stadium gedoen nie, en slegs gesê dat die staatsgetuies hom gunstig beïndruk het en appellant 'n reeks verskillende weergawes gegee het van die gebeure van die aand, nie een waarvan hom verontskuldig nie. Die hof was moontlik gesus deur die feit dat appellant 'n swak getuie was.Dat appellant bont - en baie - gepraat het, is gewis. Afgesien van sy vele verklarings, antwoord hy nooit een vraag met 'n enkele antwoord nie, maar praat aan, en aan, onstuitbaar en te oordeel na protes van die regbank, dikwels ook onhoorbaar. Dat hy self so gekoester is soos die verhoorregter opmerk, en die ander huismense sulke Samaritane was, is egter glad nie 'n uitgemaakte saak nie.

Dit was maar 'n rowwe huishouding, hoewel die lede daarvan wat vir die Staat getuig het, hulle vroom voorgedoen het. Sandra Crotz en altwee die ouers van oorledene het vertel dat appellant in die verlede

11

gewelddadig opgetree het, vir sy vorige houvrou, Sylvia, met 'n mes gesteek het, by sy ander blyplekke ook moeilikheid gemaak het - "steek mes, dan bring die mense hom weer terug" - vir Solly Adams ook teen die nek gesteek het, en hom wou doodmaak. Appellant se SAP 69 toon egter slegs een vorige veroordeling, in 1968 opgeloop, en dit vir besit van dagga. Daarenteen het Solly Adams, nou al bejaard, erken dat hy self meer as eenmaal al gevangenisstraf uitgedien het vir baklei, en Johannes Coater het die hof vertel dat Solly vroeër 'n sjebeen bedryf het, iets wat Solly self heftig ontken het.

Sandra, wat 'n goeie indruk op die verhoorhof gemaak het, het nie die waarheid gepraat nie oor wat die 22ste gebeur het toe sy saam met appellant gestap het om sy ongeskiktheidstoelae vir die maand te gaan haal. Volgens haar was hulle die heel dag in mekaar se geselskap, en het appellant nie drank gekoop nie. Louisa Adams sê egter dat hy al "'n drinkie" ingehad het12 toe hy terugkom by die huis. Louisa se bewering dat "ek weet nie eintlik hoe is 'n persoon as hy gedrink is nie" is 'n swaar sluk aan die bottel. Ewe swaar is Adams se beweerde onkunde oor wat witpyp is, en sy bewering dat hy en beskuldigde nooit probleme gehad het nie. 'n Paar bladsye verder vertel hy hoe appellant en Sylvia (wat volgens appellant 'n drankprobleem het en nie omgee vir haar kind Sandra nie ondanks die feit dat sy 'n welsynstoelae vir haar ontvang) hom sou wou doodgemaak het. Adams sê "my kind Claude het my gered daar waar hy (d.w.s appellant) die mes teen my nek vasgedruk het". Van groter belang, is dat aldrie hierdie persone ook niks sou weet daarvan dat oorledene ooit gedrink het nie. Appellant het getuig dat oorledene nooit skoolgegaan het nie en van sy vader, Solly Adams, drank en selfs dagga gekry het. Hoewel hulle twee nugter goed klaargekom het, het oorledene as hy drank in het die blinde man geterg en getart en mishandel.

Dat daar waarskynlik waarheid steek in dié13

deel van die appellant se getuienis blyk uit die feitdat die landdros voor wie appellant nog dieselfde dag,die 23ste 'n verklaring gemaak het, aangeteken het dathy krapmerke aan sy hand en 'n stukkende plek op sy neusgehad het. Appellant het aan hom verduidelik dat

"die oorledene het my getrap met sy tekkies op my gesig terwyl ek op die grond gelê het".

En die bloedmonster wat dr Fosseus met die na-doodseondersoek geneem het, het getoon dat oorledene wat maarongeveer 41 kg geweeg het, 'n bottel wyn op eie houtjiemoes verorber het. Die alkohol konsentrasie in sy bloedwas 0,24.

Verdere stawing daarvoor dat appellant gekul

kon gewees het met geld het uitgekom in 'n eienaardige

stuk getuienis van Solly Adams. Die agtergrond waarteen

dit betekenisvol kan wees, is te vinde in appellant severtelling dat Solly dikwels geweier het om geld wat hy

vir Solly gegee het om vir hom te hou, terug te gee of

geld by hom gevat het, soos wat oorledene ook gedoen het14 "dan lag sy pa daaroor". Solly getuig naamlik dat toe sy seun se lyk uit die pakkamer uitgedra word, was sy een voet kaal. Sy seun het sy geld, as hy het, in sy sokkie gehou en "daar waar (appellant) die geld gevoel het in die een skoen, net daar het hy opgehou, toe trek hy nie die ander skoen uit nie". Appellant is nie hieroor ondervra of aangekla ook van diefstal nie. Daar was ook geen rede waarom hy geld van oorledene sou wou neem op dié dag nie, waar hy self pas sy ongeskiktheidstoelae ontvang het. Hy sê hy het R30,00 aan Solly oorhandig om vir hom te hou wat bedoel is om sy skulde mee te betaal.Een bewering wat konstant gebly het in appellant se storie, is dat dit oorledene was wat die mes in die hokkie ingebring het; en dat hy gedink het dat die seun dit teen hom sou gebruik en deur sy vader 'n opdrag daartoe gekry het. Die verhoorhof het dan ook bevind dat appellant geglo het dat hy bedreig word; sodat die moord op die seun nie summier as een gepleeg

15

uit boosheid, of as wraak op die vader gesien kan word nie.Appellant is nie ondervra of gekruisvra oor die bewerings dat hy moeilikheid maak en gemaak het wanneer hy onder die invloed van drank is nie. Hy het dit sekerlik nie erken nie. Waar sy SAP 69 sulke bewerings verloën was die verhoorhof se aanvaarding dat dit nodig is om hom vir 'n besondere lang tyd aan te hou ter beskerming van die samelewing, nie geregverdig nie. So ook nie 'n bevinding dat appellant die hand wat hom so beskerm en gekoester het, gebyt het nie. Die waarskynlikhede dui ook daarop dat oorledene geen onskuldige kind was nie, maar ondanks sy jeug 'n maat van die blinde man. Die appellant is in std 2 uit die skool uit, sodat hulle gemeenskaplike belange nie juis intellektueel van aard sou gewees het nie.Weens die wanvoorligting in die verhoorhof se benadering tot vonnis, staan dit hierdie hof vry om vonnis opnuut te bepaal.

16

Inagnemend die versagtende faktore uiteengesit in veral die tweede en derde van die vier paragrawe hierbo waarin die bewese versagtende omstandighede gelys is, meen ek dat 'n gepaste vonnis een van 10 jaar gevangenisstraf is.Die appèl slaag in der mate dat die vonnis opgelê deur die verhoorhof op 30 Augustus 1989 gewysig word deurdat die woord en syfer "VYFTIEN (15)" vervang word met "TIEN (10)".

L VAN DEN HEEVER AR

HEFER AR)) STEM SAAM F H GROSSKOPF AR)

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Blom 1939 AD 188

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.