S v Februarie (339/91) [1992] ZASCA 67 (19 May 1992)
- Citation
- [1992] ZASCA 67
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Hoexter, Vivier, F H Grosskopf
- Case number
- 339/91
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Hoexter, Vivier, F H Grosskopf
- Case number
- 339/91
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal held that, although the appellant committed a serious and brutal murder in the course of a robbery, his youth at the time of the offence (just 18 years old), limited education, impoverished background, and lack of prior imprisonment constituted substantial mitigating factors. The psychiatric evidence indicated that the appellant was not more mature than his peers and had a reasonable prospect of rehabilitation. The court found that the State had not discharged the onus of disproving these mitigating factors beyond reasonable doubt. Precedent established that youthfulness should play a decisive role in determining whether the death penalty is appropriate. The court concluded that, in light of these considerations, the death sentence was not the only appropriate sentence, and a lengthy term of imprisonment would better serve the interests of justice and society.
Court disposition
Appeal upheld; death sentence set aside and replaced with 20 years' imprisonment.
Orders
- The death sentence for murder is set aside and substituted with a sentence of 20 years' imprisonment.
- The sentences imposed for housebreaking and robbery shall run concurrently with the 20-year sentence for murder.
02
Material facts
Parties
Stoffel Februarie
AppellantThe State
RespondentAmounts and remedies
- Appellant's Weekly Wage: ZAR 75
- Imprisonment for Murder: ZAR 20
- Imprisonment for Housebreaking: ZAR 3
- Imprisonment for Robbery: ZAR 8
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the death sentence imposed for murder was the only appropriate sentence in the circumstances.
- 02
Whether the appellant's youth and other mitigating factors justified a lesser sentence than death.
- 03
Whether the trial court correctly assessed the presence of aggravating and mitigating factors.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that his youth, limited education, impoverished background, and lack of prior imprisonment should be considered as significant mitigating factors. He contended that he did not enter the house armed or with the intention to kill, and that there was a reasonable possibility of rehabilitation if a lengthy term of imprisonment were imposed. The appellant also relied on psychiatric evidence indicating his intellectual capacity was low-normal and that he was not more mature than the average person of his age.
- Respondent
- The State argued that the murder was committed in the course of a robbery, in the victim's own home, and that the appellant acted with calculated intent to kill to avoid identification. The State emphasized the aggravating factors, including previous convictions for dishonesty and assault with intent to do grievous bodily harm, and asserted that the seriousness of the crime and the interests of society demanded the death penalty as the only appropriate sentence.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Section 277 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 as amended by Act 107 of 1990
The court must determine whether the death sentence is the only appropriate sentence, considering both aggravating and mitigating factors.
- 02
S v Nkwanyana and Others 1990 (4) SA 735 (A)
The onus rests on the State to disprove mitigating factors beyond reasonable doubt.
- 03
S v Dlamini 1992 (1) SA 18 (A); S v Bosman 1992 (1) SA 115 (A); S v Lehnberg en 'n Ander 1975 (4) SA 553 (A)
Youthfulness is a relevant factor in sentencing, and the administration of justice in a civilized state is reluctant to impose the death penalty except in extraordinary circumstances.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal held that, although the appellant committed a serious and brutal murder in the course of a robbery, his youth at the time of the offence (just 18 years old), limited education, impoverished background, and lack of prior imprisonment constituted substantial mitigating factors. The psychiatric evidence indicated that the appellant was not more mature than his peers and had a reasonable prospect of rehabilitation. The court found that the State had not discharged the onus of disproving these mitigating factors beyond reasonable doubt. Precedent established that youthfulness should play a decisive role in determining whether the death penalty is appropriate. The court concluded that, in light of these considerations, the death sentence was not the only appropriate sentence, and a lengthy term of imprisonment would better serve the interests of justice and society.
Obiter and limits
- The reluctance of a civilized state to impose the death penalty on youthful offenders extends beyond teenagers to those on the threshold of adulthood.
- The appellant's calculated actions after the murder do not negate the mitigating effect of his youth and background.
- The fact that the appellant entered the house unarmed and attempted to conceal his identity suggests a lack of premeditation to kill.
Court disposition
Appeal upheld; death sentence set aside and replaced with 20 years' imprisonment.
- The death sentence for murder is set aside and substituted with a sentence of 20 years' imprisonment.
- The sentences imposed for housebreaking and robbery shall run concurrently with the 20-year sentence for murder.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
Saak nr 339/91 E du Plooy IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPéLAFDELING)
In die saak tussen:
STOFFEL FEBRUARIE AppellantenDIE STAAT Respondent
Coram: HOEXTER, VIVIER et F H GROSSKOPF ARR.
Verhoordatum: Leweringsdatum:
7 Mei 1992 19 Mei 19922
UITSPRAAK
F H GROSSKOPF AR:
Die appellant is in die Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling skuldig bevind aan moord, asook aan huisbraak met die doel om te steel en aan roof, beide met verswarende omstandighede. Die hof a quo het bevind dat daar geen versagtende omstandighede by die moord aanwesig was nie, en Munnik RP het die appellant bygevolg die doodvonnis opgelê. Daarbenewens is die appellant tot drie jaar gevangenisstraf vir die huisbraak en agt jaar gevangenisstraf vir die roof gevonnis. Die geleerde verhoorregter het gelas dat twee van die drie jaar gevangenisstraf vir die huisbraak saamloop met die agt jaar gevangenisstraf vir die roof. Die effektiewe termyn van gevangenisstraf was gevolglik nege jaar. Die appellant appelleer slegs teen die opgelegde doodvonnis.
3
en wel met verlof van die hof a quo.Die appellant was pas 18 jaar oud toe hy die moord op 13 September 1988 gepleeg het. Die appellant het slegs tot sub A op skool gevorder en was vir alle praktiese doeleindes ongeletterd. Hy het onder armoedige omstandighede grootgeword en het reeds op 13-jarige ouderdom begin werk. Op die stadium toe die moord gepleeg is, het hy as handlanger vir 'n boukontrakteur in Somerset-Wes teen 'n loon van R75 per week gewerk. Die appellant het sedert 1984 'n verhouding met 'n jong vriendin gehad. Hy het 'n kind by haar verwek, maar hulle was nie getroud nie en het ook nie saamgebly nie. Die appellant het trouens nog by sy ouers gewoon. Die appellant, sy ouers en nog drie van sy broers en susters het in 'n tweevertrek huis op 'n plaas in die omgewing gewoon. Die appellant het onderhoud vir sy kind betaal, terwyl hy ook ' n deel van sy loon aan sy moeder gegee het.
Die omstandighede waaronder en die wyse waarop
4 die moord en ander misdade gepleeg is, blyk hoofsaaklik uit die appellant se eie getuienis, asook uit twee verklarings wat hy na sy arres afgelê het. Die appellant het die huis waar die misdade gepleeg is, goed geken. Die boukontrakteur vir wie hy gewerk het, het toe so pas 'n werkkamer daar aangebou en die appellant self het ongeveer vier weke op daardie perseel gewerk. Hy het geweet dat daar 'n egpaar in die huis woon, dat die man bedags werk toe gaan en eers laat terugkom, dat die kinders bedags by die skool is en dat die vrou (die oorledene in die saak) dan alleen tuis is.Die appellant beweer dat hy die betrokke oggend omstreeks 09:00 by die oorledene se huis aangekom het. Hy sê hy het soontoe gegaan om te gaan werk, maar sy werkgewer en die ander werksmense het nie daar opgedaag nie. Volgens die appellant is hy toe later daar weg. In die loop van die oggend het die gedagte by hom posgevat om by die oorledene se huis in te breek en geld te steel. Net daardie doel voor oe het hy na die oorledene se huis5 teruggekeer. Hy het toe gesien dat die oorledene tuis was, maar dit het hom nie afgeskrik nie, en hy het deur 'n venster in die werkkamer ingeklim. Van belang is datdie appellant geen wapen by hom gehad het toe hy die huis binnegegaan het nie. Hy het geweet dat mens van die werkkamer, deur 'n aangrensende kamer, met trappe na die res van die huis kon gaan. Daar was ook ' n
deur wat uit die werkkamer na die garage gelei het. In die garage was daar ' n oond wat die oorledene gebruik het om porseleinpoppe wat sy gemaak het, te bak. Die appellant het van die werkkamer na die garage gegaan. Terwyl hy in die garage was, het hy die oorledene met die trappe hoor afkom. Volgens hom het hy probeer om êrens in die garage weg te kruip, maar sonder sukses. Hy het toe 'n waterpas wat daar gelê het, gegryp. Verder het hy 'n ou trui oor sy kop getrek om so sy identiteit te probeer verberg. Toe die oorledene by die deur inkom, het hy haar met die waterpas oor die kop geslaan. Sy het agteroor geval en geskreeu, en hy beweer dat hy haar nog ' n slag oor die6 kop geslaan het. Volgens die appellant was sy egter nie bewusteloos nie. Daarop het hy haar mond toegedruk totdat sy flou geword het. Vervolgens het hy ' n tou gevat en dit styf om haar nek vasgebind.Die bevindings van die distriksgeneesheer wat die regsgeneeskundige lykskouing waargeneem het, strook in beginsel met die appellant se weergawe van sy aanranding op die oorledene. Volgens die distriksgeneesheer se getuienis was verwurging die oorsaak van die oorledene se dood. Hy het trouens gevind dat die stuk tou nog redelik styf om die oorledene se nek vasgebind was. Daar was kneusings om die oorledene se nek met duidelike tekens van verwurging. Die distriksgeneesheer het ook 'n ernstige besering bo-op die oorledene se kop gevind. Die kopvel was tot op die been oopgekloof, vermoedelik as gevolg van die hou met die waterpas.
Die appellant het getuig dat die oorledene hom dikwels op die perseel gesien het toe hy daar gewerk het, en dat hy bang was dat sy hom sou uitken. Volgens hóm
7
was dit die rede waarom hy die oorledene oor die kop geslaan het en die tou om haar nek gebind het. Hy het in die loop van sy getuienis erken dat hy geweet het dat die oorledene sou doodgaan as hy haar verwurg, en hy het toegegee dat hy die tou om haar nek gebind het met die doel om haar dood te maak.
Dit is namens die appellant betoog dat hy in 'n toestand van paniek opgetree het toe hy die oorledene aangeval het. Sy berekende optrede daarna dui egter op die teendeel. Nadat hy die oorledene vermoor het, het hy nie in paniek op die vlug geslaan nie; hy het eers drie ringe van haar vingers afgehaal en R5 uit haar broeksak geneem. Daarna het hy die oorledene dieper in die garage ingetrek, die deur na die garage toegesluit en die sleutel in 'n blik met verf gegooi. Vandaar is die appellant met die trappe op na die huis waar hy geld, asook 'n tjekboek en kredietkaarte uit die oorledene se handsak geneem het. In 'n ander kamer het hy nog geld gevind. Hy het ook die oorledene se horlosie en goue
8
armband gevat. Die appellant sê hy het motorsleutels in 'n laai gevind. Dit het hom in staat gestel om ook die oorledene se BMW motor te steel. Dit blyk dus dat die appellant na die moord die huis op sy tyd deursoek het.
Die appellant se doodvonnis is op 9 November
1989 deur die hof a quo opgelê, d w s voor die datum vaninwerkingtreding van die Strafregwysigingswet 107 van1990 ("die wysigingswet"). Artikel 4 van diewysigingswet het artikel 277 van die Strafproseswet 51van 1977 ingrypend gewysig. Hierdie hof moet nouooreenkomstig die bepalings van die gewysigde artikel 277beslis of die doodvonnis "die gepaste vonnis" in dieomstandighede is. Die beginsels wat toegepas moet wordby die beoordeling van die vraag of die doodvonnis diegepaste vonnis in 'n bepaalde geval is, is in verskeiebeslissings van hierdie hof uiteengesit, en dit is nienodig om dit weereens te herhaal nie. Daar moet eerstensbepaal word of daar enige strafversagtende of9 -verswarende faktore aanwesig is, en met inagneming vandaardie bevinding moet dan beslis word of die doodvonnisdie enigste gepaste vonnis is.Dit is duidelik dat daar in die onderhawige geval verskeie strafverswarende faktore aanwesig is. Die slagoffer is in haar eie huis vermoor, terwyl die moord met roof gepaard gegaan het. Die appellant het toegegee dat toe die oorledene op hom afkom, hy haar doelbewus doodgemaak het omdat hy bang was dat sy hom sou uitken. Nadat hy die oorledene koelbloedig vermoor het, het hy nie geskroom om haar ringe van haar vingers te verwyder nie. Daarna het hy haar liggaam in die garage toegesluit en die sleutel in 'n verfblik gegooi. 'n Verdere strafverswarende faktor is die appellant se vorige veroordelings. Naas verskeie vorige veroordelings wat met oneerlikheid verband hou, is daar ook een vir aanranding met die opset om ernstig te beseer.Dit is namens die appellant betoog dat sy jeug as 'n belangrike strafversagtende faktor in die saak
10
behoort te geld. Soos reeds genoem, was díe appellant pas 18 jaar oud toe hy die moord gepleeg het. As die appellant slegs drie maande jonger was, kon die doodvonnis ingevolge die gewysigde artikel 277 nie opgelê gewees het nie, aangesien hy dan onder die ouderdom van 18 jaar sou gewees het toe die moord gepleeg was. Die geleerde verhoorregter het egter bevind dat die appellant "soos 'n volwassene gedink en opgetree" het. Dit is wel so dat die appellant in sekere opsigte die lewe van 'n jong volwassene gelei het. Hy het 'n vaste werk en 'n vaste verhouding met sy vriendin gehad. Hy het ook onderhoud betaal vir die kind wat hy by haar verwek het. Die appellant en sy vriendin het egter nie soos volwassenes saamgebly en 'n selfstandige bestaan gevoer nie; die appellant het trouens nog soos 'n kind in sy ouerhuis gewoon. Die appellant se optrede na die pleging van die moord was weliswaar berekend gewees, maar die wyse waarop hy die aanvanklike inbraak aangepak het, was weer ondeurdag en onbeplan gewees, gesien die feit dat
11
die oorledene in die huis was. Dr Zabow, die konsultant psigiater in beheer van die forensiese eenheid by die Valkenberg-hospitaal, het die appellant ondersoek en tot die gevolgtrekking gekom dat sy intellektuele vermoëns binne die perke van laag-normaal val. Dr Zabow het verder die mening uitgespreek dat die appellant nie meer volwasse as die gemiddelde persoon van sy ouderdom is nie. Die getuienis van dr Zabow is in die geheel deur die hof a quo aanvaar. In die lig van daardie getuienis kan ek met respek nie met die geleerde verhoorregter se bevinding aangaande die appellant se volwassenheid saamstem nie. Dit moet verder in gedagte gehou word dat die onus nou op die staat rus om strafversagtende faktore bo redelike twyfel te weerlê. (Vergelyk S v Nkwanyana and Others 1990(4) SA 735(A) op 744 B-C.) Na my mening het die staat hom nie van hierdie bewyslas gekwyt vir sover dit die appellant se beroep op sy jeugdigheid betref nie.
Die beskuldigde in S v Dlamini 1992(1) SA 18(A)
12
was 'n jong man van tussen 19 en 20 jaar oud toe hy moord
gepleeg het. Die verhoorhof het die doodvonnis vir diemoord opgelê. Op appêl het Nicholas Wnd AR die kwessievan Dlamini se jeugdigheid behandel en o a soos volg op
30C en 31H-I beslis:
"Dlamini was at the time of the murder still in his teens. His history and the nature of crime, however, showed that he was not an immature youth, but a man already seasoned in crime."
" I do not consider that the sentence of death
is the proper sentence in this case. Although Dlamini's age is not a mitigating factor, it is, I think, relevant to the propriety of the death sentence. Rumpff CJ said in S v Lehnberg [en 'n Ander 1975(4) SA 553(A)] at 561B:
'....(E)k dink ook nie dat die regspleging van 'n beskaafde Staat begerig is om, behalwe in buitengewone omstandighede, tienderjariges te laat ophang nie.'
The same reluctance would, I believe, extend to cases where the accused, though no longer a teenager, is standing on the threshold of manhood."
In S v Bosman 1992(1) SASV 115(A) het hierdie hof 'n 18-jarige beskuldigde se doodvonnis vir 'n koelbloedige moord slegs op grond van sy jeugdigheid na lewenslange
13
gevangenisstraf verander. Op 120 d-f merk vivier AR soos
volg op:
"Mnr Cilliers het betoog dat die aard en die omstandighede van die moord so gruwelik is dat die vergeldings- en afskrikkingselemente as deurslaggewend en die doodvonnis as die enigste gepaste vonnis beskou moet word. Hierdie betoog dra klaarblyklik baie gewig en ek sou geneig gewees het om daarmee saam te stem as dit nie vir die jeugdigheid van die appellant was nie. In S v Lehnberg en 'n Ander 1975(4) SA 553(A) op 561A-C het Rumpff HR gesê:
'En 'n persoon van 18 of 19 jaar is, volgens my mening, onvolwasse of hy nog op skool of universiteit is, en of hy reeds 'n jaar of wat gewerk het. Om jeugdiges, sonder meer, met die dood te straf, is om die jeugdige met die maat te meet waarmee 'n rype volwassene gemeet word. En ek dink ook nie dat die regspleging van 'n beskaafde Staat begerig is om, behalwe in buitengewone omstandighede, tienderjariges te laat ophang nie.'"
In elkeen van die bogenoemde twee gevalle het die jeugdigheid van die betrokke beskuldigde 'n deurslaggewende rol by die tersydestelling van die doodvonnis gespeel. Die jeugdigheid van die appellaht in die onderhawige saak behoort myns insiens eweseer 'n14 deurslaggewende rol by die bepaling van 'n gepaste vonniste speel.
'n Verdere aspek wat myns insiens
strafversagtend is, is die feit dat die appellant diehuis ongewapend binnegegaan het. Hy het weliswaar geweet dat die oorledene in die huis is, maar dit blyk nie dat hy hoegenaamd die oorledene se dood beoog het toe hy die huis betree het nie. Die appellant het trouens aanvanklik probeer om weg te kruip en om sy identiteit met behulp van die trui te verberg.Dr Zabow het die mening uitgespreek dat daar 'n redelike moontlikheid van rehabilitasie bestaan indien die appellant langtermyn gevangenisstraf opgelê sou word. Dit blyk dat die appellant ten tyde van die pleging van die onderhawige misdade nog nie voorheen gevangenisstraf uitgedien nie, en dat hy dus nog nie vroeër aan 'n rehabilitasieprogram onderwerp was nie.
In die lig van die appellant se jeugdigheid en die ander oorwegings wat hierbo genoem is, is ek van15 oordeel dat die doodvonnis nie die enigste gepaste vonnis vir die appellant is nie. Die erns van die misdaad en die belange van die gemeenskap vereis egter dat 'n lang termyn van gevangenisstraf opgelê word.Die appél slaag gevolglik en die volgende bevel word gemaak:
1. Die doodvonnis vir die moord word tersyde gestel en vervang met 'n vonnis van 20 jaar gevangenisstraf.
2. Die tydperke van gevangenisstraf wat die hof a quo vir die huisbraak en die roof opgelê het, sal saamloop met die 20 jaar gevangenisstraf vir die moord.
F H GROSSKOPF AR. HOEXTER AR VIVIER AR Stem saam.
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.