S v Engelbrecht (40/91) [1992] ZASCA 170 (24 September 1992)
- Citation
- [1992] ZASCA 170
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Grosskopf EM, Eksteen, Howie
- Case number
- 40/91
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Grosskopf EM, Eksteen, Howie
- Case number
- 40/91
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the appellant failed to provide a credible explanation for not presenting evidence of his alcohol dependency at trial. Given his age, education, and previous convictions, it was not believable that he did not understand the practical meaning of alcoholism or a drinking problem. The appellant had the opportunity to seek assistance or present evidence from the relevant welfare organisation before sentencing but did not do so. Furthermore, the new evidence did not demonstrate that direct imprisonment would negatively affect rehabilitation, nor did it show that a different sentence would have been appropriate. Therefore, the requirements for reopening the proceedings were not met, and the appeal was dismissed.
Court disposition
Appeal dismissed.
Orders
- The appeal is dismissed.
02
Material facts
Parties
Hendrik Willem Johannes Engelbrecht
AppellantThe State
Respondent03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Refusal to Reopen Sentencing Proceedings and Against Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant provided a reasonable explanation for failing to present new evidence regarding alcohol dependence at trial.
- 02
Whether the new evidence would likely have led to a different sentence.
- 03
Whether the requirements for reopening sentencing proceedings after conviction were met.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that he did not understand the true nature of alcohol dependence or alcoholism at the time of his trial and only realised his condition after receiving professional help following his conviction. He contended that, had he known, he would have answered the magistrate's questions differently and sought treatment earlier. He submitted affidavits from himself and a welfare officer confirming his alcohol dependency and ongoing rehabilitation, and argued that this new evidence should have been considered in mitigation of sentence.
- Respondent
- The respondent argued that the appellant failed to provide a reasonable explanation for not presenting the evidence at trial, as he was aware of his drinking problem and had the opportunity to seek assistance or present such evidence. The respondent further contended that the new evidence would not have affected the sentence, as there was no indication that direct imprisonment would hinder rehabilitation, and the requirements for reopening the proceedings were not met.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Section 316(3)(b) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977
An applicant seeking to reopen proceedings after conviction must provide a reasonable explanation for not presenting the new evidence at trial, show that the evidence is prima facie credible, and demonstrate that it could reasonably lead to a different outcome.
- 02
Common law principles as codified in Section 316(3)(b) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977
The court must be satisfied that the new evidence could reasonably result in a different sentence or verdict.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the appellant failed to provide a credible explanation for not presenting evidence of his alcohol dependency at trial. Given his age, education, and previous convictions, it was not believable that he did not understand the practical meaning of alcoholism or a drinking problem. The appellant had the opportunity to seek assistance or present evidence from the relevant welfare organisation before sentencing but did not do so. Furthermore, the new evidence did not demonstrate that direct imprisonment would negatively affect rehabilitation, nor did it show that a different sentence would have been appropriate. Therefore, the requirements for reopening the proceedings were not met, and the appeal was dismissed.
Obiter and limits
- The court noted that the welfare officer did not assert that direct imprisonment would hinder rehabilitation, which weakened the appellant's case for a different sentence.
- The appellant's failure to approach the welfare organisation before sentencing, despite being aware of his drinking problem, undermined his explanation for not presenting the evidence earlier.
Court disposition
Appeal dismissed.
- The appeal is dismissed.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
SAAKNOMMER 40/91 H v N
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING)
In die saak tussen:
HENDRIK WILLEM JOHANNESENGELBRECHT Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: GROSSKOPF E M, EKSTEEN, ARR
et HOWIE, Wn AR
VERHOORDATUM: 17 SEPTEMBER 1992LEWERINGSDATUM: 24 SEPTEMBER 1992
UITSPRAAK HOWIE, Wn AR:
Appellant is in 'n landdroshof 18 maande gevangenisstraf opgelê weens oortreding van art. 140 (1) (a) van Ordonnansie 21 van 1966 (T). Dit was sy vierde oortreding van daardie wetsbepaling. Sy appél
2
teen vonnis na die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling het gepaard gegaan met 'n aansoek om terugverwysing en heropening van die verhoor sodat verdere getuienis ten opsigte van vonnis gelei kon word. Die aansoek en die appèl is van die hand gewys. Na liassering van 'n versoekskrif aan die Hoofregter is appellant verlof verleen om te appelleer teen die afwysing van die aansoek en, in daardie beperkte mate, om te appelleer teen die vonnis.
Appellant, wat toentertyd 31 jaar oud was, het sy eie verdediging waargeneem en in die loop daarvan die landdros ter versagting toegespreek. In daardie verband verskyn die volgende in die oorkonde:
"HOF: Het u 'n drankprobleem?
BESKULDIGE: Ek het voorheen 'n drankprobleem
gehad en ek het besluit om op te hou.
HOF: Wanneer het u besluit om op te hou?
BESKULDIGE: Omtrent 'n hele paar maande3
gelede al.
HOF: Is u 'n alkoholis of is u net iemand wat lief is vir die bottel?
BESKULDIGE: Ek sal nie sê ek is 'n alkoholisnie, maar die aand wat ons gevang was het ons'n afskeidspartytjie gehou by werk en toe hetek 'n paar biere gedrink en toe het ek agtermy voorman aangery na sy huis toe."Appellant se drie vorige oortredings van dieonderhawige artikel het onderskeidelik in 1982, 1987 en1988 plaasgevind. Elke keer is 'n boete en opgeskortegevangenisstraf opgelê. Toe appellant die huidigeoortreding in Junie 1989 begaan het, het altesaam negemaande opgeskorte gevangenisstraf oor sy kop gehang.Dit was dus verstaanbaar dat die landdros appellantgevra het of hy 'n "drankprobleem" het of 'n alkoholiswas. Te oordeel na die aangehaalde passasie het hyverstaan wat die landdros hom gevra het en het hy4
verkies om gemelde vrae ontkennend te beantwoord.Die heropeningsaansoek voor die hof a quo was vergesel van 'n eedsverklaring deur appellant en een deur Karen Wurfl, 'n welsynsbeampte werksaam by die Nasionale Raad Insake Alkoholisme en Afhanklikheid van Verdowingsmiddels.
Die volgende verskyn in appellant se eedsverklaring:
"4. Op 1 September 1989 het ek myself vrywillig gaan aanmeld by die Johannesburgse Vereniging van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad Insake Alkoholisme en Afhanklikheid van Verdowingsmiddels (SANRA).
5. Die rede waarom ek professionele hulp gaan soek het om my te help, was omrede ek, terwyl ek in die gevangenis was vanaf my datum van vonnis, naamlik 23 Augustus 1989 tot 28 Augustus 1989 toe borg vir my betaal is, besef
5
het dat ek nie op my eie myself van alkohol kon weerhou nie.
6. Voor die gemelde tyd het ek nie geglo datek 'n drankprobleem het of 'n alkoholis isnie, omrede ek verskeie kere in die verledevir kort tye my van alkohol kon weerhou, maarnie die drang om te drink kon weerstaanwanneer dit my oorval het nie.
7. Toe die Landdros my gevra het of ek 'n drankprobleem het of 'n alkoholis is, het ek nie besef presies wat 'n drankprobleem is of wat 'n alkoholis is nie en het ek haar so eerlik moontlik na wat ek geglo het, geantwoord.
8. Nadat ek by SANRA begin behandeling kry het, is my probleem aan my deur die professionele mense daar verduidelik en het ek eers daarna besef wat presies 'n alkoholis is
6
en dat ek inderwaarheid 'n alkoholis is.
9. Indien die kennis wat ek nou oor beskik aan my bekend was ten tyde van my verhoor, sou ek op beide vrae ten aansien van of ek 'n drankprobleem het en of ek 'n alkoholis is "ja" geantwoord het.
10. Ek het ' n twee jaar skrif telike kontrak met SANRA ten aansien van my behandeling geteken en het die vaste oortuiging en vasberadenheid om end-uit by die letter van die kontrak te hou om sodoende myself te rehabiliteer."
Die kern van Karen Wurfl se verklaring is dat appellant
"has been assessed by the clinical staff ofSANCA as having an alcohol dependency
problem." (SANCA is die akroniem in Engels vir die gemelde Raad).
7
Sy gee 'n uiteensetting van appellant se persoonlike geskiedenis, meld dat hy voldoen het aan al die vereistes van die Raad se behandelingsprogram en eindig met die aanbeveling dat hy voorwaardelik opgeskorte gevangenisstraf opgelê word. Dit is opmerklik dat sy nie beweer dat direkte gevangenisstraf die vooruitsigte van geslaagde rehabilitasie sou belemmer nie.Die vereistes vir heropening na afhandeling van 'n strafverhoor is welbekend en behoef geen verwysing na gesag nie. 'n Applikant om heropening moet:
(1) 'n redelike aanvaarbare verduidelikingverstrek waarom die "nuwe" getuienis niebetyds aan die verhoorhof voorgelê is nie,
(2) prima facie aantoon dat daardiegetuienis as waar aanvaar sal word, en
(3) aantoon dat sodanige getuienis ter sakesal wees met betrekking tot die uitslag van
8
die saak.
Ten opsigte van (3) bepaal art 316 (3) (b) van die Strafproseswet, 51 van 1977 ('n kodifikasie van die gemeenregtelike vereistes pas vermeld) dat aangetoon moet word dat die "nuwe" getuienis "redelikerwys tot 'n ander uitspraak of vonnis aanleiding kan gee."Die mees aanvaarbare afleiding uit al die bewese feite is dat appellant deurgaans 'n alkohol probleem gehad het. Dít is werklik al waarop die "nuwe" getuienis neerkom en dit kan aanvaar word dat aan vereiste (2) voldoen is.
Wat vereiste (1) betref, is dit uiters agterdogwekkend dat appellant 'n punt daarvan maak dat hy nie "presies" besef het wat 'n "drank probleem" of 'n "alkoholis" is nie. Gesien sy ouderdom, sy opvoedingspeil ( hy het die matriek-eksamen geslaag), sy vorige veroordelings en die trant van sy aangehaalde
9
antwoorde aan die landdros, is dit net nie geloofbaar nie dat appellant ten tye van die verhoor in onkunde verkeer het aangaande die praktiese, alledaagse, alombekende betekenis van daardie woorde. Dit het geen tegniese kennis geverg om die landdros se eenvoudige vrae te begryp nie. Dit het appellant gedurende die verhoor vrygestaan om gemelde Raad vir advies of getuienis te nader net soos hy nege dae later wel gedoen het. Dit was veral so nadat die landdros die kwessie van alkoholisme pertinent geopper het. Appellant beweer nie dat hy tydens die verhoor onbewus was van die Raad se bestaan nie of dat hy nie in staat was om die nodige kontak met die Raad te maak nie. Alles in ag genome het hy dus geen aanvaarbare verduideliking verstrek nie vir sy versuim om die getuienis betyds voor te lê wat hy nou aanbied.
Daar is ook nie aan vereiste (3) voldoen nie. Die landdros maak geen bevinding ten opsigte van
10
die bestaan van 'n alkohol probleem al dan nie. Dit is egter nie ter sake nie. Was appellant nie 'n alkoholis nie, was daar hoegenaamd geen rede om gevangenisstraf nie op te lê nie. Al was hy 'n alkoholis, was daar niks om aan te dui dat gevangenisstraf enige nodige behandeling nadelig sou affekteer nie. Soos reeds opgemerk, ontbreek getuienis op lg punt nog steeds, ondanks appellant se poging, deur Karen Wurfl se getuienis, om gevangenisstraf te ontduik. Dit kan gevolglik nie gesê word nie dat die verdere getuienis wat appellant nou aanbied redelikerwys tot 'n ander vonnis aanleiding kan gee.
Die appél word van die hand gewys.
C T HOWIE
Wn AR GROSSKOPF E M, AR )
STEM SAAM EKSTEEN, AR )
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.