S v Hendricks en 'n Ander (224/1989) [1990] ZASCA 94 (18 September 1990)
- Citation
- [1990] ZASCA 94
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Van Heerden, Nicholas, Friedman
- Case number
- 224/1989
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Van Heerden, Nicholas, Friedman
- Case number
- 224/1989
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the evidence did not exclude the reasonable possibility that the second appellant intended to acquire the dagga and Mandrax for his own use, rather than for distribution. The mere quantity of drugs and the arrangements made were not sufficient to prove dealing beyond reasonable doubt. Accordingly, the conviction for dealing was set aside and replaced with a conviction for attempted possession. Regarding sentence, the court held that the first appellant's role was limited to assisting the second appellant, who was her partner, and that her moral blameworthiness was less than that of a typical dealer. The sentences imposed by the trial court were found to be excessive and were substituted with terms of two years' imprisonment for each appellant.
Court disposition
Appeals upheld to the extent that the convictions and sentences were substituted as set out below.
Orders
- The sentence of the first appellant is set aside and replaced with a sentence of two years' imprisonment.
- The conviction and sentence of the second appellant are set aside and replaced with a conviction for attempted contravention of section 2(b) of Act 41 of 1971 and a sentence of two years' imprisonment.
02
Material facts
Parties
Katy Hendricks
AppellantChristiaan Arendse
AppellantThe State
RespondentAmounts and remedies
- Quantity of Dagga: 810.3
- Quantity of Mandrax Tablets: 28
- Amount Offered to Neethling: ZAR 300
- Amount Handed to Neethling: ZAR 100
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Final Appellate Judgment
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the second appellant was correctly convicted of dealing in prohibited substances under section 2(a) of Act 41 of 1971.
- 02
Whether the evidence established that the second appellant intended to acquire the drugs for personal use or for distribution.
- 03
Whether the sentences imposed on both appellants were appropriate given the circumstances.
Party arguments
- Applicant
- Counsel for the appellants argued that the second appellant was wrongly convicted of dealing in drugs, as the evidence did not exclude the reasonable possibility that he intended to acquire the dagga and Mandrax solely for personal use. It was further contended that the sentences imposed were excessive, especially in light of the first appellant's limited role and personal circumstances.
- Respondent
- The respondent maintained that the second appellant's conduct, including the arrangements with Neethling and the quantity of drugs involved, indicated an intention to distribute the substances to other inmates and not merely for personal use. The respondent also argued that the sentences were justified given the appellants' prior convictions and the seriousness of the offences.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Section 2(a), Act 41 of 1971
A person who purchases a prohibited substance solely for personal use does not commit the offence of dealing under section 2(a) of Act 41 of 1971.
- 02
Section 2(b), Act 41 of 1971
Conviction for attempt is appropriate where the evidence shows an effort to acquire possession of prohibited substances but not actual possession or dealing.
- 03
S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A)
Sentencing must consider the degree of moral blameworthiness, personal circumstances, and the nature of the offender's involvement.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the evidence did not exclude the reasonable possibility that the second appellant intended to acquire the dagga and Mandrax for his own use, rather than for distribution. The mere quantity of drugs and the arrangements made were not sufficient to prove dealing beyond reasonable doubt. Accordingly, the conviction for dealing was set aside and replaced with a conviction for attempted possession. Regarding sentence, the court held that the first appellant's role was limited to assisting the second appellant, who was her partner, and that her moral blameworthiness was less than that of a typical dealer. The sentences imposed by the trial court were found to be excessive and were substituted with terms of two years' imprisonment for each appellant.
Obiter and limits
- The fact that the second appellant had several prior convictions, including for similar offences, indicated a lack of deterrence and rehabilitation.
- The first appellant's personal circumstances, including her responsibility for six children and lack of prior imprisonment, warranted a more lenient sentence than originally imposed.
- The arrangements made by the second appellant with Neethling could have been consistent with an intention to acquire the drugs for personal use, given the constraints of prison life.
Court disposition
Appeals upheld to the extent that the convictions and sentences were substituted as set out below.
- The sentence of the first appellant is set aside and replaced with a sentence of two years' imprisonment.
- The conviction and sentence of the second appellant are set aside and replaced with a conviction for attempted contravention of section 2(b) of Act 41 of 1971 and a sentence of two years' imprisonment.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
LL Saak No 224/1989
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
KATY HENDRICKS Eerste AppellantenCHRISTIAAN ARENDSE Tweede Apellant
teen
DIE STAAT Respondent
CORAM: VAN HEERDEN AR, NICHOLAS et
FRIEDMAN WND ARR
VERHOORDATUM: 31 AUGUSTUS 1990
LEWERINGSDATUM: 18 SEPTEMBER 1990
UITSPRAAK VAN HEERDEN AR:
4
Die appellante is in 'n landdroshof skuldig bevind aan 'n oortreding van art 2(a) van Wet 47 van 1971 deurdat hulle in Augustus 1987 in die distrik van Paarl in verbode afhanklikheidsvormende medisyne, te wete 810,3 gram dagga en 28 tablette bevattende metakoloon ("Mandrax") handel gedryf het. Die appellante is gevonnis tot onderskeidelik 8 en 10 jaar gevangenisstraf, gedeeltes waarvan voorwaardelik opgeskort is. Hulle appèlle na die Kaapse Provinsiale Afdeling het misluk waarna hulle verlof verkry het om na hierdie hof te appelleer. Ooreenkomstig bedoelde verlof is die appèl van die tweede appellant gerig teen beide sy skuldigbevinding en vonnis, en dié van die eerste appellant slegs teen haar vonnis.
Betreffende die tweede appellant se skuldig-bevinding, het die respondent se saak hoofsaaklik op die getuienis van ene Neethling berus. Sy weergawe is deur die landdros aanvaar en dié bevinding is tereg nie voor ons aangeveg nie. Vir sover daardie weergawe vir3. die doeleindes van hierdie appèl ter sake is, kan dit soos volg saamgevat word:
1) Tydens ondervermelde voorvalle was Neethling 'n sersant in die Suid-Afrikaanse Gevangenis-wese, gestasioneer te Victor Verster-gevangenis, en was die tweede appellant 'n prisonier in daardie gevangenis.
2) Op 29 Julie 1987, en terwyl Neethling patrolliewerk in die gevangenis gedoen het, het hy bewus geword van 'n daggareuk. Hy het toe gekyk deur die venster van 'n sel waarin die tweede appellant en twee ander prisoniers aangehou was. Een van laasgenoemdes, Wilfred Dreyer, was besig om 'n "zol" te rook en Neethling het gemeen dat dit dagga bevat het. Hy het vir Dreyer gesê om die "zol" vir hom te bring waarop Dreyer dit agter sy rug verberg het. Om die prisoniers se vertroue te wen, het Neethling vir Dreyer gesê dat hy hom nie sou aankla nie aangesien hy (Neethling) self 'n daggaroker was.
3) Hierop het die tweede appellant vir
4. Neethling gesê dat as dit die geval was, Neethling vir hom 'n "job" kon verrig. Uitgevra na die aard van die "job" het die tweede appellant gesê dat Neethling vir hom dagga en 'n bietjie Mandrax kon bring.
4) Neethling het geweier om aan die versoek te voldoen en het die gebeure aan luit Van der Westhuizen gerapporteer. Op verskeie geleenthede daarna het die tweede appellant vir Neethling genader om te verneem of hy nog nie van plan verander het nie. Hy het ook belowe om vir Neethling R300 te betaal indien hy aan die versoek sou voldoen.
5) Op 12 Augustus het die tweede appellant vir Neethling 'n stukkie papier gegee. Daarop was die naam van die eerste appellant en 'n telefoonnommer in Elsiesrivier. Die tweede appellant het gesê dat Neethling met die eerste appellant moes. reël om die "goed" - klaarblyklik verwysende na dagga en Mandrax -"in te bring".
6) Neethling het hierna die nommer
5. geskakel en met die eerste appellant gepraat. Sy het egter gesê dat sy eers vir die tweede appellant in die gevangenis wou besoek ten einde die aangeleentheid met hom te bespreek.
7) Neethling het aan die tweede appellant teruggerapporteer en later het laasgenoemde vir Neethling gesê dat hy met die eerste appellant in verbinding was, en dat Neethling haar weer moes skakel sodat gereël kon word waar en wanneer die "goed" aan hom oorhandig sou word.
8) Volgende op verdere telefoniese gesprekke tussen Neethling en die eerste appellant het sy op 23 Augustus die tweede appellant in die gevangenis besoek. Dit was toe reeds gereël dat Neethling haar na die besoek moes volg na 'n vulstasie waar die "goed" aan hom oorhandig sou word.
9) Tydens die besoek het die eerste appellant, in die teenwoordigheid van die tweede appellant, vir Neethling gesê "ons kry mekaar by
die garage". Na die besoek het Neethling in sy voertuig
'n motor ("die Cortina") waarin die eerste appellant 'npassasier was, gevolg. In die omgewing van die vulstasie het die Cortina gestop. Ene Kameel het toe 'n rugsak by 'n bos uitgehaal en na Neethling se voertuig gestap. Kameel het 'n deur van die voertuig oopgemaak en die inhoud van die sak daarin gesit. Terselfdertyd het die eerste appellant uit die Cortina geklim en na Neethling se voertuig aangestap gekom. Sy het toe aan hom R100 oorhandig en gesê dat die "ander" aan hom deur die tweede appellant gegee sou word.
10) Hierop het Kameel en die eerste appellant in die Cortina geklim. Dit het weggetrek maar omdat Neethling per radio in kontak met adjudant Tredoux was, is die Cortina kort daarna deur die polisie voorgekeer.
11) Die inhoud van die rugsak wat soos voornoemd ih Neethling se voertuig geplaas is, het later geblyk 810,3 gram dagga en 28 Mandrax tablette te
7.
wees.
Dit is blykbaar nie in die landdroshof betoog
dat selfs met aanvaarding van Neethling se weergawe niebewys is dat die tweede appellant hom aan 'n oortredingvan art 2(a) van die Wet skuldig gemaak het nie.Gevolglik het die landdros nadat hy die weergawes vandie appellante verwerp het en Neethling se getuienisaanvaar het, bloot voortgegaan om hulle skuldig tebevind aan handeldryf in dagga en Mandrax. Op appèl nadie Kaapse Provinsiale Afdeling is egter wel aangevoerdat die tweede appellant verkeerdelik aldus skuldigbevind is omdat die respondent nie bewys het dat dietweede appellant die dagga en die Mandrax (hiernagesamentlik die stof genoem) nie bloot vir eie gebruikwou bekom nie. Hierdie betoog is soos volg deur diehof a quo verwerp:
"In hierdie verband val dit onmiddellik op dat tweede appellant op geen stadium aan enigiemand beweer het dat hy die verbode stof vir eie gebruik wou bekom nie. Sy valse getuienis en die doelgerigtheid en die wyse
8.
waarop hy te werk gegaan het om die verbode stof te bekom, asook die reëlings met sersant Neethling (hierbo alreeds , na verwys) is geheel en al teenstrydig met die redelike moontlikheid dat die verbode stof vir sy eie gebruik bedoel was. Dit is duidelik dat tweede appellant die verbode stof nie vir eie gebruik wou verkry het nie. Die tweede appellant was aandadig aan (behulpsaam met) die lewering van die verbode stof aan sersant Neethling en sy ontvangs daarvan vir verspreiding deur hom aan sy mede-gevangenes vir of sonder betaling."
In hierdie hof het die appellante se advokaat
bedoelde betoog herhaal, en ek meen dat hy gelyk gegeemoet word. Dit is waar dat die tweede appellantvalslik ontken het dat hy vir Neethling genader het enbostaande reëlings met hom getref het, maar hy souwaarskynlik dieselfde gedoen het ihdien hy slegsaangekla was van besit van die stof, of 'n poging om besit daarvan te verkry. 'n Mens kan dus nie bloot op grond van die leuenagtigheid van sy getuienis die afleiding maak dat hy nie die stof vir eie gebruik wou bekom nie. Dit is ook waar, soos die hof a quo gesê het, dat die tweede appellant op geen stadium teenoor9. enigiemand beweer het dat hy die stof self wou gebruik nie. Aan die ander kant het hy egter nooit teenoor Neethling laat blyk dat hy die stof tot voordeel van homself en van sy mede-gevangenes wou bekom nie.Dit is nie vir my duidelik welke konklusie uit die tweede appellant se "doelgerigtheid en die wyse waarop hy te werk gegaan het ... asook die reëlings met sersant Neethling" gemaak kan word nie. Indien die tweede appellant die stof vir eie gebruik wou verkry, sou hy immers waarskynlik op presies dieselfde wyse te werk gegaan en presies dieselfde reëlings met Neethling getref het.
'n Afleiding dat die stof bestem was vir
gebruik deur die appellant sowel as van sy mede-gevangenes, kan egter moontlik wel gemaak word uit die hoeveelheid daarvan. Op die oog af kom dit naamlik voor dat 810 gram dagga en 28 Mandrax tablette nie vir die gebruik van 'n enkele persoon bestem kon gewees het nie. Aan die ander kant moet in gedagte gehou word dat10. die tweede appellant 'n prisonier was wat nie vryelik die stof kon verkry nie, en dat hy heel moontlik wou sorgdra dat hy 'n eenmalige geleentheid benut om 'n
voorraad te bekom wat hy oor 'n lang tydperk self kon gebruik.Neethling het ook getuig dat die tweede appellant hom versoek het om die Mandrax tablette terstond aan hom te oorhandig maar die dagga met tussenposes vir hom te bring. Sy motivering was dat "so 'n groot klomp dagga" te veel was om "te hanteer en weg te steek". Ek meen dat hierdie versoek in die onderhawige verband neutraal is en nie 'n afleiding na die een of die ander kant regverdig nie. Die tweede
appellant se houding was klaarblyklik dat hy wel dieMandrax, maar nie die betreklik groot hoeveelheid dagga nie, in sy sel kon versteek. Die feit dat hy onmiddellike besit van die Mandrax wou verkry, dui dus nie met enige mate van sekerheid op 'n voorneme om die tablette, of sommige daarvan, aan ander gevangenes te
11.
laat toekom nie.Die respondent se advokaat het ook gesteun op die feit dat dit nie blyk welke reëlings in verband met die betaling van die koopprys van die stof getref is nie. Daarom, so het hy aangevoer, is dit redelik om te aanvaar dat die tweede appellant van die stof aan sy mede-gevangenes sou verkoop ten einde die koopprys te verhaal. Hierdie betoog berus egter op blote spekulasie. Aangenome dat die stof wel aangekoop is, het die eerste appellant waarskynlik daárvoor betaal en is daar in die getuienis geen aanduiding van 'n reëling dat die tweede appellant aan haar 'n terugbetaling sou maak nie.In die lig van bostaande oorwegings meen ek nie dat die respondent buite redelike twyfel bewys het dat die tweede appellant nie die stof bloot vir gebruik deur homself wou bekom nie. Dit is erkende reg dat 'n koper wat 'n verbode stof vir eie gebruik koop nie binne die raamwerk van art 2(a) van die Wet daarin handel
12. dryf nie, en gevolglik is die tweede appellant verkeerdelik aan 'n oortreding van daardie artikel skuldig bevind. Hy was ook nooit in besit van die dagga en Mandrax nie, maar dit was tereg gemene saak dat hy wel gepoog het om besit daarvan te verkry en dat hy dus op die alternatiewe aanklag skuldig bevind moes gewees het aan 'n poging om art 2(b) te oortree. Dit volg dat sy skuldigbevinding dienooreenkomstig gewys moet word.
Dit is nou nodig om opnuut oor 'n gepaste vonnis vir die tweede appellant te besin. Die landdros het tereg daarop gewys dat die tweede appellant beoog het om vir Neethling voor 'n versoeking
te stel wat, indien hy daarvoor sou geswig het, lig kon
meebring dat Neethling se loopbaan in die Gevangeniswese geruïneer word, en dat waar die tweede appellant in die gevangenis was om gerehabiliteer te word, hy doelbewus getrag het om gevangenisregulasies te omseil. Voorts was die tweede appellant besig om
13.
gevangenisstraf uit te dien ten opsigte van o a die pleging van 'n nou verwante misdryf, nl handeldryf in Mandrax. Daarvoor is hy op 28 Maart 1985 gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf. Op 29 November 1985 is hy 'n verdere effektiewe termyn van 4 jaar gevangenisstraf opgelê weens wederregtelike besit van 'n masjiengeweer en van ammunisie. Hierna, en terwyl hy in die gevangenis was, is hy ook op twee geleenthede skuldig bevind aan besit van geringe hoeveelhede dagga en vir elke misdryf gevonnis tot betaling van 'n boete of die ondergaan van korttermyn gevangenisstraf. Ten slotte is hy op 31 Maart 1987 8 jaar gevangenisstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan menseroof gepaardgaandemet die gebruik van 'n vuurwapen. Dit is egter gelas dat 3 jaar van hierdie tydperk moes saamloop "met enige vonnis wat die beskuldigde tans uitdien". Die resultaat was dat die tweede appellant ten tyde van die pleging van die onderhawige misdryf nog 'n onverstreke tydperk van nagenoeg 13 jaar gevangenisstraf moes14. uitdien.Die tweede appellant het ook verdere vorige veroordelings maar dit is onnodig om daarby stil te staan. Dit is oorvloediglik duidelik dat die oplegging van gevangenisstraf op verskeie geleenthede, asook twee vorige veroordelings vir besit van dagga, nie die appellant weerhou het van die pleging van die onderhawige misdryf nie. Dit dien ook beklemtoon te word dat drie van sy
skuldigbevindings op oortredings van art 2 van die Wet berus het. Van rehabilitasie aan sy kant, of van 'n afskrikkingseffek van sy vorige veroordelings, is daar dus weinig, indien enige, sprake. 'n Verdere faktor wat oorweging verdien, is dat die tweede appellant getrag het om besit van redelikgroot hoeveelhede verbode stof te verkry. Al het hy hom slegs skuldig gemaak aan 'n poging om art 2(b) te oortree, volg dit dat 'n stewige vonnis aangewese is. Na my oordeel is so 'n vonnis een van 2 jaar gevangenisstraf.
15.
Ek kom dan by die appèl van die eerste appellant teen haar vonnis van 8 jaar gevangenisstraf waarvan 4 jaar voorwaardelik opgeskort is. Sy was die sogenaamde houvrou van die tweede appellant. Ten tyde van vonnisoplegging het sy ses kinders gehad met ouderdomme wisselende tussen 'n paar maande en 15 jaar. Sy het met vis en groente gesmous en haar vader het haar ook finansieel bygestaan.Die landdros is meegedeel dat die eerste appellant betaling van 'n boete sou kon bekostig (uit welke bron is nie so duidelik nie). Vanweë 'n vorige veroordeling van die eerste appellant was die landdros egter van mening dat 'n boetevonnis nie die aangewese
straf was nie. Sy is naamlik op 11 Augustus 1983skuldig bevind aan handeldryf in Mandrax en 5 jaar gevangenisstraf opgelê. Hierna het sy met gedeeltelike sukses teen haar skuldigbevinding en vonnis geappelleer. In Augustus 1984 het die hof van appèl die skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel en
16.
vervang met 'n skuldigbevinding aan begunstiging tot die pleging van 'n oortreding van art 2(a) van die Wet en 2 jaar gevangenisstraf wat in die geheel voorwaardelik opgeskort is, plus 'n boete van R300 of alternatiewelik 300 dae gevangenisstraf. Die eerste appellant is nie afgeskrik deur die opgeskorte vonnis nie en daarom, so het die landdros gemeen, moes sy "die gevolge dra daarvan". Hy was voorts van mening dat die tweede appellant gevangenisstraf opgelê moes word om onder haar aandag te bring dat 'n vonnis 'n doel dien.Met die landdros se siening dat gevangenis-straf aangewese was, kan geen fout gevind word nie. Dit kom my egter voor dat by besinning oor die duur van
so 'n vonnis die landdros 'n belangrike aspek uit die oog
verloor het. Die onderhawige was naamlik nie 'n geval waarin die tweede appellant artikel 2(a) van die Wet oortree het ten einde haarself te verryk nie. In haar guns moet aanvaar word dat sy 'n blote werktuig was ten einde die eerste appellant, met wie sy voorheen as man17. en vrou saamgeleef het en wat die vader van sommige van haar kinders was, te voorsien met die stof wat hy vir eie gebruik in die gevangenis sou aanwend. Haar morele skuld was dus nie dieselfde as dié van die normale verkoper of voorsiener van sodanige stof nie. Vanwee haar noue verwantskap met die tweede appellant sou dit waarskynlik ook vir haar moeilik gewees het om sy versoek, soos oorgedra deur Neethling, te ignoreer. En dan moet ook in gedagte gehou word dat dit nie sy was nie, maar wel die tweede appellant, wat Neethling aangepor het om as tussenganger op te tree. Ten slotte is daar die oorweging dat die eerste appellant blykbaar nie voorheen gevangenisstraf uitgedien het nie, en dat dus nie gesê kan word dat sy nie deur so 'n ondervindingafgeskrik is nie.Ek kom derhalwe tot die slotsom dat die landdros vir die eerste appellant buitensporig skerp gevonnis het, en dat daardie vonnis vervang moet word deur een van 2 jaar gevangenisstraf.18. Gevolglik slaag die appèlle tot die volgende mate:
1) Die vonnis van die eerste appellant
word tersyde gestel en vervang deur 'n vonnis van 2 jaar gevangenisstraf.2) Die tweede appellant se skuldig-bevinding en vonnis word tersyde gestel en vervangdeur 'n skuldigbevinding aan 'n poging tot oortredingvan art 2(b) van Wet 41 van 1971 en 'n vonnis van 2 jaargevangenisstraf.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
NICHOLAS ARRSTEM SAAM FRIEDMAN ARR
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.