Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

S v Groenewald (305/93) [1994] ZASCA 86 (30 May 1994)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The majority held that the sentence of three years' direct imprisonment was appropriate given the scale, duration, and calculated nature of the appellant's fraudulent conduct, as well as the abuse of her position of trust. The mitigating factors, including her alcohol dependence, remorse, and efforts to compensate her employer, were acknowledged but did not justify a lesser sentence. The dissenting judgment found that the trial court had materially misdirected itself by underestimating the impact of the appellant's alcohol dependence and personal circumstances. It was held that corrective supervision under section 276(1)(h) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 was now available and appropriate, provided the appellant was found suitable, and that direct imprisonment was not necessary in the circumstances.

Court disposition

The appeal against sentence is dismissed. The sentence of three years' direct imprisonment is confirmed.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The sentence of three years' direct imprisonment imposed by the trial court is confirmed.

02

Material facts

Parties

Christina Johanna Groenewald

Appellant

The State

Respondent

Amounts and remedies

  • Total Amount Defrauded: ZAR 39,000
  • Amount Ceded Via Life Policy: ZAR 30,000
  • Monthly Repayment Arrangement: ZAR 200

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that her alcohol dependence and difficult personal circumstances, including traumatic divorces and psychological distress, contributed to her criminal conduct. She expressed remorse, cooperated fully with the police, and made arrangements to compensate her employer for the losses. Medical reports confirmed her alcohol dependence and subsequent rehabilitation. It was contended that these factors justified a sentence other than direct imprisonment, such as corrective supervision.
Respondent
The State maintained that the appellant's conduct was inherently dishonest, calculated, and persistent over a period of more than five years, involving over 1500 fraudulent transactions and a total amount of approximately R39,000. The seriousness, scale, and premeditated nature of the offences, as well as the abuse of her position of trust, warranted a custodial sentence. The respondent argued that the trial court's assessment of her character and the sentence imposed were appropriate.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Criminal Procedure Act 51 of 1977, section 276(1)(h)

    Corrective supervision under section 276(1)(h) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 is a sentencing option that allows for substantial punishment without direct imprisonment, provided the offender is found suitable.

  2. 02

    S v Van Vuuren 1992(1) SA 127 (A)

    The seriousness of the offence, the scale of the fraud, and the abuse of trust are aggravating factors in sentencing for fraud.

  3. 03

    S v R 1993(1) SA 209 (A)

    Personal circumstances, including alcohol dependence and efforts to make restitution, are relevant mitigating factors but do not necessarily outweigh the need for deterrence and retribution in serious cases.

  4. 04

    S v Ndaba 1993(1) SA 637 (A)

    A sentencing court must properly balance aggravating and mitigating factors and avoid material misdirection in its assessment.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The majority held that the sentence of three years' direct imprisonment was appropriate given the scale, duration, and calculated nature of the appellant's fraudulent conduct, as well as the abuse of her position of trust. The mitigating factors, including her alcohol dependence, remorse, and efforts to compensate her employer, were acknowledged but did not justify a lesser sentence. The dissenting judgment found that the trial court had materially misdirected itself by underestimating the impact of the appellant's alcohol dependence and personal circumstances. It was held that corrective supervision under section 276(1)(h) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 was now available and appropriate, provided the appellant was found suitable, and that direct imprisonment was not necessary in the circumstances.

Obiter and limits

  • Not every alcoholic is a thief or a fraudster; the underlying reasons for dishonesty may vary, but the degree and judgment in sentencing remain crucial.
  • The availability of corrective supervision as a sentencing option has expanded the range of appropriate sentences for offenders with mitigating personal circumstances.

Court disposition

The appeal against sentence is dismissed. The sentence of three years' direct imprisonment is confirmed.

  • The appeal is dismissed.
  • The sentence of three years' direct imprisonment imposed by the trial court is confirmed.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1994] ZASCA 86

1

Saaknommer: 305/93

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:CHRISTINA JOHANNA GROENEWALD AppellantteenDIE STAAT Respondent

CORAM: VAN HEERDEN, SMALBERGER

et NIENABER ARRVERHOORDATUM: 23 MEI 1994LENERINGSDATUM: 30 MEI 1994

UITSPRAAK NIENABER AR:

Die uitspraak van Smalberger AR het ek ter insae gehad. Ongelukkig verskil ek van hom. Na my mening is die vonnis van drie jaar gevangenisstraf wat die appellant opgelê is volkome vanpas en behoort haar appèl gevolglik van die hand gewys te word.

2 Die appellant, 'n 40-jarige geskeide vrou, het skuldig

gepleit maar nie getuig nie. Mens weet dus nie wat haarpresies besiel het om oor 'n tydperk van meer as vyf jaar enby meer as 1500 verskillende geleenthede bedrieglike

inskrywings in die rekeningboeke van die Handelshuis te maak

en die voordeel daarvan vir haarself in te palm nie. Sy was

'n rekenaaroperatrise by die Handelshuis. Haar modus ooerandi

was tweërlei van aard. Die een metode was om goed uit

voorraad vir haarself te vat maar teen die rekeningstate van

'n verskeidenheid van klante van die Handelshuis te debiteer,

in die vertroue dat hulle daarvoor sou betaal sonder om agter

te kom wat eintlik aan die gang is. Die totaal was ongeveer

R32 000,00. Dat die bedraggies telkens klein was, tel nie in

haar guns nie: dit was immers deel van die slinkse plan. Was

die bedrae groter, sou haar slagoffers stellig onraad bemerk

het en sou die appellant se gekonkel vroeg reeds op die lappe

gekom het. Die ander metode was om goed aan te koop en die

joernaal so te dokter dat dit lyk of sy daarvoor betaal het.

Op dié manier het sy haarself oor dieselfde tydperk van vyf3 jaar met minstens R6 968,85 bevoordeel.

Volgens die verhoorhof het haar optrede getoon dat die

appellant "inherent oneerlik" was. Die skaal waarop sy diebedrog gepleeg het (R39 000,00), die lang tydperk waaroor ditgestrek het en die bedrewendheid waarmee dit alles geskiedhet, was van so 'n aard dat daar nie gesê kan word dat dieverhoorhof in sy beoordeling van die appellant se karakter-

eienskappe fouteer het nie. Dat sy 'n skelm drinker was en

meer geld nodig gehad het om drank mee te koop as wat sy op 'n

eerlike manier kon verdien, kan geredelik aanvaar word. Dit

verduidelik dalk haar optrede; dit doen nie af aan haar

oneerlikheid nie, net so min as wat 'n dobbelaar agter sy

dobbelsug kan skuil wanneer hy dobbelgeld steel. Daar was

geen getuienis voor die hof dat die appellant as gevolg van

haar verslaafdheid óf impulsief óf kompulsief opgetree het

nie. Oor 'n periode van vyf jaar sou sy, as sy inherent

eerlik was, meer as genoeg kans gehad het om te besin en tot

inkeer te kom en hulp te soek sonder om haar na skelmstreke te

wend om haar drang na drank te bevredig. Nie elke alkoholis

4 is 'n dief of 'n bedrieër nie. Per slot van rekening is daar

altyd die een of ander rede vir 'n misdaad waarby oneerlikheidbetrokke is - sy dit dranksug, dwelmsug, hebsug, of enige vandie legio redes waarom mense kul om geld of goed in die hande

te kry. Vanselfsprekend is die aansporing tot iemand se

gedrag altyd 'n faktor, dalk die belangrikste oorweging,wanneer dit by vonnisoplegging kom. Maar les bes bly dit 'n

kwessie van graad en oordeel. Na my oordeel regverdig die

omvang, die tydsduur, die skelmagtigheid en die doelgerigtheid

waarmee die appellant opgetree het niks minder as direkte

tronkstraf nie en ek kan geen fout vind met die tydperk wat

die verhoorhof daarvoor opgelê het nie. Dit is wel so dat sy

'n eerste oortreder is en bereid was om haar werkgewer, met

behulp van haar familie, te vergoed. Daarsonder sou die

vonnis wat die verhoorhof opgelê het, stellig swaarder gewees

het.

Die appèl word afgewys.

P M Nienaber AR Van Heerden AR stem saam.

UITSPRAAK SMALBERGER, AR :-

Die appellant, wat skuldig gepleit het, is in die streekhof te Calvinia aan 1532 aanklagte van bedrog skuldig bevind. Die aanklagte is saamgeneem vir die doeleindes van vonnis en sy is drie jaar gevangenisstraf opgelê. Haar appèl teen vonnis is deur die Kaapse

2

Provinsiale Afdeling van die hand gewys. Sy kom nou in hoër beroep met verlof van hierdie Hof.Die betrokke misdade is oor die tydperk Desember 1986 tot Januarie 1992 gepleeg terwyl die appellant by die Williston Handelskoöperasie Bpk ("die Handelshuis") as 'n rekeningklerk werksaam was. Die aanklagte het betrekking op aankope wat sy vir haarself gemaak het by die Handelshuis en oorgeplaas het na die rekeninge van verskillende klante van die Handelshuis, asook die vervalsing van haar eie rekening met die Handelshuis. Die totale bedrag betrokke was in die omgewing van R39 000-00. Dit blyk uit die besonderhede tot die klagstaat dat van die aanklagte betrekking het op bedrae van minder as R2-00 en dat die gemiddelde bedrag per aanklag beloop ongeveer R25-00.

Na die appellant skuldig bevind is, het haar regsverteenwoordiger onder andere die volgende feite (wat blykbaar deur die Staat aanvaar is - ten minste

3

stilswyend) aan die verhoorlanddros deurgegee:

"Beskuldigde is 40 jaar oud, geskei en het 2 kinders 15 en 14 jaar onderskeidelik. Sy is tans werkloos. Sy is in 1981 die eerste maal geskei en daardie eggenoot is die vader van haar 2 kinders. Die egskeiding was baie traumaties vir haar.

In September 1982 het sy weer getrou. Hierdie huwelik was stormagtig en problematies vir haar. Onder andere is sy fisies aangerand, sielkundig afgetakel, haar menswaardigheid is aangetas. Nogtans het sy bly vasklou aan die 2de man. Beskuldigde het egter begin drink en alkohol gebruik.

In 1983 is die 2de huwelik beëindig maar teen daardie tyd was die drink patroon gevestig. Sy het skelm gedrink.

Beskuldigde gaan bly by haar ma in Williston. In 1984 begin sy werk by die Koöperasie en haar drankgebruik het sy gang geloop.

Die probleem met die stelery begin nou. Sy betaal - sorg - vir haar drank maar het nie geld vir kos nie. Beskuldigde steel toe. So beland sy in 'n bose kringloop. Haar gewete word so gesus en dan steel sy weer.

In 1987, Desember, probeer sy selfmoord pleeg deur vergassing. Haar vriende vind haar en sy word gehospitaliseer.

4

Sy word na 'n sielkundige verwys maar sy verswyg haar drankprobleem. Later het die drank haar werk affekteer."

Die appellant is 'n eerste oortreder. Sy het blykbaar berou oor wat sy gedoen het en het haar volle samewerking aan die Polisie gebied. Mnr Reitz, die bestuurder van die Handelshuis, het getuig dat die Handelshuis sy kliënte vir hulle verliese vergoed het. Volgens hom het die appellant reëlings getref om die skade wat die Handelshuis gely het, terug te betaal. Sy het 'n lewenspolis van R30 000-00 aan die Handelshuis sedeer en gereël om met die hulp van haar familie afbetalings van R200-00 per maand te maak. Ofskoon die Handelshuis nie bereid was om haar weer in diens te neem nie, was die direksie se houding dat sy nie tronk toe moes gaan nie.

Daar is ook, met goedkeuring van die Staat, drie mediese verslae ingehandig wat betrekking het op

5

die appellant se alkohol-probleem soos dit destydsvoorgekom het. Die eerste verslag was dié van 'npsigiater, dr Munnik, wat op 13 Februarie 1992 deur die

appellant geraadpleeg is. Soos uit sy verslag blyk,

het die appellant aanvanklik haar drankprobleem verswyg.

Dit het egter aan die lig gekom nadat sekere lewer-

funksietoetse gedoen is. Dr Munnik was van mening dat

die appellant "has a considerable alcohol problem which

has resulted in severe liver damage". Die appellant

is mettertyd na Stikland Hospitaal vir verdere

behandeling verwys. In die verslag wat namens die

mediese superintendent opgestel is, word daar onder

andere gemeld:

"[N]a konfrontasie rondom abnormale bloed-uitslae wat dui op erge alkohol-inname (abnormale lewerfunksies), bevestig sy 'n patologiese alkohol-gebruikspatroon. Sy beskryf ook 'n beeld van alkoholonttrekking wat bevestigend is — van alkohol-afhanklikheid."

6

'n Diagnose van alkohol-afhanklikheid is gemaak. Dieappellant is toe oorgeplaas na die Ramot Sentrum virAlkoholiste vir alkohol-rehabilitasie. Sy is vir vierweke daar behandel. Luidens die verslag van dieDirekteur was die appellant se samewerking, motivering

en vordering goed. Vanaf haar ontslag uit Ramot tot die

datum van haar verhoor het die appellant blykbaar nie

weer alkohol misbruik nie.

Ondanks hierdie verslae en die onbetwiste

feitlike mededelings wat gemaak is, kom die

verhoorlanddros tot díe gevolgtrekking, met verwysing na

die appellant:

"Doodnormale persoon wat so 'n bietjie te diepin die bottel gekyk het, dalk oor 'n tydperk,maar werklik nie veel skade opgedoen het nieen wat binne-in 'n kort tydperk gerehabiliteeris by Ramot "

Na my mening het die verhoorlanddros die appellant se

alkohol-afhanklikheid, en die gevolge daarvan, gans te

lig aangeslaan. Dit het klaarblyklik aan die wortel

7

van haar probleme, en gepaardgaande bedrieglike optrede, gelê. Dit het die verhoorlanddros óf nie behoorlík besef nie, óf verkeerdelik nie aanvaar nie. Sy bevinding dat die appellant "inherent oneerlik" is, verleen ook nie voldoende erkenning aan die alkohol-probleem onderliggend aan haar optrede nie. Die verhoorlanddros se verkeerde beskouing en begrip in bogenoemde opsigte kom op 'n wesenlike mistasting neer. Dit staan hierdie Hof gevolglik vry om opnuut oor vonnis te besin.

Dat die misdrywe, globaal gesien, ernstig was, en dat daar verskeie verswarende faktore aanwesig is, is nie te betwyfel nie. Die appellant se optrede was beplan en berekend. Sy het oor 'n lang tydperk daarmee volhard. Die vertrouensposisie waarin sy was, het sy misbruik tot die nadeel en verlies van ander. Tereg het die verhoorlanddros daarop gewys dat sy die vertroue wat in haar gestel is "herhaaldelik, byna daagliks"

8

geskend het. Hierdie is gewigte oorwegings by die bepaling van 'n gepaste vonnis.

Indien al die tersaaklike feite en omstandighede met betrekking tot vonnis in die onderhawige geval behoorlik en ewewigtig in ag geneem is, sou die vereistes van straftoemeting myns insiens bevredig word as die appellant 'n vonnis opgelê is wat buite gevangenis-verband uitgedien kan word (vgl S v Van Vuuren 1992(1) SASV 127(A)). Die appellant is wel strafwaardig maar hoef nie uit die gemeenskap verwyder te word nie (vgl S v R 1993(1) SASV 209(A) op 221h). Die aangewese vonnis in haar geval blyk te wees korrektiewe toesig ingevolge artikel 276(1)(h) van die Strafproseswet 51 van 1977 mits die appellant daarvoor geskik bevind word. Hierdie vonnisopsie kan wesenlike bestraffing sonder gevangesetting bewerkstellig (S v Ndaba 1993(1) SASV 637(A) op 641g). Toe die appellant aanvanklik gevonnis is, was korrektiewe toesig nie 'n

9

beskikbare vonnisopsie nie. Die is egter tans dienstig sowel as regtens veroorloof (S v R (supra) op 218g-219d). Artikel 276(1)(h) is vanaf 1 Junie 1993 in die distrik Williston van toepassing gemaak deur Proklamasie R48 soos gepubliseer in Staatskoerant Nr 14849 van daardie datum.

Ek sou die appêl handhaaf, die vonnis tersyde stel en die saak na die verhoorhof terugverwys vir die oplegging van 'n vonnis van korrektiewe toesig ingevolge die bepalings van artikel 276(1)(h) van die Strafproseswet 51 van 1977 of, indien die appellant om gegronde redes nie geskik is om aan korrektiewe toesig onderworpe te wees nie, 'n gepaste vonnis buiten direkte gevangesetting.

J W SMALBERGER APPèLREGTER

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Van Vuuren 1992(1) SA 127 (A)

Case cited

S v R 1993(1) SA 209 (A)

Case cited

S v Ndaba 1993(1) SA 637 (A)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977, section 276(1)(h)

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.