S v Gqabi (49/1991) [1992] ZASCA 137 (11 September 1992)
- Citation
- [1992] ZASCA 137
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- H J O van Heerden, P M Nienaber, A P van Coller
- Case number
- 49/1991
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- H J O van Heerden, P M Nienaber, A P van Coller
- Case number
- 49/1991
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the appellant's written statement, made shortly after the crime, reliably described the events at the deceased's house and sufficiently linked him to the offences of housebreaking with intent to steal and robbery, and culpable homicide. The court held that the minor discrepancies and omissions in the statement were not material and did not undermine its credibility. The appellant's denial of being present at the scene was rejected, and the trial court's acceptance of the statement as incriminating evidence was upheld. The appeal was dismissed as the court was satisfied beyond reasonable doubt that the statement referred to the events at the deceased's house and that the appellant was one of the perpetrators.
Court disposition
Appeal dismissed.
Orders
- The appeal is dismissed.
02
Material facts
Parties
Sandile Gqabi
AppellantThe State
Respondent03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal From Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant's written statement sufficiently links him to the crimes committed at the deceased's house.
- 02
Whether discrepancies or vagueness in the appellant's statement undermine its reliability.
- 03
Whether the trial court erred in accepting the appellant's statement as credible and incriminating evidence.
Party arguments
- Applicant
- The appellant's counsel argued that the written statement was vague and did not specify the time or exact location of the events. He contended that the statement was inconsistent with State evidence regarding the breaking of windows, the use of certain items during the attack, and the location where the deceased was found. The appellant denied making the statement and challenged its reliability, suggesting that the trial court should have had reasonable doubt about its incriminating content.
- Respondent
- The State argued that the appellant's statement was made voluntarily and reliably described the events leading to the deceased's death. The respondent maintained that minor discrepancies did not detract from the overall credibility of the statement, and that the appellant's account was consistent with physical evidence and other witness testimony. The State further argued that the appellant's failure to mention certain details was self-exculpatory and did not undermine the link to the crimes.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Sheehama 1991 (2) SA 860 (A)
A confession or statement by an accused is admissible if it is made voluntarily and reliably links the accused to the crime.
- 02
S v Mthethwa 1972 (3) SA 766 (A)
Minor inconsistencies or omissions in an accused's statement do not necessarily render it unreliable if the core facts are corroborated by other evidence.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the appellant's written statement, made shortly after the crime, reliably described the events at the deceased's house and sufficiently linked him to the offences of housebreaking with intent to steal and robbery, and culpable homicide. The court held that the minor discrepancies and omissions in the statement were not material and did not undermine its credibility. The appellant's denial of being present at the scene was rejected, and the trial court's acceptance of the statement as incriminating evidence was upheld. The appeal was dismissed as the court was satisfied beyond reasonable doubt that the statement referred to the events at the deceased's house and that the appellant was one of the perpetrators.
Obiter and limits
- The court noted that persons making statements of this nature often attempt to exculpate themselves and may omit incriminating details.
- It is highly unlikely that seven individuals would break into a house, overpower the resident, and leave without taking any property.
Court disposition
Appeal dismissed.
- The appeal is dismissed.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
LL Saak No 49/1991
IN DIE HOOGGEREGHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING
Insake die appél van:
SANDILE GQABI Appellant
teenDIE STAAT Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, NIENABER ARR et
VAN COLLER WARVERHOORDATUM: 7 SEPTEMBER 1992
INHANDIGINGSDATUM: 11 SEPTEMBER 1992
REDES VIR UITSPRAAK VAN HEERDEN AR:
2
Gedurende die aand van Vrydag, 8 Augustus 1986, of die vroeë oggendure van Saterdag, 9 Augustus, is wyle R E Norton in sy huis in Parkstraat 4, Grahamstad, om die lewe gebring. Sy liggaam is die Saterdag omstreeks 11 vm aldaar aangetref. Om sy nek was 'n kleinerige handdoek. Die oorsaak van sy dood was asfiksie meegebring deur verwurging. Daar was ook kneuswonde op sy linkerelmboog en -knie. Dié was vereenselwigbaar met die trek of sleep van die oorledene oor 'n oppervlakte soos 'n vloer.Gedurende die loop van die Saterdag is 'n aantal artikels vermis wat die vorige dag nog in die huis was. Hulle sluit in ' n televisiestel, ' n radio en klerasie. Adjudant-offisier Norval het ook vasgestel dat 'n ruit van 'n kombuisvenster en 'n venster van die sitkamer onlangs gebreek was. In beide die kombuis en sitkamer het glasstukkies gelê.3 Voortspruitende uit bostaande is die appellant en ses mede-beskuldigdes in die Oos-Kaapse Afdeling aangekla van huisbraak met die opset om te roof en roof (aanklag 1) en moord op die oorledene (aanklag 2). Die verhoorhof (Kroon R en assessore) het die appellant en een van sy mede-beskuldigdes op die eerste aanklag aan huisbraak met die opset om te steel en roof, en op die tweede aanklag aan strafbare manslag, skuldig bevind. (Die ander beskuldigdes is vrygespreek.) Later het Kroon R aan die appellant verlof verleen om teen sy skuldigbevindings na hierdie hof te appelleer.Al wat die appellant met die pleging van die misdade verbind het, was 'n skriftelike ver-klaring wat by die verhoor ingehandig is. Die Staatsgetuienis was dat die appellant hierdie ver-klaring op 27 Augustus 1986 voor kaptein Oosthuizen afgelê het.Die appellant het ontken dat hy die
4
verklaring gemaak het, maar die verhoorhof het bevinddat hy dit wel gedoen het. Hierdie bevinding is
tereg nie op appél aangeveg nie.
Die verklaring lui soos volg: "Ons het by 'n huis in Parkweg te Graham-stad ingegaan; ek is nie seker of die huis wel in Parkweg was nie. Dit was ek en Biki, Zola, Sthembiso, Mapini en Louisa en Vuyani. Ons het die agterste venster van die huis gebreek en Zola by die venster ingesit. Zola het die agterdeur oopgemaak en ons het by die agterdeur ingegaan. Ons het in die gang van die huis geloop en 'n blanke man in een van die kamers in die huis gesien. Ons het gesien dat hierdie blanke man slaap. Ons het op hom gespring. Biki het 'n lap om sy oë vasgemaak. Ek het 'n nekdoek om die blanke man se mond vas-gebind. Ons het hom geslaan en gesleep tot by die kombuis. Ons het die voordeur van die huis oopgesluit en die huis by die voordeur verlaat. Daarna het ek na my huis gegaan. Dit is al wat ek nou wil sê. Ek sal die plek gaan uitwys."
Die verhoorhof het bevind dat daar geen
rede was om die betroubaarheid van die inhoud van dieverklaring in twyfel te trek nie, en dat dit verwys5 het na die gebeure waartydens die oorledene gedood is. Die appellant se getuienis dat hy nie op 8 of 9 Augustus 1986 in of naby die oorledene se huis was nie, is dus verwerp.Een van die appellant se mede-beskuldigdes, Nambo, het ook 'n verklaring (bewysstuk E) gemaak. In sy geval het die verhoorhof bevind dat die inhoud van bewysstuk E hom nie buite redelike twyfel met die tersaaklike gebeure in die oorledene se huis verbind het nie. In hierdie hof het die appellant se advo-kaat op grond van 'n vergelyking van die inhoud van bewysstuk E met dié van die appellant se verklaring, betoog dat die verhoorhof dieselfde twyfel aangaande die appellant se verklaring moes gehad het. Ek vind dit nie nodig om op hierdie betoog in te gaan nie. Indien so 'n vergelyking aantoon dat die verhoorhof misgetas het, kan dit natuurlik wees vanweë 'n verkeerde oordeel aangaande die draagwydte van bewys-6 stuk E. En al wat tans ter sprake is, is of die appellant se verklaring hom genoegsaam met die bevonde misdade verbind.Die appellant se advokaat het ook betoog dat bedoelde verklaring in sekere opsigte vaag is, en in ander opsigte nie strook met die Staatsgetuienis nie. In eerste instansie is aangevoer dat die ver-klaring nie vermeld wanneer die gebeure daarin uit-eengesit plaasgevind het nie, en
dat die appellant nie seker was van die presiese ligging, in Graham-stad, van die huis waarby hy en sy makkers ingebreek het nie. Hierdie is sekerlik faktore wat oorweging verdien, maar dit dien ook in gedagte gehou te word dat die verklaring afgelê is slegs ongeveer 18 dae na die oorledene se dood.In verband met die ligging van die huis waarna in die verklaring verwys is, is hierdie hof gevra om 'n ongunstige afleiding teen die respondent7 te maak omdat die appellant gesê het dat hy die huis sou "gaan uitwys"; hy blykbaar wel later 'n uitwys-ing aan kaptein Kriel gemaak het, en laasgenoemde nie as getuie opgeroep was nie. Daar kan egter verskeie redes vir die versuim wees. Een is dat hoewel die appellant die oorledene se huis uitgewys het, die respondent dit nie nodig geag het om Kriel te laat getuig nie. Dit is dan ook inderdaad wat die respon-dent se advokaat te kenne gegee het toe die Staat se saak gesluit is. Hierteenoor het die appellant nie getuig dat hy op enige stadium 'n huis in Grahamstad anders as dié van die oorledene aan Kriel uitgewys of wederregtelik betree het nie.Tweedens is aan die hand gedoen dat die appellant se bewering dat "ons" 'n venster aan die agterkant van die huis gebreek het nie te rym is met die feit dat twee vensters kort voor die oorledene se dood gebreek is nie. Nou is dit so dat die sitkamer-
8
venster van die oorledene se huis nie aan die agter-kant daarvan is nie. Die kombuisvenster is egter wel. Die appellant se verklaring strook dus met die breek van laasgenoemde venster. Indien die ver-klaring wel na die gebeure by die oorledene se huis verwys, kan daar meerdere redes wees waarom die appellant nie die sitkamervenster vermeld het nie. Volgens sy verklaring het hy en ses makkers na die huis gegaan en dit is sekerlik moontlik dat hulle in groepe verdeel het om toegang tot die huis te probeer verkry. 'n Verdere moontlikheid is dat hy bewus was van die breek van twee vensters maar slegs melding gemaak het van die agterste venster omdat dit - aldus sy verklaring - daardeur was wat Zola tot in die huis geklim het.Derdens is gewys op die appellant se bewering dat hulle 'n blanke man in 'n kamer sien slaap het. Dit, so is betoog, rym nie met die9 getuienis van Norval nie. Ek kan nie akkoord gaan nie. Norval het slegs gesê: "Dit het nie vir my voorgekom asof iemand kort vantevore op een van die beddens gelê het nie ...." Norval het egter eers omstreeks 13.30 op 9 Augustus 1986 na die oorledene se huis gegaan en laasgenoemde kon toe reeds 'n geruime tyd dood gewees het. Bowendien getuig Norval dat in een van die slaapkamers die beddeken versteur was en 'n kussing skeef gelê het.Dit is waar dat volgens die Staatsgetuienis die oorledene pantoffels aangehad het maar andersins
ten volle gekleed was toe hy aangeval is; Dit is egter heel moontlik dat die oorledene op 'n bed kon gaan rus het en toe aan die slaap geraak het.Vierdens is aangevoer dat die appellant se stellings aangaande 'n lap en 'n nekdoek nie versoen-baar is met die toestand waarin die oorledene die Saterdag aangetref is nie. Bepaaldelik is betoog dat10 hierdie voorwerpe nie toe om die oorledene se oë en mond vasgebind was nie, en dat bowendien in die verklaring nie melding gemaak word van die handdoek wat om die oorledene se nek aangetref is nie.Aangenome dat die lap en nekdoek wel aangewend is op die wyse beskryf deur die appellant, volg dit natuurlik glad nie dat hulle nie daarna verwyder is nie. 'n Belangrike aanduiding dat die oorledene se aanvallers van 'n serp gebruik kon gemaak het, is te vind in die getuienis van Norval. Hy sê naamlik dat hy ' n bruin serp naby die voor-hekkie van die oorledene se erf aangetref het.Die appellant se advokaat het egter betoog dat die serp niks met die gebeure in die oorledene se huis te doen gehad het nie. Hy het gesteun op ' n uitlating van die oorledene se huishulp met die moontlike strekking dat die serp aan 'n buurvrou van die oorledene behoort" het. Die betrokke brokkie
11
getuienis is nie glashelder nie, maar al sou die huishulp gesê het dat die serp wat Norval later aangetref het aan die buurvrou behoort het, is dit heel duidelik dat laasgenoemde nie gemeen het dat dit op 'n onskuldige wyse naby die genoemde voorhekkie beland het nie. Indien sy wel so gedink het, sou sy immers haar eiendom opgetel het toe sy saam met die huishulp na die oorledene se huis gegaan het.Ek kom dan by die argument dat die ver-klaring geen melding van 'n handdoek of van verwurg-ing van die betrokke persoon maak nie. Die ondervinding leer egter dat die aflêers van verklar-ings soos dié van die appellant neig om sover moont-lik selfverontskuldigend te wees. Indien die appellant een van die oorledene se aanvallers was, sou hy geweet het dat die oorledene met 'n handdoek doodgewurg is. Dit sou dus glad nie vreemd wees indien hy in sy verklaring kennis van hierdie inkri-12 minerende feit verswyg het nie. In die verbygaan kan daarop gewys word dat na welke voorval die verklaring ook al verwys, die appellant geen melding maak van enigiets wat gesteel is nie. Tog is dit haas ondenk-baar dat sewe persone by 'n huis inbreek, die inwoner oorweldig en dan sonder enige buit die huis verlaat.Ten slotte is aangevoer dat volgens die verklaring die betrokke persoon tot in die kombuis gesleep is, maar dat die oorledene se liggaam deels in die kombuis en deels in die spens aangetref is.
Norval het dit so gestel: "Die liggaam het ... op sy maag gelê, half lyf in die spens van die huis ...". Weer eens aangenome dat die verklaring op die oor-ledene slaan, is dit egter geensins vreemd dat die ongesofistikeerde, sewentienjarige appellant nie 'n spesifieke onderskeid tussen die kombuis en die aangrensende spens getrek het nie. Inteendeel bied die appellant se bewering dat die blanke man na die13 kombuis van die huis gesleep is (en klaarblyklik aldaar gelaat is) 'n baie sterk aanduiding dat die appellant na die oorledene verwys het. Nie net is die oorledene met 'n deel van sy liggaam in die kombuis van sy huis aangetref nie, maar, soos reeds gesê, was daar skaafmerke op sy elmboog en knie.By ontleding blyk dit dus dat geen gedeelte van die appellant se verklaring onvereenselwigbaar met die reële getuienis is nie. En met inagneming van al bostaande oorwegings is ek buite redelike twyfel oortuig dat die verklaring wel op die gebeure in die respondent se huis betrekking het. Nieteen-staande 'n ietwat huiwerige betoog van die appellant se advokaat tot die teendeel, is daar ook geen rede om te dink dat die verklaring nie betroubaar is in soverre dit inkriminerend is nie. Ek vind dit dus nie nodig nie om te verwys na sogenaamde omringende omstandighede waarop die verhoorhof ook gesteun het.14 Om bogenoemde redes is die appél by die verhoor daarvan afgewys.
H J O VAN HEERDEN AR
EK STEM SAAM
P M NIENABER AR
A P VAN COLLER WAR
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.