S v Foster en Andere (143/85) [1985] ZASCA 117 (15 November 1985)
- Citation
- [1985] ZASCA 117
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Kotzé, Trengove, Hoexter
- Case number
- 143/85
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Kotzé, Trengove, Hoexter
- Case number
- 143/85
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal found that the trial court failed to properly apply the cautionary rule to the evidence of Collins, the single witness and accomplice. The trial court did not sufficiently scrutinize Collins's criminal background, his possible bias, and the inconsistencies in his testimony. The court also noted that the other witnesses, Ann Cornelius and Eva Felix, were unreliable and their evidence should have been disregarded. The absence of physical evidence linking the appellants to the crime scene, such as blood or the blanket allegedly used, further weakened the State's case. The cumulative effect of these deficiencies was that the guilt of the appellants was not proven beyond reasonable doubt. Accordingly, the convictions and sentences could not stand.
Court disposition
Appeal upheld; convictions and sentences set aside.
Orders
- The convictions and sentences of all three appellants are set aside.
02
Material facts
Parties
Lionel Foster
AppellantPaul Arendse
AppellantPieter Moses
AppellantThe State
Respondent03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the guilt of the appellants was proven beyond reasonable doubt.
- 02
Whether the evidence of the single witness, Collins, was reliable and sufficient for conviction.
- 03
Whether the trial court correctly applied the cautionary rule regarding accomplice and single witness testimony.
- 04
Whether the trial court properly considered the credibility of other witnesses.
Party arguments
- Applicant
- The appellants argued that their guilt was not proven beyond reasonable doubt, relying on the lack of credible evidence directly linking them to the crimes. They challenged the reliability of Collins, the single witness, highlighting his criminal background, possible bias, and inconsistencies in his testimony. They contended that the trial court failed to properly apply the cautionary rule for accomplice evidence and did not adequately scrutinize the credibility of other witnesses, such as Ann Cornelius and Eva Felix, whose testimonies were contradictory and unreliable.
- Respondent
- The State argued that the trial court correctly found the appellants guilty based on the evidence presented, particularly the testimony of Collins. The State maintained that the trial court exercised sufficient caution in evaluating Collins's evidence and that the appellants themselves were found to be dishonest and unreliable witnesses. The State asserted that the cumulative evidence, including the conduct of the appellants and corroborating circumstances, justified the convictions and sentences imposed.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Rex v Ncanana, 1948 (4) SA 399 (A)
The cautionary rule requires that the evidence of a single witness, especially an accomplice or witness of questionable character, must be approached with particular care and only accepted if it is found to be credible and reliable.
- 02
S v Sauls, 1981 (3) SA 172 (A)
A conviction should only follow if the guilt of the accused is proven beyond reasonable doubt; where doubt exists, the accused must be acquitted.
- 03
R v Mokoena, 1956 (3) SA 81 (A); S v Hlapezula and others, 1965 (4) SA 439 (A)
The court must provide clear reasons demonstrating its awareness of the risks inherent in accepting accomplice evidence and must seek risk-reducing factors before relying on such testimony.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal found that the trial court failed to properly apply the cautionary rule to the evidence of Collins, the single witness and accomplice. The trial court did not sufficiently scrutinize Collins's criminal background, his possible bias, and the inconsistencies in his testimony. The court also noted that the other witnesses, Ann Cornelius and Eva Felix, were unreliable and their evidence should have been disregarded. The absence of physical evidence linking the appellants to the crime scene, such as blood or the blanket allegedly used, further weakened the State's case. The cumulative effect of these deficiencies was that the guilt of the appellants was not proven beyond reasonable doubt. Accordingly, the convictions and sentences could not stand.
Obiter and limits
- The court observed that in the criminal subculture described, a person's life may be undervalued and betrayal among associates is common, which increases the risk of false incrimination.
- The court noted that the trial court's assessment of witness credibility was overly generous and did not adequately account for the witnesses' propensity for dishonesty.
- The court emphasized that the mere fact that an accomplice incriminates himself does not eliminate the risk of false testimony, especially if the role assigned to himself is minor.
Court disposition
Appeal upheld; convictions and sentences set aside.
- The convictions and sentences of all three appellants are set aside.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
LIONEL EOSTER Iste AppellantPAUL ARENDSE 2de AppellantPIETER MOSES 3de Appellant
en
DIE STAAT Respondent
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPÉLAFDELING)
In die saak tussen:
LIONEL FOSTER 1ste Appellant
PAUL ARENDSE 2de Appellant
PIETER MOSES 3de AppellantenDIE STAAT RespondentCoram: KOTZÉ, TRENGOVE et HOEXTER, ARRVerhoor: 16 September 1985Gelewer: 15 November 1985
i UITSPRAAKKOTZÉ, AR :
In die provinsiale afdeling Kaap die Goeie Hoop
het /2-2-het LATEGAN, R , en twee assessore die drie appellante skuldigbevind aan die moord (sonder versagtende omstandighede) teGrassy Park op Sondag 22 Mei 1983 van Jan Johannes Smile (dieoorledene). Benewens dit het gemelde Hof die tweede en derdeappellante skuldig bevind aan 'n tweede aanklag: dat hulledie oorledene op dieselfde datum en plek (met verswarendeomstandighede soos omskryf in art 1 van Wet 51 van 1977)beroof het van 'n bedrag kontant-geld. Wat die moord betrefis al drie ter dood veroordeel en wat die roof betref isdie tweede en derde appellante onderskeidelik tot agt entien jaar gevangenisstraf gevonnis. Met verlof van die Hofa quo kom al drie in hoër beroep na hierdie Hof teen dieskuldigbevindinge en vonnisse.
Die /3-3-Die lyk van die oorledene is om 5.10 nm op 23 Mei1983 deur 'n lid van die polisiemag, Rabie, in 'n beboste ge-bied in Grassy Park gevind. Daar was verskeie steekwondeop die bors en die keel was heeltemal afgesny. Daar wasgeen sleepmerke of tekens van 'n worsteling nie. Ook nieenige tekens van bloed nie. 'n Geneeskundige'ondersoekna die oorsaak van die dood het benewens 'n gapende snywondoor die boonste gedeelte van die nek minstens 16 steek- ensnywonde oor die borskas aan die lig gebring. Die doodhet ingetree as gevolg van bloeding veroorsaak deur die snywondaan die nek en deur die ander snywonde (ongeveer lOcm lank)wat die hart en longe getref het. Dit blyk duidelik uitdie getuienis dat die oorledene sterk onder die invloed van
drank /4
-4-drank was toe hy gesterf het.
Die getuienis wat by die verhoor afgelê is beslaanmeer as 'n duisend bladsye. Dit is 'n onbegonne, maar geluk-kig 'n onnodige, taak om in besonderhede te verwys na al diegetuienis in die saak en na die ellelange kruisondervragingwaarin die advokate vir die verdediging en die staat hulverlustig het. Die skuldigbevindinge berus in wese op diegetuienis van een man - Brian Collins (ook bekend as MG).
Hy sowel as die appellante (wat almal getuig het) en nog 'n
paar ander persone wat getuig het, is ongure karakters:misdadigers, lede van misdaadbendes (hoofsaaklik die BFK's- die afkorting vir Born Free Kids - of faksies van die BFK's)en onwettige drank- en dwelmhandelaars. Die appellante
erken /5-5-erken dat hulle teenwoordig was op die perseel waarnaCollins verwys het as die "yard" of jaart waarna later ver-wys word, het van die staanspoor af aandadigheid aan die tenlaste-gelegde misdade ontken, die ontkennings later onder eed herhaal endie vraag wat die Hof a quo op die ou end moes beslis is of dieskuld van die appellante buite redelike twyfel bewys is.
Soos reeds hierbo gemeld berus die saak teen dieappellante in hoofsaak op Collins se getuienis. Slegsin die geval van die eerste appellant word hy tot 'n mateook geïnkrimineer deur Ann Cornelius en Eva Felix. Methulle getuienis handel ek terstond. Hierdie twee vrouenshet die eerste appellant by die saak betrek deur te verklaardat hy hulle voorgesê het om die skuld van die moord op
die /6-6-die derde appellant te pak en aan die polisie te sê dat hy(die eerste appellant) nie tuis was die naweek toe die moordplaasgevind het nie en as hulle dit nie doen nie, hy hullesal "laat seermaak". Daar is geen suggestie dat hierdiedreigement ernstig opgeneem is nie. Die Hof a quo hetbevind dat Eva dom en slu is en dat "dit hoogs gevaarliksal wees vir enige Hof om staat te maak op haar getuienis".Hierdie oordeel pas in met die indruk wat die deurlees vanhaar getuienis skep. Na my mening vereis oorwegings vanbillikheid dat haar getuienis geïgnoreer word. Ann Corneliushet die Verhoorhof gunstig beïndruk as 'n vrou "van ietwatbo die gemiddelde intelligensie" wat "haar getuienis reguit,rustig en baie positief oorgedra" het en "dat daar ...
tydens /7-7-tydens indringende kruisverhoor geen werklike tekens wasdat sy enigiets probeer versin" het nie. Hierdie evaluasiekom my bowemate welwillend voor. Ann Cornelius het tweebotsende verklarings aan die polisie gemaak. In dieeerste verklaring aan speurder Cornelissen het sy verklaardat die derde appellant die oorledene doodgemaak het.Hierdie relaas het sy laat voortduur totdat Kapt Van derWesthuizen die laaste stadium van die ondersoek oorgeneemhet en hy haar gekonfronteer het met sekere inligting wathy van Collins ontvang het. Sy het toe, volgens Van der
Westuizen wie se getuienis heel tereg aanvaar is, erken dat
haar eerste verklaring vals is, en het toe met die storievorendag gekom dat die eerste appellant haar voorgesê het
om /8
-8-om die derde appellant te impliseer. Daarná het sy die tweedeverklaring gemaak. 'n Persoon wat op betreklik ongedwongewyse so h ernstige leuen ten nadele van h ander kanvertel, se getuienis behoort, bloot op grond daarvan, methoë agterdog bejeën te word. Dit blyk hoegenaamd nie uitdie uitspraak dat die Hof a quo so 'n benadering toegepashet nie. Daar is minstens een ander aanduiding dat hierdiegetuie in staat is om op blatante wyse haar aan onwaarheidskuldig te maak. Die tweede appellant en sy was intiem
bevriend: hulle het saamgewoon en saamgeslaap totdat die
tweede appellant in hegtenis geneem was. Volgens haar
getuienis wou sy daarna hom nie uit haar eie in die gevange-
nis gaan besoek nie. Gedurende kruisondervraging het sy
gesê /9
-9-gesê dat sy hom een keer, op sy versoek omdat hy inligtingaangaande MG wou bekom, by die gevangenis gaan besoek het..Die kruisondervraer het dit aan haar gestel dat sy "so tweeweke" na sy inhegtenisname hom die eerste keer besoek het.Sy het dit ontken en as rede aangegee dat sy daardie tydvir mev Isaacs gewerk het. Sy het nie geleentheid om 'nbesoek af te lê, gehad nie want sy "het nooit 'n afdag gekrynie"; "Saterdae en Sondae ook"; sy het nie eers 'n "afmiddag"gehad nie; sy het "dag en nag eintlik" gewerk. Kort daarna,na voltooiing van die kruisondervraging, het die Verhoor-regter 'n aantal vrae gevra wat antwoorde ontlok het wat heel-temal onversoenbaar is met die getuienis gedurende kruisonder-vraging. Ek haal aan:
"Maar... /10
-10-
"Maar ek het jou verstaan om te sê datjy kon nie vir nr 2 gaan besoek nie,want jy het daardie tyd vir Mrs Isaacsgewerk? - Nee meneer.
Dan het ek verkeerd verstaan,
vir wie het jy dan toe gewerk? -
Daardie tyd het ek vir mev. Boshoffgewerk.
Mev. Boshoff? - Korrek meneer.
Is dit by haar wat jy nie afgekry
het nie? - By haar het ek elke dag
gewerk, Saterdae, maar Sondae het ekafgekry.
Saterdae het jy afgekry? - Korrek,
ek het gewerk tot twee-uur toe.
Maar die advokaat het vir jougevra maar hoekom het jy nie die man
gaan besoek in die tronk nie? - Want
Saterdae, toe het hulle nog nie straf gehad nie Edelagbare.
Hmm? - Toe was hulle nog nie
gestraf nie Edelagbare.
Maar hulle is toe al in die tronk?- Korrek Edelagbare.
Waar het jy gewerk daardie eerstetwee maande wat hy in die tronk was?
- Toe /11
-11-
- Toe het ek nog nie gewerk nie.
Toe het jy glad nie werk gehadnie? - Nee Edelagbare.
Ek sien, maar jy het netnougesê jy kon hom nie gaan besoek nie,
want jy het gewerk? - Hoe het
Edelagbare nou die saak verstaan?Ek het jou netnou verstaan om
te sê jy kon hom nie gaan besoeknie, want jy het gewerk daardie
tyd? - Ja, daardie tyd toe het
ek -'char'.
-'char'? - Korrek."
Spesifiek in hierdie verband lui die uitspraak as
volg:
"Sy het onder andere ook getuig datsy deur nommer 2 beskuldigde, watsal onthou word, haar vriend is,ontbied
is /12
-12-
is na die tronk toe waar hy aangehouwas te Pollsmoor. Beskuldigde nommer2 het 'n opmerklike belangstelling ge-toon in die doen en late van 'MG' enhaar uitgevra oor sy bewegings. Ter-loops, hierdie getuienis was laterdeur nommer 2 ontken, in dié sin dat .hy sê sy was wel daar maar sy het
hom uit haar eie uit kom besoek en sy
het heeltemal iets anders aan hom komvertel as wat sy beweer het.
Toe sy ondervra was oor hoekomsy nie meer dikwels of dan voor daardiegeleentheid vir nommer 2 gaan besoek hetnie, het sy gesê dat sy te besig wasmet haar werk en in elk geval het syook 'n afkeur daarin gehad om virbeskuldigde nommer 2 in daardie plekte gaan besoek. Ons het die indrukgekry dat wat sy werklik sê is dat sy
haarself gedistansieër het van be-skuldigde nommer 2 en in haar eie gemoedhierdie nouer verbintenis wat tussenhulle bestaan het verbreek het. Syhet egter voortgegaan om te sê dat sy
by /13
-13-
by 'n sekere vrou gewerk het, dat syfeitlik elke dag van die week op diensmoes wees en dat sy dus nie die tydgevind het, sy nie kon afkry by haarwerk, om vir nommer 2 te gaan besoeknie. Dit het later egter geblyk uitverdere vrae dat sy op daardie stadiumwaar sy beweer dat sy nie uit haarwerk uit kon afkry nie, inderdaadnie vir die vrou gewerk het nie.
Die Hof het ten tye van hierdieondervraging die indruk gekry dat syverward was. Dit is kritiek teen diekwaliteit van haar getuienis waaroorons ernstig besin het. Dit is geldigekritiek en ons kan nie ligtelik daaroorheenskeer nie. Ons is egter oortuig,geoordeel aan die hand van die totaleindruk wat sy gemaak het, dat sy aanons die waarheid vertel het in soverre, sy getuig het oor haar opdragte deur
nommer 1 en ook haar besoek aan nommer2, selfs in die lig van hierdie kritiekwat teen haar gebring kan word dat sy
haarself /14
-14-
haarself weerspreek het oor een vandie redes waarom sy beskuldigdenommer 2 nie gaan besoek het nie."
Ek kan met eerbied nie instem met die bevinding dat syas 'n geloofwaardige getuie bestempel kan word nie; na my mening,soos ek reeds opgemerk het, is die Hof a quo se beoordeling bowematewelwillend en behoort ook haar getuienis geïgnoreer te word. Ditvolg uit voorgaande dat, ook in sy geval, die saak teen eerste appel-lant wesentlik staan of val op Collins se getuienis.
Ek gaan nou oor tot die besprekeing van Collins segetuienis. Hy het 'n gruwelike storie vertel wat ek slegsin breë trekke weergee. Die bepalings van art 204 van die Strafproses-wet is vir een of ander rede nie met betrekking tot hom in werking
gestel /15
-15-gestel nie. Hy het getuig dat hy saam met die drieappellante gewoon het by eerste appellant se huis te Se-wendelaan, Lotusrivier. In die jaart van daardie huisword gedobbel en drank en dagga verkoop. Op die betrokkedag het hy "uit 'n hokkie" in die jaart drank en dagga namensdie eerste appellant verkoop. In die namiddag het dieoorledene, in 'n beskonke toestand, die potgeld in 'n dobbel-spel gewen. Hy het 'n versoek van die tweede en derdeappellante om 'n bydrae uit sy winste te maak, verwerp. Asgevolg het die derde appellant by 'n afdak in die jaartsy béne onder hom uitgeskop en met behulp van die tweedeappellant hom van sy geld beroof. Die oorledene wou toedie jaart verlaat maar die derde appellant het hom terug-
getrek /16-16-getrek, die hek agter hom toegemaak en Collins aangesê om'n graaf te gaan haal. Collins het dit gedoen en met diegraaf het die derde appellant 'n paar bakstene waarmee dieafdak bevloer was,uitgelig en 'n gat in die grond gegrawe.Teenoor die gat het hy 'n slagplek geïmproviseer deur 'n sink-plaat op 'n 5 liter verfdrom te plaas sodat die bo-ent daar-van in die lug oor die gat hang en die onderent op die grondstaan. Nadat die oorledene vasgevat was, het die eerste entweede appellant hom op sy rug op die skuins plaat neergelêmet sy kop aan die hoë kant. Die eerste appellant het op sy bors gaansit en die tweede appellant op sy bene. Die tweede appellant het 'nmes, 15 duim lang, te voorskyn gebring en aan die derde appellant
oorhandig. Laasgenoemde het die oorledene
se /17
-17-se kop agter by die sinkplaat afgedruk en sy keel "oop" gesny.Die bloed het in die gat gestroom. Die derde appellanthet die mes aan die eerste appellant oorhandig en hy hetdie oorledene toe "meer as twee keer" in die bors gesteek.Na hy "uitgebloei"het, het al drie appellante hom in 'n kom-bers toegedraai en by die vuilgoedhoop agter in die jaartgaan neersit. Die son was reeds onder. Die volgendeoggend was die lyk nie meer daár nie. Eers die aand hethy die lyk "by die bos" gesien. Dit is gemeensaak dathierdie plek ongeveer 'n halfmyl van die plek af is waarCollins beweer die slagting plaasgevind het. Hier was daarnie tekens van bloed of 'n worsteling nie.
Raymond Davids (sy bynaam is Spyker) is 'n self-
erkende /18-18-erkende polisieberiggewer. Dit is deur sy bemiddeling,sê Collins, wat hy aan die polisie inligting verskaf het watdie appellante by die misdaad betrek het. Gedurende kruis-ondervraging van Collins het dit geblyk dat hy self aanvanklikas verdagte aangehou was, dat hy vir ongeveer vier maandelank die stilswye bewaar het ofskoon hy pertinent deur diepolisie i v m die misdade ondervra is en dat hy sy inligtingeers aan Spyker oorgedra het nadat die drie appellante inverband met 'n ander aangeleentheid, as gevolg van Spykerse toedoen, aangehou was. Hy was, so het hy verduidelik,bang dat hulle hom sou leed aandoen indien hy hulle betrekhet terwyl hulle nog op vrye voet was. Volgens Collinsse eie erkenning was hy self 'n deelnemer: benewens die
graaf /19-19-graaf te gaan haal het hy ook wag gestaan terwyl die moordten uitvoer gebring is en mense by die hek van die perseelaf gehou. Collins was gevra waarom hy ongeveer drie wekena die pleeg van die moord die eerste appellant se plekverlaat het en by 'n naburige plaas gaan woon het - sy ver-duideliking was dat die eerste en tweede appellante hom wouom die lewe bring en dat hulle dit sou gedoen het "was ditnie vir die vroumense in die yard nie". Die rede, so het hygesê, waarom hulle hom wou doodmaak was "om hulle geweethet ... ek gaan een dag praat ...". Na hy sy intrek bydie plaas geneem het, het die eerste appellant met sekerevan sy ondersteuners op 'n geleentheid daarheen gegaan omhom om die lewe te bring maar omdat eerste appellant stry
gekry /20
-20-gekry het met ene Norman Booysen is daardie plan nievoltrek nie. Hy (eerste appellant) het padgegee toedie eienaar van die plaas ontbied,_is.
Spyker, hierbo reeds na verwys, en Daniel Jacobs -beter bekend as Kaffer Des in die kringe wat betrokke isin hierdie saak - het ook namens die Staat getuig. Hullehet insinuasies van en namens die appellante dat laasgenoemdedie hoofleier van die BFK's is, dat eersgenoemde sy "agter-ryer" is en dat hulle twee vanweë hulle bose gesindheidteenoor die appellante met MG saamgesweer het om die appellantevalslik te inkrimineer, ten sterkste ontken. OfskoonSpyker en Kaffer Des nie ruiterlik wou erken dat hulle
vyandiggesind /21-21-vyandiggesind teenoor die appellante is nie, kan daar metveiligheid aanvaar word dat hulle minstens nie van dieappellante hou nie: Spyker het vertel dat die eerste appel-lant "en sy manne" sy motor by 'n geleentheid aan die brandgesteek het en dit blyk ook uit Collins se getuienis datSpyker minstens meegewerk het tot die inhegtenisname van dieappellante in hierdie en 'n ander saak. Kaffer Des het,op sy beurt, beweer dat die eerste appellant en nog omtrentdertig mense hom gedurende 1982 aangerand het.
Omdat Collins 'n enkelgetuie tot die betrokkemisdade is, 'n selferkende lid van 'n bende is wat oortredingsvan die wet pleeg, 'n medepligtige is aan die tenlastegelegdeoortredings en omdat hy die appellante in samewerking met
die /22
-22-die beroepsverklikker, Spyker, by die pleeg van die moorden die rowe betrek het word vereis dat daar met uitsonderlikenoukeurigheid ondersoek word of sy getuienis betroubaaris en, bo alles, of die Hof a quo die besondere risikoverbonde aan sy,getuienis behoorlik besef het by die aanvaar-ding daarvan. (Vgl bv Rex v Ncanana, 1948(4) SA 399 op405-6, R v Bellingham, 1955(2) SA 566(A) op 569; R v Mokoena,1956(3) SA 81(A) op 85-86; S v Malinga and others, 1963(1)SA 692(A) op 693-4; S v Hlapezula and others, 1965(4) SA439(A) op 440-1; S v Sauls, 1981(3) SA 172(A) op 180).Die veiligste aanduiding dat sodanige besef wel teenwoordigwas, word, soos SCHREINER, AR opgemerk het in Rex v Manda,1951(3) SA 158(A) op 163 E-F, gevind in die Hof a quo se
uitgesproke /23-23-uitgesproke redes. Dit is nie voldoende dat 'n verhoorhofbloot verklaar dat getuienis van hierdie aard versigtigebenadering ontvang het nie; die verklaarde redes moet ditdemonstreer en daar bewys van lewer. Of dit in die onder-hawige saak met betrekking tot Collins se getuienis gebeurhet, oorweeg ek onmiddellik.
In sy uitspraak verwys LATEGAN, R na Collins as'n "jong kêreltjie" - hy was gedurende Oktober 1984, 22 jaaroud - en ter stawing van die bevinding dat hy "die waarheidgepraat het" verklaar hy by herhaling hoe versigtig die Hofsy getuienis oorweeg het: "uiteraard omdat hy 'n enkelge-tuie is ... en uiteraard vanweë hierdie bewerings ... oorsy verbintenis met Kaffer Des ... het ons van meet af aan hierdie
getuie /24-24-getuie met baie groot versigtigheid benader"; "ons moesbaie deeglik rekening hou met die gebreke van hierdie getuie";"ons het oor hierdie getuie ... ons eie gemoed ... en waar-nemings lank en ernstig ondersoek"; ons het die getuienisso deeglik soos wat ons kan gefynkam en ons het hierdiewaarskuwingsligte wat teen hom flikker baie deeglik in aggeneem by die beoordeling van die meriete of gebrek aanmeriete van sy getuienis"; "ons het in gedagte gehou dat diesuggestie teen hom basies is dat hy hom geleen het tot 'nsameswering om drie onskuldige oudmakkers op 'n valse wyse moontlikgalg toe te laat stuur"; "ons moet ons self oortuig dat sygetuienis van so 'n gehalte is dat ons dit met gerusstellingin ons eie gemoed kan aanvaar as bewys van die feite waaroor
hy /25
-25-hy getuig". (Daar is nog ander voorbeelde). Dit isopvallend dat, ten spyte van hierdie herhaalde betuigingsvan versigtige benadering en diepe besinning, die uitspraak
nie juis 'n ontleding van die getuienis van Collins bevat
wat daarop dui dat daar begrip bestaan het vir die gevaar
van valse inkriminasie en dat daar in der waarheid ag ge-
slaan, is op die aandrang, soos neergelê in Ncanana se saak .
(supra), op risiko-verminderde faktore by die beoordelingvan die getuienis van medepligtiges of getuies van swakkarakter. Volgens Collins se eie eufemistiese erkenninghet hy as lid van die BFK bende "dinge gedoen wat hy niemoes gedoen het nie" soos bv die stukkend slaan van ruiteby mense se huise en die pleeg van aanrandings. Hy was
gevonnis /26-26-gevonnis tot aanhouding in die verbeteringskool te Tokaiwaar sy lidmaatskap van die BFK bende begin het. Daar isin sy eie getuienis aanduidings dat hy deel gehad het aandie steel van skape en die verberging van oorblyfsels daarvan.Die uitspraak handel geensins met die uitwerking wat hierdiekladde op Collins se karakter op sy getuienis en geloof-waardigheid het nie. Dit is, na my mening, 'n ernstigeleemte in die uitspraak wat daarop dui dat die Hof a quonie die inherente gevare wat in so 'n persoon se getuienisskuil, na behore ingesien het nie.
'n Verder leemte in die Hof a quo se benaderingtot en aanvaarding van Collins se getuienis is dat dieuitspraak nie aantoon dat daar voldoende besef was vir
Collins /27
-27-
Collins se onopenhartige houding met betrekking to sy ver-houding met Spyker nie. Die Verhoorhof het weliswaar inge-sien dat dit 'n vraag van kardinale belang is of hy moontlikbeïnvloed kon gewees het deur Kaffer Des en Spyker maar,weer eens, bevat die uitspraak nie 'n diepsinnige ontledingvan die relevante getuienis in hierdie verband nie. So 'n ontledingdui aan dat Collins nie oop kaarte met die Verhoorhof gespeel het nie.By die deurlees van sy getuienis soek 'n mens tevergeefsna die werklike rede waarom hy via Spyker by die polisieuitgekom het. Sy antwoord is herhaaldelik afwykend en on-duidelik. Aanvanklik, tydens kruisondervraging deur eersteappellant se advokaat, antwoord hy as volg:
"Waarom het jy aan Spyker, waarom het
jy /28
-28-
jy Spyker gekies om die waarheid aan
hom te vertel? - Nee, ek het nievir Spyker gekies nie meneer. Ekhet vir hom gevra meneer, toe sê hyvir my hy gaan vir my neem na 'n beterplek, as ek nie hier by die polisie-stasie wil praat nie meneer.
Maar waarom het jy presies Spyker
genader? - Want ek het geweet hygaan my neem tot daar wat ek wil weesmeneer.Jy het geweet hy gaan jou neemwaar jy wil gaan? - Ja meneer.
Hoe het jy dit geweet? - Meneer? Hoe het jy dit geweet? - Hoe
sê meneer nou?
Wat het jou so laat dink dat hyjou gaan neem na waar jy na toe wilgaan? - Meneer, omdat ek die ding
saam met hom gepraat het meneer. Toesê hy vir my meneeer.Dit was nadat jy met hom gepraathet? - Ja meneer, toe sê hy ...
Jy het hom net van aansien geken?Is dit reg? - Ja meneer."
Daarna /29
-29-Daarna, in antwoord op vrae van tweede appellant se advokaat:
"Hoekom het hy na Spyker toe gegaan.Hoekom het jy vir Spyker gaan vertel?
- Meneer, ek het vir Spyker gaan
vertel meneer, omdat ek geweet hetSpyker - ek het vir Spyker gesê Spykerkyk hier, ek weet van daardie moordin die 'yard' in, maar ek wil nie naGrassy Park se polisiestasie toe gaannie. Toe sê Spyker vir my, 'allright' hy gaan 'n speurder bel, dan
moet ek die speurder vertel van die dingmeneer. Toe bel hy die speurder.Toe kom die speurder tot daar. Toesê die speurder vir Spyker, dat Spykermy moet Grassy Park se polisiestasietoe neem. Toe het Spyker my nie ge-neem nie, toe vat die baas van die werkmy die Dinsdagoggend self na GrassyPark se polisiestasie toe meneer.
Ja, maar dit is nie eintlik die
plek waar jy wou gegaan het nie? -
Ja meneer.
Jy /30
-30-
Jy wou nie soontoe gegaan hetnie? - Ja meneer.
En dit is ook die rede waaromjy na Spyker toe gegaan het, omdatjy het vir hom gevra hy moet joubietjie na 'n ander polisiestasietoe vat? - Ja meneer.
Maar hoekom dink jy nou juisSpyker sal jou help? Om jou nie na
Grassy Park toe te vat nie? -- Meneer,
want ek wil nie daarnatoe gegaan het
nie meneer en ek het vir hom gevra
meneer, ek wil nie daarnatoe gegaan
het nie. Toe vra ek vir hom ...
Ja, naar hoekom sal hy nou juis, hoekom
is hy nou juis die man wat vir jou - jykan mos self na 'n ander polisiestasie toe
loop?- Meneer, ek het gehoor Grassy Park
se boere, hy het nie dat Grassy Park
se boere, se polisiemanne vir hulle
optel nie meneer. Hy het by 'n ander
polisiestasie gegaan meneer, dat hulle
moet opgetel gewees het meneer."
Collins het aanvanklik ook 'n leuen vertel in verband met die
feit /31-31-feit dat Spyker hom op 17 Oktober 1984 Hof toe gebring het.Kort na die aanvang van verrigtinge op gemelde datum is hygevra "hoe het jy vandag hof toe gekom?" Die antwoord was'n teëvraag: "meneer?" Die advokaat het die vraag herhaal.Diê antwoord was: "die speurder wat ons gisteroggend hoftoe gebring het". 'n Tydjie later, toe 'n ander advokaatkruisondervraging voortgesit het, gebeur die volgende:
"Dit is die wit Kombi hier buitekant?
- Ja Meneer.
Wat maak hy hier buitekant? -
Meneer, Spyker het saam met die Kombi
gekom meneer.
Saam met jou ook? - Ja meneer.
Het hy jou gebring vanoggend? -
Ja meneer, die polisieman het gister
wat ons klaargemaak het hier meneer.
Toe sê die speurder wat ons gebring het
meneer, toe vra die speurder vir hom
of /32
-32-
of daar plek is vir ons. Of hy nie vir
ons kan saamvat nie en of hy ons niemoreoggend weer kan deurbring nie,
toe sê hy hy kan kyk om vir ons môre-
oggend weer deur te bring, daarvoor
het hy ons vanoggend weer saamgebring
en huis toe gevat meneer.
En het hy jou gister ook gebring?
- Hy het my nie gister gebringnie meneer.
O, het hy jou nie gister gebring
nie? - Nee meneer.
Maar jy het dan vir ons nie diewaarheid vertel, toe jy vir ons net-
nou gesê het dat die polisie jou van-oggend gebring het nie? -- Ek het niegesê, meneer het nie reg geluisternie. Ek het nie die storie klaarvertel nie meneer.
Nee, maar vertel ons dan die storie
klaar? - Meneer, die polisiemanhet vir Spyker gevra meneer, of daarplek is vir ons meneer en dat hy virons, as daar plek is vir ons, dan moethy vir ons huis toe neem meneer entoe vra die polisieman vir hom, of hy
vir /33
-33-
vir ons vanoggend kan optel meneer. Toesê hy ja meneer, hy kan vir ons deurbringmeneer. Toe sê die polisieman vir homas daar enige 'mistakes' kom, dan moet hyvir die speurder bel meneer en toe komons sommer saam met hom deur.Goed, jy sê ons het nie eintlikvir jou kans gegee om jou antwoordvolledig te gee nie né? - Ja meneer.
En wat was die vraag? - Meneer,
ek kan nie nou onthou .
Wat was die vraag wat my Geleerde
Vriend hier langs my vir jou gevrahet? - Meneer, hy het gevra hoe ek
hier gekom het vanoggend meneer.
Ja, dit is reg, dit is wat hy
vir jou gevra het? - Toe wil ek homvertel meneer, maar meneer was tevinnig gewees. Ek kan nie klaarvertel het nie, hoe kom dit dat ek saammet daardie man hier kom vanoggend nie.Maar jy praat ook aanmekaar.So wat was die vraag. Hy het vir jougevra hoe het jy vanoggend hier gekom?- Ja meneer.
Hoekom het jy nie vir hom gesê
ek /34
-34-
ek het saam met Spyker gekom nie? -
Meneer, ek wil hom vertel het hoekomek saam met Spyker gekom het meneer.O, jy wil nie gehad het hy moetdalk verkeerd dink nie? --- Ja meneer,ek wil hom vertel het hoekom ek saammet Spyker gekom het, hoekom ek salnie saam met ...
Nou hoekom sal hy verkeerd dink?
- Meneer, ek sal nie saam met
Spyker gekom het nie, as die speurdernie gesê het hy moet vir ons opbringnie meneer, dan sal ek nie saam met
hom gekom het nie.Hoekom sal hy verkeerd dink?
Hoekom sal hy verkeerd dink as jy vir
hom sommer net sê jy het saam met Spyker
gekom? - Meneer het te vinnig gevrameneer.! Vra ek nou vir jou te vinnig?
- Daardie vraag vir my te vinnig
gevra.
Jy het nou gesê hy sal dalk ver-keerd dink as jy vir hom reguit sêjy het saam met Spyker gekom, nouhoekom sal hy verkeerd dink? - Ek
sê /35
-35-
sê nie hy sal verkeerd dink nie meneer.
Nou wat sal hy gedink het? -
Meneer?
Nou wat sal hy gedink het as jyvir hom sê jy het saam met Spyker ge-kom? - Hy kan niks dink nie meneer."
Collins se afwykende houding in verband met sy aanklop
by Spyker en sy aanvanklike poging om te verswyg dat Spykerhom aangery het na die Hof toe, wek, om die minste daarvante sê, 'n sterk suspisie dat hy nou verbind was met Spykeren met hom meegewerk het. Sy gebrek aan openhartigheiden eerlikheid het oënskynlik die Hof a quo nie ernstig getref
nie en wek twyfel of die bevinding dat hy die waarheid ge-praat het 'n korrekte bevinding is.
'n Verdere punt van kritiek teen die aanvaarding van
Collins /36
-36-
Collins se getuienis is die merkwaardige benadering van die
Hof a quo, soos weerspieël in die uitspraak,tot sy rol as
medepligtige. Aan die een kant meld die uitspraak dat dit
uit Collins se eie verhaal blyk dat hy 'n medepligtige waswat kon weggehardloop het, geweier het om opdragte uit tevoer en dat dit 'n "probleem" skep; daarenteen minimaliseer
die Hof a quo tot 'n mate sy medepligtigheid deur klem daaropte lê dat hy, volgens sy ipse dixit, nie "in 'n direkte sin
en met direkte begeerte" deelgeneem het aan die moord nieen dat alhoewel hy kon weggehardloop het, sy "geredelikebereidwilligheid om opdragte uit te voer, 'n aanduiding (is)van die mate van onderdanigheid waarin hy (die jong kêrel-tjie) geleef het vis-a-vis" die appellante. Die verdere
ontplooiing /37-37-ontplooiing van laasgenoemde standpunt openbaar 'n denkrig-ting in verband met die versigtigheidsreël sover dit medeplig-tiges betref wat nie maklik te begryp is nie:
"Dit het ons dadelik voorgekom, en eknoem dit onmiddellik, dat 'n persoonwat voorgesê word, soos hier beweerword, om 'n suiwer opgemaakte storiesoos hierdie te kom vertel, redelik-erwys geoordeel, beswaarlik homself
tot dieselfde mate as wat Collins ge-
doen het 'n eie aandeel en medepligtig-
heid in die pleging van die misdryf
sal gee. Dit sou seer sekerlik,
as dit korrek is dat sy storie 'n ver-
sinsel is, vir hom baie makliker gewees
het om homself in 'n rol te plaas waar
hy gedistansieër word van enige aan-
dadigheid in enige vorm tot die pleging
van die misdryf. Ons vind dit vreemd,
uit die hoek van hierdie suggestie
van valse versinsel geoordeel om die
minste /38
-38-
minste te sê, dat dié versinsel ook
'n eie inkriminering van die getuieself bevat.
Telkens wanneer oor die getuienisvan 'n medepligtige besin moet word,moet die Hof teruggaan na die basieserede vir die vereistes van versigtigebenadering. In die geval van 'n mede-pligtige is dit klaarblyklik omdat diegevaar altyd daar bestaan dat hy andermense mag inkrimineer om homselfte veronskuldig of bevoordeel. Onsvind hier dat die getuie homself inder-daad inkrimineer, sonder dat hy, so
lui die Staatsaak, op enige wyse onderdruk geplaas was deur enigiemand, be-halwe die seun van die oorledene, omte openbaar wat hy geweet het van diemoord. In die normale loop van sake,met uitsonderings, moet ek sê, vind'n mens in die Howe waar medepligtigesgetuienis gee dat daar vanweë veelvul-dige persone wat aan 'n misdryf deelge-neem het en veelvuldige arrestasies
wat /39
-39-
wat daarna gevolg het en vanweë sekereprima facie inkriminerende getuienisteen die medepligtiges self, dat hyuiteindelik dan besluit om as medeplig-tige getuienis vir die Staat te gee.
Hierdie faktore is tot 'n hoëmate afwesig by die getuie Collins.Hy was weliswaar tot 'n mate onder drukgeplaas deur die seun van die oorledene,maar dan sal ook dadelik in gedagtegehou word dat die oorledene se seungeen werklike feite gehad het waarmeehy hom kon inkrimineer nie, dit konhoogstens die uitspreek van 'n suspisieteenoor die polisie gewees het deur dieseun dat 'MG' iets te doen gehad hetmet die moord, maar 'MG' het geweetdie seun van die oorledene was nie bynie en hy kan suspisies teenoor diepolisie opper tot hy blóu in sy gesigis, maar solank hy nie feite het omhom te inkrimineer nie kan die polisiehom hoogstens daarvan beskuldig dat hyiets weet en niks verder nie. In
daardie /40
-40-
daardie sin was die druk wat oorledenese seun op 'MG' geplaas het om tepraat nie van dieselfde intensiteiten gehalte, as ek die woorde gehaltemag gebruik, as wat normaalweg bestaanin die geval van 'n gewone medepligtigenie. Trouens; deur aan die polisiete openbaar dat hy self 'n mindere rolgespeel het, maar tog nog altyd 'nrolgespeel het van medepligtigheid indie moord, het 'MG' die risiko geloopdat hy seer sekerlik self ook aangeklamag gewees het aan hierdie moord.Daar is geen getuienis voor ons dat 'MG'die versekering gehad het van enig-iemand dat hy hom nie self eventueëlin die beskuldigdebank gaan bevindnie en dat wie ook al die vervolgendegesag was daardie tyd, nie dalk eenvan die ander beskuldigdes vir wie hygeënkrimineer het as getuie teen homself kon gebruik nie. Daarom, inons oordeel, is die feit dat hy homselfas medepligtige openbaar het in diemisdryf 'n faktor wat op 'n besondere
wyse /41
-41-
wyse spreek teen die suggestie dat hyin die uitvoering van "n samesweringvalse getuienis voor die Hof gebringhet en dat hy dit gedoen het, op aan-
drang en ter knieval van 'Kaffer Des'
en sy agterryer, 'Spyker'."
Hierdie benadering tref 'n onderskeid tussen Collins in dieonderhawige saak en die "geval van 'n gewone medepligtige"en ontleen in werklikheid uit blote mededaderskap steunvir die bevinding dat hy nie deel is van 'n sameswering nie.As sodanig verontagsaam die Hof a quo die aandrang op risiko-verminderende faktore by die beoordeling van medepligtigegetuienis soos neergelê in Rex v Ncanana, supra. Die gevaarin die geval van Collins dat hy ander valslik kan inkrimineeren in die plek van werklike boosdoeners plaas of dat hy sy
leuens /42
-42-leuens so kan inklee dat hulle 'die skyn van waarheid dra isnet so groot as in die geval van enige ander deelnemer in'n misdaad. Dit, so kom dit my voor, het die Hof a quonie besef nie en die benadering dat dit "vreemd" is dat hyhomself inkrimineer gaan nie op nie: die rol wat hy aanhomself toegeken het is 'n minderwaardige rol. Vermoedeliksou Collins wel deeglik besef dat in die kringe waarin hybeweeg selfs 'n getroue vriend hom geredelik en sonder veelgewetenswroeging kan verraai en dat samewerking met die Staaten verklikkers aan hom veilige vrywaring kan bied. Ditblyk nie uit die uitspraak dat die Hof a quo dit oorweeg hetnie.
'n Laaste punt van kritiek teen die aanvaarding
van /43
-43-van Collins se getuienis, is dat die Hof a quo ligtelik syverduideliking aanvaar waarom hy vir vier maande lank dieswye bewaar het ten aansien van die appellante se beweerdebetrokkenheid. In hiérdie verband lui die uitspraak:
"'n Verdere vraag waarmee ons moes handelen wat ons trompop moes ontmoet inons beoordeling van hierdie getuie,is hoekom hy vir vier maande lank ge-
wag het voordat hy sy kennis aan die
polisie openbaar het? In ons oordeel
het 'MG' oortuigende en aanvaarbareredes gegee waarom hy hierdie viermaande gewag het. Ons het in aggehou die feit dat hy 'n jong kêreltjieis, dat hy 'n ondergeskikte was, maar'n klein mannetjie in hierdie misdadigekultuur en wêreld waarin hy geleefhet, 'n wêreld waarin, so kom dit onsvoor, 'n man se lewe ook in elk gevalnie veel werd was nie en waarin mo-ralitiet ook nie 'n baie belangrike
rol /44
-44-
rol gespeel het nie. Dit kom onsvoor dat sy versekering aan hierdieHof dat hy bevrees was, inderdaad opvaste skroewe gestaan het, dat daarinderdaad grondige rede was vir hom,as ons oordeel aan die hand van aldie getuienis wat ons hier gehoor hetom te vrees dat hy self ook uit dieweg geruim gaan word, omdat hy 'n be-dreiging was en steeds solank hy geleefhet 'n bedreiging sou wees vir die driebeskuldigdes, wat hy sê die moord ge-pleeg het. Dat daar altyd die gevaarbestaan het in die gemoed van daardiedrie manne teen wie hy getuig, dat hykon 'praat'.
Dit is so, en dit is al drie vanons se ervaring, my twee assessoresynde beide baie ervare en onderlegderegspraktisyns, dat in hierdie bendekul-tuur 'n man se lewe soms verkoop wordvir baie min of verdiskonteer wordvir 'n baie klein prys. Dit kom onsvoor uit ons eie ervaring en ook ge-oordeel aan die hand van die getuienis
voor /45
-45-
voor ons, dat dit inderdaad in daardiebesondere wêreld waarin hy hom bevindhet groot moed sou kos vir enige manom op te staan en 'n vinger te wys.Om die vinger te lê op een van joumedebendelede en om trouens die vingerte lê op jou leier vir die pleging van'n moord, sou 'n onvergeeflike sondekon wees, geoordeel die aard van diebendestruktuur waarin hy hom bevind het.Dit kon fataal wees en is moontlik selfsnou nog fataal vir hom. In die lighiervan is dit dan ook nie vir ons
vreemd dat dit met groot huiwering enna baie wroeging was wat hierdie klein
mannetjie uiteindelik die moed bymekaar
geskraap het, na so 'n lang tydperk,om sy verhaal aan die polisie te gaanvertel nie en dit te gaan vertel opso 'n wyse dat hy self inderdaad ge-
Inkrimineer word in die handelingewaaroor hy verhaal."
Collins het in sy getuienis erken dat hy oorspronklik en
kort /46-46-kort na die pleeg van die misdaad aan speurder Cornelissengesê het dat hy "nie 'n dooie woord" van die moord weet nie.Daarna,so gee hy uiteindelik voor, het hy vir vier maandelank met die kennis dat die drie appellante die boosdoenersis in sy gemoed rondgeloop, voor hy hom ontboesem het.Gedurende hoofondervraging was sy getuienis dat hy aanvankliknie vir die pclisie iets gesê het nie omdat hy bang wasvir die appellante maar dat hy dit na die verloop van viermaande aan Spyker vertel het nadat hy (Spyker) die appellante"laat optel het". Gedurende kruisondervraging het sy ge-tuienis 'n ander kleur aangeneem. Toe het hy vertel dat hyop 'n Donderdag in September 1983 gehoor het dat die appellantegevang is in verband met 'n ander moordsaak. Op die Sondag
daarna /47
-47-daarna het hy aan Spyker en oorledene se seun vertel dat hyalles weet. Hy was uiters onseker oor die volgorde waarinhy hulle vertel het: aanvanklik dat hy vroeg die oggend virSpyker vertel het en daarna om l0vm vir die seun; kort daarnahet hy die volgorde omgedraai en toe weer sê hy "ek weet nounie of ek vir Spyker eerste gesê het" en feitlik onmiddellikdaarna dat hy "seker" is dat hy die eerste vir die seungesê het. Op hierdie stadium, d w s gedurende kruisonder-
vraging, het hy 'n ander rede voorgehou waarom hy die inlig-ting verskaf het: hy het gesien dat die seun, met wie hysaamgewerk het "treur" oor sy pa - "dit is op dié manierwat ek uitgekom het met die ding". Dit is 'n heel anderrede vir sy optrede. Teen die geheel agtergrond van Collins .
se /48-48-se getuienis blyk dit dus dat hy verklaar het dat hy welbevrees was en die swye bewaar het tot die appellante agterslot en grendel was maar dat sy meegevoel vir die treurendeseun ook 'n daadwerklike rol gespeel het in sy besluit omdie aap uit die mou te laat. In die passasie in die uit-spraak hierbo aangehaal word bevind dat "hierdie kleinmannetjie" se vrees die "vaste skroewe" is waarop die ver-duideliking van sy traagheid aanvaar behoort te word. IndienCollins se gevoel van jammerte ook 'n beduidende faktor insy besluit was, soos hy aan die hand doen die geval was,dan is die verduideliking vir die vertraging wat die Hof a guoas "grondige rede" beskou nie ten volle aanvaarbaar as dieenigste of selfs 'n betekenisvolle rede nie.
Die /49
-49-Met inagneming van die faktore hierbo genoem nl dieversuim van die Hof a quo om behoorlik ag te slaan op Collins se mis-dadige agtergrond en tekortkominge in sy karakter, sy redelikemoontlike noue verband met Spyker en sy meegevoel met dieoorledene se seun sowel as die onbevredigende toepassingvan die versigtigheidsreël met betrekking tot medepligtiges,is dit, na my mening, uiters gevaarlik om saam te stem met
die Hof a quo se bevinding dat daar op Collins se getuienis
staatgemaak kan word. Dit is te meer die geval indien
voor oë gehou word dat daar nie Yi grieseltjie bloed by of naby
die beweerde slagplek of aan enige van die appellante seklere gevind is nie en dat die kombers waarin die lyk toege-draai was en bebloed moes gewees het, nooit gevind, aan die
Hof /50
-50-Hof vertoon is of met die appellante verbind is nie.
In sy betoog voor ons het die advokaat vir die Staatdaarop gewys dat die appellante leuenagtige en swak getuiesdeur die Hof a quo bevind is, en dat dit die saak vir die
Staat versterk. Vir die doeleindes van hierdie uitspraak
kan aanvaar word dat hierdie bevindinge tereg gemaak is.Leuenagtigheid tel natuurlik teen 'n beskuldigde en kan bydratot sy,skuldigbevinding mits daar ander gronde vir dieskuldigbevinding bestaan. Die onaanvaarbaarheid van diegetuienis van Ann Cornelius, Eva Felix en Brian Collins endie uiters swak gehalte daarvan skakel egter in hierdie saaksodanige ander gronde uit. Die eindresultaat is dat daargeen geloofwaardige getuienis aangevoer is wat die appellante
aan /51
-51-aan die gepleegde misdade verbind nie.
My gevolgtrekking is dus dat die skuld van dieappellante nie buite redelike twyfel bewys is nie en datdie appelle behoort te slaag. Die skuldigbevindinge envonnisse word tersyde gestel.
APPÉLREGTER
TRENGOVE, AR) stem saamHOEXTER AR)
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.