S v Gouws (SS12/2005) [2005] ZAWCHC 119 (5 August 2005)
The High Court found that although the magistrate occasionally interrupted the cross-examination, these interruptions were not of such a nature as to deprive the accused of a fair trial. The accused was not materially prejudiced. The discrepancies between the complainants' testimonies were expected given their age...
Source-derived case information.
- Citation
- [2005] ZAWCHC 119
- Parties
- Applicant: The State; Respondent: Kevin Gouws
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- SS12/2005
- Procedural Posture
- Criminal Law / Sentencing After Referral From Regional Court
- Outcome
- Convictions confirmed; matter referred for sentencing in accordance with mandatory minimum sentence legislation.
- Judges
- Veldhuizen R
- Legal Topics
- Sexual Offences, Mandatory Sentencing, Fair Trial Rights, Credibility of Witnesses
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
The State
Applicant
Kevin Gouws
Respondent
Procedural Posture
Criminal Law / Sentencing After Referral From Regional Court
Legal Issues
- 1 Whether the accused received a fair trial in the regional court.
- 2 Whether the interruptions by the magistrate during cross-examination prejudiced the accused.
- 3 Whether discrepancies between the complainants' testimonies rendered their evidence unreliable.
Ratio Decidendi
The High Court found that although the magistrate occasionally interrupted the cross-examination, these interruptions were not of such a nature as to deprive the accused of a fair trial. The accused was not materially prejudiced. The discrepancies between the complainants' testimonies were expected given their age and did not undermine the reliability of their evidence, as they corroborated each other on essential points. The proceedings in the regional court were conducted in accordance with the law, and the convictions are confirmed. The matter was properly referred to the High Court for sentencing due to the mandatory life imprisonment prescribed by statute.
Court Disposition
Convictions confirmed; matter referred for sentencing in accordance with mandatory minimum sentence legislation.
Orders
- The convictions by the regional court are confirmed.
- The matter is referred for sentencing in terms of the Criminal Law Amendment Act 105 of 1997.
Full Case Text
Judgment text and source record
14 paragraphs
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: SS.12/2005
DATUM: 5 AUGUSTUS 2005
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
KEVIN GOUWS
UITSPRAAK
VELDHUIZEN, R:
Die beskuldigde is op 9 Julie 2004 in die streekhof skuldig bevind aan, eerstens, onsedelike aanranding en, tweedens, verkragting. Weens die jeugdige ouderdom van die klaagster in die verkragtingaanklag en die Wet op verpligte vonnisse, Wet 105 van 1997, het toepassing gevind en is daar 'n verpligte vonnis van lewenslange gevangenisstraf voorgeskryf en om daardie rede is die saak na hierdie Hof verwys vir vonnisoplegging omrede die vonnis buite die jurisdiksie van die streekhof is.
Vanoggend is voor my geargumenteer deur adv Mihalik, namens die beskuldigde, dat die skuldigbevindings nie kan staande bly nie omrede, eerstens, die landdros onredelik ingemeng het met die kruisverhoor van die beskuldigde se regsverteenwoordiger en dat vir daardie rede het die beskuldigde nie 'n billike verhoor gehad nie en, tweedens, dat die weersprekings tussen die twee klaagsters van so 'n aard is dat hulle getuienis nie betroubaar was nie.
Ek het die oorkonde nagegaan en hoewel-die landdros van tyd tot tyd die kruisondervraging van die regsverteenwoordiger onderbreek het, was dit nie van so 'n aard, na my mening, dat reg nie behoorlik geskied het nie. Ek meen nie dat daar enige wesenlike benadeling vir die beskuldigde hierin was nie. Met twee jong getuies, soos die klaagsters was, is dit te verwagte dat daar sekere verskille in hulle getuienis sal wees. Dit is egter opvallend dat die twee getuies mekaar in wesenlike opsigte staaf en ek is na 'n nalees van die oorkonde tevrede dat die verrigtinge in die streekhof ooreenkomstig die reg geskied het en in soverre nodig mag wees, bekragtig ek die skuldigbevindings deur die streekhof uitgebring.
VELDHUIZEN, R